Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2024
NASIENRIGLYNE
GRAAD 10
EKONOMIE (VRAESTEL 1)
17 bladsye
Skip to contentAll 2024 papers %20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04/v1-45a82003ea8857196a17/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)

%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e/v1-ac41da032cea13d3b939/card.webp)
View all



%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7/v1-43ae3c3a55c11b666af6/card.webp)
%20%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006/v1-eff1872547cc2e58ad7f/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 554.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Gauteng June Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A – beperkte middele
1.1.2 C – Toepassing van statistieke in ekonomie
1.1.3 D – huishoudings
1.1.4 C – skaarste
1.1.5 B – Herstel (5 x 2) (10)
1.2 PASITEMS
1.2.1 F – ʼn optimale toewysing van hulpbronne om welsyn te maksimeer
1.2.2 C – aanvaar dat vrye markte geen self regulerende meganismes het
nie
1.2.3 A – ʼn plek waar finale goedere en dienste gekoop en verkoop word
1.2.4 E – wisselende periodes van uitbreiding en inkrimping
1.2.5 G – die fisiese omstandighede en toestande wat mense se lewens
beïnvloed
1.2.6 B – verander gelyktydig met die veranderinge in ekonomiese
aktiwiteit (6 x 1) (6)
1.3 GEE ’N TERMYN
1.3.1 Mikro-ekonomie
1.3.2 Spaar
1.3.3 Vrye goedere
1.3.4 Eksogene/Eksterne faktore (4 x 1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord EEN van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE beroepsgeleenthede in die ekonomiese
studierigting.
• Statistikus
• Ekonoom
• Wiskundige
• Prokureur
• Sosioloog
• Inligtingstegnologie
• Finansiële ontleder
• Beleidsontleder
• Marknavorsingsanalis
• Aktuaris
• Finansiële beplanner/adviseur
• Data-ontleder/data wetenskaplike
• Korporatiewe strateeg
• Onderrig en Akademie
• Internasionale Ontwikkelingspesialis
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is die voordeel daarvan om ekonomiese modelle te gebruik?
• Dit toon die verband tussen ekonomiese aspekte en help om dit te
verstaan.
• Dit kan voorspel wat sal gebeur of indien iets verander
• Dit word gebruik om ekonomiese beleid te ontwikkel.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Noem die ekonomiese stelsel wat met Fidel Castro geassosieer
word?
• Sosialistiese stelsel/ Kommunistiese stelsel
(Aanvaar ook kommunistiese stelsel.) (1 x 1) (1)
2.2.2 Watter ekonomiese studierigting sal die geskikste wees vir
regeringsleiers om te studeer?
• Openbare Finansies
• Makro-ekonomie
• Ontwikkelingsekonomie
• Internasionale Ekonomie
• Internasionale handel
• Gedragsekonomie
• Omgewingsekonomie
• Gesondheidsekonomie
• Arbeidsekonomie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese stelsel.
• ʼn Ekonomiese stelsel is ʼn stelsel van produksie, hulpbrontoewysing
en verspreiding van goedere en dienste binne ʼn samelewing.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.4 Waarom word ekonomie as die “studie van keuses” beskou?
• Die ekonomie fokus op hoe individue, besighede en samelewings
besluite neem rakende die toewysing van beperkte hulpbronne wat
alternatiewe gebruike het.
• Die ekonomie ondersoek hoe mense besluite neem in verskeie
situasies waar hulpbronne beperk is, en keuses gemaak moet
word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
2.2.5 Hoe kan hul ekonomie gebruik word om inkomste-ongelykhede op te
los?
• Die ekonomie help om die faktore te identifiseer wat bydra tot
inkomste-ongelykheid.
• Die ekonome ontleed beleid wat daarop gemik is om ongelykhede te
verminder.
• Dit sluit progressiewe belasting, maatskaplike welsynsprogramme en
minimumloonbeleide in.
• Die ekonomie evalueer die doeltreffendheid van herverdelingsbeleide
wat daarop gemik is om die inkomste van ryker individue of groepe
na diegene met laer inkomste oor te dra.
• Dit kan wees deur belasting- en maatskaplike welsynsprogramme
soos inkomstesteun, gesondheidsorg, onderwyssubsidies en
behuisingsbystand.
• Deur ekonomiese beginsels en ontleding toe te pas, kan
beleidmakers strategieë en beleide ontwikkel om inkomste-
ongelykheid te versag.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
2.3 Data respons
2.3.1 Noem die afwesige deelnemer in ʼn geslote ekonomie.
Die buitelandse sektor. (1)
2.3.2 Identifiseer een van die hoofvloeie in die kringloopmodel?
Monetêre vloei.
Reële/werklike vloei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 1) (1)
2.3.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese kringloop.
• Dit is ʼn diagram wat die vloei van inkomste, produksie en uitgawes in
die ekonomie aandui.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Hoekom is die buitelandse sektor belangrik vir ekonomiese groei?
• Wanneer plaaslike firmas goedere en dienste na die buitelandse
markte uitvoer, ontvang die plaaslike ekonomie ʼn inspuiting.
• Die buitelandse sektor is deurslaggewend vir ekonomiese groei
aangesien dit geleenthede vir handel, innovasie, diversifikasie en die
uitruil van hulpbronne en idees oopmaak.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
2.3.5 Hoe sal ʼn toename in huishoudelike besteding die ekonomiese
kringloop beïnvloed?
• ʼn Toename in huishoudelike besteding lei tot hoër vlakke van
verbruiksbesteding.
• Hoër vraag na goedere en dienste wat deur ondernemings
geproduseer word, sal daartoe lei dat ondernemings meer produseer
om aan die verbruikersvraag te voldoen.
• Firmas kan verhoogde inkomste ervaar uit die verkoop van meer
goedere en dienste.
• Wanneer firmas produksie verhoog as gevolg van ʼn groter vraag na
goedere en dienste, kan dit lei tot verhoogde inkomste vir
produksiefaktore, soos arbeid (lone), kapitaal (rente), grond (huur) en
entrepreneurskap (winste).
• Die toename in huishoudelike besteding, wat lei tot hoër verbruik en
produksie, kan bydra tot ekonomiese groei.
• Die toename in huishoudelike besteding verteenwoordig ʼn inspuiting
in die ekonomiese kringloop.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (4)
2.4 Onderskei tussen ʼn positiewe en ʼn normatiewe stellings in ekonomie.
Positiewe Stellings
• Positiewe stellings is beskrywende stellings gebaseer op feite, data en
empiriese bewyse.
• Dit is objektiewe stellings wat met behulp van waarneming, meting of
wetenskaplike ontleding getoets of geverifieer kan word.
• Dit poog om te beskryf hoe die ekonomie werk, wat tans gebeur, of wat in die
verlede gebeur het.
• Dit is vry van persoonlike opinies, waarde-oordele of oortuigings.
• Positiewe stellings is gebaseer op verifieerbare data en kan deur empiriese
bewyse bevestig of weerlê word.
• Voorbeeld: “Die werkloosheidsyfer in die land is 5%.” (Maks. 4)
Normatiewe Stellings
• Normatiewe stellings is subjektiewe stellings wat menings, waarde-oordele of
stellings behels oor wat behoort te wees of veronderstel is om te wees.
• Hulle is gebaseer op persoonlike oortuigings, voorkeure of etiese
oorwegings.
• Hulle spreek subjektiewe standpunte of argumente uit oor wat wenslik of
moreel reg/verkeerd in die ekonomie is.
• Normatiewe stellings kan nie bloot deur empiriese bewyse bewys of weerlê
word nie, want dit behels oordele en opinies.
• Voorbeeld: “ʼn Hoër minimum loon is nodig om ʼn lewende loon vir alle
werkers te verseker.” (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
2.5 Hoe is ekonomie en wiskunde verwant aan mekaar?
• Wiskunde is ʼn noodsaaklike hulpmiddel in ekonomie omdat dit die raamwerk
verskaf vir modellering, ontleding en interpretasie van ekonomiese data en
verwantskappe.
• Wiskunde word gebruik om totale in die ekonomie te bereken, byvoorbeeld
die Bruto Binnelandse Produk (BBP) en Bruto Binnelandse Inkomste
(BBP).
• Ekonome gebruik hierdie berekening om die groeikoers van die ekonomie vir
ʼn sekere tydperk, gewoonlik een jaar, te bereken.
• Ekonomie en wiskunde deel skakels as gevolg van die logiese aard van
ekonomiese teorie en die kwantitatiewe instrumente wat gebruik word om
ekonomiese tendense te modelleer, te analiseer en te verstaan.
