Skip to content

Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 11202321 pages

Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2023 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B Oligopolie  1.1.2 C Prysmakers  1.1.3 B Korttermyn  1.1.4 A MK = MI  1.1.5 C Inkomste  1.1.6 D Kapitalisme  1.1.7 D Direkte buitelandse beleggings  1.1.8 B Nie-hernieubaar  (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 H – goedere en dienste word verhandel  1.2.2 F – verskil tussen totale inkomste uit die verkope van goedere en eksplisiete koste  1.2.3 A – totale vraag is gelyk aan totale aanbod  1.2.4 G – die naasbeste alternatief wat prysgegee word  1.2.5 B – In kleiner hoeveelheid gevra wanneer inkomste toeneem  1.2.6 C – Dispuut internasionale handelsooreenkomste  1.2.7 E – wanneer koste per eenheid verminder terwyl produksie toeneem  1.2.8 D – Bekendstelling van kontaminante wat die natuurlike omgewing beskadig  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 3 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Homogene  1.3.2 Versonke koste  1.3.3 Marginale nut  1.3.4 Absolute voordeel  1.3.5 Inheemse Kennisstelsel  1.3.6 Klimaatsverandering  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van vaste koste. • Huur  • Salarisse  • Versekering  • Terugbetaling van lening  • Versekeringpremies  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.1.2 Hoe word die besighede deur onelastiese vraag geraak? • Ondernemings sal nog steeds voortgaan om inkomste en wins te genereer omdat vraag onelasties is en vraag sal nie verander al is daar verandering in prys. Ondernemings sal nog altyd kan kop bo water bly.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 By watter hoeveelheid word uitsette gemaksimeer? 100 eenhede  (1) 2.2.2 Wat word deur die ingekleurde gedeelte op die grafiek voorgestel? Ekonomiese verlies  (1) 2.2.3 Beskryf die term volmaakte mark. (2) Dit is die mark waar verkopers van ʼn produk of diens vry is om regverdiging te kompeteer en verkopers en kopers beskik oor volledige inligting oor marktoestande.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.2.4 Waarom is verkopers in ʼn volmaak mededingende mark as prysnemers bekend? • Hulle is bekend as prysnemers a.g.v. die druk wat daar op hulle geplaas word deur ander kompeterende ondernemings so veel so dat hulle gedwing word om die heersende markprys te aanvaar.  • ʼn Enkele verkoper het geen invloed op die markprys nie.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 5 2.2.5 Hoe word verbruikers deur volmaakte mededinging bevoordeel? Hulle trek voordeel deur: • Lae pryse, hoë kwaliteit goedere, en ʼn verskeidenheid produkte om van te kies  • Maklike toegang tot die produkte wat dit maklik maak om enige plek aankope te doen  (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer vanuit die bostaande uittreksel watter prys vertoon dat die produk elasties is. $3,00  (1) 2.3.2 Noem enige EEN ander vorm van vraagelastisiteit. • Volmaak elastiese vraag  • Volmaak onelastisiteit  • Eenheidselastisiteit  • Relatief onelastiese vraag  (Enige 1 x 1) (1) 2.3.3 Beskryf die term pryselastisiteit van vraag. • Pryselastisiteit verwys na die responsiwiteit van die vraag na, ʼn verandering in prys.  • Dit verwys na die mate waarin vraag reageer op ʼn verandering in ʼn ekonomiese faktor.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2) 2.3.4 Verduidelik kortliks volmaak onelastiese vraag. • Is die omstandigheid waar ʼn verandering in prys van ʼn produk geen verandering in hoeveelhede gevra meebring nie.  • Die persentasie verandering in hoeveelhede gevra verander geensins wanneer daar ʼn persentasie verandering in prys is nie.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.3.5 Ondersoek die belangrikheid van pryselastisiteit van vraag en vraag voorspellings. • Pryselastisiteit van vraag dui aan hoeveel van ʼn produk of diens verbruikers sal verbruik wanneer die prys verander.  • Dit is belangrik vir die formulering van regeringsbeleide veral die belastingbeleid.  • Verbruikers sal in staat wees om rasionele besluite te maak wat belangrik vir ekonome is om op ʼn daaglikse basis te gebruik.  • Om die gevoeligheid van vraag vir ʼn verandering in prys te bepaal is nuttig in die voorspelling van verbruikersgedrag asook die voorspelling van groot gebeurtenisse soos bv. ekonomiese resessie of ekonomiese herstel.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 2.4 Bespreek kortliks enige TWEE doelwitte van ʼn besigheid wat van die SMART-beginsel gebruik maak. SPESIFIEK: • Die idee moet identifiseerbaar en maklik verstaanbaar wees en nie slegs ʼn ewekansige idee nie  byvoorbeeld. die besigheid moet die mees winsgewendste in die land wees.  • Die doelwitte moet goed gedefinieer en gefokus wees.  MEETBAAR: • Dit moet moontlik wees om te toets of te meet of die doelwit bereik was  byvoorbeeld vir die besigheid om die spesifieke doel te bereik moet die besigheid maandeliks ʼn aanvaarbare wins maak.  • Doelwitte moet ʼn meetbare uitkoms hê.  AANVAAR: • In ʼn klein onderneming, is die doelwit maklik om vas te stel, aangesien dit net die eienaar is wat daaroor moet besluit.  • In ʼn groot onderneming is daar baie aandeelhouers wat mense met ʼn belang in die sukses van die besigheid het.  REALISTIES: • Die doelwit moet nie onbereikbaar vir die besigheid wees nie byvoorbeeld dit moet moontlik wees vir die besigheid om vasgestelde winste te genereer.  • Elke doelwit moet in spesifieke take en aktiwiteite opverdeel word om die doelwit te behaal.  TYD SPESIFIEK: • Daar moet spertye wees om doelwitte te bereik, byvoorbeeld die onderneming moet binne die volgende vyf jaar die winsgewendste in die land wees.  • Ondernemingsdoelwitte en objektiewe kan nie bereik word sonder dat daar spertye daaraan gekoppel is nie.  • Haalbare besigheidsdoelwitte word op heersende omstandighede gebaseer en werklike sakeklimaat.  • Dit is belangrik om gereeld doelwitte in heroorweging te neem om sodoende nodige aanpassings te maak.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 7 2.5 Hoe ontstaan monopolieë? • ʼn Monopolie is ʼn besigheid wat in ʼn mark bestaan waar daar geen kompetisie is nie, d.w.s. die produsent kan dus self pryse vasstel om winste te maksimeer.  • Die gebruik van kopieregte en ʼn skaars hulpbron opgaar, onder andere is maniere om die mark te monopoliseer.  • Produsente verkry patentregte en kopieregte deur die regering aangesien die regeringswetgewing in plek moet hê om produsente se soewereine regte op ontwerpe en konsepte te beskerm.  • Nasionalisering van besighede waar die regering volle beheer neem oor die onderneming of industrie.  • Monopolieë mag deur samesmelting en verkrygings gevorm word, veral waar skaalvoordele ekonomiese doeltreffendheid skep, wat besighede toelaat om die proses af te dryf, wat daartoe kan lei dat ʼn punt bereik waar kompeterende produsente nie sal oorleef nie en liewer die mark verlaat.  (8) (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE metodes hoe die omgewing beskerm kan word. • Prysgebaseerde metode  • Markgebaseerde metode  • Gebruik van wette en regulasies  (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2) 3.1.2 Hoe kan die regering ingryp om volhoubare ontwikkeling te verseker? • Die daarstelling en implementering van ʼn watergehalte- beleidsraamwerk en standaarde.  • Regulering van omgewingsbesoedelingsvlakke en afvalwaterbestuur.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer enige EEN uitdaging wat deur lande in die Suide ervaar word. • Druk van hoë bevolking  • Armoede  • Hongersnood  • Siektes  • Omgewingsagteruitgang  • Konflik  • Natuurrampe (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1) 3.2.2 Verskaf EEN voorbeeld van ʼn oorgrensekwessie wat deur lande in die Suide ervaar word. • Beskerming van die omgewing  • MIV/Vigs  • Beweging van kapitaal en arbeid  (1) 3.2.3 Verduidelik kortliks die begrip Noord-Suid-verdeling. • Noord-Suid verdeling verwys na die groepering van lande met soortgelyke sosio-ekonomiese en politieke eienskappe  • Noord-Suid verdeling verwys ook na die onderskeid tussen die Noordelike halfrond en Suidelike halfrond van die wêreld in terme van ontwikkeling en rykdom.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 9 3.2.4 Verduidelik die begrip vryhandelsgebiede. • Lande wat vrylik met mekaar sonder enige handelsbeperkings handeldryf / deelnemende lande wat alle handelsversperrings op goedere en dienste tussen hulle verwyder.  (2) 3.2.5 Ondersoek die negatiewe impak van Covid-19 op ontwikkelende lande in Afrika. • Hoё vlakke van werkloosheid was deur baie Afrika-lande ervaar as gevolg,  van inperkingsregulasies wat die ekonomie grootliks ontwrig het met die sluit van besighede en gevolglik werksverliese.  • Daar was ʼn afname in toerisme wat die hoof ekonomiese sektore van lande soos Suid-Afrika, Kenia, Tanzanië, Ethiopië, ens. is.  • Baie beleggers het hul beleggings uit hierdie lande onttrek wat ʼn afname in direkte buitelandse beleggings meegebring het.  • Daar was aanpassings in die nasionale begroting t.o.v. die gesondheidsektor asook die stadige pas van ekonomiese ontwikkeling in ander ekonomiese sektore.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer vanuit die uittreksel EEN pilaar van die Nasionale Raamwerk vir Volhoubare Ontwikkeling (NRVO). • Natuur  • Omgewingsgesondheid  • Klimaatsverandering  • Lewende organisme  • Biosekuriteit  (1) 3.3.2 Gee enige EEN voorbeeld van groenbelasting. • Besoedelingsbelasting  • Belasting op energie  • Koolstofvrystelling  • Brandstofverbruik  • Belasting op vervoer  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 3.3.3 Definieer die begrip Nasionale Raamwerk vir Volhoubare Ontwikkeling. Nasionale Raamwerk vir Volhoubare Ontwikkeling verteenwoordig die omvattende raamwerk vir alle goedgekeurde nasionale strategieë, beleide en agendas rakende die organisering van omgewingsaktiwiteite in die land en om ʼn volhoubare omgewing te handhaaf asook ekonomiese groei te ondersteun.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 3.3.4 Verduidelik kortliks omgewingsimpakassessering as ʼn benadering tot volhoubaarheid. • Dit is ʼn instrument wat aangewend word om die gevolge van ʼn projek of ontwikkelingsvoorstelle op die omgewing te bepaal.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 3.3.5 Hoe kan ekonomiese groei en omgewingsbewaring gebalanseer word? • Produsente moet meer hernieubare hulpbronne aanwend i.p.v. nie- hernieubare hulpbronne  • Afvalwater van fabrieke moet herwin word om skoonwater te verkry  • Natuurlike hulpbronne moet oordeelkundig aangewend word aangesien ekonomiese groei en die bewaring van die omgewing onafskeidbaar is.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 11 3.4 Bespreek kortliks verandering in werkstoestande en omgewingsverval as gevolge van globalisering. Veranderde in werkstoestande • Globalisering het meegebring dat meer ondernemings na die buiteland uitgebrei het deur of dienslewering uit te kontrakteer of om nuwe fabrieke daar op te rig.  • Dit het meer werk geskep vir die plaaslike inwoners en het ook die optrede van hierdie ekonomieë verbeter.  • Dit het tot verhoogde inkomstevlakke en produktiwiteitsvlakke bygedra.  • Terselfdertyd het dit egter ook werksverlies in die ontwikkelde lande meegebring.  • Die standaard van indiensneming het wêreldwyd ooreengestem en veroorsaak dat meer mense begin het om te emigreer van een land na ʼn ander land weens beter werksgeleenthede aan.  • Globalisering het aanleiding gegee tot verbeterde werksgeleenthede in ʼn ekonomie.  • Die behoefte om meer goedere vir plaaslike en internasionale markte te produseer het ʼn aanvraag vir meer arbeid geskep,  dit bevoordeel gewoonlik die plaaslike arbeidsmark  (8) Omgewingsagteruitgang • Die behoefte om meer goedere te produseer nodig intensiewe eksploitasie van natuurlike hulpbronne.  • Die omgewingsverval wat deur globalisering veroorsaak word sluit in: o Die uitputting van minerale  o Skade aan die fauna en flora  o Grond-, water- en lugbesoedeling  • Massaproduksie het so baie skade aan die natuur veroorsaak dat dit aanleiding gegee het tot meer natuurrampe as ooit.  • Dit sluit tsunami’s, El Niño, droogtes, aardverwarming, ens. in  • A.g.v. progressie in internasionale handel word natuurlike hulpbronne uitgeput, meer masjinerie word aangewend vir die produksie van goedere; daar is meer skepe, vliegtuie en vragmotors wat gebruik word om hierdie produkte te vervoer wat weer tot besoedeling wat weer skadelik is vir die planeet bydra.  • Die toestand van die omgewing is besig om vinnig agteruit te gaan terwyl verskeie natuurlike hulpbronne soos varswater, woude, plantegroei en dierespesies uitgeput raak  • Die verbruikspatrone van ryker lande is die hoofoorsaak van omgewingsverval wat aanleiding tot aardverwarming gee.  • Globalisering het aanleiding gegee tot ontbossing asook grootskaalse verbruik van nie-hernieubare fossielbrandstowwe en natuurlike hulpbronne  • Hoe meer ontbossing plaasvind en hoe meer waterweë gebruik word vir visvangs hoe armer en ongesond raak die omgewing  • In aansluiting tot kweekhuisgasse het globalisering ook aanleiding gegee tot baie diere wat vervreemd word vanaf hulle habitat om landbou slagoffers te word van visvangboerdery en ander ekonomiese aktiwiteite.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 3.5 Ontleed die belangrikheid van die bewaring van biodiversiteit. • Biodiversiteit verwys na die verskeidenheid lewende organismes uit verskeie bronne soos terrestriële, mariene en ander water ekosisteme  • Biodiversiteit speel ʼn belangrike rol in volhoubare ontwikkeling en die uitskakeling van armoede  • Biodiversiteit ondersteun voedselsekerheid en die volhouding van ʼn leefstyl wat volhoubaar is deur genetiese diversiteit.  • Suid-Afrika se nasionale biodiversiteit-strategie en aksieplan verskaf leiding omtrent bewaring en die bestuur van biodiversiteit.  • Verseker volhoubare en billike voordele vir almal in die gemeenskappe.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 13 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 Lys enige TWEE Millennium Ontwikkelingsdoelwitte. • Veg teen armoede en hongersnood  • Verminder kindermortaliteit  • Bevorder moederlike gesondheid  • Beveg MIV/Vigs, malaria en ander siektes  • Verseker omgewingsvolhoubaarheid  • Ontwikkel ʼn wêreldwye vennootskap vir ontwikkeling  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan ondernemings koste minimiseer? • Verbeter prosesdoeltreffendheid  • Onderhandel vir beter beprysing met verskaffers  • Verkry goedkoper materiaal of arbeid  • Verminder of skakel onnodige besteding uit  (Enige 1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer kurwe B Gemiddelde totale koste/gemiddelde koste  (1) 4.2.2 Benoem die soort wins wat hierbo uitgebeeld word. Normale wins  (1) 4.2.3 Verduidelik Marginale Inkomste. Dit is die addisionele inkomste verkry uit die verkoop van ʼn verdere eenheid  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.2.4 Verduidelik kortliks skaalverspillings. Skaalverspillings kom voor wanneer die koste per eenheid verhoog terwyl die hoeveelhede geproduseer ook toeneem.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.2.5 Ondersoek die belangrikheid van marginale koste. • Voorkom die verlies aan geld as gevolg van die verlies aan verkope of oorproduksie  • Bepaal hoeveel produkte word benodig om in verbruikers se behoeftes te kan voorsien  • Voorsien die onderneming met belangrike metrieke vir die beplanning vir wins  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer (vanuit die uittreksel) ʼn toonaangewende Multinasionale Onderneming. • Uber  • Twitter  • Meta  (Enige 1 x 1) (1) 4.3.2 Gee EEN voordeel van ʼn Multinasionale Onderneming. • Dit is meer koste-effektief om plaaslik te produseer in plaas van om ʼn finale eindproduk uit te voer  • Produkte kan aangepas word na aanleiding van plaaslike inwoners se smake en behoeftes.  • Skep werksgeleenthede vir plaaslike inwoners  • Dra by tot plaaslike ekonomiese groei van die gasheerland.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte Antwoord.) (1) 4.3.3 Beskryf die begrip Multinasionale Onderneming. Multinasionale Ondernemings is internasionale maatskappye wat reg oor die wêreld ekonomies aktief is en funksioneer nie net binne hul eie land se grense nie.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.3.4 Verduidelik kortliks vryhandelsones. • Vryehandelsone is geografiese gebiede wat naby ʼn nasionale of internasionale lughawens geleë is waar produkte maklik ingevoer en uitgevoer kan word sonder die inmenging van doeane- owerhede.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.3.5 Ontleed die sosiale impak van globalisering op ontwikkelende lande. • Globalisering skep groter geleentheid vir ondernemings in minder ontwikkelde lande om toegang in groter markte wêreldwyd te kry.  • Besighede wat in ontwikkelende lande geleё is, het beter toegang tot kapitaalvloei, tegnologie, menslike kapitaal, goedkoper invoere en groter uitvoermarkte  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 15 4.4 Bespreek kortliks die vlak van ruimte kapasiteit in die industrie en indiensnemingsvlak as graad van elastisiteit van aanbod. Vlak van ruimtekapasiteit in die industrie • Waar ʼn bedryf onder volle produksiekapasiteit funksioneer en daar werklose hulpbronne is sal aanbod elasties wees.  • Die bedryf sal in staat wees om produksie redelik maklik uit te brei deur meer produksiefaktore aan te wend asook onbenutte bates soos masjinerie  in gebruik te neem.  Indiensnemingsvlak • Tydens volle indiensneming sal die aanbod van goedere en dienste onelasties wees.  • Aanbod sal toeneem wanneer produktiwiteit toeneem, maar in die korttermyn sal die toename in produksie nie veel wees nie.  • Aanbod in die plaaslike mark mag steeds elasties wees indien oorsese verskaffers van ander lande gevind kan word, maar dit kan tot betalingsbalansprobleme lei.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8) 4.5 Ondersoek die positiewe impak van globalisering op die Suid- Afrikaanse ekonomie. • Suid-Afrika was in staat om toegang het tot wêreldmarkte en internasionale forums te verkry deur die bestaan van globalisering.  • Die goed-ontwikkelde finansiële institute het gehelp om Suid-Afrika in ʼn gunstige posisie te plaas terwyl wêreldkrisisse ander ontwikkelende lande negatief beïnvloed het.  • Sekere ondernemings het grootliks gebaat by die toename in handel wat die gaping tussen ryk- en armlande vererger het. • Die fokus op kennis het toegeneem en die vraag na geskoolde en professionele arbeid het ook toegeneem.  • Dit het verhoogde inkomste vir geskoolde en vaardige werkers meegebring. (8) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal as volg geassesseer word. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE • Bespreek in detail die vraagverhoudinge met behulp van grafieke. (26 punte) • Ontleed die belangrikheid van relatiewe prys. (10 punte) INLEIDING (2) Vraagverhoudings bestaan wanneer twee of meer goedere gesamentlik (komplemente) of plaasvervangende produkte (substitute) aangewend word.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) HOOFGEDEELTE SUBSTITUTE • ʼn Substituut is ʼn ‘produk wat beskou word as ʼn alternatief om in dieselfde behoefte te kan bevredig.  • Goedere is substitute wanneer ʼn styging in die prys van een produk aanleiding gee tot die verhoogde vraag na die ander produk  • Die vraag na die produk word beïnvloed deur verandering in die prys van goedere en dienste  • Indien die prys van een produk verhoog is verbruikers geneig om minder van die spesifieke produk te koop aangesien hulle meer van die goedkoper substituut sal koop.  • Die vraag na produkte met nabye plaasvervangers is baie sensitief vir prysveranderinge van die produk  SUBSTITUTE Figuur A Figuur B Prys van botter Prys van margarien A1 V1 A V A V   P1 P1   P P A1 V1 A V A V 0 0 Q1  Q H  H1 Hoeveelheid botter Hoeveelheid margarien Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 17 • Die aanbod van botter daal vanaf AA na A1A1 en die prys van botter styg vanaf P na P1 terwyl hoeveelhede daal vanaf Q na Q1.  • Dit veroorsaak dat minder botter aangevra word en meer margarine aangevra word.  • Die vraag na margarine neem toe vanaf VV na V1V1, prys styg vanaf P na P1 en hoeveelhede aangevra neem toe vanaf Q na Q1.  • Indien die prys van botter styg gaan die hoeveelhede margarine aangevra ook toeneem aangesien verbruikers altyd geneig is om die goedkoper produk te koop a.g.v. begrotingbeperkings.  • Dus bestaan daar ʼn positiewe verhouding tussen die prys van ʼn bepaalde produk en die hoeveelhede gevra na sy substituut.  KOMPLEMENTE • ʼn Komplementêre produk word saam met ʼn verwante produk gebruik.  • Die twee produkte is komplementêr indien die gebruik van goed A die gebruik van goed B verg. bv. kopiedrukkers en inkpatrone  • Met komplementêre produkte, ʼn verandering in die prys van een sal ʼn verandering in die vraag na die ander een meebring.  • ʼn Verandering in die produksiekoste van kopiedrukkers a.g.v. tegnologiese vooruitgang sal veroorsaak dat kopiedrukkers teen laer pryse beskikbaar gestel word.  KOMPLEMENTÊRE PRODUKTE Figuur A Figuur B Prys van kopiedrukker Prys van inkpatrone V V V1 A A   A1 P1  P  P P1 A V1 A1 V A1 V 0 H  H1 0 H  H1 Hoeveelheid kopiedrukkers Hoeveelheid inkpatrone Puntetoekenning Verandering in vraag (Fig. B) en verandering in aanbod (Fig. A) = 1 punt elk (totaal = 2 punte) Verandering in prys in elke grafiek = 1 punt elk (totaal = 2 punte) Maks. = 4 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) • Die aanbod van kopiedrukkers neem toe vanaf AA tot A1A1 en die prys daal vanaf P tot P1 terwyl die hoeveelhede gevra toeneem vanaf H na H1.  • Die toename in hoeveelhede gevra vir kopiedrukkers sal ook aanleiding gee tot ʼn toename in die aanvraag na die komplementêre produk, naamlik ink.  • Die vraag vir ink neem toe vanaf VV tot V1V1 terwyl die prys dan sal styg vanaf P tot P1 en die hoeveelhede gevra sal toeneem vanaf H tot H1.  • Daar is ʼn negatiewe verhouding tussen die prys van ʼn produk en die vraag na die komplementêre produk.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) ADDISIONELE GEDEELTE • ʼn Relatiewe prys is die prys van ʼn kommoditeit in vergelyking met ʼn ander produk  • Relatiewe pryse is belangrik omdat dit die toewysing van hulpbronne in ʼn markekonomie beïnvloed indien die relatiewe prys van ʼn produk verhoog sal meer hulpbronne outomaties daarvoor toegewys word  • Begrip oor hoe hierdie veranderings die ekonomie affekteer is belangrik want dit beïnvloed noodsaaklike sosio-ekonomiese besluite wat gemaak moet word.  • Om relatiewe pryse te verstaan sal ons help om te verstaan hoe inflasie in ʼn markekonomie probleme kan veroorsaak.  • Hulle is belangrik vir besighede omdat dit die vraag oor wat om te produseer en hoe faktor insette in die produksie van die finale produk gebruik word aanspreek d.w.s hoe om te produseer.  • Relatiewe pryse tree op as waarskuwingseine oor surplusse en tekorte wat mag in die individuele mark ontstaan asook hoe om hulpbronne doeltreffend in die mark vir hul beste gebruik te allokeer.  • Hulle word deur verbruikers gebruik om te bepaal waar die beste winskopies verkry kan word en produsente sal poog om op die goedkoopste manier te produseer en ten duurste wil verkoop.  • Hul dui aan hoe goedkoper of duurder die een produk in vergelyking met die ander produk is.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) SAMEVATTING ʼn Produsent se vermoë om stukveranderings te maak word bepaal deur koste, beskikbaarheid en beweeglikheid van produksiefaktore.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte samevatting.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 19 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES • Bespreek in detail die probleme wat die omgewing bedreig. (26 punte) • Ontleed die belangrikheid om die omgewing te beskerm. (10 punte) INLEIDING Die omgewing is die fisiese omstandighede en toestande waarbinne lewende organismes leef en nie-lewende organismes funksioneer.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) HOOFGEDEELTE Natuurlike omgewingsverval  • Natuurlike omgewingsverval is die proses waardeur die omgewing op een of ander manier beskadig word soos bv. die afbreek van die biologiese diversiteit asook die algemene gesondheid van die omgewing.  • Natuurlike omgewingsverval sluit in die volgende toestande wat mag ontstaan a.g.v. uiterste weersomstandighede, ramptoestande en aansteeklike siektetoestande  • Vernietiging en die verlies aan natuurlike spesies asook natuurlike prosesse waar slegs sekere komponente van die oorspronklike biodiversiteit en ekologiese funksies nog bly voortbestaan.  • Die hoof impak van hierdie veranderinge is om eenvoudiger op aarde te leef en eenvoud is ook aan die verdwyn.  • Mense verander die natuur op drie verskillende maniere: o Deur die land en see te transformeer deur die skraap en skoonmaak van stukke grond; ontginning; ontbossing; weiding en treilvissery.  o Die toevoeging of verwyder bv. uitwissing van sekere spesies deur bv. verlies aan habitat of jagtery; die aanwesigheid van indringerspesies  o Verander die biogeochemiese siklusse van koolstof; water; suurstof en sintetiese chemikalieë  Omgewingsverval veroorsaak deur mense  • Meeste agteruitgang van die omgewing mag as gevolg van landbou-aktiwiteite; huishoudings en besighede wees want almal is besig om hul sosio-ekonomiese omstandighede te verbeter  • Hierdie aktiwiteite kan teenproduktief wees omdat mense nie regtig die natuurlike hulpbronbasis verstaan nie.  • Swak toepassing van eiendomsregte mag omgewingsverliese meebring soos in die geval van gemeenskapsweivelde, boomgewasse, waterbronne  • Mense is konstant besig met landbouaktiwiteite soos nywerheidsontwikkeling ontginning, stedelike ontwikkeling en plattelandse nedersettings,wat tot ontbossing, land- en waterdegradering sowel as lugbesoedeling lei  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2023) Armoede en omgewingsverval  • Armoede word as ʼn groot bedreiging vir die omgewing beskou aangesien swak gesondheidstoestande mense beperk om te kan produseer en ʼn inkomste te verdien  • Wanneer mense van dag tot dag moet oorleef raak hulle ongevoelig teenoor die natuur en sy hulpbronne  • Arm huishoudings in plattelandse gebiede maak dikwels staat op hout as ʼn bron van energie wat dus tot ontbossing aanleiding gee  • Om in staat te wees om te oorleef gaan mense oor tot die ontwikkeling van groentetuine, ruimte vir behuising en plantasies hulle maak gebruik van die omgewing sonder om die omgewing weer aan te vul  • Mense is dikwels swak toegerus met die nodige vaardigheid om met omgewingsverval en die gevolge daarvan te deel  Landbou-ontwikkeling en ontbossing  • Landbou-uitbreiding en boomplantasies asook kommersiële aktiwiteite is ʼn bedreiging vir natuurlike hulpbronne  • Landbou-ontwikkeling benodig groot stukke grond wat verder ontwikkel moet word om sodoende in die behoefte aan voedsel te vir ʼn groeiende bevolking voorsien  • Dit gee altyd aanleiding tot ontbossing; gronderosie en grongdegradering asook desertifisering en verskeie vorms van lug-en waterbesoedeling  • Plaasgrond is dikwels die oorsaak van 80% ontbossing, plaasboere doen weg met boomplantasies om te dien as weiveld of vir plangebied vir sojabone en palmolie asook om grond skoon te skrap vir familie kleinhoewes  • Landbou is een van die grootse redes agter ontbossing want daar moet geplant word vir beide mens en dier  Grondverval  • Grondverval is nie in lyn met gehalte, verbruik en produktiwiteit nie.  • Dit word veroorsaak deur veelvuldige magte insluitend uiterste weersomstandighede, veral droogtes  • Dit is ook menslike optredes en aktiwiteite wat tot besoedeling of die afgradering in die gehalte van die grond en grondverbruik bydra  • Indien grond nie effektief en doeltreffend aangewend word nie kan dit deur ontbossing, gronderosie, onvrugbare grond en vloede erodeer  • Bogenoemde is dikwels die redes waarom daar jaarliks al minder suksesvolle oeste is en al minder weiding vir diere is  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) EKONOMIE V2 21 Nywerheidsontwikkeling, mynbou en omgewingsverval.  • Industriële prosesse dra by tot water, lug en grondbesoedeling.  • Een van die grootste faktore wat bydra tot hoë besoedelingsvlakke in Suid-Afrika is die land se olie-raffinaderye wat hoë vlakke van sulfaatdioksied  en nog vele ander chemiese afvalstowwe wat uiters giftig is en gesondheidsprobleme meebring.  • Kweekhuisgasse as gevolg van motors se uitlaatgasse asook die van fabrieke, groot vee voorraad mag verwoestende gevolge op die klimaat van die land hê.  • ʼn Effense verhoging in wêreldtemperature is ʼn direkte gevolg van kweekhuisgasse wat uiterste weersveranderinge tot gevolg het en aanleiding gee tot voedsel- en watertekorte asook vloede.  • Besoedeling van mynaktiwiteite dra direk tot waterbesoedeling in Suid-Afrika by.  • Ontginning het ook ʼn negatiewe effek op die natuur a.g.v. erodering; gronderosie, motorspore en verlate masjinerie en toerusting.  Menslike nedersetting, verstedeliking en omgewingsagteruitgang • Plattelandse migrasie help om druk op die plattelandse omgewing te verlig, maar dit plaas weer druk op stedelike gebiede soos die vraag na beskikbare grond.  • Onbeplande informele nedersettings is een van die gevolge van grootskaalse migrasiepatrone vanaf die platteland na die stad.  • Stormwater wat nie dreineer nie is ʼn algemene probleme in onbeplande nedersetting weens die gebrek aan naamborde en dreinering het gelei tot minder opgevoede en ouer arbeidsmag wat van die landbou afhanklik is.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maksimum van 2 punte vir slegs genoem en voorbeelde.) ADDISIONELE GEDEELTE • Om die omgewing te beskerm is die grondslag vir die beskerming van die planeet, die gemeenskap en die ekonomie omdat dit die ekosisteem huisves  en ondersteun deur dit toe te laat om te groei en te floreer.  • Indien ons nie daarin slaag om die omgewing te beskerm nie sal dit negatiewe gevolge inhou vir mens, plant, dier en meer.  • Omgewingsbewaring dra by tot die gesondheid van mens en die planeet.  • Beskerming van die omgewing is uiters belangrik want omgewingsverval kan nie ongedaan gemaak word nie. Dit sal honderde jare neem om dit reg te maak en dit is baie gevaarlik vir mens en dier.  • Gehalte natuurlike omgewing is nodig om in basiese behoeftes van skoon lug en water, vrugbare grond en voedselproduksie te voorsien.  • Ons moet ons natuurlike hulpbronne beskerm en bewaar aangesien dit belangrik is om ʼn groener en skoner omgewing aan die lewende organismes te verskaf.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (10) SLOT Dit is belangrik om die misbruik van natuurlike hulpbronne te stop maar om die aardoppervlakte doeltreffend te gebruik want so spoedige verbruik kan nie meer deur die aarde verdra word nie. Die doelwitte kan deur volhoubare ontwikkeling bereik word.  (2) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all