Skip to content

Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10201811 pages

Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2018 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 2 TYD: 1½ uur PUNTE: 100 11 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Vraestel 2) GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 2) TYD: 1½ uur PUNTE: 100 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1 Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. 2 Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae. Addisionele antwoorde sal nie nagesien word nie. Slegs die EERSTE vraag en in albei afdelings sal nagesien word. 3 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie vraestel. 4 Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer. 5 Lees ALLE vrae noukeurig deur. 6 Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 7 Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van die vrae oop. 8 Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoord ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae. 9 Gebruik slegs swart of blou ink. 10 Jy mag ʼn niegeprogrammeerde sakrekenaars gebruik. 11 Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Vraestel 2) GRAAD 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 20 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK wat verskaf word neer. Bv. 1.1.6. D 1.1.1 ʼn Volmaakte mark word gekenmerk deur … A produkdifferensiasie. B onvolledige markinligting. C homogene produkte. D unieke produkte. 1.1.2 Dit is ʼn grafiek wat die kombinasies van twee verskillende produkte 1.1.1 aandui, wat gelyke vlakke van bevrediging aan verbruikers verskaf. A Begroting. B Indifferensie. C Aanbod. D Produksiemoontlikheid. 1.1.3 ʼn Komplementêre produk van brood is … A rys. B lekkergoed. C botter. D meel. 1.1.4 Wanneer ʼn minimum loon in die ekonomie ingestel word, is die gevolg … A ʼn arbeidsurplus. B ʼn hoër vraag na arbeid. C ʼn tekort aan arbeid. D laer lone as wat die mark kan voorsien. 1.1.5 ʼn Prysplafon veroorsaak soms ondoeltreffende hulpbronallokasie omdat 1.1.2 dit tot ʼn … lei. A surplus B oproer C boikot D tekort (5x2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Vraestel 2) GRAAD 10 1.2 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Indirekte belasting A Die hoeveelheid goedere wat teen ʼn spesifieke prys aangebied en 1.2.2 Geleentheidskoste verkoop is en waarmee die vraag heeltemal tevrede is. 1.2.3 Globalisasie B Belasting op goedere en dienste 1.2.4 PMK gehef, en nie op inkome en wins nie. 1.2.5 Ewewigshoeveelheid C ʼn Grafiek, wat die kombinasie van 1.2.6 Meriete goedere twee produkte wat met alle beskikbare hulpbronne geproduseer kan word, aandui. D Goedere wat deur die staat voorsien word om die welvaart van landsburgers te verbeter. E Die mate van bevrediging na die gebruik van ʼn produk. F Wêreldwye ekonomiese interaksie met handel as die belangrikste element. G Die waarde van die alternatief wat nie gekies is nie en opgeoffer is wanneer ʼn keuse gemaak word. (6x1) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Vraestel 2) GRAAD 10 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term / woord langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer. Akronieme en afkortings word nie aanvaar nie. 1.3.1 ʼn Staatshospitaal is deel van hierdie sektor. 1.3.2 Die studie van die optrede van individuele besluitnemers in die ekonomie. 1.3.3 ʼn Bedrag geld wat deur die staat voorsien word om besighede te help om die prys van goedere en dienste laag te hou. 1.3.4 Die nut wat ʼn verbruiker kry deur elke bykomende produk wat hy / sy gebruik. (4x1) (4) AFDELING A: 20 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Vraestel 2) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Noem TWEE funksies van markte. (2x1) (2) 2.1.2 Wat is markewewig? (1x2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande spotprentjie en beantwoord die vrae wat volg: Gaan julle op? Sonde- belasting Brand- stofhef fing Die Elektrisiteit- middel- heffing klas Belasting- nag- koers merrie 2.2.1 Identifiseer die gebou wat in die spotprentjie getoon word. (1) 2.2.2 Vir watter geleentheid was hierdie spotprent geteken? (1) 2.2.3 Verduidelik die tipe belasting waarna in die spotprent verwys word, en gee ʼn kort verduideliking wat die man se woorde: “gaan julle op?” met betrekking tot die belasting, beteken. (4) 2.2.4 Bespreek TWEE redes waarom die regering ʼn zero BTW-koers op basiese voedselsoorte gehef het. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Vraestel 2) GRAAD 10 2.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg: HOEVEELHEID MARGINALE NUT TOTALE NUT WARMBRAKKE 0 0 0 1 50 50 2 A 95 3 20 115 4 10 125 5 0 125 6 -10 B 2.3.1 Watter warmbrak gee die grootste bevrediging? (1) 2.3.2 Identifiseer die warmbrak wat geen ekstra bevrediging gee, wanneer dit verbruik word nie. (1) 2.3.3 Bereken die waardes van A en B in die tabel. (4) 2.3.4 Gebruik die inligting uit bogenoemde tabel en teken ʼn volledig benoemde grafiek van die marginale nut. (4) 2.4 Onderskei duidelik tussen prysplafonne en prysvloere. (4x2) (8) 2.5 Gee ʼn volledige bespreking van die redes waarom die regering subsidies toestaan. (8) (40) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Vraestel 2) GRAAD 10 VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Gee enige TWEE eienskappe van nut. (2x1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed die wet van dalende nut die hoeveelheid verbruik? (1x2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg: ………… DIE INVLOED VAN SUBSIDIES OP PRODUKTE A A1 Pe PRYS P1 V He H1 HOEVEELHEID 3.2.1 Beskryf die helling van die aanbodkurwe. (1) 3.2.2 Identifiseer hoeveel geproduseer is voordat die subsidie betaal is. (1) 3.2.3 Dui aan wat met die prys en hoeveelheid in die grafiek gebeur het en waarom? (4) 3.2.4 Verduidelik die wet van aanbod. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Vraestel 2) GRAAD 10 3.3 Lees deur die onderstaande gevallestudie deur en beantwoord die vrae wat volg. Natuurlik sal dit ʼn ander storie wees, indien jy ʼn monopolie-eienaar van al die minibus taxi’s in Suid-Afrika is. Jy sal taxitariewe kan verhoog en vir die passasiers sê om dit eenvoudig te aanvaar, soos die Lughawens Maatskappy Suid-Afrika (LMSA) tans doen. Soos baie monopolieë, praat LMSA ook baie oor “kliënt-gefokusde-dienste”, maar hulle optrede demonstreer minagting vir hulle kliënte. Dit is nie nodig om verder as die lugdiensbedryf te kyk, om die voordele van mededinging in die mark te sien nie. Almal hou nie van lae-koste lugrederye, soos Kulula en 1Time nie. Hulle het egter vir mense die opsie gegee om te kan kies. In samewerking met prysvergelykings-webwerwe, het Suid-Afrikaanse toeroperateurs lugdienspryse dramaties afgedwing. Mededinging het die lugdiensbedryf getransformeer. Daar is egter steeds ʼn gereguleerde monopolie wat minderwaardige dienste lewer, eindelose wagtye vir bagasie en hoë misdaadvlakke het. Lughawe-sekuriteit skiet ook tekort en gereeld word daar nog gewag vir toerusting wat laat afgelaai word. Bron: http://www.southafrica.to/transport/Airports/ACSA-monopoly 3.3.1 Waarvoor staan die akroniem LMSA? (1) 3.3.2 Noem EEN strategie, volgens die gevallestudie, wat die lugdiensbedryf verander het. (1) 3.3.3 Die skrywer sê: “Jy sal taxitariewe kan verhoog en vir die passasiers sê om dit eenvoudig te aanvaar”. Verduidelik kortliks waarom hy hierdie stelling maak. (4) 3.3.4 Bespreek watter faktore kan bydra om die taxibedryf in Suid-Afrika ʼn volmaakte mededingingende mark te maak. (4) 3.4 Onderskei tussen komplementêre produkte en substituutprodukte. (4x2) (8) 3.5 Bespreek die eienskappe van indifferensiekurwes. (4x2) (8) (40) TOTAAL AFDELING B: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Vraestel 2) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE TOEKENNING Inleiding: Die inleiding is ʼn lae-orde antwoord.  ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraag verband Maks. 2 hou te bepaal en te omskryf.  Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.  Moenie enige deel van die inleiding in jou hoofdeel insluit nie.  Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die hoofdeel gaan bespreek. Inhoud:  Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Assesseer / Kritiese bespreking / Analiseer / Ontleed / Vergelyk / Evalueer / Maks. 26 Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Ondersoek  Ekstra deel: Gee jou eie mening / Gee ʼn kritiese bespreking / Evalueer / Evalueer Krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Vergelyk / Verduidelik / Lei af / Onderskei / Interpreteer/ Maks. 10 Debatteer kortliks / Hoe? / Gee ʼn voorstel Gevolgtrekking: Enige hoë orde gevolgtrekking kan die volgende insluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat alreeds genoem is te herhaal. Maks. 2  Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is.  Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking / analise kan versterk.  ʼn Opponerende / teenstrydige sienswyse met ʼn motivering, indien verlang.  Aanbevelings TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Vraestel 2) GRAAD 10 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek volledig, gebruik grafieke, hoe die kragte van vraag en aanbod die ewewigsprys in die produktemark bepaal. (26)  Verduidelik die faktore wat die vraag na ʼn produk beïnvloed. (10) (40) VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Gee ʼn volledige bespreking van die eienskappe van volledige- en onvolledige markte. (26)  Watter stappe kan die regering neem om markmislukkings te voorkom? (10) (40) TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 100 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all