NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2017
EKONOMIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104/v1-e1f7a7163020ac8c5880/card.webp)

%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Economics Grade 10 National November 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics memorandum from the National November Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · National November Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- National November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 470.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
National November Exam 2017
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C globale
1.1.2 A Daar is een verskaffer of ʼn paar groot verskaffers
1.1.3 A Verbeterde tegnologie
1.1.4 B ʼn swak onderwysstelsel
1.1.5 B Onderhandel verbeterde lone en werksomstandighede
vir hulle lede
1.1.6 A ʼn Afname in die hoeveelheid arbeid gevra
1.1.7 C Doeanereg
1.1.8 C SASW (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 H ʼn instrument wat gebruik word om te bepaal watter deel
van die bevolking ekonomies aktief is
1.2.2 F verskillende kombinasies van goedere en dienste wat
ons met ʼn gegewe inkome kan koop
1.2.3 E alle ander dinge bly konstant
1.2.4 B formele aktiwiteite wat individue se vermoë om hulle
volle potensiaal te bereik, verbeter
1.2.5 I arbitreer dispute wat onopgelos gelaat is na konsiliasie
1.2.6 G verskaf ʼn basis vir transformasie in die Suid-Afrikaanse
ekonomie
1.2.7 D wanneer die regering mense wat in sosiale nood is, deur
middel van oordragbetalings subsidieer
1.2.8 C verskaf werkloosheidsyfers volgens beide nou en breë
definisies van werkloosheid (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Onverskilligheidskurwe
1.3.2 Marginale nut/Grensnut
1.3.3 Merietegoedere
1.3.4 Onder-indiensname
1.3.5 Kollektiewe bedinging
1.3.6 Wet op Vaardigheidsontwikkeling (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 3
AFDELING B
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende kortvrae:
2.1.1 Noem TWEE funksies van ʼn mark.
Bring kopers en verkopers bymekaar
Ken hulpbronne toe
Laat toe dat pryse en hoeveelhede onderhandel kan word
(Enige toepaslike antwoord) (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is volmaakte markte?
ʼn Volmaakte mark is ʼn mark waar ʼn enkele verskaffer nie die
prys kan manipuleer nie
(Enige toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Hoeveel ton koring en ton staal sal by punt B geproduseer
word?
75 ton koring
75 ton staal (2 x 1) (2)
2.2.2 Vir watter doel word die produksiemoontlikheidskurwe
gebruik?
PMK word gebruik om te bepaal of markte die goedere en
dienste kan voorsien wat verbruikers wil hê en die meeste
benodig (2)
2.2.3 Verduidelik die begrip skaarsheid.
Skaarsheid bestaan a.g.v. beperkte hulpbronne waarmee
onbeperkte behoeftes bevredig moet word
(Enige toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
2.2.4. Waarom word produksie by punt G as ondoeltreffend beskou?
Punt G word beskou as ondoeltreffend omdat …
hulpbronne ondoeltreffend aangewend word.
daar ʼn vermorsing van hulpbronne is.
(Enige toepaslike antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die ewewigsprys en –hoeveelheid.
Ewewigsprys – R6
Ewewigshoeveelheid – 60 eenhede (2)
2.3.2 Gee die Wet van Aanbod.
As die prys van ʼn goed of diens styg, sal die hoeveelheid
aangebied ook styg en as die prys daal, sal die hoeveelheid
aangebied ook daal (2)
2.3.3 Verduidelik produksiekoste as ʼn faktor wat ʼn verandering in
hoeveelheid aangebied kan veroorsaak.
As die produksiekoste toeneem, sal dit lei tot ʼn afname in die
aanbod van ʼn goed of diens
As die produksiekoste afneem, sal dit lei tot ʼn toename in die
aanbod van ʼn goed of diens (2 x 1) (2)
2.3.4 Bereken die surplus aanbod. Toon alle berekeninge.
100 - 20
= 80 eenhede (4)
2.4 Onderskei tussen nasionale en internasionale markte.
Nasionale markte – kopers is verspreid oor ʼn groot geografiese
gedeelte van ʼn land bv. JEB
In nasionale markte word aanbieders regoor die land gevind en
hulle bied dieselfde diens aan kliënte
Internasionale markte – kopers is verspreid regoor die wêreld bv.
Airbnb wat ʼn gemeenskaplike mark is vir mense van regoor die wêreld
om akkommodasie aan te bied en te bespreek
In internasionale markte word aanbieders regoor die wêreld gekry en
hulle bied dieselfde diens aan kliënte
(Enige toepaslike antwoord) (2 x 4) (8)
2.5 Wat is die kenmerke van indifferensiekurwes?
Verbruikers verkies hoër indifferensiekurwes bo laer indifferensiekurwes
omdat die vlak van bevrediging hoër is
Indifferensiekurwes het ʼn negatiewe helling, want ʼn toename in die
verbruik van een goed lei tot ʼn daling in verbruik van ʼn ander
Indifferensiekurwes kruis nooit met mekaar nie, omdat die hele kurwe van
ʼn hoër vlak van bevrediging op hoër punte sal wees as dié van die laer
kurwe
Indifferensiekurwes is konveks want die helling stel die koers voor
waarteen verbruikers bereid is om een goed vir ʼn ander goed op te
gee
(Enige toepaslike antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 5
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE–30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende kortvrae.
3.1.1 Noem enige TWEE benaderings om werkloosheid op te los.
Groei in produksie
Werkloosheidsversekering
Openbare werke programme (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Wat word bedoel met ʼn ekonomies-aktiewe bevolking?
Mense tussen 15–64 jaar wat wil werk, beskikbaar is en kan
werk (1 x 2) (2)
.
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer TWEE negatiewe uitwerkings van suikerverbruik uit
bostaande uittreksel.
Vetsug
Diabetes (2 x 1) (2)
3.2.2 Watter vakbond verteenwoordig werkers in bostaande
uittreksel?
Cosatu (2)
3.2.3 Verduidelik die uitwerking wat suikerbelasting sal hê op
indiensneming in Suid-Afrika, volgens die uittreksel.
Om die verbruik van soet drank te verminder
3.2.4 Wat sal die uitwerking van die suikerbelasting op die ekonomie
wees?
Positief
Toename in regeringsinkome
Verminderde las op die nasionale departement van
gesondheid
Daling in suikerverwante siektes
Negatief
Werksverlies
Styging in pryse van suikerverwante goedere
(Antwoord kan negatief/positief of beide wees) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Waarvoor staan die afkorting seda?
Small Enterprise Development Agency (1)
3.3.2 Watter staatsdepartement is seda 'n deel van?
DHN/ Departement van Handel en Nywerheid (1)
3.3.3 Noem enige ander TWEE instellings wat entrepreneurskap in
Suid-Afrika bevorder.
Khula Enterprise Finance
Business Partners
Industrial Development Corporation
(Enige toepaslike antwoord) (Enige 2 x 1) (2)
3.3.4 Wat is die rol of seda?
Seda bied besigheidsontwikkeling en ondersteuningsdienste vir
klein ondernemings deur sy nasionale netwerk
Seda implementeer ook programme wat gerig is op
besigheidsontwikkeling in gebiede wat deur die regering
geprioritiseer word.
(Enige relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.3.5 Hoe kan formele onderwys entrepreneurskap aanmoedig?
Entrepreneurskap kan aangemoedig word deur:
'n hoër vlak van onderwys in entrepreneuriese studies
entrepreneurskap en bestuur deel van die skoolkurrikulum te
maak
opleidingsprogramme wat op kleinsakeondernemings in VOO's
fokus aan te bied
(Enige relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen plaasvervanger en komplementêre goedere.
Plaasvervanger Komplementêre
Kan gebruik word in plaas van Goedere wat dikwels saam gebruik
ander goedere om 'n behoefte word om 'n behoefte of wil te
of 'n wil te bevredig bevredig
Wanneer die prys van een As die prys van een goed toeneem
goed toeneem, styg die vraag sal die vraag van beide goedere
na die plaasvervanger afneem
Bv. beesvleis en skaapvleis Bv. koffie en melk
(Enige relevante antwoord) (Enige 2 x 4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 7
3.5 Wat is die arbeidsregte in Suid-Afrika?
Almal het die reg op regverdige arbeidspraktyke
Elke werker het die reg om te vorm, aan te sluit en aan alle aktiwiteite
van 'n vakbond deel te neem
Elke werkgewer het die reg om te vorm, aan te sluit en deel te neem
aan alle aktiwiteite van 'n werkgewersorganisasie
Vakbonde en werkgewersorganisasies kan kollektiewe bedinging
aangaan (Any 4 x 2) (8)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORêRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1. Beantwoord die volgende kortvrae.
4.1.1 Noem TWEE soorte doeltreffendheid.
Pareto-doeltreffendheid
Tegniese doeltreffendheid
Produktiewe doeltreffendheid
Allokatiewe doeltreffendheid
(Enige toepaslike antwoord) (2 x 1) (2)
4.1.2 Wat is geleentheidskoste?
Die waarde van enige alternatief wat jy moet opgee wanneer jy
jou keuse maak
(Enige toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
[40]
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer TWEE redes, uit die uittreksel, wat gelei het tot die
vertraging van dienste in die taxibedryf.
Toegang tot finansies
ʼn Gebrek aan subsidies vir die taxi bedryf
ʼn Gebrek aan bedryfspermitte (Enige 2 x 1) (2)
4.2.2 Tot watter sektor behoort die taxibedryf?
Dienstesektor/Tersiêre sektor (2)
4.2.3 Wat is ʼn staking, soos na verwys in bostaande uittreksel?
ʼn Staking is ʼn doelbewuste weiering, deur werkers, om hulle werk
te doen
ʼn Staking is wanneer werkers ophou werk
(Enige toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
4.2.4 Hoe sal die taxistaking die ekonomie beïnvloed?
Daar sal ʼn daling in inkome vir die regering wees
Daling in produksie omdat werkers gestrand sal wees en nie
toegang tot vervoer het nie
(Enige toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Watter land het die laagste inkome-ongelykheid?
Indië (1)
4.3.2 Noem enige EEN van die BRICS-lande.
Brasilië, Rusland, Indië, China, Suid-Afrika
(Enige 1 x 1) (1)
4.3.3 Verduidelik die begrip Gini-koëffisiënt.
Gini-koëffisiënt is ʼn statistiese maatstaf wat gebruik word om te
bepaal hoe inkome versprei word tussen rykes en armes (2)
4.3.4 Wat beteken ʼn Gini-koëffisiënt van 0,63 in Suid-Afrika?
ʼn Gini-koëffisiënt van 0,63 dui op ʼn ongelyke inkome
verdeling
(Enige toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
4.3.5 Wat dink jy behoort die regering te doen om inkome-
ongelykheid te verminder?
Implementeer beleide en strategieë vir die herverdeling van inkome
Implementeer minimum lone vir huishulpe en plaaswerkers
Verskaf sosiale-sekuriteit programme
Verbeter Suid-Afrika se menslike kapitaal sodat hulle ʼn bydrae kan
maak tot ekonomiese aktiwiteite
Verbeter die kwaliteit van onderwys veral in armer gebiede
(Enige toepaslike antwoord) (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek indirekte belasting en subsidies as metodes van
openbaresektor inmenging. .
Indirekte belasting is ʼn soort belasting wat die regering hef op sekere
goedere en dienste
Dit is ʼn indirekte belasting omdat slegs mense wat belasbare goedere
en dienste koop, indirekte belasting betaal
Indirekte belasting raak die verbruiker meer as die produsent
Bv. BTW, aksyns en invoerbelasting
Subsidies is ʼn soort finansiële hulp deur die regering om die produksie
en verbruik van goedere en dienste te beïnvloed
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 9
Subsidies kan verdeel word in verbruikersubsidies wat ʼn betaling aan
die verbruiker is vir ʼn spesifieke goed of diens en ʼn produsente-
subsidie wat ʼn betaling aan die produsent is met die doel om die prys
van die produk te verlaag
Bv. subsidie help boere om voedselproduksie te verhoog
Enige toepaslike antwoord) (2 x 4) (8)
.
4.5 Verduidelik waarom, volgens jou mening, sekere groepe mense in
Suid-Afrika ekonomies gemarginaliseerd is.
Beperkte toegang tot onderwys, lae vaardigheidsvlakke en investering in
opleiding
Wydverspreide armoede onder diegene wat ʼn lae inkomste verdien
asook werkloses
Uitsonderlike vlakke van ongelykheid, hoofsaaklik gebaseer op ras en
geslag
Onvoldoende beskerming (wetlik) vir sommige wat lae lone verdien soos
plaaswerkers en huishulpe
(Enige toepaslike antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
.
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inhoud
Hoofgedeelte:
Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities /Ontleed/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik / Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte:
Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe Maks. 10
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer
kortliks
Slot
Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende behoort in te
sluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder die
herhaling van enige feite wat reeds in die inhoud genome
is. Maks. 2
ʼn Mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreekte is
Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/
ontleding versterk
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
Aanbevelings
TOTAAL: 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Markmislukking vind plaas wanneer die mark misluk om goedere en dienste te
verskaf, of te veel of te min verskaf. Dit is die hoofrede waarom regerings in die
mark inmeng.
Bespreek in detail, met behulp van grafieke, die volgende metodes van
regeringsinmenging:
Maksimum pryse
Minimum pryse (26)
Wat is die argumente ten gunste van minimum lone? (10)
INLEIDING
Regering meng in die mark in deur prysbeheer ten einde die ekonomie te
stabiliseer
Die openbare sektor of regering sluit in alle aspekte van plaaslike, streek en
nasionale regering
(Aanvaar enige toepaslike inleiding) (Maks 2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 11
INHOUD
HOOFGEDEELTE
MAKSIMUM PRYSE
Punte sal soos volg toegeken
word:
1 punt vir X-as
1 punt vir Y-as
1 punt vir benoeming van V-kurwe
1 punt vir benoeming van A-kurwe
1 punt vir ewewigspunt
1 punt vir aandui van prysplafon
(Maks 3)
Regering stel prysplafonne in om verbruikers teen prysstygings te
beskerm
In bostaande grafiek word ewewig bereik waar die vraag- en aanbodkurwe
mekaar sny
Die ewewigsprys is by P en die hoeveelheid by Q
Veronderstel die regering stel ʼn prysplafon in teen ʼn prys laer as die
ewewigsprys
Die prys word deur wetgewing verbied om te styg tot die
markprys/ewewigsprys
By die maksimum prys / prysplafon het ons nie ʼn ewewig nie omdat die
hoeveelheid aangevra hoër is as die hoeveelheid aangebied
Die regering het egter voorkom dat pryse styg en ʼn aanhoudende
surplusvraag bestaan in die mark
Die regering sal inmeng in die mark om die prys van ʼn goed of diens te
beheer deur maksimum pryse of prysplafonne daar te stel
Die maksimum prys van ʼn goed of diens word vasgestel onder die markprys
sodat arm verbruikers goedere en dienste kan bekostig
Met prysplafonne word pryse verhoed om bo ʼn sekere vlak te styg
(Sub-maks 10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
MINIMUM PRYSE
Punte sal soos volg toegeken
word:
1 punt vir X-as
1 punt vir Y-as
1 punt vir benoeming van
V-kurwe
1 punt vir benoeming van
A-kurwe
1 punt vir ewewigspunt
1 punt vir aandui van prysvloer
Regerings stel prysvloere vas ten einde te voorkom dat pryse laer as ʼn
sekere vlak daal
In bostaande grafiek word ewewig bereik waar die vraag- en aanbodkurwes
mekaar sny
Die ewewigsprys is by p* en die hoeveelheid by q*
Veronderstel die regering stel ʼn prysvloer vas teen ʼn prys hoër as die
ewewigsprys
Die prys word deur wetgewing verhoed om te daal tot die markprys /
ewewigsprys
By die minimum prys/prysvloer is daar nie ʼn ewewig nie omdat die
hoeveelheid aangebied die hoeveelheid aangevra oortref
Die regering het egter voorkom dat pryse sal daal en ʼn aanhoudende
surplusaanbod bestaan in die mark
Die regering sal inmeng in die mark om pryse te beheer van ʼn goed of diens
deur minimum pryse of prysvloere vas te stel
Deur prysvloere word pryse verhoed om onder ʼn sekere vlak te daal
(Sub-maks 10)
(Enige toepaslike feite) (Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Wat is die argumente ten gunste van minimum lone?
Regerings gebruik prysvloere om verskaffers van daardie goedere en dienste te
beskerm
Die kragte van aanbod en vraag in ʼn vryemark bepaal lone en daar is geen
waarborg dat werkers genoeg sal verdien om hulle basiese lewenskoste te dek
nie
Die regering meng in die arbeidsmark in deur minimum lone vas te stel om te
verseker dat werkers ordentlike lone verdien om hulle basiese lewenskoste te
dek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 13
Die regering doen dit om te voorkom dat werkgewers hulle werkers uitbuit deur
onaanvaarbare lae lone te betaal
Deur minimumloon-wetgewing, stel die regering ʼn minimum loon wat hoër is as
die ewewigsloon
Teen die minimum loon stel besighede minder werkers aan omdat die loon te
hoog is
Die hoeveelheid mense wat bereid is om teen die hoër lone te werk, neem
toe
ʼn Oorskot aanbod van arbeid ontstaan dan in die arbeidsmark
(Maks 10)
SLOT
Regeringsinmenging is nodig in ʼn mark om ekonomiese groei en ontwikkeling in ʼn
land te verseker
Regerings meng in om arm huishoudings te help en ook om pryse te beheer ten
einde verbruikers en produsente te beskerm teen onregverdige
prysvasstelling
(Aanvaar enige ander toepaslike slot) (Maks 2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 6: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
Die skepping van werksgeleenthede is een van die makro-ekonomiese doelwitte
van die regering.
