Skip to content

Economics Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202514 pages

Grade 11 Economics question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2025

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2025 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Beantwoord die vrae in volsinne. Die formaat, inhoud en die konteks van jou antwoorde moet aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 6. Lees AL die vrae aandagtig deur. 7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B. 1.1.1 Die hulpbronne/goedere wat skaars is en waarvoor mense bereid is om te betaal staan as … bekend. A vrye goedere B nie-hernubare goedere C hernubare bronne D ekonomiese goedere 1.1.2 Die waarde van die finale uitset wat geproduser word deur inwoners van ʼn land ongeag waar hulle gevestig is oor ʼn gegewe tydperk. A Bruto nasionale produk B Bruto binnelandse produk C Bruto binnelandse besteding D Bruto kapitaalvorming 1.1.3 In ʼn markekonomie staan die belangrikste krag in die verspreiding van goedere en dienste as … bekend. A mededinging B prysstelsel C regering D openbare sektor 1.1.4 ʼn Groep maatskappye of organisasies wat soortgelyke goedere of dienste produseer, staan as … bekend A ekonomiese strukture B primêre sektore C industrieë D sekondêre sektore 1.1.5 Ekonomiese groei word gemeet en uitgedruk in terme van reële … A bruto nasionale produk. B bruto waarde toegevoeg. C bruto binnelandse produk. D bruto nasionale inkomste. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 1.1.6 Die minimum inkomstevlak wat nodig is om in basiese behoeftes te voorsien en armoede te vermy. A Armoede B Armoedegaping C Absoluut armoede D Armoedegrens 1.1.7 Die verhouding tussen die hoeveelheid insette wat gebruik word en die hoeveelheid goedere en dienste wat produseer word. A Produksie B Produktiwiteit C Arbeidsproduktiwiteit D Optimale mengsel 1.1.8 ʼn Kaart wat gebruik word om fondse elektronies uit ʼn kaarthouer se rekening te onttrek of om vir goedere by besighede te betaal, staan as ʼn …-kaart bekend. A debiet B krediet C bank D geskenk (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 5 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Verkryging A programme en aktiwiteite wat ontwerp is om die welstand en lewensgehalte van individue te verbeter 1.2.2 Inspuitings B opgehoopte bates vir die skep van inkomste 1.2.3 Sosiale dienste C die verkryging of aankoop van goedere en dienste 1.2.4 Buitelandse valuta D bestaan wanneer die land genoeg voedsel kan produseer om sy bevolking te voed 1.2.5 Rykdom E die bekendstelling van geld in die ekonomiese kringloop 1.2.6 Lewensverwagting F geld wat deur die wet goedgekeur is en wat as betaling aanvaar moet word 1.2.7 Voedselsekerheid G geld wat gebruik word om betalings tussen lande te maak 1.2.8 Wettige H die aantal jare wat mense verwag word om betaalmiddel te leef I aktiwiteite wat tot die produksie, verspreiding en uitruil van goedere en dienste bydra (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 1.3 Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term/woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die prys wat aan die eienaars van natuurlike hulpbronne betaal word 1.3.2 Die goedere en dienste wat as insette vir die produksie van ander goedere en dienste gebruik word 1.3.3 Gebeur wanneer die vryemark misluk om hulpbronne effektief te allokeer 1.3.4 ʼn Statistiek wat inkomste en rykdom ongelykheid onder huishoudings in ʼn land meet 1.3.5 ʼn Praktyk en tradisie wat uniek is aan ʼn sekere kultuur of gemeenskap 1.3.6 Die onvermoë van ʼn bank om sy verpligtinge teenoor sy deposante en ander krediteure na te kom (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 7 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om die Bruto Binnelandse Produk te bereken. (2) 2.1.2 Waarom word eiebelang as ʼn nadeel in die markekonomie gesien? (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae volg. UITTREKSEL VANUIT DIE NASIONALE REKENINGE VAN SUID- AFRIKA TEEN BASIESE PRYSE R MILJOENE Verbruik van vaste kapitaal 553 222 Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste 3 488 407 Ander belasting op produksie 81 531 Ander subsidies op produksie 9 380 Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse (B) Suid-Afrika se huishoudelike verbruikersbesteding het met 7,2% oor die afgelope agt jaar afgeneem. Gesamentlik, het huishoudings na raming 3-triljoen rand tussen November 2022 en November 2023 bestee. Wit huishoudings bly steeds voor in inkomste- en bestedingsvlakke. Stats SA sê die jongste data beklemtoon die kontinuiteits-ongelykhede oor rasse en geslag in Suid-Afrika. [Aangepas uit SARB bulletin & Enca.com; 30 Januarie 2025] 2.2.1 Identifiseer die organisasie wat nasionale rekeninge inligting vanuit die uittreksel hierbo publiseer. (1) 2.2.2 Noem die metode vanuit die tabel hierbo, wat gebruik word om die BBP te bereken. (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die term huidige pryse. (2) 2.2.4 Verduidelik die impak van inkomste op verbruikersbesteding. (2) 2.2.5 Bereken die bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse (B). Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE INFRASTRUKTUUR BEELD 1 BEELD 2 Die regering sal meer as R940 biljoen op infrastruktuur oor die volgende drie jaar bestee. Hierdie befondsing sal paaie en brûe revitaliseer, damme en waterweё bou, en hawens en lughawens moderniseer. Die primêre doelwit is om Eskom, Transnet en ander noodsaaklike staatsondernemings te bemagtig om optimaal te funksioneer. [Bron: 2025 SONA en Google images] 2.3.1 Identifiseer ʼn beeld wat verwant is aan Transnet uit die beelde hierbo. (1) 2.3.2 Noem die staatsbeheerde onderneming wat vir die handhawing en opgradering van nasionale padnetwerke verantwoordelik is. (1) 2.3.3 Verduidelik kortliks die term infrastruktuur. (2) 2.3.4 Verduidelik die voordele van investering van meer geld in openbare vervoer. (2) 2.3.5 Ondersoek die belangrikheid van ʼn betroubare energievoorsiening vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek die klassifisering van bruto vaste kapitaalvorming. (4 x 2) (8) 2.5 Analiseer Suid-Afrika se huidige posisie in die maatskaplike dienslewering. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 9 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE bronne van rykdom. (2) 3.1.2 Waarom sukkel ontwikkelende lande dikwels om beduidende ekonomiese groei te behaal? (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKAANSE REGERING SE POGINGS OM EKONOMIESE ONGELYKHEID REG TE STEL Die Suid-Afrikaanse regering het verskillende maatreëls ingestel om ekonomiese ongelykheid, insluitend maatskaplike toelae, ʼn progressiewe belastingstelsel en regstellende aksie reg te stel, maar die doeltreffendheid daarvan bly ʼn onderwerp vir debat. Terwyl die fiskale beleid armoede en ongelykheid verminder het, bly die ongelykhede aansienlik, met hoë werkloosheid en ʼn volgehoue inkomstegaping. Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging is die beleid van die Suid-Afrikaanse regering wat daarop gemik is om breër deelname aan die ekonomie deur swart mense te fasiliteer. [http://en.m.wikipedia.org/wiki/Swart Ekonomiese Bemagtiging] 3.2.1 Identifiseer enige EEN regstellende metode, vanuit die uittreksel hierbo, wat gebruik is om rykdom te herversprei. (1) 3.2.2 Noem EEN voorbeeld van voordele in natura. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ongelykheid. (2) 3.2.4 Onderskei tussen grondverdeling en grondrestitusie. (2) 3.2.5 Ondersoek die uitdagings wat geassosieer word met die implementering van Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB). (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VYF LANDE MET DIE HOOGSTE MENSLIKE-ONTWIKKELINGSINDEKS (2025) LANDE MOI rang Switserland 0.967 Noorweë 0.966 Ysland 0.959 Hong Kong 0.956 Swede 0.952 Ekonomiese ontwikkeling word beoordeel deur metodes wat deur drie organisasies vasgestel is, naamlik die Wệreldbank, die Internasionale Monetệre Fonds (IMF) en die Verenigde Nasies. Burgers van lande met ʼn baie hoë vlak van ontwikkeling geniet ʼn hoë lewenstandaard en aansienlike materiële welvaart. In teenstelling hiermee, staar burgers van lande met ʼn lae vlak van ontwikkeling ʼn lae lewenstandaard, hoë armoedesyfers en onveilige omgewings in die gesig. 3.3.1 Identifiseer ʼn ekonomiese uitdaging van ontwikkelende lande uit die inligting hierbo. (1) 3.3.2 Noem die internasionale organisasie wat die MOI gebruik om ekonomiese ontwikkeling te meet. (1) 3.3.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. (2) 3.3.4 Wat dui die Menslike-ontwikkelingsindeks se telling naby een aan? (2) 3.3.5 Waarom het ontwikkelde land ʼn hoë aanbod van geskoolde werkers? (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik kortliks hoë vlakke van werkloosheid en gebrekkige infrastruktuur as eienskappe van ontwikkelende lande. (4 x 2) (8) 3.5 Met behulp van ʼn goed benoemde Lorenz-kromme, verduidelik die inkomsteverspreiding in ʼn land met hoë vlakke van inkomste-ongelykhede. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE vorme van vervoer infrastruktuur. (2) 4.1.2 Hoe word inkomste per kapita gebruik om ekonomiese ontwikkeling te meet? (2) 4.2 DATARESPONS Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EKONOMIESE STELSEL Individue of maatskappye met ʼn stewige greep op die mark kan die potensiaal hê om pryse, vraag en aanbod op betekenisvolle maniere te beïnvloed. Die invloed kan tot geleenthede vir innovasie en ekonomiese groei lei. Dit is egter noodsaaklik om te verseker dat hierdie mag gebalanseerd is om billikheid en gelykheid te bevorder, wat help om inkomste-ongelykheid te verminder. [Bron: Google images & Meta AI ] 4.2.1 Identifiseer die naam, uit die spotprent hierbo, wat gekoppel is aan ʼn sentraal beplande ekonomie. (1) 4.2.2 Noem EEN regeringsverantwoordelikheid in ʼn gemengde ekonomie, soos genoem in die uittreksel hierbo. (1) 4.2.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese stelsel. (2) 4.2.4 Verduidelik mededinging as een van die voordele van ʼn markekonomie. (2) 4.2.5 Hoe kan dienslewering in Suid-Afrika verbeter word? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) 4.3 DATARESPONS Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE ONLANGSE GROEI-ERVARING SA SE EKONOMIE GROEI STADIG ONDER UITDAGINGS Die Suid-Afrikaanse ekonomie het stadig in vier jaar gegroei, met die BBP wat slegs met 0,6% in 2024 gestyg het, en met 0,7% in 2023 gedaal het. Die hooffaktore agter hierdie stadige groei sluit logistieke uitdagings, swak verbruikersbesteding, ernstige droogte en dalende vaste belegging in. Die amptelike werkloosheid in Suid-Afrika was 32,9%, wat ʼn beduidende las op die ekonomie en samelewing is. [Aangepas uit News Central TV: Business Edge–Maart,2025] 4.3.1 Gee enige EEN hooffaktor vir stadige groei uit die uittreksel hierbo. (1) 4.3.2 Noem die mees belangrikste aanwyser wat ʼn land gebruik om ekonomiese groei te meet. (1) 4.3.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese groei. (2) 4.3.4 Hoe kan rykdom gegenereer word deur te spaar? (2) 4.3.5 Waarom is ekonomiese groei noodsaaklik (belangrik) om armoede te verminder? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik kortliks die ekonomiese belangrikheid van die tersiệre sektor. (4 x 2) (8) 4.5 Analiseer HOP en JIPSA as Suid-Afrikaanse pogings (ontwikkelende strategieë) om ekonomiese ontwikkeling te verbeter. (2 x 4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) EKONOMIE V1 13 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE- TOEKENNING Inleiding • ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip wat met die vraagonderwerp verband hou te defineer. • Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun. • Moenie enige gedeelte van die vraag by die inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te sệ wat jy gaan bespreek in die liggaam. Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Verduidelik/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Verduidelik/Assesseer/Debateer. Maks. 26 Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evauleer krities Evalueer/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Verduidelik/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debateer kortliks Maks. 10 Slot Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit: • ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om die feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is. • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk. • ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig • Aanbevelings Maks. 2 TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail entrepreneurskapsvaardighede as ʼn produksiefaktor. (26 punte) • Ondersoek die positiewe effek van kapitaalverdieping. (10 punte) VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank as ʼn sentrale bank. (26 punte) • Hoe sal die goewerneur van die Reserwebank die monetệre beleid gebruik om die hoeveelheid geld van die land te beϊnvloed? (10 punte) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all