Downloaded from hlayiso.com
PROVINCIAL EXAMINATION
JUNE 2023
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2023
GRAAD 10
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 2)
17 bladsye
1
Skip to contentAll 2023 papers %20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7/v1-49bd3e0c5a901fd5b725/card.webp)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85d4f782-147c-494a-8e6e-f677e427afe6/v1-b11f48e572bd5a64b515/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)

Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)
Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 715.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Gauteng November Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A – globale ✓✓
1.1.2 C – homogene produkte. ✓✓
1.1.3 A – Verbeterde tegnologie ✓✓
1.1.4 B –indirekte belasting te hef ✓✓
1.1.5 D – geskoolde ✓✓
1.1.6 C – Meerderjarigheidsouderdom ✓✓
1.1.7 B – Vakbond ✓✓
1.1.8 D – Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ✓✓ (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 B ✓
1.2.2 H ✓
1.2.3 E ✓
1.2.4 A ✓
1.2.5 G ✓
1.2.6 D✓
1.2.7 F✓
1.2.8 I ✓ (8 x 1) (8
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Plaasvervanger produk/plaasvervangers ✓
1.3.2 Monopolie ✓
1.3.3 Minimumloon ✓
1.3.4 Aflegging ✓
1.3.5 Arbeidsintensiewe produksie ✓
1.3.6 Vaardigheidsprogram ✓ (6 x 1) (6
TOTAAL AFDELING A: 20
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE vlakke van die regering.
• Sentrale regering ✓
• Provinsiale regering ✓
• Plaaslike regering ✓ (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is ʼn geleentheidskoste?
ʼn Geleentheidskoste is die opgeofferde alternatief, die ding wat prysgegee
word. ✓✓ (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer die onvolmaakte mark wat in die prent hierbo uitgebeeld
word.
• Oligopolie ✓ (1)
2.2.2 Noem EEN ander mededinger in die sellulêre diensverskafferbedryf
wat nie in die prent hierbo verskyn nie.
• Cell C ✓
• Telkom ✓
(Aanvaar enige ander korrekte antwoord.) (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die term monopolie.
• Dit is ʼn markstruktuur waar daar slegs een produsent is. ✓✓ (2)
2.2.4 Watter voordeel is daar vir verbruikers as meer diensverskaffers by
die Suid-Afrikaanse sellulêre mark aansluit?
• Laer pryse ✓✓
• Verhoogde ekonomiese groei ✓✓
• Hoër indiensneming ✓✓
• Meer keuse vir verbruikers ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte antwoord.) (2)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
2.2.5 Wat sal nodig wees vir die markstruktuur om ʼn perfekte mark te
wees?
• Daar is baie kopers en verkopers. ✓✓
• Prysnemers – geen verskaffer kan prys beïnvloed nie. ✓✓
• Die produkte is homogeen. ✓✓
• Die toetrede tot die mark is onbeperk, maklik om die mark te betree en
te verlaat. ✓✓ (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die punt waar optimale produksie plaasvind.
• Punt C/D ✓ (1)
2.3.2 Verskaf die punt waar ons nie in staat sal wees om te produseer nie
weens 'n tekort aan hulpbronne.
• Punt F ✓ (1)
2.3.3 Beskryf die term produksiemoontlikheidskromme.
• Die produksiemoontlikheidskromme dui die kombinasie van twee
produkte aan wat met die beskikbare hulpbronne geproduseer kan
word. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Beskryf produksie by punt B.
• By punt B word alle hulpbronne gebruik om melk te produseer, daarom
word geen botter geproduseer nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2)
2.3.5 Bereken die geleentheidskoste as produksie van punt C na punt D
beweeg. Toon ALLE berekeninge.
Punt C: 300 eenhede botter en 200 eenhede melk
Punt D: 170 eenhede botter en 250 eenhede melk
300 eenhede melk – 170 eenhede melk ✓✓
= 30 eenhede melk ✓✓ (4)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
2.4 Onderskei duidelik tussen prysplafonne en prysvloere.
Prysplafonne (maksimum pryse)
• Dit is die hoogste prys waarteen produsente ʼn produk kan verkoop. ✓✓
• Pryse mag nie bo die plafon styg nie, dit is bo ʼn sekere maksimum prys. Die
plafon dwing die prys af. ✓✓
• As die staat voel dat in sommige markte die pryse te hoog opgestoot word deur
produsente, kan die regering ingryp deur subsidies aan die besighede te bied
om die prys te verlaag. ✓✓
• Voorbeelde is: huurbeheer, mediese produkte, brood, mielies en elektrisiteit. ✓
(Aanvaar ander relevante en korrekte antwoorde) (Maks. 4 punte)
Prysvloere (minimum pryse)
• Hulle beskerm produsente teen lae pryse en swak winste. ✓✓
• Die staat voel dalk dat die pryse in sommige markte te laag is en dat hulle die
verskaffers moet help. ✓✓
• In hierdie geval kan die staat in markte ingryp deur ʼn minimum prys vas te stel.
Baie produsente, soos boere, ondervind strawwe mededinging van ander
verskaffers. ✓✓
• Alhoewel die regering bly is dat verbruikers bekostigbare pryse betaal, is dit
belangrik vir produsente om wins te maak om in besigheid te bly, anders sal
werkloosheid toeneem. ✓✓
(Aanvaar ander relevante en korrekte antwoorde) (Maks 4 punte) (8)
2.5 Ontleed produktiewe ondoeltreffendheid met behulp van 'n
produksiemoontlikheidskromme.
Puntetoekenning
Naam van asse 1 punt
Dui produksievlakke aan
✓ (AA) 1 punt
Dui produktiewe doeltreffendheid
aan (B) 1 punt
Dui produktiewe ondoeltreffendheid
Botter aan (D) 1 punt
Maks. 4 punte
✓
✓ ✓
Melk
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
Produktiewe ondoeltreffendheid
• Die produksiemoontlikheidskromme (AA), hierbo, toon ʼn kombinasie van
goedere wat geproduseer kan word deur al die beskikbare hulpbronne te
gebruik. ✓✓
• Enige punt op die kromme toon ʼn kombinasie van goedere waar hulpbronne
doeltreffend gebruik sal word (B). ✓✓
• Daarom dui enige punt op die kromme produktiewe doeltreffendheid aan. ✓✓
• Enige punt binne die kromme toon kombinasies van goedere waar hulpbronne
ondoeltreffend gebruik word (D) ✓✓
• Enige punt buite die kromme toon kombinasies van goedere wat nie
geproduseer kan word nie weens ʼn tekort van hulpbronne. ✓✓
(Maks. 4 punte) (8)
[40]
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE SETA's wat deur die Nasionale
Vaardigheidsowerheid geskep is.
• BANKSETA ✓
• CHISETA ✓
• ETDPSETA ✓
• ESETA ✓
• HWSETA ✓
• INSETA ✓
• SERVICESETA ✓ (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe dra KMMO's by tot die skepping van werksgeleenthede?
• Bemagtig voorheen benadeelde mense sodat hulle ʼn besigheid kan
begin en onderhou. ✓✓
• Die regering stimuleer groei in hierdie sektor omdat mense wat
hierdie tipe onderneming besit, heel waarskynlik mense met lae
vaardigheidsvlakke in diens sal neem en hulle oplei namate hul
ondernemings groei. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Wie sal heel waarskynlik deur die Uitgebreide Werke-program in
diens geneem word?
• Werklose/Ongeskoolde/semi-geskoolde werkers ✓ (1)
3.2.2 Noem die ekonomiese beleid wat in 1994 geïmplementeer is met die
doel om die wanbalanse van die verlede aan te spreek.
• Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) ✓ (1)
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
3.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.
• Ekonomiese groei is die toename in die vermoë van die ekonomie om
meer goedere en dienste te produseer. ✓✓ (2)
3.2.4 Hoe kan menslike hulpbronne gebruik word as 'n benadering om
armoede te verlig?
• Mense moet ontwikkel word in terme van vaardighede, opvoeding en
sakegeleenthede. ✓✓
• Dit sal hulle in staat stel om werk te kry en uit armoedevlakke te
breek. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe kan 'n langtermyn werkloosheidskoers die ekonomie
beïnvloed?
• As mense werkloos is, impliseer dit dat uitset wat geproduseer kon
gewees het, verlore gaan. ✓✓
• Die regering trek nie voordeel uit inkomstebelasting en ander
potensiële belasting soos BTW, indien produksie nie plaasvind nie. ✓✓
• Die land gebruik nie al sy hulpbronne nie en produseer nie teen die
maksimum uitset nie. ✓✓
• So ʼn land produseer binne sy produksiemoontlikheidskromme. ✓✓
• Die regerings se werklike koste is hoër as gevolg van
werkloosheidsversekeringsbetalings, gesondheids- en ander
maatskaplike koste, soos die bekamping van misdaad. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord). (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer EEN ekonomiese probleem uit die prent hierbo.
• Gebrek aan werksgeleenthede ✓
• Armoede ✓ (1)
3.3.2 Noem die program wat bekendgestel is om die probleem wat in
VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is, op te los.
• Die bekendstelling van SEB om swart mense te bemagtig ✓ (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die konsep Swart Ekonomiese Bemagtiging.
• Swart Ekonomiese Bemagtiging is ʼn integrasieprogram wat deur die
Suid-Afrikaanse regering van stapel gestuur is om Suid-Afrikaners te
versoen en die ongelykhede van apartheid reg te stel. ✓✓ (2)
3.3.4 Waarom is die SEB-program in Suid-Afrika bekendgestel?
• Dit is daarop gemik om die wanbalanse van die verlede reg te stel
deur te poog om die eienaarskap, bestuur en beheer van Suid-Afrika
se finansiële en ekonomiese hulpbronne wesenlik en regverdig aan die
meerderheid van sy burgers oor te dra en toe te ken. ✓✓ (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
3.3.5 Beskryf die effek van die Swart Ekonomiese Bemagtingingswet op
vroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie.
• SEB het baie swart vroue in Suid-Afrika ʼn kans gegee om ten volle
aan die hoofstroom van die ekonomie deel te neem. ✓✓
• Vandag is vroue ʼn dryfkrag agter ekonomiese ontwikkeling aangesien
hulle eienaars en bestuurders van baie swart-geleide besighede is ✓✓
• Vroue word vandag in baie sfere van die ekonomie aangetref, wat
wissel van bestuur tot eienaarskap van besighede. ✓✓
• In ʼn mate is die gaping tussen vrouens en mans verklein. ✓✓ (4)
3.4 Bespreek openbare werke-programme en werkloosheidsversekering as
metodes om werkloosheid te bekamp.
Openbare werke programme
• Die Uitgebreide Openbare Werke-program is ʼn inisiatief wat deur die regering
begin is om werk vir werkloses te skep en lewenstandaarde te verhoog ✓✓
• Dit behels gewoonlik dinge soos die bou van paaie, die bou van
laekostebehuising, die skoonmaak van gemeenskappe en die bou van
damme ✓✓
• Die idee is dat mense sonder werk in diens geneem sal word om die
infrastruktuur in landelike en munisipale gebiede te verbeter ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
Werkloosheidsversekering
• WVF bied beperkte korttermyn finansiële bystand aan werkers wanneer hulle
werkloos word. ✓✓
• Elke werker en werkgewer in die formele sektor moet bydra tot die WVF. ✓✓
• Werkers wat hul werk verloor kan ʼn gedeelte van hul lone vir ses maande by
die fonds eis. ✓✓
• ʼn Spesiale WVF is onder COVID-19 ingestel om te verseker dat werkloses
tydens die inperking ondersteun word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.5 Hoe het die regering die kwessie van grondverspreiding in Suid-Afrika
opgelos?
Grondherstelprogram ✓
• Die doel van die program is om die geldigheid van eise te assesseer, grond
te herstel of finansiële vergoeding aan die eisers te betaal. ✓✓
• Vergoed al die mense wat van hul grond ontneem is as gevolg van
rasdiskriminerende wette en praktyke. ✓✓
Grondherverdelingsprogram ✓
• Die program het ten doel gehad om voorheen benadeelde Suid-Afrikaners
toegang tot landbougrond te bied. ✓✓
• Die doel van die regering was om 30% van SA se landbougrond teen 2005
aan swart boere te herverdeel. ✓✓
• Die klem het sedertdien verskuif van vinniger herverdeling van grond na meer
ondersteuning aan grondbegunstigdes. ✓✓
(Enige 2 x 4/Maksimum van 2 punte vir blote lys en voorbeelde.) (8)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat met markmislukkings
verband hou.
• Produktiewe ondoeltreffendheid ✓
• Toewysings ondoeltreffendheid ✓ (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is die doel van HOP?
• Die breër doel van hierdie sosio-ekonomiese beleid was om ʼn meer
gelyke samelewing te vestig deur heropbou en ontwikkeling asook die
versterking van demokrasie vir alle Suid-Afrikaners. ✓✓ (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die belasting wat op salarisse betaal word.
• Inkomstebelasting ✓ (1)
4.2.2 Lys enige ander belasting wat deur SAID (SARS) ontvang word.
• Maatskappye belasting ✓
• BTW ✓
• Sonde belasting ✓ (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term besteebare inkomste.
• Beskikbare inkomste na aftrekking van inkomstebelasting. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2)
4.2.4 Waarom hef die Suid-Afrikaanse regering belasting?
• Die Suid-Afrikaanse regering hef belasting op om hul uitgawes te dek
om dienste aan die burgers van Suid-Afrika te lewer ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2)
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
4.2.5 Gebruik ʼn grafiek om te illustreer hoe 'n verhoging in
inkomstebelasting die vraag na goedere sal beïnvloed.
V1 ✓✓ V ✓✓
Afname in vraag
Puntetoekenning
as gevolg van Oorspronklike vraag-
afname in kromme (D) 2 punte
Prys
besteebare
inkomste
Nuwe vraag-
kromme (D1) 2 punte
Hoeveelheid
(4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer EEN vereiste uit die spotprent vir die man om aansoek te
doen vir die pos wat geadverteer is.
• Vaardighede ✓ (1)
4.3.2 Watter instelling verskaf statistiese inligting vir werkloosheid in Suid-
Afrika?
• Statistieke Suid-Afrika/StatsSA/Departement van Arbeid ✓ (1)
4.3.3 Verduidelik kortliks die term werkloosheid.
• Dit is waar lede van die arbeidsmag sonder werk is, beskikbaar of geskik
is vir werk en werk soek, maar nie werk kan kry nie. ✓✓ (2)
4.3.4 Hoekom moet die regering bekommerd wees oor die hoë
werkloosheidsyfer in ons land?
• Hoe meer mense werkloos is, hoe meer mense sal van die regering
afhanklik wees vir finansiële bystand. ✓✓
• Die hoë werkloosheidskoers lei tot ʼn lae ekonomiese groeikoers. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord). (2)
4.3.5 Hoe kan die regering ingryp om deelname van die gemarginaliseerde
groepe aan die ekonomie van die land te verseker? (4)
• Ekonomies gemarginaliseerde groepe moet geteiken word vir onderwys
en opleiding aangesien dit hul lewensgehalte kan verbeter. ✓✓
• Die regering moet fokus op die bou van beter fasiliteite soos skole,
hospitale en polisiestasies in daardie gemeenskappe wat dit desperaat
nodig het. ✓✓
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
• Die regering moet inligting oor hierdie groepe monitor en ondersoek en
hoe die veranderinge hulle raak. ✓✓
• Verskaf vaardigheidsopleiding vir jong vroue en mans oor
entrepreneurskap en kleinsake-ontwikkeling. ✓✓
• Bemagtiging van jong vroue vir langtermyn-bestaansekerheid. ✓✓
• Om te verseker dat BBSEB fyn gemonitor word om te verseker dat dit die
voorheen benadeelde groepe bevoordeel. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
4.4 Bespreek die oorsake van armoede in die land.
• Die onvermoë van arm huishoudings om in eiendomsbesit te belê. ✓✓
• Beperkte/Swak onderwys lei tot minder geleenthede. ✓✓
• Beperkte toegang tot krediet, in sommige gevalle – wat meer armoede skep
deur oorgeërfde armoede. ✓✓
• Die sistematiese uitsluiting van etniese minderhede, stamme, vroue en mense
met gestremdhede van deelname aan billike ekonomiese ondernemings en
toegang tot instellings/markte. ✓✓
• Oorlog, misdaad en geweld is ʼn paar primêre oorsake van armoede in baie
Afrika lande, insluitend Suid-Afrika (sedert 2000), waar politieke geweld en
georganiseerde misdaad histories gefloreer het, was die armoedevlak twee keer
groter as in lande met minder gerapporteerde oorlog, misdaad en geweld
syfers. ✓✓
• Werkloosheid – Skraal geleenthede was een van die hoofoorsake van
armoede. ✓✓ (8)
4.5 Hoekom moet die regering in die ekonomie ingryp?
• Om ondoeltreffendhede in die ekonomie reg te stel soos monopolieë,
verspreiding van rykdom ens. ✓✓
• Die mark is nie in staat om goedere en dienste vir die mense te verskaf nie bv.
gesondheidsdienste en infrastruktuur/om noodsaaklike dienste te verskaf wat
deur die mark ondervoorsien word soos gesondheid, onderwys ens. ✓✓
• Om ongelyke geleenthede in die mark te voorkom/om billike mededinging te
skep deur samespanning, buitensporige pryse, samesmelting van groot
sakeondernemings ens. ✓✓
• Om te waak teen markpryse wat nadelig kan wees vir die ekonomie se
gesondheid. ✓✓
• Om die vlak van welsyn te verbeter deur ʼn stelsel van toelaes betaalbaar aan
die armste lede van die samelewing te finansier. ✓✓
• Om strategiese nywerhede in die land soos kragopwekking, watervoorrade en
vervoerinfrastruktuur te bestuur. ✓✓
• Om markmislukkings reg te stel wat lei tot onvoldoende voorsiening van
noodsaaklike goedere en dienste. ✓✓
• Om regverdige behandeling van werkers te bevorder en uitbuiting te voorkom,
stel dit dus minimum lone en maksimum werksure vas. ✓✓
(Aanvaar ander relevante en korrekte antwoorde.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.
