Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2016
GRAAD 10
EKONOMIE
(VRAESTEL 2)
MEMORANDUM
18 bladsye
1
Skip to contentAll 2016 papers %20November%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57/v1-02ccf4b3bd8cc93cef44/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3/v1-56a0c523d3c9c11bb0ae/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e/v1-b99a12155472733345e8/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a/v1-91bc50550844c4cc7456/card.webp)
View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 649.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Gauteng June 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(VRAESTEL 2)
MEMORANDUM
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGE KEUSEVRAE
1.1.1 C waarde
1.1.2 A konstante
1.1.3 A inkomste
1.1.4 A nut
1.1.5 C verskillende kombinasies van goedere en dienste in volgorde van
voorkeure te rangskik.
(5x2) (10)
1.2 PASITEMS
1.2.1 F (ʼn Paar verkopers beheer die mark)
1.2.2 A (Toon alternatiewe kombinasies van goedere wat ʼn verbruiker teen
gegewe pryse met ʼn gegewe inkomste kan koop)
1.2.3 D ( Belasting wat gehef word op goedere wat die staat as onwenslik beskou)
1.2.4 G (ʼn Studie van die gedrag van individuele besluitnemingseenhede)
1.2.5 C (Afspeling tussen twee produkte)
1.2.6 B (Deur die regering verskaf)
(6x1) (6)
1.3 TERMINOLOGIE
1.3.1 Mark
1.3.2 Optimale verbruik / Optimum punt / Ewewigspunt
1.3.3 Substituutprodukte
1.3.4 Openbare goedere
(4x1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
2
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
AFDELING B
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae:
2.1.1 Noem enige TWEE redes vir die bestaan van onvolmaakte
markte.
Daar is net een groot verskaffer of ʼn paar groot verskaffers.
Goedere en dienste is uniek en daar is nie ʼn substituut nie.
Toegang tot die mark is beperk.
Onvolledige inligting omtrent marktoestande.
(Enige 2x1) (2)
2.1.2 Beskryf kortliks die konsep van gemeenskaplike goedere.
Goedere wat nie aan iemand spesifiek behoort nie. (2x1) (2)
2.2 Data respons
2.2.1 Watter diens het die grootste bedrag ontvang volgens die
diagram?
Ekonomiese sake en Landbou (1)
2.2.2 Hoeveel het die regering aan welsynsdienste in die 2016/17
begroting spandeer?
R167,5 Mjd (1)
2.2.3 In 2016/17 was die totale owerheidsbesteding R1 463,30 Mjd.
Bereken die persentasie wat op welsynsdienste spandeer is.
(Toon ALLE berekeninge)
R167,5 Mjd X 100%
R1 463,30 Mjd
= 11,45% / 11,5% (4)
3
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
2.2.4 Wat is die doel van welsynstoelaes?
Verskaffing van ʼn minimumvlak van sosiale sorg aan
behoeftiges.
Om die armes se inkomste aan te vul.
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (2x2) (4)
2.3 Data respons
2.3.1 Watter tipe mark word in bogenoemde spotprent uitgebeeld?
Monopolie / Onvolmaakte mark (1)
2.3.2 Gee ʼn voorbeeld van so ʼn mark in Suid-Afrika.
Eskom
Telkom
Transnet
DSTV (Enige 1x1) (1)
2.3.3 Noem TWEE ander markstrukture behalwe vir die een in
Vraag 2.3.1 genoem.
Monopolistiese mededinging
Oligopolie
Volmaakte mark (Enige 2x1) (2)
2.3.4 Gee ʼn rede vir jou antwoord in Vraag 2.3.1.
Hy is die enigste bakker op die dorp.
Het die monopolie van die bakkery.
(Bevoordeel leerder as rede relevant is tot antwoord in 2.3.1)
(Aanvaar enige ander relevante eienskap van ‘n monopolie)
(Enige 1x2) (2)
2.3.5 Verduidelik hoe ʼn tweede bakkery die dorp se inwoners sal
bevoordeel.
Groter verskeidenheid produkte.
Verbeterde kwaliteit.
Meer effektiewe diens.
Verhoog mededinging
Laer pryse
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Enige 2x2) (4)
4
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
2.4 Verduidelik wat bedoel word met pareto doeltreffendheid en hoe dit
verband hou met produktiewe – en allokeringsdoeltreffendheid.
Pareto doeltreffendheid kom voor wanneer dit nie moontlik is om die
bestaande allokering van hulpbronne so te verander dat iemand beter
daaraan toe is sonder dat iemand slegter daaraan toe is nie.
Pareto-doeltreffendheid word ook Pareto-optimaliteit genoem en dus
wanneer produktiewe en allokeringsdoeltreffendheid gelyktydig bereik
word.
Dit is ʼn kombinasie van:
Produktiewe doeltreffendheid – kom voor wanneer dit moontlik is om
meer van een item te produseer sonder om minder van ʼn ander item te
produseer.
Om hierdie ekonomiese doeltreffendheid te bereik, moet produsente
die vermorsing van hulpbronne voorkom.
Allokeringsdoeltreffendheid – kom voor wanneer die gebruik van
hulpbronne verbruikers se smake en voorkeure weerspieël.
(Enige 4 x 2) (8)
2.5 Met behulp van ʼn grafiek, illustreer hoe ʼn subsidie op melk die melk-
produsent en die verbruiker sal beïnvloed.
Hoeveelheid
Die effek van ʼn subsidie op die
voorsiening
Allokering van punte:
1 punt vir benoeming van asse Prys/Hoeveelheid
1 punt vir nommering van asse
1 punt vir Aanbodkurwe
1 punt vir Vraagkurwe
1 punt vir aanduiding van subsidie
(Maks 4)
5
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
ʼn Subsidie wat direk aan die produsent betaal word verlaag
produksiekoste.
Die aanbod van melk sal toeneem (Q1) en die prys sal afneem
(P1)
Verbruikers baat by die prysdaling.
Hulle verbruik meer teen ʼn laer prys.
Produsente baat by die prysstyging van P na P2 en lewer nou
meer melk teen ʼn hoër prys.
(Maks 4) [8]
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE gevolge van produktiewe
ondoeltreffendheid.
Onvolmaakte markte
Eksternaliteite
Gemeenskaplike goedere
Ondoeltreffende gebruik van hulpbronne
Ongelyke geleenthede en armoede
Onstabiliteit, werkloosheid, inflasie
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x1) (2)
3.1.2 Hoe sal ʼn verhoging van sondebelasting die prys van
sigarette beïnvloed?
Die prys sal styg/verhoog en sigarette word duurder. (1x2) (2)
3.2 Data respons
3.2.1 Teen watter prys is beide kopers en verkopers gelukkig?
R10 000 (1)
3.2.2 Wat word hierdie prys genoem?
Ewewigsprys / markprys (Enige 1) (1)
7
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
3.2.3 Teken ʼn vraag- en aanbodkurwe op dieselfde assestelsel.
VRAAG EN AANBOD VAN KRAGOPWEKKERS
DEMAND AND SUPPLY OF GENERATORS
VD A
S
12000
12 000
10000
10 000
PRYS
8000
PRICE 6000
V
D
4000
S
A
2000
0
500 1000 1500 2000
2000 2500 3000 3500
QUANTITY
HOEVEELHEID
Toekenning van punte:
1 punt vir benoeming van asse Prys/Hoeveelheid
1 punt vir nommering van asse
1 punt vir Aanbodkurwe
1 punt vir Vraagkurwe
1 punt vir Ewewigspunt
(Maks 4)
3.2.4 Noem enige TWEE faktore wat die vraag na kragopwekkers
sal, verhoog.
Styging in die vlak van verbruikersinkomste
Styging in die prys van ʼn plaasvervanger produk
Daling in die prys van ʼn komplementêre item
Toename in die grootte van die bevolking
Behoefte by verbruikers om meer te koop as gevolg van:
ʼn Verandering in smake / kragonderbrekings /
klimaatstoestande / advertensies
(Enige ander relevante voorbeeld) (Enige 2x2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
3.3 Data respons
3.3.1 Wat is die doel van die produksiemoontlikheidskurwe?
Dit toon watter kombinasie van twee verskillende goedere of
dienste met beperkte aanbod van produksiefaktore geproduseer
kan word. (2)
3.3.2 Hoeveel appels kan geproduseer word indien al die
hulpbronne gebruik word om appels te produseer?
600 appels (2)
3.3.3 Is produksie by Punt H moontlik? Motiveer jou antwoord.
Nee
Punt H dui op ʼn onhaalbare kombinasie van appels en suurlemoene
as gevolg van die beperking van die skaarsheid van die
produksiefaktore.
Punt H illustreer die konsep van skaarsheid.
(Enige relevante antwoord)
(Maks 3)
3.3.4 Watter punt dui ondoeltreffendheid aan? Motiveer jou
antwoord.
Punt W
Produksie links van die produksiemoontlikheidskurwe is
moontlik maar dit impliseer dat skaars hulpbronne
ondoeltreffend gebruik word. (3)
9
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
3.4 Bespreek kortliks enige TWEE funksies van markte.
Bring vraag en aanbod bymekaar
Markte is die interaksie tussen verbruikers en produsente om pryse te
beding en goedere en dienste te verhandel.
Omdat markte kontak tussen verbruikers en produsente skep, is dit in
markte waar vraag en aanbod bymekaar uitkom.
Deur die interaksie van vraag en aanbod word pryse bepaal.
Daarom vervul markte ʼn prysvormingsfunksie.
Toekenning van hulpbronne
Markpryse is rigtinggewend vir die ekonomiese besluite van verbruikers
en produsente.
Produsente oorweeg die relatiewe pryse van goedere en dienste voordat
hulle besluit wat, hoe en vir wie om te produseer.
Produsente neem hierdie besluite met die doel om hulle winste te
maksimeer.
Verbruikers oorweeg weer die relatiewe pryse en dienste voordat hulle
besluit hoe om hul geld te spandeer.
Verbruikers neem hierdie besluit met die doel om hulle nut te
maksimeer.
Winsmaksimering en nutmaksimering lei tot doeltreffende allokering van
hulpbronne.
Markte vervul dus die funksie om hulpbronne doeltreffend te allokeer.
Markte het ʼn selfregulerende funksie
Pryse word deur die kragte van vraag en aanbod bepaal.
Markte verg geen direkte inmenging of beheer deur eksterne magte
nie.
Daar word gesê dat markte deur ʼn “onsigbare hand” gelei word
wat verseker dat pryse sodanig vasgestel word dat hulpbronne
doeltreffend toegeken word.
In die afwesigheid van markte sou die een of ander regulerende liggaam
moes besluit watter goedere geproduseer moet word, in watter
hoeveelhede en teen watter prys.
In markte word hierdie besluit outomaties geneem.
( Enige 2x4) (8)
10
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
3.5 Onderskei tussen enige TWEE gemeenskaplike funksies van
indifferensiekurwes.
Indifferensiekurwes se helling is afwaarts.
Die helling van ʼn indifferensie kurwe weerspieël waarteen die verbruiker
bereid is om een item met ʼn ander te vervang.
Hoër indifferensiekurwes geniet voorkeur bo laer
indifferensiekurwes.
Verbruikers verkies gewoonlik meer van iets, eerder as minder
daarvan.
Indifferensiekurwes kruis/sny mekaar nie.
Hulle raak ook nooit aan mekaar nie.
Indifferensiekurwes buig inwaarts.
Die helling van ʼn indifferensiekurwe verteenwoordig die marginale
substitusietoets. (MSK)
Die koers waarteen die verbruiker bereid is om een item in ruil vir ʼn ander
af te staan.
(Enige 2x4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
11
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE TOEKENNING
Inleiding Maks 2
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte Maks 26
bespreking / Ondersoek / Bespreek krities /
Ontleed(Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Verduidelik / Assesseer / Debatteer
Maks 10
Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities /
Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik /
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die
gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik /
Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks
Gevolgtrekking
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet insluit:
ʼn Kort samevatting van wat bespreek is sonder om feite
te herhaal wat alreeds genoem is in die inhoud.
Enige opinie of waardevolle mening op die feite Maks 2
bespreek
Addisionele ondersteunende inligting om die
bespreking/analise te versterk
ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien dit
vereis word.
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE
“Markte is ʼn verskynsel eie aan ʼn ekonomiese stelsel wat uit private ondernemings
bestaan.”
Bespreek markstrukture volledig volgens die eienskappe:
Aantal produsente, aard van die produk, toetredeversperrings en
beskikbaarheid van inligting. (26)
Verduidelik kortliks die voorwaardes waaraan goedere en dienste moet
voldoen om geskik te wees vir handel op wêreldmarkte. (10)
[40]
12
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
Inleiding:
Markte is waar alle kopers en verkopers die prys van goedere en dienste beïnvloed
Die gemeenskaplike eienskap van markte is dat daar interaksie tussen kopers en
verkopers is.
(Aanvaar enige relevante antwoord) (Maks 2)
Inhoud
Hoofdeel
1. Die aantal produsente.
In sommige markte(Monopolie) is daar slegs een produsent van item of diens
byvoorbeeld , Eskom is die alleenverskaffer van elektrisiteit in Suid-Afrika
In ander markte (Volmaakte mark) is daar baie produsente van goedere of
dienste.
byvoorbeeld, talle boere produseer vleis.
Tussen hierdie twee uiterstes is markte waarin daar slegs ʼn paar produsente van
goedere en dienste is (Oligopolie).
Byvoorbeeld , produsente van motors, skoene en koffie in Suid Afrika.
2. Die aard van die produk.
Goedere is homogeen (identies)
Goedere wat in grootmaat geproduseer word, hulle dien dieselfde doel.
Sodanige goedere is gewoonlik maklik om te produseer en dit veroorsaak dat
groot getalle verskaffers om verkope meeding. (Volmaakte mark)
Pryse word afwaarts gebie.
Bv. koppies, borde, tandepasta en skoene, is gewoonlik homogeen.
Goedere is heterogeen (verskillend)
Landbouprodukte is gewoonlik heterogeen, heterogeniteit word verkry deur
dit te:
gradeer (soos tamaties),
te sorteer (soos eiers) en
te klassifiseer (soos wol).
Sodanige homogeniteit maak dit makliker om die produk te verkoop.
Handelsname / Unieke produkte
Verskaffers van massa-geproduseerde goedere gebruik dikwels handelsname
(handelsmerke) om hul goedere uniek te laat voorkom en homogeniteit in
heterogeniteit te omskep.
Verbruikers is gewoonlik bereid om meer vir unieke goedere te betaal en laat in
werklikheid ʼn produsent toe om die alleenverskaffer te word. (Monopolie)
So ʼn verskaffer kan dan ʼn hoër prys vra of baat deur groter volumes te
verkoop.
Bv. Coca-Cola.
13
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
3. Toetredingversperrings
In sommige markte is daar toetredingversperrings wat nuwe produsente verhoed
om tot die mark toe te tree en die goedere of dienste te begin verskaf.
Die mark vir verskaffers van selfoondienste in Suid-Afrika dien as voorbeeld
hiervan, aangesien produsente slegs tot hierdie mark kan toetree indien hulle ʼn
lisensie het om die diens te verskaf.
Die regering beheer toegang tot hierdie mark bv. deur lisensies uit te reik.
In hierdie voorbeeld kan ons sê die lisensie dien as toetredingversperring tot die
mark.
In volmaakte markte en monopolistiese mededinging is daar vrye toetrede.
Monopolie is toetrede geblokkeer.
4. Beskikbaarheid van inligting
In sommige markte is daar volledige inligting oor die marktoestande.
Op die JSE is daar byvoorbeeld gedetailleerde inligting beskikbaar oor hoeveel
aandele in ʼn gegewe tydperk verkoop is.
Die hoogste en laagste pryse wat vir ʼn gegewe aandeel aangebied en betaal is,
en die prys wat betaal is vir die laaste aandeel wat by sluiting van handel verkoop
is.
In ander markte moet produsente en verbruikers besluite neem wat op
onvolledige inligting gegrond is.
(As in tabelformaat beantwoord is, moet antwoorde in vol sinne wees vir 2 punte)
(Maks 8 punte vir opskrifte, sub-opskrifte en voorbeelde en Maks 18 vir inhoud)
(Maks 26)
Addisionele deel
Daar moet ʼn wyd verspreide vraag wees, soos basiese lewensbenodighede.
Dit moet vervoer kan word, grond en geboue is onmoontlik om te vervoer, dienste
word beperk deur afstand en arbeid is onbeweeglik.
Die vervoerkoste moet laag in verhouding tot die waarde van die goedere
wees.
Dit moet duursaam wees, goedere wat vinnig bederf verg gespesialiseerde
logistieke reëlings.
Toegang moenie beperk wees nie, deur regeringsinmenging.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 5 x 2) (10)
Gevolgtrekking:
Kopers as ʼn groep bepaal die vraag en verkopers as ʼn groep bepaal die aanbod.
Markte is gevestig deur die interaksie van kopers en verkopers.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks 2)
[40]
14
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
“Een van die maniere om armoede in Suid-Afrika te bekamp, is om minimumlone af te
dwing”.
