Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2017
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 1
MEMORANDUM
16 bladsye
Skip to contentAll 2017 papers %20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)

%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 297.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Gauteng June 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 1)
MEMORANDUM
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A √√ skaars hulpbronne
1.1.2 C √√ skaarsheid
1.1.3 C √√ lekkasie
1.1.4 D √√ trog
1.1.5 C √√ individue (5 x 2) (10)
1.2 PASITEMS
1.2.1 F √ Wanneer hulpbronne effektief benut word vir die produsering van
goedere en dienste.
1.2.2 A √ Die proses waar produkte vanaf die produsent na die verbruiker beweeg.
1.2.3 G √ Is die verskil tussen inkome en besteding
1.2.4 B √ Gee ʼn aanduiding wat in die toekoms kan gebeur
1.2.5 C √ Produseer meer as wat verlang word
1.2.6 E √ Die waarde van finale goedere en dienste geprodseer deur die
permanente inwoners van die land. (5 x 1) (5)
1.3 KONSEPTE
1.3.1 Mikroekonomie√
1.3.2 Kapitaal goedere / Intermediêre goedere√
1.3.3 Huishouding√
1.3.4 Eksogene redes √ (4 x 1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
AFDELING B
VRAAG 2: MAKROEKONOMIE
2.1
2.1.1 Noem enige TWEE studievelde wat verband hou met Ekonomie. (2 x 1) (2)
• Rekeningkunde√
• Besigheidstudies / Sakebestuur√
• Handelsreg√
• Wiskunde of finansies√
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
2.1.2 Hoe kan die skaarsheid van hulpbronne ʼn probleem vir enige gemeenskap
inhou?
• Produseerders kan nie alles produseer wat verbruikers verlang nie.√√ (1 x 2) (2)
(Aanvaar enige relevante antwoord)
2.2 Datarespons
2.2.1 Wat, volgens die grafiek, was die hoogste groeikoers wat deur die land ervaar
was? (1)
• 5 %√
2.2.2 Noem die organisasie wat verantwoordelik is vir die publisering van bogenoemde
data. √ (1)
• Statistiek Suid-Afrika√
2.2.3 Verduidelik TWEE redes waarom die berekening van BBP syfers belangrik
is. (2 x 2) (4)
• Voorsien inligting met betrekking tot die vlak van ekonomiese aktiwiteit in ʼn land. √√
• Deur vergelyking met die BBP kan daar vasgestel word of ʼn land meer of minder
goedere en dienste lewer. √√
• Dit wys of ekonomiese groei plaasvind. √√
• Die ekonomiese prestasie van verskillende lande kan vergelyk word. √√
• Die vlak van die lewenstandaard en ekonomiese welstand van die bevolking√√
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
2.2.4 Differensieër die verskil tussen reële vloei en die geldvloei in die
kringloopdiagram. (2 x 2) (4)
• Reële vloei
-Begin by die faktore van produksie wat verkoop word in faktoremarkte √√
-Verkoop aan besighede om voltooide goedere en dienste te lewer √√
-Gelewer aan die goederemarkte √√
-Dit word verkoop aan huishoudings.√√
-Hierdie beweging van faktore tot voltooide goedere en dienste word reële vloei
genoem. √√
-Die fisies tasbare items √√
-Vervoer speel ʼn belangrike rol. √√
• Monetêre vloei
-Teenoorgestelde rigting as goedere √√
-Huishoudings spandeer geld op goedere. √√
-Hierdie goedere word deur besighede geproduseer en aan huishoudings verkoop in
goederemarkte. √√
-Dit is hoe inkomste verdien word. √√
-Geldvloei tussen besighede en huishoudings.√√
-Banke speel ʼn groter rol as geldmarkte. √√.
-Buitelandse handel, vloei van geld, goedere en dienste √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
2.3 Datarespons
2.3.1 Na watter depressie word daar in die artikel verwys? (1)
• Die Groot Depressie van 1929√
2.3.2 Verduidelik die term depressie. (1)
• ʼn Depressie is ʼn verlangsaming in ekonomiese groei. / ʼn Afname in
ekonomiese aktiwiteit√
• Die ekonomie is besig om in te krimp of kleiner te word. √
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
2.3.3 Bespreek kortliks TWEE eienskappe van die depressie en resessiefase.
• ʼn Daling in produksie oor ʼn lang tydperk. √√
• Werkloosheid en bankrotskap neem toe. √√
Afname in aanvraag van goedere en dienste. √√
• Pryse en winste daal tot onaanvaarbare lae vlakke.√√
• Sluiting van besighede √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
2.3.4 Bespreek kortliks die eienskappe van die opbloeifase. (2 x 2) (4)
• Hoë vlakke van besteding deur huishoudings
• Meer inkomste vir die huishouding
• Meer werksgeleenthede
• Nuwe besighede word opgerig
• Produksie van goedere en dienste neem toe
• Winste en pryse van goedere styg
• Rentekoerse styg om inflasie te bekamp
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
2.4 Differensieër tussen Mikroekonomie en Makroekonomie. (4 x 2) (8)
Mikroekonomie
• Mikroekonomie handel slegs met ʼn klein deel van die ekonomie. √√
• Handel met individuele verbruikers en besighede √√
• Handel met hoe hulle besluite maak oor watter hulpbronne om te gebruik en watter om te
koop √√
• Wat om te produseer teen watter prys en in watter hoeveelhede √√
• Fokus op individuele markte √√
• Kyk na die gedrag van die eenhede van ʼn ekonomie √√
Makroekonomie
• Is die studie van die ekonomie as ʼn geheel √√
• Dit fokus op die ekonomiese gedrag van ʼn gemeenskap. √√
• Dit fokus op die werkloosheidsyfer. √√
• Geen belang in wat die individuele eenhede doen nie √√
• Kyk na invoere en uitvoere √√
• Die Nasionale Begroting is ʼn Makroekonomiese dokument. √√
• MIV/VIGS is ʼn makroekonomiese probleem. √√
(Aanvaar enige ander relevante respons.)
2.5 “Ekonomiese ontwikkeling is gebaseer op fundamentele menseregte.”
Demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse regering basiese dienste aan ekonomies
gemarginaliseerde mense lewer in ʼn poging om lewensstandaard te
verbeter. (4 x 2) (8)
• Alle mense moet toegang tot voedsel hê daarom is daar voedingskemas by skole.√√
• Alle mense moet toegang hê tot behuising daarom is daar behuisingsubsidies. √√
• Alle mense moet toegang hê tot hospitale en klinieke veral daardie mense wat dit nie kan
bekostig nie. √√
• Alle kinders het ʼn basiese reg tot onderwys en opvoeding √√
• Almal het ʼn reg tot lopende water en sanitasie met bekostigbare fooie vir water. √√
• Almal het ʼn reg tot ʼn beter bestaan en ʼn beter toekoms. √√
• Toegang tot ʼn basiese lewenstandaard vry van armoede en hierdie menseregte word
deur die grondwet beskerm. √√
[40]
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
VRAAG 3: MAKROEKONOMIE
3.1
3.1.1 Noem TWEE deelnemers in ʼn geslote kringloopdiagram. (2 x 1) (2)
• Huishouding / Verbruikers√
• Besigheidsektor / Firmas / Produseerders√
3.1.2 Verduidelik hoe ʼn opswaai die ekonomiese groeikoers van ʼn land affekteer.
• Gedurende ʼn opswaaifase produseer besighede meer goedere en dienste omdat vraag
na goedere en dienste styg. Dit sal die BBP laat toeneem en ʼn toename in die BBP dui
ekonomiese groei aan. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (1 x 2) (2
3.2 Datarespons
3.2.1 Identifiseer die metode wat gebruik is om BBP te bereken. (1)
• Die bestedingsmetode √
3.2.2 Noem EEN ander metode wat gebruik kan word om die BBP te bereken. (1)
• Produksiemetode√
• Inkomstemetode√
3.2.3 Definieer die term Bruto Binnelandse Produk. (2)
• Die totale waarde van alle finale goedere geproduseer binne die grense van die
land vir ʼn bepaalde tydperk van bv. een jaar. √√
3.2.4 Hoe word BBP bereken? Skryf slegs die vergelyking neer. (2)
• BBP=(C+I+G+ (X-M) √√
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
3.2.5 Bereken die bruto binnelandse produk (A). (4)
BBP= C + I + G + (X – M)√
=1 473 + 468 + 505 + (657 – 678)√
= 2446 – 21√
= 2425√
3.3 Datarespons
3.3.1 Verduidelik die konsep verbruik. (2)
• Verbruik is die finale gebruik van goedere of dienste om behoeftes te bevredig. √√
3.3.2 Noem TWEE voorbeelde van nie-duursame goedere. (2)
• Meubels√
• Voertuie√
• Elektriese toestelle√
• Musiekinstrumente√
• (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)
3.3.3 Waarom word die verbruiker gedwing om keuses te maak? (2)
• Die verbruiker het onbeperkte behoeftes wat bevredig moet word met skaars
hulpbronne. √√ /
• As gevolg van die skaarsheidsprobleem moet verbruikers keuses maak.
(Aanvaar enige relevante antwoord.)√√
3.3.4 Verduidelik die verhouding tussen skaarsheid, keuses en geleentheidskoste.
• Hulpbronne is skaars daarom moet die verbruiker keuses uitoefen tussen produkte. √√
• Wanneer iemand se hulpbronne vir een ding gebruik word, kan dit nie vir iets anders
gebruik word nie. √√
• Geleentheidskoste is die koste om keuses te doen / wanneer ons ʼn keuse moet doen,
meet ekonome die koste van die ding wat gekies is aan die koste van die alternatief wat
prysgegee is; dit word geleentheidskoste genoem. √√ (Enige 2 x 2) (4)
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
3.4 Verduidelik die verskil tussen vrye goedere en ekonomiese goedere.
Vrye goedere Ekonomiese goedere
Goedere is volop en het geen prys nie√√ Goedere wat met skaars hulpbronne
bv. seewater,sonskyn, reënwater, lug, geproduseer word. √√
suurstof ens. √
Vry goedere het geen ruilwaarde nie Goedere het ʼn koste en ʼn finale
aangesien almal toegang daartoe het. √√ prys. √√
Vry goedere het gebruiksnut. √√ Hierdie goed het ruilwaarde
aangesien mense bereid is om
daarvoor te betaal. √√
Gawes uit die natuur word as vry Ekonomiese goed het gebruiksnut√√
beskou. √√ bv. infrastruktuur en paaie. √
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (2 x 4) (8)
3.5 Hoe word werksgeleenthede deur fluktuasies (skommelinge) in die sakesiklus,
beïnvloed? (4 x 2) (8)
• Soos ʼn depressie, lei ʼn resessie tot werkloosheid, verminderde produksie,
verminderde inkomste en lae lewenstandaarde. √√
• Die arbeidsmark is die totale aantal mense wat vir ʼn salaris werk, en die
werkloosheidsmark is die totale aantal mense wat werk soek maar nie tans werk
het nie. √√
• ʼn Land se totale arbeidsmag is die som van die werkers en die werkloses. √√
• Die werkloosheidsyfer is gewoonlik ʼn goeie aanduiding van die toestand van die
arbeidsmag. √√
• ʼn Hoë werkloosheidsyfer dui op ʼn swak arbeidsmark waar werkgeleenthede
skaars is. √√
• ʼn Lae werkloosheidsyfer dui op ʼn goeie arbeidsmark waar werk maklik gevind kan
word. √√
• In die algemeen, neem werkloosheid toe tydens resessies en gedurende
uitbreiding neem dit af. √√ (Enige 2 x 4) (8)
• (Aanvaar enige relevante antwoord.) [40]
TOTAAL AFDELING B: 40
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
AFDELING C 40 PUNTE - 30 MINUTE
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou antwoordboek.
Jou antwoord sal as volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTE-
TOEGEWYS
INLEIDING
Die inleiding is ̓n laer-orde respons.
• ̓n Goeie uitgangspunt sou wees om die hoofkonsep te bepaal
wat verband hou met die onderwerp van die vraag. Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die hoofgedeelte van jou
opstel insluit nie.
• Waak daarteen om in die inleiding te sê wat in die
hoofgedeelte bespreek gaan word.
HOOFGEDEELTE
Bespreek in detail / Indiepte bespreking / Vergelyk / Ontleed /
Kritiese bespreking / Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Maks. 26
Assesseer / Debatteer.
Addisionele gedeelte
Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities /
Teken grafieke / Verduidelik / Gebruik grafiek en Verduidelik / Maks. 10
Voltooi gegewe grafiek / Bereken / Lei af / vergelyk / Verduidelik /
Ontleed / Debateer kortliks / argumenteer / Debateer / Hoe?
Slot
Enige relevante hoërorde gevolgtrekking
• Kort samevatting
• Opinie of waarde oordeel Maks. 2
• Addisionele ondersteunende inligting
• Teenstrydige oogpunt
Aanbeveling
TOTAAL 40
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
VRAAG 4: MAKROEKONOMIE
“Wanneer jy kruideniersware koop, word jy deel van die kringloop van die ekonomie.”
• Bespreek die hoofdeelnemers in ʼn oop-ekonomiese kringloopdiagram. (26)
• Verduidelik die verhouding tussen Besparings en Beleggings. (10)
Inleiding
Suid-Afrika word ʼn oop ekonomie genoem omdat ons met ander lande in die wêreld
handel dryf. √√
(Aanvaar enige relevante inleiding.)
Hoofgedeelte
1. Huishoudings / Verbruikers
• Vorm die grondslag van alle ekonomieë; produsente van goedere en dienste fokus op
hulle. √√
• Besit direk of indirek die produksiefaktore (grond, arbeid, kapitaal en
entrepreneurskap) √√
• Verkoop hulle produksiefaktore aan die sakeondernemings op die faktormark in ruil vir
vergoeding. √√
• Huishoudings het onbeperkte behoeftes wat bevredig moet word en hulle doen dit deur
goedere en dienste van sakeondernemings te koop op die goederemark. √√
2. Die sakesektor
• Nywerhede vervaardig goedere en dienste om in die behoeftes en begeertes van die
huishoudings te voorsien. √√
• Sakeondernemings, ook maatskappye of produsente genoem, vervaardig goedere en
verskaf dienste. √√
• Sakeondernemings koop die produksiefaktore van die huishoudings op die
faktormark. √√
• Hulle gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer wat dan aan die
huishoudings in die goederemark verkoop word. √√
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
3. Die openbare sektor
• Die breë term regering verwys na plaaslike, streeks- (provinsiale) en nasionale regering,
ook bekend as die staat of die openbare sektor. √√
• Die openbare sektor sluit in alle politici, staatsamptenare, regeringsagentskappe en
ander liggame in besit van of onder beheer van die regering. √√
• Die regering neem deel aan die ekonomie deur produksiefaktore van huishoudings
in die faktormark te koop en deur goedere en dienste van maatskappye in die
goederemark te koop. √√
• Die staat voorsien huishoudings en sakeondernemings van goedere en dienste
wat nie deur sakeondernemings geproduseer word nie. √√
• Die goedere en dienste wat deur die staat verskaf word, staan bekend as openbare
goedere en sluit goed in soos veiligheid en beskerming, wet en orde, gesondheidsorg
en onderwys. √√
• Die regering ontvang inkomste van sakeondernemings en huishoudings in die vorm van
belasting. √√
• Die regering ontvang ook inkomste uit eiendom en ondernemings wat die staat
besit. √√
4. Die Buitelandse sektor
• Die buitelandse sektor verteenwoordig al die ander lande in die wêreld. √√
• Handel tussen die buitelandse sektor en huishoudings en maatskappye vind in die
buitelandse mark plaas in die vorm van invoere en uitvoere. √√
• Dit word internasionale handel genoem. (globalisasie)√√
• Invoere is goedere en dienste wat in ander lande geproduseer word en deur plaaslike
maatskappye of huishoudings gekoop word. √√
• Uitvoere is goedere en dienste wat plaaslik geproduseer word en dan aan die
buitelandse sektor verkoop word. √√ (Maks. 26)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
ADDISIONELE GEDEELTE
• Verduidelik die verhouding tussen besparing (spaargeld) en beleggings.
Besparing (Spaargeld):
• Spaargeld verwys na die inkomste van deelnemers wat nie gespandeer word nie.√√
• Hierdie inkomste word belê by groot finansiële instellings. √√
• Dit is ʼn lekkasie van geld uit die kringloopdiagram na finansiële maatskappye. √√
• Hierdie lekkasie veroorsaak ʼn afname in die besteding vloei. √√
• Spaar vorm die hoeksteen vir beleggings. √√
Beleggings
• Beleggings is die skepping van kapitaalgoedere. √√
• Besighede leen geld van die finansiele instellings. √√
• Hierdie geld kom van spaargeld√√
• Besighede gebruik die geld om kapitaalgoedere soos masjienerie te bekom. √√
• Sonder spaar kan daar nie beleggings wees nie, wat beteken minder produksie van
goedere en dienste√√
• Beleggings is goed om lekkasies wat deur spaar veroorsaak word, te balanseer. √√
• Beleggings het ʼn groot impak op die ekonomie. √√
(Maks. 10)
SLOT:
Markte speel ʼn baie belangrike rol in die kringloopdiagram wat alle deelnemers word
deur koop- en verkooptransaksies met mekaar verbind. √√ (Maks. 2)
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
[40]
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
VRAAG 5: MAKROEKONOMIE
“Produksie en Verbruik is basiese ekonomiese prosesse wat deur markte verbind word.”
• Bespreek die verskillende soorte markte waar handel plaasvind. (26)
• Verduidelik kortliks die verskillende maniere wat gebruik kan word om
omgewingsprobleme te verminder. (10)
INLEIDING
ʼn Mark is ʼn plek waar handel gedryf word./ Die interaksie van die rolspelers in markte is
wat die ekonomie aandryf. √√
OF
In die ekonomie kan die vele verskillende markte wat bestaan in twee algemene groepe
verdeel word – die produkmark en die faktormark. √√
(Aanvaar enige relevante inleiding.) (Maks. 2)
HOOFGEDEELTE
Produktemarkte
• Sakeondernemings of maatskappye produseer die goedere en dienste om die
behoeftes en begeertes van huishoudings te bevredig deur die produksiefaktore te
gebruik wat deur die huishoudings verskaf word. √√
• Hierdie produkte wat op die produktemarkte te koop aangebied word, kan finale
goedere en dienste of tussengoedere en –dienste wees. √√
• Die produkmark word ook die verbruikersmark genoem. √√
Produktemarkte sluit in goedere- en dienstemarkte bv. boeke, CD’s, haarkappers, kos,
skryfbehoeftes, klere en mediese dienste. √√
Produktemarkte sluit ook in kommoditeitsmarkte. Dit is die markte waar daar geen verskil in
die goedere is nie en dit maak nie saak wie die verskaffer is nie bv. koring, goud, beesvleis,
mielies, olie. √√
Die produktemark is ook ʼn mark vir afgewerkte produkte en dienste. √√
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
Die Faktormarkte
Huishoudings is die basiese eienaars van die vier produksiefaktore (natuurlike hulpbronne,
kapitaal, entrepreneurskap en arbeid) wat deur die sakesektor gebruik word om nuttige
goedere en dienste te vervaardig of te produseer. √√
Sakeondernemings gaan na die faktormark om produksiefaktore te koop. √√
Faktormarkte kan in vier soorte verdeel word, naamlik:
1. Arbeidsmark – bv. werknemers wat werk soek √√
2. Mark vir grond – bv. die eiendomsmark√√
3. Mark vir kapitaal – bv. lenings of geld om kapitaaltoerusting te finansier √√
4. Finansiële mark – bv. aandelemark, valutamark √√
Groothandelaars
• Hulle koop in groot hoeveelhede by die produsente en verkoop aan kleinhandelaars
bv. vars vrugte en groente. √√
• Hulle koop vervaardigde goedere en landbouprodukte. √√
Kleinhandelaars
• Meeste verbruikers / huishoudings koop vanaf die kleinhandelaar. √√
• Pick & Pay, Shoprite is voorbeelde van kleinhandelaars. √
Dienstemark
• Alle dienste, soos onderwys of mediese sorg, word in die dienstemark verkry.
Internasionale markte
• In vandag se wêreld is daar internasionaal ʼn groot mark vir goedere en dienste. √√
• Wanneer Suid-Afrikaners produkte uit Europa of Australië wil hê, word dit op die
internasionale mark verhandel. √√
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
Faktormark / Mark vir produksiefaktore
• Produksiefaktore word benodig om goedere en dienste te vervaardig. √√
• Hierdie mark is die denkbeeldige plek waar die eienaars van die produksiefaktore
(huishouding / verbruikers) die mense ontmoet wat dit wil koop (die firma’s /
produsente)√√
• ʼn Voorbeeld van ʼn faktormark kan die internet wees.√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Verduidelik kortliks die verskillende maniere wat gebruik kan word om
omgewingsprobleme te verminder.
Groenbelasting: √
- Die regering kan belasting hef op die produksie van goedere en op die mate waartoe hulle
die omgewing beïnvloed. √√
- Produsente sal hulle besoedeling moet verminder om seker te maak dat hulle die koste
van hulle produkte laag hou. √√
- Optrede deur die regering: √
- Regerings oral in die wêreld begin om maatreëls in te stel om die hoeveelheid besoedeling
in hulle lande te stop of te verminder. √√
- Openbare optrede: √
- Na gelang meer mense bewus word van die skade aan die omgewing begin hulle optree
en deelneem aan programme om die skade wat gedoen is, te herstel en om die omgewing
om hulle te verbeter. √√
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 10
Nuwe tegnologie: √√
- Skoner en veiliger tegnologie word ontwikkel met die oog op die omgewing. √√
- Die aandrang op minder afvalprodukte, verminderde afhanklikheid van fossielbrandstowwe
en ʼn vraag deur produsente na omgewingsvriendelike tegnologie gee aanleiding tot nuwe
produkte en omgewingsveilige masjinerie. √√
- Omgewingsvolhoubaarheid is deesdae ʼn baie belangrike ekonomiese kwessie. √√
(Aanvaar enige relevante antwoorde.) (Maks. 10)
SLOT
Toenemende nywerheidsaktiwiteit vind egter ten koste van die omgewing plaas. √√ /
Dit lei gewoonlik tot verhoogde besoeling, fabrieke besoedel die lug, riviere en ook die
grond. √√ /
Nywerhede gebruik ook baie van die aarde se natuurlike hulpbronne bv. steenkool, olie, hout en
water. √√ (Maks. 2)
(Aanvaar enige relevante slot.) [40]
TOTAAL AFDELING C: [40]
TOTAAL: 100
16
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper