Skip to content

Economics Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 10201916 pages

Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2019 EKONOMIE V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B  sekondêre 1.1.2 D  besparing; belasting 1.1.3 C  handelaars- en vakmanorganisasies 1.1.4 A  mortaliteit 1.1.5 C  metallurgie 1.1.6 B  herstel 1.1.7 A  afname in die koers van inkomstebelasting 1.1.8 D  mense tussen werke beweeg (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 E  Die fisiese omgewing en toestand wat mense se lewens beïnvloed 1.2.2 G  Ander naam vir mikro-ekonomie 1.2.3 F  Die som van investering, staatsbesteding en uitvoerinkomste 1.2.4 A  Opeenvolgende periodes van toenemende en dalende ekonomiese aktiwiteite 1.2.5 H  Mense produseer self wat hulle nodig het 1.2.6 C  Die uitbreiding van ʼn land se mag en invloed in die wêreld deur politieke verhoudinge of militêre mag 1.2.7 B  Die deel van die arbeidsmag wat kan werk 1.2.8 D  Inmenging in die bevordering van handel vir ekonomiese ontwikkeling, wat daarop gemik is om die prestasie van ʼn ekonomiese gebied te verbeter (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 3 1.3 GEE EEN BEGRIP 1.3.1 Arbeid  1.3.2 Internasionale ekonomie / globaal  1.3.3 Huishoudings  1.3.4 Vrye goedere  1.3.5 Waardevermindering  1.3.6 Arbeidsmag-deelnamekoers / Arbeidsmag-absorpsiekoers (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese benaderings.  Mikro-ekonomie   Makro-ekonomie  (2) 2.1.2 Hoekom maak ekonome gebruik van ekonomiese modelle?  Om werklikheid te vereenvoudig ten einde beter te verstaan   Om ekonomiese kwessies te bestudeer en te ondersoek  (2) 2.2 2.2.1 Identifiseer die trog in bostaande sakesiklus.  A (1) 2.2.2 Wat word die Yx lyn in ekonomie genoem?  Tendenslyn  (1) 2.2.3 Omskryf die begrip sakesiklus.  ʼn Sakesiklus is opeenvolgende periodes van stygende of dalende ekonomiese aktiwiteit  (Enige ander toepaslike definisie) (2) 2.2.4 Verduidelik die herstelfase in ʼn tipiese sakesiklus.  Vervaardigingsproduksie neem toe   Rentekoerse neem verder af   Inflasie neem af   Rand appresieer en uitvoere styg   (Enige toepaslike antwoord) (2) 2.2.5 Wat kan die regering doen om ʼn erge afname in die sakesiklus uit te stryk?  Die regering behoort belasting te verlaag   Daling in rentekoerse   Laat die wisselkoers toe om te appresieer  (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 5 2.3 DATARESPONS 2.3.1 By watter soort verbruiksgoedere behoort lekkergoed?  Nie-duursame verbruiksgoedere  (1) 2.3.2 Noem enige basiese behoefte van huishoudings.  Klere   Skuiling   Voedsel   Water  (Enige EEN) (1) 2.3.3 Omskryf kortliks die begrip skaarsheid.  Skaarsheid vind plaas die hulpbron/hulpbronne om behoeftes mee te bevredig, in beperkte hoeveelhede beskikbaar is. / Beperkte aantal hulpbronne  (2) 2.3.4 Wat is geleentheidskoste?  Dit is die koste van die volgende beste alternatief van ʼn produk of diens.  (2) 2.3.5 Hoe beïnvloed skaarsheid die keuse van verbruikers?  Skaarsheid beteken dat die verbruiker meer wil hê as wat beskikbaar is, daarom vereis skaarsheid ʼn keuse   Verbruikers moet kies watter van hulle behoeftes hulle sal bevredig en watter hulle onbevredig sal laat   Skaarsheid forseer verbruikers om ʼn keuse uit te oefen (neem minder van iets anders)  (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek kortliks die invloed van MIV/Vigs op die Suid- Afrikaanse arbeidsmag.  Verlies aan inkome soos wat werkers siek raak   Beïnvloed arbeidproduktiwiteit   Dit lei uiteindelik tot ʼn daling in die arbeidsmag as gevolg van dood   Dit belas die res van die werkers, in die huishouding, finansieel   Finansiële afhanklikheid op die regering neem toe, bv. toelaes   Afname in Bruto Binnelandse Produk (BBP)  (Enige ander toepaslike antwoord) (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 2.5 Hoe kan ekonomiese kwessies menseregte beïnvloed? Positief  Deur in menseregte te belê, sal die ekonomiese groeikoers van ʼn land heelwaarskynlik toeneem   Investering in menseregte, stel mense in staat om vryheid van spraak te geniet  Negatief  Ekonomiese kwessies soos armoede, verswak mense se lewenstandaard, wat tot misdaad mag lei   Ekonomiese kwesbare mense word uitgesluit uit ekonomiese deelname  (Enige ander toepaslike antwoord) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 7 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese gevolge van die mynbou- en nywerheidstadium.  Ontwikkeling van ʼn markekonomie   Verstedeliking   Verbeterde vervoer   Verbeterde kommunikasie   Ander dienste, bv. finansiële dienste  (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die doel van markte in die ekonomie?  Is om kopers en verkopers bymekaar te bring   Om handel tussen potensiële produsente en verbruikers te bewerkstellig  (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord). (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Wat beteken oumense in die Suid-Afrikaanse arbeidsmag?  Alle senior burgers wat nie deel uitmaak van die ekonomiese bedrywige bevolking nie   Ouer as 65 jaar  (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord) (1) 3.2.2 Wat het met die deelnamekoers tussen 2001 en 2019 gebeur?  Deelnamekoers het afgeneem  (1) 3.2.3 Omskryf werkloosheid kortliks.  Wanneer ʼn persoon wil werk en beskikbaar is om binne ʼn week te begin werk; die persoon aktiewe stappe geneem het om werk te soek of om ʼn besigheid te begin vier weke voor die onderhoud   Werkloosheid vind plaas wanneer ʼn persoon nie oor die laaste week gewerk het nie  (Enige ander toepaslike antwoord) (2) 3.2.4 Wat is die ouderdomsperk van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag?  15–65 jaar  (2) 3.2.5 Waarom verander die aanbod van arbeid in Suid-Afrika? Aanbod van arbeid verander wanneer:  daar migrasie is – die beweging van werkers van streek na streek of land na land   die aantal vroue wat hulself beskikbaar stel vir  indiensnemingsgeleenthede beduidend styg/daal   daar ʼn wanaanpassing is van vaardighede en ander vermoëns wat in die ekonomie benodig word   arbeid self beskikbaar gemaak word vir indiensname en dit word uitgedruk deur die arbeidsmag-deelnamekoers (AMDK)  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Onder watter ekonomiese sektor word mynbou geklassifiseer?  Primêre  (1) 3.3.2 Noem enige ekonomiese aktiwiteit waarby vroeëre gemeenskappe betrokke was.  Boerdery   Landbou  (1) 3.3.3 Beskryf kommersialisering kortliks.  Kommersialisering is die proses waardeur nuwe produkte en dienste na die mark gebring word    Die breër handeling van kommersialisering behels produksie, verspreiding, bemarking, verkope, kliëntediens en ander sleutelfunksies wat krities van aard is in die bereiking van die kommersiële sukses van die nuwe produk en diens  (Enige ander toepaslike antwoord) (2) 3.3.4 Verduidelik die verandering wat deur die evolusie van markte teweeggebring is.  Duisende immigrante het na Suid-Afrika verhuis  Die swak bestaande infrastruktuur moes ontwikkel word om aan die behoeftes van die mynbounywerheid te voldoen    Beter infrastruktuur het boere gehelp om hul produkte by die markte te kry   Vraag na plaasprodukte het beduidend toegeneem met die ontwikkeling van mynboustede (2) 3.3.5 Hoe hou BBP verband met ekonomiese groei?  ʼn Styging in BBP lei tot ʼn verbetering in die ekonomiese groei   Hoe groter die produksievermoë, hoe groter die arbeid van eenhede wat vereis word   Skep werksgeleenthede   Werkskepping verhoog die lewenspeil van mense   Toenemende besteebare inkome van huishoudings, lei tot ʼn groter vraag na goedere wat geproduseer moet word  (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 9 3.4 Verduidelik die sosiale en ekonomiese invloed op werkloosheid. Ekonomiese impak Werkloosheid lei tot:  daling in die belastingbasis en koopkrag   ʼn toename in oordragbetalings  bv. werkloosheidsversekering   afname in produksie a.g.v. ʼn daling in besteding   afhanklikheid van sosiale toelaes.   ʼn toename in slegte skuld en verlaagde winste   die terugneem van bates   afname in welvaart  (Enige toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) Sosiale impak Werkloosheid lei tot:  Hoë misdaadkoers   Sosiale onrus   Styging in oprigting van onwettige besighede  (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord) (2 x 2) (4) (8) 3.5 Gee jou mening oor die invloed van immigrasie en vlugtelinge op die bevolking van Suid-Afrika.  Immigrasie van geskoolde mense spreek die vraag na skaars vaardighede en kundigheid aan   Konflik rondom migrant arbeiders wat die poste van SA inwoners afneem, het onlangs ʼn oënskynlike probleem begin raak   Reuse invloei van onwettige immigrante verhoog die bevolking van SA en dit lei tot ʼn styging in die finansiële las van die regering   Onwettige immigrante en vlugtelinge dra by tot die ontwikkeling van informele sektore   Invloei dra by tot die druk op regering om onderwys en basiese gesondheidsdienste te verskaf  (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van hernieubare natuurlike hulpbronne.  sonenergie   wind energie   water   lug   plante  bio-brandstowwe   diere  (Enige ander toepaslike antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat bepaal die bevolkingsgroeikoers? Dit word bepaal deur:  die aantal geboortes wat die sterftes oorskry   immigrante meer as emigrante  (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Wat verteenwoordig die blok met die byskrif A?  Ondernemings / besighede  (1) 4.2.2 Watter soort ekonomie word in bostaande kringloop geïllustreer?  Geslote  (1) 4.2.3 Omskryf die begrip produksie.  Dit is ʼn proses waar ʼn entrepreneur beskikbare hulpbronne (grond, arbeid en kapitaal) kombineer en dit in een of ander soort produk verander wat aangewend word om die behoeftes en begeertes van die bevolking te bevredig.  (2) 4.2.4 Verduidelik wat met die nasionale inkome sal gebeur as invoere toeneem.  Die nasionale inkome sal afneem as gevolg van ʼn lekkasie in die vorm van invoerbesteding  (2) 4.2.5 Hoe kan die regering skaars hulpbronne aanwend om te probeer om Suid-Afrikaners se onbeperkte behoeftes te bevredig?  Mense moet te alle tye keuses uitoefen. Ons moet almal keuses maak om die skaars beskikbare hulpbronne aan te wend ten einde maksimum bevrediging te skep   Produsente moet kies wat hulle wil produseer, hoe om dit te produseer en vir wie dit geproduseer moet word.  Bv. as hulle hout gebruik om papier mee te vervaardig, kan hulle nie terselfdertyd dieselfde hout gebruik om meubels mee te vervaardig nie  Produsente besit skaars hulpbronne wat hulle moet aanwend in hulle poging om mense se onbeperkte behoeftes en begeertes mee te bevredig  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 11 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Noem die metode waarvolgens die BBP in bostaande tabel bereken is.  Produksie / Bruto toegevoegde waarde  (1) 4.3.2 In watter ekonomiese sektor doen banke besigheid?  Tersiêre  (1) 4.3.3 Omskryf die begrip sekondêre sektor.  Is alle vervaardigingsentiteite / -besighede   Is al die besighede wat grondstowwe uit die primêre sektor in finale goedere en dienste omskep  (Enige ander toepaslike antwoord) (2) 4.3.4 Verduidelik die tendens van die sekondêre sektor bydrae tussen 2013 en 2017.  Die sekondêre sektor het sedert 1981 ʼn afname getoon  (2) 4.3.5 Bereken die waarde van die primêre sektor se bydrae (A) in 2013. Primêre sektor bydrae is:  16,0 + 7,1  = 23,1  (4) 4.4 Onderskei tussen absolute en relatiewe skaarsheid.  Absolute skaarsheid bestaan wanneer dit nie moontlik is om die aanbod van ʼn goed te verhoog nie, omdat die hulpbronne beperk is   Dit is gewoonlik van toepassing op goedere en dienste wat noodsaaklik is vir menslike oorlewing  bv. voedsel en water  (Maks. 4)  Relatiewe skaarsheid is wanneer jy hulpbronne kies om een ding te doen in plaas van ʼn ander ding   Daarom is die hulpbron skaars omdat dit nie beide produkte kan produseer nie,  bv. as ons besluit om die hulpbron te gebruik in die produksie van brood in plaas van koek, sal koek dan relatief skaars wees  (Enige ander toepaslike antwoord) (Maks. 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 4.5 Stel VIER moontlike oplossings vir omgewingsprobleme voor.  Omgewingsbelasting (groen belasting) moet gehef word op maatskappye en mense wat die omgewing besoedel.   Maatskappye wat omgewingsvriendelike goedere verkoop, moet finansiële voordele ontvang, soos ʼn subsidie.   Heffing vir die gebruik van die omgewing – regering kan ʼn fooi hef op verbruikers en produsente vir die afval wat hulle nalaat in die omgewing, bv. SA se plaaslike owerhede hef ’n fooi vir vullisverwydering of riolering op huishoudings, besighede en andere.   Toestaan van eiendomsregte – dit verseker dat mense omsien na dinge wat aan hulle behoort.   Morele oorreding – omgewingsbewusmaking sodat mense hulle op so ʼn manier gedra dat dit omgewingsvriendelik is.   (Enige toepaslike antwoord) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 13 AFDELING C Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word. VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE  Bespreek die fases in die sakesiklus. (26 punte)  Hoe kan inspuitings bydra tot ʼn ekonomiese opswaai? (10 punte) [40] INLEIDING  Sakesiklusse verwys na aaneenlopende periodes van toenemende en inkrimpende ekonomiese aktiwiteit.   (Aanvaar enige toepaslike inleiding) (2) HOOFGEDEELTE Voorspoedfase  Daar is ʼn toename in die ekonomiese aktiwiteite van ʼn land   Daar is ʼn toename in uitset, die werkverskaffingskoers en lone   Mense se lewenspeil verbeter   Verbruik: Gedurende voorspoed het verbruikers meer geld.   Reële BBP: Besighede maak meer wins want daar is ʼn toename in vraag. Dit lok meer entrepreneurs om toe te tree tot die mark en uitset verhoog.   Investering: Ten einde meer goedere te produseer om in die vraag te voldoen, verhoog besighede investering in hulle ondernemings. Hulle doen dit op verskeie maniere  Geboue: Nuwe besighede kan nuwe geboue koop, bou of huur. Besighede kan ook nuwe takke oopmaak in ander gebiede.   Toerusting: Nuwe en bestaande besighede koop meer masjinerie en toerusting ten einde groter hoeveelhede goedere en dienste te produseer   Voorrade: Gedurende voorspoed is daar ʼn toename in voorraad om in die stygende vraag te voorsien.   Werkverskaffing: Die styging in die vraag na goedere, skep ʼn toename in die vraag na arbeid om meer goedere te produseer. Meer werkers word in diens geneem. Mense wat voorheen werkloos was, mag nou dalk werk kry   Voorspoed eindig wanneer die siklus sy piek bereik (Maks. 8 punte) Resessie  Ekonomiese groei daal waarna verwys kan word as ʼn negatiewe ekonomiese groeikoers   Besighede raak pessimisties en verminder uitset   ʼn Daling in die indiensnemingskoers soos wat sommige werkers afgedank word, wat lei tot ʼn daling in inkome    Verbruik: Mense het minder geld in hulle sakke. Hulle verbruik dus minder. Daarom verminder totale vraag   Reële BBP: Die hoeveelheid goedere en dienste wat geproduseer word, neem af as gevolg van die daling in vraag. Soos wat uitset afneem, so neem reële BBP ook af. Ekonomiese groei daal   Investering: Besighede verminder investering. Minder geld word spandeer op die aankoop van kapitaalgoedere   ʼn Resessie eindig met die trog (Maks. 6 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) Depressie  As ʼn resessie oor ʼn lang tedperk voortduur, raak dit ʼn depressie   Depressie is ʼn ernstige vorm van resessie   Gedurende ʼn depressie is daar grootskaalse werkloosheid en ʼn ernstige tekort aan goedere en dienste   Depressies is skaars omdat regerings stappe doen om te verhoed dat resessies in depressies verander  (Maks. 6 punte) Herstel  Die ekonomie begin weer groei.    Herstel begin gewoonlik stadig en tel spoed op oor tyd.   Daar is ʼn geleidelike toename in vraag en ʼn toename in uitset, wat uiteindelik in voorspoed sal verander  (Maks. 6 punte) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Hoe kan inspuitings tot ʼn ekonomiese opswaai bydra?  Verbetering in die lewenspeil van mense in die ekonomie   Beide uitvoere en investering lei tot groter geldvloei na SA   Groter produksie in SA bevoordeel dus die SA ekonomie   Meer werksgeleenthede word geskep   Verbetering in die ontwikkeling van die infrastruktuur  (Aanvaar enige toepaslike antwoord) (10) SLOT Sakesiklusse is langtermynneigings en kan van 3 tot 5 jaar duur of selfs 10 jaar  (Aanvaar enige ander slot) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) EKONOMIE V1 15 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES Bespreek veeteelt en landbou onder die volgende hoofde:  Kenmerke (10)  Faktore wat ontwikkeling bevorder (8)  Faktore wat ontwikkeling strem (8) (26)  Waarom moet die nasie aangemoedig word om te spaar? (10) INLEIDING Die bewys van Suid-Afrikaanse ekonomiese ontwikkeling is gewortel in sy geskiedenis, wat by die Khoisan-mense begin het  (Enige toepaslike inleiding)  (2) HOOFGEDEELTE Veeteelt en landbou Kenmerke van die landboustadium van ekonomiese ontwikkeling  Mense het landbouprodukte vir hulself geproduseer en selde om mee handel te dryf   Daar was min handel, meestal in die vorm van ruilhandel   Daar was geen goed-ontwikkelde markte nie   Meeste van die ekonomiese aktiwiteit in Suid-Afrika was op landbou en jag gerig   Daar was ʼn klein bevolking op groot stukke grond   Arbeid was skaars; slawe is ingevoer as ekstra arbeid   Kapitaal was skaars   Meeste boere het bykans alles wat hulle nodig gehad het self geproduseer  (Maks. 10 punte)  Faktore wat ekonomiese ontwikkeling in landbou bevorder het  Die Hollanders kon ruilhandel toepas met die Khoi en die San vir grond   Baie wild het jag maklik gemaak   ʼn Klein mark is ontwikkel vir die verkoop van voedselprodukte aan verbygaande skepe   Die koloniale magte het die markte beskerm. Bv. Engeland het invoere van Franse wyne belas om die verkoop van wyne uit die Kaap te bevorder by mense in Engeland   In die Kaap het plaaslike belastings op invoere, die plaaslike produksie van voedsel bevorder. Byvoorbeeld, ʼn belasting op koringinvoere in die 1820’s het boere aangemoedig om koring te produseer   Vervoer en infrastruktuur is verbeter. (Maks. 8 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) Faktore wat ekonomiese ontwikkeling in landbou gestrem het  Gebrek aan kapitaal   Arbeid was skaars   Daar was min of geen skole en ander onderwysinstellings nie; meeste mense het min of geen onderwys ontvang nie    Meeste gebiede het min of geen infrastruktuur gehad   Die koloniale magte het dikwels monopolieë in die markte gehad,  byvoorbeeld, boere kon hulle produkte slegs aan die Hollands Oos-Indiese Maatskappy verkoop   Ongelyke handel met die koloniale lande het beteken dat handel hoofsaaklik die koloniale magte bevoordeel het, byvoorbeeld, boere het wol in Suid-Afrika geproduseer en dit uitgevoer na Engeland. Die wol is dan in Engeland verwerk tot lappe en die duurder lappe is weer na Suid-Afrika ingevoer    Suid-Afrika is ʼn moeilike land om in te boer, as gevolg van gereelde droogtes en ʼn gebrek aan vrugbare grond.   Die groot afstande het toegang tot markte bemoeilik en infrastruktuur was duur.  (Maks. 8 punte) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Waarom moet die nasie aangemoedig word om te spaar?  Verbeterde vlakke van besparingspatrone stel banke in staat om meer uit te leen aan besighede, sodat hulle meer in kapitaalgoedere kan investeer   Kapitaalvorming gaan oor besparings en hoe besparings in investering omgeskakel word   Besparings het begin om ʼn baie belangrike rol in die groei van die ekonomie te speel   Investering en groei van ekonomieë hang af van die grootte van beskikbare besparings   Besparings voeg waarde toe aan mense se rykdom   Hoër vlakke van kapitaalvoorraad stimuleer ekonomiese groei   Daar is baie bronne van besparings wat belangrik is vir die nasie, soos korporatiewe besparings,  huishoudelike besparings  en buitelandse besparings  (Aanvaar enige toepaslike antwoord) (10) SLOT  Suid-Afrika het ʼn verskeidenheid uitdagings oor verskillende stadiums ervaar om die huidige vlak van ekonomiese ontwikkeling te bereik.  (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all