Ontleed hierdie stelling krities deur te verwys na die redes vir die
implementering en die impak van minimumlone in Suid-Afrika. Verwys na
die voordele en nadele van minimumlone in Suid-Afrika. (26)
Met behulp van ʼn goed benoemde grafiek, verduidelik die uitwerking van
minimumlone op die arbeidsmark. (10)
[40]
Inleiding:
Minimumlone is wanneer die regering jaarliks die samestelling en vlak van die lone vasstel en
aanpas. Dit is ʼn strafbare oortreding om nie dié lone te betaal nie.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 2)
Inhoud:
Hoofdeel
In 2002 is minimumlone in SA vir huiswerkers en plaaswerkers ingestel.
Redes vir implementering van minimumlone:
Dit is onregverdig dat mense te min verdien om ʼn basiese lewenstandaard te
handhaaf. / Om uitbuiting van laer besoldigde werkers te verhoed.
Elke Suid-Afrikaner behoort genoeg te verdien om in hulle basiese behoeftes te kan
voorsien. / Dit kan verseker dat werkers genoeg geld kan verdien om ʼn basiese
lewenstandaard te handhaaf.
In ʼn vryemarkstelsel word lone deur vraag en aanbod bepaal.
Dit gee geen waarborg dat werkers genoeg betaal gaan word sodat hulle nie
onder die broodlyn sal leef nie.
In sulke omstandighede moet die regering inmeng en ʼn minimumloon
vasstel.
Self het hulle min bedingingsmag omdat daar ʼn ooraanbod van arbeid is.
15
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
Uitwerking van minimumlone:
Die uitwerking van wetgewing op minimumlone is dat die lone van werkers
wat werk het hoër is, maar dat sommige werkers hulle werk kan
verloor.
Die effek van minimumlone is om die loonvlakke te verhoog en gevolglik
sal sommige werkers hulle werk verloor.
Wetgewing oor minimumlone dra by tot die probleem van werkloosheid en
vererger gevolglik die omvang van armoede.
Minimumlone veroorsaak dat minder arbeiders in diens geneem word.
Minimumlone veroorsaak ʼn verhoging in produksiekoste.
Daar is ʼn ooraanbod van arbeid in die arbeidsmark / Hoeveelheid
arbeid verskaf is groter as die hoeveelheid vraag.
Daar is ʼn risiko van hoër inflasie, omdat maatskappye hulle verkoopsprys
moet aanpas by hoër lone.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)
Voordele:
Om mense aan te moedig om tot die arbeidsmag toe te tree.
Om die las op die staat om inkomste-ondersteuning te betaal, te
verminder.
Om inkomste-ongelykheid te verminder deur die inkomste van huishouding
met ‘n lae inkomste op te stoot.
Om die uitwerking van diskriminasie deur werkgewers teen te werk.
Nadele:
Daar is ‘n toename in werkloosheid weens die hoër loonkoste.
Sommige maatskappye se mededingendheid verminder weens die hoër
vervaardigingskoste.
Vrye-mark ekonome glo dat ‘n minimum loon die manier waarop die
arbeidsmark funksioneer kunsmatig verwringing; hulle sou verkies dat
loonvlakke deur die mark bepaal word.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 26)
16
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
Addisionele deel
Loon hoeveelheid
L
L
Die uitwerking van ʼn minimum loon
Allokering van punte:
1 punt vir benoeming van asse Lone/Hoeveelheid arbeid
1 punt vir nommering van asse
1 punt vir Vraag- en aanbodkurwe
1 punt vir toename in lone
1 punt vir afname in vraag na arbeid
1 punt vir toename in aanbod van arbeid
(Maks 6)
Sonder regeringsinmenging is die loon by L en die hoeveelheid arbeid in diens
geneem is by H.
Indien minimumlone by L1 vas gestel word, sal die hoeveelheid arbeid wat
in diens geneem word na Q1 daal.
Die aanbod van arbeid sal verhoog van Q tot Q2
Volgens die grafiek is daar minder arbeid in diens geneem nadat die
minimumloon vasgestel is. (Maks 4)
[10]
17
Downloaded from hlayiso.com
MEMORANDUM EKONOMIE V2 GR 10
Gevolgtrekking:
Dit wil voorkom of daar verskillende menings is ten opsigte van die instelling van
minimumlone vir huiswerkers. Daar kan egter aanpassings gemaak word om ʼn laer
inkomste te verseker eerder as geen inkomste nie, deur korter werksure te
onderhandel.
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
(Maks 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
18
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57/v1-02ccf4b3bd8cc93cef44/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2016 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3/v1-56a0c523d3c9c11bb0ae/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e/v1-b99a12155472733345e8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a/v1-91bc50550844c4cc7456/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper