Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10202213 pages

Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2022 GRAAD 10 EKONOMIE (VRAESTEL 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 E. 1.1.1 Watter van die volgende word nie gebruik om Ekonomie te definieer nie? A Skaarsheid B Keuse C Winste D Doeltreffendheid 1.1.2 Die basiese ekonomiese probleem waarmee alle ekonomieë te kampe het, is … A stygende pryse. B werkloosheid. C skaarsheid aan hulpbronne. D lae ekonomiese groei. 1.1.3 Nasionale inkomste sal toeneem wanneer … A inspuitings = lekkasies. B lekkasies > inspuitings. C inspuitings < lekkasies. D lekkasies < inspuitings. 1.1.4 ʼn Aanwyser wat verander voordat die ekonomie verander, staan bekend as ʼn … aanwyser. A leidende B sloerende C samevallende D saamgestelde 1.1.5 In vroeë samelewings het elke huishouding gepoog om al die goedere en dienste te produseer wat hulle nodig het. Dit word ... genoem. A geleentheidskoste B alternatiewe C keuses D selfonderhouding b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 1.1.6 Verenigings van vakmanne en ander beroepe, gedurende die Middeleeue, was bekend as … A gildes. B verhuurders. C alliansies. D hiërargieë. 1.1.7 Suid-Afrika het ʼn tekort aan ... arbeid. A ongeskoolde B geskoolde C permanente D tydelike 1.1.8 Die bevolkingsgroep wat die meeste sukkel om werk te kry, is … A middeljarige mans. B ouer vroue. C die jeug. D kinders. (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Ekonomie A Die totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer binne die geografiese 1.2.2 Produksie grense van ʼn land 1.2.3 Bruto Binnelandse B Die herhalende en wisselende vlakke van Produk ekonomiese aktiwiteit 1.2.4 Sakesiklus C Werkers met tydelike verlof of wat nie teenwoordig is nie 1.2.5 Nomadiese D Die proses waardeur die entrepreneur arbeid 1.2.6 Handelsreg en kapitaal in ʼn produk kombineer 1.2.7 Arbeids- E Voorsien ʼn aanduiding van die gebrek aan absorpsiekoers werksgeleenthede 1.2.8 Afwesige F Die studie van hoe om skaars hulpbronne te werknemers kies en te gebruik b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 G Mense reis van gebied tot gebied eerder as om op een plek te woon H ʼn Breë reeks sakegebruike en -praktyke I ʼn Besigheid wat daarop fokus om ʼn beperkte reeks goedere en dienste te produseer ten einde meer doeltreffend te wees (8 x 1) (8) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 ʼn Tak van Ekonomie wat handel oor beleide wat lae-inkomste lande help om te ontwikkel 1.3.2 Die regverdige toewysing van hulpbronne onder ʼn groep mense 1.3.3 ʼn Vereenvoudigde model wat die interafhanklikheid van die belangrikste sektore beskryf 1.3.4 ʼn Besigheidstruktuur wat oordraagbare aandele en beperkte aanspreeklikheid vir aandeelhouers bevat 1.3.5 Die proses van verhoogde internasionale samewerking, kommunikasie en handel 1.3.6 Buitelanders wat ʼn land op ʼn permanente basis binnekom (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE elemente van Ekonomie. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom gebruik ekonome ekonomiese modelle? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg. Mikro-Ekonomiese teorie Studie Skep Rekenaar- wetenskaplike Ekonome Studie Skep Die Regte Wêreld Menslike agente op Rekenaar-agent op menslike markte rekenaarmarkte [Aangepaste bron: Google beelde] 2.2.1 Noem EEN faktor om in ag te neem wanneer ʼn beroep gekies word. (1) 2.2.2 Identifiseer ʼn loopbaan wat met Ekonomie verband hou. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term mikro-ekonomie. (2) 2.2.4 Hoe hou Ekonomie verband met Rekenaarwetenskap? (2) 2.2.5 Hoe kan ʼn ekonoom wetenskaplike metodes gebruik om gereelde ekonomiese patrone te herken? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Skaarsheid Faktore van Produksie Skuiling Feitlike onbeperkte Beperkte menslike behoeftes hulpbronne en tyd Produksiefaktore is beperk. Ons gebruik dit om ons onbeperkte behoeftes te bevredig. [Aangepaste bron: https://marketbusinessnews.com/financial-glossary/scarcity] 2.3.1 Identifiseer ʼn ekonomiese konsep uit die inligting hierbo. (1) 2.3.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn kapitaalgoed. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term geleentheidskoste. (2) 2.3.4 Waarom is hulpbronne skaars? (2) 2.3.5 Hoe behoort produsente hul hulpbronne toe te wys om te verseker dat die maksimum hoeveelheid van verbruikers se behoeftes en begeertes bevredig word? (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei tussen absolute skaarsheid en relatiewe skaarsheid. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe effektief is regeringsbeleide in die beskerming van die omgewing? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE van die G7-lande. (2 x 1) (2) 3.1.2 Watter rol het die ontwikkeling van dorpe en stede in vroeë ekonomiese ontwikkeling gespeel? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ’N VEILIGER TOEKOMS VIR AFRIKA BABAS DEUR DIE GETALLE In 1950 het 141 babas onder die ouderdom van een uit elke 1,000 in SA gesterf. Oor die volgende 70 jaar het daardie getal skerp gedaal, en is nou 24,3 sterftes per 1,000 lewende geboortes. Projeksies deur die VN voorspel dat dit sal val tot minder as 8 teen 2,100.. Die syfer is baie hoer in Afrika as geheel, waar statistiek dit op 41,6 per 1,000 lewendige geboortes plaas. Dit is veragter Europa (3,8) en die VS (7). SA Suigelingsterftesyfer Sterftes per 1,000 lewende geboortes Histories Huidige VN projeksies 150 150 50 0 Jaarlikse % verandering 0 -5 -10 1950 2000 2050 2100 [Aangepaste bron: www.financialmail.co.za] 3.2.1 Noem die maatstaf waarmee babasterftes gemeet word. (1) 3.2.2 Wat is die huidige statistiek aangaande babasterftes in Suid-Afrika? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term sterftesyfer. (2) 3.2.4 Volgens die grafiek, watter ontwikkeling het oor die afgelope 70 jaar plaasgevind? (2) 3.2.5 Hoe kan babasterftes in Suid-Afrika verlaag word? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 3.3 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg. NIE AAN NIE … Ongelukkig wrk net ʼn klein % van ons steenkool aangedrewe kragstasies! [Aangepaste bron: www.businessday.co.za] 3.3.1 Identifiseer die instelling wat in die spotprent hierbo uitgebeeld word. (1) 3.3.2 Noem die karakter in die spotprent. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term beurtkrag. (2) 3.3.4 Waarom ervaar Suid-Afrika beurtkrag? (2) 3.3.5 Hoe beïnvloed beurtkrag produsente negatief? (2 x 2) (4) 3.4 Onderskei tussen ʼn positiewe en negatiewe bevolkingsgroeikoers. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe het ʼn toename in vraag na goedere en dienste bygedra tot nywerheidsontwikkeling? (4 x 2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE deelnemers aan ʼn oop ekonomie. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom is die bevolkingsgroeikoers belangrik vir regeringsbeplanning? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRUTO TOEGEVOEGDE WAARDE VOLGENS TIPE EKONOMIESE AKTIWITEIT Teen huidige pryse (R miljoene) 2019 2020 2021 Primêre sektor 425 216 492 772 631 848 Sekondêre sektor 1 006 431 939 939 1 037 270 Tersiêre sektor 3 607 640 3 565 161 3 894 359 Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse 5 039 287 4 997 872 A Teen konstante 2015-pryse (R miljoene) 2019 2020 2021 Primêre sektor 326 210 314 060 346 995 Sekondêre sektor 807 746 704 438 736 992 Tersiêre sektor 2 990 501 2 860 862 2 979 705 Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse 4 124 457 3 879 360 4 063 693 [Aangepas: SARB Quarterly Bulletin, Maart 2022] 4.2.1 Noem die metode wat gebruik is om nasionale produksie te bereken hierbo. (1) 4.2.2 Watter sektor is die grootste bydraer tot die BBP? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term bruto nasionale inkomste. (2) 4.2.4 Bereken bruto toegevoegde waarde (BTW) soos voorgestel deur A. (2) 4.2.5 Watter eksterne faktore het bygedra tot die afname in bruto toegevoegde waarde (BTW) gedurende 2020? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 4.3 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg. DRUK TREK [Aangepaste bron: www.google.com] 4.3.1 Identifiseer die proses wat in die illustrasie hierbo uitgebeeld word. (1) 4.3.2 Waarom verkies die meeste mense om in stede te woon? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term verstedeliking. (2) 4.3.4 Waarom is die groeiende koers van verstedeliking ʼn probleem vir plaaslike regering? (2) 4.3.5 Watter maatreëls kan gebruik word om die tempo van verstedeliking te vertraag? (2 x 2) (4) 4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe dra markte by tot die verbeterde funksionering van die ekonomie? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding • Die inleiding is ʼn laer-orde respons. • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf. Maks. 2 • Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE. • Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Maks. 26 Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoër-orde slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is Maks. 2 • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek, in detail, die uitwerking van sakesiklusse op die volgende: o Totale aanbod en totale vraag o Indiensneming o Wisselkoerse o Die ekonomies kwesbares (26 punte) • Hoe beïnvloed eksterne faktore ekonomiese skommelinge? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek, in detail, die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte. (26 punte) • Watter impak het die verspreiding van COVID-19 op die arbeidsmag van ʼn land? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all