• 'n Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat met die
vraagonderwerp verband hou, te bepaal. Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/ Debatteer Maks. 26
Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is en verduidelik/
Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei Maks 10
Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor/ Gebruik die inligting en
argumenteer/Debatteer/Evalueer
Slot:
Enige relevante hoër orde gevolgtrekking wat moet insluit:
• ʼn Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat reeds
in die liggaam genoem is, te herhaal
Maks. 2
• ʼn Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk
• ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
• Bespreek, in detail, prysvorming onder die volgende opskrifte:
- Ewewigspunt, prys en hoeveelheid
- Die uitwerking op markte wanneer daar beide 'n afname in vraag en aanbod
is (26 punte)
• Hoe raak 'n styging in die prys van petrol produsente en verbruikers? (10 punte)
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
INLEIDING
Die konsep van vraag en aanbod is belangrik vir ekonome aangesien dit hulle help
verstaan hoe pryse in die mark bepaal word. Daarom is die beste plek vir ʼn mark om te
funksioneer waar die hoeveelheid wat deur die huishoudings gevra word gelyk is aan die
hoeveelheid wat deur die firmas verskaf word. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2 punte)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Ewewigspunt, prys en hoeveelheid:
A
Prys
P1
Mark
Ekwilibrium
Merk toekenning vir grafiek
Ewewig Prys = 1 punt
V Ekwilibrium Hoeveelheid = 1 punt
Markewewig = 1 punt
Aanbodkromme = 1 punt
Vraagkromme = 1 punt
Q1 Hoeveelheid Maks.: 4
• Ewewigspunt is waar die vraagkromme gelyk is aan die aanbodkromme en is
gemerk as 'markewewig' op die grafiek hierbo. ✓✓
• Ewewigsprys (P1 markprys) is die prys waarteen vraag en aanbod dieselfde is. ✓✓
• Ekwilibriumhoeveelheid (Q1) is die hoeveelheid goedere wat geproduseer en verkoop
word teen ʼn bepaalde prys (P1) ten einde die huishoudelike vraag heeltemal te
bevredig en waar daar geen oorblywende goedere of dienste sal wees nie. ✓✓
• Dit is dieselfde punt as ewewigspunt waar die hoeveelheid verskaf gelyk is aan die
hoeveelheid gevra en daar is geen kragte wat optree om die prys te verander nie. ✓✓
Grafiek = 4 punte
Verduideliking = 8 punte
(Maks. 12 punte)
Die uitwerking op markte wanneer daar beide ʼn afname in vraag en aanbod is.
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
A2
A1
Prys
e2
P2 e
P1 Merk toekenning vir grafiek
Benoeming van die x-as = 1
e1 Benoeming van die y-as = 1
Nuwe aanbodkromme A1 = 1
Nuwe vraagkromme V1 = 1
Oorspronklike ewewigspunt e = 1
V1 Nuwe ewewigspunt e1 = 1
V2 Nuwe ewewigspunt e2 = 1
Maks. 4
Q2 Q1 Hoeveelheid
• Ewewigspunt (e) is waar die oorspronklike vraagkromme (V) gelyk is aan die
oorspronklike aanbodkromme (A) en is gemerk as 'punt e' op die grafiek hierbo. ✓✓
• Markprys sal op 'P1' wees en die hoeveelheid wat op die mark aangebied word, sal op
'Q1' wees. ✓✓
• Wanneer die vraag van ʼn produk afneem, sal die oorspronklike vraagkromme (V) na
binne skuif en na links gemerk as V1. ✓✓
• Ewewigspunt sal nou van punt 'e' na punt 'e1' verskuif en die prys van die produk sal
daal. ✓✓
• Markprys en hoeveelheid sal afneem tot die ewewig by e1. ✓✓
• As gevolg van vraag behoort dalende aanbod nou ook af te neem, dus sal die
aanbodkromme na links in posisie A1 beweeg. ✓✓
• Die nuwe ewewigspunt (e2) sal nou wees waar V1 en A1 sny by punt 'e2', dus teen ʼn
laer markrprys. ✓✓
• Die markprys sal nou weer op P1 vanaf P2 vestig. Hoeveelheid sal afneem van Q1 na
Q2. ✓✓
Grafiek = 4 punte
Verduideliking = 10 punte
(Maks. 14 punte)
(26 punte)
ADDISIONELE DEEL
Hoe raak ʼn styging in die prys van die petrol produsente en verbruikers?
• Verhoog die koste van vervoer van goedere en dienste ✓✓
• Produsente dra die koste oor na verbruikers deur die prys te verhoog ✓✓
• Aanbod neig om af te neem as gevolg van ʼn afname in vraag ✓✓
• Verbruikers is geneig om minder te eis as gevolg van ʼn styging in prys ✓✓
• Minder vraag na goedere kan lei tot ʼn afname in ekonomiese aktiwiteite en ekonomiese
groei ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks. 10 punte)
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
SLOT
Prysvorming is ʼn dinamiese gebeurtenis met enige verandering in vraag of aanbod wat
die markprys van goedere en dienste beïnvloed.
Dit is belangrik om te verseker dat al die hulpbronne doeltreffend aangewend word sodat
die ekonomie met optimale kapasiteit kan funksioneer en groei kan plaasvind. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde reaksie.) (Maks. 2 punte)
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
• Bespreek werkloosheid in detail onder die volgende opskrifte.
- Oorsake van werkloosheid
- Gevolge van werkloosheid (26 punte)
• Hoe kan die regering werkloosheid oplos deur 'n gesonde monetêre en fiskale
beleid? (10 punte) [40]
INLEIDING
Werkloosheid is ʼn situasie waarin lede van die arbeidsmag sonder werk is, beskikbaar of
geskik is vir werk en werk soek, maar nie werk kan kry nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks. 2 punte)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Oorsake van werkloosheid:
Wrywingswerkloosheid ✓
• Terwyl sommige besighede en nywerhede uitbrei, word ander kleiner. ✓✓
• Dit beteken dat mense dikwels van een werk na ʼn ander beweeg. ✓✓
• Hulle sal na verskillende werksonderhoude gaan. ✓✓
• Terwyl mense nuwe werk soek, word dit gesê dat hulle wrywingwerkloos is. ✓✓
Seisoenale werkloosheid ✓
• Sommige besighede en nywerhede het baie besige tydperke, waartydens hulle baie
werkers benodig en baie stadige tydperke waartydens hulle minder of geen werkers
nodig het nie. ✓✓
• Die boerdery- en toerismebedrywe is voorbeelde van seisoenale werkloosheid. ✓✓
• Die werkers is werkloos gedurende die stadige tydperk en heraangestel gedurende
die besige seisoen. ✓✓
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
Strukturele en tegniese werkloosheid ✓
• Strukturele werkloosheid vind plaas wanneer daar groot veranderinge in die ekonomie
van die land is. ✓✓
• Strukturele werkloosheid kan ontstaan as gevolg van ʼn aantal faktore:
- Produksiemetodes en -tegnieke verander: Werkers het dalk nie die vaardigheid
om nuwe tegnologie te gebruik nie of is dalk nie nodig om nuwe tegnologie te
bedryf nie. Byvoorbeeld, OTM's wat banktellers vervang het. ✓✓
- Buitelandse mededinging neem toe: Produkte wat van oorsee af inkom, beteken
dat Suid-Afrikaanse ondernemings dalk nie met die goedkoper pryse kan meeding
nie en dalk werkers sal moet afdank. ✓✓
- Belangrike bedrywe verander: ʼn Lae vraag na goud veroorsaak byvoorbeeld dat
myne sluit en mense hul werk verloor. ✓✓
• Strukturele werkloosheid is ʼn ernstige probleem. ✓✓
• Werkers moet heropgelei word of van een gebied na ʼn ander verskuif word waar hulle
werk kan kry wat hul vaardighede en kwalifikasies benodig. ✓✓
(Maks. 14 punte)
Gevolge van werkloosheid
• Werkloosheid het ʼn negatiewe impak op die werklose individu sowel as op besigheid,
die regering en die samelewing as geheel. ✓✓
• Ekonome tref ʼn onderskeid tussen ekonomiese koste en sosiale koste van
werkloosheid. ✓✓
Ekonomiese koste van werkloosheid: ✓
• Verlore produksie en uitset van goedere en dienste: Werkloosheid veroorsaak ʼn
vermorsing van skaars ekonomiese hulpbronne en verminder die
langtermyngroeipotensiaal van die ekonomie. ✓✓
• ʼn Ekonomie met hoë werkloosheid produseer binne sy
produksiemoontlikheidskromme. ✓✓
• As werkloosheid verminder kan word, kan die totale nasionale uitset toeneem. ✓✓
• Besigheidsdruk: As meer mense in diens geneem is, sou meer goedere en dienste
kon koop. ✓✓
• Hoë vlakke van werkloosheid veroorsaak dat besighede inkomste verloor. ✓✓
• Fiskale koste vir die regering: ʼn Toename in werkloosheid lei tot hoër
voordeelbetalings en laer belastinginkomste. ✓✓
• Die styging in staatsbesteding tesame met die daling in belastinginkomste kan ʼn groter
begrotingstekort tot gevolg hê. ✓✓
• Verlies aan belegging in menslike kapitaal: Werkloosheid mors van die skaars
hulpbronne wat gebruik word om werkers op te lei. ✓✓
• Werkers wat vir lang tydperke werkloos is, raak ongeskool namate hul vaardighede al
hoe meer verouderd raak. ✓✓
• Dit verminder hul kanse om in die toekoms werk te kry. ✓✓
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
Maatskaplike koste van werkloosheid ✓
• Werkloosheid raak ook die samelewing en individue.
• Sosiale en gesinsdruk: Studies het getoon dat verhoogde werkloosheid lei tot
verhoogde druk op samelewings en gemeenskappe. ✓✓
• Misdaad neem gewoonlik toe. ✓✓
• Gesinsgeweld en die opbreek van gesinne neem ook toe. ✓✓
• Toename in armoede en inkomste-ongelykheid: Gebiede met hoë werkloosheid sal ʼn
afname in reële inkomste en besteding sien wat tot relatiewe armoede en inkomste-
ongelykheid lei. ✓✓
• Gemeenskapsdemografie: Aangesien jonger werkers geografies meer beweeglik is as
ouer werknemers, is daar ʼn risiko dat gebiede met bogemiddelde werkloosheid onder
en veroudering van arbeidsmag sal ly. ✓✓
• Gemeenskapsvrese en -druk: Hoë werkloosheid kan xenofobie en proteksionisme
aanmoedig. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks. 12 punte)
(26 punte)
ADDISIONELE DEEL
Monetêre beleid:
• Die regering kan rentekoerse verlaag wat krediet goedkoper maak. ✓✓
• Dus kan verbruikers en produsente nou meer leen en meer bestee. ✓✓
• Rentekoste op vorige lenings, bv. huislenings en huuraankope, daal, wanneer
rentekoerse verlaag word, sal hulle meer geld beskikbaar hê om te bestee. ✓✓
• Die totale vraag neem toe, wat lei tot ʼn toename in die vraag na arbeid/werkers. ✓✓
• ʼn Toename in vraag en produksie lei tot ʼn toename in indiensnemingskoers. ✓✓
Fiskale beleid:
• Die regering kan vir ʼn tekort begroot, en belasting verlaag wat verbruikers en
besighede met meer geld sal laat om te bestee. ✓✓
• As gevolg hiervan sal die totale vraag, produksie en indiensneming toeneem. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde reaksie.) (Maks. 10 punte)
GEVOLGTREKKING:
Afgesien van die monetêre en fiskale beleid om werkloosheid op te los, kan die regering
die aanbodkant-benadering gebruik wat daarop gemik is om die koste om sake te doen te
verminder en doeltreffendheid van insette van die mark te verbeter. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde reaksie) (Maks. 2 punte)
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
17
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7/v1-49bd3e0c5a901fd5b725/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85d4f782-147c-494a-8e6e-f677e427afe6/v1-b11f48e572bd5a64b515/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper and memo