Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 10201817 pages

Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2018 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 1 NASIENRIGLYNE 17 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 1) AFDELING A: (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B beperkte middele 1.1.2 A skaarsheid van hulpbronne 1.1.3 D huishoudings 1.1.4 C sloerende aanwyser 1.1.5 B moderne geld 1.1.6 D geskoolde arbeid 1.1.7 C hanteerbaar 1.1.8 A immigrasie (8 x 1) (8) 1.2 PASITEMS 1.2.1 E Dit bestaan want daar is beperkte hulpbronne wat in onbeperkte behoeftes en begeertes moet voorsien 1.2.2 F ʼn Groep mense wat saam woon en gesamentlike besluite maak 1.2.3 A Alle mense het ʼn basiese mensereg om vry van armoede, onkunde en eienaarskap deur ʼn ander persoon te wees 1.2.4 G ʼn Tydperk wanneer daar ʼn afname in ekonomiese aktiwiteite is tesame met ʼn styging in werkloosheid 1.2.5 D Die gebruik van gereedskap en gevorderde metodes om goedere en dienste in die ekonomie te produseer 1.2.6 C Die kombinasie van twee verskillende produkte, wat moontlik geproduseer kan word, indien alle beskikbare hulpbronne ten volle en maksimaal gebruik word 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 1.2.7 I Is die bedrag geld wat aangebied of gevra word vir iets wat gekoop of verkoop word 1.2.8 B Die beweging van mense oor internasionale grense van een land na ʼn ander (8 x 2) (16) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Openbare sektor ekonomie 1.3.2 Spaargeld 1.3.4 Ruil / Ruilhandel 1.3.4 Gemeenskaplike eiendom 1.3.5 Banke 1.3.6 Werkloosheid (6 x 1) (6) TOTAAL VIR AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK voorsien. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE produksiefaktore.  Grond  Arbeid  Kapitaal  Entrepreneurskap (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is dit nodig vir verbruikers om ʼn keuse te doen te opsigte van wat hulle koop?  Hulle het skaars hulpbronne daarom moet hulle kies hoe om hierdie bronne te gebruik om maksimum behoeftebevrediging te verkry.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Gee voorbeelde van reële vloei uit bogenoemde diagram.  Goedere en dienste  Produksiefaktore (2 x 1) (2) 2.2.2 Gee ʼn kort verduideliking van die term ekonomiese kringloop.  Die beweging van goedere en dienste, produksiefaktore en geld (inkomste en uitgawe) in ʼn ekonomie  (2) 2.2.3 Beskryf die rol van die produksiefaktormark in die ekonomiese kringloop.  Produksiefaktormark of hulpbronmark is waar die dienste van die produksiefaktore verhandel word.  Byvoorbeeld arbeid word in diens geneem, kapitaal word geleen, eiendom word gehuur en entrepreneurs bied hulle dienste aan.   Hierdie produksiefaktore verdien lone, rente, huur en wins.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 2.2.4 Wat is die probleme wanneer internasionale syfers vergelyk word?  Sommige syfers moet geskat word omdat dit dalk nie beskikbaar is nie   Wanneer lande met mekaar vergelyk word, kan sommige lande se sosiale lone hoog wees wat lei tot ʼn hoër BBP in daardie lande   Klimaatstoestande verskil van land tot land wat dit moeilik maak om uitsette van lande met verskillende klimaatstoestande te vergelyk   Onbetroubare wisselkoerse kan die BBP-syfers beïnvloed  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Voorsien die bostaande diagram van ʼn gepaste opskrif.  Sakesiklus  (1) 2.3.2 Benoem die laagste punt, C, in die bostaande diagram.  Trog  (1) 2.3.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term tendenslyn.  Dit is die lyn wat die algemene rigting van die ekonomiese aktiwiteite aandui  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.3.4 Beskryf die invloed van depressie op indiensnemingsvlakke.  Gedurende ʼn depressie sal baie ondernemings afskaal op hulle produksie en uiteindelik sal baie werkers afgelê word wat tot groot werkloosheid lei.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 2.3.5 Hoe word die ekonomie beïnvloed tydens die voorspoedfase? Die ekonomie word beïnvloed as gevolg van:  Dit is ʼn tyd van algehele optimisme en verbruiksbesteding   Uitset en ekonomiese aktiwiteite neem toe en entrepreneurs brei hulle besighede uit   Besighede stel meer werknemers aan en koop nuwe toerusting  Besighede se wins verhoog en terselfdertyd verhoog lone en pryse   Verbruikersvraag verhoog wat tot verhoogde produksie lei  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 2) (4) 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 2.4 Onderskei tussen ekonomiese goedere en vry goedere Ekonomiese goedere Vry goedere  Dit is skaars in verhouding tot die  Dit is nie skaars nie en is in vraag daarna  onbeperkte hoeveelhede beskikbaar   Mense is bereid om daarvoor te  Mense is nie bereid om daarvoor te betaal, dit behaal ʼn prys  betaal nie en dit behaal nie ʼn prys nie   Dit kan op markte verkoop word en  Word nie as rykdom beskou nie  kan as rykdom beskou word  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 4) (8) 2.5 Hoe dra die owerheid by tot ekonomiese groei? Die owerheid dra by tot ekonomiese groei omdat:  Die staat bestuur die ekonomie deur middel van verskeie beleide   Openbare goedere, waarvoor verbruikers nie wil betaal nie, word aan verbruikers deur die staat voorsien  Basiese infrastruktuur soos paaie, elektrisiteitsvoorsiening en brûe wat nodig is vir ekonomiese groei word deur die staat voorsien   Die regering stel reëls en regulasies in om besighede en verbruikers teen onregverdige praktyke te beskerm   Nasionale wette, wat die ekonomie beïnvloed, soos bv die begroting, is die regering se verantwoordelikheid  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8) [40] VRAAG 3: EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee enige TWEE tipes belasting wat aan die regering betaal word.  Belasting op toegevoegde waarde (BTW)  Inkomstebelasting   Maatskappybelasting   Rykdombelasting  Kapitaalwins-belasting  (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe lei ekonomiese groei tot ekonomiese ontwikkeling?  ʼn Land wat meer goedere en dienste produseer, het ʼn bevolking met ʼn beter lewenstandaard omdat hierdie goedere en dienste gebruik word om die lewenstyl van die mense te verbeter  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1 x 2) (2) 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Watter Afrika land, in die tabel, het in 2010 die laagste verstedelikingsvlak getoon?  Uganda (13%) (1) 3.2.2 Wie is verantwoordelik vir die publikasie van bostaande inligting?  Die wêreld-feiteboek (1) 3.2.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term verstedeliking.  Dit is die geleidelike verhoging in die getal mense wat in stedelike gebiede woon, wat tot die groei van dorpe en stede lei (2) 3.2.4 Wat is die verwantskap tussen armoede en migrasie?  Wanneer mense arm is, is hulle meer geneig om na meer gegoede gebiede te trek, sodat hulle maniere kan kry om armoede te verminder  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 3.2.5 Waarom is verstedeliking ʼn groot probleem vir die regering?  Infrastruktuur-probleme, Migrasie lei tot digbevolkte informele nedersettings  of krotbuurte wat ʼn massiewe vraag na behuising en infrastruktuur soos grond, paaie gesondheidsklinieke vereis en probleme met dienslewering en elektrisiteitsvoorsiening ontstaan   Stede is nie in staat om die arbeid, veral ongeskoolde arbeid , te absorbeer nie   Werkloosheid in dorpe en stede is aan die orde van die dag, wat tot kriminele aktiwiteite, soos geweld, roof en diefstal lei   Die regering staar ʼn onbeheerbare instroming van mense in die gesig, wat tot behuisings- en watervoorsieningsprobleme lei  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) Enige (2 x 2) (4) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Na watter deel van die arbeidsmag verwys die leesstuk?  Werklose jeug (1) 3.3.2 Na watter persentasie van die bevolking verwys die leesstuk?  80% (1) 3.3.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term arbeidsmag.  Die arbeidsmag van die land bestaan uit die ekonomiese aktiewe bevolking   Ekonomiese aktiewe bevolking bestaan uit persone tussen die ouderdom van 15 en 65 jaar wat werkloos is of vir hulleself werk  (2) 3.3.4 Beskryf enige sosiale invloed van werkloosheid.  Werklose jeug kan moontlike onluste en geweld veroorsaak   Die grootste groep, 80%, bestaan uit gefrustreerde jeugdigdes wat tot misdaad kan oorgaan   Die jeug kan leiers van gewelddadige openbare protesaksies word omdat hulle nog vol energie is  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1 x 2) (2) 3.3.5 Gee moontlike oplossings vir werkloosheid.  Die oplossing is om werk en opleiding vir die persone wat minder as 12 jaar skoolopleiding gehad te voorsien   Vakleerlingskappe, leerlingskappe, mentorskappe, vaardigheidsontwikkeling en opleiding moet aan die werklose jeug gebied word   Die regering kan by werkskeppingsprogramme soos die Uitgebreide Openbare Werke Program betrokke raak (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 2) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 3.4 Bespreek die hoofkenmerke van geld as ʼn betaalmiddel.  Is ʼn algemeen aanvaarbare ruilmiddel  Kerngeldeenhede het meer waarde as ander  Bv. VSA dollar word internasionaal beter as die Zimbawiese dollar aanvaar   Moet duursaam wees en nie maklik oor tyd waarde verloor nie of vervals kan word nie of roes oor tyd nie  Moet waardevol en skaars wees. Dit is hoekom geld nie in groot hoeveelhede gedruk moet word nie, want dit sal dan waarde verloor   Moet hanteerbaar wees  moet dus maklik rondgedra kan word as gevolg van die grootte en gewig   Moet dieselfde weesen dit moet maklik wees om kleingeld te kry wanneer verskillende betalings gedoen word  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4 x 2) (8) 3.5 Hoe het industrialisasie tot die ontwikkeling van ʼn vervoer- en kommunikasienetwerk gelei? Vervoer  Spoorlyne is gebou om massaprodukte te vervoer   Paaie is verbeter   Groot hoeveelhede goedere kan nou in korter tye vervoer word  Hawens is vir seevervoer gebou   In- en uitvoere is nou moontlik   Ontwikkeling van verskeping  (maks 4) Kommunikasie  Verbeterde kommunikasienetwerke lei tot verbeterde verspreiding van inligting   Besighede en verbruikers kan mekaar maklik kontak vir verkoopstransaksies  In- en uitvoerbesighede floreer omdat dit nou maklik is om internasionaal kontak te maak   Kontantbetalings en kontantgeldoordragte word makliker deur internetbankdienste gedoen  Versekering en investering het verbeter  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (maks 4) (8) [40] 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE AANGELEENTHEDE 4.1 Beantwoord die volgende vrae: 4.1.1 Noem enige TWEE benaderings om die ekonomie te bestudeer.  Mikro-ekonomie   Makro-ekonomie  (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe was nomadiese gemeenskappe saamgestel?  Gemeenskappe het uit klein familiegroepe bestaan wat van een gebied na ʼn ander getrek het, sodra hulle bronne opgeraak het  (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die sektor wat die grootste persentasie bydrae tot die BBP gemaak het.  Tersiêre sektor  (1) 4.2.2 Lewer kommentaar oor die neiging van die tersiêre sektor se bydrae.  Die tersiêre sektor dra meer inkomste by tot die middel- en hoë inkomste-verdieners  (1) 4.2.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term primêre sektor.  Hierdie sektor het te doen met die ontginning van grondstowwe, bv. landbou, mynbou en vissery  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.2.4 Wat kan die oorsaak van die daling in die primêre sektor se bydrae wees?  Baie Suid-Afrikaners verkies om eerder in ander sektore, as in die primêre sektor te werk, soos bv in die dienstesektor  aangesien meer mense nou vaardig is en hierdie vaardighede nie meer so nodig is in die primêre sektor nie  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 4.2.5 Hoe kan ekonomiese menseregte, in Suid-Afrika, aangespreek word?  Die regering het ʼn verantwoordelikheid om verbruikers teen die uitbuiting van produsente te beskerm   Die regering kan swaar strawwe instel op produsente en besighede wat inbreuk maak op menseregte   Die regering moet toesien dat verbruikers se regte afgedwing word   Dit kan bereik word deur die verbruiker in te lig oor sy regte en die organisasie wat hy mee kan skakel indien nodig   Ondersoek verbruikersklagtes en die verbod op verbruikersregte  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer watter voedselitms verbou word in die bostaande prent.  Mielies  Melk (2) 4.3.2 Watter stadium van ekonomiese ontwikkeling word deur die bostaande prent uitgebeeld? Gee ʼn rede vir jou antwoord.  Veeteelt en landbou  kommersiële graanboerdery en suiwelboerdery is voorbeelde uit die prent gekry  (2) 4.3.3 Gee ʼn kort beskrywing van die sekondêre sektor.  Vervaardiging of verwerking van rou materiaal vanuit die primêre sektor  Hanteer die verandering van rou materiaal na voltooide goedere en hulpbronne (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.3.4 Watter faktore het die ontwikkeling van mynbou aangemoedig in Suid- Afrika?  Buitelandse belegging in mynaktiwiteite het toegeneem   Relatief goedkoop arbeid was beskikbaar vanaf buurlande   Vervoer in die land het verbeter   Vraag vir goud as internasionale betaalmiddel was hoog  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 2) (4) 11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 4.4 Onderskei tussen Bruto Binnelandse Produk en Bruto Nasionale Inkomste. Bruto Binnelandse Produk Bruto Nasionale Inkomste  Is ʼn goeie maatstaf om te bepaal  Is ʼn goeie maatstaf om te bepaal wat hoe goed die ekonomie in ʼn land die materiële lewenstandaard van die doen  mense in ʼn land is   Syfers kan gebruik word om een  Syfers kan gebruik word om die land met ʼn ander land op ʼn sekere materiële lewenstaandaard van die tyd te vergelyk  mense in een land met die van ʼn ander land te vergelyk   Bepaal watter ekonomieë die  Voorsien ekonomiese aktiwiteite oor grootste uitset produseer  tyd   BBP-syfers word gebruik om die  Om BNI te bepaal moet twee sakesiklus te bepaal  aanpassings ter waarde van die BBP (maks 4) gemaak word  (maks 4) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8) 4.5 Hoe dra ʼn stokvel by tot ʼn beter manier van spaar vir lede? Stokvel dra by tot ʼn beter manier van spaar omdat:  Dit sosiaal is. Lede het dieselfde waardes en verstaan mekaar   Hulle het selfdissipline en toewyding   Wanneer dit by betaling kom, wil niemand hulle vriende in die steek laat nie  Om aan ʼn stokvel te behoort gee sosiale prestige   Jy moet uitgenooi word om aan die stokvel te behoort  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8) TOTAAL VIR AFDELING B: 40 12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE  Gee ʼn volledige bespreking van die VIER hoofdeelnemers in die ekonomie en die onderlinge afhanklikheid tussen hulle. (26 punte)  Gee ʼn kort bespreking van die verskillende metodes hoe om die Bruto Binnelandse Produk te bereken. (10 punte) [40] INLEIDING  Daar is vier hoofdeelnemers in ʼn oop-ekonomie nl: huishoudings, sakeondernemings, die regering en die buitelandse sektor wat met mekaar verbind is en dus ʼn verhouding met mekaar het. (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL Huishoudings   Is ook bekend as verbruikers omdat hulle goedere en dienste gebruik   Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle direk en indirek besitters is van die produksiefaktore (grond, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap)  Verbruikers se behoeftes word bevredig deur die verbruik van goedere en dienste wat van hulle van ondernemings af aankoop   Verbruikers se vraag na goedere en dienste stimuleer ekonomiese aktiwiteite deur ondernemings en die regering aan te moedig om goedere en dienste te produseer  Verbruikers verkoop hulle produksiefaktore aan ondernemings en in ruil daarvoor ontvang hulle vergoeding (lone, huur, rente en wins)  13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 Sakeondernemings   Is ook bekend as besighede of produsente   Hulle koop produksiefaktore op die faktormark van huishoudings aan   Hulle gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer wat hulle dan op die goederemark aan huishoudings verkoop   Ondernemings word deur die winsmotief aangemoedig om goedere en dienste te produseer  Regering   Die regering voorsien goedere en dienste wat nie deur ondernemings verskaf kan word nie   Die regering het ook sekere funksies en verantwoordelikhede in die ekonomie. Byvoorbeeld, beskermingsdienste, sosiale dienste en ekonomiese dienste   Hulle ontvang ʼn inkomste van huishoudings en besighede in die vorm van belasting en ontvang ʼn inkomste van staatsbeheerde ondernemings en staatsbeheerde eiendom  Buitelandse sektor   Die buitelandse sektor verskaf goedere en dienste wat deur huishoudings en ondernemings ingevoer word en koop goedere en dienste wat uitgevoer word   Die buitelandse sektor betaal vir die uitvoere en ontvang geld vir die invoere wat deur ons land met die res van die wêreld gedoen word   Die buitelandse sektor voorsien ook produksiefaktore wat ingevoer word en koop produksiefaktore wat uitgevoer word   Hulle ontvang ʼn vergoeding vir produksiefaktore wat ingevoer word na ons toe en betaal vir produksiefaktore wat ons uitvoer na hulle toe  (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 26) 14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 ADDISIONELE DEEL Beskryf kortliks die metode wat gebruik word om die Bruto Binnelandse Produk te bepaal. Daar is drie verkillende maniere om die Bruto Binnelandse Produk te bepaal. Elke manier is ʼn aanduiding van die samestelling van die Bruto Binnelandse Produk  Produksiemetode  Die BBP word bereken deur die waardes wat deur elke onderneming (primêre-, sekondêre- en tersiêre sektore) toegevoeg word bymekaar te tel  Hierdie metode dui op die BBP teen basiese pryse . Inkomste metode  Die BBP word bereken deur die inkomste wat die produksiefaktore binne die grense van ʼn land verdien het, bymekaar te tel.   Hierdie metode dui op die BBP teen faktorkoste  Bestedingsmetode   Die BBP word bereken deur die totale besteding op al die finale goedere en dienste binne die grense van ʼn land, bymekaar te tel (C + I + G + X – M)   Hierdie metode dui op die BBP teen markprys  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks 10) GEVOLGTREKKING  Die ekonomiese deelnemers is afhanklik van mekaar. ʼn Ekonomie kan nie funksioneer as een deelnemer nie sy rol volledig speel nie.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks 2) OF  Doeltreffende benutting van produksiefaktore deur produsente is belangrik, sodat daar ʼn toename in die waarde van goedere en dienste in die ekonomie kan wees. (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks 2) [40] 15
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 6: EKONOMIESE KWESSIES  Bespreek volledig wat die rol en funksies van Handelsbanke in die ontwikkeling van die ekonomie in Suid-Afrika . (26 punte)  Gee ʼn kritiese evaluering van die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) as die monetêre owerheid wat al die geldverwante sake in ons land beheer. (10 punte) [40] INLEIDING  Moderne bankwese word deur konstante verbetering van die funksies van banke gekenmerk  Banke het tot die ontwikkeling van die wêreldwye ekonomie bygedra  Hoogs ekonomies-ontwikkelde lande bestaan vandag as gevolg van die goed ontwikkelde infrastruktuur in die bankwese  Banke is die skakel na alle ekonomiese aktiwiteite (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL  Banke is die tussenganger wat uitleners (deposante) en leners van geld bymekaar bring  Banke is die veilige bewaarders van geld  Banke voorsien fasiliteite waar mense geld veilig kan stoor  Banke ontvang en stoor deposito’s waarop rente betaal word  Hulle hou buitelandse valuta reserwes  Betalings kan van een bankrekening na ʼn ander bankrekening oorgedra word  Hulle leen geld uit in die vorm van oortrokke bankrekeninge en lenings, en die bank dra die risiko  Banke kry wins uit twee bronne naamlik: verdien rente op lenings en oortrokke bankrekeninge  Hulle hef bankoste op dienste aan kliënte gelewer  Banke dra by tot ekonomiese groei deur doeltreffende hulpbron-allokasie  Hulle help met nuwe besigheids-risiko’s deur geld aan entrepreneurs te leen  Banke leen geld aan besighede wat wil uitbrei  Verhoog die lewenstandaard van mense deur lenings aan mense te gee wat bates wil koop soos bv. huise  Hulle spreek die gemeenskap se sosio-ekonomiese kwessies aan deur finansiële onderrig te voorsien  Banke staan studielenings toe en gee so geleentheid aan mense om verdere onderwys en opleiding te verkry  Banke verhoog die moontlikhede vir beter geleenthede deur beurse en lenings te voorsien  Banke is betrokke by gemeenskapsprojekte bv. sport en kuns ens (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 26) 16
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (Vraestel 1) GRAAD 10 ADDISIONELE DEEL  Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is ʼn sentrale bank wat die aktiwiteite van ander banke beheer  Dit was in 1920 deur die Geld en Bankwet gestig  Dit het die alleenreg om banknote en munte uit te reik  Die Suid- Afrikaanse Reserwebank is die bankier vir ander banke. Ander banke leen geld by die Suid-Afrikaanse Reserwebank  Dit is ook ʼn staatsbank omdat dit die monetêre beleid opstel  Die Suid- Afrikaanse Reserwebank is die bewaarder van goud en buitelendse reserwes  Dit hou toesig oor die aktiwiteite van handelsbanke   Die Finansiële Dienste Raad hou toesig oor finansiële instansies soos versekerings – en beleggingsmaatskappye (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks10) GEVOLGTREKKING  Sonder bankwese sou daar nie vandag enige ekonomiese ontwikkeling gewees het nie  Deur sekere aktiwiteite soos internetbank het ons nou toegang tot globalisering  Lande dryf internasionaal handel omdat banke die koper en verkoper bymekaar bring (Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 2) [40] TOTAAL VIR AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 17

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all