Skip to content

Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10201715 pages

Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the National November Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2017 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag boaan ’n NUWE bladsy. 5. Laat 2 tot 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in die ANTWOORDEBOEK verskyn. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1: 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Privaateienaarskap en individuele voorkeure is belangrik in hierdie soort ekonomie: A Tradisionele ekonomie B Beheerekonomie C Markekonomie D Gemengde ekonomie 1.1.2 Geleentheidskoste ... A verduidelik hoe mense keuses maak. B verwys na die waarde van die volgende beste alternatief wat opgeoffer is. C verduidelik hoe geleentheid in die ekonomie werk. D omskryf die nut van ’n goed of diens. 1.1.3 Die totale vergoeding wat aan die eienaars van die produksiefaktore binne ’n gegewe tydperk betaal word: A BBP B BNB C BNI D BBB 1.1.4 Gedurende die resessionêre fase van ’n sakesiklus is daar ... A geen verandering in ekonomiese groei nie. B ’n afname in werkloosheid. C positiewe ekonomiese groei. D negatiewe ekonomiese groei. 1.1.5 Hierdie was verenigings van vakmanne en ander professies wat handel in dorpe en stede gedurende die markevolusie beheer het: A Gilde B Landhere C Alliansies D Hiërargie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.1.6 Watter EEN van die volgende is NIE ’n voorbeeld van die dienstesektor NIE? A Bankwese B Konstruksie C Vervoer D Onderwys 1.1.7 Die natuurlike groeikoers is ... A die koers waarteen ’n land ekonomies groei. B die koers waarteen die gemiddelde mens natuurlik groei. C die verskil tussen mense wat in ’n land werk. D die verskil tussen die geboortekoers en die sterftekoers in ’n land. 1.1.8 Die verhouding van lewendige geboortes in ’n gebied tot die bevolking in daardie gebied: A Mortaliteitskoers B Absorpsiekoers C Vrugbaarheidskoers D Bevolkingsgroeikoers (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V1 5 1.2 Kies ʼn omskrywing in KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A−I) langs die vraagnommer (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Model A Goedere wat volop is en geen prys behaal nie 1.2.2 Vrye goedere B Verwys na die op en af van ekonomiese aktiwiteit in die ekonomie 1.2.3 Dubbeltelling C Die wêreldwye integrasie van markte en produksie 1.2.4 Sakesiklus D Gebruik om teorieë te verduidelik en voorspellings te maak 1.2.5 Globalisasie E Wanneer intermediêre produkte bygetel word by finale goedere 1.2.6 Demokrasie F ’n Plek waar kopers en verkopers ontmoet 1.2.7 Ekonomies- G Gelyke deelname deur almal aktiewe bevolking 1.2.8 Mark H Diegene wat werkloos is en vir een of ander rede opgehou het om werk te soek I Bestaan uit mense tussen die ouderdomme van 15 en 64 wat werk of aktief werk soek (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die professies, werke en posisies wat jy beklee oor die jare wat jy werk 1.3.2 Alle menslike inspanning wat vir vergoeding aangewend word 1.3.3 Die hoogste punt van ekonomiese aktiwiteit in die sakesiklus 1.3.4 Ruil van een produk vir ’n ander van min of meer dieselfde waarde 1.3.5 ’n Ekonomie wat nie met ander lande handel dryf nie 1.3.6 Die beweging van mense vanaf landelike gebiede na stede of dorpe (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V1 7 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende kortvrae. 2.1.1 Noem enige TWEE soorte verbruikersgoedere. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal die neem van Wiskunde op skool jou help as jy ’n ekonoom wil word? (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Lyk of ons opstyg.! [Bron: www.struggle.pk] 2.2.1 Identifiseer die fase in die sakesiklus asook ’n ekonomiese aktiwiteit uit bostaande spotprent. (2) 2.2.2 Hoekom dink jy sal ‘werkloos’ nie tot ’n ekonomiese ‘opstyging’ lei nie? (2) 2.2.3 Na watter sakesiklus-aanwyser verwys ‘werkloos’? (2) 2.2.4 Hoe sal jy die herstelfase van ’n tipiese sakesiklus beskryf? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 2.3 DATARESPONS Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOEGEVOEGDE WAARDE (R Miljoene) Huidige 2015 pryse 1. Primêre sektor 371 069 2. Sekondêre sektor 751 451 3. Tersiêre sektor 2 467 292 4. Bruto toegevoegde waarde teen basiese prys 3 589 812 5. B belasting op goedere 438 785 6. C subsidies op goedere 15 005 7. Bruto binnelandse produk teen markprys D [Bron: SARB Kwartaallikse Bulletin, September 2016] 2.3.1 Watter sektor het die meeste in 2015 bygedra? (1) 2.3.2 Watter berekeningsmetode is gebruik in bostaande tabel om die Bruto Binnelandse Produk te bereken? (1) 2.3.3 Benoem die ontbrekende items B en C. (2 x 1) (2) 2.3.4 Verduidelik die begrip Bruto Binnelandse Produk. (2) 2.3.5 Bereken die BBP soos deur D voorgestel. (4) 2.4 Onderskei tussen leidende en sloerende ekonomiese aanwysers. (2 x 4) (8) 2.5 Wat is moontlike oplossings om omgewingsprobleme te verminder? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V1 9 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende kort vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE BRICS-lande. (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is multi-nasionale ondernemings? (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die politieke spotprent is oor die drie moordenaars in Afrika. Dit toon dat die nommer een moordenaar in Afrika Vigs is. Dit is in die vorm van die Olimpiese podium in die sin dat dit die top drie moordenaars in Afrika voorstel. Die trappies is die rangorde van die moordenaars. Die karakters is almal doodsengele wat die dood voorstel. In Afrika is daar drie hoofmoordenaars en onder hulle is die top moordenaar Vigs. Hierdie politiese spotprent toon hoe dodelik Vigs vir ’n land is. ... IN DIE ‘VOORLOPER AS OORSAAK VAN DOOD’ ITEM, DIE VASTELAND SE NUWE NOMMER EEN!... Vigs Oorlog Malaria [Bron: Aangepas van www.alexandrahauber.weebly.com] 3.2.1 Identifiseer enige TWEE hoofmoordenaars in Afrika. (1 x 2) (2) 3.2.2 Waarvoor staan die akroniem Vigs? (2) 3.2.3 Watter land het die hoogste MIV/Vigs koers in Afrika? (2) 3.2.4 Wat is die impak van MIV/Vigs op die bevolkingstruktuur? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 3.3 DATARESPONS Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WERKTOESTANDE VAN UNIE EN NIE-UNIE LEDE Privaatsektor Openbare Sektor Gedeelte van werkers met: Nie-unie Unie Nie-unie Unie Geskrewe kontrakte 83,3% 98,4% 99,7% 100,0% Betaalde verlof 62,0% 92,5% 54,3% 97,8% Permanente kontrakte 57,6% 91,0% 38,9% 96,5% Bedingingsraad- dekking 2,8% 8,2% 11,4% 35,5% Geen loonbedinging van enige aard 82,3% 8,3% 72,7% 2,5% [Bron: theconservation.com] 3.3.1 Identifiseer TWEE sektore uit bogenoemde tabel. (2 x 1) (2) 3.3.2 Omskryf die begrip vakbonde. (1 x 2) (2) 3.3.3 Gee en verduidelik EEN rede waarom werkers sal verkies om aan ’n vakbond te behoort soos uit die tabel blyk. (2) 3.3.4 Waarom is vakbonde belangrik in Suid-Afrika? (2 x 2) (4) 3.4 Omskryf die ontwikkeling van markte en handel in die vroeë gemeenskappe. (8) 3.5 Gee jou opinie oor die impak van immigrasie en vlugtelinge op die bevolking van Suid-Afrika. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V1 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende kort vrae. 4.1.1 Noem TWEE soorte verbruik. (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat is immigrasie? (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE RYK LAND WAT ARM IS In Afrika is daar ’n groot land wat een van die armste lande in die wêreld is. Die ironie is dat hierdie land platinum- en uraanneerslae het wat onontgin is omdat die land ’n skaarste het aan geskoolde arbeid en kapitaal. Die grootste gedeelte van hierdie land bestaan uit woestyn. [Bron: Clever Economics Grade 10, Bladsy 22] 4.2.1 Identifiseer TWEE mineraalneerslae uit die uittreksel. (2 x 1) (2) 4.2.2 Omskryf die begrip skaarsheid. (2) 4.2.3 Haal uit die uittreksel aan om te bewys dat daar beperkte produksiefaktore in hierdie land is. (2) 4.2.4 Hoe raak absolute en relatiewe skaarsheid die ekonomie van ontwikkelende lande? (4) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 4.3 DATARESPONS Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SLEUTEL ARBEIDSMARKAANWYSERS Kwrtl – Jaar-tot- Jan – Mar Okt.-Des Jan -Mar tot-Kwrtl. jaar 2016 201 6 2017 verandering verandering Duisend Arbeidsmag bevolking (15—64 jaar) 36 431 36 905 37 061 156 630 Arbeidsmag 21 398 21 849 22 426 577 1 029 In diens geneem/Werkende 15 675 16 069 16 212 144 538 Formele sektor (nie-landbou) 10 983 11 156 11 337 181 354 Informele sektor (nie-landbou) 2 565 2 695 2 681 -14 116 Landbou 869 919 875 -44 6 Privaat huishoudings 1 257 1 299 1 319 21 62 Werkloos 5 723 5 781 6 214 433 491 Nie ekonomies aktief 15 033 5 781 14634 -421 -399 Ontmoedigde werksoekers 2 434 2 292 2 277 -15 -156 Ander (nie- ekonomies aktief) 12 599 12 763 12 357 -406 -242 Koers (%) Werkloosheidskoers 26,7 26,5 ? 1,2 1,0 [www.statssa.gov.za] 4.3.1 Gee die syfers vir in-diens-geneemde/werkende en werklose mense gedurende die laaste kwartaal van 2016. (2 x 1) (2) 4.3.2 Verduidelik die begrip Nie Ekonomies Aktief. (2) 4.3.3 Watter neiging neem jy in die tabel waar by die werkende arbeidsmagbevolking? (2) 4.3.4 Bereken die werkloosheidskoers vir die 1ste kwartaal van 2017. (4) 4.4 Vergelyk vrye goedere en ekonomiese goedere in die ekonomie. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe het landhere hul rykdom in antieke tye gebruik? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V1 13 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE- TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Die inleiding is ʼn lae-orde respons:  ʼn Goeie begin sou wees om ʼn definisie te gee van ʼn konsep of sleutelwoord wat in die vraag voorkom  Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding gebruik nie  Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal nie  Poog sover moontlik om nie in die inleiding te noem wat in die inhoud bespreek gaan word nie Inhoud Maks. 26 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/ Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik / Assesseer/ Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek Maks. 10 krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/ Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/ Hoe?/ Stel voor Slot Enige toepaslike hoër-orde slot behoort die volgende in te sluit:  ʼn Kort opsomming van dit wat bespreek/ontleed is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is Maks. 2  ʼn Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis  Aanbevelings TOTAAL: 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Die ekonomie bestaan uit ’n baie komplekse web van ’n groot aantal verskillende aktiwiteite wat deur miljoene mense onderneem word.  Bespreek die rol wat elke deelnemer in ’n oop ekonomiesekringloopmodel speel. (26)  Wat is die uitwerking van ’n ekonomiese afswaai op deelnemers aan die ekonomie? (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Die grootte van ’n land se bevolking speel ’n enorme rol in die ekonomie en dit is belangrik dat mense gereeld getel moet word, byvoorbeeld elke vyf jaar. Bespreek, in detail, die fases in die demografiese siklus onder die volgende opskrifte:  Die hoë stilstaande fase  Die vroeë uitbreidingsfase (26) Hoe sal jy ’n sentraalbeplande ekonomie omskryf? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all