Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2018
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 2
NASIENRIGLYNE
17 bladsye
Skip to contentAll 2018 papers %20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751/v1-05699fe19dd17d5d4943/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
%20June%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2097fef5-02d5-478c-87c5-6ec360190422/v1-595d98e4bc6f31db66ed/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--7c12cdd0-6d92-4fb6-95d4-f2a8ae4ac330/v1-9cdc4d4f4c03bea2dd9e/card.webp)
View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 490.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Gauteng June 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 2)
NASIENRIGLYNE
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C Homogene produkte
1.1.2 B Indifferensie
1.1.3 C Botter
1.1.4 A ʼn Arbeidsurplus
1.1.5 D Tekort (5x2) (10)
1.2 PASITEMS
1.2.1 B Belasting op goedere en dienste gehef, en nie op inkome en
wins nie.
1.2.2 G Die waarde van die alternatief wat nie gekies is nie en opgeoffer
is wanneer ʼn keuse gemaak word.
1.2.3 F Wêreldwye ekonomiese interaksie met handel as die
belangrikste element.
1.2.4 C ʼn Grafiek, wat die kombinasie van twee produkte wat met alle
beskikbare hulpbronne geproduseer kan word, aandui.
1.2.5 A Die hoeveelheid goedere wat teen ʼn spesifieke prys aangebied
en verkoop is en waarmee die vraag heeltemal tevrede is.
1.2.6 D Goedere wat deur die staat voorsien word om die welvaart van
landsburgers te verbeter.
(6x1) (6)
1.3 TERMINOLOGIE
1.3.1 Openbare sektor
1.3.2 Mikro-ekonomie
1.3.3 Subsidie
1.3.4 Marginale nut (4x1) (4)
TOTAAL AFDELING A: [20]
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord enige EEN van die twee vrae.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae:
2.1.1 Noem TWEE funksies van markte
Markte allokeer hulpbronne
Markte is self-regulerend
Markte bring produsente en verbruikers bymekaar
(Enige 2x1) (2)
2.1.2 Wat is markewewig?
Markewewig is waar die aanbod van ʼn produk en die vraag na daardie
produk gelyk is. (1x2) (2)
2.2 Data Respons
2.2.1 Identifiseer die gebou wat in die spotprentjie getoon word.
Die parlementsgebou (1)
2.2.2 Vir watter geleentheid was hierdie spotprent geteken?
Die begrotingsrede (1)
2.2.3 Verduidelik die tipe belasting waarna in die spotprent verwys word, en
gee ʼn kort verduideliking wat die man se woorde: “gaan julle op?” met
betrekking tot die belasting, beteken.
Die spotprent verwys na indirekte belasting.
Dit is verbruiksbelasting en word op produsente en verbruikers van
goedere en dienste gehef.
Dit is belasting wat betaal word wanneer geld op produkte bestee
word, bv. BTW, aksynsbelasting, doeanebelasting en
brandstofheffings.
“gaan julle op?” verwys na die feit dat die Minister van Finansies
heel moontlik hierdie belasting in die begroting gaan verhoog.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
2.2.4 Bespreek TWEE redes waarom die regering ʼn zero BTW-koers op basiese
voedselsoorte en brandstof gehef het.
Om die armer mense te beskerm, omdat hulle ʼn groot deel van hulle
inkomste op basiese voedselsoorte soos mieliemeel, rys, vrugte en groente,
spandeer.
Om voedsel bekostigbaar vir die armes te maak omdat hulle inkomste laag
is.
Daar word aksynsbelasting op brandstof gehef en as daar BTW ook gehef
word is dit dubbelbelasting.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)
2.3 Data Respons
2.3.1 Watter warmbrak gee die grootste bevrediging?
Die 1ste / eerste warmbrak gee die grootste bevrediging. (1)
2.3.2 Identifiseer die warmbrak wat geen ekstra bevrediging gee, wanneer dit
verbruik word nie.
5de / vyfde warmbrak gee geen ekstra bevrediging nie (1)
2.3.3 Bereken die waardes van A en B in die tabel.
A = 45
B = 115 (4)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
2.3.4 Gebruik die inligting uit tabel en teken ʼn volledig benoemde grafiek van die
marginale nut.
Marginale nut
60
50
40
30
Nut 20
Marginale nut
10
0
1 2 3 4 5 6
-10
-20
Hoeveelheid warmbrakke
Hoeveelheid / X as = 1 punt
Nut / Y as = 1 punt
Kurwe korrek geteken = 2 punte
Maks = 4 punte
2.4 Onderskei duidelik tussen prysplafonne en prysvloere.
Prysplafonne (maksimum pryse)
Dit is die hoogste prys waarteen ʼn produsent ʼn produk kan verkoop.
Pryse mag nie hoër as die plafon styg nie, dit is bokant ʼn bepaalde maksimum prys.
Die plafon dwing die pryse af.
Indien die staat voel dat produsente pryse in sommige markte te hoog druk, kan die
regering inmeng deur subsidies aan ondernemings te betaal om daardeur pryse te
verlaag.
Voorbeelde is: verhuringsbeheer, mediese produkte, brood, meel en elektrisiteit.
(maks 4)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
Prysvloere (minimum pryse)
Prysvloere beskerm produsente teen lae pryse en swak winste.
Die staat mag voel dat pryse in sommige markte te laag is en dan is dit nodig om
verskaffers te ondersteun.
In hierdie geval kan die regering by markte inmeng deur ʼn minimumprys vas te stel.
ʼn Klomp produsente, soos boere, ervaar sterk mededinging van ander verskaffers.
Alhoewel die regering gelukkig voel as verbruikers bekostigbare pryse betaal, is dit
steeds belangrik dat produsente ʼn wins moet maak sodat hulle in die mark moet bly,
anders sal werkloosheid verhoog. (maks 4)
(4 x 2) (8)
2.5 Gee ʼn volledige bespreking van die redes waarom die regering subsidies toestaan.
Om verbruikers te bevoordeel omdat gesubsidieerde goedere goedkoper is
Indien die staat produkte susidieer is die verbruiker in staat om goedkoper produkte
te koop.
Om uitvoere te bevorder.
Produkte is goedkoper in ander lande omdat die regering uitvoer-besighede
subsidieer.
Om nuwe ondernemings te bevorder.
Die produksiekoste word verminder en dit is vir nuwe besighede makliker om
opgerig te word, omdat hulle van die begin af ondersteun word.
Om werksgeleenthede te bevorder.
As nuwe en baie besighede tot die mark toetree, sal werksgeleenthede verhoog en
dit kan die land se werkloosheidskoers verlaag.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (8)
[40]
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE
3.1 Beantwoord die volgende vrae:
3.1.1 Gee enige TWEE eienskappe van nut
Nut verskil van plek tot plek
Nut verskil van tyd tot tyd.
Nut verskil van persoon tot persoon.
Daar is geen standaardmanier waaraan iemand se tevredenheid of nut
gemeet kan word nie. (Enige 2x1) (2)
3.1.2 Hoe beïnvloed die wet van dalende nut die hoeveelheid verbruik?
Soos wat verbruik toeneem sal die ekstra bevrediging wat daardeur verkry
word afneem. Verbruikers sal nie aanhou om verbruik te verhoog indien dit
nie hulle ekstra bevrediging verhoog nie.
3.2 Datarespons
3.2.1 Beskryf die helling van die aanbodkurwe.
Die aanbodkurwe het ʼn positiewe helling / het ʼn opwaartse helling van links na
regs. (1)
3.2.2 Identifiseer hoeveel geproduseer is voordat die subsidie betaal is.
He (1)
3.2.3 Dui aan wat met die prys en hoeveelheid in die grafiek gebeur het en
waarom?
Aanbod het na H1 verhoog, omdat produsente nou meer geld beskikbaaar het
om meer grondstowwe en materiaal aan te koop en dan meer kan
produseer.
Die prys het na P1 gedaal omdat regeringsubsidies produsente in staat stel
om teen ʼn laer prys te verkoop. (2x2) (4)
3.2.4 Verduidelik die wet van aanbod.
Volgens die wet van aanbod is daar in direkte verband tussen aanbod en
prys.
Indien pryse styg sal die hoeveelheid aangebied ook styg en omgekeerd. Dit
is as gevolg van die feit dat produsente meer kan aanbied indien hulle meer
per eenheid vir hulle produkte kan kry.
Daar is ʼn positiewe verwantskap tussen prys en die hoeveelheid
aangebied. (Enige 2x2) (4)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
3.3 Data Respons
3.3.1 Waarvoor staan die akroniem LMSA?
LMSA – Lughawens Maatskappy Suid-Afrika (1)
3.3.2 Noem EEN strategie, volgens die gevallestudie, wat die lugdiensbedryf
verander het.
Mededinging (1)
3.3.3 Die skrywer sê: “Jy sal taxitariewe kan verhoog en vir die passasiers sê om
dit eenvoudig te aanvaar”. Verduidelik kortliks waarom hy hierdie stelling
maak.
Passasiers het nie insae in die taxitariewe nie en het ook nie ʼn keuse om die
dienste te gebruik nie. Hulle het die vervoer baie nodig.
Daarom sal passasiers die tarief wat deur taxi-eienaars gevra word, moet
betaal.
Passasiers het geen ander betroubare, goedkoper alternatiewe vervoer in
Suid-Afrika nie, dus moet hulle taxi’s gebruik.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)
3.3.4 Bespreek watter faktore kan bydra om die taxibedryf in Suid-Afrika ʼn
volmaakte mededingende mark te maak.
Daar moet meer taxi-eienaars wees wat ʼn vervoerdiens aanbied
Hulle moet prysnemers wees
Daar mag geen toetredingsversperrings wees nie
Taxi-bestuurders moet in staat wees, om die mark vrylik te verlaat of toe te
tree
Taxi-eienaars en passasiers moet volledige inligting hê.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)
3.4 Onderskei tussen komplementêre produkte en substituutprodukte
Komplementêre produkte
Dit is produkte wat saam gebruik word, om behoeftes te bevredig.
Hierdie produkte kan nie onafhanklik gebruik word nie.
Produkte wat saam met mekaar gebruik moet word.
Bv., ʼn DVD en ʼn DVD-speler. (maks 4)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
Substituutprodukte
Dit is produkte wat met ander produkte vervang kan word om dieselfde behoefte
bevrediging te verkry.
Die produkte is amper dieselfde en kan gekoop of gebruik word in plaas van die
oorspronklike produk.
Gewoonlik is die substituutproduk goedkoper.
Bv. botter en margarien. (maks 4)
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (4x2) (8)
3.5 Bespreek die eienskappe van indifferensiekurwes.
Het altyd ʼn afwaartse helling / negatiewe helling
As die hoeveelheid van een produk verhoog, moet die hoeveelheid van die ander
produk veminder. Die kurwe verteenwoordig al die moontlike kombinasies wat
dieselfde nut gee. Die helling van die kurwe wys die marginale vervangingskoers.
Hoër indifferensiekurwes word bo laer kurwes verkies
Daar is oneindig baie verskillende kombinasies tussen twee produkte wat verbruikers
van kan kies. Hoe verder die kurwe van die oorsprong af beweeg hoe groter is die
vlak van verbruikersbevrediging.
Hulle buig inwaarts (konveks)
Die helling van die indifferensiekurwe verteenwoordig die marginale
vervangingskoers (MVK). Dit is die koers waarteen verbruikers die een produk
(waarvan daar ʼn groter hoeveelheid is) teen die ander produk (waarvan daar ʼn
kleiner aanbod is) teenoor die ander afspeel.
Indifferensiekurwes sny of kruis mekaar nie
Omdat al die punte op die kurwe dieselfde nut aan verbruikers gee, en omdat al die
verskillende kombinasies van die twee produkte op ʼn bepaalde kurwe dieselfde
bevrediging gee, beteken dit dat alle punte altyd dieselfde bevrediging sal gee. Dit is
dus onmoontlik vir die verbruiker om afsydig te wees.
Kurwe vorms verskil van verbruiker tot verbruiker
ʼn Indifferensiekurwe weerspieël die voorkeure en nut wat deur individuele verbruikers
verkry word. (8)
(Noem / net die grafiek = Maks 4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK voorsien.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE
TOEKENNING
Inleiding: Maks. 2
Die inleiding is ʼn lae-orde antwoord.
ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraag verband
hou, te bepaal en te omskryf.
Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in jou hoofdeel insluit nie.
Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die hoofdeel gaan
bespreek.
Inhoud: Maks. 26
Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Assesseer /
Kritiese bespreking / Analiseer / Ontleed / Vergelyk / Evalueer /
Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Ondersoek
Ekstra deel: Gee jou eie mening / Gee ʼn kritiese bespreking / Maks. 10
Evalueer / Evalueer Krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik
die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
Bereken / Vergelyk / Verduidelik / Lei af / Onderskei / Interpreteer/
Debatteer kortliks / Hoe / Gee ʼn voorstel
Gevolgtrekking: Maks. 2
Enige hoë orde gevolgtrekking kan die volgende insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat alreeds
genoem is te herhaal.
Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is.
Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking /analise
kan versterk.
ʼn Opponerende / teenstrydige sienswyse met ʼn motivering, indien
verlang.
Aanbevelings
TOTAAL 40
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE
Bespreek volledig, met grafieke, hoe die kragte van vraag en aanbod die ewewigsprys in
die produktemark bepaal. (26)
Verduidelik die faktore wat die vraag na ʼn produk beïnvloed. (10)
(40)
INLEIDING:
Produkmarkte ontstaan wanneer ondernemings goedere en dienste aan huishoudings /
verbruikers aanbied en hulle dit moontlik wil koop. Pryse en hoeveelhede word volgens die
interaksie tussen kopers en verkopers bepaal.
(Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2)
INHOUD:
HOOFDEEL:
VRAAG
Die vraag is die hoeveelheid van ʼn produk of diens wat verbruikers bereid en in staat is om
teen ʼn sekere prys oor ʼn tydperk te koop.
WET VAN VRAAG
Die wet van vraag bepaal dat indien die prys van ʼn produk styg, sal die hoeveelheid gevra
van daardie produk afneem. Indien die prys van ʼn produk daal, sal die hoeveelheid gevra
na daardie produk toeneem.
VRAAGKURWE
Die vraagkurwe dui die hoeveelheid van ʼn produk, wat teen verskillende pryse gevra word,
aan.
Dit het ʼn afwaartse helling van links na regs. Dit dui op ʼn negatiewe helling.
Dit is as gevolg van die omgekeerde verhouding wat tussen die prys van ʼn produk en die
hoeveelheid gevra van die produk bestaan.
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
P
D
(Max 4)
Prys
DV
0
Q
Hoeveelheid
Hoeveelheid / x as = 1 punt
Prys / y as = 1 punt
Vraagkurwe korrek geteken = 2 punte
Maks. = 4 punte
AANBOD
Die aanbod is hoeveelheid van ʼn produk of diens wat produsente bereid en in staat is om
oor ʼn tydperk teen ʼn sekere prys aan te bied.
Wet van aanbod
Die wet van aanbod bepaal dat as die prys van ʼn produk styg, sal die hoeveelheid van die
produk aangebied toeneem. Indien die prys van ʼn produk daal sal die hoeveelheid van die
produk aangebied afeem.
Daar is ʼn direkte verwantskap tussen hoeveelheid en die prys.
Aanbodkurwe
Die aanbodkurwe toon die hoeveelheid van ʼn produk, wat teen verskillende pryse
aangebied word.
Dit loop opwaarts van links na regs. Dit dui op ʼn positiewe helling.
Dit dui op die direkte verhouding tussen die prys van ʼn produk en die hoeveelheid
aangebied van die produk
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
(Max 4) S
P
P
r
y
s
0 Q
Hoeveelheid
Hoeveelheid / x as = 1 punt
Prys / y as = 1 punt
Vraagkurwe korrek geteken = 2 punte
PRYSVORMING
Dit is die prys wat onstaan wanneer kopers (verbruikers) en verkopers (verskaffers) met
mekaar ooreenstem, dit is waar vraag en aanbod gelyk is
Markewewig
Markte funksioneer die beste wanneer die hoeveelheid vraag deur huishoudings gelyk is
aan die hoeveelheid aangebied deur maatskappye
Ewewigsprys (Markprys)
Dit is die prys waarteen vraag en aanbod gelyk is. / Dit is die prys waar die hoeveelheid
vraag gelyk is aan die hoeveelheid aangebied
Ewewigshoeveelheid
Dit is die hoeveelheid goedere wat geproduseer en verkoop word teen ʼn spesifieke prys ten
einde die huishoudelike vraag ten volle te bevredig en waar daar geen oorblywende
goedere en dienste is nie. Dit is waar die hoeveelheid aanbod gelyk is aan die hoeveelheid
vraag
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
S
P D
Prys
D
S
Q
Hoeveelheid
Hoeveelheid / x as = 1 punt
Prys / y as = 1 punt
Ewewigspunt = 2 punte
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, sub-opskrifte of voorbeelde) (Maks 26)
ADDISIONELE DEEL:
Faktore wat vraag beïnvloed
Die prys van die produk
Wanneer die prys laag is, sal verbruikers meer vra en wanneer die die prys hoog is, sal
verbruikers minder vra
Verbruikers se smake, voorkeure en koopgewoontes
Die vraag na goedere waarvan die verbruiker hou sal hoër wees as die vraag na goedere
waarvan die verbruiker nie hou nie
Verbruiker se inkomste
Indien die inkomste van verbruikers toeneem sal hulle meer produkte vra omdat hulle dit
nou kan bekostig.
Die beskikbaarheid en die prys van substituutprodukte / plaasvervangers
Wanneer ʼn produk nie ʼn nabye substituut het nie en die prys van die produk styg, sal
verbruikers dit steeds vra omdat hulle nie ʼn ander keuse het nie. Indien daar ʼn
substituutproduk is kan verbruikers meer van die ander produk-keuse vra indien die
produk te duur is
Die beskikbaarheid en die prys van komplementêre / aanvullende produkte
Indien die komplementêre produk goedkoop en beskikbaar is sal die vraag na die produk
toeneem
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 10)
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
Gevolgtrekking
Die ewewigsprys is nie staties nie maar dinamies. Dit kan enige tyd verander.
Indien verbruikers die vraag na ʼn produk verander, of indien produsente die aanbod van die
produk verander, sal pryse ook verander.
(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2)
[40]
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
Gee ʼn volledige bespreking van die eienskappe van volmaakte- en onvolmaakte markte.
(26)
Watter stappe kan die regering neem om markmislukkings te voorkom? (10)
(40)
Inleiding:
ʼn Mark bestaan waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om goedere en dienste teen ʼn
prys uit te ruil
ʼn Mark is enige plek waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om die prys en
hoeveelheid van goedere en dienste, wat uitgeruil word, te bepaal.
(Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Max 2)
Inhoud
HOOFDEEL:
VOLMAAKTE MARKTE
ʼn Volmaakte mark is waar geen aanbieder / verskaffer in staat is om die die prys te manipuleer
nie
Die eienskappe van ʼn volmaakte mark is as volg:
Aantal kopers en verkopers
Daar is ʼn groot aantal kopers en verkopers. Geen individuele deelnemer kan die prys
van ʼn produk, deur hulle eie vraag of aanbod van goedere, beïnvloed nie
Aard van die produk
Goedere en dienste wat aangebied word is homogene produkte. Koppies, borde,
tandepasta, skoene en seep is voorbeelde van produkte wat gewoonlik in massa
geproduseer word.
Die produkte wat aangebied word is min of meer almal dieselfde (identies)
Hierdie produkte dien dieselfde doel en is gewoonlik maklik om te produseer. Dit word
weerspieël deur ʼn groot aantal verskaffers van die produk wat meeding vir verkope, wat
pryse laag hou
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
Toetredingsversperrings
Verkopers het onbeperkte en maklike toetrede en uittrede tot die mark / Verkopers kan die
mark vrylik betree of verlaat
Verkopers kan die mark na willekeur betree. As hulle die mark betree, sal hulle in staat
wees om hulle produkte net so maklik soos enige ander verkoper te verkoop. Hulle kan
ook wanneer hulle wil, die mark verlaat
Beskikbaarheid van inligting
Hierdie markte het volmaakte of volledige inligting. Kopers weet presies wat elke verkoper
se prys is
Daar is ook volledige inligting omtrent marktoestande aan produsente en verbruikers
beskikbaar
Vermoë van verskaffers om die prys te verander
Die verkoper het geen beheer oor die pryse nie. Hulle is prysnemers
Verkopers moet die heersende markprys aanvaar. Indien hulle pryse hoër is as die
heersende markprys, sal hulle niks verkoop nie. Geen verskaffer kan die markprys
beïnvloed nie
In werklikheid is daar min volmaakte markte. Sekere sektore soos die mynbousektor (bv.
olie en goud) , landbousektor bv. (vleis en mielies) en die Johannesburgse
aandelebeurs (JSE)
ONVOLMAAKTE MARKTE
Onvolmaakte markte is markte waar verskaffers die prys kan manipuleer. Daar is drie
tipeS onvolmaakte markte nl. monopolieë, oligopolieë en monopolistiese mededinging
Die eienskappe van ʼn onvolmaakte mark is die volgende:
Aantal kopers en verkopers
Daar is net een groot verskaffer van ʼn produk en diens (monopolie) of ʼn paar groot
verskaffers (oligopolie)
Hierdie verskaffers het direkte invloed op die produkprys en word nie deur mededinging
teruggehou nie en is in staat om pryse te beïnvloed. Daar kan ook baie verskaffers wees
terwyl net een produsent ʼn beduidende verandering na die vraag vir ander produsente se
produkte kan hê (monopolistiese mededinging)
Aard van die produk
Produkte en dienste wat aangebied word is heterogene of unieke produkte
Produkte in die mark verskil aansienlik van mekaar en verbruikers soek ʼn spesifieke
gehalte van elke produk
Die verkoper voorsien unieke produkte wat geen naby substitute het nie
Hierdie produkte kan ten opsigte van prys, kenmerke en bonusse verskil. Produkte verskil
weens ligging of reklame / advertensie
Vermoë van verskaffers om die prys te verander
Die verkoper het beheer oor die prys, hulle is prysbepalers / prysmakers
Produsente van goedere en dienste kan pryse vasstel en kopers is nie in staat om op
enige beduidende manier vir pryse te beding of te beïnvloed nie
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 2) GRAAD 10
Beskikbaarheid van inligting
Hierdie markte het onvolmaakte inligting
Produsente en verbruikers het onvolledige inligting ten op sigte van marktoestande
Dit is moeilik, en soms onmoontlik, vir kopers om uit te vind wat die pryse van ʼn produk in
die mark is
Toetredingsversperrings
Toegang tot die mark is beperk of heeltemal geblokkeer sodat nuwe verskaffers nie die
mark kan betree nie
Ander verkopers word verhoed om tot die mark toe te tree
Verkopers word teen mededinging beskerm deur middel van patente, beheer oor
hulpbronne en regeringsbeperkings
Voorbeelde van onvolmaakte markte is: Eskom, Telkom, DSTV, selfoonmaatskappy,
brandstof vulstasies, restaurante, rekenaar en motor vervaardigers.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 26)
ADDISIONELE DEEL:
Die staat kan sekere goedere en dienste aan die publiek voorsien
bv. Eskom
Die staat se fondse kan gebruik word om openbare goedere en dienste te verskaf
Die regering kan wette instel wat mededinging bevorder en prysvasstelling verbied
Hulle kan die verkoop van sigarette aan kinders verban en die gebruik van sekere
produkte kan voorkom word, bv. dwelmverkope
Die regering kan maksimum werksure en minimum lone vir sekere werke instel
Hulle kan inkome ongelykheid- en regverdigheidskwessies in die werkplek hanteer
Fiskale beleidsmaatreëls, wat huishoudings help om hulpbronne effektief aan te wend, kan
ingestel word
Indirekte belasting soos sondebelasting op drank en sigarette kan verhoog word
Subsidies of belastingverligting kan aan ondernemings wat produkte produseer, gebied
word
Welsynsbetalings aan sekere individue soos bv. enkelouers en gestremde mense, kan
aangepas word
Die regering kan inligting aan markte voorsien ten opsigte van al die werklike kostes en
voordele wanneer sekere produkte en dienste gebruik word bv. bemarkingsveldtogte om
publieke vervoer te bevorder
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 10)
Gevolgtrekking
Markte speel ʼn noodsaaklike rol in die ekonomie. Markmislukkings sal altyd in ʼn ekonomie
voorkom, maar dit kan deur owerheidsinmenging opgelos word
(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2)
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
17
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751/v1-05699fe19dd17d5d4943/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6/v1-515bfd96193ef38bbf6d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2097fef5-02d5-478c-87c5-6ec360190422/v1-595d98e4bc6f31db66ed/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2016 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd/v1-4fd7f02f56dc2c2e6105/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--7c12cdd0-6d92-4fb6-95d4-f2a8ae4ac330/v1-9cdc4d4f4c03bea2dd9e/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper