Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 10202317 pages

Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2023 GRAAD 10 NASIENRIGLYNE EKONOMIE (VRAESTEL 1) 17 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 D insette  1.1.2 B ekonomiese goedere  1.1.3 C produkte  1.1.4 A Bankwese  1.1.5 B sloerende  (5 x 2) (10) 1.2 PASITEMS 1.2.1 F ʼn Tak van Ekonomie wat die handel en finansies tussen lande regoor die wêreld bestudeer  1.2.2 E Wanneer ʼn produk of diens beskikbaar is, maar jy nie die hulpbronne het om dit te bekom nie  1.2.3 G Die beweging van goedere en dienste en produksiefaktore onder die deelnemers aan die ekonomie  1.2.4 A Wanneer ʼn besigheid fokus op die produksie van een produk of diens  1.2.5 C Die tipe goedere wat gebruik word om ander goedere en dienste te produseer  1.2.6 B Die tydperk van baie hoë ekonomiese aktiwiteit net voor die ekonomie verlangsaam  (6 x 1) (6) 1.3 GEE ’N TERM 1.3.1 Keynesiaanse Benadering  1.3.2 Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging  1.3.3 Regering/Openbare Sektor  1.3.4 Infrastruktuur  (4 x 1) (4) TOTAAL AFDELING A: 30 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE wetenskaplike vakke wat met Ekonomie verband hou.  Statistiek   Wiskunde   Inligting en tegnologie  (Enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom bevorder die regering menseregte?  Om seker te maak dat almal ʼn basiese vlak van waardigheid het.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Wie het ʼn positiewe stelling in die illustrasie hierbo gemaak?  Suzan (1) 2.2.2 Gee EEN ander voorbeeld van ʼn positiewe stelling in Ekonomie.  Die werkloosheidsyfer is 34%. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term Ekonomie.  Die studie van die doeltreffende gebruik of bestuur van hulpbronne om maksimum bevrediging van menslike materiële onbeperkte behoeftes en begeertes te bereik.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.4 Waarom is die opmerkings van ekonome meestal normatiewe stellings?  Die ekonome gee hul mening oor ʼn ekonomiese onderwerp. Hierdie stellings kan nie bewys word nie en is dus normatiewe stellings.  (2) 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 2.2.5 Hoekom is dit moeilik om navorsing in Ekonomie te doen?  Ekonomie is nie ʼn presiese wetenskap nie aangesien dit menslike gedrag bestudeer wat voortdurend verander.   Mense kan dus ook bevooroordeeld wees in hul oordeel; dit beteken selfs navorsers se gevoelens kan bydra tot probleme van subjektiwiteit.   Verskillende ekonome het verskillende sienings oor hoe die ekonomie moet werk.   ʼn Mens kan byvoorbeeld in swakker rand glo omdat dit uitvoer kan bevorder, terwyl ʼn ander ʼn sterker rand kan bevoordeel omdat dit invoer goedkoper kan maak.   Ekonome moet besluit watter feite om te gebruik. Statistieke oor prestasie van die ekonomie word voortdurend geproduseer, so dit kan dit vir ekonomiese navorsers moeilik maak om dieselfde verduideliking vir ʼn spesifieke navorsingsprobleem te hê (as hulle verskillende statistieke gebruik het).   Om eksperimente uit te voer is moeilik, anders as in suiwer wetenskappe soos Fisika waar chemiese veranderlikes deur die navorser beheer kan word, kan die veranderlikes in Ekonomie nie beheer word nie.   Om byvoorbeeld te sien of prysstygings afnames in vraag veroorsaak, moet hulle aanvaar dat ander faktore konstant bly (ceteris paribus). (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.) (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die metode wat gebruik word om BBP in die tabel hierbo te bereken.  Produksie metode.  (1) 2.3.2 Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.  BTW   Invoerbelasting   Aksynsbelasting  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk. ● Dit is die markwaarde van al die finale goedere en dienste wat binne die grense van ʼn land geproduseer word.  (2) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 2.3.4 Hoekom word subsidies afgetrek wanneer die BBP teen markpryse bereken word?  Subsidies is finansiële aansporings wat deur die regering aan produsente betaal word. Subsidies verlaag die koste van produksie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.5 Bereken die Bruto Toegevoegde Waarde teen basiese pryse. Toon ALLE berekeninge. 631 848 + 1 037 270 + 3 894 359  BTW teen basiese prys = 5 563 477  (As slegs die antwoord verskaf word, gee ʼn maksimum van 2 punte.) (4) 2.4 Onderskei tussen mikro-ekonomie en makro-ekonomie.  Mikro-ekonomie is die studie van besluite wat geneem word deur mense en besighede rakende die toewysing van hulpbronne en pryse van goedere en dienste.   Mikro-ekonomie is gemoeid met hoe vraag en aanbod in individuele markte vir goedere en dienste in wisselwerking tree.   Makro-ekonomie handel oor die studie van die gedrag en prestasie van die ekonomie in totaal.   Die belangrikste faktore wat in makro-ekonomie bestudeer word, behels bruto binnelandse produk (BBP), werkloosheid, inflasie, groeikoers ens.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 4) (8) 2.5 Waarom is buitelandse handel voordelig vir ʼn land?  Die buitelandse sektor bied aan verbruikers en verskaffers die geleentheid om toegang tot goedere en dienste te kry en om groter markte regoor die wêreld te kry.   Die buitelandse sektor laat toegang tot meer kapitaal, goedkoper invoer en groter uitvoermarkte toe.   Toegang tot globale markte deur die buitelandse sektor help die plaaslike ekonomie om meer doeltreffend te wees en sy hulpbronne beter te benut.  Die buitelandse sektor maak voorsiening vir meer mededinging plaaslik en plaaslike maatskappye kan baat by groter verdeeldheid.   Innoveerders en entrepreneurs kan idees deel wat reeds suksesvol in ander lande gebruik is en dit plaaslik implementeer.   Handel met die buiteland skep samewerking en beter verhoudings tussen nasies.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) [40] 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van hernubare natuurlike hulpbronne.  sonkrag   wind krag   water   lug   plante   biobrandstof   diere  (Enige ander relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom is ʼn resessie ongewens vir die ekonomie?  Dit lei tot ʼn afname in ekonomiese aktiwiteite sowel as ʼn wydverspreide daling in besteding.   Dit verminder die beskikbaarheid van werksgeleenthede en ekonomiese groei/wat lei tot aflegging; armoede en terugneming van mense se bates.   Dit verminder ekonomiese aktiwiteite in verskeie sektore van die ekonomie soos vervaardiging en dienste.  (Enige ander relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer uit die diagram hierbo, die sektor wat die meeste bydra tot ekonomiese groei.  Finansies/Eiendom/Sakedienste  (Enige EEN) (1 x 1) (1) 3.2.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn industrie in die primêre sektor.  Mynbou   Landbou   Boerdery   Visvang  (Enige ander relevante antwoord.) (1 x 1) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term produksie.  Produksie is die proses waardeur ʼn entrepreneur beskikbare hulpbronne kombineer en dit in ʼn soort produk verander.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 3.2.4 Verduidelik die verband tussen primêre en sekondêre sektor.  Grondstowwe van die primêre nywerheid word in die sekondêre sektor tot finale produkte verwerk.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.5 Waarom is die tersiêre sektor belangrik in die ekonomie?  Dit is die grootste bydraer tot die bruto binnelandse produk en ʼn bron van indiensneming.   Dit is ʼn bron van inkomste vir die regering.   Skep mark vir verbruikersprodukte.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer die punt waarop ekonomiese aktiwiteit die hoogste is. Piek D/Boonste draaipunt D  (1) 3.3.2 Noem die ekonomiese aanwyser wat die algemene rigting toon waarin die ekonomie beweeg. Tendenslyn/Lyn E F  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus.  Verwys na die opeenvolgende tydperke van groei en afname in ekonomiese aktiwiteit of is ʼn tydreeks wat herhaalde toenemende en dalende ekonomiese aktiwiteit toon.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.4 Hoe word ʼn volledige sakesiklus gemeet? Wanneer ʼn sakesiklus gemeet word, word die reeks uitbreidings en inkrimpings in reële BBP gemeet. Meting van die siklus begin by ʼn piek en gaan voort deur ʼn resessie, ʼn trog en ʼn uitbreiding (van piek tot piek/van trog tot trog).  (2) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 3.3.5 Hoe kan die regering die totale vraag verlaag tydens ʼn hoogtepunt in die sakesiklus?  ʼn Afname in staatsbesteding (G), sal die werksgeleenthede/beskikbaarheid van inkomste verminder.  Die totale besteding sal afneem, sowel as inflasie.   ʼn Verhoging in belasting sal die huishouding se besteebare inkomste verminder, verbruikers sal minder inkomste hê om te bestee.   Die regering kan terselfdertyd staatsbesteding verminder en belasting verhoog om die vraag na goedere en dienste te verminder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.4 Onderskei tussen die eksogene en endogene redes vir veranderinge in die sakesiklus. Eksogene redes:  Eksogene redes is redes vir sakesiklusse wat buite die markstelsel ontstaan.   Veranderinge in weerstoestande beïnvloed die uitset van die landbousektor en toerismebedryf van ʼn ekonomie en die totale vlak van ekonomie aktiwiteit.   Wanneer die ekonomie strukturele verandering het, beïnvloed dit produksie, indiensneming, beleggings, staatsuitgawes, belasting, invoere en uitvoere.   Variasies in die geldvoorraad veroorsaak ook sakesiklusse.   Ewekansige skokke kan veranderinge aan die sakesiklus veroorsaak, bv. oorlog, skielike styging in die prys van olie, natuurrampe, ens.   Politieke aksies soos wanneer die regering verkiesingsstemme wil wen, sal ʼn ekspansiewe beleid aanvaar en na die verkiesing begin die inflasionêre uitwerking van hierdie ekspansionêre beleid.  (Maks. 4) (Aanvaar enige ander relevante antwoorde.) (2 x 2) Endogene faktore  Dit is faktore wat deel van die ekonomiese stelsel is.   Die uitbreidingsfase bevat ook meganismes wat uiteindelik ʼn inkrimping van ekonomiese aktiwiteit veroorsaak.   Soos die vlak van ekonomiese aktiwiteit toeneem, neem die totale besteding in die ekonomie ook toe.   Dit veroorsaak ʼn toename in invoere wat die betalingsbalans negatief beïnvloed en lei tot ʼn depresiasie van die wisselkoers.   Verhoging in rentekoerse as gevolg van verhoogde lenings (negatiewe effek op die ekonomie).   Positiewe persepsies van die ekonomie sal lei tot ʼn toename in besteding en omgekeerd.  (Maks. 4) (Aanvaar enige ander relevante antwoorde.) (2 x 2) (8) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 3.5 Hoe spreek die regering omgewingsprobleme in die ekonomie aan?  Artikel 24 van die Grondwet stel die reg op ʼn omgewing wat nie skadelik vir gesondheid of welstand is nie, en doen ʼn beroep op die regering om wetgewende en ander aksies te neem om: besoedeling en ekologiese agteruitgang te voorkom, bewaring te bevorder en ekologies volhoubare ontwikkeling te verseker.   Omgewingsbeleid kan wette en beleide insluit wat water- en lugbesoedeling, chemiese en oliestortings, rookmis, drink watergehalte, grondbewaring en -bestuur, en wild beskerming (soos die beskerming van bedreigde spesies), insluit.   Die regering hef fooie en heffings op verbruikers en produsente vir die afval wat hulle produseer en in die omgewing stort, byvoorbeeld emissie heffings op nywerhede en voertuig eienaars vir gas afval.   Groen belasting word gehef op die produksie van produkte wat nie bioafbreekbaar is nie, byvoorbeeld bande.   Produsente sal hul besoedeling moet verminder om seker te maak dat hulle die koste van hulle produk laag hou.   Skoner en veiliger tegnologie word ontwikkel met die omgewing in gedagte.   Minder afvalprodukte, verminderde afhanklikheid van fossielbrandstowwe en ʼn aanvraag deur produsente vir doeltreffende en omgewingsveilige tegnologie gee aanleiding tot nuwe produkte en omgewingsveilige masjiene.   Die regering begin met massiewe openbare omgewingsbewustheid programme om die skade te help herstel, herwinning en hergebruik te bevorder en omgewingsbesoedeling te bevorder.   Morele oortuiging – omgewingsbewustheid word geskep om mense te laat optree op ʼn manier wat vriendelik is vir die omgewing.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer-orde response.  ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou Maks. 2 met die vraag onderwerp te definieer.  Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.  Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.  Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoof gedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/ AnaliseerVergelyk/Evalueer/Onderskei/ Differensieer/Verduidelik Bykomende deel: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en Maks. 10 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Afsluiting Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is te herhaal Maks. 2  Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is  Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig  Aanbevelings TOTAAL 40 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 4  Bespreek, met behulp van ʼn diagram, die ekonomiese kringloop model van ʼn oop ekonomie onder die volgende opskrifte: o Vloei o Inspuitings en lekkasies o Markte (26 punte)  Evalueer die positiewe uitwerking van besparing op die ekonomie. (10 punte) [40] Inleiding Die ekonomiese kringloop van ʼn oop ekonomie toon die werking van ʼn ekonomie wat oop is vir buitelandse handel.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2) LIGGAAM HOOF GEDEELTE DIE EKONOMIESE KRINGLOOP: ’N OOP EKONOMIE SAKESEKTOR (I) BUITELANDSE SEKTOR FAKTORMARK STAAT GOEDEREMARK FINANSIËLE MARK NOTA: PRIVAAT HUISHOUDINGS Die vier sektor oop ekonomie model Deelnemers = 4 punte Markte = 2 punte Vloei = 2 punte Maks. = 8 punte 11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 Vloei Regte vloei  Produksiefaktore vloei vanaf die eienaars (huishoudings) na produsente via die faktormarkte.   Goedere en dienste vloei vanaf die produsente via die goederemarkte na huishoudings en ander gebruikers van goedere en dienste.   Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van die buiteland na Suid-Afrika (invoere).   Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van Suid-Afrika na die buiteland (uitvoere).  Geld vloei  Produsente/Besighede bestee aan produksiefaktore en die huishoudings ontvang ʼn inkomste (lone, huur, rente en wins).   Huishoudings bestee hul inkomste (private verbruiksbesteding) aan goedere en dienste en die produsente ontvang ʼn inkomste.  Inspuitings  Inspuitings verteenwoordig die inspuiting van geld in die ekonomiese kringloop (plaaslike ekonomie).   Dit verwys na die vloei van enige besteding wat nie uit inkomste (Y) verkry word nie.   Bykomende geld kom die ekonomie binne en dit verhoog inkomste.   Binnelandse aankope op goedere en dienste neem toe.   In ʼn oop ekonomie is inspuitings staatsbesteding (G), die inkomste verdien uit uitvoere (X) en investerings besteding (I).  BELEGGINGS   Besighede kry lenings van verskeie finansiële instellings en dan word hierdie geld gebruik om te koop (belê) in eiendom, masjiene, toerusting, ens.   Hulle gebruik ook hierdie geld om voorraad en intermediêre goedere te koop.   Die regering bestee geld aan goedere en dienste om ekonomiese en maatskaplike dienste en infrastruktuur te verskaf, bv. bou van damme, skole, hospitale,  ens. UITVOER   Goedere en dienste word na die buiteland uitgevoer.   Geld kom die ekonomiese kringloop binne omdat die buitelandse sektor betaal vir die goedere en dienste wat hulle ontvang het.  12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 Lekkasies  ʼn Lekkasie verteenwoordig die onttrekking van geld uit die ekonomiese kringloop (plaaslike ekonomie).   Dit gee nie aanleiding tot ʼn verdere rondte inkomste nie.   Dit laat binnelandse aankope op goedere en dienste afneem.   In ʼn oop ekonomie is die lekkasies belasting (T), die uitgawes aan invoere (Z) en besparings (S).  SPAAR  Dit is daardie gedeelte van geld wat nie aan goedere en dienste bestee word nie.   Die geld verlaat die ekonomiese kringloop en gaan na finansiële instellings.  BELASTINGS  Huishoudings en besighede betaal belasting aan die regering. Hierdie geld verlaat die ekonomiese kringloop en gaan na die regering.   Huishoudings betaal belasting op hul inkomste en besighede betaal belasting op hul winste.   Bv. van belasting is Inkomstebelasting en Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW).  INVOERE  Dit is wanneer goedere van ander lande ingevoer word.   Geld verlaat die ekonomiese kringloop omdat geld na die buiteland vloei.  Markte Goedere/Produk mark   Sakeondernemings verkoop hul goedere en dienste op die produkmark en ontvang die besteding van die huishouding in ruil daarvoor.   Die regering verskaf openbare goedere en dienste aan huishoudings en besighede op die produkmark.   Die buitelandse sektor voer finale produkte in en uit deur die produkmark.   Dit is markte vir verbruikersgoedere en dienste.   Bv.: − Duursame verbruikersgoedere  − Half duursame verbruikersgoedere  − Nie-duursame verbruikersgoedere  13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 Faktor mark   Produksiefaktore word op hierdie markte verhandel.   Huishoudings bied hul produksiefaktore aan sakeondernemings op die faktormark aan en ontvang inkomste.   Die regering koop produksiefaktore (meestal arbeid) op die faktormark aan en betaal salarisse.   Die buitelandse sektor is verantwoordelik vir die invoer en uitvoer van grondstowwe; is aanspreeklik vir die emigrasie immigrasie van werkers; en kanaliseer internasionale kapitaalbeleggings op die faktormark.   Natuurlike hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap word op hierdie mark verhandel.  Finansiële markte   Hulle is nie direk betrokke by die produksie van goedere en dienste nie, maar dien as ʼn skakel tussen huishoudings, die sakesektor en ander deelnemers. Bv. banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse.   Die fondse van die surplus eenhede word na tekort eenhede in die ekonomie gekanaliseer.   Surplus eenhede is daardie firmas en huishoudings in die ekonomie wat nie al hulle inkomste bestee nie.   Deelnemers deponeer hul surplusfondse by finansiële instellings.  Geldmarkte   Dit word deur deelnemers gebruik om op kort termyn te leen en uit te leen.   Dit is ʼn mark vir korttermyn spaar en lenings.   Die SARB is ʼn sleutelinstelling in die geldmark.  Kapitaalmarkte   Dit is ʼn finansiële mark waarin die individue en instellings finansiële sekuriteite op lang termyn verhandel.   Dit is langtermyn deposito’s en lenings (bv. verbande).   Die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) is ʼn sleutelinstelling in die kapitaalmark.  14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 Buitelandse valuta markte   Die besighede koop en verkoop buitelandse valuta om vir ingevoerde goedere en dienste te betaal.   In ʼn oop ekonomie is buitelandse valuta nodig om transaksies tussen lande te vergemaklik.   Die geldeenhede kan omgeruil word (bv. rand vir pond).   Die wisselkoers word gewoonlik bepaal deur die interaksie van vraag en verskaf.   Soms beïnvloed die sentrale bank wisselkoerse direk en indirek.  (Maks. 26) BYKOMENDE DEEL  Spaargeld is die inkomste wat deelnemers kies om in finansiële instellings te plaas.   Dit is ʼn lekkasie van geld uit die ekonomiese kringloop na die finansiële instellings aangesien dit die besteding vloei verminder.   Spaargeld verminder die hoeveelheid geld wat huishoudings moet spandeer.   Spaar is die boustene vir beleggings.   Besigheid leen geld by die finansiële instellings, hierdie geld kom uit spaargeld.   Besighede gebruik hierdie geld om kapitaalgoedere te koop, bv. masjinerie.   Sonder besparing kan daar geen beleggings wees nie, wat beteken minder produksie van goedere en dienste.   Beleggings balanseer die lekkasies wat deur besparings veroorsaak word.   Beleggings het ʼn groot impak op die ekonomie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) Afsluiting Terwyl ekonomiese kringloop ʼn vereenvoudiging van die werklikheid is, is die begrip van die werklike vloei en geldvloei wat in so ʼn situasie plaasvind ʼn belangrike grondslag om meer komplekse ekonomieë te verstaan.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40] 15
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 5  Bespreek, in detail, die effek van wisselende sakesiklusse op die Suid- Afrikaanse ekonomie. (26 punte)  Hoe kan die regering die ekonomie tydens ʼn resessie stimuleer? (10 punte) Inleiding (Enige relevante definisie.) (Maks. 2) LIGGAAM HOOF GEDEELTE Veranderinge in totale (totale) vraag en aanbod   In ʼn herstel periode sal mense meer eis.   Dit kan lei tot tekorte aan goedere en dienste om in die vraag te voorsien.   Besighede sal dan meer produseer.   In ʼn resessie sal daar ʼn afname in die vraag na goedere en dienste wees.   Besighede sal ʼn surplus hê en produksie verminder.  Veranderinge in ekonomiese groei   In ʼn afswaai sal daar minder ekonomiese groei wees, besighede sal minder produseer. In ʼn opswaai sal daar ekonomiese groei wees, besighede sal meer produseer om aan die groeiende vraag na goedere en dienste te voldoen.  Veranderinge in indiensneming   In ʼn afswaai sal besighede minder produseer en die gevolg sal wees dat mense hul werk sal verloor, werkloosheid sal toeneem.   In ʼn opswaai sal besighede meer goedere en dienste produseer en meer mense in diens neem, werkloosheid sal afneem.  Veranderinge in prysvlakke   In die vroeë stadiums van ʼn afswaai van die ekonomie is pryse gewoonlik redelik hoog en kan selfs ʼn bietjie styg.   Mense kan nie meer die goedere en dienste bekostig nie en sal minder goedere en dienste koop. Dit sal tot ʼn totale afswaai lei.   In die vroeë stadiums van ʼn opswaai sal pryse laag wees en mense sal meer goedere en dienste koop.  16
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 Veranderinge in die wisselkoers   In die vroeë stadiums van ʼn afswaai van die ekonomie is daar ʼn afname in die vraag na ʼn land se goedere en dienste en ʼn afname in uitvoere.   Hulle sal minder van daardie land se geldeenheid eis en dit lei tot depresiasie of ʼn verswakking van die geldeenheid.   In ʼn opswaai in die ekonomie is daar ʼn groter vraag na ʼn land se geldeenheid. Meer mense koop die land se goedere en dienste. Dit lei tot ʼn waardering van die geldeenheid.  Impak op die ekonomies kwesbares   ʼn Afswaai sal mense ontneem om hul basiese behoeftes van kos, skuiling en klere te bevredig.   ʼn Opswaai in die ekonomie sal hoër inkomste en besteding aan luukse items tot gevolg hê.  (Maks. 26) BYKOMENDE DEEL  Verbetering in die lewenstandaard van mense in die ekonomie.   Beide uitvoere en beleggings sal daartoe lei dat meer geld na SA vloei.   Meer produksie in SA sal die SA ekonomie bevoordeel.   Meer werksgeleenthede word geskep wat sal lei tot ʼn toename in die vraag na verskeie goedere en dienste.   Verbetering in die infrastruktuurontwikkeling.  (Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 10) Afsluiting Sakesiklusse is langtermyn neigings en kan van 3 tot 5 jaar of selfs meer as 10 jaar duur.  (Enige ander relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 100 17

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all