Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2017
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 2
TYD: 2 ure
PUNTE: 150
14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers %20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9/v1-548f4bf6217dcade53fd/card.webp)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e/v1-b99a12155472733345e8/card.webp)
View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 QP (Afr)
Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 566.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Gauteng November 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(Vraestel 2) GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 2)
TYD: 2 ure
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
9. Gebruik slegs blou ink.
10. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING A
(VERPLIGTEND)
VRAAG 1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie keuses word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die LETTER (A – D)
langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Wat word die bevrediging van die verbruiker se behoeftes genoem
vir elke ekstra produk wat hy gebruik?
A Totale nut
B Eienaarsnut
C Prysnut
D Marginale nut
1.1.2 Alle punte binne die produksiemoontlikheidskurwe dui op …
A skaarsheid.
B keuse.
C ondoeltreffendheid.
D geleentheidskoste.
1.1.3 Markmislukkings kan gedefinieer word as ʼn situasie waar …
A die regering nie daarin slaag om ekonomiese groei te bestuur
nie.
B die mark nie die beste hulpbronallokasie verkry nie.
C subsidies nie aan produsente voorsien word nie.
D verbruikers meer keuses het op beskikbare produkte.
1.1.4 Watter instansie is die gesaghebbende liggaam wat
vaardigheidsontwikkeling in ʼn spesifieke ekonomiese sektor
reguleer word?
A SETA
B ASVA
C SAOG
D WAV
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
1.1.5 Hierdie Wet verseker dat daar ʼn gesonde werksverhouding tussen ʼn
werkgewer en ʼn werknemer in die werksplek is.
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes
B Wet op Gelyke Indiensneming
C Wet op Vaardigheidsontwikkeling
D Wet op Arbeidsverhoudinge
1.1.6 Die strome van onderwys in Suid-Afrika is soos volg, behalwe vir ...
A Volwasse Onderwys en Opleiding.
B Algemene Onderwys en Opleiding.
C Hoër Onderwys en Opleiding.
D Verdere Onderwys en Opleiding.
1.1.7 ʼn Volmaakte mark kan beskryf word as ʼn groep produsente wat …
A gedifferensieerde produkte verkoop.
B hulle produk teen verskillende pryse verkoop.
C min of geen toetredingsversperrings het nie.
D onvolledige inligting oor kopers het.
1.1.8 Die arbeidsopnamekoers word omskryf as …
A die aantal werklose mense uitgedruk as ʼn persentasie van die
arbeidsmag.
B die persentasie van die bevolking van werkende ouderdom wat
werk het.
C die aantal mense in die land se totale arbeidsmag.
D die aantal ekonomies aktiewe mense in die arbeidsmark.
(8x2) (16)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
1.2 PASITEMS
Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf die
LETTER (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K.
KOLOM A KOLOM B
A Die hoeveelheid van ʼn produk of diens
1.2.1 Vraagkurwe wat verbruikers bereid en bevoeg is om
binne ʼn gegewe tydperk te koop.
1.2.2 Indifferensiekurwe
B Bring partye bymekaar en oorreed hulle
1.2.3 Belasting op om oor ʼn sekere aksie saam te stem.
toegevoegde waarde
C Dui die verhouding tussen die
1.2.4 Vraag produkprys en -hoeveelheid gevra aan.
1.2.5 Onder-indiensneming D Mense met hoë vaardigheidsvlakke, wat
in poste met lae lone, aangestel is.
1.2.6 Versoening
E ʼn Program wat deur die Suid-Afrikaanse
1.2.7 Swart Ekonomiese owerheid ingestel is om die
Bemagtiging ongelykhede van Apartheid te herstel
deur ekonomiese geleenthede vir
1.2.8 Welsyn voorheen benadeelde groepe in Suid-
Afrika, wat vroeër nie beskikbaar was
nie, te voorsien.
F ʼn Diagram wat die kombinasies van
twee produkte aandui wat gelyke vlakke
van bevrediging aan die verbruiker sal
verskaf, indien alle hulpbronne
doeltreffend gebruik is.
G ʼn Algemene binnelandse belasting wat
feitlik op alle produkte betaal word.
H Die regering ondersteun hierdie
doelwitte om die lewenstandaard van
van alle burgers tot op ʼn sekere
minimumvlak te verhoog.
I Produkte wat saam met ander produkte
gebruik word.
(8x1) (8)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
1.3 TERMINOLOGIE
Gee EEN woord vir elkeen van die volgende omskrywings. Skryf slegs die
term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) neer.
1.3.1 ʼn Mark met ʼn paar verskaffers wat soortgelyke of identiese produkte
produseer.
1.3.2 Die kurwe wat alle moontlike produksiekombinasies illustreer in ʼn
gemeenskap met ʼn beperkte hoeveelheid hulpbronne.
1.3.3 Die hoogste moontlike prys waarteen ʼn produsent sy produkte kan
verkoop.
1.3.4 ʼn Regeringstelsel wat werkers wat afgelê is beskerm.
1.3.5 Wanneer die totale arbeidsaanbod die totale arbeidsvraag oorskry. 1.3.6
1.3.7 Goedere of dienste wat deur die regering, vir die gebruik deur die 1.3.8
gemeenskap, voorsien word.
(6x1) (6)
TOTAAL AFDELING A: [30]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van die indifferensiekurwe. (2x1) (2)
2.1.2 Hoe kan verbruikers voordeel kry uit produksiesubsidies? (1x2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: www.google.co.za]
2.2.1 Wat is die boodskap van die spotprent hierbo? (1)
2.2.2 Watter tipe onvolmaakte mark word deur die spotprent uitgebeeld? (1)
2.2.3 Noem een ander tipe onvolmaakte mark, behalwe die een wat in die
spotprent hierbo uitgebeeld word en gee ʼn voorbeeld van hierdie
mark. (2)
2.2.4 Watter gunstige toestand kan die markstruktuur hierbo geniet? (2)
2.2.5 Wat sou van die markstruktuur vereis word, om ʼn volmaakte mark te
wees? (4)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
2.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Me Dube is in beheer van die Dube huishouding se inkomste-besteding.
Sy moet besluit hoeveel op voedsel en klere spandeer mag word. Tydens
ʼn onderhoud het sy gesê die volgende kombinasies klere en kos sal vir die
familie dieselfde hoeveelheid bevrediging gee.
INKOMSTE-BESTEDING DEUR ME DUBE
KLERE KOS
15 10
10 14
5 20
4 30
2.3.1 Volgens die inligting uit bogenoemde tabel, hoeveel kospakkies sal
die huishouding kan koop indien hulle 10 stelle klere koop? (1)
2.3.2 Hoeveel stelle klere sal die huishouding moet prysgee, indien hulle
uitgawes van 5 na 10 kospakkies verhoog word? (1)
2.3.3 Wat word deur die punte onder die indifferensiekurwe aangedui? (2)
2.3.4 Hoe kan die indifferensiekurwe produsente se keuses in ʼn
gemengde ekonomie beïnvloed? (2)
2.3.5 Gebruik die inligting in die bostaande tabel en teken die
indifferensiekurwe vir die Dube-huishouding se besteding. (4)
2.4 Onderskei tussen ʼn verskuiwing van die vraagkurwe en ʼn beweging op
die vraagkurwe. (2x4) (8)
2.5 Minimumlone is ʼn goeie voorbeeld van vloerpryse. Ontleed hoe
minimumlone tot groter werkloosheid kan bydra. (8)
[40]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
VRAAG 3 KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
(2x1) (2)
3.1.2 Hoe sal ʼn oorskot arbeid, lone en salarisse vir arbeid as ʼn
produksiefaktor beïnvloed? (1x2) (2)
3.2 Bestudeer die volgende prentjies en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: www.google.co.za]
3.2.1 Behalwe COSATU, gee enige ander voorbeeld van ʼn vakbond uit die
bostaande prentjies. (1)
3.2.2 Wat is die doel van ʼn vakbond? (1)
3.2.3 Gee ʼn kort omskrywing van die term vakbond. (2)
3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes aan werkers. (2)
3.2.5 Beskryf kortliks enige werknemersregte in Suid-Afrika. (4)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
3.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Regering bekommerd oor die hoë werkloosheidskoers
24 Februarie 2015 om 09:25.
Die regering is bekommerd oor die feit dat uit ʼn bevolking van ongeveer 50
miljoen mense in Suid-Afrika, net 13.1 miljoen mense in diens geneem is en
net twee uit vyf persone, van werkende ouderdom, ʼn werk het. Terselfdertyd
is 15 miljoen mense afhanklik van een of ander vorm van welsynsvoordele.
Die regering moet 18 miljoen werksgeleenthede skep om die gemiddelde
opkomende markteiken van 56 persent te bereik.
[Bron: http://www.op;.co.za/business/budget/govt-concerned-by-high-unemployment-]
3.3.1 Hoeveel mense is volgens die uittreksel, in diens geneem in Suid-
Afrika gedurende Februarie 2015? (1)
3.3.2 Hoekom moet die regering bekommerd wees oor die hoë
werkloosheidskoers in die land? (1)
3.3.3 Omskryf kortliks die konsep werkloosheid. (2)
3.3.4 Verskaf ʼn rede hoekom Suid-Afrika se werkloosheidskoers so hoog
is. (2)
3.3.5 Werkloosheid het ʼn negatiewe invloed op individue. Bespreek enige
TWEE sosiale kostes van werkloosheid. (4)
3.4 Verduidelik die doel en algemene funksies van werkplekforums. (4x2) (8)
3.5 Bespreek hoe meganisasie die vraag na arbeid kan beïnvloed. Maak
gebruik van ʼn goed benoemde grafiek om jou antwoord te ondersteun. (8)
[40]
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 11
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat aanbod beïnvloed. (2x1) (2)
4.1.2 Hoe dra Swart Ekonomiese Bemagtiging by tot die herstel van die
voorheen benadeelde Suid-Afrikaners? (1x2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Die invloed van eenheidsbelasting op die sigaretmark
90
V A1
80
70 A
Belasting (Rand
Eenhheidsprys (Rands)
)
60
50
40
30
20 A1
10 A V
0
0 5 10 15 20 25 30 35 40 45
Hoeveelheid
Hoeveelheid sigarette
in eenhede (duisende)
4.2.1 Bepaal die ewewigsprys vir sigarette voor die instelling van
eenheidsbelasting. (1)
4.2.2 Wat is die nuwe ewewigsprys nadat die R10,00 belasting ingestel is? (1)
4.2.3 Verduidelik wat die invloed van eenheidsbelasting op die prys en die
hoeveelheid vraag en aanbod van sigarette is. (2)
4.2.4. Verduidelik kortliks die term ewewigshoeveelheid. (2)
4.2.5 Gee ʼn verduideliking waarom die regering altyd verseker dat daar ʼn
styging in sondebelasting is. (4)
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 12
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
4.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Tabel 6 dui skattings vir sekere aanwysers aan. Die hoogste geskatte
sterftesyfer was in 2006. Die MIV/VIGS verwante sterftes het
stelselmatig afgeneem vanaf 2006 van 325 241 tot 150 759 in 2016.
Toegang tot anti-retrovirale behandeling het die historiese mortaliteits-
patroon verander. Anti-retrovirale behandeling het die
lewensverwagting van baie Suid-Afrikaners verhoog, wat andersins
vroeër sou gesterf het, soos gesien in die afname van MIV/VIGS
sterftes na 2005.
Tabel 6:
Geboorte- en sterftesyfers vir die tydperk 2009 – 2016
Aantal VIGS Persentasie
Aantal Aantal verwante Vigs
Jaar geboortes sterftes sterftes sterftes
2009 1 221 737 636 926 266 591 41.9
2010 1 216 150 628 915 256 625 40.8
2011 1 207 511 600 085 225 901 37.6
2012 1 210 987 562 184 185 558 33.0
2013 1 212 947 541 413 161 986 29.9
2014 1 213 213 537 579 155 063 28.8
2015 1 212 055 537 313 151 748 28.2
2016 1 198 861 539 714 150 759 27.9
[Bron: Statistiek Suid-Afrika-2016]
4.3.1 Volgens bogenoemde inligting, in watter jaar het die grootste aantal
VIGS-verwante sterftes plaasgevind? (1)
4.3.2 Wat kan ʼn moontlike rede vir die afname in VIGS-verwante sterftes
wees? (1)
4.3.3 Verduidelik kortliks die term Ekonomies Aktiewe Bevolking. (2)
4.3.4 Hoe kan besighede ʼn bydrae maak tot die vermindering in VIGS-
verwante sterftes? (2)
4.3.5 Wat sal die invloed van hierdie afname in sterftes op produksie in
arbeidsintensiewe ondernemings wees? (4)
4.4 Onderskei tussen seisoenale en strukturele werkloosheid. (2x4) (8)
4.5 Onderskei tussen produktiewe en geallokeerde ondoeltreffendhede. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 13
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in hierdie
afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde antwoord.
ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met die vraag
Maks. 2
te bepaal
Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie
Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie
Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek
Inhoud
Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek / Maks. 26
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Verduidelik
Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek
en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Maks. 10
Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor
Gevolgtrekking
Enige hoër orde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite
te herhaal.
Maks. 2
Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite.
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
versterk
ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
Aanbevelings.
TOTAAL 40
b.o
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 14
(VRAESTEL 2) GRAAD 10
VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
“Sommige markte het baie spesifieke eienskappe”.
Eskom het die posisie van ʼn “GROOT MONOPOLIE” vir ʼn lang tydperk beklee.
Klein besighede sê dit is baie moeilik om, met die hoë elektrisiteitspryse, wins te
toon.
Bespreek die eienskappe / voorwaardes vir ʼn monopolie in detail. (26)
Waarom is markte so belangrik in ʼn land? (10)
[40]
VRAAG 6 KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 35 MINUTE
Suid-Afrika se transformasie na ʼn demokrasie gedurende 1994 het tot ernstige
pogings gelei ten opsigte van die totale verandering in die lewens van gewone
Suid-Afrikaners.
Bespreek die owerheid se pogings om regstelling aan te spreek sedert 1994.
(26)
Omskryf die opleidingsprogramme wat deur die regering ingestel is om
mense se lewens te verander. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082/v1-90e33af8c8769c807ea7/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766/v1-aa6eae9f1e45cdbced3a/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9/v1-548f4bf6217dcade53fd/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e/v1-b99a12155472733345e8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2016 QP (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum