Downloaded from hlayiso.com
1
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2024
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 2
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
10 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers %20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9/v1-548f4bf6217dcade53fd/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a/v1-91bc50550844c4cc7456/card.webp)
View all

%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)


Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 463.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng June Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.
• AFDELING A: VERPLIGTEND
• AFDELING B: Beantwoord EEN van die twee vrae.
• AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde bo die vereiste
hoeveelheid sal NIE gemerk word nie.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Lees die vrae aandagtig deur.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1 20 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 ʼn Monopolie word gekenmerk deur ...
A differensiasie van produkte.
B volmaakte inligting van produkte.
C homogene produkte.
D unieke produkte.
1.1.2 Die nut van ʼn goed of diens om ʼn menslike behoefte of gebrek te bevredig.
A Waarde
B Prys
C Bruikbaarheid
D Bevrediging
1.1.3 ʼn Aanvullende produk van brood is ...
A rys.
B pizza.
C botter.
D meel.
1.1.4 Watter van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn indirekte belasting?
A Maatskappye-belasting.
B Belasting op toegevoegde waarde.
C Inkomstebelasting.
D Staatsbelasting.
1.1.5 Wanneer ʼn minimum prys in ʼn ekonomie ingestel word, lei dit gewoonlik
tot ...
A ʼn oorskot van die produk.
B ʼn groter vraag na die produk.
C ʼn tekort aan die produk.
D laer pryse as wat die mark sou bied. (5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met die item in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDBOEK, bv. 1.2.7 H
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Aanbod A Die gebruik van wetenskaplike kennis vir praktiese
doeleindes.
1.2.2 Ewewig
B Die punt waar die hoeveelheid wat gevra word,
1.2.3 Geleentheidskoste dieselfde is as die hoeveelheid wat verskaf word.
1.2.4 Subsidies C Die studie van die gedrag van individuele
besluitnemingseenhede.
1.2.5 Marginale nut
D Die waarde van die alternatief wat jy nie gekies het
1.2.6 Mikro-ekonomie nie en prysgegee het toe jy ʼn keuse moes maak.
E Bykomende bevrediging verkry deur die verbruik
van een ekstra eenheid van ʼn goed.
F Die hoeveelheid verkoop teen ʼn sekere prys binne
ʼn sekere tydperk.
G Betalings deur die regering om die produksie of
gebruik van ʼn produk of diens te bevorder.
(6 x 1) (6)
1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde SAL NIE aanvaar word nie.
1.3.1 ʼn Skool wat geen fooie betaal nie, is deel van hierdie sektor.
1.3.2 ʼn Mark met baie verskaffers wat homogene goedere verkoop.
1.3.3 Markte is nie beperk tot ʼn spesifieke land nie.
1.3.4 Al die hulpbronne in die ekonomie word effektief gebruik. (4 x 1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord enige EEN van die TWEE VRAE in hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE tipes subsidies wat die regering toestaan. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is dit onmoontlik vir ʼn enkele verkoper om die prys van ʼn produk
in ʼn volmaakte mark te beïnvloed? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Markstrukture in Suid-Afrika
DIE KLEIN LOKOMOTIEFIE …
DIE DIE
FISCUS EKONOMIE
eintlik
WAT KAN!
^
[Bron: https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2023-09-27-cartoon-transnet-
engine-could-derail-sa/]
2.2.1 Identifiseer die onvolmaakte markstruktuur waarin Transnet funksioneer. (1)
2.2.2 Noem EEN ander maatskappy wat in die bogenoemde markstruktuur
funksioneer. (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die term monopolistiese mededinging. (2)
2.2.4 Watter gunstige toestande kan besighede in die mark wat in die spotprent
hierbo getoon word, geniet? (2)
2.2.5 Hoe word ʼn volmaakte mark gekenmerk op grond van die aard van
produkte en toegangshindernisse? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Produksie-eenhede van tafels en stoele
Tafels Stoele
Produksie uitset 30 0
(eenhede) 20 15
10 30
0 50
2.3.1 Identifiseer die aantal tafels wat geproduseer kan word wanneer alle
hulpbronne gebruik word om stoele te vervaardig. (1)
2.3.2 Noem die tipe doeltreffendheid as alle hulpbronne optimaal gebruik word. (1)
2.3.3 Verduidelik kortliks die term Pareto-ondoeltreffendheid. (2)
2.3.4 Wat is die doel van die produksiemoontlikheidskromme? (2)
2.3.5 Gebruik die tabel in die gevallestudie hierbo en bereken die
geleentheidskoste as 20 tafels in plaas van 10 tafels geproduseer word.
(Toon alle berekeninge) (4)
2.4 Verduidelik die produksiekoste en aantal verskaffers as faktore wat ʼn verandering
in die hoeveelheid aangebied veroorsaak. (8)
2.5 Ontleed die interne redes waarom ʼn produksiemoontlikheidskromme na buite sal
skuif. (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE vereistes vir die vestiging van ʼn mark. (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom verskaf die regering openbare goedere? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Marginale nut van hamburgers geëet
Hoeveelheid hamburgers Marginale nut
0 0
1ste 60
2de 55
3de 35
4de 20
5de 5
6de 0
7de -5
3.2.1 Watter hamburger gee die grootste bevrediging? (1)
3.2.2 Wanneer sal die verbruiker in die situasie hierbo dalende marginale nut
ervaar? (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die term marginale nutskromme. (2)
3.2.4 Wat is die verband tussen nut en die vraag na ʼn produk? (2)
3.2.5 Gebruik die inligting uit die tabel hierbo om ʼn duidelik gemerkte marginale
nutsgrafiek te teken. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Regeringsinmenging oor pryse
[Bron: https://www.economicsonline.co.uk/definitions/maximum_price.html/]
3.3.1 Identifiseer die konsep wat met die letter “X” aangedui word. (1)
3.3.2 Wie stel maksimum pryse in Suid-Afrika vas? (1)
3.3.3 Verduidelik kortliks die term minimum prys. (2)
3.3.4 Waarom sou die regering ʼn prys laer as die markprys vasstel? (2)
3.3.5 Hoe sal ʼn vermindering in belasting die ekonomie bevoordeel? (4)
3.4 Onderskei tussen komplementêre en substituut produkte. (8)
3.5 Hoe het die implementering van minimumlone die werkers in Suid-Afrika
bevoordeel? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg beoordeel word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.
• ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met
die vraagonderwerp te bepaal. Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:
Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Krities
Maks. 26
bespreek/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
Debat
Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/evalueer/Teken ʼn
grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek/Voltooi/Voltooi die
gegewe grafiek/Bereken/lei/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/ Maks. 10
Kortliks debat/Hoe?/Stel voor/Gebruik die inligting en argumenteer/
Debatteer
Gevolgtrekking
Enige relevante gevolgtrekking van hoër orde wat die volgende moet insluit:
• ʼn Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
reeds in die liggaam genoem is, te herhaal
• ʼn Mening of gewaardeerde oordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
versterk
• ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTALE: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek prysvorming in detail onder die volgende opskrifte:
- Ewewigspunt, prys en hoeveelheid
- Verandering in vraag
- Verandering in hoeveelheid gevra (26 punte)
• Evalueer die rol wat tegnologie speel in vraag, aanbod en die prys van goedere en
dienste. (10 punte) [40]
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek die metodes wat die regering gebruik om in die ekonomie in te gryp in
detail. (26 punte)
• Evalueer waarom die regering in die ekonomie moet ingryp. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9/v1-548f4bf6217dcade53fd/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a/v1-91bc50550844c4cc7456/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper and memo
Economics Grade 10 KZN September Test 2023 Paper & Memo

Memorandum