Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10202014 pages

Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2020 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Vraestel 1) GRAAD 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:  AFDELING A: VERPLIGTEND  AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.  AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE nagesien word nie. 3. Beantwoord die vrae in volsinne en sorg dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Skryf die nommer van die vraag bo-aan die antwoord. 6. Lees die vrae aandagtig deur. 7. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 8. Los 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 Die studie van daaglikse keuses wat mense maak en hoe hulle te werk gaan om hulle onbeperkte behoeftes so te bevredig dat hulle maksimum bevrediging bereik. A Ekonomiese probleem B Skaarsheid C Ekonomie D Ekonomiese vertakkings 1.1.2 Konsentreer op die ontleding van mense en hul gedrag. A Sosiale wetenskappe B Wetenskappe C Ekonomiese aktiwiteite D Ontwikkelingsekonomie 1.1.3 Dit kan bewys of vals bewys word deur na die gegewens en die beskikbare feite te kyk. A Normatiewe stelling B Model C Afleiding D Positiewe stelling 1.1.4 Wanneer iemand die middele en hulpbronne het om 'n produk te koop, maar daar is geen voorsiening van daardie produk of dienste nie. A Absolute skaarsheid B Relatiewe skaarsheid C Gratis goedere D Ekonomiese goedere b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Vraestel 1) GRAAD 10 1.1.5 Vrugbaarheid onder vroue in landelike gebiede is hoër omdat ... A vroue ʼn hoër sosiale status het. B kinders ʼn las op die gesin se begroting sit. C kinders benodig word om te werk. D geen van die bogenoemde nie. 1.1.6 Die regering gebruik projeksies oor die grootte van die bevolking om ... A diensleweringsitems te vergelyk. B effektief te beplan. C akkurate grootte vergelykings te doen. D te bepaal wie die magtigste nasie is. 1.1.7 As die vaste woonplek van 'n persoon in 'n landelike gebied is en hy/sy migreer vir werksdoeleindes, word dit ...genoem. A kringmigrasie B immigrasie C emigrasie D verstedeliking 1.1.8 Watter een van die volgende lande het die hoogste MIV/VIGS-geval koers? A Duitsland B Japan C Nieu-Seeland D Suid-Afrika (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Vraestel 1) GRAAD 10 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Produksie A Die produksie aktiwiteite betrokke by die verspreiding van goedere en die 1.2.2 Tersiêre industrie voorsiening van dienste aan die publiek B Wanneer 'n onderneming spesialiseer in 1.2.3 Spesialisasie die produksie van een produk of dienste 1.2.4 Uitruil C Die proses waardeur produkte van produsent na verbruiker beweeg en dit 1.2.5 MIV/VIGS word handel genoem 1.2.6 Immigrasie D Proses waardeur 'n entrepreneur beskikbare hulpbronne kombineer en dit 1.2.7 Informele omskep in 'n soort produk wat gebruik nedersettings word om in die behoeftes en begeertes van die bevolking te voorsien 1.2.8 Informele sektor E Ontwikkel aan die buitewyke van Suid- Afrikaanse stede as gevolg van 'n agterstand in behuising F Lei tot die verlies van ekonomies aktiewe familielede en sosiale probleme G Sluit mikrobesighede soos straatverkopers in H Buitelanders wat permanent 'n land binnekom I Plaaslike burgers wat hul land permanent verlaat (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Vraestel 1) GRAAD 10 1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK. (Geen afkortings en akronieme word toegelaat nie.) 1.3.1 Produkte wat saam met ander produkte gebruik word 1.3.2 Illustreer die interaksie tussen ekonomiese deelnemers en die vloei van goedere en dienste en geld in die ekonomie 1.3.3 Is die goedere wat die regering aan huishoudings lewer, soos polisie, onderwys, paaie ens. 1.3.4 ʼn Bevolking met verskillende rassegroepe, kulture, godsdienste en tale 1.3.5 ʼn Siklus wat veranderings toon in die natuurlike bevolkingsaanwas van 'n land 1.3.6 Mense wat Suid-Afrika permanent verlaat (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese probleme wat mense dwing om antwoorde te vind. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word Ekonomie as 'n sosiale wetenskap beskou? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg: NASIONALE INKOME EN 2018 PRODUKSIEREKENING VAN SUID-AFRIKA Vergoeding aan werknemers 2 320 179 Netto bedryfsurplus 1 249 182 Verbruik van vaste kapitaal 676 486 Bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste A Ander belastings op produksie 101 936 Minus: Subsidies op produksie 6492 Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse 4 341 291 Belasting op produkte 545 558 Minus: Subsidies op produkte 12 951 Bruto binnelandse produk teen markpryse 4 873 898 [Aangepas uit SARB se Kwartaallikse Bulletin, September 2017] 2.2.1 Gee 'n voorbeeld van belasting op produkte. (1) 2.2.2 Watter instelling is verantwoordelik vir die publisering van nasionale rekeninginligting? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term faktorkoste. (2) 2.2.4 Waarom is die BNP-syfers oor die algemeen laer as die BBP-syfers in Suid-Afrika? (2) 2.2.5 Bereken die bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste in die bostaande tabel gemerk (A). Toon AL die berekeninge. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Vraestel 1) GRAAD 10 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vlak van Sake Aktiwiteit Aantal Jare 2.3.1 Benoem die lyn met 'n positiewe skuins helling op die grafiek. (1) 2.3.2 Wat word die afstand van die piek tot die trog genoem? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term teen konstante pryse. (2) 2.3.4 Beskryf kortliks 'n kenmerk van die depressiefase. (2) 2.3.5 Onderskei tussen Monetaristiese en Keynesiaanse benaderings oor sakesiklusse. (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik die verskil tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie. (4 x 2) (8) 2.5 Ondersoek die metodes wat gebruik word om BBP te bepaal. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE faktore wat die natuurlike bevolking groeikoers bepaal. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed MIV/VIGS die lewensverwagting van Suid-Afrikaners? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande teks en beantwoord die vrae wat volg. Migrante en asielsoekers moet toegang tot die Covid-19-toelaes kry Deur Shannon Ebrahim, 31 Mei 2020 Die werklikheid is dat Suid-Afrika 4,2 miljoen migrante uit die streek en 300 000 vlugtelinge huisves. Die meeste migrante werk in die informele sektor en is afhanklik daarvan vir hul daaglikse inkomste. In die huidige situasie het die meeste geen voedsel nie, omdat hulle hul bronne van inkomste verloor het. In die regering se Covid-19-hulpprogramme word vlugtelinge en asielsoekers dikwels oor die hoof gesien, en dit is 'n kwessie wat met die Suid- Afrikaanse Menseregtekommissie opgeneem is. [Aangepaste artikel uit https://www.iol.co.za/news] 3.2.1 Watter ekonomiese probleem word deur migrante ondervind? (1) 3.2.2 Gee EEN voorbeeld van 'n regeringshulpprogram. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term migrasie. (2) 3.2.4 Waarom werk migrante meestal in die informele sektor? (2) 3.2.5 Wat kan gedoen word om die migrante te help wat hulle inkomste verloor het? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Vraestel 1) GRAAD 10 3.3 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. Oos wes, tuis bes [Aangepas vanaf die internet 2018] 3.3.1 Watter provinsie in Suid-Afrika het die grootste bevolking? (1) 3.3.2 Waarom trek mense van landelike gebiede na groot stede soos Johannesburg? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term verstedeliking. (2) 3.3.4 Waarom is die groeiende tempo van verstedeliking ʼn probleem vir plaaslike regerings? (2) 3.3.5 Watter maatreëls kan gebruik word om die tempo van verstedeliking te verminder? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die evolusie van internasionale ekonomiese samewerking in Afrika. (4 x 2) (8) 3.5 Waarom moet Suid-Afrikaners meer spaar? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE deelnemers aan die ekonomiese siklus. (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat kan die regering doen om die verspreiding van MIV/VIGS onder die arbeidsmag te voorkom? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. STAP 1: VERWERF ’N BACCALAUREUS GRAAD BACCALAUREUS GRAAD 4.2.1 Volgens die bostaande prent, waarom moet politieke leiers Ekonomie studeer? (1) 4.2.2 Noem EEN beroep in die studieveld van Ekonomie. (1) 4.2.3 Waarom gebruik ekonome teorieë en modelle? (2) 4.2.4 Beskryf kortliks die term ekonomie. (2) 4.2.5 Verduidelik die probleme wat sosiale wetenskappe ondervind. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Vraestel 1) GRAAD 10 4.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. Persentasie werkloosheid 2019 K2 2019 K3 2020 K1 2020 K2 [Source: https://tradingeconomics.com/] 4.3.1 Watter instituut is verantwoordelik vir die berekening van die Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfer? (1) 4.3.2 Gee een rede vir die toename in die werkloosheidsyfer gedurende Kwartaal 1 van 2020. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term werkloosheid. (2) 4.3.4 Waarom is werkloosheid onder die jeug hoër as in die ander ouderdomsgroepe? (2) 4.3.5 Hoe kan die regering help om die werkloosheidsyfer te verlaag? (2 x 2) (4) 4.4 Beskryf kortliks die evolusie van vakbonde. (4 x 2) (8) 4.5 Hoe kan die regering verbruikersregte beskerm? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde respons.  ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip of sleutelwoord van die vraag te definieer.  Moenie in die inleiding enige gedeelte van die vraag insluit nie. Maks. 2  Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud/liggaam herhaal nie.  Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer Maks. 26 Addisionele gedeelte: Gee eie menings/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/ Maks. 10 Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/ Voorstelle Gevolgtrekking Enige hoërorde slot behoort die volgende in te sluit:  ʼn Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, maar sonder om enige feite wat alreeds genoem is, te herhaal.  Enige mening of waarde-ontleding van die bespreekte feite. Maks. 2  Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking/analise kan versterk.  ʼn Teenstrydige sienswyse met ʼn motivering, indien benodig.  Aanbevelings TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 14 (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 5 : MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek volledig die fases van ʼn sakesiklus met behulp van ʼn diagram. (26 punte)  Evalueer die endogene redes vir veranderinge in die sakesiklus. (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek volledig die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte en die demografiese siklus. (26 punte)  Hoe sal die Covid-19-pandemie die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroeikoers beïnvloed? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all