Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2020
GRAAD 10
EKONOMIE
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2020 papers %20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9/v1-548f4bf6217dcade53fd/card.webp)
%20November%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589/v1-a14331353fa97cee8a8b/card.webp)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e/v1-b99a12155472733345e8/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 514.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Gauteng November 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 2
GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND.
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE nagesien
word NIE.
3. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoord ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Skryf die nommer van die vraag bo-aan elke antwoord neer.
6. Lees die vrae aandagtig deur.
7. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Los 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 3
GRAAD 10
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE VRAE 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.1.1 Goedere wat gebruik kan word om ʼn ander te vervang.
A Komplementêre goedere
B Ekonomiese goedere
C Substituut goedere
D Vrye goedere
1.1.2 Nut wat die verbruiker verdien deur addisionele eenhede van ʼn produk
te verbruik.
A Totale nut
B Marginale nut
C Waarde nut
D Ekonomiese nut
1.1.3 Die kombinasie van geproduseerde goedere weerspieël die maksimum
nut van die verbruiker.
A Allokeringsdoeltreffendheid
B Produktiewe doeltreffendheid
C Pareto-doeltreffendheid
D Gekombineerde doeltreffendheid
1.1.4 Wanneer die hoeveelheid van ʼn spesifieke goed wat voorsien word,
groter is as die vraag na daardie spesifieke goed.
A Markewewig
B Markmislukking
C Marksurplus
D Marktekorte
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 4
GRAAD 10
1.1.5 Formele vergaderings tussen vakbondverteenwoordigers en die
werkgewers.
A Kollektiewe bedinging
B Bedingingsraad
C Werkplekforums
D KVBA (CCMA)
1.1.6 Watter effek sal meganisasie op arbeid hê as daar ʼn toename in die
gebruik van masjiene vir produksie is?
A Afname in vraag na arbeid
B Toename in die vraag na arbeid
C Afname in die aanbod van arbeid
D Arbeid sal ongeaffekteer wees
1.1.7 Die monetêre en fiskale beleid wat deur die regering gebruik word
vorm deel van die ... -beleid.
A groei
B aanbodkant
C vraagkant
D NEDLAC
1.1.8 Die organisasie wat verantwoordelik is vir die publikasie van
arbeidsmagnavorsing in Suid-Afrika.
A SAID
B Statistieke Suid-Afrika
C Departement van Arbeid
D Menseregtekommissie van Suid-Afrika
(8 x 2) (16)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 5
GRAAD 10
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met ʼn item in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Komplementêre A Ekonomiese toestand waar
goedere hulpbronne nie verskuif kan word om
een individu beter af te maak sonder
1.2.2 Onvolmaakte mark om ten minste een ander individu
slegter af te maak nie
1.2.3 Pareto-doeltreffendheid
B Goedere wat saam met ander
1.2.4 Oortollige aanbod van goedere gebruik word
arbeid
C Beskerm werknemers van alle
1.2.5 Wet op Basiese sektore ongeag of hulle in ʼn vakbond
Diensvoorwaardes is of nie
1.2.6 Breë-basis Swart D Goedere wat in plaas van ander
Ekonomiese goedere gebruik kan word
Bemagtiging
E Strategie wat gebruik word om
1.2.7 Arbeidshof arbeidsmagdeelname van
gemarginaliseerde groepe te verhoog
1.2.8 Herverdeling van
inkomste F Die hantering van arbeidsgeskille
soos onbillike ontslag
G Verkopers van goedere het die mag
om pryse vas te stel
H Oordrag van inkomste en welvaart
van sommige individue aan ander
deur middel van sosiale meganismes
soos belasting, liefdadigheid, welsyn,
openbare dienste, grondhervorming
en monetêre beleid
I Wanneer die aanbod vir arbeid meer
is as die vraag na arbeid in ʼn
spesifieke sektor
(8 x 1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 6
GRAAD 10
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. (Geen
afkortings en akronieme word toegelaat nie)
1.3.1 Die motorbedryf is ʼn voorbeeld van hierdie tipe onvolmaakte mark
1.3.2 Die maksimum bedrag wat ʼn verbruiker bereid is om vir ʼn goed of
diens te betaal
1.3.3 Die laagste prys wat verbruikers van ʼn produk aan die eienaar van ʼn
produk moet betaal
1.3.4 Mense tussen die ouderdomme van 15 en 65 wat bereid en in staat is
om te werk
1.3.5 ʼn Vereniging om werkers te help onderhandel met werkgewers oor
lone, ure, voordele en ander werksomstandighede
1.3.6 Die proses waarin die regering eienaarskap van ondernemings in die
private sektor oorneem
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 7
GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die volgende drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE vereistes vir die vestiging van ʼn mark. (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is die wet van vraag? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
Ek is so bly dit is die
Ek wens daar was nog enigste kruideniers-
ʼn kruidenierswinkel. winkel!
[Bron: https://thetechpanda.com/]
2.2.1 Identifiseer die markstruktuur wat deur die spotprent geïllustreer word. (1)
2.2.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn mark in Suid-Afrika met slegs een
verskaffer. (1)
2.2.3 Hoe kan verbruikers in die spotprent voordeel trek uit ʼn tweede
kruidenierswinkel? (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks die term oligopolie. (2)
2.2.5 Identifiseer die kriteria wat gebruik word om ʼn markstruktuur te bepaal. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 8
GRAAD 10
2.3 Bestudeer die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Mnr. Sibanda is die hoof van die Sibanda-huishouding. Hy bepaal hoeveel van
die huishouding se inkomste aan kos en klere bestee kan word. Nadat hy na
die begroting gekyk het, maak hy die volgende gevolgtrekking:
Voedselitems Kledingstukke
30 10
25 13
15 20
5 35
2.3.1 Hoeveel voedselitems kan gekoop word as mnr. Sibanda 20
kledingstukke koop? (1)
2.3.2 Volgens die tabel, hoeveel kledingstukke sal verbeur word as mnr.
Sibanda besluit om 25 voedselitems in plaas van 15 te koop? (1)
2.3.3 Wat is die doel van ʼn begrotingslyn? (2)
2.3.4 Identifiseer een kenmerk van onverskilligheidskurwes. (2)
2.3.5 Gebruik die inligting in die tabel hierbo en teken die
onverskilligheidskurwe vir die Sibanda-huishouding. (4)
2.4 Onderskei tussen direkte en indirekte belasting. (8)
2.5 Beskryf die eksterne faktore wat die posisie van ʼn Produksiemoontlikheids-
kurwe affekteer. (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 9
GRAAD 10
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE arbeidswette in Suid-Afrika. (2x1) (2)
3.1.2 Wat is die belangrikheid van die Werkloosheidsversekeringsfonds?
(1x2) (2)
3.2 Bestudeer die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg.
Vakbond-bekommernisse vertraag Cell C se CCMA-proses
DURBAN – “Die artikel 189-konsultasieproses by Cell C wat deur die
KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie)
gefasiliteer is, is Vrydag vertraag weens klagtes wat georganiseerde
arbeid gelewer het,” het die maatskappy gesê.
Cell C, Suid-Afrika se derde grootste telekommunikasiemaatskappy,
het ʼn artikel 189-konsultasieproses begin met die
Inligtingskommunikasietegnologie Unie (ICTU), die meerderheidsunie
in sy bedrywighede, oor sy voorgestelde plan om 40 persent van sy
personeel te verminder.
"Cell C is van mening dat die ICTU vertragingstaktieke in hierdie
proses gebruik," het die maatskappy gesê.
[https://www.iol.co.za/business-report/companies/trade-union-concerns-delay-
cell-c-ccma-process-50485416]
3.2.1 Hoeveel werkers sal volgens die voorstel van Cell C hul werk verloor? (1)
3.2.2 Gee een voorbeeld van ʼn vakbond wat in die artikel genoem word. (1)
3.2.3 Wat is die belangrikheid van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes? (2)
3.2.4 Noem een moontlike rede vir die voorgestelde werksbesnoeiings deur
Cell C. (2)
3.2.5 Waarom is dit voordelig vir ʼn werknemer om by ʼn vakbond aan te sluit? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 10
GRAAD 10
3.3 Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Jong professionele persoon kry ʼn loopbaanhupstoot van PSETA
Een van die organisasies wat jong professionele persone in die
openbare sektor in staat stel om professionele rekeningkundige aanwysings te
kry, is PSETA. In hul laaste inname van leerlingskappe (2018/2019) vir
gegradueerdes en professionele persone in die openbare sektor het een
gelukkige jong dame, Asanda Nojilana, gesien hoe haar loopbaan ʼn hupstoot
kry nadat sy aansoek gedoen het vir ʼn leerlingskap om ʼn Rekeningkundige
Tegnikus [RT (SA)] professionele rekeningkundige benaming te volg, aangebied
deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR).
Die Publieke Dienste Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid is een van die
21 Sektorale Onderwys- en opleidingsowerhede wat gevestig is ingevolge
artikel 9 (1) en (2) van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Nr. 97 van 1998
soos gewysig). Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling is die wet wat dit vir ons
moontlik maak en rigting gee as ʼn Sektorale Onderwys- en opleidingsowerheid,
soos uiteengesit in artikel 10 van die wet.
[https://mg.co.za/special-reports/2020-07-08-young-professional-gets-a-career-boost-
from-pseta/]
3.3.1 Waarvoor staan die afkorting PSETA? (1)
3.3.2 Volgens die uittreksel, watter individue sal baat vind by leerlingskappe
wat PSETA aanbied? (1)
3.3.3 Verduidelik wat ʼn leerlingskap is. (2)
3.3.4 Waarom is vaardigheidsontwikkeling so belangrik? (2)
3.3.5 Verduidelik kortliks TWEE fokusareas van die regering om die
ongelykhede van die verlede aan te spreek. (4)
3.4 Onderskei tussen enige TWEE tipes werkloosheid. (8)
3.5 Bepaal die funksies van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en
Arbitrasie (KVBA). (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 11
GRAAD 10
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE– 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE regeringsvlakke in Suid-Afrika. (2 x 1) (2)
4.1.2 Beskryf die term nut. (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Produksiemoontlikheidskurwe van ʼn elektroniese vervaardiger
Selfone
Tablette
4.2.1 Identifiseer die punt op die grafiek waar optimale produksie van selfone
en tablette plaasvind. (1)
4.2.2 Wat gebeur by punt C? (1)
4.2.3 Waarom is die Produksiemoontlikheidskurwe belangrik vir vervaardigers? (2)
4.2.4 Verduidelik waarom ons nie kombinasie D kan produseer nie. (2)
4.2.5 Teken ʼn grafiek wat illustreer hoe die PMK geaffekteer sal word as ons
meer tablette kan vervaardig sonder om die produksie-uitset van
selfone te beïnvloed. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 12
GRAAD 10
4.3 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Makhura gee ʼn uiteensetting van die beste-en slegste geval
werkscenario’s vir Gauteng
Personeelskrywer 20 Mei 2020
“Die Covid-19 inperking het ʼn beduidende impak op die Suid-Afrikaanse
ekonomie gehad en sal lei tot honderde duisende verliese aan
werksgeleenthede,” sê David Makhura.
Makhura het Dinsdag (19 Mei) die Gautengse Wetgewer toegespreek en gesê
dat die Provinsiale Regering ʼn aantal uitgebreide modelle ontwikkel het om te
analiseer hoe ernstig werksverliese in die provinsie gaan wees.
Alhoewel hierdie modelle oorspronklik getoon het dat die provinsie ongeveer
600,000 werksgeleenthede as ʼn lae skatting kan verloor, is hierdie getal nou
hersien en aansienlik hoër aangepas, het hy gesê.
In die beste geval-scenario sal ons ongeveer 890,000 mense in die
provinsiale ekonomie hê wat werksgeleenthede verloor.
“In die ergste geval-scenario sal die aantal verlore werksgeleenthede
ongeveer twee miljoen wees. Met die geskatte aantal werksverliese wat na
verwagting nasionaal sewe miljoen sal beloop, is dit duidelik redelik erg.”
Makhura het gesê dat die regering ʼn spesiale ekonomiese stimulus sal moet
instel om hierdie werksverliese te help vergoed.
[https://businesstech.co.za/news/business/399511/makhura-outlines-the-best-and-worst-
case-job-scenarios-for-gauteng/]
4.3.1 Wie is David Makhura? (1)
4.3.2 Wat is die hoofrede vir die werksverliese volgens die uittreksel? (1)
4.3.3 Definieer kortliks werkloosheid. (2)
4.3.4 Waarom is werkloosheid ʼn groot bekommernis vir die regering? (2)
4.3.5 Verduidelik die uitwerking van werkloosheid op ʼn individu. (4)
4.4 Bespreek die kriteria waaraan goedere moet voldoen om in aanmerking te kom
vir handel op internasionale markte. (8)
4.5 Verduidelik waarom sommige groepe mense ekonomies gemarginaliseer word
in Suid-Afrika. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE (VRAESTEL 2) 13
GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jy sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat in die vraag
voorkom, te definieer of te omskryf.
Moenie in die inleiding enige deel van die vraag insluit nie. Maks. 2
Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam
herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam:
Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Maks. 26
Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/
Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/ Maks. 10
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/
Hoe?/Voorstelle
Gevolgtrekking
Enige hoërorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:
ʼn Kort opsomming van wat reeds bespreek is sonder om Maks. 2
feite wat alreeds genoem is te herhaal
Enige opinie of waarde-ontleding van die bespreekte feite
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/
analise te staaf
ʼn Teenstellende sienswyse met motivering, indien nodig
Aanbevelings
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Markte speel ʼn belangrike rol in die alledaagse werking van die Suid-Afrikaanse
ekonomie.
Bespreek breedvoerig hoe die wisselwerking tussen vraag en aanbod die prys
van goedere en dienste in ʼn vryemarkstruktuur bepaal. (26 punte)
Analiseer met behulp van ʼn grafiek wat die uitwerking van ʼn produksiesubsidie
deur die regering op die markprys van ʼn spesifieke goed of diens sal hê.
(10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
Werkloosheid het ʼn negatiewe uitwerking op individue, besighede, die regering en die
samelewing.
Bespreek werkloosheid breedvoerig onder die volgende opskrifte:
o Eienskappe
o Oorsake
o Gevolge (26 punte)
Analiseer moontlike oplossings wat die regering kan gebruik om ekonomies
gemarginaliseerde groepe te help. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9/v1-548f4bf6217dcade53fd/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20November%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589/v1-a14331353fa97cee8a8b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 QP (Afr)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e/v1-b99a12155472733345e8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum