Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2017
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 2
NASIENRIGLYNE
19 bladsye
1
Skip to contentAll 2017 papers %20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7/v1-b43323022ef5c4613d3c/card.webp)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751/v1-05699fe19dd17d5d4943/card.webp)
%20November%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57/v1-02ccf4b3bd8cc93cef44/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 431.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng November 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 2)
NASIENRIGLYNE
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 D Marginale nut
1.1.2 C ondoeltreffendheid
1.1.3 B die markte nie die beste hulpbronallokasie verkry nie
1.1.4 A SETA
1.1.5 D Wet op Arbeidsverhoudinge
1.1.6 A Volwasse Onderwys en Opleiding
1.1.7 C min of geen toetredingsversperrings het nie
1.1.8 B die persentasie van die werkende ouderdomsbevolking wat werk het
(8x2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 C Dui die verhouding tussen die produkprys en –hoeveelheid gevra aan.
1.2.2 F ʼn Diagram wat die kombinasie van twee produkte aandui wat gelyke
vlakke van bevrediging aan die verbruiker sal verskaf, indien alle
hulpbronne doeltreffend gebruik is
1.2.3 G ʼn Algemene binnelandse belasting wat op feitlik alle produkte betaal
word
1.2.4 A Die hoeveelheid van ʼn produk of diens wat verbruikers bereid en
bevoeg is om binne ʼn gegewe tydperk te koop
1.2.5 D Mense moet hoë vaardigheidsvlakke, wat in poste met lae lone,
aangestel is.
1.2.6 B Bring partye bymekaar en oorreed hulle om oor ʼn sekere kasie saam te
stem.
1.2.7 E ʼn Program wat deur die Suid-Afrikaanse owerheid ingestel is om die
ongelykhede van Apartheid te herstel deur ekonomiese geleenthede vir
voorheen benadeelde groepe in Suid-Afrika, wat vroeër nie beskikbaar
was nie, te voor sien.
1.2.8 H Die regering ondersteun hierdie doelwitte om die lewenstandaard van
alle vurgers tot op ʼn sekere minimum vlak te verhoog.
(8x1) (8)
2
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
1.3 TERMINOLOGIE
1.3.1 Oligopolie
1.3.2 Produksiemoontlikheidskurwe
1.3.3 Plafonprys / Maksimum prys
1.3.4 Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
1.3.5 Surplus / Oorskot
1.3.6 Openbare goedere / Publieke goedere
(6x1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
AFDELING B:
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2 MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord enige TWEE vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van die indifferensiekurwe.
Indifferensiekurwes buig inwaarts
Verbruikers verkies hoër indifferensiekurwes bo laer kurwes
Indifferensiekurwes sny/kruis mekaar nie
Indifferensiekurwes het ʼn afwaartse helling (Enige 2x1) (2)
2.1.2 Hoe kan verbruikers voordeel kry uit produksiesubsidies?
Die markprys vir die gesubsidieerde produkte sal daal en meer verbruikers
sal dit dan kan bekostig om die produk te koop
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1x2) (2)
2.2 Data Respons
2.2.1 Wat is die boodskap van die spotprent?
Daar is net ʼn paar verskaffers van rekenaars en rekenaar-sagteware in die
mark en hulle hou nie van mededinging en nuwe ondernemings wat tot die
mark toetree nie (1)
2.2.2 Watter tipe onvolmaakte mark word deur die spotprent
uitgebeeld?
Dit verwys na ʼn oligopolie (1)
2.2.3 Noem een ander tipe onvolmaakte mark, behalwe die een in die spotprent
en gee ʼn voorbeeld van hierdie tipe mark.
Monopolie – Eskom/Telkom of
Monopolistiese kompetisie – restaurante/petrolgarages/bouers (1x2) (2)
2.2.4 Watter gunstige toestande kan die markstruktuur hierbo geniet?
Daar is ʼn paar groot verkopers
Prysvasstellers – die markprys kan deur die verskaffers gemanipuleer word
Die produkte is heterogeen, dit verskil in prys kenmerke of bonus aanbiedings
Toetrede tot die mark is beperk
(Aanvaar enige ander ontoepaslike antwoord) (1x2) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
2.2.5 Wat sou van die markstruktuur vereis word om ʼn volmaakte mark te wees?
Daar is baie kopers en verkopers
Prysnemers - geen verskaffer kan die prys beïnvloed nie
Daar is homogene produkte
Toegang tot die mark is onbeperk, dit is maklik om tot die mark toe te tree
en dit te verlaat (Enige 2x2) (4)
2.3 Datarespons
2.3.1 Volgens die tabel, hoeveel kospakkies sal die huishouding kan koop indien
hulle 10 stelle klere koop?
14 kospakkies (1)
2.3.2 Hoeveel stelle klere sal die huishouding moet prysgee, indien hulle
uitgawes van 5 na 10 kospakkies verhoog word?
6 stelle klere (1)
2.3.3 Wat word deur die punte onder die indifferensiekurwe aangedui?
Dit dui op die punt waar die Dube-familie nie die maksimum behoefte
bevrediging moontlik kry nie (2)
2.3.4 Hoe kan die indifferensiekurwe produsente se keuses in ʼn gemengde
ekonomie beïnvloed?
Produsente moet volgens die verbruiker se voorkeure optree sodat hierdie
verbruikers die produsent se produkte sal koop
(2)
5
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
2.3.5 Gebruik die inligting in die bostaande tabel en teken die indifferensiekurwe
vir die Dube huishouding se besteding.
INDIFFERENSIEKURWE
16
14
12
10
KLERE 8
6
4
2
0
0 5 10 15 20 25 30 35
KOSPAKKIES
x - as = 1 punt
y - as = 1 punt
helling van die kurwe = 2 punte
punte korrek geplot = 2 punte
2.4 Onderskei tussen ʼn verskuiwing van die vraagkurwe en ʼn beweging op die
vraagkurwe.
Verskuiwing van die vraagkurwe Beweging op die vraagkurwe.
Die hele vraagkurwe beweeg na ʼn nuwe Verandering van een posisie op die
posisie vraagkurwe na ʼn nuwe kombinasie van
Dit word deur ander faktore behalwe prys en hoeveelheid
prysveranderinge veroorsaak soos ʼn Dit word deur ʼn prysverandering
styging in die bevolking en verandering in veroorsaak
verbruikersinkomste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2x4) (8)
6
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
2.5 Minimumlone is ʼn goeie voorbeeld van vloerpryse. Ontleed hoe minimumlone tot
groter werkloosheid kan bydra.
ʼn Vloerprys is die laagste wettige prys wat verbruikers verplig is om te betaal, dit is
hoekom minimumlone ʼn goeie voorbeeld van vloerpryse is
Die regering poog om werkers teen uitbuiting te beskerm deur ʼn minimumloon te
waarborg wat werkers verseker van ʼn wettige inkomste
Die probleem wat bydra tot werkloosheid is dat dit lei tot ʼn ooraanbod van - of
surplus arbeid in die mark
Werkgewers betaal ʼn meer billike en regverdige loon vir werkers se dienste wat lei
tot hoër loonkostes wat weer tot ʼn daling in indiensneming lei wat werkloosheid
verhoog
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8)
[40]
VRAAG 3: KONTEMPORȆRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van die op die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Selfregering
Wrywingswerkloosheid
raadpleging (2x1) (2)
3.1.2 Hoe sal ʼn oorskot arbeid, lone en salarisse vir arbeid as ʼn produksiefaktor
beïnvloed?
Indien daar ʼn surplusaanbod van arbeid is sal die vergoeding vir
arbeid daal en werkgewers sal die goedkoper arbeid in diens neem
wat die gevolg is van mededinging vir minder werksgeleenthede (1x2) (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
3.2 Datarespons
3.2.1 Behalwe COSATU, gee ʼn ander voorbeeld van ʼn vakbond uit die bostaande
prentjies.
NUMSA
CWU
DENOSA
SAFPU
PAWUSA
SACCAWU
F.A.W.U (1)
3.2.2 Wat is die doel van ʼn vakbond?
Die doel van vakbonde is om seker te maak dat werknemers se reg tot
vryheid van assosiasie bereik word. (1)
3.2.3 Gee ʼn kort omskrywing van die term vakbond.
Wanneer werkers van ʼn spesifieke bedryf of sektor verenig en hulself
organiseer om hulle maatskaplike, ekonomiese en politieke doelwitte te
bevorder (2)
3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
aan werkers.
Hierdie wet bepaal die minimum terme en voorwaardes vir indiensneming,
byvoorbeeld die maksimum aantal werksure wat per week van ʼn werknemer
verwag kan word. (2)
3.2.5 Beskryf kortliks enige werknemersregte vir arbeiders in Suid-Afrika.
Die reg tot billike arbeidspraktyke
Om ʼn vakbond te stig of om by een aan te sluit
Om deel te neem aan vakbondaktiwiteite soos om lede te werf
Om te staak
Om in ʼn veilige en bevorderlike omgewing te werk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2x2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
3.3 Data Respons
3.3.1 Hoeveel mense is volgens die uittreksel, in diens geneem in Suid-Afrika
gedurende Februarie 2015?
13.1 miljoen
3.3.2 Hoekom moet die regering bekommerd wees oor die hoë werkloosheids-
koers in die land?
As baie mense werkloos raak is dit die regering se verantwoordelikheid om
toe te sien dat daar welsynstoelae aan die werkloses uitbetaal word omdat
elke Suid-Afrikaner die reg het tot ʼn ordentlike lewe (1)
3.3.3 Omskryf kortliks die konsep werkloosheid.
Werkloosheid is die situasie waarin daar mense is wat bereid - en
instaat is om te werk, maar nie ʼn werk het of ʼn werk kan kry nie (2)
3.3.4 Verskaf ʼn rede hoekom Suid-Afrika se werkloosheidskoers so hoog is.
Die historiese impak van apartheid word nog steeds gevoel
Sommige mense het nie voldoende onderwys en opleiding ontvang nie
Daar is nie genoeg werksgeleenthede vir al die mense nie
Te veel mense is afhanklik van welsynstoelaes
Beleide wat deur die regering ingestel is, is nie altyd effektief genoeg om werk
te skep vir die ekonomiese aktiewe bevolking nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 1x2) (2)
3.3.5 Werkloosheid het ʼn negatiewe invloed op individue. Bespreek TWEE
sosiale kostes van werkloosheid.
Maatskaplike en familiedruk: Werkloosheid lei tot verhoogde druk op
gemeenskappe en samelewings en hoë Spanningsvlakke tuis
Misdaad: Neem gewoonlik toe wanneer werklose mense probeer om
sonder ʼn inkomste te oorleef
Huishoudelike geweld en die verbrokkeling van gesinne neem toe onder
werklose mense
Stygende armoede en inkomste ongelykhede: Gebiede met hoë
werkloosheid sal ook ʼn afname in werklike inkomste en besteding ondervind,
tesame met ʼn stygende skaal van relatiewe armoede en inkomste-
ongelykhede
Gemeenskapsdemografie: Jonger werkers is demografies meer mobiel as
ouer werknemers, dus sal daar gebiede wees wat ʼn verouderende potensiële
arbeidsmag sal hê. Dit maak hierdie gebiede minder aantreklik as plekke om
in nuwe sakeondernemings te belê
Gemeenskapsvrese en druk: Hoë werkloosheid kan xenofobie en
proteksionisme aanmoedig aangesien werkers vrees dat vreemdelinge hulle
werk sal steel
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)
[Opskrifte: 1 punt elk maks. 2]
9
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
3.4 Verduidelik die doel en algemene funksies van werkplekforums.
ʼn Werkplekforum gee vir al die werknemers in ʼn werkplek ʼn geleentheid om
betrokke te wees by bestuursbesluite wat hulle mag raak
Dit bevorder die belange van al die werknemers in ʼn werkplek
Werkplekforums verbeter die doeltreffendheid in ʼn werkplek
Dit maak betrokkenheid by besluitneming moontlik oor spesifieke belangrike
besluite wat werknemers raak
Dit bevorder konsultasies deur die werkgewer tydens die hantering van kwessies
wat werknemers raak
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 4x2) (8)
3.5 Bespreek hoe meganisasie die vraag na arbeid kan beïnvloed. Maak gebruik van
ʼn goed benoemde grafiek om jou antwoord te ondersteun.
Meganisasie kan die vraag na arbeid drasties laat daal
Indien die produksieproses in ʼn fabriek hande-arbeid met masjiene vervang
raak die besigheid kapitaalintensief en nie meer arbeidsintensief nie
Dit sal tot gevolg hê dat werknemers hulle werk verloor wat weer werkloosheid in
die land verhoog (2x2) (4)
Loonkoers
Loonkoers
V1
V2
Vraag na Arbeid
x/y-as = 1 punt
V1 na V2 = 1 punt
verskuiwing van die kurwe
na links = 2 punte
Maks. = 4 punte
[40]
10
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat aanbod beïnvloed.
Verandering in bedryfsgrootte
Verandering in produksietegnieke
Produksiekoste
Mededingende goedere
Regeringsbeleid
Natuurlike faktore soos droogtes of oorstromings (Enige 2x1) (2)
4.1.2 Hoe dra Swart Ekonomiese Bemagtiging by tot die herstel van voorheen
benadeelde Suid-Afrikaners?
SEB probeer om die onregverdighede van die verlede reg te stel deur
mense wat voor 1994 uitgesluit was van enige deelname aan ekonomiese
aktiwiteite toegang te gee tot die ekonomie (1x2) (2)
4.2 Datarespons
4.2.1 Bepaal die ewewigsprys vir sigarette voor die instelling van sonde-
belasting.
R40 (1)
4.2.2 Wat is die ewewigsprys nadat die R10, 00 belasting ingestel is?
R50 (1)
4.2.3 Verduidelik wat die invloed van eenheidsbelasting op die prys en die
hoeveelheid vraag en -aanbod van sigarette is.
Die prys van sigarette het verhoog en die hoeveelheid sigarette gevra en
aangebied het gedaal (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks die term ewewigshoeveelheid.
Dit is die hoeveelheid goedere wat geproduseer en verkoop word teen ʼn
spesifieke prys om die huishoudelike vraag ten volle te bevredig sonder
dat daar enige surplus goedere is (2)
4.2.5 Gee ʼn verduideliking waarom die regering altyd verseker dat daar ʼn hoë
styging in sondebelasting is.
Sondebelasting is belasting wat gehef word op goedere wat skadelik is soos
alkohol en tabak byvoorbeeld, bier, sigarette, dobbel ens.
Die rede hoekom die regering seker maak dat daar ʼn hoë styging in belasting
is, is omdat hulle wil hê mense moet dit nie meer gebruik nie omdat rook en
drank nadelig is vir mense (4)
11
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
4.3 Data Respons
4.3.1 Volgens bogenoemde inligtingsstuk, in watter jaar het die grootste aantal
VIGS-verwante sterftes plaasgevind?
2009 (1)
4.3.2 Wat kan ʼn moontlike rede vir die afname in Vigs-verwante sterftes wees?
Dit kan toegeskryf word aan die toename in die beskikbaarheid van anti-
retrovirale medikasie oor tyd. Die nasionale anti-retrovirale behandeling het
gedurende 2005 begin (1)
4.3.3 Verduidelik kortliks die term Ekonomies Aktiewe Bevolking.
Dit bestaan uit mense tussen die ouderdom 15 en 64 jaar wat vir ʼn inkomste
werk of wat beskikbaar is vir werk en wat kan werk. Om aktief in die
ekonomie te wees beteken om goedere en dienste te produseer (2)
4.3.4 Hoe kan besighede ʼn bydrae maak tot die vermindering in VIGS-verwante
sterftes?
Hulle kan voorligting aan werkers gee oor MIV/Vigs en ander seksueel-
oordraagbare siektes en die werkers adviseer oor die handhawing van ʼn
gesonde leefstyl (2)
4.3.5 Wat sal die invloed van hierdie afname in sterftes op produksie in
arbeidsintensiewe ondernemings wees?
Produksie sal toeneem want die produktiwiteit van die werkers in die
ouderdomsgroep 15 tot 64 sal toeneem as daar minder sterftes is.
As produksie toeneem sal besighede se winsgewendheid ook toeneem
en besighede kan uitbrei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)
12
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
4.4 Onderskei tussen seisoenale- en strukturele werkloosheid.
Seisoenale werkloosheid
Produksie lei tot ʼn vermorsing van hulpbronne in die sin dat rou materiaal in die
produksieproses vermors word
Minder produkte word in die onvolmaakte marke is gevolge van
produkinsensitiwiteit
Vervaardigers vervaardig op ʼn stadium hierbinne on dier die PPC
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 4)
Strukturele werkloosheid
Dit is wanneer die goedere en dienste wat vervaardig word weerspieël nie die
behoeftes, smake en voorkeure van verbruikers
Vervaardigers kan al hulle middele opgebruik wanneer ʼn mengsel van produkte
vervaardigers nie wil hê nie
Vervaardigers kan vervaardigers volgens die PPG maar nie op die punt waar daar ʼn
indifferensiekurwe die PPC ontmoet
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maks. 4) (8)
4.5 Verduidelik die verskil tussen produktiewe- en allokeringsondoeltreffendheid.
Produktiewe ondoeltreffendheid
Bestaan as werkers hulle werk verloor as gevolg van ekonomiese op- en
afswaaie
Kan bestaan wanneer ʼn ekonomie strukturele veranderinge ondergaan.
Kom ook voor wanneer die ekonomie nie meer afhanklik is van die werkers wat die
produk vervaardig hulle werk verloor
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)
Seisoenale werkloosheid
Bestaan wanneer werkers vir sekere tye van die jaar werkloos moet wees.
Werkers moet werkloos wees wanneer hulle nie nodig is nie
In die winter moet boere party werkers afbetaal wat in die somer werk.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
13
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met die vraag Maks. 2
te bepaal.
Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie
Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie
Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek
Inhoud:
Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek / Maks. 26
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Verduidelik
Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer/
Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek Maks. 10
en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk /
Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor
Gevolgtrekking
Enige hoërorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite Maks. 2
te herhaal.
Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite.
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
versterk.
ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
Aanbevelings.
TOTAAL 40
14
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE
“Sommige markte het baie spesifieke eienskappe”.
Eskom het die posisie van ʼn “GROOT MONOPOLIE” vir ʼn lang tydperk beklee. Klein
besighede sê dit is baie moeilik om, met die hoë elektrisiteitspryse, wins te toon.
Bespreek die eienskappe / voorwaardes vir ʼn monopolie in detail. (26)
Waarom is markte so belangrik in ʼn land? (10)
[40]
INLEIDING
ʼn Monopolie is ʼn voorbeeld van ʼn onvolmaakte mark
ʼn Onvolmaakte mark is ʼn mark waar daar slegs een verskaffer of ʼn paar verskaffers van ʼn
unieke produk is en daar is beperkings tot marktoetrede en kopers het beperkte toegang tot
inligting
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2)
Inhoud:
HOOFDEEL:
Eienskappe / Voorwaardes
Een verkoper en baie kopers
ʼn Mark waar een verkoper en baie verbruikers is. Elkeen is so klein dat hulle aksies nie ʼn
beduidende invloed op mekaar het nie.
Ondernemings is prysbepalers, dit beteken dat die verkoper die prys vasstel en die
verbruiker kan kies.
Unieke produk
Die produk of diens is eiesoortig. Daar is nie mededigende produkte waarmee die
produk vergelyk kan word nie, dus is die produk uniek. Die gevolg is dat daar geen
naby substituutprodukte is wat die verbruiker kan kies nie.
Onvolledige markinligting
Nuwe ondernemings wat tot die mark wil toetree sal nie toegang hê tot alle
beskikbare inligting nie
Dit sal hulle kanse om in die mark in te kom bemoeilik byvoorbeeld nuwe
produsente sal nie die regte inligting oor die werklike produksiekoste van ʼn produk hê
nie.
15
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
Prysbepalers / prysmakers
ʼn Monopolis kan sy eie pryse bepaal, hulle is prysmakers. Verskaffers kan pryse
verander soos hulle wil. Monopoliste neig om hoër pryse te vra. dit is omdat hulle
beheer oor die mark het.
Toetredingsversperrings
Toegang tot die mark is beperk. Daar is ʼn hele aantal versperrings wat toe- en
uittrede van ondernemings blokkeer. Ondernemings kan nie die mark betree of
verlaat soos hulle wil nie. Patenteregte is ʼn voorbeeld van versperrings tot
marktoetrede.
Voorbeelde van monopolieë is Telkom, ESKOM, Poskantoor en TRANSNET.
OPSKRIFTE EN VOORBEELDE (MAKS 8 PUNTE)
(Maks. 26)
ADDISIONELE DEEL
Redes hoekom markte belangrik is vir ʼn land:
Bring kopers en verkopers bymekaar.
Markte is die interaksie van verbruikers en produsente om pryse te beding en
goedere en dienste te verhandel
Help met die allokering van hulpbronne.
Markpryse is rigtinggewend vir ekonomiese besluite van verbruikers en
produsente.
Winsmaksimering en nutmaksimering lei tot doeltreffende allokering van
hulpbronne
Markte vervul dus die funksie om hulpbronne doeltreffend te allokeer
Selfregulerend
Markte verg geen direkte inmenging of beheer deur eksterne magte nie
Markte word deur ʼn “onsigbare hand” gelei wat verseker dat pryse sodanig
vasgestel word dat hulpbronne doeltreffend geallokeer word
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks.10)
GEVOLGTREKKING:
Nadat ʼn ontleding van die voorwaardes, waaronder ʼn monopolie bestaan, gemaak is, is dit
moeilik vir klein sake-ondernemings om ʼn wins te maak. ESKOM is die enigste verskaffer van
elektrisiteit in ons land en elektrisiteitskostes is baie hoog
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking) (Maks. 2)
[40]
16
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
VRAAG 6 KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE KWESSIES
Suid-Afrika se transformasie na ʼn demokrasie gedurende 1994 het tot ernstige
pogings gelei ten opsigte van die totale verandering in die lewens van gewone
Suid-Afrikaaners.
Bespreek die owerheid se pogings om regstelling aan te spreek sedert 1994. (26)
Omskryf die opleidingsprogramme wat deur die regering ingestel is om mense
se lewens te verander. (10)
[40]
INLEIDING:
Regstellende aksie beteken om iets wat verkeerd is, reg te stel
27 April 1994 was ʼn geskiedkundige gebeurtenis vir Suid-Afrika
Pogings tot regstellende aksie fokus op transformasie van die produksiefaktore en om
beheer daaroor, aan voorheen benadeelde groepe oor te dra
(Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2)
Inhoud
HOOFDEEL
Menslike hulpbronne
As ʼn produksiefaktor, fokus dit op die hoeveelheid en gehalte van arbeid.
Die gehalte van arbeid hang af van mense se onderwys, opleiding en ervaring.
Die hoeveelheid arbeid hang af van geboorte- en sterftekoerse in verhouding tot die
beskikbaarheid van werksgeleenthede
Onderwys
Wat die opleiding van die meerderheid van sy werkersmag betref, was Suid-Afrika
swak toegerus om die wêreldarena toe te tree
Daar was ʼn ernstige tekort aan professionele, tegniese en bestuurskundigheid
Die regering se eerste stap was om onderwys in Suid-Afrika te herstruktureer deur die
Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) (Wet 58 van 1995) uit te
vaardig
Die regering moes die ongelyke verspreiding van besteding en hulpbronne volgens
ras regstel en die verskillende onderwysstrukture konsolideer
In 1998 is die uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) ingestel
Met geletterdheid en syfervaardigheid as spesiale domeine van UGO
Dit vereis dat leerders kennis moet verkry en toepas, vaardighede moes ontwikkel, en
voorgeskrewe waardes en houdings moet aankweek
Die ekonomie baat grootliks deur die verbetering in kwaliteit van die deelnemers in die
arbeidsmag
17
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
Opleiding
Dit beteken om ʼn bepaalde werk of vaardigheid aan te leer en is gewoonlik ʼn
naskoolse ervaring
Meeste opleiding geskied by die werkplek, hoewel onderrig by tegniese kolleges,
universiteite en die persele van ander opleidingsverskaffers kan plaasvind
Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (1998) is ingestel om die vaardigheidstekorte
aan te spreek
Die wet maak voorsiening vir ʼn nasionale vaardigheidsopleidingstrategie
Maak voorsiening vir die daarstelling van ʼn meganisme vir opleiding
Reël die finansiering vir die opleiding van werkers
Meganisme vir opleiding
Die Departement van Arbeid het die Nasionale Vaardigheidsowerheid (NVO) gestig,
wat 25 sektorale Onderwys en Opleidingsowerhede (SETA’s) het
SETA’s is verantwoordelik vir die identifisering van vaardigheidstekorte en die
ontwikkeling van planne en teikens vir opleiding in elke sektor
SETA’s raadpleeg werkgewers-, werkers en ander professionele- en siviele
organisasies
Verbod op onbillike diskriminasie
Verbied onbillike diskriminasie in die verlede en die hede
Versoek werkgewers om van alle onbillike diskriminerende beleide en praktyke in
die werkplek afstand te doen
Hulle moet toesien dat huidige indiensnemingsbeleide en -praktyke gelykheid
bevorder en die negatiewe gevolge van historiese diskriminasie herstel
Gronde vir onbillike diskriminasie is ouderdom, geloof, kleur, gestremdheid,
etniese of sosiale oorsprong, geslag, taal ens.
Billike / gelyke indiensneming
Die regering moes ʼn meganisme skep om diegene teen wie daar voorheen
gediskrimineer is te bemagtig
Die Wet op Gelyke Indiensneming (Wet 55 van 1998) gee aan die verontregtes
voorkeurtoegang tot die hoofstroom van die ekonomie
Die Wet voorsien dat werkers gelyke toegang tot die werkplek het
Regstellende aksie
Verwys na beleide en praktyke wat op die herstel, van maatskaplike-,
ekonomiese- en onderwyswanbalanse, of ongelykhede, wat as gevolg van
onbillike diskriminasie ontstaan het, gerig is
Die wet magtig diskriminasie wat op regstellende aksie neerkom en
diskriminasie op grond van die inherente vereistes van die pos
Werkgewers moet ʼn ontleding van hindernisse, vir bevordering en onder-
verteenwoordiging van sekere groepe, doen, dit wil sê swart mense vroue en
mense met gestremdhede
Berei ʼn billike indiensnemingsplan vir ʼn tydperk van een tot vyf jaar voor
18
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10
Doen verslag aan die Direkteur-Generaal op ʼn jaarlikse of ses-maandelikse
basis, afhangende van die werkgewer se werkersmag
Besighede moet ʼn bestuurder aanstel wat na billike indiensneming omsien
Arbeidsinspekteurs monitor die vordering met die implementering van die
bepalings van die Wet
Doelwitte van regstellende aksie
Om die gehalte van werkers se werkslewe te verbeter sodat produktiwiteit by
die werkplek verhoog
Om selfindiensneming te verbeter
Om sosiale dienslewering te verbeter
Om voorheen benadeelde persone met ervaring toe te rus
Moedig werkgewers aan om hul werkplekke as aktiewe leeromgewings
beskikbaar te stel
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, sub-opskrifte of voorbeelde)
OPSKRIFTE EN VOORBEELDE (MAKS 8 PUNTE)
(Maks. 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Opleidingsprogramme
Werkgewers met behulp van professionele opleidingsverskaffers, verkry hulp
om leerderskapprogramme te ontwikkel wat deur SAKO goedgekeur word.
Hierdie nasionale kwalifikasies het waarde en word deur alle werkgewers erken en
in alle werkplekke aanvaar
Leerderskappe
Bestaan uit gestruktureerde leer- (modules en eenhede) en werkservaring
wat tot nasionaal geregistreerde kwalifikasies lei
Leerderskappe help werklose mense om werk te kry
Help ook werkers wat alreeds ʼn werk het om hulle vaardighede en kwalifikasies te
verbeter
Vaardigheidsprogramme
Is gefokus op werkloses, naskoolse jongmense en KMMO’s.
Werkervaring is ʼn belangrike element
(Maks.10)
GEVOLGTREKKING
Uit bogenoemde uiteensetting, kan gesien word dat die regering sedert 1994, pogings
aangewend het om die lewens van die gewone Suid-Afrikaners te verbeter
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking) (Maks. 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
19
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7/v1-b43323022ef5c4613d3c/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751/v1-05699fe19dd17d5d4943/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)
%20November%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57/v1-02ccf4b3bd8cc93cef44/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2016 Memo (Afrikaans)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper