Skip to content

Economics Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

MemorandumEconomicsGrade 11202522 pages

Grade 11 Economics memorandum from the Eastern Cape November Exam 2025, 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2025

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2025 EKONOMIE V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) AFDELING A: (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 D – Ekonomiese goedere  1.1.2 A – Bruto nasionale produk  1.1.3 B – Prysstelsel  1.1.4 C – Industrieë  1.1.5 C – Bruto Binnelandse Produk  1.1.6 D – Armoedegrens  1.1.7 B – Produktiwiteit  1.1.8 A – Debietkaart        (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 C – Die verkryging of aankoop van goedere en dienste  1.2.2 E – Die bekendstelling van geld in die ekonomiese kringloop  1.2.3 A – Programme en aktiwiteite wat ontwerp is om die welstand en lewensgehalte van individue te verbeter. 1.2.4 G – Geld wat gebruik word om betalings tussen lande te maak  1.2.5 B – Opgehoopte bates vir die skep van inkomste  1.2.6 H – Die aantal jare wat mense verwag om te leef. 1.2.7 D – Bestaan wanneer die land genoeg voedsel produseer om sy bevolking te voed  1.2.8 F – Geld wat deur die wet goedgekeur is en wat as betaling aanvaar moet word  (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 3 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Huur  1.3.2 Intermediệre goedere  1.3.3 Markmislukking  1.3.4 Gini-koёffisiёnt  1.3.5 Inheemse kennisstelsel  1.3.6 Bankmislukking  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) AFDELING B VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om die Bruto Binnelandse Produk te bereken. • Inkomste metode  • Produksiemetode  • Bestedingsmetode  ( 2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word eiebelang as ʼn nadeel in die mark-ekonomie gesien? • Maatskappye kan winste bo werkersregte prioritiseer wat tot uitbuiting kan lei.  • Besighede wil wins maak, terwyl verbruikers maksimum nut wil hệ.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die organisasie wat nasionale rekeninge inligting publiseer vanuit die uittreksel. Stats SA  (1) 2.2.2 Noem die metode, vanuit die tabel hierbo, wat gebruik word om die BBP te bereken. Inkomste metode  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die term huidige pryse. Huidige pryse is pryse wat geen verandering aan inflasie maak nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Verduidelik die impak van inkomste op verbruikersbesteding. • Wanneer inkomste styg, is verbruikers geneig om meer aan goedere en dienste te bestee, aangesien hulle meer besteebare inkomste beskikbaar het.  • Omgekeerd, wanneer inkomste daal, is verbruikers geneig om hul besteding te verminder, aangesien hulle minder besteebare inkomste beskikbaar het.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 5 2.2.5 Bereken die bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse (B). Toon ALLE berekeninge 3 488 407 + 81 531 – 9 380  = 3 560 558  (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer ʼn beeld wat verwant is aan Transnet uit die beelde hierbo. Beeld 2  (1) 2.3.2 Noem die staatsbeheerde onderneming wat verantwoordelik is vir die handhawing en opgradering van nasionale padnetwerke. SANRAL / Suid Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk  (1) 2.3.3 Verduidelik kortliks die term infrastruktuur. Dit is basiese geriewe wat nodig is om die ekonomie en die land te bedryf / fundamentele stelsels en strukture wat die funksionering van die samelewing, ekonomie of organisasies ondersteun. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)  (2) 2.3.4 Verduidelik die voordele van investering van meer geld in die openbare vervoer. • Verminder die aantal motors op die pad, wat tot minder verkeersopeenhoping lei.  • Die aanmoediging van die gebruik van busse en treine bo persoonlike vervoer, verminder koolstofvrystellings en dra tot ʼn skoner omgewing by.  • Verbeter toegang tot werksgeleenthede en dienste wat plaaslike ekonomieё bevorder.  • Openbare vervoer bied bekostigbare en toeganklike vervoeropsies, wat mobiliteit vir lae-inkomste individue verbeter.  • Verhoging van befondsing vir openbare vervoer vir alle burgers te verbeter, en bevorder ekonomiese groei, omgewingsvolhoubaarheid en verbeterde lewensgehalte  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 2.3.5 Ondersoek die belangrikheid van ʼn betroubare energieverskaffer vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. • ʼn Stabiele energievoorraad is noodsaaklik vir vervaardiging, dienslewering en tegnologiese vooruitgang, ens  • Dit stel besighede in staat om doeltreffend te funksioneer, verminder bedryfskoste.  • ʼn Betroubare energievoorsiening in Suid-Afrika help besighede om effektief mee te ding in die globale mark, wat die risiko van kragonderbrekings en ontwrigtings verminder.  • Betroubare energievoorsiening help om beleggings te lok, werksgeleenthede te skep en ekonomiese groei te stimuleer.  • Deurlopende toegang tot energie stel huishoudings in staat om basiese dienste soos verhitting, beligting en kookkuns te geniet, wat noodsaaklik vir welstand en produktiwiteit is.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek die klassifisering van bruto vaste kapitaalvorming. • Daar is drie maniere hoe kapitaalvorming (beleggings) geklassifiseer kan word, naamlik die soort ekonomiese sektor, soort organisasie en die soort bate.  • Die soort ekonomiese sektor toon hoe geld in die primệre, sekondệre en tersiệre sektor belệ word.  • Klassifikasie van ekonomiese sektor help identifiseer beleggings tendense en patrone in verskillende sektore.  • Soort organisasies toon beleggings gemaak deur die algemene regering (regeringsdepartemente), openbare korporasies en private besighede en nie-winsgewende organisasies.  • Soorte organisasies klassifikasie voorsien waardevolle insigte in strukture en prestasie van die ekonomie.  • Soorte bates toon die geld wat in verskillende soorte bates belệ is, bv. geboue, vervoer, toerusting, masjinerie, infrastruktuur.  • Soorte bates klassifikasie voorsien waardevolle insae in die struktuur en prestasie van die ekonomie.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 7 2.5 Analiseer Suid-Afrika se huidige posisie in lewering van sosiale dienste. • Ongeveer 94,4% van Suid-Afrika se bevolking het toegang tot basiese drinkwaterdienste wat verbeterde waterbronne soos pypwater, boorgatte en beskermende fonteine insluit.  • Toegang tot skoonwater verskil aansienlik tussen plattelandse en stedelike gebiede, met plattelandse gebiede wat dikwels meer uitdagings in die gesig staar as gevolg van ʼn tekort aan infrastruktuur.  • Die land ervaar steeds ʼn groot gedeelte van huishoudings sonder ordentlike sanitasiefasiliteite.  • Sosiale dienste soos toelae, gesondheidsorg en onderwys is wyd beskikbaar wat ʼn groot gedeelte van die bevolking dek.  • Tekort van instandhouding en herstelwerk deur munisipaliteite verminder die beskikbaarheid van funksionele dienste.  • Voorheen benadeelde mense is opgehef deur maatskaplike dienste te verskaf (soos behuising, onderwys, mediese dienste, basiese dienste soos water en elektrisiteit) aan die armes.  • Styging in onderwys en opleiding vermeerder geletterdheid en die verbetering van volwassenes se geletterdheid, bv. bou van skole, kolleges, universiteite en tecnikons.  • Gesondheidsorg sluit nou gratis gesondheidsorg in vir almal wat nie ingesluit is in die NGV-wet wat onlangs deur die President geteken was.  • Die Nasionale Gesondheidsversekeringsprogram (NGVP) is ʼn belangrike stap om te verseker dat alle burgers toegang tot gesondheidsorg het, ongeag van hulle inkomste of sosiale status.  • Oordragbetalings word gemaak om te verseker dat die gemarginaliseerdes hul basiese dienste en behoeftes kan bekostig.  • Die land ervaar ernstige onvoldoende infrastruktuur wat effektiewe dienslewering belemmer.  • Beduidende verskille bestaan in dienslewering tussen stedelike en landelike gebiede, met landelike gebiede wat dikwels onvoldoende dienste ontvang.  • Die staat slaag nie daarin om sy teikens te bereik met betrekking tot staatspensioene, ongeskikheidstoelaes, ens., weens onvoldoende befondsing of begrotingstoewysings.  • Die staat staar tans die werklikheid in die gesig van te veel eisers en te min belastingbetalers, wat finansiële druk op die regering plaas en die belastingslas op bestaande belastingbetalers verhoog.  • SA het lae vlakke van geletterdheid in plattelandse gebiede wat laer indiensnemingsvlakke veroorsaak.  • Sommige plattelandse gemeenskappe het steeds ʼn tekort aan lopende water, basiese sanitasie en infrastruktuur.  • Daar is hospitale wat ʼn probleem met watervoorsiening het, en dit is ʼn aanduiding van swak dienslewering aan die publiek.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)(4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE bronne van rykdom. • Spaar  • Erfgeld  • Geskenke  • Geluk (2 x1) (2) 3.1.2 Waarom sukkel ontwikkelende lande om beduidende groei te bevorder? • Ontwikkelende lande het dikwels nie ʼn geskoolde, produktiewe werksmag wat verhoed dat produksie toeneem nie.  • Ontwikkelende lande het dikwels ʼn tekort aan kapitaalbeleggings wat minder produksie veroorsaak van hoë-kwaliteit produkte vir uitvoere.  • ʼn Tekort aan infrastruktuur kan direkte buitelandse belegging verhoed.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer enige EEN regstellende metode, vanuit die uittreksel hierbo, wat gebruik is om rykdom te verdeel. • Sosiale toelae  • Progressiewe belastingstelsel  • Regstellende aksie  • Bree-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging  (1) 3.2.2 Noem EEN voorbeeld van voordele in natura. • Gesondheidsorg  • Onderwys  • Skoolvoeding/maaltye  • Beskerming  (1) 3.2.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese ongelykheid. Verwys na die ongelyke verspreiding van inkomste en welvaart binne ʼn samelewing of tussen verskillende groepe.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Onderskei tussen grondherverdeling en grondrestitusie. Grondherverdeling fokus op grond vir residensiële en produksieplase vir voorheen benadeelde groepe/terwyl grondrestitusie die teruggee van grond is aan die wat dit verloor het gedurende diskrimenerende wette van die verlede. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 9 3.2.5 Ondersoek die uitdagings wat met die implementering van Breẽ- Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) geassosieer word. • Baie mense/besighede verstaan nie die doelwitte en vereistes van BBSEB ten volle nie.  • Sommige maatskappye beweer valslik dat hulle aan BBSEB vereistes voldoen, wat die beleidsbedoeling ondermyn  • Beperkte toegang tot fondse vir swart-beheerde besighede.  • Baie swart-beheerde besighede kort die nodige vaardighede en kapasiteit om werklik mee te ding.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer ʼn ekonomiese uitdaging van ontwikkelende lande uit die inligting hierbo. • Lae lewenstandaard  • Hoë armoedekoers  • Onveilige omgewings  (1) 3.3.2 Noem die internasionale organisasie wat die MOI gebruik om ekonomiese ontwikkeling te meet. Verenigde Nasies  (1) 3.3.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. Ekonomiese ontwikkeling is die verbetering van die materiële lewensgehalte sodat mense meer goedere en dienste het om te verbruik/ verwys na die verbetering van die lewenstandaard van die land se bevolking.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.4 Wat dui die Menslikontwikkelingsindeks se telling naby een aan? Die benadering van die MOI tot een dui op beduidende vooruitgang en welstand binne ʼn bevolking  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 X 2) (2) 3.3.5 Waarom het ontwikkelde lande ʼn hoë aanbod van geskoolde werkers? • Die ontwikkelde lande investeer baie geld in onderwys en beroepsgerigte opleiding, wat ʼn werkerskorps met gevorderde vaardighede toerus.  • Toegang tot kwaliteit onderwys, van vroeë kinderontwikkeling verseker ʼn sterk grondslag vir vaardigheids ontwikkeling.  • Ontwikkelende lande het ʼn sterk navorsing en ontwikkelingssektor wat gereelde geleenthede vir profesionele groei en innovering bied.  • Gevestigde industrieë in ontwikkelende lande lok individue met vaardighede, soos besighede strewe om hulle produktiwiteit en ekonomiese groei te bevorder.  • Sommige ontwikkelende nasies het vriendelike immigrasie beleide wat opgeleide werkers van regoor die wệreld lok.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 X 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 11 3.4 Verduidelik kortliks die hoë vlakke van werkloosheid en gebrekkige infrastruktuur as eienskappe van ontwikkelende lande. Hoẽ vlakke van werkloosheid • Werkloosheidsvlakke in ontwikkelende lande is hoog as ekonomieë nie voldoende werksgeleenthede kan skep nie. veral vir die wat ongeskoold is.  • In sommige ontwikkelende lande, is geletterdheidssyfers baie laer as die in meer gevorderde lande en baie meer mense verlaat die skool voordat hulle Graad 12 voltooi.  • Baie ontwikkelende lande het misluk om werkers op te lei met die vaardighede om die poste te vul wat in ʼn tegnologiese ekonomie beskikbaar is  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) Maks. 4 Gebrekkige infrastruktuur • ʼn Groot probleem in meeste ontwikkelende lande is dat infrastruktuur soos paaie, kragopwekkingfasiliteite en kommunikasiestelsels is dikwels nie beskikbaar of swak onderhou. • Hierdie gebrek aan infrastruktuur lei tot swak toegang tot markte.  • Swak infrastruktuur beperk ekonomiese groei.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) Maks. 4 3.5 Met behulp van ʼn goed gemerkte Lorenz-kurwe, verduidelik die inkomste- verspreiding in ʼn land met hoẽ vlakke van inkomste-ongelykhede. Toekenning van punte: • Etikettering van die asse = 1 Punt • Korrekte tekening en benoeming van gelykheidslyn = 1 Punt • Aanduiding van groot ongelykheidsgaping/gebied van ongelykheid = 1 Punt • Korrekte tekening van die werklike Lorenz-kromme (Maks. 4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) • Die gaping tussen die lyn van gelykheid en die Lorenz-kurwe verteenwoordig die area van ongelykheid.  • Die Lorenz-kurwe (onderste kurwe) verteenwoordig die werklike verspreiding van inkomste, wat ongelyk is in hierdie geval.  • Die grootste/wydste gaping tussen die perfekte lyn van gelykheid en die Lorenz-kurwe, illustreer die inkomste-ongelykheid.  • Hierdie verskil weerspieël die mate waarin rykdom en hulpbronne in die hande van ʼn klein gedeelte van die land se bevolking gekonsentreer is.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 13 VRAAG 4: MAKRO EKONOMIE & EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE vorm van vervoer infrastruktuur. • Lugvervoer  • Watervervoer  • Padvervoer  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 X 1) (2) 4.1.2 Hoe word inkomste per kapita gebruik om ekonomiese ontwikkeling te meet? • Inkomste per kapita word gebruik om die gemiddelde inkomste wat elke persoon verdien, te meet.  • Dit help met evaluering van algehele ekonomiese gesondheid van ʼn land deur rykdom/inkomste wat verdeel word onder sy mense.  • Hoër inkomste per kapita dui dikwels op verbeterde lewenstandaarde, beter toegang tot onderwys en gesondheidsorg.  • Laer inkomste per kapita dui op ekonomiese uitdagings en ʼn lae lewenstandaard.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 X 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die naam wat gekoppel is aan ʼn sentraal beplande ekonomie uit die spotprent hierbo. Sosialisme (1) 4.2.2 Noem EEN regeringsverantwoordelikheid in ʼn gemengde ekonomie, soos genoem in die uittreksel hierbo? Om billikheid en gelykheid te bevorder / om inkomste-ongelykheid te verminder.  (1) 4.2.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese stelsel. ʼn Ekonomiese stelsel is ʼn raamwerk wat die produksie, verspreiding en uitruil van goedere en dienste in ʼn land reguleer / Dit bepaal hoe hulpbronne geallokeer word en hoe ekonomiese besluite geneem word.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 4.2.4 Verduidelik mededinging as een van die voordele van ʼn markekonomie. • Voltooiing lei tot nuwe idees, wat besighede beter en meer doeltreffend laat werk.  • Mededinging dryf besighede om te ontwikkel en te innoveer, wat uiteindelik tot verbeterde opsies vir verbruikers lei.  • Hoe meer produsente daar in ʼn bedryf is, hoe meer keuse sal daar vir verbruikers wees.  • Mededinging help met laer pryse vir verbruikers omdat baie besighede probeer om kliënte te wen in die mark.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2.5 Hoe kan dienslewering in Suid-Afrika verbeter word. Dienslewering in Suid-Afrika kan verbeter deur; • die vestiging van duidelike aanspreeklikheidmeganismes vir openbare amptenare en diensverskaffers.  • betrek gemeenskappe by besluitneming om terugvoer in te samel en dienste aan te pas by plaaslike behoeftes.  • belệ in opleiding vir werknemers in die openbare dienste om hul vaardighede te verbeter en dienslewering te verbeter.  • prioritisering van gebiede met die grootste behoeftes aan gebalanseerde ontwikkeling.  • monitering van dienslewering uitkomste en evaluering van programme vir verbetering deur van datagedrewe insigte gebruik te maak.  • gebruik tegnologie om prosesse te stroomlyn en toegang tot dienste te verbeter, want aanlynplatforms vereenvoudig hoe inwoners dienste aanvra en ontvang.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 15 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer enige EEN hooffaktor vir stadige groei uit die uittreksel hierbo. Dalende vaste belegging  (1) 4.3.2 Noem die mees belangrikste aanwyser wat ʼn land gebruik om ekonomiese groei te meet. Reёle BBP /BBP  4.3.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese groei. Ekonomiese groei is die styging in die produksiekapasiteit van die ekonomie oor ʼn sekere periode van tyd.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Hoe kan rykdom gegenereer word deur te spaar? • Deur geld te spaar help mense om kapitaal op te bou wat hulle kan belệ om opbrengste te verdien.  • Spaargeld bied die middele om in bates te belệ wat in waarde toeneem of inkomste genereer.  • Spaargeld kan rente verdien wat belệ kan word om meer rykdom te genereer.  • Gereelde spaar van ʼn gedeelte van inkomste help om finansiële sekuriteit te bou en skep geleenthede vir welvaartgroei, soos om onderwys te finansier of ʼn huis te koop.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 X 2) (2) 4.3.5 Waarom is ekonomiese groei noodsaaklik (belangrik) om armoede te verminder? • Wanneer die ekonomie groei, sal besighede hulle produksie uitbrei en nuwe besighede sal onstaan wat tot werkskepping lei.  • Ekonomiese groei vermeerder mense se inkomste, styging in vraag vir goedere en dienste wat armoede verminder.  • Ekonomiese groei genereer belastinginkomste wat gebruik kan word om sosiale programme te befonds en dienste aan die armes te lewer.  • Ekonomiese groei kan tot verhoogde belegging in onderwys, gesondheidsorg en verbetering van produktiwiteit en indiensneembaarheid lei.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 4.4 Verduidelik kortliks die ekonomiese belangrikheid van die tersiệre sektor. • Die tersiệre sektor is die grootste bydraer tot die BBP, met meer as 65% van die waarde van die BBP.  • Baie klein besighede in Suid-Afrika is in die tersiệre sektor, en dit dui aan dat die sektor se bydrae van alle vlakke kom.  • Die tersiệre sektor is die grootste werkverskaffer onder al die sektore van die ekonomie.  • Alle soorte arbeid naamlik, geskoold, half-geskoold en ongeskoold word in diens geneem in hierdie sektor.  • ʼn Groot aantal dienste word uitgevoer deur tersiệre sektor bv. versekering, vrag, kommunikasie, ens.  • Hierdie dienste maak produkte beskikbaar aan verbruikers, bv. kleinhandeldienste.  • Firmas in die tersiệre sektor dra tot die regeringsinkomste by soos hulle belasting betaal.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (8) 4.5 Analiseer HOP en JIPSA as Suid-Afrikaanse pogings (ontwikkelings- strategieë) om ekonomiese ontwikkeling te verbeter. • Die Heropbou-en Ontwikkelingsprogram (HOP) het armoede verminder deur basiese dienste soos behuising, water en elektrisiteit te voorsien.  • Die HOP het gepoog om maatreëls te kombineer om die ekonomie te versterk, soos om fiskale besteding te beperk, belasting te verlaag en staatskuld te verminder.  • Die HOP was ontwerp om bekostigbare behuising aan lae inkomste families te voorsien wat sekuriteit en basiese infrastruktuur voorsien.  • Ongeveer 3 miljoen lae-kostebehuising was gebou en aan arm huishoudings voorsien.  • Gesamentlike Inisiatief Verkryging van Prioriteitsvaardighede Initiatiewe (JIPSA) was geloods in 2006 om die vaardigheidstekorte en ekonomiese ontwikkeling te bevorder.  • JIPSA was daarop gemik om kritieke vaardigingstekorte in sleutelsektore soos, ingenieurswese, inigtingtegnologie en ambagslui te identifiseer.  • JIPSA verhoog opleidingsgeleenthede vir Suid-Afrikaners.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 17 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE– TOEKENNING Inleiding • ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. • Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun. • Moenie enige gedeelte van die vraag by die inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit nie. • Vermy om in die inleiding te sệ wat jy gaan bespreek in die liggaam Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek krities / Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Ondersoek/Verduidelik/ Assesseer/Debateer. Maks. 26 Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Krities evalueer/Teken ʼn grafiek en verduidelik /Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Vergelyk/ Verduidelik /Onderskei/Interpreteer/kortliks debatteer Maks. 10 Slot Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit: • ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om die feite wat reeds genoem is te herhaal • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk • ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig. • Aanbevelings Maks. 2 TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail entrepreneursvaardighede as ʼn produksiefaktor. (26 punte) • Ondersoek die positiewe effek van kapitaalverdieping. (10 punte) INLEIDING Entrepreneurskap is die proses om natuurlike hulpbronne, kapitaal en arbeid byeen te bring en dit te gebruik om te produseer of produkte en dienste te verkoop.  (Aanvaar enige relevante korrekte inleiding) (Maks. 2) LIGGAAM: HOOFGEDEELTE Demonstreer inisiatief  • Entrepreneurs neem inisiatief om ʼn besigheid te begin en uit te brei.  • Hulle kom op met besigheidsidees om wins te maak in die mark.  • Geen entrepreneur moet ʼn besigheid begin tensy hulle genoeg navorsing gedoen het om uit te vind of die besigheidsidee suksesvol sal wees.   Neem risiko’s  • In ʼn markekonomie, die entrepreneur is die persoon wat risiko’s neem.  • Die entrepreneur is verantwoordelik vir al die verliese as die besigheidsidee misluk of as dit bankrot raak.  Verseker dat produksie plaasvind  • Deur alle ander produksiefaktore te kombineer, word verseker dat goedere wat gebruik word om menslike behoeftes en begeertes te bevredig, geproduseer word.  Skep werksgeleenthede  • Groot en klein besighede skep werkgeleenthede vir arbeid, wat ʼn belangrike produksiefaktor is.  • Baie klein ondernemings neem dikwels slegs een eienaar indiens, daarom kan entrepreneurskap ʼn bron van self-indiensneming wees.  • Dit neem die afhanklikheid van iemand weg om werk te skep.  Verseker produktiwiteit word behaal  • Entrepreneurs moet vereker dat die produksiefaktore korrek gebruik word in vervaardiging van goedere en dienste. Indien hulle nie effektiwiteit verseker nie gaan hulle verliese lei.  • Effektiwiteit in produksie kan tot ekonomiese groei lei.  Kapitaalvorming  • Entrepreneurs maak dikwels winste, waarvan hulle dikwels ʼn deel spaar. • Hierdie spaargeld word as lenings aan firma’s beskikbaar gestel vir die aankoop van kaptaalgoedere.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 19 Neem besluite  • Entrepreneurs neem besluite oor wat om te produseer, waar om besighede op te rig en vir wie produseer moet word.  Ekonomiese groei  • Suksesvolle entrepreneurs moedig ekonomiese groei aan omdat hulle meer besighede/ondernemings stimuleer.  (Allokeer ʼn maksimum van 8 punte vir opskrifte /onder-opskrifte/ voorbeelde) (Maks. 26) ADDISIONELE GEDEELTE Kapitaalverdieping het die volgende positiewe effekte: • Kapitaalverdieping lei tot styging in produktiwiteit, want werkers het toegang tot beter gereedskap en tegnologie.  • Soos produktiwiteit vermeerder, sal besighede in staat wees om hoër lone te betaal wat tot verhoogde lewenstandaarde lei.  • Kapitaalverdieping kan effektiwiteit verbeter wat tot verbeterde kwaliteit van goedere en dienste lei.  • Besighede wat in kapitaalverdieping belệ, kan voordeel trek uit ekonomie van skaal.  • Meer kapitaal kan meer goedere en dienste produseer wat tot ekonomiese groei lei. • Met kapitaalverdieping kan besighede meer mededingend in die mark word.  (ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde) (Maks. 10) SLOT Deur entrepreneurskap kan regerings en beleidsmakers ekonomiese ontwikkeling bevorder, wat werksgeleenthede en verhoogde lewenstandaarde skep.  (Aanvaar enige ander relevante hoë-orde slot.) (Maks. 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
20 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank as ʼn sentrale bank (26 punte) • Hoe sal die goewerneur van die Reserwe Bank die monetệre beleid gebruik om die hoeveelheid geld van ʼn land te beinvloed? (10 punte) INLEIDING Die Suid-Afrikaanse bankstelsel is goed ontwikkeld en word effektief gereguleer, bestaan uit ʼn sentrale bank, verskeie finansiële instellings en beleggings instansies. (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding)  (Maks. 2) LIGGAAM: HOOFGEDEELTE Bank van uitgifte  • Die sentrale bank het die mag om geld uit te reik en die land se geldeenheid te reguleer.  • Dit verseker dat die behoorlike verskaffing van valuta-note en munte in die ekonomie, handhawing van hul integriteit, sekuriteit en gehalte.  • Die sentrale bank bestuur die sirkulasie, verspreiding en onttrekking van die geldeenheid om te verseker dat daar genoeg geld is om aan die vraag van die ekonomie te voldoen.  Tree op as bankier van die staat  • Die sentrale bank tree op as ʼn bankier vir die regering deur verskeie bankdienste aan te bied.  • Dit bestuur die regering se rekeninge, prosesseer betalings en ontvangstes namens die regering en doen transaksies met betrekking tot die regering se skulduitreiking en - bestuur.  • Die regering tree dikwels op as fiskale agent vir die regering, help hulle met die insameling van fondse deur middel van die verkoop van skatkiswissels, effekte en ander staatseffekte.  Bewaarder van goud en buitelandse valuta  • Sentrale banke is verantwoordelik vir die bestuur van ʼn land se buitelandse valuta reserwes.  • Hierdie reserwes tipies bestaan uit buitelandse geldeenhede en ander internasionale aanvaarbare bates.  • Die sentrale bank tree op as die bewaarder van hierdie reserwes om hul veiligheid en likiditeit te verseker.  • Dit bestuur die koop en verkoop van buitelandse geldeenhede om wisselkoers- stabiliteit te handhaaf, ondersteun internasionale handel en bestuur die betalingsbalans skommelinge te verseker.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 21 Bankier van ander banke  • Die sentrale bank tree ook op as bankier van banke of uitlener in laaste instansie. • Dit voorsien noodsaaklike dienste aan handelsbanke en ander finansiele instellings.  • Banke handhaaf rekeninge met die sentrale bank, wat as ʼn verrekeningshuis vir interbank transaksies optree.  • Dit stel en implementeer monetệre beleid, reguleer en hou toesig oor banke en voorsien nood-likiditeite ondersteuning aan banke wat moontlike likiditeite of krississe tekorte in die gesig staar.  • Die sentrale bank tree ook op as bewaarplek vir bankreserwes, stel reserwes vereistes en implementeer ope-marktransaksies om geldvoorraad en rentekoerse te bestuur.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Allokeer ʼn maksimum van 8 punte vir opskrifte/onder-opskrifte/ voorbeelde) (Maks. 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
22 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) ADDISIONELE GEDEELTE: Hoe sal die goewerneur van die Reserwe bank die monetệre beleid gebruik om die hoeveelheid geld van die land te beϊnvloed? Die SARB kan die hoeveelheid geld in ʼn land beϊnvloed deur: • verhoging of vermindering van die repokoers om leenkoerse en geldvoorraad te beinvloed.  • verlaging van rentekoerse wat lenings kan en geldvoorraad verhoog.  • vermeerdering van rentekoerse wat lenings en geldvoorraad kan verminder.  • koop van staatssekuriteite om geld in die finansiële stelsel in te stoot • aanpassing van die reserwe vereistes vir kommersiële banke wat die bedrag wat hulle kan uitleen, beϊnvloed.  • verkoop van regeringssekuriteite om geld van die finansiële stelsel te absorbeer.  • aanpassing van reserwe vereistes vir kommersiele banke te beinvloed die bedrag geld wat hulle kan leen.  • verlaging van reserwevereistes wat tot meer lenings deur handelsbanke kan lei.  • verhoging van reserwe vereistes wat lenings en geldvoorraad kan veminder.  • die geldvoorraad te verminder deur geld uit die ekonomie te onttrek.  • die afkoeling van die ekonomie deur die geldvoorraad tydens inflasie te verminder.  • banke te oortuig om meer versigtig te wees wanneer hulle lenings aan hul kliënte toestaan.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (ʼn Maksimum van 2 punte kan allokeer word vir blote opnoem van feite/voorbeelde) (Maks. 10) SLOT Die SARB speel ʼn belangrike rol in die handhawing van ekonomiese stabiliteit, bevorder groei en die versekering van ʼn gesonde finansiẽle stelsel in Suid-Afrika.  (Aanvaar enige korrekte relvante slot) (Maks. 2) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all