Skip to content
Question paper

Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2022 Question Paper

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: EconomicsGrade 12202213 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE NATIONAL SENIOR SERTIFIKAAT CERTIFICATE GRAAD GRADE 12 ECONOMICS EKONOMIE PAPER V2 1 MACROECONOMICS & ECONOMIC PURSUITS NOVEMBER 2022 MARCH 2016 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/November 2022 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 'n Firma sal sluit as dit nie die … koste kan dek nie. A eksplisiete B marginale C vaste D veranderlike 1.1.2 Die vraagkromme wat relatief elasties is, hou verband met 'n … mark. A monopolie- B volmaakte C oligopolie- D monopolistiese 1.1.3 In die oligopoliemark sal die firma 'n … op lang termyn maak. A normale wins B ekonomiese wins C ekonomiese verlies D nulwins 1.1.4 Wanneer 'n besigheid nie daarin slaag om die optimale uitsette teen die laagste moontlike koste te produseer nie, staan dit as … ondoeltreffendheid bekend. A produktiewe B toedelings- C verbruikers- D Pareto- 1.1.5 Wanneer die ekonomie 'n lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasie ervaar, word dit … genoem. A geadministreerde prys B stagflasie C hiperinflasie D produsenteprysindeks 1.1.6 Toeriste wat deelneem aan aktiwiteite in die natuurlike omgewing van die plek wat hulle besoek, word … toerisme genoem. A buitelandse B uitgaande C eko- D binnelandse Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/November 2022 NSS 1.1.7 Maatreëls geneem om te verseker dat niehernubare hulpbronne nie deur uitwissing bedreig word nie, staan as … bekend. A bewaring ('preservation') B ingryping C ophoping D beskerming ('conservation') 1.1.8 Die internasionale ooreenkoms wat die verwydering van chemiese afval bestuur, word die … genoem. A Basel Konvensie B Kyoto Protokol C Stockholm Protokol D Konvensie van Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Implisiete koste A die bekendstelling van skadelike stowwe . in die omgewing 1.2.2 Lang termyn B vorm deel van monetêre beleid wat 1.2.3 Oligopolie gebruik word om die aanbod van geld te beheer 1.2.4 Ontbrekende markte C 'n periode van produksie waarin al die 1.2.5 Opemarktransaksie produksiefaktore uiteenlopend kan wees 1.2.6 Binnelandse D wanneer die privaatsektor nie daarin toerisme slaag om sekere goedere en dienste te verskaf nie 1.2.7 Besoedeling E 'n markstruktuur waar min groot 1.2.8 Aardverwarming verkopers funksioneer F die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit word en in die produksieproses, soos geleentheidskoste, gebruik word G 'n bedrag wat 'n firma verdien vir elke eenheid wat verkoop word H die geleidelike algemene styging in die temperatuur van die Aarde se atmosfeer I Suid-Afrikaanse landsburgers wat binne die grense van die land reis (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/November 2022 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 'n Situasie waar gemiddelde koste styg soos wat produksie toeneem 1.3.2 Die addisionele inkomste verdien wanneer verkope met een eenheid vermeerder 1.3.3 'n Tegniek wat deur die owerheid gebruik word om te bepaal of 'n projek vir die gemeenskap voordelig is of nie 1.3.4 Algemene styging in pryse wat plaasvind wanneer die totale vraag na goedere en dienste die totale aanbod oorskry 1.3.5 Toeriste wat deur Suid-Afrika reis en lug-, pad-, spoor- en seevervoer gebruik om by 'n ander bestemming te kom 1.3.6 Sorg vir die omgewing om te verseker dat daar aan die behoeftes van die huidige en toekomstige generasies voldoen word (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/November 2022 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE tipes samespanning. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom verskaf die owerheid subsidies aan produsente? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ONVOLMAAKTE MARK – MONOPOLISTIESE MEDEDINGING HOE MEER JY VERDIEN HOE MEER BETAAL JY Checkers het KOERS deur-tot-deur-aflewering VAN BELASTING ingestel VIRdeur middel van aanlyn INDIVIDUE bestellings om hulle markaandeel te verbeter. Belasbare inkomste Koers van belasting (2021/22) (Rande) 1 — 216 200 18% van belasbare inkomste Kruideniersware 216 201 — 337 800 binne 38 916 + 26% van belasbare inkomste bo 216 200 60 minute 337 801 afgelewer — 467 500 70 532 + 31% van belasbare inkomste bo 337 800 467 501 — 613 600 110 739 + 36% van belasbare inkomste bo 467 500 613 601 — 782 200 SELFOON 163 335 + 39% van belasbare inkomste bo 613 600 782 201 — 1 656 600 229 089 + 41% van belasbare inkomste bo 782 200 1 656 601 en bo 587 593 + 45% van belasbare inkomste bo 1 656 600 Bron: http://www: treasury.gov.za [Aangepas en vertaal uit Google Images, 2022] 2.2.1 Identifiseer 'n nieprys-strategie wat deur die inligting hierbo getoon word. (1) 2.2.2 Noem EEN voorbeeld van 'n monopolistiese mededingende bedryf. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term patent. (2) 2.2.4 Waarom is pryse in 'n monopolistiese mededingende mark laer as die pryse van 'n monopolie? (2) 2.2.5 Verduidelik die voordele van produkdifferensiasie vir produsente van goedere en dienste (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/November 2022 NSS 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OWERHEIDSINMENGING – MAKSIMUM PRYSE Koste/Inkomste V A S R18 e R13 A V 500 800 1 200 Hoeveelheid 2.3.1 Identifiseer die markprys in die grafiek hierbo. (1) 2.3.2 Noem enige EEN produk waarop die owerheid 'n maksimum prys kan afdwing. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term minimum prys. (2) 2.3.4 Waarom sal die owerheid by die mark ingryp deur belasting op niemerietegoedere te hef? (2) 2.3.5 Hoe sal maksimum pryse die ekonomie beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/November 2022 NSS 2.4 Gebruik die grafiek hieronder om die effek van negatiewe eksternaliteite op die mark te verduidelik. NEGATIEWE EKSTERNALITEIT PRYS A1 (MMK) V A (MPK) e1 P1 Eksterne koste P e A1 A V (MPV) Q1 Q HOEVEELHEID (8) 2.5 Hoe beïnvloed onderlinge afhanklikheid die optrede/aksies van firmas in die oligopoliemark? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/November 2022 NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE tipes verbruikersinflasie. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe baat huishoudings uit toerisme? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INFLASIEKOERS IN SUID-AFRIKA JAAR 2018 AFRICA IN SOUTH 2019 2020 2021 Verbruikersprysindeks 100 103,5 107 109,5 3.2.1 Identifiseer die basisjaar in die tabel hierbo. (1) 3.2.2 Noem die instelling wat vir die beheer van inflasie in Suid-Afrika verantwoordelik is. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term hiperinflasie. (2) 3.2.4 Verduidelik die belangrikheid om inflasie in die ekonomie te meet. (2) 3.2.5 Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die inflasiekoers van 2020 tot 2021 te bereken. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/November 2022 NSS 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE TOERISMESEKTOR Mediese behandeling Rekreasie Redes vir toerisme- aktiwiteite Kultureel Besigheid Ontspanning en vakansie [Bron: dreamstime.com] 3.3.1 Identifiseer 'n tipe toerisme wat 'n geleentheid bied om tradisies in 'n gemeenskap te ervaar. (1) 3.3.2 Noem enige EEN Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term toerisme. (2) 3.3.4 Waarom is toerismegroei vir die owerheid belangrik? (2) 3.3.5 Hoe kan misdaad as 'n sosio-ekonomiese kwessie die toerismesektor negatief beïnvloed? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die redes vir die groei van die toerismebedryf in Suid-Afrika. (4 x 2) (8) 3.5 Hoe sal 'n styging in die pryse van ingevoerde sleutelinsette, soos olie, die plaaslike ekonomie beïnvloed? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/November 2022 NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van merietegoedere. (2 x 1) (2) 4.1.2 Verduidelik die effek van 'n daling in die rentekoers op inflasie. (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLIE – EKONOMIESE VERLIES PRYS MK GK a R50 R40 b c v = GI MI 0 500 HOEVEELHEID 4.2.1 Identifiseer die verliesminimerings(ewewigs)punt in die grafiek hierbo. (1) 4.2.2 Wat is die aard van die produk wat in 'n monopolie verkoop word? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term natuurlike monopolie. (2) 4.2.4 Waarom maak 'n monopolie gewoonlik 'n ekonomiese wins op lang termyn? (2) 4.2.5 Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die ekonomiese verlies deur die firma gemaak, te bereken. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/November 2022 NSS 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INFLASIE KREDIET BESPARINGS LONE INFLASIE [Bron: https://theweek.com] 4.3.1 Identifiseer die oorsaak van kostedruk-inflasie in die spotprent hierbo. (1) 4.3.2 Noem EEN manier wat gebruik word om inflasie te meet. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term inflasie. (2) 4.3.4 Verduidelik die effek van 'n daling in die algemene prysvlak op produsente. (2) 4.3.5 Hoe kan die owerheid die fiskale beleid gebruik om vraagtrek- inflasie te bekamp? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks gebrek aan inligting en onbeweeglikheid van produksiefaktore as oorsake van markmislukking. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe sal 'n toename in toeriste-aktiwiteite 'n negatiewe invloed op die (8) omgewing hê? [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 13 DBE/November 2022 NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg beoordeel word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/ Maks. 10 Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Met behulp van drie aparte grafieke, bespreek die korttermyn-ewewigsposisies (ekonomiese wins, ekonomiese verlies en normale wins) in 'n volmaakte mark. (26 punte)  Analiseer die voordele van volmaakte mededinging as 'n markstruktuur. (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in besonderhede die maatreëls deur die owerheid geneem om omgewingsvolhoubaarheid te verseker. (26 punte)  Evalueer die sukses van internasionale ooreenkomste in die vermindering van klimaatsverandering. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Economics

View all