• Wiskunde verskaf ʼn raamwerk vir ekonome om modelle te skep wat
ekonomiese verwantskappe tussen verskeie ekonomiese veranderlikes
verteenwoordig.
• Wiskundige funksies, vergelykings en modelle word gebruik om ekonomiese
konsepte soos vraag, aanbod, produksie, verbruik en investering te
beskryf.
• Ekonome gebruik wiskundige optimaliseringstegnieke om bruikbaarheid, wins
of doeltreffendheid te maksimeer.
• Wiskunde, spesifiek statistiek en ekonometrie, word omvattend in ekonomie
aangewend om praktiese data te bestudeer, verwantskappe tussen
veranderlikes te skat, hipoteses te toets en voorspellings te maak.
• Tegnieke soos regressie-analise, tydreeksanalise en waarskynlikheidsteorie
is integraal in empiriese ekonomiese navorsing.
• Wiskunde verskaf in wese die taal- en analitiese gereedskap wat ekonome in
staat stel om ekonomiese teorieë te formaliseer, komplekse verhoudings te
modelleer, data te ontleed en gevolgtrekkings te maak.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van kapitaalgoedere.
• Gereedskap
• Masjinerie
(Enige ander relevante antwoord.) (2)
3.1.2 Waarom is die BBP van Suid-Afrika tradisioneel hoër as sy BNP?
• Enige land wie se inwoners meer faktorinkomste aan buitelanders
betaal as wat hulle van buitelanders ontvang, sal ʼn Bruto Binnelandse
Produk hê wat sy Bruto Nasionale Produk oorskry.
(Enige ander relevante antwoord.) (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
3.2 Data response
3.2.1 Identifiseer die deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat die meeste
deur die oorlog geraak is.
• Uitvoersektor
• Energiesektor
• Kommoditeitsektor
• Finansiële markte
• Beleggingsektor
• Buitelandse Sektor
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 1) (1)
3.2.2 Hoe het wêreldwye kommoditeitspryse verander as gevolg van die
oorlog?
Kommoditeitspryse het gestyg (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die term buitelandse handel.
Die uitruil van goedere, dienste en kapitaal oor nasionale grense tussen
lande
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Waarom is Suid-Afrikaanse nywerhede ook ontwrig weens die konflik
in die Oekraïne?
• Nywerhede wat op die invoer van grondstowwe of komponente van
Rusland of Oekraïne staatmaak, het tekorte ondervind.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.5 Op watter manier kan Suid-Afrika baat uit die verbod op handel met
Rusland?
• Suid-Afrikaanse kommoditeite kan dien as ʼn plaasvervangerproduk vir
voorheen ingevoerde goedere uit Rusland, wat die SA uitvoerverbod
verhoog.
• Dit kan lei tot die uitbreiding van Suid-Afrikaanse nywerhede en
verhoogde inkomste uit nuwe markte.
• ʼn Verbod op handel met Rusland kan Suid-Afrikaanse ondernemings
aanspoor om hul uitvoerbestemmings te diversifiseer.
• Dit kan die afhanklikheid van ʼn enkele handelsvennoot (Rusland)
verminder en Suid-Afrikaanse produkte aan nuwe markte blootstel,
wat uitvoerdiversifikasie verbeter.
• Suid-Afrika is ʼn beduidende uitvoerder van kommoditeite soos
minerale (bv. platinum, goud), landbouprodukte en metale. Suid-Afrika
kan baat vind by die verhoogde vraag en hoër pryse vir sy uitvoer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
3.3 Data respons
3.3.1 Identifiseer die tipe besoedeling wat in die prent hierbo uitgebeeld
word.
• Lugbesoedeling (1)
3.3.2. Wat word belasting genoem wat op besoedelingsintensiewe goedere
gehef word?
• Omgewingsbelasting /Groen belasting (1 x 2) (1)
3.3.3 Verduidelik kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid.
• Omgewingsvolhoubaarheid is die vermoë van die omgewing om die
gebruik daarvan vir ekonomiese aktiwiteit te oorleef.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Waarom dra ontwikkelde lande meer by tot globale besoedeling as
ontwikkelende lande?
• Ontwikkelde lande het oor die algemeen hoër vlakke van
industrialisasie, gevorderde tegnologie en groter verbruikspatrone, wat
lei tot aansienlike besoedelingsvlakke.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
●
3.3.5 Hoe kan onderwys help om besoedelingsvlakke te verlaag?
• Onderwys verhoog die bewustheid oor omgewingskwessies, soos lug-
en waterbesoedeling.
• As mense bewus is van hulle omgewing, is hulle meer geneig om
aksie te neem om besoedeling te verminder.
• Onderwys wat individue aanmoedig om eko-vriendelike gewoontes in
hul daaglikse lewe aan te neem.
• Dit sluit byvoorbeeld die vermindering van energieverbruik,
herwinning, die bewaring van water, die gebruik van openbare vervoer
en die maak van ingeligte verbruikerskeuses in.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
3.4 Beskryf die verskille tussen absolute en relatiewe skaarsheid.
Absolute skaarste:
• Absolute skaarste verwys na ʼn inherente, universele tekort aan ʼn
hulpbron.
• Absolute skaarste vind plaas wanneer die beskikbare hoeveelheid van ʼn
hulpbron onvoldoende is om aan alle menslike behoeftes en benodighede te
voldoen.
• Die hoeveelheid van die hulpbron is beperk en kan nie verhoog word om aan
die eise van almal te voldoen nie.
• Byvoorbeeld, die beskikbare hoeveelheid fossielbrandstowwe is beperk en kan
nie aangevul word nie. (Maks. 4)
Relatiewe skaarsheid:
• Relatiewe skaarsheid vind plaas wanneer goedere en dienste beskikbaar is,
maar jy het nie die hulpbronne om dit te bekom nie.
• Relatiewe skaarsheid kom voor as gevolg van ʼn verskil in die beskikbare
hoeveelheid van ʼn hulpbron en die vraag na daardie hulpbron, in ʼn sekere
situasie.
• ʼn Hulpbron kan vir ʼn spesifieke geval relatief skaars wees, al is dit algemeen
in oorvloed beskikbaar.
• Byvoorbeeld, ʼn luukse item kan betreklik skaars wees vir ʼn laer-inkomste
huishouding, al is dit geredelik in die mark beskikbaar. (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde (4 x 2) (8)
3.5 Hoe beskerm die regering verbruikersregte.
• Regerings stel wette in plek wat spesifiek ontwerp is om verbruikers te
beskerm teen onbillike, misleidende of bedrieglike praktyke deur besighede af
te dwing.
• Hierdie wette dek aspekte soos produkveiligheid, etikettering, advertensies,
pryse, waarborge en billike sakepraktyke.
• Regerings stig dikwels regulerende liggame of agentskappe met die taak om
toesig te hou oor verbruikersbeskerming.
• Hierdie agentskappe monitor besighede se nakoming van
verbruikersbeskermingswetgewing, ondersoek verbruikersklagtes en neem
afdwingingsaksies teen oortreders.
• Regerings stel standaarde en regulasies vas om die veiligheid en kwaliteit van
produkte wat in die mark verkoop word, te verseker.
• Hierdie regulasies kan verpligte toetsing, etiketteringsvereistes en
veiligheidstandaarde insluit om verbruikers teen skadelike of gebrekkige
produkte te beskerm.
• Regerings verskaf inligting en opvoedkundige hulpbronne om verbruikers te
bemagtig om ingeligte keuses te maak.
• Dit sluit in om verbruikers op te voed oor hul regte, verantwoordelikhede,
beskikbare remedies en hoe om bedrieglike of misleidende praktyke te herken
en aan te meld.
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
• Regerings vestig meganismes vir verbruikers om regstelling te soek wanneer
hulle deur besighede benadeel of onregverdig behandel is.
• Dit kan geleenthede behels vir die indiening van klagtes,
geskilbeslegtingsdienste of die toegang tot howe vir regshulp.
• Regerings ondersteun en werk dikwels saam met
verbruikersvoorspraakorganisasies wat werk om verbruikersbelange te
bevorder en te beskerm.
• Hierdie groepe pleit vir beleidsveranderinge, doen navorsing en verhoog
bewustheid oor verbruikersregte en kwessies.
• Regerings monitor markte gereeld om potensiële skendings van
verbruikersregte te identifiseer.
• Hulle dwing wette en regulasies af deur boetes, strawwe of regsaksies op te lê
teen besighede wat betrokke is by onbillike of bedrieglike praktyke.
• Regerings skep wetgewing teen monopolistiese praktyke, anti-mededingende
gedrag, prysvasstelling of enige aksies wat verbruikerskeuses beperk of pryse
kunsmatig verhoog.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde response.
• ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband
hou met die vraagonderwerp te definieer.
Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die Maks. 26
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
Beoordeel/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde
toegeken word.
Bykomende deel: Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Debatteer/Lei af Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/
Hoe?/Stel voor Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote
opsomming van feite.
Slot
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
• ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
reeds genoem is te herhaal
Maks. 2
• Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise
te versterk
• ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL 40
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE/0
• Bespreek in detail die deelnemers aan die ekonomiese kringloop. (26 punte)
• Ondersoek die belangrikheid van ʼn oop ekonomie vir Suid-Afrika.
(10 punte)
Inleiding
• Die kringloop model van ʼn oop ekonomie toon die werking van ʼn ekonomie wat
oop is vir buitelandse handel
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2)
Liggaam
HOOFGEDEELTE
Huishoudings
• Bestaan uit ʼn individu, ʼn gesin of ʼn groep mense wat ʼn huis bewoon.
• Is basiese besluitnemingseenhede in die ekonomie omdat hulle bepaal wat
geproduseer moet word.
• Huishoudings is die eienaars van produksiefaktore.
• Hulle verkoop produksiefaktore aan die faktormark om inkomste te verdien.
• Die inkomste wat huishoudings ontvang, word gebruik om goedere te koop om hul
behoeftes te bevredig. (Maks. 8)
Besighede
• Besighede kombineer en transformeer die produksiefaktore om goedere en
dienste te produseer.
• Basiese produktiewe sektor in die ekonomie.
• Hulle koop produksiefaktore op die faktormark.
• Hulle verkoop die finale goedere en dienste op die produkmark.
• Die doel van die onderneming is om wins te maksimeer.
• Sake-ondernemings streef daarna om hul inkomste so hoog as moontlik en hul
uitgawes laag te hou. (Maks. 8)
Regering.
• Bestaan uit die plaaslike, provinsiale en nasionale regering.
• Verskaf openbare goedere wat nie voldoende deur die openbare sektor verskaf
word nie.
• Sorg vir openbare hulpbronne.
• Die doelwitte van die regering is ekonomiese groei, volle indiensneming,
ekonomiese billikheid, prysstabiliteit en BB en wisselkoersstabiliteit.
• Die regering verskaf die raamwerk waarbinne die ekonomie funksioneer.
(Maks. 8)
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
Buitelandse sektor
• Internasionale handel vind plaas oor die grense van ʼn land.
• Geen land kan in isolasie bestaan nie.
• Lande dryf handel omdat hulle ʼn tekort aan natuurlike hulpbronne het.
• Hulle voer goedere en dienste uit.
• Die buitelandse sektor bestaan sodat lande kan handel dryf.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 8)
(Maks. 26)
BYKOMENDE DEEL
• Om ʼn oop ekonomie te wees, stel Suid-Afrika in staat om by internasionale handel
betrokke te raak, beide die invoer en uitvoer van goedere en dienste. Dit bied
toegang tot ʼn breër mark vir Suid-Afrikaanse produkte en geleenthede vir
diversifikasie.
• Internasionale handel kan ekonomiese groei stimuleer deur markgrootte en vraag
na Suid-Afrikaanse produkte te vergroot. Uitvoergeleide groei kan lei tot verhoogde
produksie, werkskepping en inkomste generering.
• ʼn Oop ekonomie lok direkte buitelandse investering (DBI) en portefeuljebelegging.
Buitelandse maatskappye belê in Suid-Afrika, wat kapitaal, tegnologie en
kundigheid bring, wat ekonomiese ontwikkeling kan bevorder.
• Suid-Afrika kan deur internasionale handel toegang verkry tot hulpbronne wat nie
binnelands geredelik beskikbaar is nie. Dit sluit noodsaaklike grondstowwe en
energiebronne in wat benodig word vir industriële en vervaardigingsprosesse.
• Openheid vir die globale ekonomie vergemaklik die uitruil van idees en tegnologie.
Suid-Afrika kan innovasies van ander lande aanneem en aanpas, wat tegnologiese
vooruitgang bevorder.
• Deur aan internasionale markte deel te neem, verminder Suid-Afrika sy
afhanklikheid van die binnelandse mark. Hierdie diversifikasie help om ekonomiese
risiko's wat verband hou met plaaslike ekonomiese skommelinge te versag.
• Uitvoer genereer buitelandse valuta-verdienste, wat gebruik kan word om vir
invoere te betaal, eksterne skuld te delg, en buitelandse valutareserwes op te bou.
ʼn Stabiele buitelandse valutaposisie is van kardinale belang vir ekonomiese
stabiliteit.
• Openheid vir internasionale handel bevorder kulturele uitruiling en kruiskulturele
begrip, verryk die Suid-Afrikaanse samelewing en bevorder verdraagsaamheid en
diversiteit.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10)
Slot
Die ekonomiese kringloop is ʼn vereenvoudiging van die werklikheid. Dit help om die
reëlevloei en geldvloei van ʼn komplekse ekonomieë te verstaan.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2) [40]
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die uitwerking van sakesiklusse op die volgende:
- totale aanbod en totale vraag
- indiensneming
- wisselkoerse
- die ekonomies kwesbares (26 punte)
• Hoe beïnvloed eksterne faktore ekonomiese skommelinge? (10 punte) [40]
Inleiding
• Sakesiklusse verwys na die verskynsel van opeenvolgende periodes van
toenemende en dalende ekonomiese aktiwiteit. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2)
HOOFGEDEELTE
Veranderinge in die totale vraag en die totale aanbod (TA) van die totale vraag (TV)
• Tydens die uitbreidingsfase van ʼn sakesiklus is die totale vraag geneig om toe te
neem namate verbruikersvertroue styg, wat lei tot hoër besteding aan goedere en
dienste.
• Firmas reageer op verhoogde vraag deur produksie te verhoog, wat kan lei tot ʼn
opwaartse verskuiwing in totale aanbod as gevolg van verhoogde uitset en
produktiwiteitswinste. Pryse kan matig begin styg as gevolg van groter
aanvraag.
• In ʼn resessie- of inkrimpingsfase neem die totale vraag af namate
verbruikersbesteding afneem as gevolg van ekonomiese onsekerheid,
werkverliese of verminderde besigheidsbelegging.
• Hierdie vermindering in vraag lei tot ʼn afname in produksie en ʼn linkswaartse
verskuiwing in totale aanbod. Werkloosheid styg, en besighede besnoei produksie,
wat lei tot ʼn afname in algehele uitset en ʼn potensiële daling in pryse as gevolg
van verminderde vraag. (Maks. 8)
Veranderinge in indiensneming
• Tydens ekonomiese uitbreidings ervaar besighede ʼn groter vraag na goedere en
dienste, wat lei tot verhoogde produksie.
• Dit lei dikwels tot verhoogde aanstellings om aan die stygende vraag te voldoen,
wat lei tot laer werkloosheidsyfers namate ondernemings hul arbeidsmag
uitbrei.
• Omgekeerd, tydens ekonomiese inkrimpings of resessies, ondervind besighede
verminderde vraag, wat lei tot verminderde produksie.
• Dit kan lei tot afleggings, verminderde werksure en hoër werkloosheidsyfers
aangesien maatskappye aanpas by laer vraag en probeer om koste te sny.
(Maks. 8)
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
Veranderinge in wisselkoerse
• In ʼn ekonomiese uitbreiding kan ʼn land se sterk ekonomiese prestasie lei tot
verhoogde beleggersvertroue, wat moontlik buitelandse beleggings lok.
• Dit kan die land se geldeenheid in verhouding tot ander geldeenhede versterk.
• Tydens ʼn resessie kan ʼn land se geldeenheid verswak namate beleggers veiliger
beleggings in meer stabiele ekonomieë soek.
• Verminderde ekonomiese prestasie en laer rentekoerse kan lei tot ʼn depresiasie
van die geldeenheid relatief tot ander. (Maks. 8)
Impak op die ekonomies kwesbares
• Ekonomiese uitbreidings kan lei tot verhoogde werksgeleenthede, inkomstegroei
en verbeterde lewenstandaarde vir die ekonomies kwesbares.
• Beleide wat tydens uitbreidings geïmplementeer word, kan fokus op maatskaplike
welsyn, onderwys en indiensneming, wat kwesbare bevolkings bevoordeel.
• Die ekonomies kwesbares, soos lae-inkomste huishoudings, kan hoër
werkloosheid, verminderde toegang tot maatskaplike dienste en groter finansiële
spanning tydens resessies in die gesig staar.
• Regeringsbystandsprogramme kan groter aanvraag ervaar terwyl hulle
begrotingsbeperkings in die gesig staar. (Maks. 8)
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 26)
BYKOMENDE DEEL
• Eksterne faktore speel ʼn beduidende rol om ekonomiese skommelinge te
beïnvloed deur verskeie aspekte van ʼn ekonomie te beïnvloed. Hierdie faktore kan
bydra tot veranderinge in ekonomiese groei, sakesiklusse en algehele
stabiliteit.
• Die prestasie van die globale ekonomie, insluitend neigings in groot ekonomieë,
internasionale handelspatrone en die globale vraag na goedere en dienste, kan ʼn
individuele land se ekonomiese toestande aansienlik beïnvloed.
• Veranderinge in globale ekonomiese groeikoerse, handelsbeleide of finansiële
markneigings kan ʼn nasie se uitvoere, invoere en algehele ekonomiese aktiwiteit
beïnvloed.
• Geopolitieke spanning, oorloë, handelsgeskille of politieke onstabiliteit in
verskillende dele van die wêreld kan ekonomiese stabiliteit beïnvloed.
• Onsekerheid wat voortspruit uit geopolitieke gebeure kan beleggersvertroue
beïnvloed, handelsverhoudinge ontwrig en lei tot veranderinge in marktoestande,
wat ekonomiese skommelinge beïnvloed.
• Gebeure in finansiële markte, soos aandelemarkineenstortings, bankkrisisse,
skommelinge in wisselkoerse of ontwrigtings in kredietmarkte, kan ʼn
wydverspreide uitwerking op ʼn ekonomie hê.
• Finansiële markonbestendigheid kan verbruikers- en beleggersvertroue beïnvloed,
wat lei tot veranderinge in besteding, beleggingsgedrag en algehele ekonomiese
prestasie.
• Natuurrampe soos aardbewings, orkane, vloede of uiterste weersomstandighede
kan wydverspreide vernietiging veroorsaak, ekonomiese aktiwiteite, infrastruktuur
en voorsieningskettings ontwrig.
• Die ekonomiese gevolge van sulke gebeure kan lei tot korttermyn-ontwrigtings en
langtermyn-effekte op geaffekteerde streke of hele ekonomieë.
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
• Vinnige vooruitgang in tegnologie en innovasies kan ʼn diepgaande uitwerking op
ekonomieë hê.
• Dit kan produktiwiteit, produksiemetodes, arbeidsmarkte en markstrukture
beïnvloed, wat lei tot strukturele veranderinge en ekonomiese skommelinge
beïnvloed.
• Veranderinge in internasionale beleide, handelsooreenkomste, fiskale beleide,
monetêre beleide of regulasies wat deur internasionale organisasies of
ooreenkomste opgelê word, kan ekonomiese toestande beïnvloed.
• Beleidsverskuiwings in groot ekonomieë kan oorspoel-effekte op ander lande hê,
wat handel, belegging en ekonomiese groei beïnvloed.
• Gesondheidskrisisse, pandemies (soos COVID-19) of uitbrekings van siektes kan
aansienlike ekonomiese implikasies hê.
• Maatreëls wat getref word om die verspreiding van siektes te beheer, insluitend
inperkings, reisbeperkings en veranderinge in verbruikersgedrag, kan ekonomiese
aktiwiteite en wêreldwye voorsieningskettings ontwrig, wat ekonomiese
skommelinge beïnvloed.
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 10)
Slot
• Eksterne faktore werk op komplekse maniere in wisselwerking met mekaar en kan
ekonomiese skommelinge binne ʼn land versterk of versag. Beleidmakers,
ekonome en besighede monitor hierdie eksterne faktore noukeurig om hul
potensiële impak op die ekonomie te verstaan en maatreëls te implementeer om
risiko's te bestuur en deur ekonomiese skommelinge te navigeer.
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 2)
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
17
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04/v1-45a82003ea8857196a17/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e/v1-ac41da032cea13d3b939/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7/v1-43ae3c3a55c11b666af6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)
%20%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006/v1-eff1872547cc2e58ad7f/card.webp)
Question paper