NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2017
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*XECOA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 



%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--77dd4edd-b219-41cb-a904-24bb83d51a4c/v1-cb61048dae9a264ae886/card.webp)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
View all


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958/v1-558d489c211516dacbc1/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Economics Grade 10 National November 2017 Question Paper
Grade 10 Economics question paper from the National November Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Economics · Grade 10 · National November Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- National November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 356.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
National November Exam 2017
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Beantwoord vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou
antwoorde moet voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
6. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Laat 2 tot 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 1.1.9 D
1.1.1 Wêreldmarkte staan ook as … markte bekend.
A kollektiewe
B geld-
C globale
D volmaakte
1.1.2 ʼn Eienskap van ʼn onvolmaakte mark:
A Daar is een verskaffer of ʼn paar groot verskaffers
B Produkte is homogeen
C Daar is geen hindernisse tot toetrede nie
D Daar is baie kopers en verkopers
1.1.3 Hierdie faktor sal tot ʼn uitwaartse beweging van die PMK lei:
A Verbeterde tegnologie
B Onbeskikbaarheid van arbeid
C Gebrek aan grondstowwe
D Onproduktiewe arbeid
1.1.4 Die volgende word beskou as ʼn algemene oorsaak van
werkloosheid:
A ʼn Groot bekwame arbeidsmag
B ʼn Swak onderwysstelsel
C Voldoende groei in die ekonomie van ʼn land
D Arbeidsintensiewe bedrywe
1.1.5 Vakbonde …
A het die mag om werkgewers en werkers te dwing om die
Wet op Arbeidsverhoudinge na te kom.
B onderhandel verbeterde lone en werksomstandighede vir
hulle lede.
C maak voorstelle oor arbeidsbeleid en wetgewing.
D help om arbeidsdispute te beredder deur konsiliasie of
arbitrasie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.6 ʼn Toename in die loonkoers sal, ceteris paribus, lei tot …
A ʼn afname in hoeveelheid arbeid gevra.
B ʼn afname in die vraag na arbeid.
C ʼn toename in die hoeveelheid arbeid gevra.
D ʼn toename in die vraag na arbeid.
1.1.7 Grensbelasting op ingevoerde produkte:
A Belasting op toegevoegde waarde
B Aksynsregte
C Doeanereg
D Groen belasting
1.1.8 In 1996 is hierdie beleid ingestel om skoolprestasie te verbeter:
A SOOO
B WAV
C SASW
D WVO (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn item in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Arbeidsmag- A bevorder kollektiewe bedinging en
deelnamekoers konsultasie in die werkplek
1.2.2 Begrotingslyn B formele aktiwiteite wat individue se vermoë
om hulle volle potensiaal te bereik,
verbeter
1.2.3 Ceteris paribus C verskaf werkloosheidsyfers volgens beide
nou en breë definisies van werkloosheid
1.2.4 Menslike D wanneer die regering mense wat in sosiale
Hulpbron nood is, deur middel van oordragbetalings
Ontwikkeling subsidieer
1.2.5 KMVA (CCMA) E alle ander dinge bly konstant
1.2.6 BBSEB F verskillende kombinasies van goedere en
(BBBEE) dienste wat ons met ʼn gegewe inkome kan
koop
1.2.7 Welsynstoelae G verskaf ʼn basis vir transformasie in die
Suid-Afrikaanse ekonomie
1.2.8 Statistiek H ʼn instrument wat gebruik word om te
Suid-Afrika bepaal watter deel van die bevolking
ekonomies aktief is
I arbitreer dispute wat onopgelos gelaat is
na konsiliasie
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee die korrekte term vir elk van die volgende omskrywings:
1.3.1 Grafiek wat al die kombinasies van twee kommoditeite bevat wat
ʼn verbruiker ʼn gelyke hoeveelheid bevrediging gee
1.3.2 Addisionele bevrediging verkry deur verbruik van een ekstra
eenheid van ʼn produk of diens oor ʼn gegewe tydperk
1.3.3 Goedere verskaf deur die regering, aangesien hulle voordelig vir
die samelewing is
1.3.4 ʼn Situasie waar ʼn persoon nie tot sy of haar volle vermoë in
diens geneem is nie
1.3.5 Werkers onderhandel as ʼn groep met werkgewers rakende die
werksomstandighede
1.3.6 Hierdie Wet is ingestel ten einde die gehalte van vaardighede
asook produktiwiteit in die werksplek te ontwikkel en te verbeter
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende kortvrae:
2.1.1 Noem TWEE funksies van ʼn mark. (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is volmaakte markte? (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKURWE
Ton koring
Ton staal
2.2.1 Hoeveel ton koring en ton staal sal by punt B geproduseer word?
(2 x 1) (2)
2.2.2 Vir watter doel word die produksiemoontlikheidskurwe gebruik? (2)
2.2.3 Verduidelik die begrip skaarsheid. (2)
2.2.4. Waarom word produksie by punt G as ondoeltreffend beskou?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 7
2.3 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Prys Hoeveelheid gevra Hoeveelheid aangebied
R10 20 100
R6 60 60
R2 100 20
2.3.1 Identifiseer die ewewigsprys en -hoeveelheid. (2)
2.3.2 Gee die Wet van Aanbod. (2)
2.3.3 Verduidelik produksiekoste as ʼn faktor wat ʼn verandering in
hoeveelheid aangebied kan veroorsaak. (2 x 1) (2)
2.3.4 Bereken die surplus aanbod. Toon alle berekeninge. (4)
2.4 Onderskei tussen nasionale en internasionale markte. (2 x 4) (8)
2.5 Wat is die kenmerke van indifferensiekurwes? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE–30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende kortvrae.
3.1.1 Noem enige TWEE benaderings om werkloosheid op te los. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat word bedoel met ʼn ekonomies-aktiewe bevolking? (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
COSATU WIL SUIKERBELASTING UITSTEL TOT WERK VERSEKER IS
Die vakbondfederasie, Cosatu, het ʼn beroep gedoen op ʼn vertraging in die
implementering van belasting op suikerversoete drankies, omdat ʼn
omvattende oorgangs- en werksplan eers ontwikkel moet word. Alhoewel
Cosatu saamgestem het dat diabetes en vetsug bydra tot ʼn nasionale
gesondheidskrisis, is hulle besorg oor die werksverlies wat sal plaasvind
a.g.v. die belasting wat daarop gemik is om die verbruik van suikerdrankies
te verminder.
"Vetsug, diabetes en baie ander siektes veroorsaak deur die oormatige
verbruik van suiker het ʼn vreeslike en dodelike uitwerking op
werkersklasgesinne. Ons status as die vetsugtigste nasie in Afrika som die
krisis op.”
[Bron: Business Live, Linda Ensor 2017]
3.2.1 Identifiseer TWEE negatiewe uitwerkings van suikerverbruik uit
bostaande uittreksel. (2 x 1) (2)
3.2.2 Watter vakbond verteenwoordig werkers in bostaande uittreksel? (2)
3.2.3 Volgens die uittreksel, wat is die doel van suikerbelasting? (2)
3.2.4 Wat sal die uitwerking van die suikerbelasting op die ekonomie
wees? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 9
3.3 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Die seda is in Desember 2004 gestig as ʼn agentskap onder die Departement van Handel
en Nywerheid. Die stigting is gedoen deur drie organisasies te verenig, naamlik die Ntsika
Enterprise Promotion Agency, die Nasionale Vervaardigingsadvies Sentrum en die
Gemeenskaps Openbare Private Vennootskapprogram.
Seda bied besigheidsontwikkeling en ondersteuningsdienste vir klein ondernemings deur
sy nasionale netwerk. Seda implementeer ook programme wat gerig is op
besigheidsontwikkeling in gebiede wat deur die regering geprioritiseer word.
[Bron: www.thedti.gov.za]
3.3.1 Waarvoor staan die afkorting seda? (1)
3.3.2 Watter staatsdepartement is seda deel van? (1)
3.3.3 Noem enige ander TWEE instellings wat entrepreneurskap in Suid-
Afrika bevorder. (2 x 1) (2)
3.3.4 Wat is die rol van seda? (1 x 2) (2)
3.3.5 Hoe kan entrepreneurskap deur formele onderwys aangemoedig
word? (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen substituut- en komplementêre goedere (2 x 4) (8)
3.5 Wat is die arbeidsregte in Suid-Afrika? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende kort vrae.
4.1.1 Noem TWEE tipes effektiwiteit. (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is geleentheidskoste? (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TAXISTAKING AFGEWEER, MAAR BEDREIGING BLY
Verlede maand het taxi-eienaars en bestuurders begin met ʼn vertraging in protes teen
toegang tot finansiering, ʼn tekort aan subsidies vir die taxi-bedryf en bedryfspermitte. Hulle
het al Gauteng se hoofpaaie geblokkeer om hul boodskap oor te dra, wat veroorsaak dat
vlugte van OR Tambo Internasionale Lughawe vertraag word.
Die bedryf het gedreig om die land tot stilstand te bring as sy kommer nie aangespreek
word nie. Die Minister van Vervoer, mnr. Joe Maswanganyi, het gesê dit is ooreengekom
om kwessies rakende die taxi-industrie aan te spreek en dat die departement van vervoer
en Santaco komitees sal stig
[Bron: Times Live, Ernest Mabuza 2017]
4.2.1 Identifiseer TWEE redes, uit die uittreksel, wat gelei het tot die
vertraging van dienste in die taxibedryf. (2 x 1) (2)
4.2.2 Tot watter sektor behoort die taxibedryf? (2)
4.2.3 Wat is ʼn staking, soos na verwys in bostaande uittreksel? (2)
4.2.4 Hoe sal die taxistaking die ekonomie beïnvloed? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 11
4.3 DATARESPONS
Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Tabel 1: Inkome Ongelykheid (Gini-koëffisiënt)
Posisie van BRICS-lande
BRICS Gini Indeks Wêreld- Jaar van verslag
posisie
Suid-Afrika 0,63 4 2009
Brasilië 0,55 13 2009
China 0,43 54 2005
Rusland 0,40 68 2009
Indië 0,33 116 2005
[Bron: Index Mundi, World Bank data. April 2014]
4.3.1 Watter land het die laagste inkome-ongelykheid? (1)
4.3.2 Noem enige EEN van die BRICS-lande. (1)
4.3.3 Verduidelik die begrip Gini-koëffisiënt. (2)
4.3.4 Wat dui ʼn Gini-koëffisiënt van 0,63 in Suid-Afrika aan? (2)
4.3.5 Wat dink jy behoort die regering te doen om inkome-ongelykheid
te verminder? (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek indirekte belasting en subsidies as metodes van
openbaresektor inmenging. (2 x 4) (8)
4.5 Verduidelik waarom, volgens jou mening, sekere groepe mense in
Suid-Afrika ekonomies gemarginaliseerd is. (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat
in die vraag gebruik word, te definieer.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit
Maks. 2
nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud
herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan
bespreek.
Inhoud
Hoofgedeelte:
Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities /Ontleed/Vergelyk/
Evalueer/Onderskei/Verduidelik / Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte:
Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die Maks. 10
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe
grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot
Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende behoort in te
sluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder die
herhaling van enige feite wat reeds in die inhoud genome
is. Maks. 2
ʼn Mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreekte is
Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/
ontleding versterk
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
Aanbevelings
TOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 13
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Markmislukking vind plaas wanneer die mark misluk om goedere en dienste te
verskaf, of te veel of te min verskaf. Dit is die hoofrede waarom regerings in
markte inmeng.
Bespreek in detail, met behulp van grafieke, die volgende metodes van
regeringsinmenging:
Maksimum pryse
Minimum pryse (26)
Wat is die argumente ten gunste van minimum lone? (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
Die skepping van werksgeleenthede is een van die makro-ekonomiese doelwitte
van die regering.
Bespreek, in detail, die verskeie soorte werkloosheid. (26)
Watter strategieë het die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer om die
kwessie rondom werkloosheid aan te spreek? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P2 National November 2017 Question Paper

Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 National November 2017 Memo

Question paper
Economics Grade 10 Eastern Cape November 2017 Question Paper
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--77dd4edd-b219-41cb-a904-24bb83d51a4c/v1-cb61048dae9a264ae886/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Question Paper (Eng)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958/v1-558d489c211516dacbc1/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 Gauteng June 2024 Memo (English)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum