Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2017
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 1
TYD: 2 ure
PUNTE: 150
14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers %20November%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589/v1-a14331353fa97cee8a8b/card.webp)

%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579/v1-e9bf72adf2d960a2a8f2/card.webp)
%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104/v1-e1f7a7163020ac8c5880/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04/v1-45a82003ea8857196a17/card.webp)
View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)
Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 225.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Gauteng November 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Basic Concepts & Basic Economic Problem16 marks
- Question 1.2Basic Concepts & Basic Economic Problem8 marks
- Question 1.3Basic Concepts & Basic Economic Problem6 marks
- Question 2Circular Flow & Quantitative Elements40 marks
- Question 3Population & Labour Force40 marks
- Question 4Basic Concepts & Basic Economic Problem40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
2
Vraestel 1 GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
Vraestel 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
3. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.
5. Lees die vraag aandagtig deur.
6. Begin elke vraag op ʼn nuwe bladsy.
7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs blou ink.
10. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
3
Vraestel 1 GRAAD 10
AFDELING A
(VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
slegs die korrekte letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.
1.1.1 Ekonomie is ʼn sosiale wetenskap wat ʼn studie maak van hoe mense hulle
onbeperkte behoeftes en begeertes bevredig met …
A. beperkte middele.
B. onbeperkte hulpbronne.
C. beperkte bevrediging.
D. onbeperkte bevrediging.
1.1.2 Die basiese ekonomiese probleem wat deur alle nasies in die gesig
gestaar word, is …
A. gratis goedere.
B. menseregte.
C. skaarsheid.
D. vrye verkiesings.
1.1.3 Die belangrikste ekonomiese deelnemers in die ekonomiese kringloop-
model is…
A. belastings.
B. werkers.
C. werkgewers.
D. huishoudings.
1.1.4 ʼn Ekonomiese aanwyser wat ʼn aanduiding gee van hoe die ekonomie in
die toekoms kan presteer, is …
A. sloerende aanwyser.
B. leidende aanwyser.
C. samevallende aanwyser.
D. saamgestelde aanwyser.
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
4
Vraestel 1 GRAAD 10
1.1.5 In vroeë gemeenskappe het huishoudings goedere en dienste vir hulle eie
behoud geproduseer het, dit word … genoem.
A. geleentheidskoste
B. alternatiewe
C. keuses
D. selfversorgendheid
1.1.6 Dit is die eerste groep mense wat in die Suidelike en Westelike dele van
Afrika gewoon het.
A Khoisan
B Afrikastamme
C Europeërs
D Arabiere
1.1.7 Vandag het elke land sy eie geld wat bekend staan as …
A inheemse geld.
B gemeenskapsgeld.
C geldeenheid.
D Rand.
1.1.8 Die vergoeding van arbeid is …
A lone
B rente
C profyt
D huur
(8x2) (16)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
5
Vraestel 1 GRAAD 10
1.2 PASITEMS
Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ekonomie A. Grondstowwe of natuurlike hulpbronne word
ontgin, gekweek en geoes.
1.2.2 Primêre sektor B. Die bedrag geld wat aangebied of gevra
word vir iets wat gekoop of verkoop word.
1.2.3 Spaargeld C. ʼn Faktor wat ekonomiese ontwikkeling van
Suid-Afrika gedurende die vroeë stadiums
van ontwikkeling bemoeilik het.
1.2.4 Resessie D. Die beweging van mense oor grense om
hulself op ʼn ander plek te vestig.
1.2.5 Prys E. Enige iets wat as betaalmiddel vir goedere
en dienste aanvaar word of as ʼn vorm van
welvaart opberging.
1.2.6 Swak binnelandse F. Om hulpbronne te gebruik vir die produksie
vervoer van goedere en dienste.
1.2.7 Geld G. ʼn Tydperk waar daar ʼn afname in
ekonomiese aktiwiteite en voorspoed is.
1.2.8 Migrasie H. Is die verskil tussen inkomste en besteding.
I. Dit het te doen met ons kwaliteit lewe,
armoede en rykdom.
(8x1) (8)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
6
Vraestel 1 GRAAD 10
1.3 TERMINOLOGIE
Gee EEN term vir die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.3.1 Dit is ʼn vertakking in die ekonomie wat die somtotaal van die ekonomie
as geheel bestudeer bv. die indiensnemingskoers
1.3.2 Dit is al die mense wat saam leef en wat as ʼn familie gemeenskaplike
ekonomiese besluite maak
1.3.3 ʼn Metode van handel wanneer een produk of diens (kommoditeit) vir ʼn
ander produk of diens (kommoditeit), met dieselfde waarde, verruil word
1.3.4 ʼn Fase of sektor waar grondstowwe wat vanaf die primêre nywerhede
verkry word, omskep word in produkte geskik vir verbruikers
1.3.5 Dit is finansiële instellings wat as skakel dien tussen mense wat
deposito’s maak en mense wat lenings aangaan
1.3.6 Persone wat gewillig en geskik is om te werk maar nie ʼn werk kan kry nie
(6x1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
7
Vraestel 1 GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE produksiefaktore vir ʼn besigheid. (2x1) (2)
2.1.2 Waarom gebruik ekonome modelle in die studie van Ekonomie? (1x2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.
Inkomste (Y)
Hulpbronne
Huishoudings Ondernemings
Uitset (U)
Uitgawes (E)
2.2.1 Noem EEN hoofdeelnemer in die ekonomiese kringloop. (1)
2.2.2 Is dit ʼn oop of geslote ekonomie wat in die bostaande diagram
uitgebeeld word? (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die term markte in die ekonomiese kringloop. (2)
2.2.4 Waarom is dit belangrik dat die regering en ander Suid-Afrikaners
plaaslike produkte koop? (2)
2.2.5 Onderskei kortliks tussen BBP en BNI. (4)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
8
Vraestel 1 GRAAD 10
2.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg:
SCENARIO
Totale produksie R25 000, Besparings R4 000, Uitvoere R1 300,
Inkomstebelasting R5 000, Regeringsuitgawes R9 000, Belegging R2 400 en
Invoere R3 700
2.3.1 Stel vas hoeveel uitgegee is op buitelandse goedere. (2x1) (2)
2.3.2 Gee die vergelyking wat gebruik word om die BBP te bereken in ʼn oop
ekonomie, deur gebruik te maak van die uitgawemetode. (2)
2.3.3 Verduidelik die situasie waar die ekonomie in ewewig is. (2)
2.3.4 Bereken die totale lekkasies in die bostaande scenario. Toon ALLE
berekenings. (4)
2.4 Onderskei tussen ekonomiese goedere en vry goedere. (2x4) (8)
2.5 Wat is die verband tussen positiewe stellings en normatiewe stellings? (8)
[40]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
9
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE - 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE bankinstellings in Suid-Afrika. (2x1) (2)
3.1.2 Hoe kan ʼn toename in inkomste lei tot die uitbreiding van nywerhede?
(1x2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:
Gevolge van Apartheidswette op Industrialisasie.
In Suid-Afrika het die apartheidsbeleid baie Suid-Afrikaners gedwing om in tuislande te
woon. Mense was nie toegelaat om na die stede en dorpe te migreer nie totdat die
paswette in die 1980’s herroep is.
As gevolg daarvan was die verstedelikingskoers in die land vir amper 40 jaar stabiel.
Nadat die apartheidsera in 1994 tot ʼn einde gekom het, het baie mense vinnig na die
stede en dorpe toe getrek met die hoop om ʼn werk te kry. Dit het groot druk op die
infrastruktuur van bykans elke Suid-Afrikaanse stedelike sentrum geplaas.
[Bron: www.econrsa.org]
3.2.1 Verduidelik kortliks die term stedelike migrasie / verstedeliking. (1)
3.2.2 Wat kan ʼn rede wees vir hierdie migrasie? (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks hoe die apartheidsbeleid die verstedelikingskoers in
Suid-Afrika beïnvloed het. (2)
3.2.4 Hoekom is die snelgroeiende verstedeliking ʼn probleem, veral vir die
regering? (2)
3.2.5 Verduidelik die verhouding tussen verstedeliking en industrialisasie.
(2x2) (4)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
10
Vraestel 1 GRAAD 10
3.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Onderwysvlakke % Werkloosheid
Geen skoolonderrig 7,16
Onvoltooide primêre skoolonderrig 20,87
Onvoltooide sekondêre
skoolonderrig 51,40
Matriek 19,76
Kwalifikasie na matriek 0,81
[Bron: Statistiek Suid-Afrika, Kwartaallikse arbeidsmag oorsig]
3.3.1 Volgens die tabel, watter onderwysvlak het die hoogste persentasie
werkloosheid? (1)
3.3.2 Verduidelik kortliks die term arbeid. (1)
3.3.3 Hoe kan ʼn land bevoordeel word deur ʼn groeiende bevolking? (2)
3.3.4 Verduidelik die verband tussen ʼn gebrek aan onderwys en werkloosheid. (2)
3.3.5 Volgens jou mening, watter oplossings kan daar vir werkloosheid wees?
(2x2) (4)
3.4 Hoe kan industrialisasie tot die ontwikkeling van vervoer en kommunikasie
netwerke lei? (4x2) (8)
3.5 Bespreek die Demografiese siklus met behulp van ʼn diagram. (8)
[40]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
11
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE - 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE vrae wat ekonome poog om te beantwoord. (2x1) (2)
4.1.2 Hoekom vorder die regering belasting van besighede en huishoudings
in? (1x2) (2)
4.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Begroting 2017 – Steeds by kruispaaie
Daar was geen verrassings in die 2017 Begroting, in vergelyking met vorige
begrotingsverwagtinge, gewees nie. Die boodskap van Arthur Kamp van Sanlam
Beleggings, is dat die begroting ʼn geloofwaardige pad vir die stabilisering van
die regering se skuldverhouding oor die mediumtermyn skets. Belangriker is dat
daar verwag word dat owerheidsinkomste, nie-rente uitgawes op die
hoofbegroting teen 2018/2019 gaan oorskry. Die tesourie voorspel dat die
begrotingstekort vanaf -3,4% van die BBP in 2016/17 tot -2,6% van die BBP in
2019/20 gekonsolideer sal word, terwyl bruto leningsskuld wat deur beleggers
befonds word, ʼn hoogtepunt van 52,9% van die BBP in 2018/19 sal bereik.
[Bron: www.Fin24.com]
4.2.1 Volgens die leesstuk, watter maatstaf word deur ekonome gebruik om
groei vooruitskattings te maak? (1)
4.2.2 Wat voorspel die tesourie gaan die gekonsolideerde begrotingstekort vir
2019/20 wees? (1)
4.2.3 Onder watter Ekonomiese vertakking sal die begroting geklassifiseer
word? (2)
4.2.4 Haal EEN positiewe en EEN normatiewe stelling in die uittreksel aan. (2)
4.2.5 Onderskei tussen ʼn bevelstelsel en ʼn tradisionele ekonomie as
ekonomiese stelsels (2x2) (4)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
12
Vraestel 1 GRAAD 10
4.3 Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg:
Konstruksie Mynbou
S.A. Kimberley
[Aangepas uit Internet Cartoons]
4.3.1 Watter boodskap word in die bostaande prentjie uitgebeeld? (1)
4.3.2 Waar in Suid-Afrika is diamante ontdek? (1)
4.3.3 Watter faktore het die ontwikkeling van mynbou-aktiwiteite in Suid-Afrika
bemoeilik? (2)
4.3.4 Verduidelik kortliks die verband tussen koopkrag van die bevolking en
ekonomiese groei. (2)
4.3.5 Verduidelik die gevolge van die mynbou industrie in die ontwikkeling van
Suid-Afrika. (2x2) (4)
4.4 Onderskei tussen lekkasies en inspuitings in die ekonomiese kringloop. (2x4) (8)
4.5 Hoe beïnvloed MIV/VIGS die arbeidsmag in Suid-Afrika? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
13
Vraestel 1 GRAAD 10
AFDELING C
OPSTELVRAE
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laeorde antwoord.
ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met die vraag
te bepaal. Maks. 2
Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie.
Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek.
Inhoud
Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek /
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Maks. 26
Verduidelik
Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer/
Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek Maks. 10
en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk /
Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor
Gevolgtrekking
Enige hoëorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite
te herhaal. Maks. 2
Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite.
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
versterk.
ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
Aanbevelings.
TOTAAL 40
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
14
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Ekonome het gevind dat daar min of meer ʼn ononderbroke patroon is waarin die ekonomie
groei.
Gee ʼn volledige bespreking van die fases van sakesiklusse. (26)
Beklemtoon die invloed wat sakesiklusse op die ekonomie het. (10)
[40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Aan die begin van 2010 het vier hoofbankgroepe die Suid-Afrikaanse bankwese
gedomineer. Hulle was ABSA, Eerste Nasionale Bank, (ENB) Nedcor, en Standard
Bank.
Bespreek volledig wat die rol en funksies van Handelsbanke in die ontwikkeling van
die ekonomie in Suid-Afrika was.
(26)
Gee ʼn kritiese evaluering van die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse
Reserwebank (SARB) in ons land. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589/v1-a14331353fa97cee8a8b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579/v1-e9bf72adf2d960a2a8f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104/v1-e1f7a7163020ac8c5880/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04/v1-45a82003ea8857196a17/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum