Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2024
GRAAD 10
EKONOMIE
VRAESTEL 1
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
10 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers %20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)

%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
View all

%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)


Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 1018.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng June Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste getal
oorskry, sal NIE nagesien word nie.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks
van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 20 PUNTE – 15 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Ekonomie is ʼn sosiale wetenskap wat bestudeer hoe mense hul talle
behoeftes en begeertes bevredig met ...
A beperkte middele.
B onbeperkte hulpbronne.
C beperkte bevrediging.
D onbeperkte nut.
1.1.2. Ekonometrie handel oor …
A die impak van ekonomiese besluite op die omgewing.
B wêreldhandel en die internasionale ekonomie.
C die toepassing van statistiek in ekonomie.
D handel en finansies tussen lande.
1.1.3 Die belangrikste deelnemer(s) in die kringloopmodel is die …
A regering.
B werkers.
C werkgewers.
D huishoudings.
1.1.4 Die basiese ekonomiese probleem waarmee alle nasies te make het,
is ...
A verbruik.
B verspreiding.
C skaarsheid.
D produksie.
1.1.5 Watter stadium van ʼn sakesiklus word geassosieer met lae rentekoerse,
en die toename in produksie?
A Herstel
B Voorspoed
C Inkrimping
D Piek (5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die
ANTWOORDBOEK neer bv. 1.2.7 F.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ekonomiese A ʼn plek waar finale goedere en dienste
doeltreffendheid gekoop en verkoop word
1.2.2 Keynesiaanse B verander gelyktydig met die veranderinge
benadering in ekonomiese aktiwiteit
1.2.3 Produkmark C aaname dat vrye markte geen
selfbalanserende meganismes het nie
1.2.4 Sakesiklus
D die vryemarkekonomie is inherent stabiel
1.2.5 Omgewing
E wisselende periodes van uitbreiding en
1.2.6 Samevallende inkrimping
aanwyser
F ʼn optimale toewysing van hulpbronne om
welsyn te maksimeer
G die fisiese omstandighede en toestande
wat mense se lewens beïnvloed
(6 x 1) (6)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word nie.
1.3.1 ʼn Tak van ekonomie wat fokus op die studie van individuele ekonomiese
eenhede op ʼn kleiner skaal.
1.3.2 Die gedeelte van hul inkomste wat ʼn huishouding nie bestee nie.
1.3.3 Goedere wat volop is, maar geen ruilwaarde het nie.
1.3.4 Veranderlikes wat die sakesiklus beïnvloed, maar nie direk verband hou
met die normale funksionering van die ekonomie nie (4 x 1) (4)
TOTAAL AFDELING A: [20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE beroepsgeleenthede in die ekonomiese studierigting.
(2 x 1) (2)
2.1.2 Watter voordeel hou die gebruik van ʼn ekonomiese model in? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
. LOT VAN DIE MENSDOM RUS OP EKONOMIE
Die voormalige president, Thabo Mbeki, wat ʼn graad in
Ekonomie het, het die oproep van Fidel Castro aan politici
aangehaal om Ekonomie te bestudeer. Hy het gesê dat
politieke leiers Ekonomie moet studeer om die probleem
van billikheid, volhoubare ontwikkeling en menslike
veiligheid op te los.
Ekonomie is die basis waarop die lot van die mensdom
afhang. Dit is ook die basis vanwaar ons stryd om
gelykheid begin. “Politici wat nie wil verstaan nie of wat nie
die ekonomie bestudeer nie, is nie waardig om hul regsplig
uit te oefen nie”, het die oud-president gesê.
[Aangepaste Bron: Sunday Argus.]
2.2.1 Noem die ekonomiese stelsel wat met Fidel Castro geassosieer word. (1)
2.2.2 Watter ekonomiese studierigting sal die geskikste wees vir regeringsleiers
om te studeer? (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese stelsel. (2)
2.2.4 Waarom word ekonomie as die "studie van keuses" beskou? (2)
2.2.5 Hoe kan ekonomie gebruik word om inkomste-ongelykheid op te los?
(2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
2.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE EKONOMIESE KRIGLOOP
Arbeid/ Betalings
Inkomste/
Goedere en Dienste
Huishoudings
Besighede
Regering
[Bron: Investopedia.com]
2.3.1 Noem die afwesige deelnemer in ʼn geslote ekonomie. (1)
2.3.2 Identifiseer een van die hoofvloeie in die kringloopmodel. (1)
2.3.3 Verduidelik kortliks die term ekonomiese kringloop. (2)
2.3.4 Hoekom is die buitelandse sektor belangrik vir ekonomiese groei? (2)
2.3.5 Hoe sal ʼn toename in huishoudelike besteding die ekonomiese kringloop
beïnvloed? (4)
2.4 Onderskei tussen ʼn positiewe en ʼn normatiewe stellings. (4 x 2) (8)
2.5 Hoe is ekonomie en wiskunde verwant aan mekaar? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van kapitaalgoedere. (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom is die BBP van Suid-Afrika tradisioneel hoër as sy BNP? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE IMPAK VAN DIE OORLOG TUSSEN DIE OEKRAÏNE EN RUSLAND OP
DIE EKONOMIE
Ek is bekommerd
oor sy volgende
skuif
OEKRAÏNE RUSLAND
ʼn Bittere en bloedige oorlog in die Oekraïne het die land verwoes, Rusland verder van
die Weste geïsoleer en ekonomiese onsekerheid regoor die wêreld aangevuur.
[Aangepaste bron: www.economist.com]
3.2.1 Identifiseer die deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat die meeste
deur die oorlog in die Oekraïne geraak is. (1)
3.2.2 Hoe het kommoditeitspryse verander as gevolg van die oorlog? (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die term buitelandse handel. (2)
3.2.4 Waarom is Suid-Afrikaanse produksie ontwrig weens die oorlog? (2)
3.2.5 Op watter manier kan Suid-Afrika baat uit die verbod op handel met
Rusland? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
3.3 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg.
SA SE VUIL LUG
Johannesburg het van die swakste luggehalte ter wêreld. Die stad meet 2,6 keer
hoër as die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglynwaarde. Kenners sê swaar
afhanklikheid van steenkool en mynbou is die hoofoorsaak van die stad se
besoedeling.
[Aangepaste bron: Nuus24]
3.3.1 Identifiseer die tipe besoedeling wat in die prent hierbo uitgebeeld word. (1)
3.3.2 Wat word die belasting genoem wat op besoedeling-intensiewe goedere
gehef word? (1)
3.3.3 Verduidelik kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid. (2)
3.3.4 Waarom dra ontwikkelde lande meer by tot globale besoedeling as
ontwikkelende lande? (2)
3.3.5 Hoe kan onderwys help om besoedelingsvlakke te verlaag? (2 x 2) (4)
3.4 Beskryf die verskille tussen absolute en relatiewe skaarsheid. (2 x 4) (8)
3.5 Hoe beskerm die regering verbruikersregte? (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.
• ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband
hou met die vraagonderwerp te definieer.
Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die Maks. 26
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Beoordeel/
Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde
toegeken word.
Bykomende deel: Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Debatteer/Lei af Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/
Hoe?/Stel voor Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote
opsomming van feite.
Slot
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
• ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
reeds genoem is te herhaal.
Maks. 2
• Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise
te versterk
• ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die deelnemers aan die ekonomiese kringloop. (26 punte)
• Ondersoek die belangrikheid van ʼn oop ekonomie vir Suid-Afrika. (10 punte) [40]
VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die uitwerking van sakesiklusse op die volgende:
- totale aanbod en totale vraag
- indiensneming
- wisselkoerse
- die ekonomies kwesbares (26 punte)
• Hoe beïnvloed eksterne faktore ekonomiese skommelinge? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca/v1-21dd27671589dce17625/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c/v1-c4a9fe737b98466970a6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259/v1-a64921383d24f6d7ceaf/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)
More from Grade 10 Economics

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0/v1-6af73504f128f579fb3f/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b/v1-26e1b6b072cf0b1a1dcb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper and memo
Economics Grade 10 KZN September Test 2023 Paper & Memo

Memorandum