Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 10202015 pages

Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2020 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 1 NASIENRIGLYNE 15 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING A: VERPLIGTEND VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE VRAE 1.1.1 C Ekonomie 1.1.2 A Sosiale wetenskappe 1.1.3 D Positiewe stelling 1.1.4 A Absolute skaarsheid 1.1.5 C kinders benodig word om te werk. 1.1.6 B effektief te beplan. 1.1.7 A kringmigrasie 1.1.8 D Suid-Afrika (2 x 8) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 D Proses waardeur ʼn entrepreneur beskikbare hulpbronne kombineer en dit omskep in ʼn soort produk wat gebruik word om in die behoeftes en begeertes van die bevolking te voorsien 1.2.2 A Die produksie aktiwiteite betrokke by die verspreiding van goedere en die voorsiening van dienste aan die publiek 1.2.3 B Wanneer ʼn onderneming spesialiseer in die produksie van een produk of diens 1.2.4 C Die proses waardeur produkte van produsent na verbruiker beweeg en dit word handel genoem. 1.2.5 F Lei tot die verlies van ekonomies aktiewe familielede en sosiale probleme 1.2.6 H Buitelanders wat permanent 'n land binnekom 1.2.7 E Ontwikkel aan die buitewyke van Suid-Afrikaanse stede as gevolg van 'n agterstand in behuising 1.2.8 G Sluit mikrobesighede soos straatverkopers in (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE KONSEP 1.3.1 Aanvullings 1.3.2 Ekonomiese kringloop 1.3.3 Publieke goedere 1.3.3 Heterogeen  1.3.5 Demografiese siklus  1.3.6 Emigrante  (6 x 1) (6) [30] TOTAAL AFDELING A: 30 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese probleme wat mense dwing om antwoorde te vind.  Wat geproduseer moet word?  Hoe dit geproduseer moet word?  Vir wie dit geproduseer moet word? (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word Ekonomie as ʼn sosiale wetenskap beskou? Dit is ʼn sosiale wetenskap wat fokus op die ontleding van mense en hul gedrag  (1 x 2) (2) 2.2 DATA-RESPONS 2.2.1 Gee ʼn voorbeeld van belasting op produkte.  BTW   Brandstofheffing   Belastings op versekeringspremies   Belasting op motorregistrasie  (Enige 1 x 1) (1) 2.2.2 Watter instelling is verantwoordelik vir die publisering van nasionale rekeninginligting? Kwartaallikse bulletin  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term faktorkoste. Die koste van goedere en dienste geproduseer in ʼn land voordat belasting en subsidies bygevoeg is.  (2) 2.2.4 Waarom is die BNP-syfers oor die algemeen laer as die BBP syfers in Suid- Afrika? Omdat SA meer afhanklik is van buitelandse beleggers as wat hulle van ons afhang  (2) 2.2.5 Bereken die bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste in die bostaande tabel gemerk (A). Toon AL die berekeninge. 2 320 179 + 1 249 182 + 6 764 86  = 4 245 847  (2 x 2) (4) 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 2.3 DATA RESPONS 2.3.1 Benoem die lyn met ʼn positiewe skuins helling op die grafiek. Tendenslyn  (1) 2.3.2 Wat word die afstand van die piek tot die trog genoem? Amplitude  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term teen konstante pryse.  Hierdie is pryse van goedere en dienste wat aangepas is vir inflasie  (2) 2.3.4 Beskryf kortliks ʼn kenmerk van die depressiefase.  Ondernemings sluit, mense verloor werk en werkloosheid is baie hoog.  (2) 2.3.5 Onderskei tussen Monetaristiese en Keynesiaanse benaderings oor sakesiklusse.  Monetariste glo dat skommelinge in ʼn sakesiklus deur eksterne faktore veroorsaak word.   Keynesiaanse benadering glo dat skommelinge deur interne faktore veroorsaak word. (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik die verskil tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie. Makro-ekonomie Mikro-ekonomie Dit bestudeer die geheel en fokus op Bestudeer klein eenhede of klein dele, die totale of aggregaat ekonomiese dus besluit individuele besluitnemers, gedrag, bv. totale produksie, totale bv. individue/huishoudings/verbruikers inkomste en besteding ens. wat om te koop.  Ekonomiese groei  Produsente besluit wat om te Algemene prysvlak en inflasie  produseer, hoeveel en teen watter prys Die betalingsbalans  om te verkoop Vraag en aanbod, sodoende ook die ewewig in die mark asook markpryse (4 x 2) (8) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 2.5 Bespreek kortliks die metodes om BBP te bepaal.  Daar is drie maniere om die BBP te bereken – wat teoreties tot dieselfde bedrag moet opsom.   Produksiemetode:  o Met hierdie metode word die BBP bepaal deur die som van die toegevoegde waarde in elke stadium van die produksieproses.   Inkomstemetode:  o Met hierdie metode word die BBP bepaal deur inkomste verdien uit die produksiefaktore binne die landsgrense.   Bestedingsmetode:  o Met hierdie metode word die BBP bepaal deur die totale besteding aan alle finale goedere en dienste wat binne die grense van die land geproduseer word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8) VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE faktore wat die natuurlike bevolkingsgroeikoers bepaal.  Geboortesyfer   Sterftesyfer (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed MIV/vigs die lewensverwagting van Suid-Afrikaners?  MIV/Vigs infeksies verhoog die sterftesyfer en verminder die lewensverwagting van ʼn nasie. (1 x 2) (2) 3.2 DATA-RESPONS 3.2.1 Watter ekonomiese probleem ondervind migrante?  Armoede of skaarsheid  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.2.2 Gee een voorbeeld van ʼn regeringshulpprogram.  Ouderdomspensioen   Kinderondersteuningstoelaag   Sosiale verligting van nood   Sorgafhanklikheidstoelaag   Hulp verleen   Oorlogsveterane toelaag   Pleegkindtoelae   Ongeskiktheidstoelae  (Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (1) 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 3.2.3 Beskryf die term migrasie kortliks. Migrasie is bloot mense wat van een plek na ʼn ander verhuis met die bedoeling om permanent of tydelik te vestig.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Waarom werk die meeste migrante meestal in die informele sektor? Baie migrante is hier onwettig of het nie werkpermitte nie.  (Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (2) 3.2.5 Wat kan gedoen word om migrante te help wat hul inkomste verloor het?  Die regering kan migrante toegang tot regeringshulpprogramme verleen.  Die regering kan migrante toegang verleen om die land binne te gaan en toegang tot werkspermitte te gee.  Welsynsorganisasies kan hulp verleen aan die migrante. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 DATA RESPONS 3.3.1 Watter provinsie in Suid-Afrika het die grootste bevolkingsgrootte.  Gauteng  (1) 3.3.2 Waarom trek mense van landelike gebiede na groot stede soos Johannesburg?  ʼn Verhuising van ʼn landelike na ʼn stedelike gebied word meestal aangedryf deur ekonomiese en indiensnemingsredes, maar opvoedingsverwante redes, soos om vir jou eie of ander se opleiding te verhuis, is ook belangrike faktore.  (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)  (1) 3.3.3 Beskryf die term verstedeliking kortliks.  Verstedeliking verwys na die toenemende aantal mense wat in stedelike gebiede woon.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.4 Waarom is die groeiende tempo van verstedeliking ʼn probleem vir plaaslike regering?  Opeenhoping, besoedeling, misdaad en siektes is probleme verbonde aan verstedeliking.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 3.3.5 Watter maatreëls kan gebruik word om die tempo van verstedeliking te vertraag?  Bestry armoede deur ekonomiese ontwikkeling in landelike gebiede te bevorder.  Skep private-openbare vennootskappe om werk in landelike gebiede te bied.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die evolusie van internasionale ekonomiese samewerking in Afrika.  Regerings wêreldwyd probeer om samewerking met ander lande te verbeter.   Onderhandelinge vind plaas oor internasionale en multilaterale ooreenkomste.   Regerings probeer hul ekonomiese beleid in lyn bring.   Afrika-regerings het ook besef dat dit nodig is om ʼn gemeenskaplike handelsgebied te ontwikkel.   Die Afrika-unie poog om die ekonomiese integrasie van Afrika-lande te bewerkstellig.   Ander integrasie pogings wissel van streeks-doeane-unies tot ekonomiese en monetêre unies.   Belangrike Suid-Afrikaanse handelsinisiatiewe sluit in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) en die bilaterale handels- en hulpooreenkoms met die Europese Unie.   In 2010 het Suid-Afrika by die BRIC-groep aangesluit, wat bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië en China/Sjina.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8) 3.5 Waarom moet Suid-Afrikaners meer spaar?  Besparing is ʼn belangrike faktor in die ekonomiese aktiwiteit.   ʼn Toename in spaargeld kan ʼn groot impak op ekonomiese aktiwiteit hê.   Hoër besparings kan help om hoër beleggingsvlakke te finansier.   Beleggings verhoog produktiwiteit op langer termyn.   Die besparingsvlak bepaal die beleggingsvlak aangesien beleggings gefinansier moet word uit besparing.   As mense meer spaar, stel dit die banke in staat om meer aan ondernemings te leen vir belegging.   Die besparingsvlak is ʼn belangrike faktor in die bepaling van ekonomiese groei.  (4 x 2) (8) [40] 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 Beantwoord die volgende vrae: 4.1.1 Noem enige TWEE deelnemers aan die ekonomiese siklus.  Huishoudings   Regering/Staat/Openbare sektor   Besigheid/Produsent/Ondernemings   Buitelandse sektor  (Enige twee) (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat kan die regering doen om die verspreiding van MIV/VIGS onder die arbeidsmag te voorkom?  Die regering bied mediese sorg aan, soos toegang tot antiretrovirale middels.   Die regering verskaf inligting oor voorkoming van infeksies.   Die voorsiening van voorbehoedmiddels.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2 DATA RESPONS 4.2.1 Volgens die prentjie, waarom moet politieke leiers Ekonomie studeer?  Omdat dit die ekonomie en mense beïnvloed deur mag uit te oefen  (1) 4.2.2 Noem een beroep op die studieveld van ekonomie.  Rekeningkunde   Besigheidstudies   Handelsreg   Wiskunde ✓ (1) 4.2.3 Waarom gebruik ekonome teorieë en modelle?  Om spesifieke versameling data te veralgemeen en te verduidelik wat in ʼn bepaalde situasie gebeur en te voorspel wat volgende gaan gebeur.  (2) 4.2.4 Beskryf kortliks die term ekonomie ʼn Sosiale wetenskap wat die daaglikse keuses bestudeer wat mense maak en hoe om hul onbeperkte behoeftes en begeertes te bevredig met die beperkte middele tot hulle beskikking, sodat hulle maksimum bevrediging bereik.  (2) 4.2.5 Verduidelik die probleme wat die sosiale wetenskappe ondervind.  Probleme in die bestuur van eksperimente   Onakkuraatheid van die sosiale wetenskappe   Maak waarde-oordele   Om te besluit watter feite te gebruik  (2 x 2) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 4.3.1 Noem die instelling wat verantwoordelik is vir die berekening van die Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfer. Statistiek Suid-Afrika  (1) 4.3.2 Gee een rede vir die toename in die werkloosheidsyfer gedurende Kwartaal 1 van 2020. Die nasionale Covid19-inperking  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term werkloosheid. Werkloosheid is ʼn term wat verwys na individue wat indiensneembaar is en werk soek, maar nie werk kan kry nie  (2) 4.3.4 Waarom is werkloosheid onder die jeug hoër as in ander ouderdomsgroepe? Die jeug het min of geen werksondervinding en opleiding nie.  (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) 4.3.5 Hoe kan die regering help om die werkloosheidsyfer te verlaag?  Die regering kan ekonomiese groei bevorder deur die implementering van sakevriendelike beleid.  Die regering moet die groei van die informele sektor in Suid-Afrika aanmoedig.   Die regering kan ʼn jeug loonsubsidie implementeer. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.4 Beskryf kortliks die evolusie van vakbonde.  Swak werksomstandighede gedurende die Industriële Revolusie het gelei tot die stigting van vakbonde.   Vakbonde was werkersorganisasies wat probeer het om lone en werksomstandighede te verbeter.   Teen die begin van die twintigste  eeu is die regte van werknemers om te organiseer en kollektief te beding erken in die meeste westerse lande.  Vakbonde het beperkings ingestel op die mishandeling van werkers en die vasstelling van minimum lone.   Sommige bedrywe het gely as gevolg van stakings, maar die vakbonde het baie verbeteringe in werksomstandighede teweeggebring.   Vakbonde het ʼn belangrike rol in Suid-Afrika gespeel omdat hulle gedien het as ʼn politieke forum vir werkers en het bygedra tot die vorming van ʼn nuwe regering.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8) 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 4.5 Evalueer hoe die regering verbruikersregte beskerm.  Lê swaar strawwe op produsente en ondernemings wat verbruikersregte inbreuk maak.   Die regering is verantwoordelik om verbruikers te beskerm teen uitbuiting.   Het die verantwoordelikheid om te verseker dat verbruikersregte afgedwing word  Dit kan bereik word deur verbruikers in te lig oor hul regte.   Die daarstal van organisasies om verbruikersklagtes en skending van verbruikersregte te hanteer.  (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE  Bespreek breedvoerig die fases van ʼn sakesiklus met behulp van ʼn diagram. (26)  Evalueer die endogene redes vir veranderinge in die sakesiklus. (10) [40] INLEIDING Sakesiklus is ʼn aaneenlopende tydperke van stygende en dalende ekonomiese aktiwiteite  HOOFDEEL Voorspoedfase   Optimisme moedig entrepreneurs aan om geld te leen en om nuwe toerusting te koop.   Meer mense word in diens geneem en produksie styg.   Pryse, lone, rentekoers en winste verhoog.   Fabrieke werk oortyd en geskoolde arbeid word uiters skaars.   Wanneer die oplewing begin, gaan alles tot die uiterstes.   Rentekoerse, salarisse en lone styg tot nog hoër vlakke en daar is ʼn baie groter vraag na grondstowwe. Die koste van ondernemings styg amper buite beheer.   Inflasie versnel verder as vorige hoë vlakke.   Sommige ondernemings begin besef dat die welvaartfase nie vir ewig kan duur nie.   Maar daar is nog geen duidelike versteurings nie.  Die resessiefase   Besighede begin om vir slegte tye voorsiening te maak deur die groter dele van hul lenings te probeer terugbetaal.   Hulle ontslaan werknemers selektief.  Besteding deur huishoudings en sakeondernemings begin afneem.   Inflasie is hoog en die sentrale bank verminder die hoeveelheid geld en krediet in die ekonomie en verhoog rentekoerse  met ander woorde, die sentrale bank pas ʼn strenger monetêre beleid toe  Huishoudings vind dit moeilik om goedere op krediet te koop en om verbande te betaal, en banke dring daarop aan dat besigheidsondernemings die lenings wat tydens die oplewing toegestaan is, moet terugbetaal.   Besteding aan duursame verbruiksgoedere en kapitaal toerusting word aansienlik verminder en werkloosheid neem toe.   Sommige besighede begin verliese toon.  11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 Die depressiefase  Hierdie fase word gekenmerk deur algemene pessimisme (verwag die slegste) deur huishoudings en ondernemings.  Besteding van alle sektore in die ekonomie neem drasties af en bestaan hoofsaaklik uit besteding aan verbruikersgoedere.   Besighede toon swak winste, baie maak verliese, en sommige gaan bankrot.   Huishoudings wat nie hul skuld kan betaal nie, se meubels, motors en selfs hul huise word teruggeneem.   Baie mense vind werk in die informele sektor.   Die hoofdoel van huishoudings is om in hul basiese behoeftes (voedsel, skuiling en klere) te voorsien.   Vanweë die afname in vraag, neem inflasie ook af en rentekoerse daal.   In ʼn sekere stadium begin besighede besef dat toestande gaan verbeter op ʼn sekere tyd, en hulle neem die eerste stappe wat uiteindelik sal lei tot die herstel.  Die herstelfase √  Besighede besef dat toestande gaan verbeter en begin om hul masjinerie te diens en hul toerusting te verbeter.   Hulle verhoog hul produksie effens om voorraad te voorsien vir ʼn moontlike toename in vraag.   Hulle gebruik hul arbeid beter en stel selfs nuwe werkers in diens.   Omdat besighede meer goedere en dienste koop en ʼn groter aantal mense in diens neem, is daar ʼn toename in inkomste en besteding in die ekonomie.   Omdat rentekoerse laag is, is die terugbetaling van huishoudelike effekte en ander paaiemente laag, en dus het huishoudings meer geld om te spandeer.   Daar is lenings beskikbaar maar huishoudings en besigheidsondernemings is nog steeds nie lus om te leen nie.   Sodra die verkope verbeter, verhoog die bedryfswins.   Ondernemers word meer optimisties.  Addisionele deel Evalueer die endogene redes vir veranderinge in die sakesiklus.  Die Keynesiaanse (endogene) siening is dat markte inherent onstabiel is, daarom is staatsinmengings nodig om die ekonomie te stabiliseer.   Hulle voer aan dat veranderinge in die waarde van totale besteding veranderinge in die vraag teweegbring.   Die regering kan ingryp deur fiskale beleid wat belasting insluit om ekonomiese aktiwiteit te stimuleer.   Tydens ʼn resessie kan die regering sy besteding verhoog en belasting verminder om ekonomiese aktiwiteit te stimuleer.   Dit sal die vlak van ekonomiese aktiwiteit verhoog, bv. produksie, indiensneming, inkomste en vraag.   Tydens ʼn hoogtepunt kan die regering belasting verhoog en owerheidsbesteding verminder.  Gevolgtrekking Endogene veranderings in die sakesiklus is gebaseer op gebeure in die ekonomie en is onderling verbind en kan mekaar beïnvloed.  [40] 12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES  Bespreek volledig die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte en die demografiese siklus. (26)  Hoe sal die Covid-19-pandemie die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroei- koers beïnvloed? (10) [40] INLEIDING Om ekonomiese beplanning doeltreffend te maak, is dit belangrik om deeglike en akkurate gegewens te hê rakende die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte en die geprojekteerde groeikoers. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)  (maks. 2) LIGGAAM DIE BEVOLKINGSGROOTTE: Bevolkingsgroei  Die nasionale groeikoers van ʼn land kan positief of negatief wees.   Dit word gewoonlik uitgedruk tussen tussen 0,1% en 3% per jaar.   Die bevolking van Suid-Afrika het toegeneem van 22 miljoen in 1970 tot byna 50 miljoen in 2010.   Dit sluit immigrasie in.   Hierdie vinnige groeikoers van 2,3% is een van die hoogste groeikoerse ter wêreld.  Tussen 1960 en 1970, was die gemiddelde groeikoers nog hoër (2,8%).  Sedertdien het dit begin daal.   In 2010 is dit geskat op 1,36%. (Maks. 13) Natuurlike groeikoers  Natuurlike groeikoers verteenwoordig die geboortes en sterftes van ʼn land se bevolking en neem nie migrasie in ag nie.  Die gemiddelde groeikoers neem migrasie in ag.  (Maks. 13) 13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 DIE DEMOGRAFIESE SIKLUS  Deur ʼn wetenskaplike ontleding van die geskiedenis van bevolkingsgroei te doen, is ʼn siklus geïdentifiseer wat veranderings in die natuurlike bevolkingsgroei oor ʼn tydperk toon.   ʼn Bevolkingspiramide, ook ʼn ouderdomsstruktuurdiagram genoem, is ʼn grafiese illustrasie wat die verdeling van verskillende ouderdomsgroepe in ʼn bevolking toon, wat gewoonlik ʼn piramidevorm het.   Mans word gewoonlik aan die linkerkant getoon, en vroue aan die regterkant.  Eerste fase (stadig groeiende fase):   Hoë geboortesyfers en hoë sterftesyfers.  Aangesien beide syfers hoog is, groei die bevolking stadig.  Tweede fase (pre-moderne fase):   ʼn Skerp daling in sterftesyfers, hoofsaaklik as gevolg van verbeterde infrastruktuur vir gesondheidsdienste, water en sanitasie, terwyl geboortesyfers hoog bly.   Dit lei tot ʼn toename in bevolkingsgroei. Derde fase (moderne fase, stilstaande):   ʼn Skerp toename in lewensstandaarde beïnvloed die gesinslewe.   Geboortebeperking lei tot ʼn afname in geboortesyfers.   Die daling in sterftesyfers duur voort.   Die natuurlike groeikoers neem af.  Vierde fase (krimp):✓  Geboortesyfers daal onder die vervangingsvlak, sterftekoerse bly laag, met ʼn lang lewensduur, klein gesinne en ʼn verouderende bevolking.   Soos baie ander ontwikkelende lande, beweeg Suid-Afrika deur ʼn demografiese oorgang, met ʼn dalende sterftesyfer en dalende geboortesyfers en gevolglik dalende natuurlike bevolkingsgroei.   Twee dekades gelede is dit algemeen geglo dat die bevolking stadig sou groei in die nuwe millennium, maar teen ʼn dalende tempo.   Hierdie projeksies moes egter heroorweeg word weens MIV/VIGS  (Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir opskrifte/subopskrifte/voorbeelde.) (Maks. 13) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) 14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 Hoe sal die Covid-19-pandemie die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroeikoers beïnvloed?  Voorspellings word gemaak om die grootte van die bevolking op sekere tye in die toekoms te voorspel, sodat die regering kan beplan watter hulpbronne inwoners benodig in terme van infrastruktuur, onderwys en gesondheidsprojekte.   Die onbekende faktore soos die Covid-19-pandemie maak sulke projeksies riskant.   Ander faktore wat ook projeksies kan beïnvloed, is die voorkoms van MIV/VIGS en migrasie.   Bevolkingsvoorspellings is gebaseer op aannames en scenario's.   Om die impak van gebeure soos die Covid-19-pandemie op die geprojekteerde bevolkingsgroei te assesseer, word die volgende ramings vereis:  o Voorkoms (met ander woorde, ʼn skatting van die aandeel van die land se totale bevolking wat op enige gegewe tydstip besmet is);  o Wanneer die voorkoms ʼn hoogtepunt kan bereik;  o Tendense in Covid-19 verwante sterftes.  o Covid19 impak op die grootte en groeikoers van die bevolking behoort klein te wees aangesien die sterftesyfer van mense wat die siekte opdoen laag is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (10 punte) GEVOLGTREKKING Bevolkingstudies en projeksies is nodig om die samestelling van die arbeidsmag en die grootte van die bevolking te bepaal. Covid-19 sal die grootte en groeikoers van die Suid-Afrikaanse bevolking beïnvloed. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 15

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all