Downloaded from hlayiso.com
testpapers.co.za
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
2015
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 1
MEMORANDUM
18 bladsye
Skip to contentAll 2015 papers %20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7/v1-49bd3e0c5a901fd5b725/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04/v1-45a82003ea8857196a17/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)

%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e/v1-ac41da032cea13d3b939/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2015 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 719.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Gauteng November Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1Basic Concepts & Basic Economic Problem21 marks
- Question 1.2Basic Concepts & Basic Economic Problem14 marks
- Question 1.3Basic Concepts & Basic Economic Problem6 marks
- Question 2Basic Concepts & Basic Economic Problem40 marks
- Question 3Growth, Development & Globalisation40 marks
- Question 4Growth, Development & Globalisation40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
Vraestel 1
MEMORANDUM
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE
1.1 1.1.1 B die toepassing van statistieke in ekonomie
1.1.2 B skaarsheid
1.1.3 B verbruik
1.1.4 C die tendenslyn
1.1.5 B globalisering
1.1.6 A hoogs gekonsentreerd is
1.1.7 C moderne geld
1.1.8 C sensus
(8x2) (16)
1.2 1.2.1 D Stellings wat gebaseer is op feite wat bewys kan word
1.2.2 G Die waarde van die volgende beste alternatief wat nie gekies is, as
ʼn keuse gemaak is ten gunste van sekere goedere
1.2.3 F Van die inkomste verdien deur verbruikers, sal slegs ʼn deel bestee
word op plaaslike goedere en dienste
1.2.4 A Wys vir ons wat het met die ekonomie gebeur
1.2.5 C ʼn Manier van lewe waar mense migreer met kuddes om beter
weiding en waterbronne te vind
1.2.6 B Uitbreiding van mag en invloed deur beheer te neem oor swakker
lande, en sodoende die moederland te verryk
1.2.7 E Eerste bank gestig in die Kaap
1.2.8 I ʼn Persoon trek na ʼn ander gebied of land op soek na werk
(8x1) (8)
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
1.3 1.3.1 Mikro-ekonomie
1.3.2 Mark-ekonomie
1.3.3 Inkomstebelasting
1.3.4 Piek
1.3.5 Verstedeliking
1.3.6 Emigrante/Emigrasie
(6x1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
AFDELING B
Merk slegs die eerste TWEE vrae beantwoord in hierdie afdeling.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE
2.1 2.1.1 TWEE voorbeelde van inspuitings.
Investerings
Owerheidsbesteding
Uitvoere (2x1) (2)
2.1.2 Goedere word gekoop deur produsente om te verbruik in die
produksieproses om meer goedere en dienste te produseer.
Kapitaalgoedere of intermediêre goedere (1x2) (2)
2.2 2.2.1 TWEE wetenskappe gekoppel aan Ekonomie
Statistiek
Wiskunde
Inligtingstegnologie
Regte
Geografie
Nie Politiek of Sosiologie alreeds genoem in artikel nie (2x1) (2)
2.2.2 “Ekonomie veroorsaak / lê aan die wortel van die maksimum sosiale
probleme.” Is dit ʼn positiewe of normatiewe stelling? Motiveer jou antwoord.
Normatief
Kyk na die uitkomste van ekonomiese gedrag. Maak beoordelings.
Vra of dit goed of sleg is. (2x2) (4)
2.2.3 Dink jy die verwysing van “beperkte hulpbronne” in die artikel, verwys na
die produksiefaktore? Motiveer jou antwoord. (2x2)(4)
Ja
Die produksiefaktore is die insette van die produksieproses.
Geen produksie kan plaasvind sonder produksiefaktore nie.
Produksie is beperk tot die beskikbare hoeveelheid produksiefaktore.
Enige relevante antwoord. (1 x 2) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
2.3 2.3.1 Konsep van Ekonomie
Ekonomie is ʼn studie van die hoe individue, besighede, regerings en ander
organisasies in ons samelewing kies om skaars hulpbronne te gebruik om in
verbruikers se veelvuldige basiese en ander behoeftes te voorsien en te
versprei. (Oxford Suksesvolle Ekonomie)
Die studie van die doeltreffende gebruik of bestuur van beperkte produktiewe
hulpbronne om maksimum tevredenheid t.o.v. menslike materiële behoeftes te
bereik. (Fast Track Economics)
Ekonomie is ʼn studie van die hoe individue, besighede, regerings en ander
organisasies in ons samelewing kies om skaars hulpbronne te gebruik om in hul
veelvuldige basiese en ander behoeftes te voorsien op ʼn wyse wat doeltreffend
en billik is. (Geniet Ekonomie) (Oplossings vir almal Ekonomie)
Ekonomie is ʼn sosiale wetenskap wat die daaglikse keuses wat mense maak
bestudeer en om die beperkte middele tot hulle beskikking so te gebruik dat dit
die onbeperkte behoeftes en begeertes maksimaal bevredig. (Fokus
Ekonomie) (2)
2.3.2 Skaarsheid dwing ons om …
o Keuses te maak (2)
2.3.3 “Skaarsheid is orals”. Is dit ook waar vir ryk mense? Gee ʼn rede vir jou
antwoord.
o Ja, Hulpbronne soos water, kos en elektrisiteit is skaars. Moet antwoord
motiveer.
o Selfs al is daar genoeg geld om goedere te koop om hulle behoeftes en begeertes
te bevredig is hulpronne steeds skaars.
o Daar is onvoldoende hulpbronne om al die goedere en dienste wat verbruik kon
word, te produseer.
o Mense het baie behoeftes en begeertes, maar die hulpbronne wat benodig word
om dit te bevredig is steeds beperk.
o Enige relevante antwoord. (1x2)(2)
2.3.4 Relatiewe skaarsheid
• Die produksie van goedere en dienste het toegeneem oor die afgelope paar jaar,
maar goedere relatief tot die vraag is nog steeds skaars.
• Daar is net genoeg produktiewe hulpbronne om voldoende hoeveelhede van alles
wat mense benodig.
• Skaarsheid is relatiewe begrip. Dit beteken slegs iets in verband met
behoeftes.
• Die verskaffing van hulpbronne vir die goedere en dienste wat ons gebruik is
onvoldoende.
• Slegs ʼn klein deel van die goedere en dienste wat mense begeer kan geproduseer
word.
• Sommige hulpbronne is skaarser as ander.
• Produsente moet die beste kombinasie van die hulpbronne bepaal om soveel
moontlike behoeftes te bevredig. (2x2)(4)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
2.4 Verduidelik die verhouding tussen die deelnemers in ʼn vereenvoudige twee-sektor
ekonomiese kringloop.
Die twee deelnemers is huishoudings en besighede.
Huishoudings besit die produksiefaktore en verkoop dit aan die besighede.
Huishoudings besit die kapitaal, arbeid, grond en entrepreneurskap en verkoop dit aan
besighede.
Besighede koop produksiefaktore van huishoudings.
Huishoudings ontvang huur, rente, wins, salarisse en lone van die besighede.
Die besigheid verkoop finale goedere en dienste aan die huishoudings.
Huishoudings spandeer geld op finale goedere en dienste en besighede ontvang daardeur
ʼn inkomste.
Die huishoudings koop die finale goedere en dienste van besighede.
Enige ander relevante antwoord. (4x2)(8)
2.5 Bespreek die verskil asook die belangrikheid van die BBP en BNI.
BBP
Bruto Binnelandse Produk: Die totale waarde van die produksie van finale goedere en
dienste binne die grense van Suid-Afrika binne een jaar.
BBP is die belangrikste maatstaf van die uitset geproduseer deur ʼn
ekonomie.(Oxford Suksesvolle Ekonomie)
BBP gee ʼn maatstaf van wat gebeur met die produksie van ʼn land, maak nie saak wie
dit produseer nie. (Oplossings vir almal Ekonomie) (Max.4)
BNI
Bruto Nasionale Inkome: Die totale waarde van die uitset van finale goedere
geproduseer deur die produksiefaktore besit deur die landsburgers binne ʼn gegewe
tydperk, gewoonlik een jaar.
BNI word gebruik om die lewenstandaard van die landsburgers te meet. (Oxford
Suksesvolle Ekonomie)
Is die vergoeding vir die gebruik van of verkoop van die produksiefaktore, d.w.s.
salarisse en lone + huur + wins + rente.
Die samestelllende elemente van die nasionale inkomste is dus die vergoeding betaal
aan elke produksiefaktor vir sy deel in die produksie van goedere en dienste.
(Fokus Ekonomie)
BNI gee ons ʼn maatstaf van die inkomste verdien deur Suid-Afrikaners en elders in die
wêreld. ( Oplossings vir almal Ekonomie) (2x4)(8)
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE
3.1 3.1.1 TWEE tipes infrastruktuur
Vervoer & kommunikasie
Water en krag
Sosiale infrastruktuur
Finansiële infrastruktuur (Oxford Suksesvolle Ekonomie)
Geen voorbeelde (2x1)(2)
3.1.2 Die oorspronklike doel van die VOIK verklaring aan die Kaap was om …
Vars vrugte, groente en vleis te produseer en aan verbygaande skepe te
verskaf. (1x2)(2)
3.2 3.2.1 Gee die definisie van geld.
Geld is enigiets wat algemeen aanvaar word as ʼn betaalmiddel vir goedere en
dienste of enigiets wat aanvaar word as ʼn vorm van die opgaar/akkumulering van
rykdom.
(Oplossings vir almal Ekonomie)
Enige relevante definisie (2)
3.2.2 Na jou mening, is die stokvel ʼn belangrike deel van die finansiële stelsel in
Suid-Afrika? Motiveer jou antwoord deur gebruik te maak van die inligting in
die artikel.
Ja Moet ja/nee sê om 1 punt te kry en moet verduidelik
R44 bn word geinvesteer in stokvelle
11,4 m mense behoort aan stokvelle
811 830 stokvelle (Aanhaal van artikel statistieke 1 punt en
maksimum van 2 punte)
Eie mening – mense spaar
Voorheen benadeelde mense is toegang geweier na tradisionele
besparingsintrumente by finansiële instellings en het stokvelle gebruik om
aan hulle families te voorsien.
Enige relevante antwoord (4)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
3.2.3 Noem TWEE redes om eerder te behoort aan ʼn stokvel as om ʼn
spaarrekening by ʼn kommersiële bank te hê.
Geen minimum bedrag benodig om aan stokvel te behoort nie, maar banke het ʼn
minimum bedrag nodig.
Geen bankkoste met ʼn stokvel, waar ʼn bank bankkostes hef.
Stokvelle is tradisioneel en was die enigste manier vir die meerderheid van die
bevolking om te spaar in die apartheidsjare. Banke het toegang geweier tot
bankfasiliteite gedurende die apartheidsjare.
Mense vertrou die lid van die gemeenskap wat aan stokvel behoort, vertrou nie
banke nie.
Mense in landelike gebiede het nie maklike toegang tot banke nie, maar die lede
van die gemeenskap kan ʼn stokvel begin.
Geen papierwerk betrokke nie, slegs vertroue nodig om ʼn stokvel te begin, banke
benodig ʼn ID, bewys van woonadres om ʼn rekening te open.
Enige relevante antwoord (2x2) (4)
3.3 3.3.1 Definieer die konsep bevolkingsgroeikoers.
Bevolkingsgroeikoers meet die verandering in die bevolking van ʼn
land.(Oplossings vir almal Ekonomie)
Persentasie verandering in die grootte van die bevolking in vergelyking met die
vorige jaar. (Oxford Suksesvolle Ekonomie)
Enige relevante definisie (2)
3.3.2 Bereken die persentasie verhoging in die bevolking van 2006 tot 2015.
13.35% of 13% ( x ) (2)
3.3.3 Noem TWEE faktore wat die bevolkingsgroeikoers kan beïnvloed.
Fertiliteitskoers / Vrugbaarheidskoers / Geboortekoers
Mortaliteitskoers / Sterftekoers / Lewensverwagtingkoers
Netto migrasie (2x1)(2)
3.3.4 In jou mening, waarom is dit belangrik vir die regering om te weet wat die
bevolkingsgroeikoers is?
Vir die regering om beplanning te doen oor watter hulpbronne die inwoners in die
toekoms sal benodig.
Hulpbronne soos infrastruktuur, onderwys en gesondheid.
Enige relevante antwoord (2x2)(4)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
3.4 Vergelyk ruilhandel met die gebruik van werklike geld in ruil vir goedere.
Ruilhandel Werklike geld
1. Goedere word geruil vir 1. Goedere word geruil vir geld.
goedere. 2. Die waarde van goedere word
2. Partye moet onderhandel oor uitgedruk in terme van ʼn prys.
hoeveel van een goedere kan verruil 3. Daar is slegs die behoefte van een
word vir ander goedere. party vir goedere, waar die ander party
3. Partye kan goedere slegs verruil astevrede is met die geld, wat vir enige
beide partye die goedere doel aangewend kan word.
benodig. Moet vergelyk met ruilhandel –
As nie, maks 2 punte
Moet vergelyk met werklike geld – Maks 4 punte
As nie, maks 2 punte
Maks 4 punte
(2x4) (8)
3.5 Beskryf enige TWEE faktore wat ekonomiese ontwikkeling gedurende
die landbou- en mynboustadium bevorder het.
(i) Goudstandaard
Die ontdekking van goud in Suid-Afrika het plaasgevind in ʼn tyd toe
silwer nie meer beskou is as ʼn standaard vir internasionale
geldeenheid nie.
Die verandering aan ʼn goudstandaard verhoog die vraag na goud
dramaties.
(ii) Goedkoop arbeid
Plaaslike arbeid was ongeskoold en relatief skaars, maar gewillig om
vir lae lone te werk.
(iii) Beskikbaarheid van diamante en goud
Omdat slegs ʼn klein hoeveelheid van hierdie kosbare stene en metaal
beskikbaar is, was dit waardevol, uitvoer was maklik.
In al die belangrike lande was daar ʼn groot vraag vir goud en diamante en ʼn
gevestigde handelsmark het bestaan. (2x4) (8)
[40]
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE
4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat jy nodig het om te oorweeg wanneer
jy ʼn loopbaankeuse uitoefen.
Finansiële implikasies
Risikos
Belangstellings en vaardighede
Enige relevante antwoord (2x1) (2)
4.1.2 Wie teken die banknote in Suid-Afrika?
Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
Lesetja Kganyago (1x2) (2)
4.2 4.2.1 Definieer die term Uitvoere.
Uitvoere is goedere en dienste wat ons vervaardig en verkoop aan
die res van die wêreld. (Oplossings vir almal Ekonomie)
Uitvoere is goedere en dienste wat plaaslik vervaardig word en dan
verkoop word aan die buitelandse sektor. (Fokus Ekonomie)
Enige relevante definisie (2)
4.2.2 Bereken die BBP van 2014 deur die bestedingsmetode te gebruik.
Toon alle berekeninge.
BBP(E) = C + I + G + (X – M)
= 2 299 426 + 772 808 + 771 641+ (1 186 640 - 1 257 292)
= 3 773 223 (6)
4.2.3 Gee TWEE ander metodes om die BBP te bereken.
Inkomstemetode
Produksiemetode / Toegevoegde Waarde metode (2)
4.3 4.3.1 Definieer die term Feodalisme.
Feodalisme was ʼn sosiale, politieke en militêre stelsel wat die middeleeue
oorheers het in Wes-Europa. ( Oplossings vir almal Ekonomie)
ʼn Leenheerstelsel waar ʼn groot gedeelte van die gemeenskap as
kleinboere op die landgoed van die leenheer (eienaar) gewerk het in ruil
vir sy beskerming. (Fokus Ekonomie)
Enige relevante definisie (2)
4.3.2 Kies een van die woorde om Prente A-D te identifiseer.
Prent A – Merkantilisme
Prent B – Feodalisme
Prent C – Kommunisme
Prent D – Kapitalisme (4x1)(4)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
4.3.3 Wie was die vader van Kommunisme?
Karl Marx (2)
4.3.4 Kapitalisme word dikwels gekritiseer. Hoekom?
Vir die volgehoue sakesiklusse
Werkloosheid
Uitbuiting van arbeid
Gaping tussen ryk en arm
Enige relevante antwoord (1x2) (2)
4.4 Ontleed die fundamentele menseregte waaroor Suid-Afrikaanse burgers
beskik.
Ekonomiese ontwikkeling is gebaseer op drie kern menseregte, naamlik:
Reg op bevrediging van basiese behoeftes – alle mense het ʼn basiese behoefte vir
kos, skuiling en gesondheid. Sonder hierdie, kan hulle nie lewe nie. Die hoofdoel
van alle ekonomiese aktiwiteite moet dus wees om soveel moontlike mense te
voorsien van hierdie basiese oorlewingsbehoeftes.
Selfbeeld – alle mense het die reg om respek, erkenning, waardigheid en ʼn toekoms.
Vryheid – Alle mense het ʼn basiese menslike reg om vry van armoede, onkunde en
slawerny (om onder eienaarskap van ander) te wees. (Oplossings vir almal
Ekonomie)
Met die aanvaarding van ons grondwet, het Suid-Afrikaners regte verkry wat
voorheen van hulle weerhou is.
Reg tot billike arbeidspraktyke: Ons mag nie onbillik ontslaan word nie en daar
mag nie teen ons in die werksplek gediskrimineer word nie.
Reg tot onderwys/opleiding: Alle Suid-Afrikansers het die reg op basiese onderwys,
die reg om vaardighede aan te leer en opleiding te kry, wat hulle sal help om werk
te kry en produktiewe lede van die ekonomie te word.
Die reg op gesondheidsorg en veilige lewensomstandighede: Ons het almal ʼn reg
op veilige lewensomstandighede, goeie polisiemag en ʼn veilige en onbesoedelde
omgewing om in te leef.
Toegang tot ʼn basiese lewenstandaard: Ons regering het hom verbind tot die
verbetering van die lewensomstadighede en lewenstandaard van alle landsburgers
en probeer om huise, pensioene, kos en gesondheidsorg vir almal te voorsien.
(Fokus Ekonomie)
Menseregte is die basiese regte wat besit word deur alle mense.
Dit sluit in:
Politieke regte, die reg van alle volwassenes om te stem in vrye verkiesings en aan
ʼn politieke party te behoort.
Burgerregte, wat die reg insluit om regverdig en gelyk behandel te word en vryheid
van spraak te hê.
Ekonomiese regte, soos die reg om te werk en vaste eiendom te besit. (Oxford
Suksesvolle Ekonomie)
Noem van regte Maksimum 4 punte.
(4x2) (8)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
4.5 Gebruik die demografiese siklus om te verduidelik waar Suid-Afrika tans is
in die siklus. (Jy het nie nodig om die siklus te teken nie, verduidelik slegs
die fase of fases waarin Suid-Afrika is.)
• Suid Afrika is tussen die tweede deel van die derde-fase en die vierde-fase van die
demografiese siklus.
• In die tweede deel van die derde-fase, ʼn afname in die natuurlike bevolkingsgroei
vind plaas.
• Die afname is die gevolg van ʼn laer geboortesyfer in vergelyking met die
sterftesyfer.
• Dit is wat ons vind in gemeenskappe wat in die proses is van verstedeliking en
modernisering.
• Gedurende die vierde-fase, die geboortesyfer daal vinniger as die sterftesyfer en
gevolglik daal die natuurlike bevolkingsgroeikoers.
• Hierdie vinnige afname in die geboortesyfer is die resultaat van die besef deur ʼn
groot deel van die bevolking dat minder kinders, ʼn toename in lewenstandaarde
impliseer en die aanvaarding van gesinsbeplanning en
geboortebeperking.
• Die afname in die sterftesyfer is te danke aan beter toegang van mediese sorg en
meer bekostigbare gesondheidsorg. (4x2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
AFDELING C
Merk slegs die EERSTE vraag wat beantwoord word uit hierdie afdeling.
PUNTETOEKENNING VIR LANGVRAE:
STRUKTUUR VAN DIE LANGVRAAG PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed
(Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Asses-
seer/Debatteer
Maks. 10
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
kortliks
Gevolgtrekking Maks. 2
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE
Ekonomieë verander voortdurend. Die ekonomie van ʼn land het tydperke van
vinnige ekonomiese groei en tydperke van stadige of geen ekonomiese groei.
Bespreek die fases en redes van sakesiklusse. (26 punte)
Watter effek dink jy het sakesiklusse op die ekonomie? (10 punte) [40]
INLEIDING
Sakesiklusse verwys na die opswaaie en afswaaie van die ekonomiese aktiwiteite van
die ekonomie. (Oplossings vir almal Ekonomie)
OF Sakesiklusse is aanwysings van fluktuasies/veranderinge in die ekonomiese
aktiwiteite. (Fokus Ekonomie)
Enige relevante inleiding. (Max 2)
INHOUD
HOOFGEDEELTE
1. Fases van Sakesiklusse
1.1 Periode van Ressessie
Gedurende ʼn ressessie, gaan werksgeleenthede verlore en daar is
ʼn gevoel van pessimisme.
Indiensnamevlakke daal, en daar is ʼn afname in ekonomiese
aktiwiteit, terwyl die ekonomie afplat.
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
1.2 Periode van Depressie
Gedurende ʼn depressie is daar ʼn tekort aan geldaanbod wat lei tot
verdere afname in besteding.
Daar is ʼn negatiewe impak om investeringsbesteding.
As ekonomiese aktiwiteite op sy laagste is, sal ʼn trog bereik word.
Daar is mededinging vir werksgeleenthede en die koste van produksie
daal.
Dit moedig internasionale handel aan en lei tot ʼn herstel.
1.3 Periode van Herstel
Gedurende ʼn herstel, sal produksie styg en meer werksgeleenthede
geskep word.
Besigheidsvertroue styg en daar is ʼn styging in besteding deur
firmas.
Daar is toenemende ekonomiese aktiwiteite en die land betree ʼn
periode van voorspoed.
1.4 Periode van Uitbreiding
Gedurende ʼn periode van uitbreiding is daar ʼn groot graad van
optimisme.
Indiensnamevlakke styg, salarisse en lone styg en besteding neem
toe.
ʼn Piek word bereik.
ʼn Groter bedrag geld is in sirkulasie en dit lei tot ʼn inflasionêre situasie.
2. Redes vir Sakesiklusse
2.1 Eksogene faktore
Faktore wat afkomstig is van buite die ekonomiese stelsel en op te tree
as snellermeganismes vir inkrimpings en uitbreidings.
Voorbeelde:
o Tegnologie skokke
o Weerpatrone
o Regerings deur middel van besteding, belasting en regulasies
o Veranderinge in die mode en verbruikers se smake en
voorkeure. (Oplossings vir almal Ekonomie)
o Droogtes
o Hongersnood
o Oorlog
o Ander natuurrampe (Fokus Ekonomie)
o Strukturele veranderinge in die ekonomie (Oxford Suksesvolle
Ekonomie)
Strukturele veranderinge veroorsaak dat ekonomiese hulpbronne
oorbodig is in een sektor en beweeg na ʼn ander sektor.
Geldvoorraad verwys na die regering wat geldvoorraad of verhoog of
verlaag, wat ewewig verander in die markte.
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
2.2 Endogene faktore
Dit is faktore wat deel is van die ekonomiese sisteem.
Die uitbreidingsfase bevat ook meganismes wat uiteindelik ʼn inkrimping in
ekonomiese aktiwiteite veroorsaak.
As die vlak van ekonomiese aktiwiteit verhoog, verhoog die totale besteding
in die ekonomie ook.
Dit veroorsaak ʼn toename in invoere wat ʼn negatiewe invloed op die
betalingsbalans het en lei tot ʼn verswakking in die wisselkoers.
Toename in rentekoerse agv ʼn toename in lenings (negatiewe effek in die
ekonomie).
Positiewe persepsies van die ekonomie sal lei tot ʼn toename in besteding en
andersom.
Opskrifte & voorbeelde – Maks 8 (enkel punte)
(Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
3. Watter effek het sakesiklusse op die ekonomie?
3.1 Veranderinge in totale vraag en totale aanbod.
o In ʼn herstelperiode sal mense ʼn toename in vraag hê.
o Dit kan lei tot ʼn tekort aan goedere en dienste om aan die vraag te
voldoen.
o Besighede sal dan meer produseer.
o In ʼn resessie sal daar ʼn afname in die vraag na goedere en dienste
wees.
o Besighede sal ʼn surplus hê en produksie verminder.
3.2 Veranderinge in die groeikoers
o In ʼn afswaai sal daar minder ekonomiese groei wees en besighede sal
minder produseer.
o In ʼn opswaai sal daar ekonomiese groei wees, besighede sal meer
produseer om aan die groeiende vraag na goedere en dienste te
voldoen.
3.3 Veranderinge in indiensneming
o In ʼn afswaai sal besighede minder produseer en die resultaat sal wees
dat mense hulle werk verloor, werkloosheid sal verhoog.
o In ʼn opswaai sal besighede meer produseer en meer werkers aanstel,
werkloosheid sal verminder.
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
3.4 Veranderinge in prysvlakke
o In die vroeë stadiums van ʼn afswaai van die ekonomie, is pryse
gewoonlik baie hoog en kan selfs nog verhoog.
o Mense kan nie meer die goedere en dienste bekostig nie en sal
minder goedere en dienste koop.
o Dit sal lei tot ʼn afswaai.
o In die vroeë stadiums van ʼn opswaai, sal pryse laag wees en mense
sal meer goedere en dienste koop.
3.5 Veranderinge in wisselkoerse
o In die vroeë stadiums van ʼn afswaai in die ekonomie is daar ʼn
afname in die vraag na goedere en dienste van ʼn land en ʼn afname
in uitvoere.
o Daar sal ʼn afname in die vraag van daardie land se geldeenheid
wees en dit lei tot depresiasie of ʼn verswakte geldeenheid.
o In ʼn opswaai in die ekonomie is daar ʼn verhoogde vraag na ʼn land
se geldeenheid. Meer mense koop die land se goedere en dienste.
Dit lei tot appresiasie van die geldeenheid.
3.6Impak op die ekonomiese kwesbares
o Afswaai ontneem mense daarvan om hul basiese behoeftes aan o
kos, skuiling en klere te bevredig.
o ʼn Opswaai in die ekonomie sal lei tot hoër inkomste en uitgawes op
luukse items.
(Maks 10)
GEVOLGTREKKING
Sakesiklusse is langtermyn tendense en kan duur van 3 tot 5 jaar of selfs 10 jaar.
(Enige ander relevante gevolgtrekking)
(Maks 2) [40]
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE
Die druk van mededinging dwing baie banke om te sluit. Vandag bestaan die
banksektor in Suid-Afrika uit ʼn paar groot en finansiële sterk banke.
Bespreek die geskiedenis van bankwese in Suid-Afrika, met die klem op
vroeë ontwikkeling, private banke en imperiale banke. (26 punte)
Na jou mening, hoe het tegnologie die tradisionele bankaktiwiteite van
kommersiële banke verminder? (10 punte) [40]
INLEIDING
Die ontwikkeling van geld het dit nodig gemaak dat instansies gevestig word om
finansiële transaksies te hanteer. Enige ander relevante definisie. (Maks 2)
INHOUD
HOOFGEDEELTE
1. Vroeë ontwikkeling
• Die goudsmede was die eerste finansiële instansie, hulle het goud in veilige bewaring
gehou.
• Die eerste bank was die Lombard bank wat gestig is in 1793 en dit was besit en
beheer deur die regering.
• Die doel was om geld te voorsien in die tyd van ernstige tekorte.
• Hierdie bank ontvang geld van die VOIK.
• Hulle leen slegs geld aan diegene wat voldoende sekuriteit kan verskaf.
bv. land / goud
• Hierdie bank open distriktakke om voorsiening te maak vir die vraag en lenings in
landelike gebiede.
• Dit sluit in 1942.
2. Private banke
• Die eerste private bank is gestig in 1836 in Kaapstad.
• Meer banke is gestig in die Kaapkolonie, Natal en die Vrystaat.
• Dit was private distriksbanke wat besit en bestuur was deur die plaaslike mense.
• Die belangrikste funksie van die banke was om spaargeld te ontvang, uitreik van
banknote en krediet aan kliënte toe te staan.
• Teen 1861 was daar alreeds 27 private banke.
• Meeste van hierdie banke misluk omdat krediet te maklik toegestaan is/ geld word
geleen aan familie en vriende wat nie kon terugbetaal nie word.
• Daar was geen beperking op die uitreiking van note nie.
• Hulle was nie verplig om bankstate uit te reik nie.
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
Vraestel 1
3. Imperiale banke
• Was imperiale banke, omdat hoofkantore internasionaal was.
• Meeste private banke is oorgeneem deur Imperiale banke, omrede die
kapitalistiese aard van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
• Baie takke word geopen in Suid-Afrika.
• Die London Bank van Suid-Afrika open in 1861.
• ‘The Standard Bank of British South Africa’ is geopen in 1862.
• Hierdie banke was takke van suksesvolle buitelandse banke.
• Hulle het groot bedrae kapitaal en hul bedrywighede is behoorlik uitgevoer.
• Teen 1892 is byna alle private banke oorgeneem deur die imperiale banke.
• In 1927 is slegs 4 verskillende banke oor - Standard Bank, Barclay's Bank,
Nederland se Bank (Nedcor) en die Stellenbosch Distrik Bank.
Voorbeelde Maks 8 (enkel punte)
(Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
4. Hoe het tegnologie die tradisionele aktiwiteite van kommersiële banke
verminder?
• Met tegnologie het elektroniese bankdienste (e-bankwese) die gerieflik gemaak om
banktransaksies te doen.
• Die het begin met die gebruik van OTM’s en sluit nou telefoonbankdienste /
direkte rekeningbetalings /Elektroniese Geldoordrag (EFT)/selfoonbankdienste
en aanlynbankdienste.
• E-bankwese laat bank kliënte toe om besigheid te doen via die internet.
• Die bank is nie meer die belangrikste gebou wat jy besoek nie.
• Elektroniese bankwese verwyder die noodsaaklikheid van bankpersoneel wat
transaksies fasiliteer.
• Bankwese kan nou 24 uur ʼn dag gedoen word. (Internet) (Maks 10)
GEVOLGTREKKING
Vandag konsolideer banke veral om internasionale kapitaalmag te verkry, bv. die
oorname van ABSA deur Barclays.
Enige relevante gevolgtrekking (Maks 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
18
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7/v1-49bd3e0c5a901fd5b725/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04/v1-45a82003ea8857196a17/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%202020%20Exemplars%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4/v1-114feb56ce694adb0a24/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e/v1-ac41da032cea13d3b939/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper