Skip to content

Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 10201818 pages

Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2018 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 2 NASIENRIGLYNE 18 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 2) AFDELING A: (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 D totaal 1.1.2 B rasionele 1.1.3 A onsigbare 1.1.4 D daar prysbeheer is 1.1.5 B makro 1.1.6 C Arbeidsverhoudinge 1.1.7 C 1994 1.1.8 A hoeveelheid (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 D Verwydering van onnodige wette, ordonansies en verordeninge om markte vry te maak om sake te doen 1.2.2 F Elkeen wat gewillig is om te werk, sal werk hê 1.2.3 G Op ʼn vrywillige basis, deur werkergewers en vakbonde, gestig 1.2.4 E Word ook verbruikers of intermediêre goedere genoem 1.2.5 C Is ook bekend as belasting op produksie en invoere of belasting op besteding 1.2.6 B Goedere of dienste waar die sosiale voordele groter is as die direkte voordele wat individuele verbruikers daaruit verkry 1.2.7 A Markte wat nie direkte inmenging of beheer van buitemagte nodig het nie 1.2.8 I Bevorder internasionale ekonomiese samewerking / globalisering en vry handel (8 x 1) (8) 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Subsidie 1.3.2 Vraag 1.3.3 Pareto doeltreffendheid 1.3.4 Regstellende beleide 1.3.5 Arbeidsregte 1.3.6 Monetêre beleid (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE faktore wat aanbod beïnvloed.  Verandering in die industriegrootte   Verandering in produksietegnieke   Koste van produksie   Mededingende goedere   Regeringsbeleid   Natuurlike faktore soos vloede en droogtes  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Watter invloed sal die verbetering in tegnologie op die posisie van die produksiemoontlikheidskurwe hê?  Die produksiemoontlikheidskromme sal na regs beweeg / uitwaarts  beweeg. (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer enige EEN markkrag wat in die grafiek uitgebeeld word.  Vraag  of Aanbod (1) 2.2.2 Hoeveel produkte sal in bogenoemde mark verkoop word?  30 (1) 2.2.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term ewewigsprys.  Dit is die prys waar vraag en aanbod dieselfde is, met ander woorde die hoeveelheid gevra is gelyk aan die hoeveelheid aangebied  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 2.2.4 Hoe besluit ʼn volmaakte mededinger op die verkoopprys van sy produkte?  ʼn Volmaakte mededinger is ʼn prysnemer, hulle verkoop hulle produkte teen markprys wat deur markkragte bepaal word  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.2.5 Onderskei tussen ʼn verandering in die hoeveelheid gevra en ʼn verandering in vraag.  ʼn Verandering in die prys lei tot ʼn verandering in die hoeveelheid gevra wat ʼn beweging van een punt na ʼn ander punt op dieselfde vraagkurwe veroorsaak   ʼn Verandering in vraag is as gevolg van ʼn verandering in nie-prys faktore soos ʼn verandering in inkomste wat ʼn verskuiwing van die vraagkurwe veroorsaak  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die marginale nut van die vierde appel verbruik.  30  (1) 2.3.2 Op watter stadium sal bogenoemde verbruiker dalende nut ervaar?  Na die 3de appel geëet is  (1) 2.3.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term dalende grensnut.  Dalende grensnut beteken dat die grensnut van ʼn produk of diens daal namate meer eenhede daarvan verbruik word  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.3.4 Hoekom is verbruikers bereid om vir goedere en dienste te betaal?  Mense is bereid om vir goedere en dienste te betaal want dit voorsien  in hulle behoeftes / gee nut  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.3.5 Bereken die waardes wat deur A en B verteenwoordig word in die tabel.  A = 40  B = 40 (4) 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 2.4 Bespreek enige TWEE kenmerke van volmaakte markte.  Daar is ʼn klomp kopers en verkopers sodat niemand die markprys deur hulle optrede kan beïnvloed nie   Kopers en verkopers het volledige kennis en inligting omtrent marktoestande   Daar is geen toetredingsversperrings nie en kopers en verkopers kan die mark vrylik betree of verlaat   Alle goedere en dienste in die mark is identies of homogeen   Daar is geen regeringsinmenging in die mark om sodoende produkpryse te beïnvloed nie   Daar is geen samespanning tussen verkopers nie (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Gee ʼn maksimun van 4 punte vir die noem van feite / voorbeelde) (4 x 2) (8) 2.5 Met behulp van ʼn volledig benoemde grafiek, verduidelik die indifferensiekurwe vir die verbruik van beesvleis en hoendervleis. Korrekte benoeming van die Beesvleis asse = 2 punte  Korrekte vorm van die indifferensiekurwes = 2 punte Maks. 4 punte  IK3 IK2 IK1  0 Hoendervleis  Dit bestaan uit ʼn versameling kombinasies van indifferensiekurwes   Elke kurwe toon verskillende kombinasies van twee produkte aan wat elkeen sy bepaalde bevrediging aan die verbruiker gee  Elke kurwe toon verskeie kombinasies van twee produkte aan wat dieselfde vlak van bevrediging aan ʼn bepaalde verbruiker gee   Hoe groter die afstand vanaf die oorsprong hoe hoër is die vlak van bevrediging   Indifferensiekurwes sal mekaar nie kruis / sny nie en dit het ʼn konvekse vorm  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4 x 2) (8) [40] 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 VRAAG 3: SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae 3.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van werkloosheid in Suid-Afrika.  Geslag  Ouderdom   Ras  Stedelik en landelik (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal meganisasie die vraag na arbeid beïnvloed?  Meganisasie kan die vraag na arbeid drasties laat afneem omdat masjiene nou die take oorneem wat gewoonlik deur mense gedoen is  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Watter bevolkingsgroep het die meeste voordeel gekry uit bemagtingsprogramme tot 2015?  Swart Afrikane  (1) 3.2.2 Watter instansie publiseer inligting rakende die arbeidsmag in Suid- Afrika?  Stats SA  (1) 3.2.3 Noem enige TWEE maniere waar mense gemarginaliseerd kan wees.  Deur beperkte toegang tot onderwys, lae vaardigheidsvlakke en  investering in opleiding   Wydverspreide armoede onder lae inkomste verdieners en werkloses    Buitengewone ongelyke inkomstevlakke volgens ras, kultuurgroep,  geslag en ouderdom   Onvoldoende beskerming (wetgewing) vir sommige lae-loon  verdieners soos plaas- en huiswerkers   Geografiese ligging (landelike gebiede vs stedelike gebiede) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 1) (2) 3.2.4 Gee ʼn kort verduideliking van die term ekonomies gemarginaliseerd.  Uitsluiting van groepe mense om deel te neem aan ekonomiese aktiwiteite en besluite  (2) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 3.2.5 Bespreek enige TWEE maniere wat gebruik kan word om ekonomies gemarginaliseerde groepe te verminder.  Om die mense wat geraak word se lewensgehalte te verbeter deur onderwys en opleiding en sodoende ekonomiese groei in hulle gemeenskappe aan te help    Die regering kan beter sosiale infrastruktuur voorsien   Vordering met bemagtiging van hierdie groepe moet gemonitor word  Voorsiening vir vaardigheidsopleiding aan jong mans- en vroue oor entrepreneurskap en die ontwikkeling van kleinsake-ondernemings    Armoedeverligting deur gemeenskapsgebaseerde werkskepping in landelike en stedelike gebiede    Bemagtiging van jong vroue vir lewenslange sekuriteit  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Waarvoor staan die akroniem UOWP?  Uitgebreide Openbare-Werke Program  (1) 3.3.2 Hoeveel werksgeleenthede is aan die einde van die eerste vyf jaar geskep?  1.4 miljoen  (1) 3.3.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term arbeidsintensiewe ondernemings  Dit is ondernemings wat hoofsaaklik van ʼn groot hoeveelheid arbeiders in plaas van reële kapitaal gebruik maak   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 3.3.4 Hoe kan Openbarewerke-programme help om werkloosheid in die land te verminder?  Werk word in die kontruksiebedryf geskep en basiese infrastruktuur dienste word vir die werklose inwoners voorsien   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 3.3.5 Dink jy dat die UOWP suksesvol was? Motiveer jou antwoord.  Ja. Werkskepping het tot gevolg gehad dat baie skole en klinieke gebou is    Baie Suid-Afrikaners wat voorheen deur die UOWP in diens geneem was, het hulle eie inkomste bronne begin genereer deur die vaardighede wat hulle daar aangeleer het te gebruik   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 3.4 Onderskei tussen versoening en bemiddeling. Versoening  Dit is ʼn vrywillige proses in beide die begin en voortsetting  Die Wet maak voorsiening vir versoening tussen werkgewer en werknemer ten opsigte van afdankings  ʼn Bemiddelaar / versoener word deur die KVBA aangestel, of die partye kan daaroor ooreenkom  (Maks 4) Bemiddeling  Dit betrek ʼn aanvaarbare, onpartydige en neutrale derde party om die partye te help om hul geskil te bespreek    Die bemiddelaar poog om ʼn ooreenkoms tussen die twee partye te bereik   Die bemiddelaar het geen gesag nie en neem nie ʼn besluit nie  Slegs die partye betrokke in die geskil kan ʼn besluit neem  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks 4) (Gee ʼn maksimun van 4 punte vir die noem van feite / voorbeelde.) (8) 3.5 Bespreek meerderheidsbegunstiging as een van die oogmerke van die Wet op Arbeidsverhoudinge.  Wanneer ʼn persoon die ouderdom van 18 jaar bereik word jy as meerderjarig beskou    Dit beteken dat jy kontrakte kan sluit en jou eie sake kan behartig sonder enige toestemming van ouers of voogde   Voor die ouderdom van 18 jaar, mag jy in diens geneem word indien jy 15 jaar is, of jy skoolverlatersouderdom bereik het  Kinders mag nie in ʼn pos in diens geneem word wat onvanpas is vir ʼn persoon van daardie ouderdom nie    Kinders mag nie in ʼn plek, waar hulle welsyn, opvoeding, fisiese of psigiese gesondheid en hulle sosiale of geestelike ontwikkeling in gevaar gestel word, werk nie   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Gee ʼn maksimun van 2 punte vir die noem van feite / voorbeelde.) (Maks 8) (8) [40] 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE interne faktore wat die ligging van die produksie- moontlikheidskurwe bepaal.  Produksietegnieke   Tegnologiese vooruitgang  Gemotiveerde werkers (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Wat sal met die vraag na kaas gebeur as produsente meer geld in die bemarking van kaas investeer?  Die vraag na kaas sal toeneem omdat die doel van bemarking / advertensies is om die aandag van verbruikers te trek en hulle te motiveer om meer produkte te koop  (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Gee ʼn ander naam vir die begrotingslyn.  Verbruiksmoontlikheidskurwe / bestedingslyn / begrotingsbeperkings- lyn (1) 4.2.2 Wat gebeur met die verbruiker by punt A op die grafiek?  Die verbruiker bestee sy hele inkomste op groenteporsies  (1) 4.2.3 Gee ʼn verduideliking van die term optimale verbruikspunt.  Die optimale verbruikspunt is waar die begrotingslyn aan die hoogste moontlike indifferensiekurwe raak   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 4.2.4 Wat sal met die begrotingslyn gebeur as verbruikers se inkomste verhoog?  Dit sal regs beweeg en ʼn nuwe optimale verbruikspunt vorm waar dit die indifferensiekurwe op die hoogste punt van bevrediging raak   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 4.2.5 Teken die grafiek op jou antwoordblad oor en dui die optimumpunt en die onbereikbare punt op die grafiek aan. B Hoeveelheid groenteporsies A 0 Hoeveelheid vleisporsies  A is optimumpunt en B is onbereikbare punt  (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Wat is die probleem wat deur al die mense, in die bogenoemde gevalle, ondervind word?  Werkloosheid  (1) 4.3.2 Watter tipe werkloosheid word in die stelling in geval 3 uitgelig?  Strukturele werkloosheid  (1) 4.3.3 Watter ouderdom is aanvaarbaar vir indiensneming in Suid-Afrika?  15 – 65 jaar (2) 4.3.4 Gee ʼn kort verduideliking van die term globalisering.  Dit is die tendens waar daar meer openheid vir handel is, die vrye vloei van goedere en dienste tussen lande wat tot groot groei in internasionale handel en buitelandse beleggings gelei het  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 4.3.5 Onderskei tussen die werkloosheidskoers en die arbeidsmag- absorbsiekoers. Werkloosheidskoers  Dit is die aantal werklose mense, as ʼn persentasie van die totale ekonomiese bedrywige bevolking uitgedruk Arbeidsmag- absorbsiekoers  Die persentasie van die ekonomiese aktiewe bevolking wat in die  formele sektor van die ekonomie werk vind, is bekend as die arbeidsmag-absorbsiekoers / arbeidsmagopnamekoers  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4) 4.4 Gee ʼn kort beskrywing van die magte van die Arbeidshof in Suid-Afrika.  Die hof kan van enige skikkingsooreenkoms of arbitrasiebeslissing ʼn bevel van die hof maak.  Die partye is dan verplig om te doen wat die hof beveel   Die hof hersien die arbitrasiebeslissing.  Dit beteken dat die hof die voorwaardes van die arbitrasiebeslissing kan verander   Dispute tussen werknemer en werkgewer wat na die hof verwys is, word besleg   In die geval van onbillike afdankings, sal die hof skadevergoeding toeken  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Gee ʼn maksimun van 2 punte vir die noem van feite / voorbeelde.) (8) 4.5 Ontleed enige TWEE voorwaardes waaraan goedere en dienste moet voldoen om geskik te wees vir handel in die wêreldmark.  Daar moet ʼn wydverspreide aanvraag wees  Basiese lewensbenodigdhede soos koring, plantolies, wol ens. het ʼn  wydverspreide vraag. Goedere soos plaaslike kleredrag en boeke het net ʼn plaaslike aanvraag  Dit moet vervoer kan word  Dit is onmoontlik om grond en geboue te vervoer.  Dienste soos  mediese- en regsdienste, word deur die afstand wat verbruikers kan reis beperk. Arbeid is oor die algemeen ook onbeweeglik.  Die internasionalisering van beroepe soos onderwys en medisyne maak arbeid meer mobiel  12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10  Dit moet duursaam wees  Goedere wat vining bederf, soos melk brood en vis, verg gespesialiseerde  logistieke reëlings en kan pryse noodsaak waarteen daar ʼn onvoldoende vraag is.   Toegang moenie beperk wees nie Regerings kan invoerbeheermaatreëls gebruik om ongewenste goedere en dienste uit die land te hou   Die vervoerkoste moet laag in verhouding tot die waarde van die goedere wees  Diamante kan uitgevoer word maar bakstene nie. ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy voer egter graniet uit  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Gee ʼn maksimun van 2 punte vir die noem van feite / voorbeelde.) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 AFDELING C Commented [S1]: Please check whether the essay questions are accrding to the exam guideline Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE  Gee ʼn volledige bespreking van die VIER belangrikste eienskappe waarvolgens markte geïdentifiseer kan word. (26 punte)  Teken ʼn volledig benoemde grafiek en dui die markewewig, die marktekort en die marksurplus aan. (10 punte) INLEIDING  Die mees algemene kenmerk van markte is dat daar ʼn interaksie tussen kopers en verkopers is. Markte neem verskillende vorms aan soos volmaakte- en onvolmaakte markte  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL Die aantal produsente  In sommige markte is daar slegs een produsent van ʼn produk , byvoorbeeld Eskom is die alleenverskaffer van elektrisiteit in Suid-Afrika   In ander markte is daar baie produsente van goedere en dienste, byvoorbeeld talle boere produseer vleis   Tussen hierdie twee uiterstes is daar markte waarin daar slegs ʼn paar produsente van goedere en dienste is , byvoorbeeld die motorindustrie, skoene, koffie, ens  Die aard van die produk   In sommige gevalle is goedere homogeen / identies.  Goedere wat in groot maat geproduseer word, soos koppies, borde, tandepaste en skoene is gewoonlik homogeen.   Sodanige goedere is gewoonlik maklik om te produseer,  en dit veroorsaak dat groot getalle verskaffers om verkope meeding en pryse word afwaarts gebie   In ander gevalle is goedere heterogeen / verskillend,  landbouprodukte is gewoonlik heterogeen.  Dit kan egter homogeen gemaak word deur dit te gradeer.  Byvoorbeeld om tamaties te gradeer, eiers te sorteer en wol te klassifiseer. Hierdie homogeniteit maak dit makliker om die produkte te verkoop   Verskaffers van massaproduksie gebruik gewoonlik handelsname / handelsmerke om hul produkte uniek te laat voorkom en homogeniteit in heterogeniteit te omskep   Verbruikers is gewoonlik bereid om meer vir unieke goedere te betaal en laat in werklikheid ʼn produsent toe om ʼn alleenverskaffer te word  bv. Coca Cola 14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 Toetredingsversperrings   In sommige markte is daar toetredingsversperrings wat nuwe produsente verhoed om tot die mark toe te tree en die goedere en dienste te verskaf   Bv. Selfoondiensverskaffers in Suid-Afrika, aangesien produsente net tot die mark kan toetree indien hulle ʼn lisensie het om die diens te verskaf   Die regering beheer toegang tot hierdie mark deur slegs ʼn paar lisensies uit te reik wat as toetredingsversperring dien   In ander markte kan dit vir nuwe produsente baie maklik wees om tot die mark toe te tree en goedere en dienste te verskaf  Beskikbaarheid van inligting  In sommige markte is daar volledige inligting oor marktoestande  Bv. op die JSE is daar volledige inligting beskikbaar oor hoeveel aandele in ʼn gegewe tydperk verkoop is,  die hoogste en laagste pryse wat vir ʼn bepaalde aandeel aangebied en betaal is  en die prys wat vir die laaste aandeel wat tydens sluiting van handel verkoop is, betaal is   In ander markte moet produsente en verbruikers besluite neem wat op onvolledige inligting gebaseer is  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Gee ʼn maksimum van 8 punte vir die noem van feite / voorbeelde.) (Maks 26) 15
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 ADDISIONELE GEDEELTE A V Oorskort  Prys  E P1 A V Tekort  H1 0 HOEVEELHEID  (Maks 10) GEVOLGTREKKING Markte, ongeag hoe verskillend hulle is, is ʼn gemeenskaplike plek waar verkopers en hulle kopers bymekaar kom om produkte te koop of te verkoop  (Aanvaar enige ander relevante korrekte hoër orde antwoord) (Maks) [40] 16
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 VRAAG 6  Gee ʼn volledige bespreking van die faktore wat tot arbeidsmarkmislukkings gelei het. (26 punte)  Evalueer die vraagkantbenadering deur die regering om werkskepping aan te moedig. (10 punte) [40] INLEIDING Ekonomiese groei van elke land is afhanklik van die beskikbaarheid van die kwaliteit en hoeveelheid van die arbeidsmag  (Aanvaar enige ander relevante korrekte inleiding.) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL Immobiliteit van arbeid   Geografiese immobiliteit is wanneer werkers dit om verskeie redes moeilik vind om van een geografiese gebied na ʼn ander te verskuif.  Dit kan deur ʼn tekort aan akkomodasie in die stedelike gebiede veroorsaak word   Beroepsimmobiliteit is wanneer werkers moontlik nie opgelei is vir die tipe werk wat beskikbaar is nie. Kom ook voor wanneer werkers se kwalifikasies, vaardighede en bekwaamhede verskil van dit wat gevra word  Oligopolie-werkgewers   In ʼn arbeidsmark waar daar min werkgewers is en hulle die mag het om lone en indiensneming te bepaal,  sal beide waarskynlik laer as in ʼn mededingende mark wees  Vakbonde   Vakbonde kan lone bo die ewewigsvlak druk en sodoende markewewig verhoed  Dit is egter onwaarskynlik dat hulle lone onbepaald te hoog sal kan hou, aangesien dit werkloosheid sal vererger en hul magsposisie sal ondermyn. Indien daar minder mense is wat werk, sal hulle minder lede hê  Markonbuigsaamheid   Dit is ʼn situasie waarin die arbeidsmark nie by veranderde omstandighede aanpas nie omdat werkers deur wette oorbeskerm word. Werkgewers skakel dus liewer oor na kapitaalintensiewe tegnologie / masjinerie  Gebrek aan inligting   Werkers kan in poste wees wat swakker betaal en waarvan hulle minder hou as ander poste waarvoor hulle geskik is omdat hulle nie van ander poste bewus is nie   Net so kan werkgewers dalk nie die mees produktiewe werker aanstel nie, omdat hulle nie van al die potensiële werkers weet nie  17
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 2) GRAAD 10 Lojaliteit tussen werkgewers en werknemers  Party werkers kan moontlik in poste bly wat swak betaal omdat hulle daarvan hou om vir ʼn bepaalde werkgewer te werk  Gebrek aan opleiding   Opleiding het positiewe eksternaliteite. As dit dus aan markkragte oorgelaat word, sal te min hulpbronne daarvoor gebruik word.   Dit is omdat sommige werkers en sommige besighede ʼn korttermynuitkyk het en die voordele van opleiding onderskat  Diskriminasie   Vind plaas wanneer ʼn groep werkers en potensiële werkers anders behandel word.  Ten opsigte van betaling, indiensneming, bevordering, opleiding en werksomstandighede as ander werkers wat dieselfde werk doen  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Gee ʼn maksimum van 8 punte vir die noem van feite / voorbeelde.) (Maks 26) ADDISIONELE DEEL Monetêre beleid  Deur rentekoerse te verlaag en krediet goedkoper te maak   Dit veroorsaak dat verbruikers en produsente meer kan leen en meer kan bestee   Dit stimuleer algehele besteding en verhoog die vraag na goedere en dienste, produksie styg en so ook indiensneming  Fiskale beleid  Indien die regering vir ʼn tekort begroot en ʼn daling in belasting instel, sal dit verbruikers en besighede met meer geld in hulle sakke laat om meer te bestee   Dit sal totale vraag verhoog, produksie word gestimuleer en werkskepping word bevorder  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Gee ʼn maksimum van 2 punte vir die noem van feite / voorbeelde.) (Maks 10) GEVOLGTREKKING Indien markmislukkings vermy of verminder word deur die beste hulpbronne in die regte plekke aan te wend, sal die werking van markte en die ekonomie ongestoord en progressief voortgaan en vorder  (Aanvaar enige ander relevante korrekte hoër orde antwoord.) (Maks 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 18

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all