Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10201710 pages

Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2017 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 1½ uur PUNTE: 100 10 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 Vraestel 1 GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 1) TYD: 1½ uur PUNTE: 100 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer. 5. Lees AL die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde moet in ooreenstemming met die vereistes van die vrae wees. 9. Gebruik slegs blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 Vraestel 1 GRAAD 10 AFDELING A (VERLPIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 20 PUNTE – 20 MINUTE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Skryf slegs die korrekte letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 B 1.1.1 Ekonomie is ʼn sosiale wetenskap wat bestudeer hoe mense hul onbeperkte behoeftes en begeertes bevredig met ... A. skaars hulpbronne. B. onbeperkte hulpbronne. C. beperkte bevrediging. D. onbeperkte bevrediging. 1.1.2 Die situasie wat ontstaan as gevolg van skaars hulpbronne staan bekend as ... A. geleentheidskoste. B. keuses. C. skaarsheid. D. onbeskikbaarheid. 1.1.3 Enige faktor in die kringloopdiagram wat besteding laat afneem, staan bekend as ... A. inspuitings. B. nominale vloei. C. lekkasies. D. reële vloei. 1.1.4 Die laagste draaipunt in die besigheidsiklus, staan bekend as ʼn ... A. resessie. B. depressie. C. piek. D. trog. 1.1.5 Ekonomie is ʼn sosiale wetenskap wat bestudeer hoe ..., besighede en ander organisasies besluit watter hulpbronne aangewend moet word. A. lande B. die wêreld C. individue D. die gemeenskap (5 x 2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 Vraestel 1 GRAAD 10 1.2 PASITEMS Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die ANTWOORDBOEK neer bv. 1.2.7 H. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Ekonomiese effektiwiteit A. Die proses waar produkte vanaf die produsent na die verbruiker beweeg 1.2.2 Ruil B. Gee ʼn aanduiding van wat in die toekoms kan gebeur 1.2.3 Besparings C. Produseer meer as wat verlang word 1.2.4 Leidende aanwysers D. Produksie van goedere en dienste 1.2.5 Surplus E. Die waarde van finale goedere en dienste geproduseer deur die permanente inwoners van die land 1.2.6 Bruto Nasionale Produk F. Wanneer hulpbronne effektief benut word vir die produsering van goedere en dienste G. Is die verskil tussen inkome en besteding (6 x 1) (6) 1.3 TERMINOLOGIE Gee die korrekte term vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die begrip langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.3.1 Hierdie ekonomiese vertakking konsentreer op die gedrag van firmas, huishoudings en individuele verbruikers. 1.3.2 Hierdie goedere word gebruik om ander goedere en dienste te produseer. 1.3.3 ʼn Familie wat saamleef en gesamentlik besluite neem 1.3.4 Eksterne faktore wat die sakesiklus van buite beïnvloed, bv. tegnologiese skokke, klimaattoestande en natuurlike rampe (4 x 1) (4) TOTAAL AFDELING A: 20 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 Vraestel 1 GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige twee studievelde wat verband hou met Ekonomie. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan die skaarsheid van hulpbronne ʼn probleem vir enige gemeenskap inhou? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg. BBP groeikoers 2.2.1 Wat, volgens die grafiek, was die hoogste groeikoers wat deur die land ervaar was. (1) 2.2.2 Noem die organisasie wat verantwoordelik is vir die publisering van data oor Suid-Afrika se ekonomie. (1) 2.2.3 Verduidelik TWEE redes waarom die berekening van BBP syfers belangrik is. (2 x 2) (4) 2.2.4 Differensieer die verskil tussen die reële vloei en die geldvloei in die kringloopdiagram. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 Vraestel 1 GRAAD 10 2.3 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. DIE GROOT DEPRESSIE Die Groot Depressie van 1929 het ʼn sentrale plek in die 20ste eeu se ekonomiese geskiedenis. In vergelyking met ander depressies en resessies, was die Groot Depressie groter, ongeag die afname in produksie of die lang periode van gebrekkige produksie. Alle ander depressies en resessies was kleiner in vergelyking, alhoewel die persone wat werkloos of bankrot gelaat was, nie die ervaring as kleinlik sou beskou nie. Die Groot Depressie het meegebring dat mense die oorlewing van die kapitalistiese ekonomiese stelsel asook die politieke orde, betwyfel. [Bron: www.publicnewshub.com, Junie 2015] 2.3.1 Na watter depressie word daar in die artikel verwys? (1) 2.3.2 Verduidelik die term depressie. (1) 2.3.3 Bespreek kortliks TWEE eienskappe van ʼn depressie en ʼn resessie. (4) 2.3.4 Bespreek kortliks die eienskappe van die opbloeifase. (4) 2.4 Differensieer tussen Mikroekonomie en Makroekonomie. (4 x 2) (8) 2.5 “Ekonomiese ontwikkeling is gebaseer op fundamentele menseregte.” Demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse regering basiese dienste aan ekonomies gemarginaliseerde mense lewer in ʼn poging om hul lewensstandaard te verbeter. (4 x 2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 Vraestel 1 GRAAD 10 VRAAG 3: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE deelnemers in ʼn geslote kringloopdiagram. (2 x 1) (2) 3.1.2 Verduidelik hoe ʼn opswaai die ekonomiese groeikoers van ʼn land affekteer. (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. Komponent Rand biljoene Verbruikersbesteding deur huishoudings 1 473 Staatsbesteding 505 Investering 468 Uitvoere 657 Invoere (678) Bruto Binnelandse Produk (BBP) A Inkomste verdien deur Suid-Afrikaners in die Buiteland 34 Inkomste verdien deur Buitelanders in Suid-Afrika (87) 3.2.1 Identifiseer die metode wat gebruik is om BBP te bereken. (1) 3.2.2 Noem EEN ander metodes wat gebruik kan word om BBP te bereken. (1) 3.2.3 Definieer die term Bruto Binnelandse Produk. (2) 3.2.4 Hoe word BBP bereken? Skryf slegs die vergelyking neer. (2) 3.2.5 Bereken die Bruto Binnelandse Produk A. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 Vraestel 1 GRAAD 10 3.3 Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: www.solarpanelphotovoltaic.net] 3.3.1 Verduidelik die konsep verbruik. (2) 3.3.2 Noem TWEE voorbeelde van nie-duursame goedere. (2) 3.3.3 Waarom word die verbruiker gedwing om keuses te maak? (2) 3.3.4 Verduidelik die verhouding tussen skaarsheid, keuses en geleentheidskoste. (4) 3.4 Verduidelik die verskil tussen vrye goedere en ekonomiese goedere. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe word werksgeleenthede deur fluktuasies (skommelinge) in die sakesiklus beïnvloed? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 Vraestel 1 GRAAD 10 AFDELING C OPSTELVRAE Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou antwoordboek. Jou antwoord sal as volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTE- TOEGEWYS INLEIDING Die inleiding is ̓n laer-orde respons. • ̓n Goeie uitgangspunt sou wees om die hoofkonsep te bepaal wat verband hou met die onderwerp van die vraag. Maks. 2 • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die hoofgedeelte van jou opstel insluit nie. • Waak daarteen om in die inleiding te sê wat in die hoofgedeelte bespreek gaan word. HOOFGEDEELTE Bespreek in detail / Indiepte bespreking / Vergelyk / Ontleed / Kritiese bespreking / Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Maks. 26 Assesseer / Debatteer. Addisionele gedeelte Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken grafieke / Verduidelik / Gebruik grafiek en Verduidelik / Maks. 10 Voltooi gegewe grafiek / Bereken / Lei af / vergelyk / Verduidelik / Ontleed / Debateer kortliks / argumenteer / Debateer / Hoe? Slot Enige relevante hoërorde gevolgtrekking • Kort samevatting • Opinie of waarde oordeel Maks. 2 • Addisionele ondersteunende inligting • Teenstrydige oogpunt Aanbeveling TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 Vraestel 1 GRAAD 10 VRAAG 4: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE “Wanneer jy inkopies doen, word jy deel van die sirkulêre kringloop in die ekonomie.” • Bespreek die hoofdeelnemers in ʼn oop-ekonomiese kringloopdiagram. (26) • Verduidelik die verhouding tussen Besparings en Beleggings. (10) [40] OF VRAAG 5: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Produksie en verbruik is basiese ekonomiese prosesse wat deur markte verbind word.” • Bespreek die verskillende tipe markte waar handel plaasvind. (26) • Verduidelik kortliks die verskillende maniere wat gebruik kan word om omgewingsprobleme te verminder. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 100 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all