Downloaded from hlayiso.com
PROVINCIAL EXAMINATION
JUNE 2023
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2023
GRAAD 10
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 2)
16 bladsye
Skip to contentAll 2023 papers %20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
%20%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006/v1-eff1872547cc2e58ad7f/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7/v1-b43323022ef5c4613d3c/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3/v1-56a0c523d3c9c11bb0ae/card.webp)
View all




%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826/v1-d1c56c105652ccf57e8b/card.webp)
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 692.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Gauteng June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1 20 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C – marginale nut neem af namate meer eenhede van ʼn produk verbruik
word.
1.1.2 C – homogene produkte.
1.1.3 D – ondoeltreffendheid tydens die toekenning van hulpbronne en
inkomste plaasvind.
1.1.4 B – buite die produksiemoontlikheidskromme.
1.1.5 D – Maksimum pryse. (5 x 2) (10)
1.2 PASITEMS
1.2.1 F
1.2.2 C
1.2.3 D
1.2.4 G
1.2.5 E
1.2.6 B (6 x 1) (6)
1.3 IDENTIFISEER DIE TERM
1.3.1 Ewewig
1.3.2 Monopolistiese mededinging
1.3.3 Produktiewe ondoeltreffendheid
1.3.4 Indirekte belasting (4 x 1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord EEN van die volgende twee vrae van hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae
2.1.1 Lys enige TWEE tipes werkers wat kwalifiseer om minimum loon in
Suid-Afrika te ontvang.
Plaaswerkers
Huiswerkers
Werkers in diens van ʼn uitgebreide openbare werke-program
(Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is ʼn geleentheidskoste?
Geleentheidskoste is die opgeofferde alternatief, die produk wat
prysgegee word.
Die verlies van ander alternatiewe wanneer een alternatief gekies
word.
Die waarde of voordeel wat prysgegee word deur aan daardie
aktiwiteit deel te neem, relatief tot ʼn alternatiewe aktiwiteit.
Die koste van ʼn alternatiewe wat prysgegee is.
(Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (1 x 2) (2)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
2.2 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
REKORD HOË BRANDSTOFPRYSE
[Voorspellingsverhogings sal lei tot rekordhoë brandstofpryse in Maart/Laevelder]
2.2.1 Gee EEN faktor wat die vraag na ʼn produk kan beïnvloed.
Die prys van die produk
Die inkomste van verbruikers
Die weer
ʼn Verandering in modes
ʼn Verandering in die prys van ʼn verwante produkte
ʼn Verandering in die grootte van die bevolking
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
2.2.2 Wat bepaal die markprys van goedere in ʼn vryemarkekonomie?
Markkragte/Kragte van vraag en aanbod (1)
2.2.3 Beskryf die term aanbod.
Aanbod is die totale hoeveelheid van ʼn produk of diens wat ʼn
produsent/verkoper bereid en in staat is om teen ʼn sekere prys
gedurende ʼn gegewe tydperk te verkoop. (2)
2.2.4 Beskryf die helling van die vraagkromme.
Die vraagkromme neig afwaarts van links na regs as gevolg van die
omgekeerde verhouding tot hoeveelheid.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
2.2.5 Waarom sal ʼn styging in brandstofpryse die verbruiker negatief
beïnvloed?
ʼn Styging in brandstofpryse sal veroorsaak dat die verbruiker meer
vir vervoer betaal.
Die koste van alle goedere sal styg as gevolg van die toename in
vervoerkoste van alle produkte.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4)
2.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
PRODUKSIE MOONTLIKHEID KROMMES VAN TWEE PRODUKTE
(PRODUK X EN PRODUK Y)
2.3.1 Identifiseer die kromme wat beter produksiekombinasies sal
oplewer.
Kromme CD (1)
2.3.2 Wat is die vorm van hierdie kromme?
Konveks/Geboë na buite (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term produksiemoontlikheidskromme.
Die PMK dui kombinasies aan van enige twee goedere wat sonder
vermorsing geproduseer kan word en die gebruik van alle beskikbare
hulpbronne tot die beste voordeel. (2)
2.3.4 Wat wys die verskuiwing in die kromme van AB na CD?
ʼn Uitwaartse verskuiwing in die PMK dui op ʼn toename in die
produksie-uitset van beide produkte.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
2.3.5 Bespreek TWEE moontlike redes vir die uitwaartse verskuiwing van
ʼn produksiemoontlikheidskromme.
Beter produksietegnieke word gebruik.
Beter vlak van tegnologie wat tydens produksie gebruik word.
Verhoogde motivering van werkers.
Verhoogde opleiding van werkers.
Beter gehalte van produksiefaktore wat gebruik word.
Doeltreffender vervoerdienste.
Meer effektiewe kommunikasiedienste.
Verbeterde gesondheidsorg van werkers.
Bekendstelling van kapitaalhulpbronne in die ekonomie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
2.4 Verduidelik VIER faktore wat die bestaan van ʼn mark sal bepaal.
Daar sal ʼn mark bestaan as daar ten minste een koper en een verkoper is.
Die koper het die middele om die produk te koop.
Die verkoper het die vereiste produk om aan te bied.
Die koper en verkoper stem saam oor prys en hoeveelheid.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
2.5 Evalueer die redes waarom die regering subsidies toestaan.
Om verbruikers te bevoordeel aangesien gesubsidieerde goedere goedkoper
is./Wanneer die staat produkte subsidieer, kan verbruikers die goedkoper
produkte koop.
Produkte word goedkoper in ander lande omdat die regering uitvoerders
subsidieer.
Die produksiekoste word verlaag, en dit word makliker vir baie nuwe
ondernemings om gevorm te word omdat hulle gehelp word om te begin.
Om werksgeleenthede te verhoog en werksgeleenthede veiliger te maak./
Namate nuwe en baie besighede gevorm word, neem werksgeleenthede toe
en uiteindelik verminder die land se werkloosheidsyfer.
Verbeter die lewenstandaard van die mense as hulle maatskaplike toelaes
ontvang en gratis basiese goedere en dienste soos onderwys, gesondheid,
ens.
(Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (8)
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE maatskaplike welsynstoelaes wat deur
Suid-Afrikaners ontvang word.
Ouderdomspensioene
Kinderondersteuningstoelae
Ongeskiktheidstoelaag
Oorlogsveteraane toelae
Pleegsorg toelae
Sorgafhanklikheidstoelaag
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die wet van aanbod?
Die wet van aanbod bepaal dat namate die prys van ʼn produk toeneem,
die hoeveelheid wat van die produk aangebied word, sal toeneem, en
namate die prys van ʼn produk daal, die hoeveelheid wat van die produk
aangebied word, sal afneem (2)
3.2 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg
MARGINALE NUT VAN BOTTELS YSTEE VERBRUIK.
HOEVEELHEID MARGINALE NUT
TOTALE NUT (TN)
BOTTELS YSTEE (MN)
1 90 90
2 75 165
3 50 215
4 35 250
5 10 260
6 5 265
7 0 265
3.2.1 Watter bottel ystee gee die grootste bevrediging?
Die eerste bottel ystee. (1)
3.2.2 Identifiseer watter bottel ystee geen ekstra bevrediging gee wanneer
dit verbruik word nie.
Die 7de bottel ystee. (1)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
3.2.3 Verduidelik kortliks die helling van die marginale nut kromme.
Marginale nut kromme het ʼn negatiewe gradiënt, en dit helling
afwaarts van links bo na regs onder./Die helling van die marginale nut
kromme is afwaarts skuins, wat verklaar dat die eerste eenheid meer
bevrediging lewer en wanneer meer verbruik word, daal marginale
nut.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Wat is die verband tussen nut en die vraag na ʼn produk?
Hoe groter die bevrediging wat verkry word deur die verbruik van ʼn
produk, hoe groter is die vraag en omgekeerd.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.5 Gebruik die inligting uit die tabel hierbo om ʼn duidelik gemerkte
marginale nut grafiek te teken.
PUNTETOENNING
Korrekte helling van die MN-kromme = 2 punte
Aanduiding van die X-as = 1 punt
Aanduiding van die Y-as = 1 punt
(Maks. 4) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
3.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
LANDBOU SUBSIDIES
3.3.1 Gee EEN voorbeeld van subsidies wat die Suid-Afrikaanse regering
aan boere verskaf.
Produsente subsidies
Verbruikersubsidies
Uitvoer subsidies
Subsidies vir indiensneming
Inkomste subsidies (1)
3.3.2 Identifiseer die hoeveelheid geproduseer voordat die subsidie
toegestaan is.
75 (1)
3.3.3 Beskryf die term subsidie.
ʼn Finansiële bystand wat die regering aan besighede of individue
verleen. (2)
3.3.4 Wat is die effek van subsidies op die prys van mielies aan
verbruikers?
Subsidies lei tot ʼn afname in die prys van die produk./Prysdalings
van P tot P1.
(Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (2)
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
3.3.5 Hoe sal ʼn subsidie op petrol die ekonomie bevoordeel?
Meer voertuie sal aangevra en vervaardig word.
Die prys van petrol sal daal en petrol sal bekostigbaar wees.
Vervoerkoste en reiskoste sal daal tot ʼn daling in die prys van
petrol.
Produksiekapasiteit van die land sal toeneem./Reële BBP sal
toeneem.
Die algemene prysvlak van goedere en dienste sal daal/inflasiekoers
sal daal.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (4)
3.4 Onderskei tussen produktiewe ondoeltreffendheid en toewysings-
ondoeltreffendheid.
Produktiewe ondoeltreffendheid
o Produseer nie teen die laagste moontlike koste nie.
o Nie alle hulpbronne word effektief gebruik nie.
o Daar is ruimte om koste te verminder sonder om minder goedere te
produseer of sonder om teen ʼn laer gehalte te produseer.
o Dit vind op enige stadium binne die PPC plaas; links van die
kromme.
(Maks. 4)
Toewysings-ondoeltreffendheid
o Die toekenning van hulpbronne is nie in ooreenstemming met die
verbruikers se vereistes (smaak) nie.
o Nie alle hulpbronne word effektief toegeken nie.
o Die welsyn van die gemeenskap word nie gemaksimeer nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 4) (8)
3.5 Evalueer die positiewe impak van wêreldmarkte op die ekonomie.
Globale markte bied die geleentheid vir verbruikers en verskaffers om groter
markte regoor die wêreld te benut./Hulle kan toegang hê tot meer kapitaal,
tegnologie, goedkoper invoer en groter uitvoermarkte.
Globale markte help om doeltreffendheid en beter gebruik van hulpbronne
deur mededinging en verdeling van arbeid te bevorder sodat ekonomieë en
firmas kan fokus op wat hulle die beste doen.
Die wêreld van kommunikasie en die internet vergemaklik wêreldmarkte,
handel en onderwys en bied toegang tot onafhanklike globale media en
nuwe inligting en kennis word gedeel.
Innoveerders en entrepreneurs kan idees wat suksesvol in een streek
geïmplementeer is aanpas om by hul eie area te pas.
Globalisering skep samewerking tussen nasies oor ʼn reeks nie-ekonomiese
probleme soos immigrasie, gesondheidsorg, die omgewing en
regskwessies.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg beoordeel word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde antwoord.
ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met
die onderwerp van die vraag te bepaal. Maks. 2
Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam: Maks. 26
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/
Assesseer/ Debatteer.
Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is
en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei Maks. 10
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe?/Stel voor/Gebruik die inligting en argumenteer/Debatteer/
Evalueer.
Gevolgtrekking
Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking wat die volgende moet insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
reeds in die liggaam genoem is, te herhaal.
ʼn Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is. Maks. 2
Bykomende ondersteunende inligting om die bespreking/analise te
versterk.
ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien gevra.
Aanbevelings.
TOTAAL 40
11
Downloaded from hlayiso.com
ECONOMICS
MARKING GUIDELINES
(PAPER 2) GRADE 10
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek, in detail, die eienskappe van onvolmaakte markte. (26 punte)
Hoe kan die regering verbruikers beskerm teen uitbuiting in onvolmaakte
markte. (10 punte) [40]
INLEIDING
ʼn Mark bestaan oral waar kopers en verkopers bymekaar kom om goedere en dienste
teen ʼn prys te ruil./ʼn Mark is enige plek waar kopers en verkopers bymekaar kom om
die prys en hoeveelheid goedere of dienste wat omgeruil gaan word, te bepaal.
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2 punte)
LIGGAAM:
HOOFDEEL
EIENSKAPPE VAN ONVOLMAAKTE MARKTE:
Aantal kopers en verkopers
Daar is slegs een groot verskaffer van ʼn goed of diens (monopolie) of ʼn paar groot
verskaffers (oligopolie).
Hierdie produsente het ʼn direkte invloed op die prys van die produk, en word nie
deur enige mededingers teruggehou nie en kan die prys beïnvloed.
Daar kan ook baie verskaffers wees, maar een produsent kan die vraag aansienlik
verander ten koste van ander produsente (monopolistiese mededinging).
Aard van die produk
Die goedere of dienste wat gelewer word, is heterogene of unieke produkte.
Die produkte in die mark verskil baie van mekaar en verbruikers soek spesifieke
eienskappe van elke produk.
Die verkoper verskaf produkte wat uniek is en geen nabye plaasvervangers het
nie.
Hierdie produkte kan verskil oor prys- of funksie- of bonusaanbiedings. Soms
verskil produkte as gevolg van ligging of advertensies.
Hindernisse van toegang
Toegang tot die mark is beperk of heeltemal geblokkeer sodat nuwe verskaffers nie
die mark kan betree nie.
Ander verkopers word verhoed om die mark te betree.
Die verkoper word beskerm teen mededinging deur patente, beheer van
hulpbronne en regeringsbeperkings.
Daar is baie voorbeelde van onvolmaakte markte, dit sluit in Eskom, Telkom,
DSTV, selfoonmaatskappye, vulstasies, restaurante, rekenaar- en
motorvervaardigers, ens.
12
Downloaded from hlayiso.com
Inligting beskikbaarheid
Hierdie markte het onvolmaakte inligting.
Produsente en verbruikers het onvolledige kennis oor marktoestande.
Dit is nie maklik nie, en soms nie moontlik nie, vir kopers om te weet wat al die
pryse van ʼn produk binne die mark is.
Vermoë van verskaffers om pryse te verander
Die verkoper het beheer oor die pryse. Hulle is die prysmakers.
Die produsente van die goedere en dienste kan die pryse bepaal en kopers kan nie
die pryse op ʼn beduidende manier beding of beïnvloed nie. (Maks. 26)
ADDISIONELE DEEL
Die regering kan ondersoek instel na die heffing van abnormale pryse en boetes
oplê aan ondernemings wat geraak word.
Die regering kan prysvasstelling deur oligopoliste ondersoek en boetes op hulle
oplê.
Wette kan aangeneem word wat mededinging aanmoedig en goedere bekostigbaar
maak.
Die regering kan inligting verskaf oor pryse van goedere en dienste waar inligting
onvolledig is./Die regering kan inligtingsdienste verskaf aan besighede soos
tegniese advies, inligting oor markte, ens.
Deur die mededingingsbeleid kan die regering onwettige samesmelting van groot
sakeondernemings voorkom.
Maak seker dat geen onbillike bemarking plaasvind nie.
Maak seker dat standaarde van alle produkte deur produsente nagekom word.
Hulle kan ʼn konsekwente wetgewende en handhawingsraamwerk met betrekking
tot verbruikerstransaksies en -ooreenkomste bevorder.
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 10 punte)
GEVOLGTREKKING
Die regering moet verseker dat daar minder monopolië en oligopoliste is aangesien
hierdie tipe onvolmaakte markte lei tot uitbuiting van verbruikers.
(Aanvaar enige relevante hoër-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2 punte) [40]
13
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek, in detail, staatsinmenging as gevolg van markmislukkings, onder
die volgende opskrifte:
o Maksimum pryse (10)
o Minimum pryse (8)
o Belasting (8) (26 punte)
Hoe probeer die Suid-Afrikaanse regering om die probleem van inkomste-
ongelykheid op te los? (10 punte) [40]
INLEIDING
Die doel van regeringsinmenging is om te verseker dat die regte hoeveelheid
hulpbronne aan die produksie van uitsette toegewys word sodat die samelewing as
geheel sy voordele maksimeer.
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2 punte)
LIGGAAM:
HOOFDEEL
Maksimum pryse
Punte toekenning
Ewewig = 1 punt
VV = 1 punt
AA = 1 punt
Maksimum prys = 1 punt
(Maks. 4)
Soms sal die regering die prys van ʼn goed of diens op ʼn maksimum vlak wat onder
die markprys is, bepaal.
Die regering gryp in en aanvaar ʼn wet dat verskaffers nie meer as die maksimum
prys mag hef nie.
Die onmiddellike effek is dat die hoeveelheid toevoer sal daal.
Die oorspronklike markewewigprys en -hoeveelheid is onderskeidelik P en H
Die prys wat deur die regering vasgestel is, is P1, teen hierdie prys sal die vraag na
H1 styg en die aanbod sal daal tot H2.
Die verskil tussen H1 en H2 is die tekort wat op die mark geskep sal word.
Die tekort wat deur die prysplafon veroorsaak word, skep ʼn probleem van hoe om
die goed toe te ken aangesien die vraag toegeneem het.
Swart markte begin ontwikkel. (Maks. 6)
14
Downloaded from hlayiso.com
Minimum pryse
Punte toekenning
Ewewig = 1 punt
VV = 1 punt
AA = 1 punt
Minimum prys = 1 punt
(Maks. 4)
Dit is vir alle lande belangrik dat hul landbousektor genoeg voedsel produseer om
die bevolking te voed.
Sommige voedsel is belangriker as ander omdat dit ʼn stapelvoedsel is.
Arm mense sal swaarkry as daar nie stapelvoedsel beskikbaar is nie en dit kan tot
hongersnood lei.
Regerings gryp in die mark in om te verseker dat genoeg hoeveelheid voedsel
geproduseer word.
Soms stel hulle ʼn minimum prys op stapelvoedsel in.
Hulle wil dit vir boere die moeite werd maak om genoeg kos te produseer.
In S.A. is mielies en koring stapelvoedsel.
Voor 1994 is boere ʼn minimum prys op hierdie voedsel gewaarborg.
Die instelling van minimum pryse het newe-effekte.
Wanneer die regering nie by die mark betrokke is nie, P = ewewigsprys, H =
ewewigshoeveelheid. Punt a = markprys.
Wanneer die regering ingryp, word ʼn minimum prys bo die markprys vasgestel teen
P1.
Prys styg van P tot P1.
Die hoeveelheid wat gevra word, neem af van H tot H1.
Die hoeveelheid wat verskaf word, styg van H tot H2.
ʼn Surplus (oortollige aanbod) wat op die mark bestaan./Hoeveelheid wat verskaf
word, is meer as die hoeveelheid wat gevra word.
Boere het ʼn surplus = ʼn probleem wat hulle sal moet oplos.
Hulle kan dit op ander markte stort. (Storting = verkoop van goedere op buitelandse
markte teen ʼn prys wat minder is as die land van herkoms.)
Die WHO verbied dit. Die enigste manier om van hierdie surplus ontslae te raak, is
om dit te vernietig of aan diere te voed. (Maks. 4)
15
Downloaded from hlayiso.com
Belasting
Punte toekenning
Oorspronklike ewewig = 1 punt
Nuwe ewewig = 1 punt
Nuwe aanbodkromme = 1 punt
Verhoogde prys = 1 punt
(Maks. 4 )
Die gepaste manier om deur die regering in die mark in te gryp, is deur belasting te
hef as ʼn metode om eksterne koste te verhaal.
Die oorspronklike markewewig is op e, met P as die ewewigsprys en H as die
ewewigshoeveelheid.
Die belastingverhoging sal die aanbodkromme na links skuif.
Die nuwe ewewig sal by e1 wees.
ʼn Belasting sal die prys van P na P1 verhoog.
Produksie sal afneem van H tot H1. (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks. 26 punte)
ADDISIONELE DEEL
Die regering kan probeer om die probleem van ongelykheid in inkomste op te los deur:
Implementering van ʼn progressiewe belastingstelsel wat die inkomstegaping tussen
inkomsteverdieners verminder.
Die heffing van indirekte belasting op verbruik (bv. BTW), terwyl sekere basiese items
wat die armes dikwels verbruik, uitgesluit is
Die verskaffing van gratis primêre gesondheidsorg in provinsiale hospitale en
klinieke.
Voorsiening van gratis basiese onderwys vir diegene wat dit nie kan bekostig om te
betaal nie.
Oordragbetalings en subsidies betaalbaar aan armes en voorheen benadeeldes.
Implementering van minimum lone.
Implementeer werkskeppingsprogramme.
Implementering van BBSEB- en arbeidswette. (Maks. 10 punte)
GEVOLGTREKKING
Die ingryping van die regering verseker dat ondoeltreffendheid uitgeskakel word en dat
die mark doeltreffend funksioneer.
(Aanvaar enige relevante hoër-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
16
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)
%20%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006/v1-eff1872547cc2e58ad7f/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7/v1-b43323022ef5c4613d3c/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3/v1-56a0c523d3c9c11bb0ae/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 10 KZN September Test 2023 Paper & Memo
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826/v1-d1c56c105652ccf57e8b/card.webp)
Memorandum