Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2018
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 1
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
11 bladsye
b.o.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7/v1-43ae3c3a55c11b666af6/card.webp)
%20%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006/v1-eff1872547cc2e58ad7f/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5f5a8c12-c75c-4de4-a0df-4bdd8362d8e1/v1-57c07c7f2ed564398198/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5334e44f-418f-4d66-8c2b-a05d4703e014/v1-533c85993a425b7a4f2c/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
View all

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Pages
- 11
- File size
- 276.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 2
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 1)
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1 Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.
2 Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae. Addisionele antwoorde
sal NIE nagesien word NIE.
3 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie
vraestel.
4 Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.
5 Lees die vrae noukeurig deur.
6 Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7 Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van die vrae oop.
8 Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoord ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
vrae.
9 Gebruik slegs blou of swart ink.
10 Jy mag ʼn niegeprogrammeerde sakrekenaar gebruik.
11 Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 20 PUNTE – 15 MINUTE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 - 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer. bv. 1.1.6. D
1.1.1 Ekonomie is ʼn sosiale wetenskap wat ʼn studie doen van hoe mense
hulle behoeftes en begeertes deur … bevredig.
A onbeperkte middele
B beperkte middele
C onbeperkte hulpbronne
D onbeperkte behoeftes
1.1.2 Dit is die vertakking van Ekonomie wat na die ekonomie as ʼn geheel
kyk, byvoorbeeld nasionale inkomste.
A Mikro-ekonomie
B Monetêre ekonomie
C Makro-ekonomie
D Ekonometrie
1.1.3 Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die
grense van ʼn land oor ʼn tydperk van ʼn jaar geproduseer word staan
bekend as …
A Bruto Binnelandse Produk (BBP).
B Bruto Nasionale Inkomste (BNI).
C Bruto Binnelandse Besteding (BBB).
D Ekonomiese kringloop.
1.1.4 Enige faktor, in die ekonomiese kringloopmodel, wat ʼn vermindering in
die bestedingsvloei veroorsaak, word … genoem.
A inspuitings
B nominale vloei
C lekkasies
D reële vloei
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 4
1.1.5 Wanneer daar vir ten minste twee opeenvolgende kwartale ʼn
negatiewe ekonomiese groei is word dit ʼn … genoem.
A ekonomiese groei
B inflasie
C piek
D resessie
(5x2) (10)
1.2 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die
ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ekonomiese A Besighede voorsien goedere en dienste
doeltreffendheid aan huishoudings, die regering en die
buitelandse sektor deur uitvoere via die
1.2.2 ʼn Mark goederemark.
1.2.3 Spare B Dit is die verskil tussen inkomste en
besteding.
1.2.4 Piek
C Die boonste draaipunt op die sakesiklus.
1.2.5 Vryheid
D Bring kopers en verkopers bymekaar met
1.2.6 Reële vloei die doel om handel te dryf
E Ontstaan wanneer hulpbronne, in die
produksie van goedere en dienste,
optimaal benut word
F Alle mense het ʼn basiese reg om vry van
armoede, onkunde en slawerny te wees.
G Goedere en dienste wat mense nodig het
om te oorleef
(6x1) (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 5
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term /
woord langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
Akronieme en afkortings word nie aanvaar nie.
1.3.1 Die ekonomiese vertakking wat die gedrag van die individuele
besluitnemingseenhede van die ekonomie soos huishoudings,
ondernemings en individuele verbruikers bestudeer
1.3.2 Dit is goedere met ʼn hoë waarde, soos masjinerie en gereedskap wat
gebruik word om ander goedere te produseer.
1.3.3 Dit is die belasting wat deur huishoudings en besighede op hulle
inkomste betaal word.
1.3.4 Sakesiklus-aanwysers wat aandui wat in die toekoms met
ekonomomiese aktiwiteite kan gebeur
(4x1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 6
AFDELING B
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2
MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE studievelde wat verband hou met Ekonomie.
(2x1) (2)
2.1.2 Wat is die verwantskap tussen skaarsheid en geleentheidskoste?
(1x2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
F
Ekonomiese Aktiwiteit
G
E
A
B
C
D
0
Tyd (in jare)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 7
2.2.1 Wat word bogenoemde grafiek genoem? (1)
2.2.2 Watter punt op die grafiek sal met die laagste BBP geassosieer word? (1)
2.2.3 Gee ʼn kort beskrywing van ekonomiese groei. (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks watter invloed sakesiklusse op ekonomiese groei
het. (2)
2.2.5 Hoe kan die regering werkloosheid in die ekonomie verminder?
(2x2) (4)
2.3 Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.
Stadstoere
Mike en Thabo het ʼn jaar gelede ʼn nuwe besigheid begin. Hulle besigheid is in
Kaapstad geleë en bied stadstoere vir toeriste aan. Gedurende die afgelope
jaar het hulle besigheid goed gevaar en het hulle ʼn netto wins na belasting van
R500 000 gemaak. Hulle kan nie besluit of hulle die wins moet gebruik om nog
ʼn toerbus vir hulle maatskappy te koop nie, en of hulle die geld as ʼn deposito
op ʼn gastehuis in Kaapstad moet gebruik om hul besigheid te diversifiseer nie.
[Bron: Geniet Ekonomie, Graad 10]
2.3.1 Hoeveel netto wins na belasting maak die besigheid in die bostaande
leesstuk? (1)
2.3.2 Identifiseer ʼn stelling uit die leesstuk wat daarop dui dat die besigheid
doeltreffend funksioneer. (1)
2.3.3 Wat beteken dit 'om hulle besigheid te diversifiseer' in die uittreksel? (2)
2.3.4 Demonstreer hoe hierdie uittreksel die probleem van skaarsheid van
hulpbronne illustreer. (2)
2.3.5 Gee ʼn kort verduideliking wat die verband tussen produksie, verbruik
en ruil is. (4)
2.4 Onderskei tussen vry goedere en ekonomiese goedere. (2x4) (8)
2.5 Demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse regering basiese dienslewering aan
ekonomies benadeelde mense bied om daardeur hulle lewenstandaard te
verbeter. (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 8
VRAAG 3 40 PUNTE – 30 MINUTE
MAKRO-EKONOMIE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE tipes markte in die ekonomiese kringloop. (2x1) (2)
3.1.2 Wat is die doel van die tendenslyn in die sakesiklus? (1x2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
Eers was dit
beurtkrag, nou
is dit water-
beperkings
Ek wonder wat
volgende kom.
[Source: www.google.com]
3.2.1 Watter produksiefaktor word in die spotprent uitgebeeld? (1)
3.2.2 Watter ekonomiese sektor word deur die scenario geraak? (1)
3.2.3 Gee ʼn kort beskrywing van die term relatiewe skaarsheid. (2)
3.2.4 Wat kan die regering doen om die waterkrisis op te los? (2)
3.2.5 Wat is die invloed van die bogenoemde situasie op die ekonomie? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 9
3.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
Bestedingskomponent Rand (biljoen)
Verbruiksbesteding 1 473
Owerheidsbesteding 505
Investering 468
Uitvoere 657
Min Invoere (678)
BBP teen markprys 2 425
Faktorinkomste deur Suid-Afrikaners oorsee verdien 34
Faktorinkomste in Suid-Afrika deur buitelanders verdien (87)
BNI A
[Bron: Suid-Afrikaanse Reserwebank]
3.3.1 Watter metode is in die bostaande tabel gebruik om die BBP te
bereken? (1)
3.3.2 Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die publikasie van
bogenoemde data. (1)
3.3.3 Gee ʼn kort beskrywing van die term faktorinkomste. (2)
3.3.4 Noem die ander TWEE metodes wat gebruik word om die BBP te
bereken. (2)
3.3.5 Bereken die waarde by A in bogenoemde tabel. Wys alle berekeninge. (4)
3.4 Onderskei tussen lekkasies en inspuitings in die ekonomie. (2x4) (8)
3.5 Hoe dra huishoudings by tot groei in die ekonomie? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
(Vraestel 1) GRAAD 10 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde respons.
ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip of sleutelwoord van
die vraag te definieer. Maks. 2
Moenie in die inleiding enige gedeelte van die vraag insluit nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud / liggaam
herhaal nie.
Vermy deur in die inleiding te herhaal wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Diepgaande bespreking /
Ondersoek / Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei
/ Verduidelik / Assesseer / Debatteer Maks. 26
Addisionele gedeelte: Gee eie menings / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Maks. 10
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks /
Hoe? / Stel voor
Slot
Enige hoë-orde slot behoort die volgende in te sluit:
ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
Maks. 2
enige feite wat reeds genoem is
Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is
Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking / analise
kan versterk
ʼn Opponerende / teenstrydige sienswyse met ʼn motivering, indien
verlang
Aanbevelings
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
11
(Vraestel 1) GRAAD 10
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Gee ʼn volledige bespreking van die VIER hoofdeelnemers in die Ekonomiese
kringloopmodel van ʼn oop ekonomie. (26)
Beskryf die verhouding tussen besparings/spare en investering. (10)
[40]
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Gee ʼn volledige uiteensetting van die fases van die sakesiklus. (26)
Evalueer krities die invloede / gevolge van besigheidsiklusse in die ekonomie. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
EINDE
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
GR10-S2-ECONOMICS-QP-P2-S2-AFR.pdf
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7/v1-43ae3c3a55c11b666af6/card.webp)
Question paper
Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006/v1-eff1872547cc2e58ad7f/card.webp)
Question paper
Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) 2023 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5f5a8c12-c75c-4de4-a0df-4bdd8362d8e1/v1-57c07c7f2ed564398198/card.webp)
Question paper
Gr10 EC P1 (AFR) June 2022 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5334e44f-418f-4d66-8c2b-a05d4703e014/v1-533c85993a425b7a4f2c/card.webp)
Question paper
Gr10 EC P1 (ENG) June 2022 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
Memorandum
Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 10 Economics
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023-24.pdf

Question paper and memo
LP-SS-Economics-Grade-10-September2025-QP-and-Memo.pdf
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
Question paper and memo
KZN-Economics-Grade-10-March-2024-QP-and-Memo_hlayiso.com_.pdf
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum