Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2022
GRAAD 10
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 1)
19 bladsye
Skip to contentAll 2022 papers %20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e/v1-ac41da032cea13d3b939/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579/v1-e9bf72adf2d960a2a8f2/card.webp)
View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 336.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Gauteng November 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Basic Concepts & Basic Economic Problem16 marks
- Question 1.2Basic Concepts & Basic Economic Problem8 marks
- Question 1.3Basic Concepts & Basic Economic Problem6 marks
- Question 2Basic Concepts & Basic Economic Problem40 marks
- Question 3Population & Labour Force40 marks
- Question 4Circular Flow & Quantitative Elements40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C Winste ✓✓
1.1.2 C skaarsheid aan hulpbronne. ✓✓
1.1.3 D lekkasies < inspuitings. ✓✓
1.1.4 A leidende ✓✓
1.1.5 D selfonderhouding ✓✓
1.1.6 A gildes. ✓✓
1.1.7 B geskoolde ✓✓
1.1.8 C die jeug. ✓✓
(8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 F Die studie van hoe om skaars hulpbronne te kies en te gebruik ✓
1.2.2 D Die proses waardeur die entrepreneur arbeid en kapitaal in ʼn produk
kombineer ✓
1.2.3 A Die totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer binne die
geografiese grense van ʼn land ✓
1.2.4 B Die herhalende en wisselende vlakke van ekonomiese aktiwiteit ✓
1.2.5 G Mense reis van gebied tot gebied eerder as om op een plek te woon ✓
1.2.6 H ʼn Breë reeks sakegebruike en -praktyke ✓
1.2.7 E Voorsien ʼn aanduiding van die gebrek aan werksgeleenthede ✓
1.2.8 C Werkers met tydelike verlof of wat afwesig is ✓ (8 x 1) (8)
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Ontwikkelingsekonomie ✓
1.3.2 Billikheid/Regverdigheid ✓
1.3.3 Ekonomiese kringloop model ✓
1.3.4 Maatskappy ✓
1.3.5 Globalisering/Internasionale handel ✓
1.3.6 Immigrant/Vlugtelinge ✓ (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE elemente van Ekonomie.
• Produksie , Verspreiding of Verbruik
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom gebruik ekonome ekonomiese modelle?
Ekonomiese modelle word gebruik om te verstaan hoe die ekonomie
werk en om voorspellings te maak. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Noem EEN faktor om in ag te neem wanneer ʼn beroep gekies word.
• Finansiële implikasies ✓
• Risiko’s ✓
• Belange en vaardighede ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 1) (1)
2.2.2 Identifiseer ʼn loopbaan wat met Ekonomie verband hou.
• Kommersiële prokureur ✓
• Statistikus ✓
• Besigheidsontleder ✓
• Belegger ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term mikro-ekonomie.
Mikro-ekonomie is die studie van die gedrag en besluite van individue wat
aan die ekonomie deelneem om beperkte hulpbronne toe te wys. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
2.2.4 Hoe hou Ekonomie verband met Rekenaarwetenskap?
• Rekenaars word in die veld van Ekonomie gebruik. Ekonome moet
tred hou met die nuutste neigings en inligting. ✓✓
• Die gebruik van inligtingstegnologie help ekonome om te verstaan
hoe die ekonomie funksioneer.✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.5 Hoe kan ʼn ekonoom wetenskaplike metodes gebruik om gereelde
ekonomiese patrone te herken?
• Ekonomie is ʼn wetenskap wat wetenskaplike metodes gebruik om
patrone te herken. ✓✓
• Ekonome gebruik hierdie patrone om te verduidelik wat in die verlede
gebeur het, om te voorspel wat in die toekoms gaan gebeur. ✓✓
• Ekonome sal byvoorbeeld die prys van brood oor die afgelope tien
jaar bestudeer en om toekomstige prysstygings te voorspel. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
2.3 DATA RESPONS
2.3.1 Identifiseer ʼn ekonomiese konsep uit die inligting hierbo.
• Die basiese ekonomiese probleem van skaarsheid ✓
• Onbeperkte menslike behoeftes ✓
• Onbeperkte hulpbronne en tyd ✓
• Onbeperkte behoeftes ✓
• Onbeperkte produksiefaktore ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante reaksie.) (1 x 1) (1)
2.3.2 Gee EEN voorbeeld van kapitaalgoedere.
• Geboue ✓
• Masjinerie ✓
• Voertuie ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term geleentheidskoste.
Dit is die koste van die naasbeste alternatief van ʼn produk of diens. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Waarom is hulpbronne skaars?
Hulpbronne is skaars omdat daar onbeperkte behoeftes en begeertes en
beperkte hulpbronne is. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
2.3.5 Hoe behoort produsente hul hulpbronne toe te wys om te verseker
dat die maksimum hoeveelheid van verbruikers se behoeftes en
begeertes bevredig word?
• Produsente moet verseker dat hulle die maksimum hoeveelheid
goedere en dienste produseer (produksiedoeltreffendheid), deur
doeltreffende produksietegnieke te gebruik. ✓✓
• Firmas moet ook ʼn optimale verspreiding van goedere en dienste
produseer, met inagneming van verbruikers se voorkeure
(toewysings doeltreffendheid). ✓✓
• Marknavorsing help produsente om die voorkeur van verbruikers vir
die verskillende goedere en dienste te bepaal. ✓✓
• Die prysmeganisme, deur middel van surplusse en tekorte, sal
produsente in staat stel om die hoeveelhede te bepaal wat
verbruikers verkies. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen absolute skaarste en relatiewe skaarsheid.
Absolute skaarste Relatiewe skaarsheid
• Absoluut beteken dat daar niks • Relatief is nie absoluut nie, maar dit is
oor is van waarna jy ook al sou minimaal soos geïnterpreteer in die
soek nie. ✓✓ vergelyking met iets anders. ✓✓
• Absolute skaarste is die onvermoë • Relatiewe skaarsheid vind plaas
van die natuur om die nodige wanneer goedere en dienste
hulpbronne te voorsien om ons beskikbaar is, maar jy het nie die
daaglikse behoeftes te hulpbronne om dit te bekom nie. ✓✓
bevredig. ✓✓ • Bv., jy wil Levi's jeans koop, maar jy
• Bv., ʼn droogte kan die aanbod van het nie genoeg geld om dit te koop
landbouprodukte beperk. ✓ nie. ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
2.5 Hoe effektief is die regeringsbeleide in die beskerming van die omgewing?
• In Suid-Afrika word die natuurlike omgewing deur die Grondwet beskerm. Die
Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye (DEFF) het ʼn mandaat om
uitvoering te gee aan die reg van burgers op ʼn omgewing wat nie skadelik is
vir hul gesondheid of welstand nie, en om die omgewing te beskerm tot
voordeel van huidige en toekomstige geslagte. ✓✓
• Sedert apartheid geëindig het, het Suid-Afrika ʼn wetlike en regulatoriese
omgewingsraamwerk ontwikkel wat in sommige gebiede meer gevorderd is
as in ander lande. Die Groen Stimulus-herstelprogram wat deel vorm van die
herstelprogram na die koronavirussiekte (COVID-19), het ten doel om
natuurlike hulpbronne te beskerm terwyl dit bydra tot billike ekonomiese
groei, werk verskaf aan gemarginaliseerde gemeenskappe en groeiende
ekonomiese sektore. ✓✓
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
• Verbruikers en produsente word belas vir afval wat hulle produseer en in die
omgewing stort. ✓✓
• Suid-Afrika bevorder herwinning, hergebruik en verminder veldtogte in alle
gemeenskappe. Plastiek inkopiesakke word byvoorbeeld ontmoedig. ✓✓
• Groen belasting word gehef op die produksie van produkte wat nie
bioafbreekbaar is nie, byvoorbeeld bande. ✓✓
• Suid-Afrika het gevorderde omgewingsbeleide, maar het nie die kapasiteit of
politieke wil om dit te implementeer nie. ✓✓
• Voorbeelde van die regering se versuim om sy omgewingsbeleid te
implementeer kan gesien word deur die hoë vlakke van lugbesoedeling en die
besoedelde toestand van ons damme en riviere. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE van die G7-lande.
VSA ✓, Japan ✓, Duitsland ✓, Frankryk ✓, VK ✓, Italië ✓ en Kanada ✓
(2 x 1) (2)
3.1.2 Watter rol het die ontwikkeling van dorpe en stede in die vroeë
ekonomiese ontwikkeling gespeel?
