Skip to content

Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 11201519 pages

Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN 2015 GRAAD 11 EKONOMIE VRAESTEL 1 MEMORANDUM 19 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE Vraestel 1 MEMORANDUM VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B (goedere wat vereis dat die verbruikers ʼn prys daarvoor betaal) √√ 1.1.2 C (afnemend is as deel van die BBP) √√ 1.1.3 C (privaat inisiatief en vryheid van keuse beperk) √√ 1.1.4 C (huur) √√ 1.1.5 A (ontwikkeling) √√ 1.1.6 A (deponering van munte) √√ 1.1.7 B (die monetêre beleid van die SARB) √√ 1.1.8 B (M3) √√ (8x2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by die item in KOLOM A 1.2.1 E √ (Die beweging van produksiefaktore vanaf een gebied na ʼn ander) 1.2.2 A √ (Masjinerie en toerusting vervang mense in die produksie-proses) 1.2.3 F √ (Die tempo waarteen een geldeenheid teenoor ʼn ander verwissel word) 1.2.4 B √ (Begrotingsbesteding oorsky inkomste) 1.2.5 D √ (ʼn Groep van twee of meer lande wat dieselfde geldeenheid gebruik) 1.2.6 G √ (Gedeeltelike eienaarskap in ʼn onderneming en die eienaar toelaat om aan winsdeling deel te neem wanneer dividende verklaar word) 1.2.7 I √ (Die plaaslike kennis wat uniek is tot ʼn gegewe kultuur of samelewing) 1.2.8 H √ (Die verandering in die aantal mense van ʼn land oor ʼn tydperk) (8x1) (8) 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 1.3 IDENTIFISEER DIE KONSEPTE 1.3.1 Mikro-ekonomie √ 1.3.2 Welvaart √ 1.3.3 Prima √ 1.3.4 Bruto toegevoegde waarde √ 1.3.5 Skaarsheid √ 1.3.6 Grondrestitusie √ (6x1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 AFDELING B VRAAG 2 MAKROEKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem TWEE kategorieë van natuurlike hulpbronne.  Hernubare hulpbronne √  Nie-hernubare hulpbronne √ (2x1) (2) 2.1.2 Hoekom verdien mense met skaars vaardighede hoër lone?  Mense met skaars vaardighede is meer waardevol vir ʼn onderneming, en verdien dus hoër lone. √√ (1x2) (2) 2.2 2.2.1 Gedurende watter jare was inflasievlakke hoër as salarisvlakke?  2002√ en 2008 √ (2) 2.2.2 Wat is arbeid-produktiwiteitsgaping?  Die gaping tussen salarisverhogings en die inflasiekoers. √√  Werkers wil hoër salarisse hê, maar produktiwiteit neem af. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 2.2.3 Noem ʼn rede waarom salariesverhogings hoër was as inflasie tussen 2009 en 2011.  Lewenskoste styg. √√  Styging in elektrisiteit/brandstof, ens. (Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 2.2.4 In jou opinie, wat is die gevolge wanneer salarisverhogings aanpassings vinniger is as inflasie?  Verhoging in die vraag na goedere en dienste √√  Inflasie neem toe√√  Werkloosheid neem toe.√√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x2) (4) 2.3 2.3.1 Watter ekonomiese stelsel word in die uittreksel geïllustreer?  Markekonomie/vrye ekonomie √ (1) 2.3.2 Noem enige ander ekonomiese stelsel.  Sentraal beplande stelsel/kommunistiese stelsel √  Gemengde ekonomie √ (1) 2.3.3 Wat beteken gesentraliseerde rigting?  Die regering neem alle besluite op ʼn sentrale vlak. √√  Die regering is in beheer van alle produksiefaktore. √√  Die regering besluit oor hoe, wat en waar om te produseer. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x2) (4) 2.3.4 Waarom beskryf Adam Smith die markekonomie as ʼn onsigbare hand?  Produksie vind plaas sonder ʼn meester plan. √√  Die “Wat” “Vir Wie” en “Waarom” word deur ʼn onsigbare mag beheer.√√  Mark kragte reguleer outomaties √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x2) (4) 2.4 Onderskei tussen werklike beleggings en finansiële beleggings.  Werklike belegging of bruto vaste kapitaalvorming behels die uitgawes of byvoegings tot die kapitaalvoorraad. √√  Voorbeelde sluit in masjienerie, strukture en voorrade. √√  Die hoofdoelwit is om in die toekoms wins te maak. √√  Finansiële belegging behels beleggings in aandele en ander finansiële instrumente. √√  Dit behels ʼn bate waartoe geld gevoeg word met die vooruitsigte dat dit sal groei en vermeeder tot ʼn groter bedrag geld. √√ (2x4) (8) 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 2.5 Bespreek die hoofredes vir privatisering.  Toenemende mededinging. √√  Groter effektiwiteit in die gebruik van skaars hulpbronne en laer produksiekostes. √√  Mededinging bied die verbruikers ʼn groter keuse van goedere. √√  Geen politieke inmenging by die bestuur van ondernemings nie. √√  Privaat instansies is aanspreeklik vir aandeelhouers en is dus wins- geörienteerd. √√  Die winste van privaat ondernemings is belasbaar, dus kry die staat meer belasting inkomste. √√ (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord) (Enige 4x2) (8) [40] 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 VRAAG 3 3.1 3.1.1 Noem TWEE bronne vir welvaartskepping. – Besparings √ – Erflatings √ – Skenkings √ – Appresiasie van bates √ Enige (2x1) (2) 3.1.2 Hoe sal die geldvoorraad beïnvloed word as die SARB staatseffekte op die opemark verkoop? Geldvoorraad sal verminder. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (1x2) (2) 3.2 3.2.1 Definieer die konsep Lorenz-kurwe.  Dit is ʼn grafiese voorstelling van die kumulatiewe verdeling van inkomste of welvaart in ʼn land. √√  Die Lorenz kurwe is ʼn kurwe wat wys hoe ongelyk die verdeling van inkomse of rykdom tussen huishoudings is. √√ (1x2) (2) 3.2.2 Wat is die aanwysers van die Gini-koëffisiënt? (0√ – 1√) (2) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 3.2.3 Gebruik die inligting vanaf die tabel en trek die Lorenz kurwe. 100 % van inkomste 80 60 40 Lorenz kurwe A 20 20 40 60 80 100 % van huishoudings Puntetoekening 1 punt vir die benoeming van die asse 1 punt vir die benoeming van die asse 2 punte vir die gelykheidslyn 2 punte vir die Lorenz kurwe (6) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 3.3 3.3.1 Waarvoor staan die afkorting SAOG? Suider Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap. √√ (2) 3.3.2 Noem enige TWEE lidlande van die SAOG. Mauritius √ Seychelle √ Lesotho √ Swaziland √ Botswana √ Namibië √ Zimbabwe √ Mosambiek √ Zambië √ Malawi √ Angola √ Tanzanië √ Demokratiese Republiek Van Die Kongo √ Suid Afrika √ (2x1) (2) 3.3.3 Volgens die uittreksel hoe kan ʼn land sy nywerheidsvermoë onder die SAOG verbeter?  Die produksie van waarde-toegevoegde goedere. √√  Meer uitvoere van kwaliteitsgoedere. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x2) (4) 3.3.4 Hoekom kan nywerheidsontwikkeling beskou word as die hoof dryfveer vir streeksontwikkeling?  Nywerheidsontwikkeling skep werksgeleenthede in streke. √√  Nywerheidsontwikkeling kan lei tot ekonomiese groei en ontwikkeling. √√  Nywerheidsontwikkeling kan lei tot verhoogde uitvoere/buitelandse valuta kan verdien word. √√ (2x2) (4) 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 3.4 Differensieer tussen ʼn ontwikkelende ekonomie en ontwikkelde ekonomie.  Ontwikkelende ekonomie behels ʼn ekonomie waar alle burgers nog nie beskik oor al die beskikbare hulpbronne om vry, gesond en ook nie veilig kan leef nie. √√  Die gaping tussen die rykes en armes is baie hoog in die tipe ekonomie. √√  Die lande bevind hulle meestal in die suidelike halfrond. √√  Ontwikkelde ekonomie behels ʼn ekonomie waar al die burgers ʼn lewenstandaard geniet wat hulle in staat stel om gesond, veilig en in vryheid te lewe. √√  Die lande is in die noordelike halfronde. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x4) (8) 3.5 Evalueer gratis basiese huishoudelike dienste wat deur plaaslike regerings verskaf word. - Watertoevoer: ʼn publieke, vaste pyptoevoer of gemeenskaplike verskaffingsbron word gratis verskaf. √√ - Sanitasie: basiese sanitasiedienste word gratis verskaf, met addisionele betalings op eiendomme van hoër waarde. √√ - Elektrisiteit: verbruiksgebaseerde tarief, met die eerste 50 kW/u wat gratis verskaf word per maand. √√ - Vullisverwydering: die heffing is gebaseer op eiendomswaarde, met addisionele dienste-heffings vir diegene wat meer as die vereiste basiese dienste benodig. √√ - Nie alle gemeenskappe ontvang gratis dienste√√ - Gemeenskappe lewer gedurig optoge en betoë. √√ - Hulle is nie altyd tevrede met hierdie dienste nie. √√ - Dit blyk te wees dat daar ʼn tekort van hierdie dienste in sekere gemeeskap is√√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (4x2) (8) [40] 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 VRAAG 4 4.1 4.1.1 Noem TWEE groepe mense wat in Suid-Afrika gemarginaliseerd is.  Swart mense √  Vroue √  Immigrante/vlugtelinge √  Gestremdes √ (2x1) (2) 4.1.2 Hoe sal die prys van ʼn produk die winste van ʼn entrepreneur beïnvloed?  Indien die prys styg kan die entrepreneur groter winste maak. √√  Koste stygings kan winsgrense negatief beïnvloed. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1x2) (2) 4.2 4.2.1 Definieer duursame goedere. Dit behels die goedere wat ʼn leeftyd het van langer as een jaar/ Goedere wat oor ʼn lang tydperk gebruik kan word. √√ (2) 4.2.2 Op watter kategorie van die duursame goedere spandeer die huishoudings die meeste van hulle inkomste in 2014?  Persoonlike vervoer / toebehore. √√ (2) 4.2.3 Verduidelik wat “teen konstante pryse” beteken.  Die huishoudelike verbruikersbesteding syfers voor inflasie/ Die onaangepaste huishoudelike verbruikersbesteding- syfers.√√ (2x1) (2) 4.2.4 Wat is die tendens in die klerasie en skoenkategorie oor die tydperk sedert 2012? Motiveer jou antwoord.  Verbruikersbesteding neem jaarliks toe. √√ Redes: – Bevolkingstoename in die land. √√  Werkers verdien hoër salarisse. √√  Prysstygings op klerasie en skoene/inflasie. √√  Inflasie vlakke het toegeneem (2x2) (4) 11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 4.3 4.3.1 Noem TWEE redes, volgens die spotprent, waarom Afrika in toenemende armoede verkeer.  Hoë skuldvlakke. √  Hongersnood √  Vigs √  Korrupsie √ (1x2) (2) 4.3.2 Definieer die konsep armoede.  Dit behels die onvermoë van mense om ʼn basiese lewenstandaard te bereik en te handhaaf. √√ (2) 4.3.3 Wat is ʼn armoede gaping.  Die verskil tussen die inkomste van die armes en die armoede perk. (2) 4.3.4 Verduidelik hoe sosiale toelae gebruik kan word om armoede in Suid-Afrika te verlig. - Ouderdoms pensioene word betaal om in mense se behoeftes te voorsien. √√ - Kindertoelaes voorsien in behoeftige kinders se basiese noodsaaklikhede. √√ - Pleegsorg toelaes voorsien in hawelose kinders se behoeftes. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x2) (4) 4.4 Onderskei tussen finansiële banke en mikroleners. Finansiële banke: - Verskaf klein en groot bedrae krediet aan indiwidue, klein en medium ondernemings en groot korporasies. √√ - Verskaf lenings aan minder riskante kliënte. √√ - Verskaf ʼn wye reeks van finansiële dienste, bv. kredietkaarte. √√ - Gereguleer deur die Bankwet. √√ Mikroleners: - Verskaf klein bedrae krediet aan indiwidue vir verskeie redes. √√ - Verskaf lenings aan meer riskante kliënte. √√ - Verskaf ʼn beperkte reeks van finansiële dienste, meestal lenings en versekering. √√ - Gereguleer deur die Nasionale kredietwet (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (2x4) (8) 12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 4.5 Bespreek die oogmerke van GEAR. - Om die uitvoere drasties te verhoog vir ekonomiese groei. √√ - Om die fiskale tekort te verlaag tot 3% van die BBP. √√ - Begrotingshervorming gemik op die versterking van die verspreidingseffek. √√ - Belastinghervorming ter verbetering van internasionale mededingendheid. √√ - Belasting- en ander aansporings ter bevordering van indiensneming.√√ - Uitbreiding van infrastruktuur en verhoging van staatsinvestering. √√ - ʼn Verbintenis om inflasie binne die teiken-area te hou. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (4x2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 AFDELING C Beantwoord slegs EEN vraag uit die afdeling in die ANTWOORDBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL: PUNTE TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek breedvoerig/in-diepte bespreking/ Maks. 26 ondersoek/Bespreek krities/vergelyk//ontleed//evalueer/onderskei/ differensieer/verduidellik/ assesseer/debateer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/bespreek krities/ Maks. 10 evalueer/evalueer krities/teken „n grafiek en verduidelik/gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/voltooi die gegewe grafiek en verduidelik/bereken/gevolgtrekkings/vergelyk/verduidelik/onderskei/ interpreteer/debateer kortliks Gevolgtrekking: Enige hoër-orde samevatting behoort die volgende te behels:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om feite te Maks. 2 herhaal  Enige mening of waarde-skatting oor die bespreekte feite  Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/ontleding te ondersteun  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien benodig Aanbevelings TOTAAL 40 14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Die infrastruktuur vervul ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van die ekonomie.  Bespreek die volgende aspekte van die Suid-Afrikaanse infrastruktuur volledig.  Kommunikasie  Vervoer (26 maks)  Hoe sal die selfoon industrie die uitsluiting van armes vanuit telekommunikasie verminder? (10 maks) [40] Inleiding: Die ekonomiese infrastruktuur van ʼn land behels die interne fasiliteite wat ondernemings-aktiwiteite soos kommunikasie, vervoer en verspreidingsnetwerke, finansiële instansies en energieverskaffingstelsels moontlik maak. √√ (Aanvaar enige ander moontlike antwoorde) MAKS. (2) Liggaam: 1. KOMMUNIKASIE Dit behels die oordrag van inligting regoor die wêreld, wat die volgende insluit: √√ - Posdienste √ Dit word deur die SA Posdienste beheer, wat ʼn staatsbeheerde agentskap is. √√ Verskeie koerierondernemings verskaf die enigste mededinging vir die poswese betrokke by die vinnige aflewering van goedere. √√ - Telekommunikasie √ Telkom is die primêre vastelyn diensverskaffer. √√ Kommunikasie deur middel van sellulêre netwerke het vinniger gegroei as die van vastelyn verskaffers. √√ Boodskappe en data skandering kan deur die foon, sellulêre fone en rekenaars gestuur word. √√ - Internet en e-pos √ Daar is twee nasionale punte wat die internet diensverskaffers met ʼn enkele network-verskaffer verbind, naamlik in Johannesburg en Kaapstad se internet stelsels. √√ Meer verspreide toegang tot breëband, ADSL en 3G het internet verbindings ʼn hupstoot gegee. √√ 15
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1  Radio √ Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC) is die staats-ondersteunde openbare uitsaaier. √√  Televisie √ Die SABC bedien die nasionale televisie network, met drie volle spektrum lug- tot-lug kanale, asook die betaalkanaal, wat hoofsaaklik op die Afrika gehore gemik is. √√  Gedrukte media √ Suid Afrika word deur agt nasionale, verskeie streeks en hoofsaaklik plaaslike gemeenskapskoerante bedien. √√ 2. VERVOER √  ʼn Goed ontwikkelde en betroubare vervoerstelsel is noodsaaklik vir ʼn doeltreffende ekonomie. √√  Dit bestaan uit drie filiaalmaatskappye: Spoornet, Metrorail en die Transnet- Nasionale Hawe-Owerheid. √√  Padnetwerk √ Dit vervoer goedere deur middel van padvervoer en het die afgelope jare in Suid Afrika geweldig toegeneem. √√  Die SA Nasional Padagengtskap (SANRAL) is verantwooordelik vir die verbetering en instandhouding van die nasionale paaie. √√  Spoornetwerk √ Dit word deur Spoornet beheer en is hoofsaaklik bemoeid met die vervoer van goedere, maar daar is ook langafstand Metro passasiersdienste, en Metrorail wat ʼn daaglikse passasiersdiens in die groot stede verskaf. √√  Lugdiens √ Bestaan uit die staatsbeheerde SAL, met sy filiaalmaatskappye, soos SA Express, SA Airlink en Mango Airlines, wat plaaslike en internasionale dienste verskaf. √√ Die lughawemaatskappy (ACSA) voorsien lughawes van wêreldstandaard √√  Hawens: √ Hawens kan in visvang – en kommersiële hawens verdeel word √√ Die Transnet – nasionale hawe – owerheid beheer die kommersiële hawens √√ 16
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1  Pypleidings: √ Transnet-pypleidings bedryf ʼn aantal pypleidings tussen Durban en Gauteng om vloeibare gasse te vervoer. √√  Gas word van Secunda in Mpumalanga na Durban vervoer, asook per pypleiding van Mosambiek na Sasolburg. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) MAKS. (26) Addisioneel: Verduidelik kortliks hoe die sellulêre foonindustrie daartoe bygedra het om die uitsluiting van die armes vanaf telekommunikasie uit te skakel. - Sellulêre fone is redelik wyd beskikbaar √√ - Die stelsels is goedkoop om te gebruik. √√ - Die fone kan gebruik word, selfs al het iemand nie eers ʼn vaste adres nie. √√ - Die gebruikers hoef nie te wag vir die beskikbaarheid van lyn-verbindings nie. √√ - Die maandelikse betalings hoef nie so hoog te wees nie. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) MAKS. (10) Gevolgtrekking: Kommunikasie en vervoer moet vinning en effektief plaasvind sodat ondernemings op internasionale vlakke kan meeding, en sluit ook inligting, dienste en mense in. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) MAKS. (2) [40] 17
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Geld het noemenswaardig oor ʼn tydperk ontwikkel of evolusie ondergaan. Dit word feitlik nie erken in sy tradisionele vorm nie.  Bespreek al die geldverwante instrumente (26 maks)  Hoe effektief is die SARB beheer oor die aktiwiteite van handelsbanke in Suid-Afrika? (10 maks) Inleiding: Geldverwante instrumente is middele waardeur betalings gemaak of geld oorgeplaas kan word, buiten note en muntstukke. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) MAKS. (2) Liggaam Hoofdeel: Tjeks √ - ʼn Ingevulde tjek is ʼn opdrag aan ʼn bank om ʼn som geld in kontant uit te betaal, of om dit na ʼn individu of sakeonderneming oor te dra. Dit is nie kontant of enige deposito geld nie. √√ Banktransaksiekaarte √ - Die word by OTM‟s gebruik wat menslike bankkassiere vervang om basiese bankfunksies uit te voer, soos deposito‟s, onttrekkings en rekeningnavrae. √√ - Die voordeel van transaksiekaarte sluit 24 uur beskikbaarheid, geen arbeidskoste nie en gerief van ligging in. √√ Debietkaarte √ - Dit word gebruik om fondse elektronies direk van die kaarthouer se rekening te onttrek of om vir goedere en dienste by ondernemimgs te betaal. √√ - Die meeste debietkaarte vereis dat ʼn PIN (persoonlike identifikasienommer) gebruik word om die transaksie te kontroleer. √√ Kredietkaarte √ - Dit word gebruik om geld te leen om vir goedere en dienste op krediet te betaal.√√ - Kaarthouers moet gewoonlik binne 30 dae na die aankope daarvoor betaal om die betaling van rente te vermy. √√ - Kredietkaarte het gewoonlik ʼn kredietperk, bv. ʼn minimum bedrag moet binne 30 dae betaal word. √√ 18
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM Vraestel 1 Internet bankdienste √ - Die proses om finansiële transaksies by die huis uit te voer, in plaas daarvan om na die bank toe te gaan. √√ - Dit sluit rekeningnavrae √√, fondsoorplasings √√, rekeningbetalings √√ en leningsaansoeke in. √√ Mobiele bankdienste √ - Wanneer ʼn mobiele toestel soos ʼn selfoon of ʼn PDA (persoonlike digitale assistant) gebruik word om saldonavrae√√, rekeningtransaksies√√, betalings,√√ kredietaansoeke√√ en ander banktransaksies uit te voer. √√ MAKS. (26) Addisioneel: Hoe effektief is die SARB beheer oor die aktiwiteite van handelsbanke in Suid- Afrika?  Die SARB bepaal die rentekoerse van die handelsbanke in Suid-Afrika. √√  Opemark transaksies vind plaas, waardeur die geldvoorraad beheer word. √√  Die vereiste kontantreserwes moet deur banke gehandhaaf word. √√  Die kredietvlakke van handelsbanke word deur die SARB bepaal. √√  Die SARB pas ʼn stelsel van krediet rasionalisering toe, waardeur die bepaalde  leningsbedrag vasgestel word. √√  Disiplinêre maatstawwe word toegepas, soos die weiering van verdere lenings. √√  Die SARB poog om morele oorreding op die handelsbanke toe te pas. √√ MAKS. (10) Gevolgtrekking: Die Bankwet is verantwoordelik vir die regulering van die banksektor in Suid-Afrika. √√ (Aanvaar enige ander relevante antwoord) MAKS. (2) (40) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 19

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all