Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2018
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 1
NASIENRIGLYNE
15 bladsye
Skip to contentAll 2018 papers %20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3/v1-56a0c523d3c9c11bb0ae/card.webp)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e/v1-ac41da032cea13d3b939/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a/v1-91bc50550844c4cc7456/card.webp)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751/v1-05699fe19dd17d5d4943/card.webp)
View all

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)


%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 236.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Gauteng June 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE GRAAD 10
(Vraestel 1)
AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1:
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B beperkte middele
1.1.2 C Makro-ekonomie
1.1.3 A Bruto Binnelandse Produk (BBP)
1.1.4 C lekkasies
1.1.5 D resessie
(5x2) (10)
1.2 PASITEMS
1.2.1 E Ontstaan wanneer hulpbronne, in die produksie van goedere en dienste
optimaal benut word
1.2.2 D Bring kopers en verkopers bymekaar met die doel om handel te dryf.
1.2.3 B Dit is die verskil tussen inkomste en besteding.
1.2.4 C Die boonste draaipunt op die sakesiklus.
1.2.5 F Alle mense het ʼn basiese reg om vry van armoede, onkunde en
slawerny te wees.
1.2.6 A Besighede voorsien goedere en dienste aan huishoudings, die regering
en die buitelandse sektor deur uitvoere via die goederemark.
(6x1) (6)
1.3 TERMINOLOGIE
1.3.1 Mikro-ekonomie
1.3.2 Kapitaalgoedere
1.3.3 Inkomstebelasting
1.3.4 Leidende aanwysers
(4x1) (4)
[20]
TOTAAL AFDELING A: 20
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord EEN van die twee vrae
VRAAG 2
MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE studievelde wat verband hou met Ekonomie.
Rekeningkunde
Besigheidstudies
Handelsreg
Finansiële wiskunde Enige (2x1) (2)
2.1.2 Wat is die verwantskap tussen skaarsheid en geleentheidskoste?
Skaarsheid beteken dat verbruikers keuses moet maak en hiedie keuses het ʼn
koste daaraan verbonde. Enige besluit wat ʼn keuse tussen twee opsies
behels, het ʼn geleentheidskoste.
(1x2) (2)
2.2 Datarespons
2.2.1 Wat word bogenoemde grafiek genoem?
Sakesiklus (1)
2.2.2 Watter punt op die grafiek sal met ʼn lae BBP geassosieer word?
D (1)
2.2.3 Gee ʼn kort beskrywing van ekonomiese groei.
Dit is die verhoging in die waarde van goedere en dienste wat oor ʼn
periode van tyd plaasvind, gemeet in terme van die reële bruto binnelandse
produk (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks wat die invloed van sakesiklusse op ekonomiese groei
is.
Gedurende afswaaifases het die ekonomie ʼn negatiewe groei, en gedurende
opswaaifases is daar ʼn positiewe groei in die ekonomie. (2)
2.2.5 Hoe kan die regering werkloosheid in die ekonomie verminder?
Die regering kan in werkskeppingsinisiatiewe investeer bv. Uitgebreide
Openbare Werke Programme
Die regering kan in onderwys en opleiding investeer en daardeur die gebrek
aan vaardighede in die land aanspreek
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2x2) (4)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
2.3 Data Respons
2.3.1 Hoeveel netto wins na belasting maak die besigheid in die bostaande
leesstuk?
R500 000 (1)
2.3.2 Identifiseer ʼn stelling uit die leesstuk wat daarop dui dat die
besigheid doeltreffend funksioneer.
‘Gedurende die afgelope jaar het hulle besigheid goed gevaar’ (1)
2.3.3 Wat beteken dit “om hulle besigheid te diversifiseer”?
Om ʼn besigheid te diversifiseer is om die reeks produkte wat die
onderneming reeds aanbied, uit te brei. (2)
2.3.4 Demonstreer hoe hierdie uittreksel die probleem van skaarsheid van
hulpbronne illustreer.
Hulle kan nie besluit of hulle die wins moet gebruik om nog ʼn
toerbus vir hulle maatskappy te koop en of hulle die geld as ʼn deposito
op ʼn gastehuis moet gebruik nie. Dit beteken dat hulle hulpbronne nie
genoeg is om albei te kan koop nie. (2)
2.3.5 Gee ʼn kort verduideliking wat die verband tussen produksie, verbruik en ruil
is.
Produksie is die proses om rou materiaal in voltooide produkte te omskep.
Verbruik is wanneer huishoudings produkte gebruik wat deur besighede
vervaardig is.
Vir goedere en dienste om gebruik te word moet daar ʼn ruiling wees tussen
die produseerder en die verbruiker. (4)
2.4 Onderskei tussen vry goedere en ekonomiese goedere.
Vry goedere Ekonomiese goedere
Dit is vrylik beskikbaar aan Dit behaal ʼn prys
verbruikers / behaal nie ʼn prys Dit is skaars
nie
Dit is onbeperkte hoeveelhede
beskikbaar
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)
(2x4) (8)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
2.5 Demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse regering basiese dienslewering aan die
ekonomies benadeelde mense bied om daardeur hulle lewenstandaard te verbeter.
Alle mense het die reg op voedsel as ʼn basiese behoefte. Daarom is daar
voedingskemas in openbare skole.
Alle mense moet ʼn blyplek hê daarom is daar behuisingsubsidies en HOP-huise vir
lae-inkomste verdieners.
Alle mense het die reg op gesondheid daarom is daar toegang tot gratis
gesondheidsdienste vir diegene wat dit nie kan bekostig nie.
Alle kinders het die reg op onderwys en onderrig. Gratis onderrigstelsels is by
openbare skole in die land ingestel.
Alle mense het die reg op skoon lopende water en sanitasie daarom is bekostigbare
tariewe op die voorsiening van water en sanitasie aangebied.
Alle mense het die reg op waardigheid en ʼn beter toekoms.
Alle mense het ʼn basiese reg om vry van armoede, onkunde en slawerny te wees.
Dus is die grondwet vir menseregte ingestel.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)
Enige (4x2) (8)
[40]
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
VRAAG 3 40 PUNTE – 30 MINUTE
MAKRO-EKONOMIE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE markte in die ekonomiese kringloop.
Faktormark / Hulpbronmrk / Insettemark
Produktemark / Goederemark / Uitsettemark
Geldmark
Kapitaalmark
Finansiële markte
Buitelandse markte Enige (2x1) (2)
3.1.2 Wat is die doel van die tendenslyn in die sakesiklus?
Dit dui die algemene rigting van die land se ekonomiese groei oor ʼn lang
tydperk aan. (2)
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)
3.2 Datarespons
3.2.1 Watter produksiefaktor word in die spotprent uitgebeeld?
Natuurlike hulpbronne / land (1)
3.2.2 Watter ekonomiese sektor word deur die scenario geraak?
Primêre sektor / Vissery (1)
3.2.3 Gee ʼn kort beskrywing van die term relatiewe skaarsheid.
Wanneer goedere en dienste beskikbaar is maar ʼn mens het nie die nodige
hulpbronne om dit te verkry nie. /
Bestaan wanneer die vraag groter as die aanbod is. Enige (1x2) (2)
3.2.4 Wat kan die regering doen om die waterkrisis op te los?
Bou meer damme om meer water op te vang
Sink meer boorgate om ondergrondese water te benut
Moedig Suid-Afrikaners aan om water te bespaar
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (1x2) (2)
3.2.5 Wat is die invloed van die bogenoemde situasie op die ekonomie?
ʼn Tekort aan visvoorrade sal ontstaan
Werkloosheid sal toeneem
Armoede sal toeneem
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) Enige (2x2) (4)
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
3.3 Datarespons
3.3.1 Watter metode is in die bostaande tabel gebruik om die BBP te
bereken?
Bestedingsmetode (1)
3.3.2 Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die publikasie
van bogenoemde data.
Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) (1)
3.3.3 Gee ʼn kort beskrywing van die term faktorinkomste.
Die totale inkomste wat verdien is deur die verkoop van die
produksiefaktore bv. salarisse en lone verdien vir arbeid (2)
3.3.4 Noem die ander TWEE metodes wat gebruik word om die BBP te bereken.
Produksiemetode
Inkomemetode (2)
3.3.5 Bereken die waarde by A in bogenoemde tabel. Wys alle berekeninge.
BBP teen markprys R2 425 biljoen
Plus Faktorinkomste deur Suid-Afrikaners oorsee R34 biljoen
verdien
Min Faktorinkomste in Suid-Afrika deur buitelanders R87 biljoen
verdien
Bruto Nasionale Inkomste R2 372 biljoen
(4)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
3.4 Onderskei tussen lekkasies en inspuitings in die ekonomie.
Lekkasies Inspuitings
Wanneer daar ʼn lekkasie van Wanneer daar ʼn inspuiting van geld
geld uit die ekonomiese kringloop in die ekonomiese kringloop is, is
is beteken dit dat geld nie meer geld beskikbaar om op die
beskikbaar is om op die uitset wat uitsette wat deur die produsente
deur produsente geproduseer is geproduseer is te spandeer
spandeer te word nie
Lekkasies is die bedrag geld wat Inspuitings is die bedrag geld wat in
uit die kringloop vloei die kringloop van buite af inkom
Lekkasies (L) = S + T + M Inspuitings (J) = I + G + X
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)
Enige (2x4) (8)
3.5 Hoe dra huishoudings by tot ekonomiese groei in die ekonomie?
Huishoudings …
- is die besitters van die produksiefaktore. Hulle voorsien hierdie produksiefaktore
aan produsente sodat hulle goedere en dienste kan produseer.
- betaal inkomstebelasting aan die regering wat dit gebruik om openbare goedere en
dienste te verskaf.
- koop goedere en dienste van besighede en voorsien dus ʼn inkomste aan die
besighede.
- spaar ʼn gedeelte van hulle inkomste by finansiële instellings soos banke en banke
investeer hierdie geld weer in die ekonomie.
- ontvang openbare goedere en dienste van die regering af.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE
TOEKENNING
Inleiding: Maks. 2
Die inleiding is ʼn lae-orde antwoord.
ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraag verband
hou, te bepaal en te omskryf.
Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in jou hoofdeel insluit nie.
Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die hoofdeel gaan
bespreek.
Inhoud: Maks. 26
Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Assesseer /
Kritiese bespreking / Analiseer / Ontleed / Vergelyk / Evalueer /
Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Ondersoek
Ekstra deel: Gee jou eie mening / Gee ʼn kritiese bespreking / Maks. 10
Evalueer / Evalueer Krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik
die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
Bereken / Vergelyk / Verduidelik / Lei af / Onderskei / Interpreteer/
Debatteer kortliks / Hoe / Gee ʼn voorstel.
Slot: Maks. 2
Enige hoë-orde gevolgtrekking kan die volgende insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat alreeds
genoem is te herhaal.
Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is.
Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking /analise
kan versterk.
ʼn Opponerende/teenstrydige sienswyse met ʼn motivering, indien
verlang.
Aanbevelings.
TOTAAL 40
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
VRAAG 4
MAKRO-EKONOMIE
Gee ʼn volledige bespreking van die vier hoofdeelnemers in die Ekonomiese
kringloopmodel van ʼn oop ekonomie. (26)
Beskryf die verhouding tussen Besparings / Spare en Investering. (10)
[40]
INLEIDING:
Die vier hoofdeelnemers in die ekonomiese kringloop is huishoudings,
sakeondernemings, die regering en die buitelandse sektor. Hierdie deelnemers
vorm saam ʼn model van hoe die ekonomie werk.
Die besluite wat hulle neem en die interaksie met mekaar.
Die invloed wat dit op individue in die gemeenskap het en die invloed op die vlak
van ekonomiese aktiwiteite.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 2)
Inhoud
HOOFDEEL
Huishoudings
Is al die mense wat saamleef en gesamentlike ekonomiese besluite neem.
ʼn Familie is ʼn huishouding wat ʼn inkomste deel.
Hulle besit die produksiefaktore nl. natuurlike hulpbronne (grond), arbeid, kapitaal en
entrepreneursvaardighede.
Hulle besit sake-ondernemings deur die aantal aandele wat hulle in die besigheid het.
Hulle verdien ook ʼn inkomste uit die produksiefaktore wat hulle verkoop.
Bv. huur word betaal vir grond, arbeid verdien lone en salarisse, rente word op kapitaal
betaal en wins is die vergoeding vir die entrepreneur se aktiwiteite.
Hulle gebruik hierdie inkomste om goedere en dienste vanaf produsente te koop.
Die hoofdoel van verbruikers is om hulle behoeftebevrediging te maksimeer.
Deur die besteding van hulle inkomste bepaal hulle wat geproduseer moet word, vir wie
geproduseer moet word en hoe dit geproduseer moet word.
Wat huishoudings wil hê en wat hulle kan bekostig (hulle vraag) bepaal wat besighede moet
produseer (hulle aanbod).
Huishoudings spaar ʼn gedeelte van hulle inkomste vir verskeie redes vir die toekoms.
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
Sakeondernemings
Hulle gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer.
Produksie in SA word meestal deur privaat besighede gedoen.
Sakeondernemings is die belangrikste besluitnemers in die ekonomie.
Kapitaalgoedere word ook deur hulle geproduseer.
Kapitaalgoedere word in die produksie van verbruikersgoedere gebruik.
Die skep van kapitaalgoedere word Investering (I) genoem.
Sakeondernemings is verantwoordelik vir doeltreffende produksie.
Sakeondernemings betaal huur vir grond, lone en salarisse vir arbeid, rente op kapitaal en
wins vir die entrepreneur as inkomste aan huishoudings vir die produksiefaktore.
Hulle dra die produksiekoste.
Openbare sektor / Regering
Bestaan uit die plaaslike-, provinsiale- en nasionale regering.
Die regering koop produksiefaktore deur die faktormark van die huishoudings aan.
Die regering koop goedere en dienste deur die produktemark van ondernemings aan.
Hulle voorsien goedere en dienste aan huishoudings en besighede wat nie deur
sakeondernemings geproduseer kan word nie.
Hierdie openbare goedere en dienste sluit veiligheid, verdediging, regsdienste, paaie en
ander infrastruktuur in.
Hulle ontvang belasting van huishoudings en besighede en ontvang ʼn inkomste van
staatsbeheerde ondernemings.
Die regering gebruik hierdie belastinginkomste om maatskaplike dienste te verskaf.
Voorbeelde van belasting op goedere en dienste wat deur verbruikers betaal word is
Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW), sondebelasting en brandstofheffings.
Buitelandse sektor
Dit behels handel met die res van die wêreld, uitvoere, invoere en internasionale
handel.
Die wêreld het ʼn globale stad geword.
Veranderinge in een deel van die stad beïnvloed baie ander dele van die
stad.
Veranderinge in reële - en finansiële vloeie, tegnologie en inligting ontstaan tussen
lande.
Globalisasie beteken dat daar ʼn groter integrasie tussen lande is.
Uitvoer-verdienste is ʼn inspuiting in die ekonomie omdat geld van ander lande ontvang
word.
Invoer-betalings is lekkasies omdat geld die land verlaat.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 26)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
ADDISIONELE DEEL
Spare is die deel van ʼn deelnemer se inkomste wat hy verkies om nie te spandeer nie. Dit
word by ʼn finansiële instelling gedeponeer.
Dit is ʼn lekkasie van geld uit die sikliese vloei na finansiële instansies en dit verminder die
bestedingsvloei in die siklus.
Spare verminder die bedrag geld wat mense het om te spandeer.
Spare is die bousteen vir investering.
Investering is die skepping van kapitaalgoedere.
Besighede leen die geld wat van spare afkom by die finansiële instellings.
Besighede gebruik die geld om kapitaalgoedere bv. masjienerie te koop.
Sonder spare kan daar nie investering wees nie, wat dan beteken dat daar minder goedere
en dienste geproduseer word.
Investerings balanseer die lekkasies wat deur spare veroorsaak word uit.
Investerings het ʼn groot invloed op die ekonomie.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks10)
GEVOLGTREKKING
Die ekonomiese deelnemers is afhanklik van mekaar. ʼn Ekonomie kan nie funksioneer as
een deelnemer nie sy rol volledig speel nie.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 2)
[40]
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
VRAAG 5 40 PUNTE – 40 MINUTE
MAKRO-EKONOMIE
Gee ʼn volledige uiteensetting van die fases van die sakesiklus. (26)
Evalueer krities die invloed op die sakesiklus. (10)
[40]
INLEIDING
ʼn Sakesiklus is afwisselende periodes van uitbreiding en inkrimping van ekonomiese
aktiwiteite. Afwisselings is nie noodwendig reëlmatig nie.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (2)
Inhoud.
HOOFDEEL
Voorspoedfase
Entrepreneurs is optimisties en leen geld om kapitaalgoedere, masjinerie en toerusting
aan te skaf.
Meer mense word in diens geneem en produksie styg.
Pryse, lone rentekoerse en winste styg.
Dan begin die opbloeifase. Alles neig na die oortreffende trap.
Rentekoerse, salarisse en lone styg tot selfs hoër vlakke en, tesame met ʼn baie
groter vraag na grondstowwe, styg besighede se kostes bykans buite beheer.
Inflasie versnel totdat dit vorige hoë vlakke verbysteek.
Sommige besighede besef dat die voorspoedfase nie vir altyd kan aanhou nie.
Daar is nog geen duidelike ontwrigtings nie.
RESESSIEFASE
Besighede begin om vir slegter tye voorsiening te maak. Hulle produseer minder
en probeer om die grootste deel van hulle skuld af te betaal.
Werkers word selektief ontslaan.
Verbruiksbesteding neem af en besighede se winste begin daal.
Inflasie is hoog en die sentrale bank verminder krediet in die ekonomie.
Rentekoerse verhoog en ʼn streng monêtere beleid word toegepas.
Huishoudings vind dit moeilik om krediet te bekostig en verbandpaaiemente te
betaal, en banke dring daarop aan dat besighede hul uitstaande lenings, wat
tydens die boomtydperk verkry is, terugbetaal.
Besteding aan duursame verbruikersgoedere en kapitaaltoerusting neem drasties
af en werkloosheid styg.
Sommige besighede begin verliese toon en dagvaardigings vir krediet neem toe.
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
Depressiefase
Algemene pessimisme word verwag onder huishoudings en besighede.
Alle sektore se besteding daal drasties en bestaan grootliks uit besteding aan
verbruikersgoedere.
Besighede se winste is swak, baie toon verliese en gaan bankrot.
Meubels, motors en huise word teruggeneem omdat mense nie hulle skuld kan
betaal nie.
Mense verloor hulle werk en huishoudelike inkomste is baie laag.
Mense probeer om werk in die informele sektor te kry.
Huishoudings probeer om in hulle basiese behoeftes (kos, huisvesting en klere)
te voorsien.
Vraag neem af, inflasie neem af en rentekoerse daal.
Besighede besef toestande gaan verbeter en neem stappe wat tot herstel kan lei.
Herstelfase
Besighede verwag dat toestande gaan verbeter en begin masjienerie opknap en verbeter
toerusting.
Hulle verhoog produksie stadig om voorraad te kry vir ʼn moontlike styging in vraag.
Hulle maak beter gebruik van arbeid en neem selfs nuwe werkers in diens.
Omdat besighede meer goedere en dienste koop en meer mense in diens neem,
is daar ʼn styging in inkomste en besteding in die ekonomie.
Omdat rentekoerse laag is, is huishoudings se verbandpaaiemente en ander
paaiemente ook laag, en hulle het dus meer geld om te bestee.
Lenings is meer beskikbaar, maar huishoudings en besighede is steeds nie baie
gretig om geld te leen nie.
Sodra verkope styg, styg besighede se winste ook.
Entrepreneurs word meer optimisties.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 26)
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM (Vraestel 1) GRAAD 10
ADDISIONELE DEEL
Veranderinge in totale vraag en totale aanbod
In ʼn opswaaifase is daar ʼn toename in die totale besteding (totale vraag).
Plaaslike ondernemings reageer deur hulle produksie van uitset (totale aanbod)
te verhoog.
In ʼn afswaaifase is daar ʼn daling in totale besteding (totale vraag).
Plaaslike ondernemings reageer deur hulle produksie van uitset
(totale aanbod) te verlaag.
Verandering in ekonomiese groei
Gedurende ʼn opswaaifase produseer die ekonomie meer en sal daar ʼn positiewe groei in
die ekonomie wees. Gedurende ʼn afswaaifase produseer die ekonomie minder en sal
daar ʼn negatiewe groei in die ekonomie wees.
Verandering in indiensnemingsvlakke
Gedurende die opswaaifase word daar baie mense in diens geneem en gedurende die
afswaaifase is baie mense werkloos.
Veranderinge in prysvlakke
Inflasie kom gewoonlik gedurende die laat stadium van die opswaaifase voor. Meeste
besighede verhoog hulle pryse omdat besighede bykans volle indiensname het, terwyl
pryse laag is gedurende die herstelfase.
Verandering in wisselkoerse
In ʼn opswaaifase is daar ʼn toename in invoere en ʼn afname in uitvoere omdat plaaslike
goedere nou duurder is in vergelyking met ingevoerde goedere.
Invloed op die ekonomies kwesbares
Gedurende die opswaaifase is pryse gewoonlik hoog en is dit vir dié mense moeilik om in
hulle basiese behoeftes soos kos, klere en skuiling te voorsien.
(Maks 10)
GEVOLGTREKKING
Owerhede moet altyd die ekonomiese groeipatrone monitor sodat die opswaaifases
langer kan duur en die afswaaifases korter kan wees.
(Aanvaar enige relevante antwoord) (Maks 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
15
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3/v1-56a0c523d3c9c11bb0ae/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e/v1-ac41da032cea13d3b939/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4/v1-a5e7baba9d2540d5a881/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a/v1-91bc50550844c4cc7456/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751/v1-05699fe19dd17d5d4943/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 North West June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 10 P2 North West November 2024 QP (Afr)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0/v1-56258646d0153f729061/card.webp)
Question paper