• Kommersiële boerdery het gelei tot ʼn toename in die produksie van
koring, mielies en vleis. ✓✓
• Die ontwikkeling van dorpe het markte geskep vir vervaardigde
produkte soos klere, landbouprodukte, meubels, masjinerie en
dienste soos verblyf en vervoer. ✓✓
• Die verhoogde produksie-aktiwiteite het gelei tot die ontstaan van ʼn
nuwe klas entrepreneurs. ✓✓
• Mense in dorpe en stede het hoër inkomste gehad, hulle het dus
meer gespaar en belê. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2 DATA RESPONS
3.2.1 Noem die maatstaf waarmee babasterftes gemeet word.
Suigelingsterftesyfer/Sterftes per 1000 lewende geboortes ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
3.2.2 Wat is die huidige statistiek aangaande babasterftes in Suid-Afrika?
24,3 per 1000 ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
3.2.3 Beskryf kortliks die term sterftesyfer.
Die sterftesyfer/sterftekoers is ʼn maatstaf van die frekwensie van sterftes
in ʼn gedefinieerde populasie gedurende ʼn bepaalde interval. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Volgens die grafiek, watter ontwikkeling het oor die afgelope 70 jaar
plaasgevind?
Die suigelingsterftesyfer het aansienlik afgeneem. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe kan babasterftes in Suid-Afrika verlaag word?
• Skep beter toegang tot verbeterde gesondheidsorg in landelike
gebiede. ✓✓
• Leer ouers oor die gebruik van veilige drinkwater. ✓✓
• Verhoog die strewe teen tienerswangerskap. ✓✓
• Verbeter verspreiding van inentings deur klinieke in nie-stedelike
gebiede. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer die instelling wat in die spotprent hierbo uitgebeeld
word.
Eskom ✓ (1)
3.3.2 Noem die karakter in die spotprent.
Hoof van Eskom OF Andre van der Ruyte ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term beurtkrag.
Die onderbreking van ʼn elektrisiteitstoevoer om ʼn oormatige las op die
opwekkingsaanlegte te vermy. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Waarom ervaar Suid-Afrika beurtkrag?
• Swak beplanning met betrekking tot toekomstige energiebehoeftes. ✓✓
• Gebrek aan behoorlike instandhouding van huidige kragfasiliteite. ✓✓
• Gebrek aan behoorlike leierskap deur die bestuursraad. ✓✓
• Korrupsie en wanbestuur van fondse. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
3.3.5 Hoe beïnvloed beurtkrag produsente negatief?
• Minder goedere en dienste sal geproduseer word. ✓✓
• Beïnvloed die produsente se produktiewe doeltreffendheid. ✓✓
• Bemoeilik die ekonomiese groei van die land. ✓✓
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen ʼn positiewe en negatiewe bevolkingsgroeikoers.
Positiewe bevolkingsgroeikoers
Die aantal geboortes is groter as die aantal sterftes gedurende ʼn tydperk van
bevolkingsgroei. ✓✓
Natuurlike groei in die bevolking vind plaas, dit beteken dat die bevolking groei
sonder ʼn toestroming van immigrante. ✓✓
Ontwikkelende nasies is geneig om ʼn positiewe bevolkingsgroei te hê. ✓✓
Negatiewe bevolkingsgroeikoers
Die aantal sterftes is groter as die aantal geboortes tydens negatiewe
bevolkingsgroei. ✓✓
ʼn Negatiewe bevolkingsgroei is geneig om in ontwikkelde populasies voor te
kom. ✓✓
Hierdie populasies is geneig om mettertyd kleiner te word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 4) (8)
3.5 Hoe dra ʼn toename in die vraag na goedere en dienste by tot
nywerheidsontwikkeling?
• ʼn Toename in die vraag na goedere het gelei tot die behoefte aan meer
koste-effektiewe produksiemetodes, wat gelei het tot die opkoms van
meganisasie en die fabriekstelsel. ✓✓
• Goedere word op groot skaal in die fabrieke vervaardig. ✓✓
• Die fabriekstelsel word gekenmerk deur arbeidsverdeling. ✓✓
• Tegnologiese innovasies het gelei tot toenemende produktiwiteit terwyl dit
minder menslike energie benodig. ✓✓
• ʼn Groter volume en verskeidenheid fabrieksgeproduseerde goedere is
vervaardig wat die lewenstandaard van baie mense verhoog het. ✓✓
(Enige korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWE
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE deelnemers aan ʼn oop ekonomie.
● Huishoudings ✓
● Sakeondernemings ✓
● Regerings ✓
● Die buitelandse sektor ✓ (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom is die bevolkingsgroeikoers belangrik vir
regeringsbeplanning?
● Om te kan beplan vir voldoende infrastruktuur soos skole, hospitale,
behuising en paaie. ✓✓
● Om te kan beplan vir voldoende hulpbronne soos voedsel, water en
elektrisiteit. ✓✓
● Om te kan beplan vir werksgeleenthede vir die nabye toekoms.✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Noem die metode wat gebruik is om nasionale produksie te bereken
hierbo.
Produksiemetode/Toegevoegde waarde/BBP(P) ✓ (1)
4.2.2 Watter sektor is die grootste bydraer tot die BBP?
Tersiêr ✓ (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term bruto nasionale inkomste.
Die bruto nasionale inkomste (BNI) is die totale vergoeding vir die
produksiefaktore wat mense van Suid-Afrikaanse nasionaliteit gedurende
ʼn spesifieke tydperk ontvang. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
4.2.4 Bereken bruto toegevoegde waarde (BTW) soos voorgestel deur A.
Ekonomiese Sektor 2021 (R Miljoene)
Primêre sektor 631 848
+ Sekondêre sektor 1 037 270
+ Tersiêre sektor 3 894 359 ✓
Totaal 5 563 477 ✓ (2)
4.2.5 Watter eksterne faktore het bygedra tot die afname in bruto
toegevoegde waarde (BTW) gedurende 2020?
• ʼn Afname in totale vraag as gevolg van COVID-19-beperkings en
inperkings. ✓✓
• Baie huishoudings het ʼn afname in inkomste gehad omdat hulle nie
kon werk nie. ✓✓
• Besighede het hul bedryfsure verminder wat tot verlaagde
produksievlakke gelei het. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer die proses wat in die illustrasie hierbo uitgebeeld word.
Migrasie of Verstedeliking ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
4.3.2 Waarom verkies die meeste mense om in stede te woon?
Vir werksgeleenthede, ✓ onderwys ✓ of kulturele redes. ✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term verstedeliking.
Verstedeliking verwys na die bevolkingsverskuiwing van landelike na
stedelike gebiede. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Waarom is die groeiende koers van verstedeliking ʼn probleem vir
plaaslike regering?
Opeenhoping, besoedeling, misdaad en siektes is probleme wat met
verstedeliking geassosieer word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
4.3.5 Watter maatreëls kan gebruik word om die tempo van verstedeliking
te vertraag?
• Bekamp armoede deur ekonomiese ontwikkeling in landelike
gebiede te bevorder. ✓✓
• Skep privaat-openbare vennootskappe om werk te verskaf in
landelike gebiede. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
Ekonomiese groei
• Dit is die toename in die produksie van goedere en dienste van ʼn land binne ʼn
gegewe tydperk. ✓✓
• Dit word gemeet deur reële BBP van een jaar met ʼn ander jaar te vergelyk. ✓✓
• Dit is gemoeid met goedere en dienste. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
Ekonomiese ontwikkeling
• Dit is die verbetering in die lewenstandaard van die hele bevolking. ✓✓
• Dit is gemoeid met mense en menslike ontwikkeling. ✓✓
• Dit handel oor kwessies soos onderwys, geletterdheid, gesondheidsorg,
indiensneming en omgewingsvolhoubaarheid. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
4.5 Hoe dra markte by tot die verbeterde funksionering van die ekonomie?
• ʼn Mark is ʼn platform waar, kopers en verkopers ontmoet, oor pryse besluit
word, en hoeveelhede gekoop of verkoop word bepaal is. ✓✓
• Produksiefaktore word op die faktormark verhandel. ✓✓
• Goedere en dienste word op die produkmark verhandel. ✓✓
• In- en uitvoer van goedere en dienste vind plaas in buitelandse markte
plaas. ✓✓
• Markte fasiliteer handel; meer handel beteken meer produksie. ✓✓
• Meer produksie beteken meer indiensneming en ʼn hoër nasionale
inkomste. ✓✓
• Markte is noodsaaklik vir die ontwikkeling van nywerhede en die ekonomiese
groei van ʼn land. ✓✓
• Sonder markte sal verbruikers nie toegang tot goedere hê nie. ✓✓
• Produksiefaktore moet aan produsente beskikbaar gestel word en dit vind in
ʼn mark plaas. ✓✓
• Die internasionale mark is belangrik sodat uitvoer van goedere plaasvind wat
daartoe sal lei dat die land buitelandse valuta verdien. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
• Die inleiding is ʼn laer-orde respons.
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
hou, te definieer of te omskryf. Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Maks. 26
Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoër-orde slot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
enige feite wat reeds genoem is
Maks. 2
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL: 40
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in detail, die uitwerking van sakesiklusse op die volgende:
o Totale aanbod en totale vraag
o Indiensneming
o Wisselkoerse
o Die ekonomies kwesbares (26 punte)
• Hoe beïnvloed eksterne faktore ekonomiese skommelinge? (10 punte) [40]
INLEIDING
Sakesiklusse is die "op en af" in ekonomiese aktiwiteit, gedefinieer in terme van
tydperke van uitbreiding of inkrimpings. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2)
LIGGAAM
HOOFDEEL
Totale aanbod en totale vraag
• Totale Vraag (TV) is die totale besteding aan goedere en dienste deur
huishoudings, besighede, die regering en die buitelandse sektor in die
ekonomie. ✓✓
• Tydens die herstel neem die totale vraag toe en sal die sakesiklus ʼn hoogtepunt
bereik. ✓✓
• Ná die piek van die sakesiklus sal die totale vraag begin afneem tydens die
inkrimpingsfase en die sakesiklus sal sy laagste punt bereik. ✓✓
• Totale Aanbod (TA) is die totale hoeveelheid goedere en dienste wat teen elke
prysvlak gelewer word. ✓✓
• Totale aanbod begin eers toeneem in die herstelfase nadat voorraad begin afplat
het. ✓✓
• Totale aanbod sal begin afneem nadat die sakesiklus ʼn hoogtepunt bereik het
wanneer voorraadvlakke in die ekonomie begin opbou, as gevolg van laer
vraag. ✓✓
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
Indiensneming
• ʼn Resessie is ʼn beduidende en breë afname in ekonomiese uitset, wat gewoonlik
langer as ʼn paar maande duur. ✓✓
• Met die aanvang van ʼn resessie, soos maatskappye die afname in vraag,
dalende winste en verhoogde skuld hanteer, begin baie firmas werkers afdank
om koste te besnoei. ✓✓
• Verhoogde werkloosheid veroorsaak vraag, en uitset daal ook verder. ✓✓
• Werklose werkers vind dit moeiliker om nuwe werk te kry, en die gemiddelde
tydperk van werkloosheid neem toe. ✓✓
• Stygende werkloosheid is die sleutelaanwyser wat ʼn resessie definieer. ✓✓
• Werkloosheid is geneig om later ʼn hoogtepunt te bereik en hou vir lank na die
herstel aan. ✓✓
• Dit is omdat die einde van die resessie die laagtepunt van die ekonomiese
inkrimping en die begin van ʼn oplewing aandui eerder as die einde daarvan. ✓✓
Wisselkoerse
• In die vroeë stadiums van ʼn afswaai in die ekonomie is daar ʼn dalende vraag na
ingevoerde goedere en dienste in buitelandse markte. ✓✓
• ʼn Afname in uitvoere as gevolg van ʼn laer buitelandse vraag na plaaslike
goedere, lei tot ʼn laer vraag na die plaaslike geldeenheid. ✓✓
• Dit veroorsaak ʼn depresiasie of ʼn verswakking van die land se geldeenheid. ✓✓
• Wanneer daar ʼn opswaai in buitelandse markte is, sal daar ʼn groter vraag na
ingevoerde goedere wees. ✓✓
• Dit sal lei tot meer uitvoere vir binnelandse besighede en ʼn toename in vraag na
die plaaslike geldeenheid. ✓✓
• Die verhoogde vraag lei tot ʼn herwaardering of versterking van die
geldeenheid. ✓✓
Die ekonomies kwesbares
• Die uitwerking van op- en afswaai fases op die ekonomies kwesbares is
geweldig. ✓✓
• Enige afswaai sal ekonomies kwesbare mense beroof van hul vermoe om in hul
basiese behoeftes te voorsien. ✓✓
• ʼn Afswaai in die ekonomie sal daartoe lei dat besighede hul produksie afskaal en
hul besighede kan sluit.
• Dit sal tot grootskaalse werkloosheid lei, wat by die minder geskoolde arbeiders
begin.
(Maks. 26)
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
BYKOMENDE DEEL
• Eksogene faktore is faktore wat van buite die ekonomiese stelsel ontstaan en as
snellermeganismes vir sametrekkings en uitbreiding optree, ✓✓
• Bv.: Weer (natuurrampe) toestande, vloede, veranderinge in weerstoestande,
ens., beïnvloed landbouproduksie en dit het ʼn groot invloed op die ekonomie. ✓
• Suid-Afrika, as ʼn ontwikkelende land, is afhanklik van landbou en enige
veranderinge in weerstoestande sal ʼn nadelige impak op die BBP hê, bv. die
vloede wat in April 2022 in KwaZulu-Natal ervaar is. ✓✓
• Boonop het die Coronavirus-siekte (COVID-19) die ekonomiese aktiwiteit in Suid-
Afrika negatief beïnvloed. Baie maatskappye het gesluit en dit het groot
werkloosheid veroorsaak. ✓✓
• Politieke skokke en tegnologieskokke veroorsaak veranderinge in produktiwiteit
wat sakesiklusse veroorsaak. Wanneer ʼn politieke party verkies word, voer hulle
aanvanklik ʼn beperkendebeleid uit om inflasie te verminder, gevolg deur
uitbreidendebeleid om kiesers te beïndruk met lae inflasie en lae
werkloosheidsyfers. ✓✓
• Strukturele veranderinge veroorsaak dat ekonomiese hulpbronne in een sektor
verouderd raak en na ʼn ander sektor beweeg. Byvoorbeeld, wanneer ʼn land van
ʼn hoofsaaklik primêre-sektor-uitset na ʼn hoofsaaklik sekondêre-tersiêre sektor-
uitset verander. ✓✓
• Geldvoorraad verwys na die regering wat die geldvoorraad óf verhoog óf verlaag
wat die ewewig in die markte verander. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank
(SARB) het byvoorbeeld, die geldvoorraad tydens die Coronavirus-siekte
(COVID-19) pandemie verhoog om die ekonomie te stabiliseer. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10)
Samevatting
Skommelinge in ekonomiese aktiwiteite behoort so bestuur te word dat hulle die
ekonomie positief beïnvloed. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40]
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in detail, die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte. (26 punte)
• Watter impak het die verspreiding van COVID-19 op die arbeidsmag van ʼn
land? (10 punte)
INLEIDING
Statistiek Suid-Afrika (Stats SA) skat die bevolking op 60,14 miljoen mense. ✓✓
(Enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2)
LIGGAAM
HOOFDEEL
Bevolkingsgroei ✓
• Bevolkingsgroei word beïnvloed deur geboortes, sterfte en migrasie. ✓✓
• Bevolkingsgroei kan uitgedruk word as die natuurlike groei en die totale groei. ✓✓
• Natuurlike groei is die verskil tussen die geboortesyfer en sterftesyfer van ʼn
bevolking. Dit verteenwoordig die geboortes en sterftes in ʼn land se bevolking.
• Die algehele groeikoers neem migrasie in ag. ✓✓
• Dit is die jaarlikse verandering in ʼn bevolking as gevolg van natuurlike groei (of
afname) en die balans van migrante wat die land binnekom en verlaat. ✓✓
• Vrugbaarheid is gewoonlik hoër in landelike gebiede, waar vroue ʼn laer status het
en waar kinders nodig is om te werk. ✓✓
• Hoë geboortesyfers word geassosieer met armoede en beperkte toegang tot
onderwys. ✓✓
• Deur lewensomstandighede van mense te verbeter deur beter onderwys,
gesondheidsorg en inkomste, kan die geboortesyfer verlaag word. ✓✓
• Doeltreffende gesinsbeplanning en geboortebeperkingsprogramme kan ook
geboortesyfers verlaag. ✓✓
• Die huidige bevolkingsgroei is te hoog en plaas druk op die verskaffing van
maatskaplike dienste en infrastruktuur. ✓✓
• Suid-Afrika se 2010 middeljaarbevolkingsskatting was 49,99 miljoen mense, wat ʼn
toename was op die vorige jaar se bygewerkte skatting van 49,46 miljoen. ✓✓
• Vir 2021 het Statistiek Suid-Afrika (Stats SA) die middeljaarbevolking op
60,14 miljoen mense geskat. ✓✓
• ʼn Toename in bevolkingsgroei bring ʼn behoefte aan meer voedsel, infrastruktuur
en dienste mee. ✓✓
Natuurlike groeikoers ✓
• Die nasionale groeikoers van ʼn land kan positief of negatief wees. ✓✓
• Dit word gewoonlik uitgedruk as tussen ongeveer 0,1% en 3% per jaar. ✓✓
• Natuurlike groeikoers verteenwoordig die geboortes en sterftes in ʼn land se
bevolking en neem nie migrasie in ag nie. ✓✓
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
• Die gemiddelde groeikoers neem migrasie in ag. ✓✓
• Die bevolking van Suid-Afrika het toegeneem van 22 miljoen in 1970 tot byna
50 miljoen in 2010. Dit sluit immigrasie in. ✓✓
• Hierdie vinnige groeikoers van 2,3% is een van die hoogste groeikoerse ter
wêreld. ✓✓
• In die tydperk 1960 tot 1970 was die gemiddelde groeikoers selfs hoër (2,8%). ✓✓
• Sedertdien het dit begin afneem. Dit is geskat op 1,36% in 2010. ✓✓
Die demografiese siklus ✓
• Deur ʼn wetenskaplike ontleding van die geskiedenis van bevolkingsgroei te doen,
is ʼn siklus geïdentifiseer wat veranderinge in die natuurlike bevolkingsgroei van ʼn
land oor ʼn tydperk toon. ✓✓
• ʼn Bevolkingspiramide, wat ook ʼn ouderdomstruktuurdiagram is, is ʼn grafiese
illustrasie wat die verspreiding van verskeie ouderdomsgroepe in ʼn bevolking toon,
wat gewoonlik ʼn piramidevorm is. ✓✓
• Mans word gewoonlik aan die linkerkant vertoon, en vroue aan die regterkant. ✓✓
• Eerste fase (stadige groeiende fase): ✓
o Hoë geboortesyfers en hoë sterftesyfers. ✓✓
o Aangesien beide syfers hoog is, groei die bevolking stadig. ✓✓
• Tweede fase (premoderne fase): ✓
o ʼn Skerp afname in sterftesyfers as gevolg van verbeterde gesondheidsdienste,
water en sanitêre infrastruktuur terwyl die geboortesyfer hoog bly. ✓✓
o Dit lei tot ʼn toename in bevolkingsgroei. ✓✓
• Derde fase (moderne fase, stagnant): ✓
o ʼn Skerp verhoging in die lewenstandaard beïnvloed die gesinslewe. ✓✓
o Geboortebeperking lei tot ʼn afname in die geboortesyfer. ✓✓
o Die afname in sterftesyfer duur voort. ✓✓
o Die natuurlike groeitempo neem af. ✓✓
• Vierde stadium (krimp): ✓
o Die geboortesyfer val onder die vervangingsvlak, die sterftesyfer bly
laag – geassosieer met hoë lewensverwagting, klein gesinne en ʼn
verouderende bevolking. ✓✓
Geprojekteerde groeikoerse ✓
• Projeksies word gemaak om die grootte van die bevolking op sekere tye in die
toekoms te meet. ✓✓
• Dit stel die regering in staat om te beplan watter hulpbronne inwoners sal benodig
in terme van infrastruktuur, onderwys en gesondheidsprojekte. ✓✓
• Die onbekende faktore maak sulke projeksies riskant. ✓✓
• In Suid-Afrika die voorkoms van MIV/Vigs en migrasie is onbekende faktore wat
projeksies kan beïnvloed. ✓✓
• Bevolkingsprojeksies is gebaseer op aannames en scenario's. ✓✓
• Projeksies word dikwels gemaak om die effek van die geprojekteerde bevolking op
die samestelling van die arbeidsmag en op die grootte van die toekomstige
skoolgaande bevolking te bepaal. ✓✓
18
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
● Dit word gedoen om beplanning te help om in die behoeftes van behuising,
onderwys (skoolgeboue, onderwysersopleiding) en gesondheidsdienste te
voorsien, of om die kwessie van die hantering van Vigswesies as gevolg van die
MIV/Vigs-pandemie aan te spreek. ✓✓
• Huidige bevolkingsprojeksies vir Suid-Afrika dui op ʼn afname as gevolg van
MIV/Vigs. ✓✓
• Die verlies van ekonomies aktiewe familielede lei tot ʼn verlies aan inkomste en
sosiale probleme. ✓✓
• Die dalende koers van die nasionale bevolkingsgroei in die 21ste eeu sal
voortduur. ✓✓
• Die belangrikste bydraers tot hierdie tendens is die afname in geboortesyfers en
toenemende sterftes as gevolg van die verspreiding van MIV/Vigs. ✓✓
• Bemagtiging van vroue het die aanwaskoers verlaag. ✓✓
• Die laer geboortesyfers is deels te wyte aan sosiale en ekonomiese tendense
soos ekonomiese groei in Suid-Afrika, verstedeliking, bemagtiging van vroue in
onderwys en gesinsbeplanning, en toegang tot werk. ✓✓
• Sterftesyfers het ook tot die middel-1990's afgeneem as gevolg van verbeterings
in dieet- en gesondheidsbewustheid en beter toegang tot gesondheidsorg en
skoon water. ✓✓
• Soos baie ander ontwikkelende lande, beweeg Suid-Afrika deur ʼn demografiese
oorgang met ʼn dalende sterftesyfer en dalende geboortesyfer en gevolglik ʼn
dalende natuurlike bevolkingsgroei. ✓✓
• Twee dekades gelede is daar algemeen geglo dat die bevolking stadig sou groei
tot die nuwe millennium, maar teen ʼn dalende tempo.
• Hierdie vooruitskattings moes weens MIV/Vigs heroorweeg word. ✓✓
Migrasie ✓
• Verstedeliking is die proses waardeur die aantal mense wat in stede woon relatief
tot dié in landelike gebiede toeneem. ✓✓
• Verstedeliking is deel van die ekonomiese ontwikkeling van ʼn land. ✓✓
• Dit kom voor wanneer mense van landelike gebiede na stedelike gebiede beweeg
op soek na beter werksgeleenthede. ✓✓
• Verstedeliking is wydverspreid sedert 1994. ✓✓
• Grootskaalse migrasie het druk op munisipaliteite geplaas om dienste teen ʼn
toenemende tempo te verskaf. ✓✓
• Groot informele nedersettings het aan die buitewyke van Suid-Afrikaanse stede en
dorpe ontwikkel. ✓✓
• Sirkulêre migrasie verteenwoordig ʼn groot deel van die beweging onder die swart
bevolking. ✓✓ (Maks. 26)
19
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10
BYKOMENDE DEEL
Die impak van COVID-19 op die arbeidsmag van die land:
• Werkplekke het gesluit, miljoene werkers het ʼn gedeelte van of hul hele inkomste
verloor. ✓✓
• Selfs onder diegene wat nog gewerk het, moes baie korter werksure en
loonverlagings in verskillende industrieë aanvaar ✓✓ soos lugrederye, kleinhandel
en verblyf, voedseldienste, tekstiele en staatsektore. ✓
• Verskeie lande het ook loonverlagings in die openbare sektor geïmplementeer. ✓✓
• Dit het ook groot werkverliese in die ekonomie tot gevolg gehad. ✓✓
• Laagbetaalde en dikwels laaggeskoolde werkers is veral geraak tydens die
aanvanklike fase van die krisis. ✓✓
• Baie van die sogenaamde frontlinie-werkers wat hul gesondheid in gevaar stel, het
hulself aan die virus blootgestel om die voortsetting van noodsaaklike dienste
tydens inperking te verseker.
• Werk in baie sektore is gekenmerk deur lae lone. ✓✓
• Dit sluit gesondheidsorgwerkers, kassiere, produksie- en
voedselverwerkingswerkers, landbouwerkers, afleweringswerkers en
vragmotorbestuurders in. ✓✓
• Die impak van die krisis was ernstig vir werkers in die informele ekonomie vir wie
tuisbly beteken dat hulle hul werk en hul lewensbestaan verloor het. ✓✓
• Die impak van die pandemie het gelei tot ʼn ernstige inkrimping in ekonomiese
aktiwiteit aangesien baie mense nie kon werk toe gaan nie en besighede nie meer
kon nie bedryf. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10)
SLOT
Die COVID-19-pandemie het die kern verander van hoe ons in die samelewing omgaan
en wat ons eens as normaal geken het. Soos nuwe data mettertyd beskikbaar word, sal
ons ʼn beter gevoel hê van die volle impak van die pandemie op die arbeidsmag en die
Suid-Afrikaanse bevolking. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
20
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e/v1-ac41da032cea13d3b939/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579/v1-e9bf72adf2d960a2a8f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper