Downloaded from hlayiso.com
testpapers.co.za
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
2015
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
13 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2015 papers %20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7/v1-49bd3e0c5a901fd5b725/card.webp)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)

%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)
Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 763.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Gauteng November Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1Basic Concepts & Basic Economic Problem21 marks
- Question 1.2Basic Concepts & Basic Economic Problem14 marks
- Question 1.3Basic Concepts & Basic Economic Problem6 marks
- Question 2Basic Concepts & Basic Economic Problem40 marks
- Question 3Growth, Development & Globalisation40 marks
- Question 4Growth, Development & Globalisation40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 2
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
VRAESTEL 1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
4. Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
7. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 25 MINUTE
1.1 Verskeie keuses word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv 1.1.9 C.
1.1.1 Ekonometrie handel oor …
A wêreldhandel en sluit die internasionale ooreenkomste wat
handel beheer in.
B die toepassing van statistieke in ekonomie.
C beleide van sentrale banke.
1.1.2 Wanneer ons onvoldoende hulpbronne het om ons behoeftes en
begeertes te bevredig.
A Arbeid
B Skaarsheid
C Kapitaal
1.1.3 Die ekonomiese kringloop wys nie die vloei van … nie.
A goedere.
B verbruik.
C inkomste.
1.1.4 Die algemene rigting van ekonomiese groei op ʼn sakesiklus word
aangedui deur …
A leidende aanwysers.
B die inkrimpingsfase.
C die tendenslyn.
1.1.5 Die afbreek van hindernisse vir die vrye beweging van goedere,
dienste en kapitaal sonder agting vir nasionale grense word …
genoem.
A immigrasie.
B globalisering.
C verstedeliking.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 4
1.1.6 ʼn Kenmerk van Suid-Afrika se vervaardigingsbedryf is dat dit …
A hoogs gekonsentreerd is.
B versprei is oor verskillende provinsies.
C geïsoleerd is van wêreldmarkte.
1.1.7 Betaling van jou rekeninge oor die internet is bekend as …
A werklike geld.
B inheemse geld.
C moderne geld.
1.1.8 Inligting oor die grootte van die bevolking en arbeidsmag word van
die … verkry.
A IMF
B SARB Kwartaallikse Bulletin
C sensus
(8x2) (16)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 5
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Positiewe stellings A Wys vir ons wat het met die ekonomie
gebeur
1.2.2 Geleentheidskoste B Uitbreiding van mag en invloed deur
beheer te neem oor swakker lande, en
sodoende die moederland te verryk
1.2.3 Lekkasies C ʼn Manier van lewe waar mense migreer
met kuddes om beter weiding en
waterbronne te vind
1.2.4 Sloerende aanwyser D Stellings wat gebaseer is op feite wat
bewys kan word
1.2.5 Nomadies E Eerste bank wat in die Kaap gestig is
1.2.6 Imperialisme F Van die inkomste verdien deur verbruikers,
sal slegs ʼn deel bestee word op plaaslike
goedere en dienste
1.2.7 Lombard Bank G Die waarde van die volgende beste
alternatief wat nie gekies is as ʼn keuse
gemaak is ten gunste van sekere goedere
1.2.8 Migrant H Stellings wat mense se menings uitdruk
I ʼn Persoon trek na ʼn ander gebied of land
op soek na werk
(8x1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 6
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn Studie van die ekonomiese gedrag van individuele verbruikers en
produsente, die faktore wat hul keuses beïnvloed, en hoe pryse
bepaal word
1.3.2 ʼn Ekonomie wat markte gebruik om die probleme van wat, hoe en
vir wie te produseer op te los
1.3.3 Betaal deur huishoudings en sake-ondernemings op hul inkomste
aan regerings
1.3.4 Die boonste draaipunt van die sakesiklus
1.3.5 Die beweging van mense om te woon en te werk in stede
1.3.6 Burgers wat die land verlaat om burgers van ʼn ander land te word
(6x1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 7
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van inspuitings in die ekonomiese
kringloop. (2x1) (2)
2.1.2 ... is goedere wat gekoop word deur produsente om te verbruik in
die produksieproses om meer goedere en dienste te produseer.
(1x2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.
Belangrikheid van die studie van Ekonomie
In moderne tye is die studie van ekonomie oneindig belangrik. Dit verskaf nie net
kennis nie, maar help ook om die verskillende probleme in die werklike lewe op te
los. Die belangrikheid van ekonomie in die verskillende gebiede van die menslike
bestaan word hieronder bespreek:
In die korrekte gebruik van hulpbronne: Ons kan leer oor die gebruik van
hulpbronne met die kennis van ekonomie. Die studie van ekonomie help ons om te
verstaan hoe om die maksimum uitset te produseer deur die korrekte gebruik van
beperkte hulpbronne.
In regeringsbestuur: Die kennis van ekonomie is onontbeerlik vir die ekonomiese
en ontwikkelingsaktiwiteite van die regering. Vir hierdie rede moet die politici en
regeringsamptenare behoorlike kennis van die geldstelsel, bankstelsel,
belastingstelsel, industriële en handelsbeleid, begroting, ens. hê. Die kennis van
ekonomie help in die bestuur van regeringsake.
Vir maatskaplike werkers: Ekonomie veroorsaak / lê aan die wortels van die
maksimum sosiale probleme. Die maatskaplike werkers moet kennis van
ekonomie hê om die probleme van armoede, werkloosheid, ongeletterdheid,
oormatige groei van die bevolking, gebrek aan behuising en mediese geriewe, ens.
op te los.
Bron: http://wikieducator.org/Concepts of Economics
2.2.1 Noem TWEE ander wetenskappe wat aan Ekonomie gekoppel is. (2)
2.2.2 “Ekonomie veroorsaak / lê aan die wortel van die maksimum
sosiale probleme.” Is dit ʼn positiewe of normatiewe stelling? Gee
redes vir jou antwoord. (4)
2.2.3 Dink jy die verwysing na “beperkte hulpbronne” in die artikel,
verwys na die produksiefaktore? Gee redes vir jou antwoord. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 8
2.3 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.
Skaarsheid is Oral
2.3.1 Definieer die konsep Ekonomie. (3)
2.3.2 Skaarsheid dwing ons om … (2)
2.3.3 “Skaarsheid is oral”. Is dit ook waar vir mense met ʼn hoër
inkomste? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.3.4 Verduidelik die begrip relatiewe skaarsheid. (4)
2.4 Verduidelik die verhouding tussen die deelnemers in ʼn vereenvoudige twee-
sektor ekonomiese kringloop. (4x2) (8)
2.5 Bespreek die verskil en die belangrikheid van BBP en BNI. (2x4) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 9
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE tipes infrastruktuur in ʼn land. (2x1) (2)
3.1.2 Die oorspronklike doel van die VOIK nedersetting aan die Kaap was
om … (2x1) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.
NEIGING: BEGIN ’N STOKVEL
Julie 1, 2014 deur Fin week Staff
Nuwe navorsing toon die stokvelmark is ongeveer R44 biljoen werd.
Die navorsingsgroep African Response berig dat meer as 11.4 miljoen mense
aan ‘n geskatte 811 830 stokvelle behoort.
Die term het blykbaar sy oorsprong uit roterende beesveilings (“stock fairs”).
In die 19de eeu het die Britse settelaars bestuur van geld geroteer t.o.v.
gereelde beesveilings. Tradisioneel behels ‘n stokvel die bydra van ʼn gelyke
bedrag elke maand, met ʼn uitbetaling van die maandelikse gesamentlike
besparings aan een lid op ʼn keer.
Terwyl tradisionele stokvelle steeds die gewildste is – insluitend besparings
spaargeld in ʼn gemeenskaplike poel, begrafnisverenigings en
kruideniersware-stokvelle – is beleggingsgroep-stokvelle besig om gewild te
raak onder hoër inkomstegroepe.
Stokvelle is ʼn goedkoper manier om te belê. Die grootste voordeel van die
aansluiting by ʼn stokvel is dat dit jou sal dwing om gedissiplineerd te spaar.
Immers, daar is geen druk, soos groepsdruk nie.
3.2.1 Gee die definisie van geld. (2)
3.2.2 Na jou mening, is die stokvel ʼn belangrike deel van die finansiële
stelsel in Suid-Afrika? Gee redes vir jou antwoord deur gebruik te
maak van die inligting in die artikel. (4)
3.2.3 Noem TWEE redes om eerder aan ʼn stokvel te behoort as om ʼn
spaarrekening by ʼn kommersiële bank te hê. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 10
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE BEVOLKING
SA BEVOLKING (in miljoene)
2015
Bron: www.tradingeconomics.com/statistiessouthafrica
Die bevolking van Suid-Afrika verteenwoordig 0.73 persent van die wêreld se totale bevolking
wat waarskynlik beteken dat een persoon in elke 138 mense in die wëreld ʼn inwoner
van Suid-Afrika is.
3.3.1 Definieer die konsep bevolkingsgroeikoers. (2)
3.3.2 Bereken die toename in die bevolkingspersentasie van 2006 tot
2015. (2)
3.3.3 Noem TWEE faktore wat die bevolkingsgroeikoers kan beïnvloed. (2)
3.3.4 Na jou mening waarom is dit belangrik vir die regering om te weet
wat die bevolkingsgroeikoers is? (4)
3.4 Vergelyk ruilhandel teenoor die gebruik van werklike geld in ruil vir goedere.(2x4) (8)
3.5 Beskryf enige TWEE faktore wat ekonomiese ontwikkeling gedurende die
landbou- en mynboustadium bevorder het. (2x4) (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat jy nodig het om te oorweeg wanneer
jy ʼn loopbaankeuse uitoefen. (2x1) (2)
4.1.2 Wie teken die banknote in Suid-Afrika? (2x1) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
AKTIWITEITE 2014
Verbruiksbesteding 2 299 426
Vergoeding van werknemers 1 732 809
Uitvoere 1 186 640
Owerheidsbesteding 771 641
Invoere 1 257 292
Huur 622 351
Winste 1 085 940
Rente 522 116
Investering (Beleggings) 772 808
[Bron: SARB Kwartaalikse Bulletin)
4.2.1 Definieer die term uitvoere. (2)
4.2.2 Bereken die BBP van 2014 deur die bestedingsmetode te gebruik.
Toon alle berekeninge. (6)
4.2.3 Gee TWEE ander metodes om die BBP te bereken. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 12
4.3 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.
Die Tarief van 1832
PRENT A
Landheer
Onderdane
Kleinboere
PRENT B
PRENT C PRENT D
Jy het twee koeie. Die regering vat
albei en gee jou bietjie melk.
4.3.1 Definieer die term Feodalisme. (2)
4.3.2 Kies een van die onderstaande woorde om Prente A – D te
identifiseer. Skryf slegs die woord langs die betrokke letter neer. (4)
Kapitalisme, Merkantilisme, Feodalisme en Kommunisme
4.3.3 Wie was die vader van Kommunisme? (2)
4.3.4 Kapitalisme word dikwels gekritiseer. Hoekom? (2)
4.4 Ontleed die fundamentele menseregte waaroor Suid-Afrikaanse burgers beskik.
(4x2) (8)
4.5 Gebruik die demografiese siklus om te verduidelik waar Suid-Afrika tans is in die
siklus. (Jy het nie nodig om die siklus te teken nie, verduidelik slegs die fase of
fases waarin Suid-Afrika is.) (4x2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
VRAESTEL 1 13
AFDELING C
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae van hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING:
Inleiding Maks. 2
Liggaam:
• Hoofgedeelte:
Bespreek/Vergelyk/Differensieer/Verduidelik/Analiseer Maks. 26
/Evalueer/Assesseer
• Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
Maks. 10
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi
die gegewe grafiek/ Bereken/Lei af/ Vergelyk/ Verduidelik/
Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks
Gevolgtrekking Maks. 2
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
Ekonomieë verander voortdurend. Die ekonomie van ʼn land het tydperke van vinnige
ekonomiese groei en tydperke van stadige of geen ekonomiese groei.
• Bespreek die fases en redes van sakesiklusse. (26 punte)
• Watter effek dink jy het sakesiklusse op die ekonomie? (10 punte)
[40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 35 MINUTE
Die druk van mededinging dwing baie banke om te sluit. Vandag bestaan die
banksektor in Suid-Afrika uit ʼn paar groot en finansiële sterk banke.
• Bespreek die geskiedenis van bankwese in Suid-Afrika, met die klem op vroeë
ontwikkeling, private banke en imperiale banke. (26 punte)
• Na jou mening, hoe het tegnologie die tradisionele bankaktiwiteite van
kommersiële banke verminder? (10 punte)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7/v1-49bd3e0c5a901fd5b725/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum