Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2023
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 2
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
10 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9/v1-548f4bf6217dcade53fd/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a/v1-91bc50550844c4cc7456/card.webp)
View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)


Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)
Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 357.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord EEN van die twee vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde, meer as die
vereiste hoeveelheid, sal NIE gemerk word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Lees die vrae aandagtig deur.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING A: (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.1.1 Die wet van dalende marginale nut bepaal dat ...
A marginale nut toeneem namate meer eenhede van ʼn produk
verbruik word.
B marginale nut dieselfde bly namate meer eenhede van ʼn produk
verbruik word.
C marginale nut afneem namate meer eenhede van ʼn produk verbruik
word.
D marginale nut afneem namate minder eenhede van ʼn produk
verbruik word.
1.1.2 ʼn Volmaakte mark word gekenmerk deur ...
A gedifferensieërde produkte.
B onvolmaakte inligting van produkte.
C homogene produkte.
D unieke produkte.
1.1.3 Markmislukkings vind plaas wanneer ...
A daar geen vraag na ʼn produk is nie.
B regerings in markte ingryp.
C daar ʼn oormaat aanbod van ʼn produk is.
D ondoeltreffendheid in die toekenning van hulpbronne en inkomste
plaasvind.
1.1.4 Die konsep van skaarsheid word geïllustreer op die
produksiemoontlikheidskromme met punte ...
A binne die produksiemoontlikheidskromme.
B buite die produksiemoontlikheidskromme.
C op die produksiemoontlikheidskromme.
D binne en buite die produksiemoontlikheidskromme.
1.1.5 Swart markte is ʼn gevolg van ...
A belasting.
B minimum pryse.
C minimum lone.
D maksimum pryse. (5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met die item in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Vraag A Die hoeveelheid verkoop teen ʼn sekere prys
binne ʼn sekere tydperk.
1.2.2 Waarde
B Minimum prys gestel bo die ewewigsprys.
1.2.3 Pareto-
doeltreffendheid C Verwys na hoeveel iets werd is in terme van geld
of ander goedere waarvoor dit verruil kan word.
1.2.4 Opoffering
D Wanneer hulpbronne so toegewys is dat dit nie
1.2.5 Sondebelasting moontlik is om iemand beter af te maak sonder
om iemand anders slegter daaraan toe te maak
1.2.6 Prys vloer nie.
E Gehef op verbruik van produkte wat skadelik vir
mense se gesondheid is.
F Die hoeveelheid gekoop teen ʼn sekere prys
binne ʼn sekere tydperk.
G Dit verwys na ʼn afspeling tussen twee produkte.
(6 x 1) (6)
1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf die korrekte term
langs elk van die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Die punt waar die hoeveelheid wat gevra word dieselfde is as die
hoeveelheid wat verskaf word
1.3.2 ʼn Mark met baie verskaffers wat gedifferensieerde goedere verkoop
1.3.3 Wanneer die produsent nie teen die laagste moontlike koste produseer
nie
1.3.4 Belasting gehef op goedere en dienste voordat dit die verbruiker bereik,
maar uiteindelik deur die verbruiker betaal word as deel van die
markprys (4 x 1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord EEN van die volgende twee vrae van hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Lys enige TWEE tipes werkers wat kwalifiseer om minimum loon in
Suid-Afrika te ontvang. (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is ʼn geleentheidskoste? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
REKORD HOË BRANDSTOFPRYSE
[Voorspellingsverhogings sal lei tot rekordhoë brandstofpryse in Maart/Laevelder]
2.2.1 Noem EEN faktor wat die vraag na ʼn produk kan beïnvloed. (1)
2.2.2 Wat bepaal die markprys van produkte in ʼn vryemarkekonomie? (1)
2.2.3 Beskryf die term aanbod. (2)
2.2.4 Beskryf die helling van die vraagkromme. (2)
2.2.5 Waarom sal ʼn styging in brandstofpryse die verbruiker negatief
beïnvloed? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
2.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
PRODUKSIE MOONTLIKHEID KROMMES VAN TWEE PRODUKTE
(PRODUK X EN PRODUK Y)
2.3.1 Identifiseer die kromme wat beter produksiekombinasies sal oplewer. (1)
2.3.2 Wat is die vorm van hierdie kromme? (1)
2.3.3 Beskryf die term produksiemoontlikheidskromme. (2)
2.3.4 Wat wys die verskuiwing in die kromme van AB na CD? (2)
2.3.5 Bespreek TWEE moontlike redes vir die uitwaartse verskuiwing van ʼn
produksiemoontlikheidskromme. (4)
2.4 Verduidelik VIER faktore wat die bestaan van ʼn mark sal bepaal. (8)
2.5 Evalueer die redes waarom die regering subsidies toestaan. (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE maatskaplike welsynstoelaes wat deur
Suid-Afrikaners ontvang word. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die wet van aanbod? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg.
MARGINALE NUT VAN BOTTELS YSTEE VERBRUIK
HOEVEELHEID MARGINALE NUT
TOTALE NUT(TN)
BOTTELS YSTEE (MN)
1 90 90
2 75 165
3 50 215
4 35 250
5 10 260
6 5 265
7 0 265
3.2.1 Watter bottel ystee gee die grootste bevrediging? (1)
3.2.2 Identifiseer watter bottel ystee geen ekstra bevrediging gee wanneer dit
verbruik word nie. (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die helling van die marginale nut kromme. (2)
3.2.4 Wat is die verband tussen nut en die vraag na ʼn produk? (2)
3.2.5 Gebruik die inligting uit die tabel hierbo om ʼn duidelik gemerkte marginale
nut grafiek te teken. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
3.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
LANDBOU SUBSIDIES
3.3.1 Gee EEN voorbeeld van subsidies wat die Suid-Afrikaanse regering aan
boere verskaf. (1)
3.3.2 Identifiseer die hoeveelheid geproduseer voordat die subsidie toegestaan
is. (1)
3.3.3 Beskryf die term subsidie. (2)
3.3.4 Wat is die effek van subsidies op die prys van mielies aan verbruikers? (2)
3.3.5 Hoe sal ʼn subsidie op petrol die ekonomie bevoordeel? (4)
3.4 Onderskei tussen produktiewe ondoeltreffendheid en toewysings
ondoeltreffendheid. (8)
3.5 Evalueer die positiewe impak van wêreldmarkte op die ekonomie. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.
ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met
die onderwerp van die vraag te bepaal.
Maks. 2
Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Moenie inligting in die inleiding gebruik wat jy in die liggaam gaan
bespreek nie.
Liggaam: Maks. 26
Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
Debatteer.
Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is
en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Maks 10
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel
voor/Gebruik die inligting en argumenteer/Debatteer/Evalueer.
Gevolgtrekking
Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking wat die volgende moet insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
reeds in die liggaam genoem is, te herhaal.
ʼn Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is. Maks. 2
Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
versterk.
ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig.
Aanbevelings.
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek, in detail, die eienskappe van onvolmaakte markte. (26 punte)
[40]
Hoe kan die regering verbruikers beskerm teen uitbuiting in onvolmaakte markte?(10 punte)
VRAAG: 5 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek, in detail, staatsinmenging as gevolg van markmislukkings, onder die
volgende opskrifte:
o Maksimum pryse (10)
o Minimum pryse (8)
o Belasting (8) (26 punte)
Hoe probeer die Suid-Afrikaanse regering om die probleem van inkomste-
ongelykheid op te los? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9/v1-548f4bf6217dcade53fd/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a/v1-91bc50550844c4cc7456/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper and memo
Economics Grade 10 KZN September Test 2023 Paper & Memo

Memorandum