Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10201814 pages

Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2018 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Vraestel 1) GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word nie. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie vraestel. 4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer. 5. Lees ALLE vrae noukeurig deur. 6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoord ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) op die ANTWOORDBOEK neer, Bv 1.1.9 D. 1.1.1 Ekonomie is ʼn sosiale wetenskap wat ʼn studie doen van hoe mense hulle behoeftes en begeertes deur … bevredig. A onbeperkte middele B beperkte middele C onbeperkte hulpbronne D onbeperkte behoeftes 1.1.2 Ekonomie is daar om die probleme van … op te los. A skaarsheid van hulpbronne B menseregte C vry verkiesings D skaarsheid 1.1.3 Die primêre ekonomiese deelnemers in die kringloop. A Unies B Werkgewers C Produsente D Huishoudings 1.1.4 ʼn Ekonomiese aanwyser wat ʼn aanduiding gee van ʼn gebeurtenis wat alreeds gebeur het, is ʼn … A leidende aanwyser. B samevallende aanwyser. C sloerende aanwyser. D saamgestelde aanwyser. 1.1.5 Enigiets wat algemeen aanvaar word as betaling vir goedere en dienste of ʼn vorm om welvaart te stoor staan bekend as … A kommoditeitsgeld. B moderne geld. C primitiewe geld. D ruilgeld. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Vraestel 1) GRAAD 10 1.1.6 ʼn Faktor wat ekonomiese ontwikkeling bevorder is … A gebrek aan kapitaal. B finansiële onstabiliteit. C politieke probleme. D geskoolde arbeid. 1.1.7 Een van die belangrikste kenmerke van geld is dat dit … moet wees. A privaat B bekend C hanteerbaar D onbeperk beskikbaar 1.1.8 Mense van ander lande wat hulle in Suid-Afrika kom vestig, doen dit deur ʼn proses wat … genoem word. A immigrasie B emigrasie C netto migrasie D sensus (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Vraestel 1) GRAAD 10 1.2 Pas ʼn beskrywing in KOLOM B by ʼn term in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Skaarsheid A Alle mense het ʼn basiese mensereg om vry van armoede, 1.2.2 Huishoudings onkunde en eienaarskap deur ʼn ander persoon te wees. 1.2.3 Vryheid B Die beweging van mense oor 1.2.4 Resessie internasionale grense van een land na ʼn ander 1.2.5 Tegnologie C Die kombinasie van twee 1.2.6 Produksiemoontlikheidskromme verskillende produkte, wat moontlik geproduseer kan word, 1.2.7 Prys indien alle beskikbare hulpbronne ten volle en maksimaal gebruik 1.2.8 Migrasie word D Die gebruik van gereedskap en gevorderde metodes om goedere en dienste in die ekonomie te produseer E Dit bestaan want daar is beperkte hulpbronne wat in onbeperkte behoeftes en begeertes moet voorsien F ʼn Groep mense wat saam woon en gesamentlike ekonomiese besluite neem G ʼn Tydperk wanneer daar ʼn afname in ekonomiese aktiwiteite is tesame met ʼn styging in werkloosheid H Enigiets wat algemeen aanvaar word as ʼn middel om vir goedere en dienste te betaal I Is die bedrag geld wat aangebied of gevra word vir iets wat gekoop of verkoop word (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Vraestel 1) GRAAD 10 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Akronieme en afkortings word nie aanvaar nie. 1.3.1 Dit is ʼn ekonomiese vertakking wat na die owerheid se bydrae in die ekonomie kyk 1.3.2 Die gedeelte van verbruikers se inkomste wat by finansiële instansies gehou word in plaas daarvan gebruik te word 1.3.3 ʼn Manier om handel te dryf, voordat moderne geld gebruik was, om een kommoditeit vir ʼn ander kommoditeit met dieselfde waarde, te verruil 1.3.4 Wanneer iets deur al die lede van die groep of deur die gemeenskap besit word 1.3.5 Finansiële instellings wat as die skakel, tussen mense, wat ʼn deposito maak en mense wat lenings verkry, optree 1.3.6 Mense wat gewillig en in staat is om te werk maar nie werk kan kry nie (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling van die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE produksiefaktore. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is dit nodig vir verbruikers om ʼn keuse te doen ten opsigte van wat hulle koop? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande skets en beantwoord die vrae wat volg. EKONOMIESE KRINGLOOPMODEL HUIS- HOUDING S FAKTO INKOMS HUIS- BESTEDI GOEDE RE TE HOUDINGS NG RE FAKTORE INKOMSTE BESTEDING GOEDERE MAT SKOONMAAKDIENS ONDERNEMINGS 2.2.1 Gee voorbeelde van reële vloei uit bogenoemde diagram. (2 x 1) (2) 2.2.2 Gee ʼn kort verduideliking van die term ekonomiese kringloop. (2) 2.2.3 Beskryf die rol van die produksiefaktormark in die ekonomiese kringloop. (2) 2.2.4 Wat is die probleme wanneer internasionale syfers vergelyk word? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Vraestel 1) GRAAD 10 2.3 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg. Besigheidsaktiwiteitsvlakke A E D B C O Tyd 2.3.1 Voorsien die bostaande diagram van ʼn gepaste opskrif. (1) 2.3.2 Benoem die laagste punt, C, in die bostaande diagram. (1) 2.3.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term tendenslyn. (2) 2.3.4 Beskryf die invloed van depressie op indiensnemingsvlakke. (2) 2.3.5 Hoe word die ekonomie beïnvloed tydens die voorspoedfase? (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei tussen ekonomiese goedere en vry goedere. (2 x 4) (8) 2.5 Hoe dra die regering by tot ekonomiese groei? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 3: EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem enige TWEE tipes belasting wat aan die staat betaal word. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe lei ekonomiese groei tot ekonomiese ontwikkeling? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. GESKATTE BEVOLKINGSGROOTTE, 2010 Jaarlikse Verstedelikings- Verstedelikte Land Bevolking verstedelikings- vlak bevolking koers Algerië 34 586 184 92% 31 819 289 2,4% Angola 13 068 161 57% 7 448 852 4.4% Botswana 2 029 307 60% 1 217 584 2.5% Ethiopië 88 013 491 17% 14 962 293 5.4% Ghana 24 339 838 50% 12 169 919 3.5% Lesotho 1 919 552 25% 479 888 3.5% Uganda 33 398 682 13% 4 341 829 4.4% Zimbabwe 11 651 858 37% 4 311 187 2.2% [Bron: Die Wêreld feiteboek (CIA) in Verk en Ek onomie, p.192] 3.2.1 Watter Afrika-land, in die tabel, het die laagste verstedelikingsvlak in 2010 gehad? (1) 3.2.2 Wie is verantwoordelik vir die publikasie van die inligting wat in die tabel gegee is? (1) 3.2.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term verstedeliking. (2) 3.2.4 Wat is die verwantskap tussen armoede en migrasie? (2) 3.2.5 Waarom is verstedeliking ʼn groot problem, veral vir die regering? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Vraestel 1) GRAAD 10 3.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Hulle is ʼn toenemend gefrustreerde weermag waaroor die Adjunk President slapelose nagte het. Hulle is die grootste groep (80%) van die Suid-Afrikaanse werklose bevolking. Hulle is bekwaam en jonk en tussen die ouderdom van 18 en 35 jaar. Baie het nog nooit gewerk nie meeste van hulle het minder as 12 jaar skoolopleiding. Hulle het werk nodig. [Bron: Finweek , 5 April 2017] 3.3.1 Na watter deel van die arbeidsmag verwys die leesstuk? (1) 3.3.2 Na watter persentasie van die bevolking verwys die leesstuk? (1) 3.3.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term arbeidsmag. (2) 3.3.4 Beskryf enige sosiale invloed van wekloosheid. (2) 3.3.5 Gee moontlike oplossings vir werkloosheid. (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die hoofkenmerke van geld as ʼn betaalmiddel. (4 x 2) (8) 3.5 Hoe het industrialisasie tot die ontwikkeling van ʼn vervoer- en kommunikasie-netwerk gelei? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE benaderings om die ekonomie te bestudeer. (1 x 2) (2) 4.1.2 Hoe is nomadiese gemeenskappe saamgestel? (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. Primêresektor Sekondêresektor or sektor Tersiêresektor Lae inkomste Middel inkomste Hoë inkomste 4.2.1 Identifiseer die sektor wat die grootste persentasie bydrae tot die BBP gemaak het. (1) 4.2.2 Lewer kommentaar oor die neiging van die tersiëre sektor se bydrae. (1) 4.2.3 Gee ʼn kort verduideliking van die term primêre sektor. (2) 4.2.4 Wat kan die oorsaak van die daling in die primêre sektor se bydrae wees? (2) 4.2.5 Hoe kan ekonomiese menseregte, in Suid-Afrika, aangespreek word? (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Vraestel 1) GRAAD 10 4.3 Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg. Duisende hektaar mielies Ons produseer melk [Bron: www.google.com] 4.3.1 Identifiseer watter voedselitems verbou word in die bostaande prent. (2 x 1) (2) 4.3.1 Watter stadium van ekonomiese ontwikkeling word deur die bostaande prent uitgebeeld? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 4.3.2 Watter faktore het tot die ontwikkeling van mynbouaktiwiteite in Suid- Afrika bygedra? (2 x 2) (4) 4.3.3 Gee ʼn kort beskrywing van die sekondêre sektor. (2) 4.3.4 Watter faktore het die ontwikkeling van mynbou aangemoedig in Suid-Afrika? (2 x 2) (4) 4.4 Onderskei tussen Bruto Binnelandse Produk en Bruto Nasionale Inkomste. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe dra ʼn stokvel by tot ʼn beter manier van spaar vir lede? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (Vraestel 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. PUNTE STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn lae-orde antwoord.  ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met die vraag te bepaal. Maks. 2  Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.  Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie.  Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek. Inhoud: Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek / Maks. 26 Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Differenseër / Verduidelik Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer/ Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Bereken / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Maks. 10 Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor Gevolgtrekking Enige hoë-orde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite te herhaal.  Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite. Maks. 2  Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te versterk  ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis  Aanbevelings TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 14 (Vraestel 1) GRAAD 10 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Gee ʼn volledige bespreking van die rolle en funksies van die VIER hoofdeelnemers in die ekonomie en die verhouding tussen hulle. (26 punte)  Gee ʼn kort bespreking van die verskillende metodes hoe om die Bruto Binnelandse Produk te bereken. (10 punte) [40] OF VRAAG 6: EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek volledig die rol en funksies van Handelsbanke in die ontwikkeling van die ekonomie in Suid-Afrika. (26 punte)  Gee ʼn kritiese evaluering van die belangrikheid van die Suid-Arikaanse Reserwebank (SARB) as die monetêre owerheid wat al die geld-verwante sake in ons land beheer. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all