Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 10201718 pages

Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2017 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 1 NASIENRIGLYNE 18 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 1) AFDELING A: VERPLIGTEND VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A beperkte middele  1.1.2 C skaarsheid  1.1.3 D huishoudings  1.1.4 B leidende aanwyser  1.1.5 D selfversorgend  1.1.6 A Khoisan 1.1.7 C geldeenheid  1.1.8 A lone  (8x2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 I Dit het te doen met ons kwaliteit van lewe, armoede en rykdom. 1.2.2 A Grondstowwe of natuurlike hulpbronne word ontgin, gekweek en geoes.  1.2.3 H Is die verskil tussen inkomste en besteding.  1.2.4 G ʼn Tydperk waar daar ʼn afname in ekonomiese aktiwiteite en voorspoed is. 1.2.5 B Die bedrag geld wat aangebied of gevra word vir iets wat gekoop of verkoop word. 1.2.6 C ʼn Faktor wat ekonomiese ontwikkeling gedurende die vroeë stadiums van ontwikkeling bemoeilik het. 1.2.7 E Enige-iets wat as betaalmiddel vir goedere en dienste aanvaar word of as ʼn vorm van welvaart opberging. 1.2.8 D Die beweging van mense oor grense om hulself op ʼn ander plek te vestig. (8x1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Makro-Ekonomie 1.3.2 Huishoudings 1.3.3 Ruil /ruilhandel  1.3.4 Vervaardiging / sekondêre  1.3.5 Banke 1.3.6 Werkloses  (6x1) (6) TOTAAL AFDELING A: [30] 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE produksiefaktore vir ʼn besigheid.  Grond / natuurlike hulpbronne  Arbeid   Kapitaal   Entrepreneurskap (Enige 2x1) (2) 2.1.2 Waarom gebruik ekonome modelle in die studie van Ekonomie?  Verklaar of begryp hoe die verwantskap tussen verskillende aspekte werk   Voorspel wat sal gebeur wanneer of indien iets verander   Gevolgtrekkings maak wat in ekonomiese beleid ontwikkel kan word  (Enige 1x2) (2) 2.2 Data respons 2.2.1 Noem enige ENIGE hoofdeelnemer in die ekonomiese kringloop.  Ondernemings   Huishoudings   Regering   Finansiële instellings   Buitelandse sektor  (1) 2.2.2 Is dit ʼn oop of geslote ekonomie wat in die bostaande diagram uitgebeeld word?  Geslote ekonomie  (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die term markte in die ekonomiese kringloop.  ʼn Mark is ʼn plek waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om goedere en dienste te ruil  (2) 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 2.2.4 Waarom is dit belangrik dat die regering en ander Suid-Afrikaners plaaslike produkte koop?  Plaaslike produsente sal kopers vir hulle produkte hê en sodoende ʼn inkomste verdien wat weer gebruik word om meer goedere en dienste te produseer wat tot ekonomiese groei sal lei.  (2) 2.2.5 Onderskei kortliks tussen BBP en BNI  Bruto binnelandse produk – Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die grense van ʼn land vir ʼn sekere tydperk bv. een jaar geproduseer is.   Bruto nasionale inkomste – Die totale vergoeding wat aan die eienaars van die produksiefaktore, wat deel het in die produksieproses binne ʼn gegewe tydperk gewoonlik ʼn jaar, betaal word. (4) 2.3 Data respons 2.3.1 Stel vas hoeveel uitgegee is op buitelandse goedere. R3 700  (2x1) (2) 2.3.2 Gee die vergelyking wat gebruik word om die BBP te bereken in ʼn oop ekonomie, deur gebruik te maak van die uitgawemetode. BBP = C + I + G + (X-M)  (2) 2.3.3 Verduidelik die situasie waar die ekonomie in ewewig is. Lekkasies = Inspuitings  (2) 2.3.4 Bereken die totale lekkasies in die bostaande scenario. Toon ALLE berekenings L=S+T+M = R4 000 + R5 000  + R3 700  = R12 700  (4) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 2.4 Onderskei tussen ekonomiese goedere en vry goedere. Vry goedere Ekonomiese goedere  In onbeperkte hoeveelhede beskikbaar  In beperkte hoeveelhede beskikbaar, bv, sonlig en lug  gewoonlik nie genoeg om in die vraag  Behaal nie ʼn prys nie – niemand wil te voorsien nie bv, olie en daarvoor betaal nie  steenkool   Het nut maar nie ruilwaarde nie   Behaal ʼn prys – verbruikers moet  Die aanbod oorskry menslike daarvoor betaal  kapitaal  Het nut en ruilwaarde – om voorraad  Die besit en gebruik van vry goedere op te berg bevoordeel die eienaar bepaal nie hoe ryk die mens is nie   Aanbod kan beheer word  Die voorspoed van mense (hoe ryk hulle is) word gemeet in terme van die hoeveelheid ekonomiese goedere wat hulle besit  (2x4) (8) 2.5 Wat is die verband tussen positiewe stellings en normatiewe stellings? Positiewe stellings  Hierdie stellings beskryf feite sonder om enige waarde-oordeel daaroor uit te spreek of die feite goed of sleg is   Positiewe stellings stel die feite   ʼn Voorbeeld van ʼn positiewe stelling: die Sokker wêreldbekertoernooi is in 2010 in Suid-Afrika gehou  Normatiewe stellings  Dit sluit waardeoordele of menings van ekonome in   Hierdie stellings kan nie bewys word nie   Normatiewe stellings kyk na ekonomiese gedrag en beoordeel die volgende:  Is die gedrag goed of sleg?   Kan die gedrag bewys word?   Voorbeelde – die regering moenie arm mense belas nie  die Suid-Arikaanse inflasiekoers is te hoog  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (8) [40] 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE bankinstellings in Suid-Afrika.  Eerste Nasionale Bank (FNB)   Standard bank   Capitec   Nedbank   ABSA bank  (Enige 2x1) (2) 3.1.2 Hoe kan ʼn toename in inkomste lei tot die uitbreiding van nywerhede?  ʼn Verhoging in inkomste lei tot die uitbreiding van ekonomiese aktiwiteite, omdat beter betalings aan fabriekswerkers, beide vraag en aanbod van goedere en dienste verhoog, wat lei tot ʼn verhoging in die BBP wat dan ekonomiese groei tot gevolg het.  (1x2) (2) 3.2 Data respons 3.2.1 Verduidelik kortliks die term stedelike migrasie / verstedeliking.  Dit is die beweging van mense van landelike gebiede na stedelike gebiede. (1) 3.2.2 Wat kan ʼn rede wees vir hierdie migrasie?  Hulle is moontlik op soek na beter ekonomiese geleenthede/ beter lewensbestaan soos werksgeleenthede,onderwys (opsoek na groener weivelde ). (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (1) 3.2.3 Verduidelik kortliks hoe die apartheidsbeleid die verstedelikingskoers in Suid-Afrika beïnvloed het.  Apartheid het verstedeliking vertraag omdat die paswette die instroming van mense beheer het, werkers was gedwing om terug te keer na hulle tuislande en is nie toegelaat om in die stede te bly nie dus het die bevolking in die stede stadig gegroei. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 3.2.4 Hoekom is die snelgroeiende verstedeliking ʼn probleem, veral vir die regering?  Verstedeliking lei tot digbevolkte nedersettings / krotbuurte veroorsaak ʼn groot vraag na behuising en infrastruktuur soos grond, paaie en gesondheidsklinieke.  Onbeheerde verstedeliking lei tot diensleweringsprobleme, waar die vraag na water, elektrisiteit en ander dienste groot druk op die regering plaas.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 3.2.5 Verduidelik die verhouding tussen verstedeliking en industrialisasie.  Die groei in die bevolking in stede verhoog die arbeid wat nodig is in fabrieke.  Huise moet gebou word vir die groeiende bevolking in die stede.  Innovasie en entrepreneurskap verhoog in dieselfde verhouding as wat die stedelike bevolking groei, wat weer tot verhoogde industrialisasie lei. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x2) (4) 3.3 Data respons 3.3.1 Volgens die tabel, watter onderwysvlak het die hoogste persentasie werkloosheid?  Onvoltooide sekondêre skoolonderrig  (1) 3.3.2 Verduidelik kortliks die term arbeid.  Arbeid is die fisiese en verstandelike inspanning van werkers in die produksieproses.  Huishoudings voorsien arbeid aan besighede wat dit benodig. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 3.3.3 Hoe kan ʼn land bevoordeel word deur ʼn groeiende bevolking?  Die arbeidsmag sal produksie van goedere en dienste verhoog, dus sal die reële BBP ook verhoog.  Die verhoging in BBP lei tot ekonomiese groei wat dan tot ekonomiese ontwikkeling en beter lewenstandaarde lei. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 3.3.4 Verduidelik die verband tussen ʼn gebrek aan onderwys en werkloosheid.  Mense met ʼn gebrek aan onderwys het normaalweg nie die kwalifikasies en vaardighede om ʼn sekere werk te kan doen nie en vind dit moeilik om ʼn werk te kry en bly dus dan werkloos.  (2) 3.3.5 Volgens jou mening, watter oplossings kan daar vir werkloosheid wees?  Vaardigheidsontwikkeling moet beklemtoon word tydens indiensopleiding van werkers en werkloses moet leerderskappe ontvang.  Kleinsake-ontwikkeling moet voorkeur geniet deur die befondsing van klein swart ondernemimgs want dit moedig self-indiensneming aan.   Werkers moet aangemoedig word om op gebiede, wat nog nie ten volle ontgin is nie, te waag, bv wetenskap en tegnologie waar daar nog geleenthede bestaan.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x2) (4) 3.4 Hoe kan industrialisasie tot die ontwikkeling van vervoer en kommunikasie netwerke lei? Vervoer  Spoorlyne word gebou sodat besighede grondstowwe kan vervoer.  Padnetwerke word uitgebrei en verbeter sodat nywerhede dit kan gebruik.   Groot hoeveelhede goedere kan in korter tye vervoer en afgelewer word deur die vervoernetwerke te gebruik.  Hawens word gebou om in- en uitvoere moontlik te maak . Kommunikasie  Verbeterde kommunikasie-netwerke lei tot verbeterde verspreiding van inligting.  Besighede ontwikkel kommunikasie sodat hulle verbruikers maklik kan kontak vir verkope.  Invoer- en uitvoerbesighede floreer as gevolg van uitgebreide internasionale kommunikasiestelsels.  Internet- en selfoonbanke vergemaklik die oordrag van geld. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 4x2) (8) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 3.5 Bespreek die Demografiese siklus met behulp van ʼn diagram. DEMOGRAFIESE SIKLUS Bevolkingsgroeikoers √√ A B √ C D E Opskrif = 1 punt Vorm van die grafiek = 2 punt Skeiding van fases = 1 punt Benoeming van grafiek = 1 punt Maximum = 4marks  Natuurlike bevolkingsaanwas uitgedruk as ʼn Natuurlike groeikoers.   Die natuurlike groeikoers van enige bevolking wys ʼn langtermyn sikliese patroon.   Hierdie sikliese patroon staan bekend as die bevolkingsiklus of demografiese siklus .  Gedurende fase A is die bevolkingsgroei laag.   Gedurende fase B vergroot die bevolking vinnig as gevolg van ʼn verhoging in die groeikoers.   Gedurende fase C is die bevolkingsgroei maksimaal. Dit kan toegeskryf word aan ʼn verhoging in die lewenstandaard  (Enige 4x2) (8) [40] 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE vrae wat ekonome poog om te antwoord.  Wat om te produseer?   Hoe om te produseer?   Vir wie om te produseer?  (Enige 2x1) (2) 4.1.2 Hoekom vorder die regering belasting van besighede en huishoudings in?  Regerings vorder belasting in sodat hulle ʼn inkomste kan verkry wat hulle dan gebruik om publieke goedere en dienste aan armes te voorsien as ʼn manier om inkomste en rykdom te herverdeel.  (2) 4.2 Data respons 4.2.1 Volgens die leesstuk, watter maatstaf word deur ekonome gebruik om groei vooruitskattings te maak?  BBP  (1) 4.2.2 Wat voorspel die tesourie gaan die gekonsolideerde begrotingstekort vir 2019/20 wees?  -2.6% van die BBP  (1) 4.2.3 Onder watter Ekonomiese vertakking sal die begroting geklassifiseer word?  Makro-ekonomie  (2) 4.2.4 Haal een positiewe en een normatiewe stelling in die uittreksel aan.  Positiewe stelling - Daar was geen verrassings in die 2017 begroting, in vergelyking met vorige begrotingsverwagtinge, gewees nie.   Normatiewe stelling - dat daar verwag word dat owerheidsinkomste, nie-rente uitgawes op die hoofbegroting teen 2018/2019 gaan oorskry.  10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 4.2.5 Onderskei tussen ʼn bevelstelsel en ʼn tradisionele ekonomie.  ʼn Bevelstelsel is waar die regering bepaal vir wie geproduseer word en hoe geproduseer word, omdat die meeste produksiefaktore deur die staat besit word.   ʼn Tradisionele ekonomie is waar die hiërargie in die gemeenskap bepaal hoe die hulpbronne toegedeel word, byvoorbeeld die hoofman of die koning bepaal hoe die grond bewerk moet word om goedere en dienste te produseer.  (2x2) (4) 4.3 Data respons 4.3.1 Watter boodskap word in die bostaande prentjie uitgebeeld?  Mynbou- en konstruksiemaatskappye gebruik groot en duur masjinerie  (1) 4.3.2 Waar in Suid-Afrika is diamante ontdek?  Kimberley-omgewing (1) 4.3.3 Watter faktore het die ontwikkeling van mynbou-aktiwiteite in Suid-Afrika bemoeilik?  Mynbou-toerusting moes ingevoer word.   Daar was ʼn gebrek aan infrastruktuur soos vervoer, water en krag in mynbou gebiede.   Dit was moeilik om diepskag-prosesse uit te voer.   Die aanvangskapitaal van mynbou is baie hoog bv, die aankoop van toerusting is duur. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2) 4.3.4 Verduidelik kortliks die verband tussen koopkrag van die bevolking en ekonomiese groei.  Indien die koopkrag van verbruikers hoog is, sal hulle meer goedere en dienste vra. Dus sal besighede meer goedere en dienste moet produseer wat die BBP verhoog en dit lei tot ekonomiese groei.  (2) 11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 4.3.5 Verduidelik die gevolge van die mynbou industrie in die ontwikkeling van Suid-Afrika.  Baie mense het na die stede toe getrek en so het die stedelike bevolking gegroei.   Infrastruktuur soos paaie en watervoorsiening het vinnig ontwikkel.   Regeringsinkomste verhoog omdat baie myne ontwikkel.  (2x2) (4) 4.4 Onderskei tussen lekkasies en inspuitings in die ekonomiese kringloop Lekkasies  Dit ontstaan wanneer geld tussen die verskillende deelnemers in die ekonomie die ekonomiese kringloop verlaat.   Lekkasies verminder die geld wat beskikbaar is in die ekonomie.   Spaargeld, belasting en invoerbetalings is voorbeelde van lekkasies.  Inspuitings  Dit ontstaan wanneer geld tussen die verskillende deelnemers in die ekonomie in die ekonomiese kringloop inkom.   Inspuitings verhoog die geld in sirkulasie in die ekonomiese kringloop.   Uitvoerontvangste, investeringsinkomste en owerheidsbesteding is voorbeelde van inspuitings.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x4) (8) 4.5 Hoe beïnvloed MIV/VIGS die arbeidsmag in Suid-Afrika?  Siek werkers is baie afwesig van die werk   Werkers wat siek is, is nie so produktief soos gesonde werkers nie.  Werkers diskrimineer teen siek werkers by die werksplek, dus voel hulle dan vervreemd.   Die arbeidsmag word grootliks verklein wanneer vaardige en ervare werkers verlore raak en sterf as gevolg van MIV/VIGS.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde antwoord.  ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met Maks. 2 die vraag te bepaal.  Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie  Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie  Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek Inhoud: Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek/ Maks 26 Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer/ Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik Maks 10 die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor Gevolgtrekking Enige hoërorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite te herhaal. Maks 2  Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite.  Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te versterk.  ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.  Aanbevelings. TOTAAL 40 13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE Ekonome het gevind dat daar min of meer ʼn deurlopende patroon is waarin die ekonomie groei.  Gee ʼn volledige bespreking van die fases van sakesiklusse. (26)  Beklemtoon die invloed wat sakesiklusse op die ekonomie het. (10) [40] INLEIDING  Sakesiklusse is afwisselende periodes van uitbreiding en inkrimping van ekonomiese aktiwiteite oor ʼn sekere tydperk gewoonlik ʼn jaar. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (maks 2) INHOUD HOOFDEEL Voorspoedfase   Dit is ʼn tydperk waar algemene optimisme heers en verbruiksbesteding toeneem.  Uitset en ekonomiese aktiwiteite verhoog en entrepreneurs brei hulle besighede uit, meer mense word in diens geneem en nuwe toerusting word aangekoop.  Pryse van goedere en dienste, lone en winste styg ook.  Verbruikersvraag verhoog wat produksie stimuleer en die vraag na grondstowwe verhoog.  Dit word ook die ekonomiese bloeitydperk genoem.  Mense spandeer vrylik deur al die beskikbare krediet te gebruik.  Inflasie begin toeneem en die sentrale bank verhoog rentekoerse sodat die vraag na verbruikerskrediet kan afneem.  Die verhoging in inflasie en rentekoerse veroorsaak ʼn geleidelike afname in verbruiks- en beleggingsbesteding.  Die bloeitydperk is uiteindelik verby. 14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 Resessiefase   Besighede verminder produksie soos wat verbruiksbesteding afneem .  Sekere besighede begin om werkers af te lê en produseer dus minder.  Dit veroorsaak dat die afswaai-fase nog verder daal.  Dit maak dit moeilik vir verbruikers en besighede om hulle skuld terug te betaal.  Werkloosheid verhoog omdat besighede sukkel om die daling in vraag te oorleef, veral besighede wat duursame produkte en kapitaaltoerusting vervaardig.  Dit was veral voor die hand liggend in die daling van nuwe motorverkope tydens die resessie van 2007 – 2009 in Suid-Afrika.  Depressiefase   Indien die uitset vir meer as ʼn jaar aanhoudend daal sê ons die ekonomie is in ʼn depressie en dit is ʼn tydperk waar algemene pessimisme heers.  Daar is wydverspreide werkloosheid soos wat winste afneem, besighede verminder produksie en baie ander besighede moet sluit.  Huishoudings is nie in staat om hulle skuld te betaal nie en huise, motors en meubels word deur banke teruggeneem.  Baie mense probeer om vir hulleself in die informele sektor werk te skep.  Die inflasiekoers neem af as besighede laer pryse vir produkte vra om daardeur verkope te stimuleer.  Die sentrale bank gaan steeds voort om rentekoerse af te bring om sodoende verbruiksbesteding en besteding deur ondernemings aan te moedig. Herstelfase   Uiteindelik sal huishoudings en besighede begin om uitgeputte kapitaal en verbruiksgoedere te vervang en die ekonomie begin stadig herstel.  Besighede trek voordeel uit die lae rentekoerse en koop meer toerusting en produksie verhoog.  Die regering kan belasting verminder en owerheidsbesteding verhoog om daardeur ʼn verhoogde vraag na die land se uitsette aan te moedig.  Werkskepping verhoog, inkomstes neem toe en verbruikersvraag tel op. 15
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10  Pryse en rentekoerse bly laag en dit moedig verbruikers aan om meer te spandeer.  Soos wat die ekonomie nader aan die voorspoedfase beweeg onstaan daar geleidelik weer ʼn gevoel van optimisme. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (maks 26) (Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, sub-opskrifte of voorbeelde) ADDISIONELE DEEL  Gemiddelde aanbod verhoog gedurende die boom en daal gedurende resessie terwyl die gemiddelde aanbod ook tussen die fases sal verander.  Ekonomiese groei verhoog gedurende die uitbreidingsperiode en neem af tydens ʼn resessiefase.  Werkskepping verhoog gedurende die opswaaifase en verlaag gedurende die afswaaifase.   Pryse styg namate die ekonomie uitbrei, en verlaag soos wat die ekonomie weer afneem omdat besighede bewus is van die koopkrag van verbruikers.  Wisselkoerse verbeter namate die ekonomie groei, en verswak wanneer die ekonomie stagneer. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (maks 10) GEVOLGTREKKING Die lengte van ʼn sakesiklus kan oor tyd verander en dit word in jare bepaal. Suid-Afrika se sakesiklus het sedert die eerste demokratiese verkiesing gedurende 1994 baie langer geduur. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (maks 2) [40] 16
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES Aan die begin van 2010 het vier hoofbankgroepe die Suid-Afrikaanse bankwese gedomineer. Hulle was ABSA, Eerste Nasionale Bank, (ENB) Nedcor, en Standard Bank.  Bespreek volledig wat die rol en funksies van Handelsbanke in die ontwikkeling van die ekonomie in Suid-Afrika was. (26)  Gee ʼn kritiese evaluering van die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank (SARB) in ons land (10) [40] INLEIDING  Die moderne bankwese word deur die voortdurende verbetering van die funksies gekenmerk.  Banke het tot die ontwikkeling van die wêreldwye ekonomie bygedra.  Hoogs ekonomies-ontwikkelde lande bestaan vandag as gevolg van die goed ontwikkelde infrastruktuur in die bankwese.  Banke is die skakel na alle ekonomiese aktiwiteite. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (maks 2) INHOUD HOOFDEEL  Banke is die tussenganger wat uitleners (deposante) en leners van geld bymekaar bring.  Banke is die veilige bewaarders van geld.  Banke voorsien fasiliteite waar mense geld veilig kan stoor.  Banke ontvang en stoor deposito’s waarop rente betaal word.  Hulle hou buitelandse valuta reserwes.  Betalings kan van een bankrekening na ʼn ander bankrekening oorgedra word.  Hulle leen geld uit in die vorm van oortrokke bankrekeninge en lenings en die bank dra die risiko. 17
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10  Banke kry wins uit twee bronne naamlik: verdien rente op lenings en oortrokke bankrekeninge.  Hulle hef bankkoste op dienste gelewer aan kliënte.  Banke dra by tot ekonomiese groei deur doeltreffende hulpbron-allokasie.  Hulle help met nuwe besigheidsrisiko’s deur geld aan entrepreneurs te leen.  Banke leen geld aan besighede wat wil uitbrei.  Verhoog die lewenstandaard van mense deur lenings aan mense te gee wat bates wil koop soos bv. huise.  Hulle spreek die gemeenskap se sosio-ekonomiese kwessies aan deur finansiële onderrig te voorsien.  Banke staan studielenings toe en gee so geleenthede aan mense om verdere onderwys en opleiding te verkry.  Banke verhoog die moontlikhede vir beter geleenthede deur beurse en lenings te voorsien.  Banke is betrokke by gemeenskapsprojekte bv. sport en kuns ens. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (maks 26) ADDISIONELE DEEL:  Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is ʼn sentrale bank wat die aktiwiteite van ander banke beheer.  Dit was in 1920 deur die Geld en Bankwet gestig.  Dit het die alleenreg om banknote en munte uit te reik.  Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die bankier vir ander banke. Ander banke leen geld by die Suid-Afrikaanse Reserwebank.  Dit is ook ʼn staatsbank omdat dit die monetêre beleid opstel.  Die Suid- Afrikaanse Reserwebank is die bewaarder van goud en buitelandse reserwes.  Die Finansiële Diensteraad hou toesig oor finansiële instansies soos versekerings – en beleggingsmaatskappye. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (maks 10) GEVOLGTREKKING  Sonder bankwese sou daar nie vandag enige ekonomiese ontwikkeling gewees het nie.  Deur sekere aktiwiteite soos internetbank het ons nou toegang tot globalisering.  Lande dryf internasionaal handel omdat banke die koper en verkoper bymekaar bring. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (maks 2) [40] TOTAAL: 150 18

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all