Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10202313 pages

Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2023 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: BEANTWOORD TWEE van die DRIE vrae. AFDELING C: BEANTWOORD EEN van die TWEE vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste nommer oorskry, sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer bo elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Watter van die volgende onderwerpe word in Makro-ekonomie bestudeer? A Die mikro-ekonomie B Veranderinge in die aanbod van ʼn goedere C Die koste en inkomste van ʼn firma D Sakesiklusse 1.1.2 Wanneer daar nie genoeg van ʼn hulpbron is om die bestaande aanvraag daarvoor te bevredig nie, bestaan daar… A absolute skaarsheid. B relatiewe skaarsheid. C geleentheidskoste. D skaarsheid. 1.1.3 Watter van die volgende sou mees waarskynlik ʼn toename in nasionale inkomste veroorsaak in die ekonomiese kringloop? A ʼn Verhoging in belasting B ʼn Toename in openbare besteding C ʼn Afname in besteebare inkomste van huishoudings D ʼn Toename in invoerbesteding 1.1.4 ʼn Keynesiaanse verduideliking vir ekonomiese skommelinge kan ... insluit. A die uitvinding van die internet B variasies in voorraadvlakke C die oorlog in die Oekraïne D weerstoestande 1.1.5 Die natuurlike groeikoers van ʼn bevolking word bepaal deur ... A die aantal migrante. B die aantal vlugtelinge. C die geboorte- en die sterftekoers. D die lewensverwagting van die bevolking. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 1.1.6 Watter van die volgende dui op ʼn statiese fase van die demografiese siklus? A Die groei koers neem geleidelik toe. B Kinders word as ekonomiese verpligtinge gesien. C Geboorte- en sterfteskoerse is baie hoog. D Meganisasie en verstedeliking neem toe. 1.1.7 Mense wat ʼn land op ʼn permanente basis binnegaan staan bekend as ... A emigrante. B immigrante. C vrywillige-migrante. D onwillekeurige-migrante. 1.1.8 Maatreëls wat getref is om druk op ʼn nasie te plaas om weg te doen met onaanvaarbare beleide: A Handelsembargo’s B Tariewe C Sanksies D Kwotas (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Hulpbronne A Geld wat die kringloop binnegaan 1.2.2 Kapitaalgoedere B Mense wat van plek tot plek beweeg vir kos, water en weiding 1.2.3 Inspuitings C Grond, kapitaal, arbeid en entrepreneurskap 1.2.4 Trog D ʼn Praktyk om ʼn land se mag uit te brei deur 1.2.5 Nomadies kolonisasie van ander nasies of gebiede 1.2.6 Ekonomiese beleid E Goedere wat gebruik word in die produksie van ander goedere en dienste 1.2.7 Imperialisme F Omstandighede waarin lede van die 1.2.8 Werkloosheid arbeidsmag sonder werk is G Die laagste punt van ʼn sakesiklus H Regeringsaksies om ekonomiese aktiwiteite te swaai I Sluit moedelose werksoekers, studente, mense met gestremdhede ens. in (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word nie. 1.3.1 Die aanname wat beteken ‘alle ander dinge is dieselfde’ 1.3.2 Die waarde van die beste alternatief wat nie gekies is nie 1.3.3 ʼn Ekonomie wat die buitelandse sektor uitsluit 1.3.4 Die wêreldwye integrasie van markte en produksie. 1.3.5 ʼn Organisasie van werkers wat saamwerk om gemeenskaplike doelwitte soos beter werksomstandighede te bereik 1.3.6 Die deel van die ekonomies aktiewe bevolking wat werk kry in die formele sektor van die ekonomie (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem die TWEE breë benaderings tot Ekonomie. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is ekonomie ʼn belangrike vak vir beleidmakers om te bestudeer? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TAKKE VAN EKONOMIE Ekonomie Mikro-ekonomie Hoof Makro-ekonomie Onderafdelings Ontwikkelingsekonomie Gedragsekonomie En baie ander take … Omgewingsekonomie Landbou-ekonomie Energie-ekonomie Industriële-ekonomie [Aangepaste bron:www.astro4dev.org] 2.2.1 Noem die tak van Ekonomie wat handel oor nasionale totale. (1) 2.2.2 Watter tak van Ekonomie bestudeer hoe lae-inkomste lande ekonomiese welvaart kan bereik? (1) 2.2.3 Beskryf die kortliks die term omgewingsekonomie. (2) 2.2.4 Hoe hou Wiskunde verband met Ekonomie? (2) 2.2.5 Waarom moet mense Ekonomie oorweeg wanneer hulle ʼn loopbaan kies? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 2.2 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepaste bron: www.google.com] 2.3.1 Identifiseer EEN duursame verbruikersgoed in die illustrasie hierbo. (1) 2.3.2 Noem EEN basiese behoefte van ʼn huishouding. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term verbruik . (2) 2.3.4 Waarom is ʼn toename in verbruik nodig vir ekonomiese groei? (2) 2.3.5 Hoe beïnvloed skaarsheid die keuses wat verbruikers maak? (2 x 2) (4) 2.4 Beskryf die verskille tussen ekonomiese goedere en vrye goedere. (2 x 4) (8) 2.5 Hoe beïnvloed skommelinge in die sakesiklus die vlak van werkloosheid? (4 x 2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE Suid-Afrikaanse vakbonde. (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom is ʼn vinnig groeiende bevolking ʼn uitdaging vir ontwikkelende nasies? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepaste bron: www.tradingeconomics.co.za] 3.2.1 Identifiseer die kwartaal met die laagste reële BBP-groei. (1) 3.2.2 Watter ekonomiese aanwyser word gebruik om ekonomiese groei te meet? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk. (2) 3.2.4 Waarom lei inspuitings tot ʼn toename in ekonomiese aktiwiteit? (2) 3.2.5 Wat is die oorsaak van die lae ekonomiese groeikoers in Suid-Afrika? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 3.3 Bestudeer die data hieronder en beantwoord die vrae wat volg Kwartaallikse Arbeidsmagopname (KLFS) K4:2022 40,5 miljoen Mense van werkende ouderdom in Suid Afrika (15 – 64) Arbeidsmag Nie ekonomies aktief nie 16,8 miljoen • 23,7 miljoen Werkend Werkloos Ander NEA Ontmoedigde werksoekers [Aangepaste bron: Statistiek SA] 3.3.1 Gee EEN voorbeeld van mense wat ekonomies onaktief is. (1) 3.3.2 Wat word verteenwoordig die bevolking tussen die ouderdom 15 – 64? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term gedwonge migrasie. (2) 3.3.4 Waarom is die vinnige tempo van stedelike migrasie problematies vir die regering? (2) 3.3.5 Bereken die werkloosheidsyfer vir die 4de kwartaal van 2022. (2 x 2) (4) 3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe beïnvloed die hoë immigrasie-syfers plaaslike lone? (4 x 2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE fases van ʼn sakesiklus. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom migreer mense na stedelike gebiede? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae hieronder. SAAMGESTELDE SAKESIKLUSAANWYSERS VIR SUID-AFRIKA Saamgestelde saamvallende sakesiklusaanwysers Index: 2015=100 110 105 100 Nov 95 90 85 80 75 70 65 2017 2018 2019 2022 2022 2022 Die saamgestelde sakesiklusaanwyser het in November 2022 met 0,2% toegeneem as gevolg van ʼn toename in kleinhandel- en nuwe voertuigverkope sowel as industriële produksie. [Aangepas: SARB Kwartaallikse Bulletin, Februarie 2023] 4.2.1 Gee ʼn voorbeeld van ʼn samevallende aanwyser. (1) 4.2.2 Watter fase van ʼn sakesiklus het die hoogste werkloosheidsyfer? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus. (2) 4.2.4 Verduidelik die endogene siening van sakesiklusse. (2) 4.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) proaktief optree om te keer dat die ekonomie in ʼn resessie verval? (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 4.3 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae hieronder AFRIKA SE BEVOLKING DIE HELFTE BEREIK IS ONDER 1 BILJOEN 20 JAAR OUD [Aangepaste bron: www.google.com] 4.3.1 Watter persentasie van die mense in Afrika is onder die ouderdom van 20? (1) 4.3.2 Volgens die prentjie, wat is die grootste aandrywer van bevolkingsgroei in Afrika? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term verstedeliking. (2) 4.3.4 Hoekom is dit nodig om ʼn bevolkingsensus te doen? (2) 4.3.5 Wat is die effek van ʼn hoë bevolkingsgroeikoers op die Suid-Afrikaanse ekonomie? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek die ouderdomsamestelling en geografiese verspreiding van die Suid- Afrikaanse arbeidsmag. (4 x 2) (8) 4.5 Wat is ʼn paar oplossings wat gebruik kan word om omgewingsprobleme aan te spreek? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie. • ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou met die vraagonderwerp te definieer. Maks. 2 • Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoof gedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Differensieer/Verduidelik Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee word en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Maks. 10 Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Afsluiting Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit: • ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is te herhaal • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2 • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk • ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig • Aanbevelings TOTAAL: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek, in detail, die 4 deelnemers van die kringloop van ʼn oop ekonomie en die interverwantskappe tussen hulle. (26 punte) • Hoe het BRICS-lidmaatskap Suid-Afrika gehelp met sy buitelandse sektor handelsverhoudinge? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek, in detail, industriële ontwikkeling met die fokus op die volgende aspekte: o Meganisasie van produksie o Verstedeliking en migrasie (26 punte) • Hoe het die toestroming van immigrante bygedra tot die industriële ontwikkeling van Suid-Afrika? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all