Bespreek, in detail, die verskeie soorte werkloosheid. (26)
Watter strategieë het die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer om die
kwessie rondom werkloosheid aan te spreek? (10)
[40]
INLEIDING
Werkloosheid is ʼn situasie waarin lede van die arbeidsmag werkloos is, maar
beskikbaar en geskik is vir werk, maar nie in staat om werk te kry nie
(Aanvaar enige ander toepaslike inleiding) (Maks 2)
INHOUD
HOOFGEDEELTE
Soorte werkloosheid
1. Wrywings werkloosheid
Hierdie soort werkloosheid verwys na mense wat tussen werke is bv.
mense wat besig is om van werk te verander
Wrywingswerkloosheid verwys na korttermyn werkloosheid
Hierdie soort werkloosheid kan plaasvind onder toestande van volle
indiensname
2. Strukturele werkloosheid
Dit is die ernstigste soort werkloosheid omdat dit enige tyd kan plaasvind,
selfs as daar ʼn hoë groeikoers is
Hierdie soort werkloosheid is a.g.v. strukturele veranderinge in die
ekonomie soos vooruitgang in tegnologie
Sekere soorte werk mag oortollig raak a.g.v. veranderinge in die
ekonomie
Hierdie veranderinge mag nuwe werksgeleenthede skep en as werkers
nie kan aanpas nie, kan hulle werkloos raak
3. Sikliese werkloosheid
Hierdie soort werkloosheid hou verband met die sakesiklus en vind
plaas a.g.v. ʼn gebrekkige vraag na arbeid gedurende die afswaaifase
van die sakesiklus
Gedurende ʼn resessie is daar ʼn afname in ekonomiese aktiwiteit en
huishoudings se vraag na goedere en dienste daal en dit lei tot ʼn daling
in die vraag na arbeid
Dit word ook vraag-gebrekkige werkloosheid genoem
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 15
4. Seisoenale werkloosheid
Hierdie soort werkloosheid is algemeen in sekere sektore van die
ekonomie, soos in landbou en dienste soos toerisme, omdat hulle
seisoenale behoefte aan arbeid het
Slegs ʼn klein persentasie van mense word deur hierdie soort
werkloosheid beïnvloed
Bv. baie landbouwerkers word slegs in die lente en herfs benodig om te
plant en te oes
Gevolglik raak plaaswerkers oortollig gedurende die ander seisoene
(Enige toepaslike feite) (Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Watter strategieë het die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer om die
kwessie rondom werkloosheid aan te spreek?
Wette rakende werk in Suid-Afrika het sedert 1994 ʼn transformasie
ondergaan
Wette wat mense se vryheid ingeperk het en deelname aan die ekonomie
verhinder het, is afgestel
Die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op
Gelyke Indiensname en die Wet op Vaardigheidsontwikkeling is die mees
beduidende wette/wetgewing wat ingestel is
Hierdie wette het ʼn groot impak op werk in Suid-Afrika
Entrepreneurskapsprogramme, toelaes, vaardigheidsontwikkeling en
opleidingsprogramme is geïmplementeer ten einde mense aan te moedig om
hulself in diens te neem
Die Nasionale Jeug Agentskap wat in 2009 geloods is, is daarop gemik om
mense tussen die ouderdom van 16 en 25 van deeltydse werk te voorsien
terwyl hulle verder studeer
(Enige toepaslike feite) (Maks 10)
SLOT
Suid-Afrika se armoede word hoofsaaklik veroorsaak deur werkloosheid en die
land benodig ʼn gesofistikeerde oplossing om werkloosheidsvlakke te verlaag
(Aanvaar enige ander toepaslike slot) (Maks 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104/v1-e1f7a7163020ac8c5880/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 National November 2017 Memo
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper