Skip to content

Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2015 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 11201515 pages

Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN 2015 GRAAD 11 EKONOMIE TWEEDE VRAESTEL MEMORANDUM 15 bladsye 1
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE Tweede Vraestel MEMORANDUM AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGE-KEUSEVRAE 1.1.1 C  (Markte) 1.1.2 B  (Aansienlike beheer oor pryse) 1.1.3 C  (Uniek) 1.1.4 A  (MI = GVK) 1.1.5 A  (Beskerming) 1.1.6 A  (CO2) 1.1.7 B  (Digitale) 1.1.8 C  (IMF) (8 x 2) (16) 1.2 PAS ITEMS 1.2.1 C  (Markstruktuur wat deur twee besighede gedomineer word) 1.2.2 H  (Wettige regte wat die ontwerper beskerm teen kompetisie) 1.2.3 D  (Produksiekoste daal as uitsette vermeerder) 1.2.4 G  (Hoeveelheid produksie is onder die sosiaal effektiewe vlak) 1.2.5 A  (ʼn Verskeidenheid lewende organismes) 1.2.6 I  (Uitlaatgasse en klimaatsverandering) 1.2.7 F  (Baie skadelik vir menslike gesondheid) 1.2.8 E  (Lande wat die swakste ontwikkel is, baat nie by globalisering nie) (8 x 1) (8) 1.3 EENWOORD-ITEMS 1.3.1 Kruiselingse elastisiteit van vraag  1.3.2 Wet van vraag  1.3.3 TN/ Totale Nut  1.3.4 MNO‟s/ Multinasionale ondernemings  1.3.5 Kyoto-Protokol  1.3.6 Omgewingsvolhoubaarheid  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 2
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE monopolie industrieë in Suid-Afrika. Eskom / Rand Water / enige ander relevante antwoord  (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat gebeur met die hoeveelheid vraag as die inkomste elastisiteit van vraag 2 is en die inkomste styg met 7%? Die hoeveelheid vraag sal styg.  (1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 Identifiseer die markstruktuur. Volmaakte mededinging  (2) 2.2.2 Wat is die markprys? R4.00  (2) 2.2.3 Volgens jou mening, watter tipe wins sal bogenoemde markstruktuur op die langtermyn maak Normale wins  (2) 2.2.4 Bepaal of die besigheid ʼn normale/ ekonomiese wins of ʼn verlies maak. Toon ALLE berekeninge. TI = PxQ TK = PxQ = 4(70) = 3(7) = R280.00 = R210.00 WINS = TI –TK OF 4 – 3 = 1 = 280 – 210 1 x 70  = R70.00 = 70  (6) 3
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel 2.3 2.3.1 Voltooi die tabel deur die ontbrekende waardes by A – D te bereken. A – 19 B – 45 C – 12 D – -3 (4 x 1) (4) 2.3.2 Identifiseer die winsmaksimeringsvlak. GI = GK/ Uitset 3 (2) 2.3.3 Volgens jou mening, waarom maak monopolistiese mededingende ondernemings van advertensies gebruik ?  Om produkdifferensiasie te verseker   Om markaandeel te verseker   Dit is die enigste manier om produkte te bemark  Kan ook handelsmerklojaliteit onder klante vestig  (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik hoe regsversperrings nuwe besighede verhoed om ʼn spesifieke mark te betree.  Monopolieë word deur die wet beskerm as die Nasionale regering kan redeneer dat dit wel in openbare belang is.   Die posdiensmonopolie verseker dat posstukke met ʼn enkelprysseël by enige adres in die land afgelewer kan word.   Die monopolie maak dit moontlik dat goedkoop aflewerings die aflewerings wat teen ʼn verlies op afgeleë plekke gedoen word, sal kruissubsidieer.   Onderwysers, dokters en prokureurs behoort aan professionele liggame om standaarde te handhaaf – dit is ʼn tipe monopolie.   Patente, outeursreg, intellektuele eiendom- verseker dat idees nie gesteel word nie.  (Enige 4 x 2) (8) 4
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel 2.5 Met behulp van ʼn goedbenoemde grafiek verduidelik monopolie-wins. MAKS – 4 PUNTE VIR DIE GRAFIEK 1 Punt – V/GK Kurwe 1 Punt - GK/TGK Kurwe 1 Punt – Ekonomiese wins area 1 Punt – MK Kurwe  Die GK-kurwe bepaal die wins van die monopolis.   Punt A in hierdie grafiek dui die winsmaksimering aan by uitset Q.   Die prys waarteen Q eenhede verkoop kan word, kan bepaal word deur vertikaal opwaarts van punt A na B op die vraagkurwe (GI) te beweeg.   Prys P1, is die prys waarteen die monopolis sal verkoop om sy wins te bereken.   Totale inkomste is groter as totale koste.   Die wins oppervlak is P1BCP.   (Maks 4 vir die bespreking) (2 x 4) (8) [40] 5
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel VRAAG 3 (KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES) 3.1.1 Noem enige TWEE voordele van globalisering.  Werksgeleenthede   Verhoogde lewenstandaard   Verminderde isolasie   Groter menslike ontwikkeling   Ekonomiese groei   Wêreldburgers  (Enige 2x1) (2) 3.1.2 Wat is die verband tussen Nepad en Afrika? Dit is die ekonomiese raamwerk van die Afrika-Unie (1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 Verduidelik die akroniem NAVO.  Noord-Amerikaanse Vryehandel Ooreenkoms   Bestaan uit VSA, Kanada en Meksiko  (Enige 1 x 2) (2) 3.2.2 Wat is die boodskap van die strokiesprent?  Die WHO moet vryhandel bevorder, maar dit is net korporatiewe  maatskappye in die VSA wat regtig baat vind.   Werkers/ werknemers in die VSA het geen regte nie en verloor ook werk  terwyl werkers in Asië slawe-arbeid verskaf teen minimale vergoeding.   Minder regte vir werkers in die VSA.   In plaas van regverdige vergoeding verdien die werkers in ontwikkelende lande baie min.  (Enige 2 x 2) (4) 3.2.3 Volgens jou mening, hoekom word VS-werkers nie bevoordeel deur vryhandel nie?  VS-werkers het beperkte regte wat hulle terughou om aan die ekonomie deel te neem.   Net groot korporatiewe maatskappy trek voordeel uit vryhandel.  (Aanvaar enige relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 6
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel 3.2.4 Verduidelik die rol van die WHO in terme van globalisering.  Standaardiseer internasionale handelsbetrekkinge.   Tariewe en ander vorme van beskermingsooreenkomste.   Eienaarskap oor patente, tantieme en intellektuele eiendom.  (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 Wat is die belangrikste oorsaak van globaleklimaatsverandering?  Uitlaatgasse bv. CFC en CO2.   Kweekhuisgasse.  (Enige 1 x2) (2) 3.3.2 Wat is ʼn moontike gevolg van gletsers wat smelt?  Seevlakke styg wat kan lei tot vloede.  (2) 3.3.3 Behalwe vir mense en hulle besighede, wie anders behoort beskuldig te word vir omgewingsagteruitgang?  Die Staat.  (2) 3.3.4 Volgens jou mening, watter industrie in Suid-Afrika sal die meeste geaffekteer word deur onstabiele weerstoestande? Motiveer jou antwoord.  Landbou/ primêre sektor.   Suid-Afrika is steeds ʼn hoofuitvoerder van landbouprodukte en as die weerstoestande/ klimaat verander sal ons nie die nodige hoeveelhede na die buiteland kan uitvoer nie.   Enige relevante antwoord.  (Enige 2 x 2) (4) 3.4 Hoe dra globalisering by tot ontwikkelende lande se finansiële onstabiliteit?  Groot kapitaalinvloeie na ontwikkelende lande wat onverwags onttrek word skep ekonomiese wanorde.   Geldeenhede het gedepresieer.   Lenings in plaaslike valuta moet in veelvoude van die bedrae wat hulle oorspronklik geleen het, terugbetaal word.   Sakeondernemings en regerings is hulpeloos.   MNOs en finansiële instellings soos banke, weet nie hoe om dit te hanteer nie.  (Enige 4 x 2) (2) 7
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel 3.5 Tabuleer TWEE verskille om die Noord-Suid-verdeling te illustreer. NOORD SUID  Hoogsontwikkelde Infrastruktuur.   Swak infrastruktuur.  Hoë produksie en verbruikersvlakke.  Lae produksie en verbruikersvlakke.   Geïndustrialiseerde lande   Nie-geïndustrialiseerde.   Gemiddelde inkomste is baie hoog.   Gemiddelde inkomste is baie laag.   MAKS: 4 PUNTE  MAKS: 4 PUNTE (2 x 4) (8) [40] VRAAG 4 4.1.1 Noem TWEE eienskappe van volmaak mededingende sakeondernemings.  Prysnemers   Homogene produkte   Normale wins in die kort- en langtermyn   Aanvaar enige relevante eienskap. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe sal jy weet dat pryse in Suid-Afrika stabiel is?  Daar is geen inflasie vir ʼn jaar nie.   Beheerde inflasie. (1 x 2) (2) 4.2 4.2.1 Gee ʼn voorbeeld van ʼn substituut vir melk.  Sojamelk/ Poeiermelk/ Cremora   (Enige ander relevante voorbeeld.)  (2) 4.2.2 Volgens jou mening, waarom het die vraagkurwe van V1 na V2 verskuif ?  Meer koffie/tee/milo is aangebied.   Meer mense sal koffie/tee/milo koop.   Styging in die aanbod van hierdie produkte lei tot ʼn styging in die aanvraag na melk   Daling in die prys van tee/koffie sal die vraag na tee/koffie laat toeneem.   Let wel: Enige relevante antwoord wat substitusie verduidelik kan aanvaar word.  (Enige 2 x 2) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel 4.2.3 Uit bogenoemde grafiek, lei die wet van aanbod af.  Wanneer die prys van goedere styg sal die hoeveelheid aanbod ook styg.   Wanneer die prys van goedere daal sal die hoeveelheid aanbod ook daal.  (Enige 1 x 2) (2) 4.2.4 Met behulp van ʼn volledig benoemde grafiek, illustreer Giffen-produkte. (4) 4.3 4.3.1 Gee ʼn geskikte opskrif vir die artikel  Renosterstropery   868 Renosters dood   (Enige ander relevante antwoord.) (2) 4.3.2 Wat is belangrik omtrent Hluhluwe iMfolozi Park?  Speel ʼn belangrike rol om renosters te beskerm.  (2) 4.3.3 Watter internasionale organisasie verbied onwettige handel in bedreigde spesies?  CITES  (2) 4.3.4 Stel moontlike oplossings aan SAN-Parke voor hoe hulle te werk kan gaan om die renosters te red.  Verskuif die renosters na ʼn eksklusiewe plek waar stropers hulle nie kan kry nie.   Skep gemeenskapswildreservate waar gemeenskappe ʼn aktiewe rol kan speel om die renosters te beskerm.   (Enige ander relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) 9
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel 4.4 Vergelyk Volmaakte mededinging en die Monopolie in terme van toetrede tot die mark en prysbeheer. VOLMAAKTE MEDEDINGER MONOPOLIE  TOETREDE TOT DIE MARK:  TOETREDE TOT DIE MARK: Baie maklik Geblok   PRYSBEHEER:  PRYSBEHEER: Geen beheer oor pryse nie want Aansienlik, maar beperk deur die dit word deur die industrie markvraag.  bepaal.  (4 x 2) (8) 4.5 Verduidelik hoe ontstaan konflik in die menslike gebruik van die omgewing.  Die gebruik van die omgewing as ʼn grondstof verminder die genot wat ons daaruit kry.   As ʼn stuk grond vir landbougebruik voorberei word en die bome vernietig word, word die skoonheid geskend, dit verminder ook plant- en dierspesies.   Myne en steengroewe is onooglik.   Nywerheidsontwikkeling en welvaart veroorsaak dikwels lug en waterbesoedeling.   Suurreën vernietig oeste, woude en natuurlike habitat.  (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 10
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel AFDELING C OPSTELVRAE PUNTETOEKENNING VIR OPSTELANTWOORDE STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte Maks. 26 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/ Debatteer Maks. 10 Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Gevolgtrekking Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5 (MIKRO EKONOMIE) “Verskeie modelle is ontwikkel om die prys en hoeveelhede in oligopolie markte te verduidelik.”  Bespreek die Oligopolie as ʼn onvolmaakte markstruktuur en gee spesifiek aandag aan die eienskappe en algemene kenmerke. (26)  Volgens jou mening, hoekom is samespanning tussen Oligopolieë onwettig? (10) [40] INLEIDING  ʼn Oligopolie is ʼn mark wat uit ʼn klein aantal dominante produsente bestaan. Hulle prysbesluite is onderling afhanklik van mekaar geneem. Dit is moeilik om hierdie mark te betree.  (Maks 2) 11
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel HOOFDEEL  Heelwat grafiese en wiskundige modelle van die oligopolie bestaan, maar nie een word algemeen aanvaar nie   Aangesien ondernemings onderling afhanklik is, kan dit lei to ernstige mededinging, selfs prysoorlog   Onwettige samewerking (samespanning) kan voorkom   Aard van goedere/ Tipe goedere   Meestal homogeen   Dit kan ook gedifferensieerde goedere wees  soos motors en koerante  of  Identiese goedere  soos sement en staal   Versperrings   Gewoonlik is daar aansienlike versperrings ten opsigte van toetrede tot die mark   Prysvorming   Ondernemings se besluitneming word inter- of onderling afhanklik gedoen   Prysbesluite van een sakeonderneming kan ʼn aansienlike effek op ander onderneming se verkope hê   Elke onderneming moet dus die besluite van ander ondernemings ten opsigte van pryse en produksie monitor en daarop reageer   Dit is noodsaaklik om die onderneming te laat oorleef   Helling van die vraagkurwe   Horisontaal of geknak   Helling van die aanbodkurwe   Opwaarts   Produksievlak   Sal produseer waar MI = MK   Prysvasstelling verskil   GI = GK = Prysmakers soms prysleiers   Beheer oor prys   Aansienlik maar minder as monopolie wins   Samespannings gee ekonomiese wins, anders normale wins  (Maks 8 punte vir opskrifte en subopskrifte) (26) ADDISIONELE GEDEELTE  Volgens wetgewing is samespanning is onwettig in Suid-Afrika   Die Mededingingskommissie tree as waghond oor onmededingende gedrag op   Aangesien ondernemings onder oligopolie onderling afhanklik is, kan dit lei tot ernstige mededinging, selfs prysoorlog  daarom kan onwettige samewerking/ samespanning in hierdie markte voorkom   Sodra samespanning begin verhoog die pryse   Monopolistiese toestande ontstaan   Daarom is daar dikwels prysleiers in ʼn oligopoliemark en sakeondernemings met ʼn aansienlike groot markaandeel en wat lank gevestig is, stel die pryse volgens hulle eie koste en inkomste vas   Die ander volg die bewegings van die prysleier   Aanvaar enige relevante antwoord. (Enige 5 x 2) (10) 12
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel GEVOLGTREKKING  Indien ʼn oligoplis besluit omsy produkte teen hoër of laer pryse as die vasgestelde prys te verkoop, sal verbruikers by ander verskaffers koop en die oligopolies sal nie ʼn wins maak nie. (2) [40] VRAAG 6 (KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES) “Die omgewing is onder druk want menslike vereistes op die omgewing is baie meer as wat die natuur kan produseer in die langtermyn.”  Ontleed die kwaliteit van die omgewing, met klem op die regering se beleid om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. (26)  Verduidelik hoe jy tegnologie sal gebruik om die omgewing te beskerm. (10) INLEIDING  Regerings reg oor die wêreld begin besef dat hulle meer aandag aan omgewingsvolhoubaarheid moet skenk indien hulle ʼn groter mate van ekonomiese volhoubaarheid wil bereik  (2) HOOFDEEL Uitbreiding van private eiendomsregte  Private eiendomsregte verseker dat mense omsien na die goed wat hulle besit   Hulle sal probeer om dit winsgewend te gebruik   Om te verhoed dat fauna- en floraspesies uitsterf, moet mense besitreg daarvan kan bekom   Dan sal dit bewaar word sonder dat dit die belastingbetalers veel kos   Bronne wat aan niemand behoort nie, word nie opgepas nie en word besoedel en selfs vernietig   Toe Suid-Afrikaanse boere besitreg op die wild op hul plase gekry het, het hulle begin om dit te beskerm   Vandag is daar ʼn groot hoeveelheid wild in privaatbesit   Toeriste reg oor die wêreld kom om daarna te kyk   Jagters verminder nie hulle getalle nie, omdat dit waardevol vir die eienaars is   Sodra mense wat in informele nedersettings woon eiendoms- of besitreg gegee word, is hulle meer geneig om na hul eiendom om te sien   Boere sal bome plant as hulle weet dat hulle altyd ʼn reg op die hout of die vrugte sal hê  13
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel OMGEWINGSBELASTINGS EN –SUBSIDIES  ʼn Belasting kan op die produksie of verbruik van ʼn produk gehef word indien die gebruik van so ʼn produk skadelike uitwerking op die omgewing het   Dit staan as groen belasting bekend   Die belasting maak die prys hoër   Die regering kan subsidies beskikbaar stel vir die ontwikkeling van nuwe tegnologie om besoedeling te verminder of energie te bespaar   Die produksie van skoner plaasvervangers, byvoorbeeld laer belasting op loodvrye petrol   Hersirkulering of herbenutting van afval, byvoorbeeld kartonhouers en bottels  ONDERWYS  Mense hou daarvan om tot die beskerming van die omgewing by te dra, daarom kan onderwys ʼn belangrike rol spel   Indien kinders en volwassenes meer bewus van omgewingsake en die gevolge van hul optrede gemaak word,  kan hulle verbruiksgewoontes verander   Groter druk kan op besighede geplaas word om die hoeveelheid afval wat hulle produseer en die hoeveelheid gasvrystellings wat hulle lewer, te verminder (26) Betaling vir die gebruik van die omgewing   Owerhede in Suid-Afrika maak gebruik van omgewingsheffings op verbruikers en besighede   Gebruiksheffings wat huishoudings, sakeondernemings en instellings vir riool en vullisverwydering betaal   Nywerhede en motoreienaars betaal heffings op koolstofdioksied-vrystellings   In SA stel die Wet op Afvalbestuur standaarde vir die verwydering en sirkulering van afval  Fokus op eksternaliteite   Indien sosiale grensvoordele die sosiale grenskoste oorskry, sal mense meer van die aktiwiteite doen   Indien sosiale grenskoste die sosiale grensvoordele oorskry, sal mense hierdie aktiwiteit vermy  Opdrag en beheerstelsel   Die tradisionele manier om met besoedeling te werk is om dit binne grense toe te laat en diegene wat grense oorskry word beboet:  - Sekere maksimumvlakke vir gasvrystelling:   In die geval van vis is dit ton-per-seisoen  - Maksimum aanvaarbare vlakke en kwaliteit   In die geval van kragstasies is dit die tipe steenkool wat verbrand word  14
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM Ekonomie Tweede Vraestel Vrywillige ooreenkomste   Regerings gaan met besighede ooreenkomste aan om die omvang van besoedeling te verminder   Besighede verkies vrywillige ooreenkomste omdat hulle oor die inhoud van die ooreenkoms kan onderhandel om by hul eie omstandighede te kan aanpas  (Maks 8 punte vir opskrifte e subopskrifte) (26) Addisionele deel  Nuwe tegnologie behoort van so aard te wees dat dit ekonomiese groei toelaat, terwyl dit besoedeling beperk   Meer omgewingsvriendelike produkte kan gebruik word, byvoorbeeld winkelsakke wat kan ontbind bv. Papiersakke eerder as plastieksakke   Afval met behulp van groter produksiedoeltreffendheid te verminder bv. Vaste stowwe en gas   Afval op die plek waar dit geskep word te verwerk of op „n beheerde manier daarvan ontslae te raak   Steenkool en olie met “groener” energiebronne soos waterstof en etanolgas, wind, son en water te vervang  (10) Gevolgtrekking  Dit is belangrik dat die huidige generasie natuurlike hulpbronne spaarsamig gebruik om te verseker dat die volgende generasie ook kan nut put uit die natuurlike hulpbronne.  (2) (40) TOTAAL AFDELING C: [40] GROOTTOTAAL: 150 15

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all