Skip to content

Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10201610 pages

Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2016 GRAAD 10 EKONOMIE (VRAESTEL 2) NAAM VAN LEERDER: ___________________________________________ GRAAD: _________ TYD: 1½ uur PUNTE: 100 10 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 2 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE VRAESTEL 2 Tyd: 1½ uur Punte: 100 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die vereistes van die vrae voldoen. 7. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs blou ink. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 (20 punte – 15 minute) 1.1 Verskillende opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK voorsien, neer. 1.1.1 Die bedrag geld wat verbruikers bereid is om vir ʼn goed of diens op te offer, is bekend as … A bevrediging. B prys. C waarde. 1.1.2 ʼn Produksiemoontlikheidskurwe met ʼn reguit afwaartse helling dui ʼn … geleentheidskostekoers aan. A konstante B veranderlike C optimum 1.1.3 Regerings hef belasting ter wille van…… A inkomste. B besteding. C wins. 1.1.4 Die bevrediging wat ʼn verbruiker kry uit die verbruik van goedere en dienste is bekend as… A nut. B waarde. C prys. 1.1.5 Indifferensie kurwe-ontleding word gebruik om … A verbruikersvoorkeure te voorspel. B ʼn teoretiese verwantskap tussen verskillende verbruikersgoedere te toon. C verskillende kombinasies van goedere en dienste in volgorde van voorkeure te rangskik. (5 x 2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 4 1.2 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Oligopolie A Toon alternatiewe kombinasies van goedere wat ʼn verbruiker teen 1.2.2 Begrotingslyn gegewe pryse met ʼn gegewe inkomste kan koop. 1.2.3 Sondebelasting B Deur die regering verskaf 1.2.4 Mikro-ekonomie C Af-speling tussen twee produkte 1.2.5 Geleentheidskoste D Belasting wat gehef word op 1.2.6 Openbare goedere goedere wat die staat as onwenslik beskou E Oordragbetalings deur die staat F ʼn Paar verkopers beheer die mark G ʼn Studie van die gedrag van individuele besluitnemingseenhede (6 x 1) (6) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term/woord langs die vraagnommer ( 1.3.1 – 1.3.4 ) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.3.1 Waar kopers en verkopers ontmoet om ʼn prys en hoeveelheid vir goedere en dienste wat verkoop word te bepaal. 1.3.2 Die maksimum hoeveelheid bevrediging vir die bedrag spandeer. 1.3.3 Produkte wat in die plek van ander produkte gebruik kan word. 1.3.4 Goedere wat tot voordeel van almal beskikbaar gestel kan word. (4x1) (4) TOTAAL AFDELING A: 20 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 5 AFDELING B Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE (40 punte – 30 minute) 2.1 Beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Noem enige TWEE redes vir die bestaan van onvolmaakte markte. (2x1) (2) 2.1.2 Beskryf kortliks die konsep van gemeenskaplike goedere. (1x2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg. 2016/17 Begroting Bron: 2016 Begroting: Publiek se gids, Afrikaans 2.2.1 Watter diens het die grootste bedrag ontvang, volgens die diagram? (1) 2.2.2 Hoeveel het die regering aan welsynsdienste in die 2016/17 begroting spandeer? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 6 2.2.3 In 2016/17 was die totale owerheidsbesteding R1 463,30 Mjd. Bereken die persentasie wat op welsynsdienste spandeer is. (Toon ALLE berekeninge) (4) 2.2.4 Wat is die doel van welsynstoelaes? (2x2) (4) 2.3 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg: [Bron : https://en.wikipedia.org/wiki/Marketing] 2.3.1 Watter tipe mark word in bogenoemde spotprent uitgebeeld? (1) 2.3.2 Gee ʼn voorbeeld van so ʼn mark in Suid-Afrika. (1) 2.3.3 Noem TWEE ander markstrukture behalwe vir die een in Vraag 2.3.1 genoem. (2) 2.3.4 Gee ʼn rede vir jou antwoord in Vraag 2.3.1. (2) 2.3.5 Verduidelik hoe ʼn tweede bakkery die dorp se inwoners sal bevoordeel. (2x2) (4) 2.4 Verduidelik wat bedoel word met pareto doeltreffendheid en hoe dit verband hou met produktiewe – en allokeringsdoeltreffendheid. (4x2) (8) 2.5 Met behulp van ʼn grafiek, illustreer hoe ʼn subsidie op melk die melkprodusent en die verbruiker sal beïnvloed. (2x4) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 7 VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE (40 punte – 30 minute) 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem enige TWEE gevolge van produktiewe ondoeltreffendheid. (2x1) (2) 3.1.2 Hoe sal ʼn verhoging van sondebelasting die prys van sigarette beïnvloed? (1x2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Prys van kragopwekkers Hoeveelheid gevra Hoeveelheid aangebied R12 000 1 500 3 000 R10 000 2 000 2 000 R8 000 2 500 1 500 R6 000 3 000 1 000 R4 000 3 500 500 3.2.1 Teen watter prys is beide kopers en verkopers gelukkig? (1) 3.2.2 Wat word hierdie prys genoem? (1) 3.2.3 Gebruik die inligting in die tabel en teken ʼn vraag- en aanbodkurwe op op dieselfde assestelsel. (4) 3.2.4 Noem enige TWEE faktore wat die vraag na kragopwekkers sal verhoog. (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 8 3.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKROMME Suurlemoene 3.3.1 Wat is die doel van die produksiemoontlikheidskurwe? (2) 3.3.2 Hoeveel appels kan geproduseer word indien al die hulpbronne gebruik word om appels te produseer? (2) 3.3.3 Is produksie by punt H moontlik? Motiveer jou antwoord. (3) 3.3.4 Watter punt dui ondoeltreffendheid aan? Motiveer jou antwoord. (3) 3.4 Bespreek kortliks enige TWEE funksies van markte. (2x4) (8) 3.5 Onderskei tussen enige TWEE gemeenskaplike funksies van indifferensiekurwes. (2x4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 9 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks 2 Inhoud  Hoofdeel Bespreek in besonderhede / In-diepte Maks 26 bespreking / Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer  Addisionele gedeelte Gee eie mening / Bespreek Maks 10 krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks. Gevolgtrekking Maks 2 Enige hoër-orde gevolgtrekking moet insluit:  ʼn Kort samevatting van wat bespreek is sonder om feite te herhaal wat alreeds genoem is in die inhoud.  Enige opinie of waardevolle mening op die feite wat bespreek is.  Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te versterk.  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien dit vereis word.  Aanbevelings. TOTAAL 40 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE (40 punte – 40 minute) “Markte is ʼn verskynsel eie aan ʼn ekonomiese stelsel wat uit private ondernemings bestaan.”  Bespreek markstrukture volledig volgens die eienskappe: Aantal produsente, aard van die produk, toetredingsversperrings en beskikbaarheid van inligting. (26)  Verduidelik kortliks die voorwaardes waaraan goedere en dienste moet voldoen om geskik te wees vir handel op wêreldmarkte. (10) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE V2 GR 10 10 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE (40 punte – 40 minute) “Een van die maniere om armoede in Suid-Afrika te bekamp, is om minimumlone af te dwing”.  Ontleed hierdie stelling krities deur te verwys na die redes vir die implementering en die impak van die minimumlone in Suid-Afrika. Verwys na die voordele en nadele van minimumlone in Suid-Afrika. (26)  Met behulp van ʼn goed benoemde grafiek verduidelik die uitwerking van minimumlone op die arbeidsmark. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 100 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all