Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*XECOA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 


%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fc7bc46d-7e7d-4219-8c63-344f8a1a1f90/v1-0a324282babc4d5072ac/card.webp)


View all


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958/v1-558d489c211516dacbc1/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)
Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 290.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2019
Questions in this paper
- Question 1.1Growth, Development & Globalisation16 marks
- Question 1.2Basic Concepts & Basic Economic Problem8 marks
- Question 1.3Basic Concepts & Basic Economic Problem6 marks
- Question 2Basic Concepts & Basic Economic Problem40 marks
- Question 3Growth, Development & Globalisation40 marks
- Question 4Circular Flow & Quantitative Elements40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
4. Lees die vrae noukeurig en begin elke vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
5. Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en
konteks van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die
vrae.
7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal nie
nagesien word nie.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE − 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die ooreenstemmende
vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Industrialisasie verwys na die ontwikkeling van die ... sektor.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D ekonomiese
1.1.2 Lekkasies uit die ekonomiese kringloopmodel sluit … in.
A belasting en staatsbesteding
B besparing en uitvoere
C investering en invoere
D besparing en belasting
1.1.3 Nadat handelaars en vakmanne in dorpe gevestig het, het hulle
organisasies gevorm wat ... genoem is.
A vakbonde
B gilde
C handelaars en vakmanorganisasies
D kunsklubs
1.1.4 Lewensverwagting word deur ... bepaal.
A mortaliteit
B vrugbaarheid
C arbeid
D Vigs
1.1.5 Watter EEN van die volgende is nie ʼn voorbeeld van ʼn belangrike
stelsel in die evolusie van ekonomiese stelsels nie?
A Feodalisme
B Merkantilisme
C Metallurgie
D Kommunisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.6 Die … -fase in die sakesiklus word deur ʼn algemene pessimisme onder
huishoudings gekenmerk.
A resessie
B herstel
C trog
D depressie
1.1.7 Wat sal lei tot ʼn toename in besteding deur huishoudings?
A Afname in die koers van inkomstebelasting
B ʼn Styging in die koers van werkloosheid
C ʼn Styging in die rentekoers
D ʼn Daling in besteebare inkome
1.1.8 Wrywings-werkloosheid vind plaas wanneer ...
A die oestyd verby is.
B die ekonomie se struktuur verander.
C werkloosheid langdurig is.
D mense tussen werke beweeg. (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 5
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs
die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.2.1−1.2.8)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Omgewing A opeenvolgende periodes van toenemende
en dalende ekonomiese aktiwiteite
1.2.2 Prysteorie B die deel van die arbeidsmag wat kan werk
1.2.3 Totale inspuitings C die uitbreiding van ʼn land se mag en
invloed in die wêreld deur politieke
verhoudinge of militêre mag
1.2.4 Sakesiklusse D inmenging in die bevordering van handel
vir ekonomiese ontwikkeling, wat daarop
gemik is om die prestasie van ʼn
ekonomiese gebied te verbeter
1.2.5 Selfonderhoudend E die fisiese omgewing en toestand wat
mense se lewens beïnvloed
1.2.6 Imperialisme F die som van investering, staatsbesteding
en uitvoerinkomste
1.2.7 Ekonomiese G ander naam vir mikro-ekonomie
bedrywige bevolking
1.2.8 Uitvoerbevordering H mense produseer self wat hulle nodig het
I die bedrag geld wat ʼn natuurlike hulpbron
verdien bo en behalwe die
oordragverdienste
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die
begrip langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Alle menslike inspanning wat in diens geneem is teen ʼn
vergoeding
1.3.2 ʼn Tak van ekonomie wat die handel en finansies tussen lande
regoor die wêreld bestudeer
1.3.3 ʼn Groep mense wat saam as ʼn gesinseenheid woon en
gesamentlik ekonomiese besluite neem
1.3.4 Goedere wat volop is, maar geen ruilwaarde het nie
1.3.5 ʼn Afname in die waarde van ʼn geldeenheid in verhouding tot ʼn
ander geldeenheid
1.3.6 Die gedeelte van die ekonomiese bedrywige bevolking wat werk in
die informele sektor van die ekonomie het (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 7
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese benaderings. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom maak ekonome van ekonomiese modelle gebruik? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
’N TIPIESE SAKESIKLUS
C
D Yx
B
A
A
TYD
2.2.1 Identifiseer die trog in bostaande sakesiklus. (1)
2.2.2 Wat word die Yx lyn in ekonomie genoem? (1)
2.2.3 Omskryf die begrip sakesiklus. (2)
2.2.4 Verduidelik die herstelfase in ʼn tipiese sakesiklus. (2)
2.2.5 Wat kan die regering doen om ʼn erge afname in die sakesikluse uit te
stryk? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SKAARSHEID VAN HULPBRONNE BEPERK MENSE WAT KEUSES
MOET MAAK
KLERE / LEKKERGOED / BIOSKOOP
2.3.1 Watter tipe verbruiksgoedere is lekkergoed? (1)
2.3.2 Noem enige basiese behoefte van huishoudings. (1)
2.3.3 Omskryf kortliks die begrip skaarsheid. (2)
2.3.4 Wat is geleentheidskoste? (2)
2.3.5 Hoe beïnvloed skaarsheid die keuse van verbruikers? (4)
2.4 Bespreek kortliks die invloed van MIV/Vigs op die Suid-Afrikaanse
arbeidsmag. (4 x 2) (8)
2.5 Hoe kan ekonomiese kwessies menseregte beïnvloed? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 9
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese gevolge van die mynbou- en
nywerheidstadium. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die doel van markte in die ekonomie? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WERKLOOSHEIDUITDAGINGS IN SUID-AFRIKA
Arbeidsmag deelnamekoers in Suid-Afrika neem af tot 58,80% in die eerste
kwartaal van 2019, van 59,40% in die vierde kwartaal van 2018. Arbeidsmag
Deelnamekoers in Suid-Afrika het ʼn gemiddelde van 57,19% gehandhaaf van
2001 tot 2019 en die hoogste vlak ooit behaal, 60,80%, in die eerste kwartaal
van 2001, en ʼn rekordlaagtepunt van 53,60% in die vierde kwartaal van
2010.
[Bron aangepas uit www.statsa.co.za]
3.2.1 Wat beteken oumense in die Suid-Afrikaanse arbeidsmag? (1)
3.2.2 Wat het met die deelnamekoers tussen 2001 en 2019 gebeur? (1)
3.2.3 Omskryf werkloosheid kortliks. (2)
3.2.4 Wat is die ouderdomsperk van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag? (2)
3.2.5 Waarom verander die aanbod van arbeid in Suid-Afrika? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOMMERSIALISERING IN SUID-AFRIKA
Suid-Afrika se eerste diamantmyne
[Aangepas uit www.sahistory]
3.3.1 Onder watter ekonomiese sektor word mynbou geklassifiseer? (1)
3.3.2 Noem enige ekonomiese aktiwiteit waarby vroeëre
gemeenskappe betrokke was. (1)
3.3.3 Omskryf kommersialisering kortliks. (2)
3.3.4 Verduidelik die verandering wat deur die evolusie van markte
teweeggebring is. (2)
3.3.5 Hoe hou BBP met ekonomiese groei verband? (4)
3.4 Verduidelik die sosiale en ekonomiese invloed op werkloosheid. (4 x 2) (8)
3.5 Gee jou mening oor die invloed van immigrasie en vlugtelinge op die
bevolking van Suid-Afrika. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van hernieubare natuurlike
hulpbronne. (2)
4.1.2 Wat bepaal die bevolkingsgroeikoers? (2)
4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Daar is vier produksiefaktore in enige ekonomie. Dit is die elemente wat
bymekaar gevoeg moet word om goedere en dienste te lewer.
4.2.1 Wat verteenwoordig die blok met byskrif A? (1)
4.2.2 Watter soort ekonomie word in bostaande kringloop geïllustreer? (1)
4.2.3 Omskryf die begrip produksie. (2)
4.2.4 Verduidelik wat met die nasionale inkome sal gebeur as invoere
toeneem. (2)
4.2.5 Hoe kan die regering skaars hulpbronne aanwend om te probeer
om Suid-Afrikaners se onbeperkte behoeftes te bevredig? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
4.3 Bestudeer die table hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SEKTOR 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017
Primêre 48,8 32,7 A 11,8 10,8 10,2 11,8
Landbou, 21,3 12,1 7,1 4,6 3,4 2,8 2,4
bosbou en
visserye
Mynbou 27,5 20,6 16,0 7,2 7,4 7,4 9,4
Sekondêre 5,8 11,6 31,1 27,7 24,3 23,4 21,0
Tersiêre 45,4 55,7 45,8 60,5 64,9 66,9 67,2
[Aangepas uit www.statssa]
4.3.1 Noem die metode waarvolgens die BBP in bostaande tabel bereken
is. (1)
4.3.2 In watter ekonomiese sektor doen banke besigheid? (1)
4.3.3 Omskryf die begrip sekondêre sektor. (2)
4.3.4 Verduidelik die tendens van die sekondêresektor-bydrae tussen
2013 en 2017. (2)
4.3.5 Bereken die waarde van die primêre sektor se bydrae (A) in 2013. (4)
4.4 Onderskei tussen absolute en relatiewe skaarsheid. (2 x 4) (8)
4.5 Stel VIER moontlike oplossings vir omgewingsprobleme voor. (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 13
AFDELING C
Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord:
ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofterm, wat met die vraag
onderwerp verband hou Maks. 2
Moet nie enige gedeelte an die vraag insluit in die inleiding nie
Moet nie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal nie
Vermy om in die inleiding te sê wat in die inhoud bespreek gaan word
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in in detail/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik
Addisionele gedeelte: Eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Kritiese
evaluasie/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Maks. 10
Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor
Slot
Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek of ontleed is, sonder om die feite wat
reeds in die inhoud genoem is, te herhaal
ʼn Opinie of gewaardeerde oordeel oor bespreekte feite
Maks. 2
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / ontleding te staaf
ʼn Teenoorgestelde sienswyse met motivering, indien so vereis
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die fases in die sakesiklus. (26 punte)
Hoe kan inspuitings bydra tot ʼn ekonomiese opswaai? (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek veeteelt en landbou onder die volgende hoofde:
Kenmerke (10
Faktore wat ontwikkeling bevorder (8)
Faktore wat ontwikkeling strem (8) (26 punte)
Waarom moet die nasie aangemoedig word om te spaar? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Eng)

Question paper
Economics Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fc7bc46d-7e7d-4219-8c63-344f8a1a1f90/v1-0a324282babc4d5072ac/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2019 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)
More from Grade 10 Economics

Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958/v1-558d489c211516dacbc1/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 Gauteng June 2024 Memo (English)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum