You're offline
Skip to content
Question paper

Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers_hlayiso.com_.pdf

Subject: EconomicsGrade 1020169 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2016 GRAAD 10 EKONOMIE (VRAESTEL 1) TYD: 1½ uur PUNTE: 100 9 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE GRAAD 10 (VRAESTEL 1) 2 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE JUNIE EKSAMEN EKONOMIE (VRAESTEL 1) TYD: 1½ uur PUNTE: 100 INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae. AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 3. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 7. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs blou ink. 9. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE GRAAD 10 (VRAESTEL 1) 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGE KEUSE VRAE 20 PUNTE – 15 MINUTE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Ekonomie is ʼn sosiale wetenskap wat bestudeer hoe … A. mense hul onbeperkte behoeftes en begeertes bevredig met beperkte middele. B. mense hulle beperkte behoeftes en begeertes bevredig met onbeperkte middele. C. mense hulle onbeperkte behoeftes en begeertes bevredig met onbeperkte middele. 1.1.2 Die skaarsheidsprobleem in Ekonomie word aangespreek deur … A. seker te maak dat ons alles wat ons wil hê produseer en verbruik. B. almal se behoeftes en begeertes te bevredig met die beskikbare hulpbronne. C. die samelewing te forseer om keuses te maak tussen gegewe alternatiewe. 1.1.3 Wat sal lei tot ʼn toename in besteding van huishoudings? A. ʼn Afname in die inkomstebelastingkoers. B. ʼn Toename in die werkloosheidskoers. C. ʼn Toename in die rentekoers. 1.1.4 Die Bruto Nasionale Inkomste gee ons ʼn maatstaf van die … A. inkomste verdien deur die buitelanders wat in Suid-Afrika en in die B buiteland werk. B. inkomste verdien deur Suid-Afrikaanse burgers in Suid-Afrika. C. inkomste verdien deur Suid-Afrikaners in Suid-Afrika en elders in D die wêreld. 1.1.5 Die laagste draaipunt van die sakesiklus is ʼn … A. resessie. B. trog. C. depressie. (5x2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE GRAAD 10 (VRAESTEL 1) 4 1.2 PAARITEMS Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Hulpbronne A. Groep mense wat saam woon en ekonomiese besluite neem. 1.2.2 Sekondêre B. Verwys na die periode van dalende 1.2.3 Lekkasies ekonomiese aktiwiteite met ʼn toename in werkloosheid. 1.2.4 Leidende C. Besparings en invoere. 1.2.5 Resessie D. Dinge wat gebruik kan word om ʼn sekere 1.2.6 Huishoudings doel te bereik. E. Vervaardig en verwerk grondstowwe, sodat dit in ʼn geskikte vorm vir verbruik kan wees. F. Wys vir ons wat kan gebeur met ekonomiese aktiwiteite in die toekoms. G. Al die kragte wat ontstaan binne die ekonomie wat die sakesiklus beïnvloed. (6x1) (6) 1.3 TERMINOLOGIE Gee die korrekte term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die proses waardeur die entrepreneur beskikbare hulpbrone kombineer 1.3.2 Waar alle ander faktore dieselfde bly 1.3.3 Goedere wat gratis is en geen prys het nie 1.3.4 Tye wanneer daar geen groei is nie (4x1) (4) TOTAAL AFDELING A: 20 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE GRAAD 10 (VRAESTEL 1) 5 AFDELING B Beantwoord EEN van die twee vrae in die afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE produksiefaktore. (2x1) (2) 2.1.2 Verduidelik die term ekonomiese goedere (1x2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die volgende vrae: SA BBP Jaar-tot-jaar 1% 1995 – 2015 IMF Globale Ekonomiese Vooruitsigte vir 2015 (Vooruitsigte in jongste beskikbare persentasies) % Nigerië 4 Angola 3.5 Demokratiese Republiek van die Kongo 7 Ghana 3.5 Zambië 7 Bron: The Star, Business Report, Woensdag, 10 Februarie 2016 2.2.1 Noem die land met die laagste BBP persentasie in 2015. (1) 2.2.2 Suid-Afrika se BBP is op ʼn baie swak groeitempo van 0.7% vir die jaar 2015. Gee EEN rede vir hierdie swak groei. (1) 2.2.3 Skryf enige TWEE redes waarom die IMF se BBP berekeninge belangrik is. (4) 2.2.4 Onderskei tussen die BBP en Ekonomiese Groei. (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE GRAAD 10 (VRAESTEL 1) 6 2.3 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. Bron: http://manpowersolutions.in/wp-content/uploads/ 2015/11/manufacture.jpg 2.3.1 Watter tipe ekonomiese proses word voorgestel deur die prent? (1) 2.3.2 Verduidelik wat bedoel word met die term spesialisasie van arbeid. (1) 2.3.3 Verduidelik kortliks wat die klassifikasie van die ekonomiese proses geïdentifiseer in VRAAG 2.3.1 is. (4) 2.3.4 Bespreek die toestande wat nodig is in markte vir ruil om te kan plaasvind. (4) 2.4 Differensieer tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie. (2x4) (8) 2.5 “Ekonomiese ontwikkeling gaan nie net oor die produksie van goedere en dienste nie.” Evalueer hierdie stelling deur te verwys na hoe ekonomiese kwessies menseregte beïnvloed. (4x2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE GRAAD 10 (VRAESTEL 1) 7 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van monetêre vloei in die ekonomiese kringloop model. (2x1) (2) 3.1.2 Hoe word sakesiklusse gemeet? (1x2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. Lot van die mensdom rus op Ekonomie Thabo Mbeki, wat ʼn graad in Ekonomie het, het die oproep van Fidel Castro vir politici om Ekonomie te studeer aangehaal. Hy het gesê dat politieke leiers Ekonomie moet studeer ten einde die probleem van gelykheid, volhoubare ontwikkeling en menslike beveiliging op te los. Ekonomie is die basis waarop die lot van die mensdom rus. Dit is ook die basis waaruit ons stryd om gelykheid begin. Mbeki het gesê dat politici wat nie Ekonomie wil verstaan of wil ken nie, nie waardig is om hul pligte uit te oefen in bestuur nie. Bron: Sunday Argus 3.2.1 Definieer die term Ekonomie. (2) 3.2.2 Na aanleiding van die uittreksel, hoekom moet politieke leiers Ekonomie bestudeer? (1) 3.2.3 Noem EEN loopbaan in die gebied van Ekonomie. (1) 3.2.4 Waarom gebruik ekonome teorieë en modelle? (2) 3.2.5 Verduidelik die probleme waarmee die sosiale wetenskappe gekonfronteer word. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE GRAAD 10 (VRAESTEL 1) 8 3.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. Relatiewe Prystendense Dienste Nie-duursame Goedere Duursame Goedere Bron: Buro vir Ekonomiese Ontleding, scottgrannis.blogspot.com 3.3.1 Noem TWEE voorbeelde van nie-duursame goedere (2x1) (2) 3.3.2 Hoekom dui die kurwe van nie-duursame goedere ʼn opwaartse neiging van 1995 – 2013? (2) 3.3.3 Na jou mening, wat kan deur die regering gedoen word om die probleem van voortdurende styging in prysvlakke te verlig? (2) 3.3.4 Vergelyk semi-duursame goedere en duursame goedere as deel van besteding deur verbruikers/huishoudings. (2x2) (4) 3.4 Verduidelik lekkasies en inspuitings in die ekonomiese kringloop. (2x4) (8) 3.5 Verduidelik die impak van veranderinge in prysvlakke en veranderinge in indiensneming as gevolge van sakesiklusse. (2x4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE GRAAD 10 (VRAESTEL 1) 9 AFDELING C Beantwoord enige EEN vraag van hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Introduction Maks 2 Inleiding ● Hoofgedeelte: Bv. Bespreek in besonderhede / Diepgaande bespreking / Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer Maks 26 ● Addisionele gedeelte: Bv. Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Maks 10 Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor Gevolgtrekking Enige hoër-orde gevolgtrekking moet insluit:  ʼn Kort samevatting van wat bespreek is sonder om feite te herhaal wat alreeds genoem is in die inhoud.  Enige opinie of waardevolle mening oor die feite bespreek Maks 2  Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te versterk  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien dit vereis word.  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Wanneer jy inkopies doen word jy deel van die ekonomiese kringloop.  Bespreek die VIER hoof ekonomiese deelnemers in die Ekonomiese Kringloop Model. (26)  Verduidelik kortliks die BNI as ʼn maatstaf vir die prestasie van die ekonomie. (10) [40] OF VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Elke land ervaar sikliese patrone in sy ekonomie.  Bespreek volledig die fases van ʼn sakesiklus met behulp van ʼn diagram. (26)  Evalueer die endogene redes vir veranderinge in ʼn sakesiklus. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 100 EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all