Skip to content
Practical assessment task

Electrical Technology PAT GR 12 2020 (Power Systems) Afr

Grade 12 Electrical Technology practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 37 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Electrical TechnologyGrade 12202037 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2020 Hierdie riglyne bestaan uit 37 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 2 DBE/PAT 2020 NSS INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. INLEIDING/AGTERGROND 3 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 4 2.1 Hoe om die PAT te administreer 4 2.2 Hoe om die PAT'e na te sien/assesseer 4 2.3 PAT-assesseringbestuursplan 5 2.4 Moderering van PAT'e 6 2.5 Afwesigheid/Nie-inlewering van take 6 2.6 Simulasies 7 2.7 Projekte 7 2.8 Werkende Puntestaat 8 3. RIGLYNE VIR KEERDERS 9 3.1 Instruksies vir leerders 10 3.2 Verklaring van Egtheid 10 4. SIMULASIES 11 4.1 Simulasie 1: RLC -kringbaan 11 4.2 Simulasie 2: Inspekteer en toets die driefase-WS- elektriese motor 16 4.3 Simulasie 3: STER-DELTA-aansitter met oorlasrelê 19 4.4 Simulasie 4: Driefase sekwensiële motorbeheeraansitter met oorbelasting en tydreëlaar wat PLB gebruik 26 5. AFDELING B: ONTWERP EN MAAK 29 5.1 Ontwerp en maak: Deel 1 30 5.2 Assessering van die ontwerp-en-maak-fase: Deel 1 31 5.3 Ontwerp en maak: Deel 2 34 5.4 Assessering van ontwerp-en-maak-fase: Deel 2 35 6. PROJEKTE 36 6.1 Praktiese projek: Soldeerbout-temperatuur-beheerkring 36 6.2 Praktiese projek: Omkeerder 100 W 12 VDC na 230 VAC deur IK 4047 – IRF 540 37 7. GEVOLGTREKKING 37 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 3 DBE/PAT 2020 NSS 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaringsvakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurspraktyke, Landboutegnologie  KUNSTE: Dansstudies, Dramatiese Kunste, Musiek, Ontwerp, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke met 'n praktiese komponent en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT, wat afgebreek word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite wat die PAT opmaak, word in die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT bied die geleentheid om die leerders op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar te assesseer en maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat geassesseer kan word nie, bv. 'n geskrewe toets of eksamen. Dit is dus belangrik vir skole om te verseker dat alle leerders die Praktiese Assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat hulle aan die einde van die skooljaar uitslae kry. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Praktiese assesseringstake word ontwerp om 'n leerder se vermoë om 'n verskeidenheid vaardighede te integreer, om probleme op te los, te ontwikkel en te illustreer. Die PAT gebruik ook 'n tegnologiese proses om die leerder in te lig oor die stappe wat gevolg moet word om 'n oplossing vir die probleem voorhande te vind. Die PAT bestaan uit vier of meer simulasies en 'n praktiese projek. Die onderwyser kan enige praktiese projek selekteer en 'n kombinasie van die beskikbare simulasies gebruik. Die onderwyser moet assessering deurgaans toepas terwyl die leerder besig is om die nodige vaardighede te ontwikkel. Vier simulasies moet deur die leerders voltooi word, saam met die vervaardiging van 'n praktiese projek. Die PAT sluit al die vaardighede in wat die leerder regdeur die jaar ontwikkel het. Die PAT verseker dat leerders al die verskillende vaardighede aanleer deur praktiese werk te voltooi, asook die korrekte gebruik van gereedskap en instrumente. Vereistes vir aanbieding 'n Leerder moet die volgende voorberei:  PAT-lêer met al die bewyse van simulasies, ontwerp en prototipering. 'n Kopie van die PAT 2020-voorblad. Die betrokke simulasies en assesseringsblaaie moet gekopieer word en aan elke leerder gegee word om by die lêer in te sluit.  Praktiese projek met: o Omslag/Omhulsel:  Daar moet 'n ontwerp in die lêer wees.  Die omslag/omhulsel en die ontwerp moet by mekaar pas.  Geen kartonhouers word toegelaat nie.  Plastiek- en metaalomslae/-omhulsels sal aanvaar word.  Die omslag/omhulsel moet vir bestudering toeganklik wees.  Deksels wat vasskroef, word verkies. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 4 DBE/PAT 2020 NSS o Strookbord ('circuit board'):  Die strookbordontwerp ('PCB design') moet in die lêer wees.  Die strookbordontwerp ('PCB design') moet op so 'n wyse binne die omslag/omhulsel gemonteer wees dat dit vir bestudering verwyder kan word.  Skakelaars, potensiometers, verbindings en ander items moet gemonteer wees.  Bedrading moet netjies en gebind wees.  Bedrading moet lank genoeg wees sodat die strookbord verwyder en met gemak nagegaan kan word. o Logo en naam:  Die lêer moet die logo en naamontwerp bevat.  Logo en naam moet duidelik op die omslag/omhulsel verskyn. Die PAT sal 'n finansiële invloed op die skool se begroting hê en daarom moet skoolbestuurspanne vir hierdie besondere uitgawe voorsiening maak. PAT-komponente en ander items moet betyds, voor die einde van die eerste kwartaal aan die begin van die akademiese jaar, vir leerders se gebruik aangekoop word. Dit is die verantwoordelikheid van die departementshoof om toe te sien dat die onderwyser van die begin van die skooljaar af met die PAT vorder. Provinsiale departemente is verantwoordelik vir die opstel van modereringsroosters en daarom moet PAT'e betyds vir moderering gereed wees. 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 2.1 Hoe om die PAT'e te administreer Onderwysers moet toesien dat leerders die simulasies wat vir elke kwartaal nodig is, voltooi. Die projek moet in Januarie begin word om te verseker dat dit in Augustus voltooi is. Waar formele assessering plaasvind, moet die onderwyser hierdie verantwoordelikheid aanvaar. Die PAT moet gedurende die eerste drie kwartale voltooi word en moet teen die aanvang van PAT-moderering gereed wees. Onderwysers moet kopieë van die relevante simulasies maak en aan die begin van elke kwartaal aan leerders gee. Die PAT mag nie die werkswinkel verlaat nie en moet te alle tye in veilige bewaring wees wanneer die leerder nie daaraan werk nie. Die gewigstoekennings van die PAT moet nagekom word en onderwysers mag nie die gewigstoekennings vir die verskillende afdelings verander nie. 2.2 Hoe om die PAT'e na te sien/te assesseer Die PAT vir graad 12 word intern opgestel en geassesseer, maar ekstern gemodereer. Alle formele assessering word deur die onderwyser gedoen. Van die onderwyser word verwag om 'n werkende model en model-antwoordlêer op te bou wat die assesseringstandaard vasstel teen 'n Hoogs Bevoegde Vlak vir elke keuse van projek wat die leerders doen. Hierdie lêer moet al die simulasies met antwoorde insluit wat deur die onderwyser self gedoen is. Die onderwyser sal die modelantwoorde en projek gebruik om die simulasies en projekte van die leerders te assesseer. Sodra 'n fasetblad deur die onderwyser voltooi is, word assessering as afgehandel beskou. Geen herassessering sal gedoen word nadat die fasetbladsye voltooi is en deur die onderwyser vasgelê is nie. Leerders moet seker maak dat die werk op die verlangde standaard gedoen is voordat die onderwyser die PAT gedurende elke fase finaal assesseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 5 DBE/PAT 2020 NSS 2.3 PAT-assesseringbestuursplan Die assesseringsplan vir die PAT is soos volg: TYDPERK AKTIWITEIT VERANTWOORDELIKHEID Voorbereiding Onderwyser – Bou die modelle en werk die modelantwoorde vir die vir PAT 2020 2020-simulasies uit. Identifiseer tekortkominge t.o.v. gereedskap, toerusting en verbruikbare items vir simulasies wat in 2020 aangekoop moet word SBS – Ontvang aankoopversoeke van onderwysers en prosesseer betalings vir die aankoop van die items benodig Januarie–Maart Simulasie 1 en 2 Onderwyser – Kopieer en deel simulasies uit 2020 Leerders – Voltooi simulasies Onderwyser – Assesseer simulasies Departementshoof – Gaan na of take voor die vakansie voltooi en deur die onderwyser nagesien is Januarie 2020 PAT-projek: Onderwyser – Kry kwotasies vir PAT-projekte aankope Hoof – Keur PAT-aankope vir PAT-projekte goed Onderwyser – Maak seker dat PAT-projekte bestel en afgelewer word Departementshoof – Maak seker dat onderwyser aan die vereistes van die proses voldoen Februarie 2020 PAT-projek: Onderwyser – Maak seker dat PAT-projekte veilig bewaar word leerders begin Onderwyser – Deel PAT-projekte uit en neem dit in met projek Onderwyser – Sluit praktiese sessies elke week in sodat leerders die PAT-projek kan voltooi Leerder – Begin met die voltooiing van die PAT-projek Departementshoof – Sorg dat onderwyser op 'n weeklikse basis praktiese werkswinkel-sessies met leerders het April–Junie Moderering van Distriksvakfasiliteerder/Vakkundige sal die skool besoek en Simulasie 2020 Simulasie 1 en 2 1 en 2 modereer 10% van leerders se werk word gemodereer April–Junie Simulasie 3 en 4 Onderwyser – Kopieer en deel simulasies uit 2020 Leerders – Voltooi simulasies Onderwyser – Assesseer simulasies Departementshoof – Gaan na of take voor die vakansie voltooi en deur die onderwyser nagesien is April–Junie PAT-projek: Onderwyser – Maak seker dat PAT-projekte veilig bewaar word 2020 leerders gaan Onderwyser – Deel PAT-take uit en neem dit in voort met projek Onderwyser – Sluit elke week praktiese sessies in sodat leerders die PAT-projek kan voltooi Leerders – Gaan voort met die voltooiing van die PAT-projek Departementshoof – Sorg dat onderwyser op 'n weeklikse basis praktiese werkswinkel-sessies met leerders het Julie-vakansie PAT-ingryping Leerders wat met die PAT agter is, moet die projek gedurende hierdie 2020 vakansie voltooi. Julie – Moderering van Distriksvakfasiliteerder/Vakkundige sal die skool besoek en Simulasie Augustus 2020 Simulasie 3 en 4 3 en 4 modereer – ander leerders as in die vorige kwartaal 10% van leerders se werk word gemodereer Julie – PAT-projek: Onderwyser – Maak seker dat PAT-projekte veilig bewaar word Augustus 2020 voltooiing Onderwyser – Deel PAT-take uit en neem dit in Onderwyser – Voltooi die PAT-projek saam met leerders en stel die PAT-lêer saam Leerders – Voltooi die PAT-projek en -lêer Departementshoof – Gaan na of 100% van die PAT-lêers en -projekte voltooi en nagesien is September – PAT-moderering PAT-projekte word deur vakfasiliteerders/vakkundiges van die Oktober 2020 provinsie gemodereer en leerders is beskikbaar om vaardighede te demonstreer 10% van leerders word lukraak gemodereer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 6 DBE/PAT 2020 NSS 2.4 Moderering van die PAT'e Provinsiale moderering van elke kwartaal se simulasies sal so vroeg as die daaropvolgende kwartaal begin. Simulasie 1 en 2 moet gemodereer word sodra die tweede kwartaal begin. Net so moet Simulasie 3 en 4 in Julie gemodereer word. Die projek sal egter eers gemodereer word wanneer dit voltooi is. Gedurende moderering van die PAT moet die leerder se lêer en projek aan die moderator voorgelê word. Die modereringsproses verloop soos volg:  Gedurende moderering word leerders lukraak geselekteer om die verskillende simulasies te demonstreer. Al vier simulasies sal gemodereer word.  Daar word van die onderwyser verwag om 'n model vir elke projektipe te bou wat vir die skool geselekteer.  Hierdie model moet gedurende moderering ten toon gestel word.  Die onderwyser se model vorm die modereringstandaard op Vlak 4 (Hoogs Bevoeg).  Vlak 5-assesserings moet die onderwyser se model ten opsigte van vaardigheid en afwerking oortref.  Leerders wat gemodereer word, sal gedurende moderering toegang tot hulle lêers hê en kan na die simulasies wat hulle vroeër in die jaar voltooi het, verwys.  Leerders mag NIE gedurende moderering hulp by ander leerders vra NIE.  Alle projekte en lêers moet vir die moderator uitgestal word.  Indien 'n leerder nie die simulasie kan herhaal nie of nie 'n werkende kring tydens moderering kan lewer nie, sal punte afgetrek word en kringe as nie-werkend geassesseer word.  Die moderator sal lukraak nie minder nie as twee projekte (nie simulasies nie) selekteer en daar sal van die betrokke leerders verwag word om te verduidelik hoe die projek vervaardig/gemaak is.  Waar nodig, moet die moderator die leerders kan versoek om die funksie en werksbeginsels te verduidelik en ook die leerder versoek om die vaardighede wat deur die simulasies bekom is, vir modereringsdoeleindes te vertoon.  Na moderering sal die moderator, indien nodig, die groep se punte op- of afwaarts aanpas, afhangend van die uitkoms van moderering.  Gewone eksamenprotokol vir appèl moet gevolg word indien 'n dispuut weens aanpassings ontstaan. 2.5 Afwesigheid/Nie-inlewering van Take Indien daar sonder 'n geldige rede geen PAT-punt vir Elektriese Tegnologie beskikbaar is nie: Die leerder sal drie weke voor die aanvang van die finale jaareindeksamen gegun word om die ontbrekende taak in te lewer. Indien die leerder sou versuim om aan die uitstaande PAT- vereiste te voldoen, sal so 'n leerder 'n nul (0) vir daardie PAT-komponent ontvang. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 7 DBE/PAT 2020 NSS 2.6 Simulasies Simulasies is kringe, eksperimente en toetse/take wat die leerder sal moet bou, toets en meet en prakties doen as deel van die ontwikkeling van praktiese vaardighede. Hierdie vaardighede moet gedurende die skooljaar aan die eksterne moderator, wat met tussenposes die skool besoek, gedemonstreer word. Onderwysers wat rekenaargebaseerde simulasieprogramme gebruik, mag dit gebruik vir leerders om op te oefen. Daar word egter vereis dat die kring met regte komponente gebou word en dat lesings met werklike instrumente vir assesserings- en modereringsdoeleindes geneem word. Die korrekte prosedure vir die voltooiing van simulasies word hieronder uiteengesit vir onderwysers en skoolbestuurpanne wat vir die implementering van die PAT in Elektriese Tegnologie verantwoordelik is. STAP 1: Die onderwyser sal die simulasies selekteer uit die voorbeelde verskaf. STAP 2: Stel 'n komponentelys wat vir elke simulasie benodig word, saam. Voeg ekstra komponente by aangesien hierdie items baie klein is en jy ekstra items gaan benodig omdat dit verloor/beskadig word wanneer leerders daarmee werk. STAP 3: Kontak drie verskillende verskaffers van elektroniese komponente vir vergelykbare kwotasies. STAP 4: Lê die kwotasies aan die SBS voor vir goedkeuring en die aankoop van die items. STAP 5: Stoor die komponente. Organiseer items vir elke simulasie om dit gedurende praktiese sessies makliker uit te deel en te gebruik. Maak seker dat verskillende waardes van komponente nie meng nie, om te voorkom dat die komponente verkeerd gebruik word omdat dit die komponent kan beskadig en, in uiterste gevalle, die toerusting wat gebruik word. STAP 6: Kopieer die relevante simulasies en deel dit aan die begin van die kwartaal aan leerders uit. Onderwysers word toegelaat om kringe en komponentwaardes aan te pas om by hulle omgewing/bronbeskikbaarheid te pas. Onderwysers moet 'n stel voorbeeldantwoorde in die onderwyserportefeulje ontwikkel. Moderators sal die onderwyser se voorbeeldantwoorde en voorbeeldprojek tydens moderering gebruik. 2.7 Projekte Die projekte wat hieronder beskryf word, is konstruksieprojekte wat onderwysers vir hulle leerders kan selekteer. Hierdie projekte word op bewese kringe gebaseer wat deur skole en vakadviseurs verskaf is. Die projekte word op werkende prototipes gebaseer en vereis noukeurige konstruksie om korrek te funksioneer. Projekte verskil in koste en onderwysers moet seker maak dat die projekte wat gekies is, binne die skool se begroting val. Sodra die onderwyser op 'n kring besluit het, moet hy/sy die prototipe bou. Daarna kan kopieë van die kring wat verskaf is, gemaak word en aan leerders uitgedeel word. Hulle MOET hierdie kringe korrek in hulle lêers oorteken. Die beskrywing van die werking van die kringe is NIE volledig NIE. Leerders moet die funksie van die komponente in die kring wat verskaf is, ondersoek om nadere besonderhede te bekom. Hulle moet uitbrei oor die doel van komponente in die kring. Daar word aanbeveel dat daardie leerders soortgelyke kringe ondersoek wat op die internet en in die skoolbiblioteek of in werkswinkelverwysingsbronne beskikbaar is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 8 DBE/PAT 2020 NSS 2.8 Werkende puntestaat ('n Werkende Excel-lêer word saam hierdie PAT verskaf) PAT-puntestaat Kwartaal 1 Kwartaal 2 Projek Totaal = Punt uit 100 Moderator- Nr. Naam van Simulasie Simulasie Simulasie Simulasie Ontwerp Ontwerp Kwartaal1 + Leerder 1 2 3 4 en Maak en Maak Kwartaal 2 + Deel 1 Deel 2 Projek 40 40 40 40 70 20 punt 250 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Totaal Gemiddeld Onderwyser Naam: Prinsipaal: Moderator Naam: Handtekening: Handtekening: Handtekening: Datum: Datum:_______________________ Datum:__________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 9 DBE/PAT 2020 NSS 3. RIGLYNE VIR LEERDERS PAT 2020-dekblad (Plaas hierdie bladsy voor in die PAT.) Departement van Basiese Onderwys Graad 12 KABV vir Tegniese Hoërskole Praktiese Assesseringstaak – Elektriese Tegnologie Toegelate tyd: Kwartaal 1–3 (2020) Leerder Naam: Klas: Skool: Spesialisering: KRAGSTELSELS Voltooi VIER simulasies. Projek (Skryf die naam van die projek): _____________________________ Bewyse van moderering: LET WEL: Wanneer die leerderbewyse wat geselekteer is, op skoolvlak gemodereer is, sal die tabel bewyse van moderering bevat. Provinsiale moderatore sal die provinsiale moderering teken en slegs teken indien hermoderering nodig is. Moderering Handtekening Datum Handtekening Datum Skoolgebaseer Provinsiale moderering Hermoderering Puntetoekenning Maksimum Gemodereerde PAT-komponent Leerderpunt Punt Punt Simulasie 1 40 Simulasie 2 40 Simulasie 3 40 Simulasie 4 40 Ontwerp en Maak-projek – Kring 70 Ontwerp en maak-projek – Kassie/Omslag/ 20 Omhulsel Totaal 250 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 10 DBE/PAT 2020 NSS 3.1 Instruksies vir die leerder  Hierdie PAT tel 25% van jou finale promosiepunt.  Alle werk wat jy doen, moet jou eie wees. Jy en jou maat mag nie saamwerk nie en groepwerk word nie toegelaat nie.  Die PAT moet oor drie kwartale voltooi word.  Die PAT-lêer moet 4 simulasies en 'n praktiese projek bevat.  Berekeninge moet duidelik wees en eenhede insluit. Berekeninge moet tot TWEE syfers afgerond word. SI-eenhede moet gebruik word.  Kringdiagramme kan met die hand geteken word of met ROT ('CAD'). GEEN fotokopieë of geskandeerde lêers word toegelaat nie.  Foto's word toegelaat en kan in kleur of grysskaal ('greyscale') wees. Geskandeerde foto's en fotokopieë word toegelaat.  Leerders met identiese foto's sal gepenaliseer word en nul (0) vir daardie deel ontvang.  Hierdie dokument moet binne-in jou PAT-lêer saam met die ander bewyse geplaas word. 3.2 Verklaring van Egtheid (VERPLIGTEND) Verklaring: Ek _____________________ (Naam) verklaar hiermee dat die werk in hierdie lêer heeltemal my eie is. Ek verstaan dat indien die teendeel bewys word, my finale uitslae teruggehou mag word. _____ Handtekening van leerder _____ Datum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 11 DBE/PAT 2020 NSS 4. SIMULASIES 4.1 Simulasie 1: RLC-kring Naam van leerder: Punt: Klas: Datum voltooi: 40 Assesseringsdatum: Assessor handtekening: Modereringsdatum: Moderator handtekening: 4.1.1 DOEL:  Om 'n RLC-seriekring te bou.  Om die totale stroom van 'n RLC-seriekring oor 'n wye reeks frekwensies te meet 4.1.2 KOMPONENTE LYS  Enige oudio-transformator (tussenstadium-impedansie-aanpassingstransformator soos gevind in modems, oudiokringe – waarde is nie krities nie.)  0,1 µF-kapasitor (104)  1 kΩ (bruin swart rooi 5% - ¼ watt)  Seingenerator (ontkoppel die aardterminaal van die seingenerator)  Eksperimentbord  Verbindingsdrade  4 x multimeters  Ossilloskoop met twee aansluiters (ontkoppel die aardterminaal van die ossilloskoop.) 4.1.3 RLC-SERIEKRING (a) Meet die presiese waarde van die volgende komponente voordat dit in die kring gekoppel word. Die presiese weerstand van R (Dit sal van leerder tot leerder verskil.) R R= ______________ (1) Die presiese weerstand van L. (Die weerstand van die spoel wat gebruik word.) Audio Transformer RL = ______________ (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 12 DBE/PAT 2020 NSS (b) Bou die kringbaan in FIGUUR 4.1 op jou eksperimentbord. Jy sal volgens die onderstaande rubriek geassesseer word. Audio Transformator C = 0,1 µF R = 1 kΩ VL VC VR VT A1 Funksie Generator 3 V - 8 V / 1,5 kHz FIGUUR 4.1 Vlakbeskrywing Punte verwerf 0 1 2 4 Die kandidaat kon Die kandidaat kon Die kandidaat kon Die kandidaat kon nie die kring op sy die kring die kring korrek die kring korrek eie bou nie. gedeeltelik op sy met die hulp van sonder hulp van eie bou. die onderwyser die onderwyser bou. bou. Die kandidaat kon Die kandidaat kon Die kandidaat het Die kandidaat het nie die die die die meetinstrumente meetinstrumente meetinstrumente meetinstrumente koppel nie. gedeeltelik korrek korrek gekoppel korrek gekoppel in die kringbaan en die spanning en die spanning koppel. en stroom met die en stroom op sy hulp van die eie gemeet. onderwyser gemeet. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 13 DBE/PAT 2020 NSS 4.1.4 PROSEDURE (a) Stel die funksiegenerator om 'n sinusgolf te lewer en verstel die spanning na tussen 3–8 V. (Stel die spanning op die hoogste wat die funksiegenerator toelaat) LET WEL: Moet nie die amplitude van die spanning verstel nadat dit opgestel is nie. Stel die frekwensie. Onderwyser word aangeraai om die frekwensie van elke leerder afsonderlik te verander. Gebruik intervalle sodat elke leerder 'n unieke frekwensie het. (Die onderwyser moet 'n frekwensie kies waar die reaktansie van die kringbaan duidelik is. Dit is afhanklik van die waarde van die spoel wat gekies is.) Skryf die frekwensie wat aan jou toegeken is neer. f = ______________ LET WEL: Moet nie die frekwensie aanpas, tensy so opdrag gegee is nie. (b) Verbind die multimeters om die volgende te meet: VL = VC = VR = VT = IT = (Meters moet egte WGK-meters wees wat akkurate WS-lesings kan meet.) (5) (c) Bereken die totale stroom in die kringbaan deur gebruik te maak van VR en die waarde van (R+RL). VR = IT x (R+RL) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 14 DBE/PAT 2020 NSS (d) Teken die twee golfvorms wat op die ossilloskoopskerm vertoon word om die faseverhouding tussen VR en VL aan te dui. LET WEL: Skole wat digitale ossilloskope het, kan 'n skermskoot neem en uitdruk. Leerders mag nie by mekaar kopieer nie. (4) V/Div:___________ (Ch 1) V/Div:___________ (Ch 2) T/Div: ___________ LET WEL: 1 punt vir elke korrek getekende golfvorm. 1 punt vir die ossilloskoop- verstellings. (3) (e) Teken die twee golfvorms wat op die ossilloskoop skerm vertoon word om die faseverhouding tussen VR en VC aan te dui. V/Div:___________ (Ch 1) V/Div:___________ (Ch 2) T/Div: ___________ LET WEL: 1 punt vir elke korrek getekende golfvorm. 1 punt vir die ossilloskoop- verstellings. (3) (f) Bereken die impedansie van die kringbaan. (3) (g) Bereken XC deur die frekwensie wat in 4.1.3 aan jou gegee is te gebruik. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 15 DBE/PAT 2020 NSS (h) Bereken die totale reaktansie X met R en RL: RL = weerstand van die induktor wat jy in 4.1.1(b) gemeet het √ (2) (i) Bereken die induktiewe reaktansie (XL) vanaf X en XC (2) (j) Bereken nou die induktansie van die spoel (L) vanaf XL (3) (k) Tabelleer jou waardes in die tabel hieronder en vergelyk die gegewe resultate. Kandidaat se resultate VSPOEL VC VT VR IT R Z X XL XC L Tipiese waardes VSPOEL VC VT VR IT R Z X XL XC L 6,6 V 4,5 V 7,9 V 3,1 V 3,1 mA 1 000 Ω 2 548 Ω --- 740 Ω 1 592 Ω 117 mH (l) Is die leerder se waardes presies soos die tipiese waardes? Maak 'n gevolgtrekking en motiveer jou antwoord. (2) (m) Verduidelik hoe die spannings in 'n RLC-seriekring voorlopend of nalopend kan wees. Waarom word daar in hierdie geval na die spannings verwys rakende die faseverwantskap en nie stroom nie? (2) GEVOLGTREKKING In 'n serie-WS-kringbaan is die stroom in al die komponente gelyk. Die spanning oor die induktor is voorlopend in vergelyking met die toevoerspanning en die spanning oor die kapasitor is nalopend in vergelyking met die toevoerspanning. TOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 16 DBE/PAT 2020 NSS 4.2 Simulasie 2: Inspekteer en toets die driefase-WS- elektriese motor Naam van leerder: Punt: Klas: Datum voltooi: 40 Assesseringsdatum: Assessor handtekening: Modereringsdatum: Moderator handtekening: 4.2.1 DOEL Om die volgende toetse uit te voer: • Visuele meganiese inspeksies • Elektriese inspeksie/toets van die motor met meetinstrumente 4.2.2 BENODIGDHEDE GEREEDSKAP/INSTRUMENTE VERBRUIKBARE VOORRAAD • Driefase-WS-motor • Multimeter  Isolasietoetser (megger) 4.2.3 PROSEDURE Gebruik die lys hieronder om inspeksietoetse op 'n driefase-WS- elektriese motor uit te voer. Voltooi die resultate in die tabel hieronder: AKTIWITEIT 2A: Voltooi die besonderhede op die naamplaat van die motor wat getoets word (die inligting moet geskryf word soos dit op die naamplaat van die motor verskyn, d.i. skryf die waardes van die spanning en stroom soos dit op die naamplaat verskyn. Fase: Toevoerspanning: Poolpare: Spoed: Rendement: Stroom: Aanslag: Frekwensie: (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 17 DBE/PAT 2020 NSS Aktiwiteit 2B: Voltooi die tabel hieronder. LET WEL: Hierdie toetsprosedures word uitgevoer wanneer die motor elektries van die toevoer geïsoleer word. BESKRYWING VISUELE ELEKTRIESE PUNTE INSPEKSIE/TOETSING EN TOEGEKEN LESINGS GENEEM Toestand van die wikkelings: Lesings geneem Toets 1: Kontinuïteit van die wikkelings (Skryf die lesing op die multimeter getoon in ohms.) (3 punte) A1–A2 B1–B2 C1–C2 Toets 2: Isolasieweerstand tussen wikkelings (Skryf die lesing op die isolasieweerstandstoetser in Megger-ohms.) (3 punte) A1–B1 A1–C1 B1–C1 Toets 3: Isolasieweerstand na Aarde (Skryf die lesing getoon isolasieweerstandstoetser (3 punte) A1–Aarde B1–Aarde C1–Aarde Toets 4: Meganiese inspeksie Neem kennis van alle foute (3 punte) (Kort beskrywing) Rotor is vry om te roteer Binnekant van rotor is vry van stof, water en olie Speling in laers Toestand van die motorraam (Kort Beskrywing) Toestand van entkassie/ verbindingskassie Flens/Voetstuk Voor-/Agterdekplaat Stator-/Veldspoelomhulsel Monteerboute en moere/skroewe Toestand van waaier, waaier dekplaat en koelvinne (18) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 18 DBE/PAT 2020 NSS Vir die gebruiklike fase-volgorde en byskrifte van die aansluiters van die motor. (3) Korrekte interne bedrading van die getoetsde motor (2) Kragtens die regulasie, noem die minimum aanvaarbare weerstand tussen die windings wanneer isolasieweerstandstoets uitgevoer word. (1) 4.2.4 TOETS UITGEVOER AANVAARBAAR/ONAANVAARBAAR MET REDE Windingweerstand (2) Isolasieweerstand (2) Aardweerstand (2) Gee 'n rede waarom die motor gebruik kan word of (2) nie. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 19 DBE/PAT 2020 NSS 4.3 Simulasie 3: STER-DELTA-aansitter met oorbelasting en tydskakelaar Naam van leerder: Punt: Klas: Datum voltooi: 40 Assesseringsdatum: Assessor handtekening: Modereringsdatum: Moderator handtekening: 4.3.1 DOEL Om die insetspanning na die motor te verminder om die aansitstroom te verminder. 4.3.2 BENODIGHEDE GEREEDSKAP/INSTRUMENTE VERBRUIKSARTIKELS  2 x driefasekontaktor met hulpkontakte (vir • Multimeter of kontinuïteitstoetser delta- en sterverbinding) • Klampammeter  1 x driefasehoofkontaktor met tydskakelaar  1 x driefase-oorlasrelê  1 x stopknoppie  1 x aansitknoppie  1 x driefase-induksiemotor  Korrekte draadgrootte of aansluitkabels  Draadstroper  Langbektang  Skroewedraaier  Sykniptang Bou die beheerkring en die stroombaan op die panele en laat die onderwyser die stroombane kontroleer voordat dit aangeskakel word. Nadat die aansitknop gedruk en gelos is, sal die motor in ster loop. Sodra die motor die termiese snelheid bereik, skakel dit oor na delta, of na 'n vooraf gestelde tyd, sal die motor oorskakel na delta. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 20 DBE/PAT 2020 NSS BEHEERKRING Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 21 DBE/PAT 2020 NSS HOOFKRING 4.3.3 PROSEDURE Oorweeg alle veiligheidsaspekte voor en tydens die bedrading en wees versigtig totdat die motor in gebruik is. (a) Bedraad en toets die beheerkring voordat u dit aan die hoofkring koppel. Vra u onderwyser om die beheerkring te kontroleer (b) Bedraad die hoofkring en koppel dit aan die beheerkring. (c) Skakel die motor aan en neem waar. (d) Die onderwyser sal foute op die beheerkring plaas en die leerder moet dit identifiseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 22 DBE/PAT 2020 NSS 4.3.4 ACTIVITY 3 (a) Meet die spanning tussen: (Gebruik 'n voltmeter en stel dit op die hoogste skaal) L1 en L2 = ________V (1) L1 en L3 = ________V (1) L2 en L3 = ________V (1) Enige van die lyne of = ________V neutraal (1) (b) Meet die stroomvloei wanneer die motor aan is: (Gebruik 'n klamptoetser) Ster = ________A (1) Delta = ________A (1) Staaf jou waarneming wanneer die motor in ster en in delta loop (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
ElektrieseTegnologie: Kragstelsels Downloaded from hlayiso.com 23 DBE/PAT 2020 NSS FASET: Simulasie 3: DIE STER-DELTA-AANSITTER STATER MAKSIMUM LEERDER FASETTE FASET 1 FASET 2 FASET 3 FASET 4 MOONTLIK PUNTE SE PUNT Voorbereiding Die Identifiseer en Alle meetinstrumente Die korrekte Maksimum 8 punte van die bedradingsdiagram versamel alle korrek te identifiseer identifisering en Vir elke faset simulasie van die beheer- en toestelle korrek en te versamel versameling van alle (2 punte indien korrek) kragkring korrek gereedskap (1 punt indien gedeeltelik interpreteer voltooi) Bedrading Toets die Korrekte prosedure Die werking van 6 punte maksimum van die funksionaliteit van alle tydens bedrading die kring Vir elke faset beheerkring toestelle wat gebruik van die kring (2 punte indien korrek) is (1 punt indien gedeeltelik voltooi) Korrekte Korrekte prosedure Toets die isolasie Toets kontinuïteit 6 punte maksimum aansluiting van om die instrumente te tussen geleiers in die kring Vir elke faset meetinstrumente koppel (2 punte indien korrek) (1 punt indien gedeeltelik voltooi) Bedrading Toets die funksie Korrekte prosedure Maksimum 4 punte van die van die motor tydens bedrading Vir elke faset stroombaan van die kring (2 punte indien korrek) (1 punt indien gedeeltelik voltooi) Instelling van Fout suksesvol 2 fout geïdentifiseer Veiligheid Veiligheidsmaatreëls 2 is nagekom Huishouding Huishouding was 2 beoefen Aktiwiteit (10) Faset Punte (30) TOTAAL [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 24 DBE/PAT 2020 NSS 4.4 Simulasie 4: Driefase- sekwensiële motorbeheeraansitter met oorbelasting en tydreëlaar wat PLB gebruik Naam van leerder: Punt: Klas: Datum voltooi: 40 Assesseringsdatum: Assessor handtekening: Modereringsdatum: Moderator handtekening: 4.4.1 DOEL Praktiese simulasie van 'n driefase- sekwensiële motorbeheeraansitter met oorbelasting en tydreëlaar wat PLB gebruik Beheerkring Stopknop HK1 N/O2 O/B1 O/B2 Aansit HK1 kop T(N/O) N/O1 HK1 Tydreelaar HK2 MOTOR 1 (T) MOTOR 2 N BEHEERKRING Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 25 DBE/PAT 2020 NSS L1 Stop Aansit- O/B2 O/B1 knop knop 1 2 3 4 5 6 Insette Toevoer PLB EENHEID 220 - 250 V UITSETTE Gemeenskaplik 1 2 3 4 HK1 HK2 MOTOR 1 MOTOR 2 N PLB-EENHEID AAN DIE BEHEERKRING GEKOPPEL X1/I01 = Stopknop X2/I02 = O/B 2 X3/I03 = O/B 1 X5/I05 = Aansitknop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 26 DBE/PAT 2020 NSS L1 L2 L3 L1 L2 L3 O/B1 O/B2 HK1 HK2 Motor 1 Motor 2 KRAGKRING 4.4.2 BENODIGDHEDE GEREEDSKAP/INSTRUMENTE VEBRUIKBARE VOORRAAD  Multimeter/Klampmeter of  Verbindingsdraad kontinuïteitstoetser  PLB-eenheid  Rekenaar/Programmeerder  2 x driefase-induksiemotors  Draadstroper  2 x driefase-oorbelastingrelês  Langbektang  1 x stopknop  Skroewedraaier  1 x aansitknop  Sykniptang  2 x driefasekontaktors met hulpkontaktors 4.4.3 PROSEDURE  Programmeer die leerlogikadiagram deur 'n rekenaar en laai die program na die PLB.  Voer die program uit ('run') en simuleer die werking.  Konnekteer die PLB om die kring te beheer.  Moet nie die toevoer aanskakel voordat die onderwyser nie die kring nagegaan het nie.  Wanneer die kringe korrek is, skakel die toevoer aan.  Voer die PLB-program uit en skakel die motor aan.  Die onderwyser voeg foute op die PLB-kring by en die leerder moet dit identifiseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Elektriese Tegnologie: Kragstelsels 27 DBE/PAT 2020 NSS Die werking: Wanneer die aansitknop gedruk word, sal Motor 1 begin draai. Na 'n voorafgestelde tydperk sal Motor 2 ook draai. Beide motors moet met 'n stopknop gestop kan word. Die onderwyser moet foute op die PLB-program byvoeg vir die leerders om te identifiseer. 4.4.1 AKTIWITEIT 4: (a) Maak 'n skermskoot van die geprogrammeerde leerlogikadiagram en plak dit op die skoon bladsy. (4) (b) Verduidelik waarom Motor 1 en Motor 2 nie gelyktydig aangeskakel kan word nie nadat die aansitknop gedruk en gelos is. (2) [6] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 28 DBE/PAT 2020 NSS FASETBLAD: Simulasie 4: Driefase sekwensiële motorbeheeraansitter met oorbelasting en tydreëlaar wat PLB gebruik FASETTE FASET 1 FASET 2 FASET 3 FASET 4 MAKSIMUM LEERDER- MOONTLIKE PUNT PUNT VoorbereIding Interpreteer Identifiseer en samel Identifiseer en samel Identifiseer en Maksimum 8 punte van die bedradingsdiagram alle toestelle korrek alle meetinstrumente samel alle Vir elke faset (2 punte simulasie van in korrek in gereedskap indien korrek) kontrole- en (1 punt indien gedeeltelik hoofstroomkring voltooi) korrek Bedrading van Toets die werking van Korrekte Toets kontinuïteit in die Werking van Maksimum 8 punte beheerkring alle toestelle wat bedradingsprosedure kring. die kring. Vir elke faset (2 punte gebruik word indien korrek) (1 punt indien gedeeltelik voltooi) PLB-eenheid Programmeer die Korrekte aflaai van die Korrekte bedrading van Voer die program Maksimum 8 punte leerlogikadiagram op program van die die PLB om die kring uit om die motor Vir elke faset (2 punte die rekenaar na die PLB- te beheer aan indien korrek) rekenaar en die eenheid te sit (1 punt indien gedeeltelik program voer uit ('run') voltooi) Bedrading van Toets werking van Korrekte bedrading Toets kontinuïteit in die Maksimum 6 punte hoofstroomkring die motor van die kring. kring Vir elke faset (2 punte indien korrek) (1 punt indien gedeeltelik voltooi) Veiligheid Veiligheidsvoors Maksimum 6 punte org- maatreëls in Vir elke faset (2 punte ag geneem. indien korrek) (1 punt indien gedeeltelik voltooi) Huishouding Huishouding Maksimum 6 punte toegepas Vir elke faset (2 punte indien korrek) (1 punt indien gedeeltelik voltooi) Aktiwiteit (6) Faset (34) Totaal 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 29 DBE/PAT 2020 NSS 5. AFDELING B: ONTWERP EN MAAK Ontwerp-en-maak-projek Tyd: Januarie tot Augustus 2020 Leerder se Naam: Skool: Klas: Titel/Tipe Projek: INSTRUKSIES  Hierdie afdeling is VERPLIGTEND vir alle leerders.  Die onderwyser sal 'n kringbaan vir die projek kies.  Enige projek wat gebou word moet ten minste (maar is nie beperk nie) die volgende insluit: o Sewe komponente o 'n Verskeidenheid komponente (beide aktief en passief) o PCB-vervaardiging in een of ander vorm o Soldeerwerk o 'n Kassie/Omhulsel met 'n skakelaar en beskerming  Die kontrolelys hieronder moet gebruik word om te verseker dat al die vereiste take vir die PAT voltooi is. PAT-KONTROLELYS Die leerder moet hierdie kontrolelys invul VOORDAT nasien van die afdeling plaasvind. NR. BESKRYWING MERK () NEE JA Ontwerp en Maak: Deel 1 1. Kringdiagram geteken   2. Kringbeskrywing ingevul   3. Komponentelys ingevul   4. Gereedskapslys vir kringwerk ingevul   5. Meetinstrumentelys ingevul   6. Bewys van prototipe uitgedruk en in lêer geplak   7. Leerder se eie Vero-bord of kringbord/'PCB'-beplanning/ontwerp uitgedruk en in   lêer ingesluit Ontwerp en Maak: Deel 2 1. Omslag-/Omhulselontwerp voltooi en in die lêer geplaas   2. Unieke naam neergeskryf en op die omslag/omhulsel aangebring   3. Logo (Kenteken) ontwerp en op omslag/omhulsel aangebring   Allerlei 1. Omslag/Omhulsel by die projek ingesluit   2. Omslag/Omhulsel voorberei en volgens ontwerp geboor   3. Omslag/Omhulsel afgewerk en ingevul met naam en logo   4. 'PCB' stewig in die omslag/omhulsel gemonteer volgens aanvaarbare tegnieke   5. Kring binne-in die omslag/omhulsel is toeganklik   6. Interne bedrading is netjies en gereed vir inspeksie   7. Lêer en projek voltooi en gereed vir moderering by die werkswinkel/vertrek   Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 30 DBE/PAT 2020 NSS 5.1 Ontwerp en maak: Deel 1 5.1.1 Kringdiagram Teken 'n kringdiagram van jou projek en plaas dit na hierdie bladsy. 5.1.2 Projek: Beskrywing van werking Gebruik die ruimte hieronder en gee 'n oorsig van hoe die projek funksioneer. Gebruik jou eie woorde en doen navorsing op jou eie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 31 DBE/PAT 2020 NSS 5.1.3 Komponentelys Stel 'n komponentelys saam van wat jy van die kringdiagram benodig. BYSKRIF BESKRYWING EN WAARDE HOEVEELHEID 5.1.4 Gereedskapslys Stel 'n lys van gereedskap saam wat jy nodig gaan hê om die PAT-kringwerk te voltooi. Jy kan die lys aanvul soos wat jy met die PAT vorder. BESKRYWING DOEL/GEBRUIK 5.1.5 Bewys van prototipe Neem foto's van die werkende prototipe op die broodbord met gebruik van 'n digitale kamera of selfoon en heg dit hier aan. Voeg jou naam op die foto by. Voeg foto's na hierdie bladsy by. 5.1.6 Stroombord ('PCB')-ontwerp Ontwerp 'n stroombord('PCB')-ontwerp vir die kring wat jy gaan bou. Druk uit en plaas na hierdie bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 32 DBE/PAT 2020 NSS 5.2 Assessering van die Ontwerp-en-Maak-fase: Deel 1 Behaal  Punt NR. FASETBESKRYWING Nie behaal nie  Kringdiagram 1. Die kringdiagram is met gebruik van IGO-toerusting geteken. 1 2. Die kringdiagram is met gebruik van IGO-toerusting en ROT 1 ('CAD')/enige elektroniese ontwerpsagteware geteken. 3. Die kringdiagram is met gebruik van korrekte simbole geteken. 1 4. Die kringdiagram het alle byskrifte – R1, C1, Tr1, ens. 1 5. Die kringdiagram het alle komponentwaardes – 100 Ω, 220 μF, 1 ens. 6. Die kringdiagram het 'n naam. 1 7. Die kringdiagram het 'n raam en titelblok (IGO-benadering). 1 Komponentelys 8. Byskrifte korreleer met kringdiagram. 1 9. Beskrywing en waardes korreleer met kringdiagram. 1 10. Hoeveelhede is korrek. 1 Beskrywing van Werking 11. Basiese werking van die kring word korrek beskryf. 1 12. Alle subkringe in die kringdiagram en komponentelys is by die 1 beskrywing ingesluit. 13. Doel van die subkringe in die kringdiagram word korrek 1 beskryf. 14. Leerder het eie interpretasie gebruik en het nie verbatim van 'n 1 ander bron gekopieer nie. 15. Bronne word erken. 1 Gereedskap-/Instrumentelys 16. Die gereedskap-/instrumentelys is ingevul. 1 17. Die gereedskap/instrumente in die lys het almal 'n doel vir 1 gebruik. Bewys van Prototipering op Broodbord 18. Unieke, oorspronklike foto's van die prototipering is ingesluit. 1 19. Unieke, oorspronklike foto's sluit die leerder se naam in. 1 20. Foto's is duidelik en gefokus: 1 Alle komponente kan duidelik geïdentifiseer word. 21. Prototipe werk. Geen foto, geen punt nie. 2 22. Video van werkende prototipe is as bevestiging beskikbaar. 3 PCB-ontwerp 23. Bordontwerp is by die PAT-lêer ingesluit. 1 24. Komponent-oorleg wat plasing toon, is ingesluit. 1 25. Komponente word dieselfde as in die kringdiagram benoem. 1 26. Die ontwerp is oorspronklik en is nie dieselfde as enige ander 1 leerder se ontwerp nie. 27. Bord-uitleg (bane/stroomvloei) is funksioneel en pas by die oorspronklike stroomdiagram. Kringbordvervaardiging 28. Kringbord is netjies geëts volgens die PCB-ontwerp. 5 29. Die leerder se naam is op die ontwerp geëts. 30. Die PCB is netjies getin (nie met soldeersel nie). 1 31. Die gesoldeerde PCB, soldeerkant, is met 'n deursigtige 1 beskermende lagie bedek (Plastik 70/deursigtige lak). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 33 DBE/PAT 2020 NSS Behaal  Punt NR. FASETBESKRYWING Nie behaal nie  32. Gate is netjies geboor en is in lyn in die middel van die 1 eilandjies op die PCB. 33. Monteergate van die PCB is simmetries geboor. 1 34. Alle brame is verwyder. 1 35. Die PCB is netjies gesny/vierkantig en die kante is netjies 1 gevyl. 36. Aksiale en radiale komponente is netjies en plat teen die bord 1 gemonteer. 37. Komponent-oriëntasie is tussen eenderse komponente gedoen 1 (bv. die goue bandjies van alle resistors is aan dieselfde kant geplaas). 38. Gesoldeerde komponente – terminale is afgeknip, glad en 2 netjies aan die soldeerkant. 39. Meer as 60% van die soldeerlaste is blink (geen droë laste 2 nie). 40. Draad-isolering is op die korrekte lengte afgesny (geen ekstra 2 koper wys nie). 41. Bedrading is lank genoeg om uitmekaarhaal te word en 1 inspeksie toe te laat. 42. Bedrading is netjies omgewind/vasgemaak. 1 43. 'n Kragskakelaar is ingesluit en korrek aan die omhulsel 2 gemonteer. 44. 'n Sekering/Beskerming is ingesluit en korrek waar van 2 toepassing gemonteer. 45. Bedrading in en uit die omhulsel is met skaafringe/toepaslike 2 monterings/sokke toegerus, waar van toepassing. 46. Batterye is gemonteer met 'n batteryomhulsel/monteerklamp 1 en batteryklem (GEEN dubbelkantkleefband NIE). 47. Die projek het 'n klikliggie/loodsliggie/LED wat in die omhulsel 2 gemonteer is en wat wys wanneer die kring werk. (Skakelaar is aan – moet afgaan wanneer die sekering blaas.) 48. Die projek werk ten volle en is in die omhulsel geïnstalleer. 10 TOTAAL (DEEL 1 = 70 punte) LET WEL: In projekte waar faset 43 en 44 nie van toepassing is nie, moet die projekte uit 66 nagesien word en die totale moet daarvolgens aangepas word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 34 DBE/PAT 2020 NSS 5.3 Ontwerp en Maak: Deel 2 5.3.1 Omhulselontwerp  Ontwerp 'n kassie en sluit die uitleg van die 'PCB' en dele in die kassie in.  Geen VRYHANDTEKENINGE nie.  Teken met IGO-instrumente OG gebruik 'n ROT('CAD")-program.  Voeg tekeninge na hierdie bladsy by.  Teken in Eerstehandse Ortografiese Projeksie.  Gebruik kleur om jou tekening te versterk/verbeter/ 5.3.2 Vervaardig die omhulsel/kassie netjies volgens jou ontwerp. Jy mag vooraf gesnyde panele van metaal, perspex, plexiglass, hout, glas en ander materiaal gebruik. Jy moet egter self die dele bou/saamvoeg. Spuitgietvormige omhulsels is ook aanvaarbaar. Dit is belangrik dat jou omhulsel en die plasing van jou komponente oplyn met jou ontwerp. 5.3.3 Kies 'n naam vir jou toestel. Skryf die naam van die toestel hieronder neer. 5.3.4 Ontwerp 'n unieke kenteken/logo vir jou toestel, sowel as 'n spesifikasie- plaatjie en heg dit na die bladsy by. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 35 DBE/PAT 2020 NSS 5.4 Assessering van die ontwerp-en-maak-fase: Deel 2 Behaal  Punt Nie behaal nie  NR. FASETBESKRYWING Kassie-/Omhulsel-ontwerp 1. Kassie-/Omhulsel-ontwerp is by eerstehoekse ortografiese 1 projeksie ingesluit. 2. Getekende ontwerp sluit 'n titelraam en bladsyraam in. 1 3. Isometriese skets is addisioneel ingesluit. 1 4. Dimensies is ingesluit. 1 5. Die naam van die toestel is in die PAT-dokument geskryf. 1 6. Die logo-ontwerp is in die PAT-dokument. 2 Subtotaal (6 punte maks.) Kassie-/Omhulselvervaardiging 7. Kassie/Omhulsel pas by die ontwerp. 1 − Dimensies en plasing korreleer. 8. Naam van die toestel is op die kassie/omhulsel. 1 9. Die logo-ontwerp is op die kassie/omhulsel. 1 10. Die logo-ontwerp op die kassie/omhulsel is duursaam en 1 nie net 'n stuk papier wat op die kassie/omhulsel geplak is nie (opgeverf/découpage/skermdrukwerk/sublimasie- drukwerk). 11. Die kassie/omhulsel is van nuuts af vervaardig. 3 Sluit NIE die volgende in NIE: karton, papier, margarien- houer Sluit die volgende in: plaatmetaal, Perspex, Plexiglas, hout, glas en ander grondstowwe, injeksiegevormde plastiekkassies 12. Gate/Uitsnywerk in die kassie/omhulsel is met geskikte 2 gereedskap gedoen. 13. Spesifikasieplaatjie met die leerder se naam, bedryf- 1 werkspanning, sekeringsaanslag en bykomende inligting op die projek. 14. Kassie/Omhulsel is netjies voorberei, geverf en esteties 2 aangenaam. 15. Die kringbord is met geskikte metodes in die kassie/ 1 omhulsel gemonteer. (GEEN dubbelkantband ('double- sided tape'), Prestik, gom, kougom, maskeerband, ens. nie) Subtotaal (13 punte maks.) TOTAAL (DEEL 2 = 20 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 36 DBE/PAT 2020 NSS 6. PROJEKTE 6.1 Praktiese projek 1: SOLDEERBOUT-TEMPERATUURBEHEER-KRINGBAAN Soldeerbout-temperatuurbeheer-kringbaan met die 555 GS tesame met 'n termistor- weerstandverdeler word gebruik om die temperatuur van 'n soldeerbout te beheer. Die skeidingsnetwerk bestaan uit die verstelbare weerstand R3 termistor R4 en R5. Dit is veral nuttig indien die soldeerbout lank aangehou moet word, aangesien u die hitte verkwisting van die soldeerbout kan beheer. As 'n soldeerbout aangeskakel word, neem dit tyd om die smeltpunt te bereik. Koppel hierdie stroombaan eenvoudig aan die soldeerbout soos hieronder getoon, en die soldeerbout bereik vinnig die smeltpunt van die soldeersel. Die maksimum stroom wat dit kan lewer is 2 ampère 2 A Fuse LAS 2 A (maks) D1 1N4007 R3 BT 136 2k R2 R1 4 8 470k R6 6.8k/5W 470 Ω 7 3 220 V WS 555 tº R4 6 2 5k termistor 8.2 V/1W 1 5 R5 220 µF 10 µF 3.3k 16 v 16 v C3 0.01 µF SOLDEERBOUT-TEMPERATUURBEHEER-KRINGBAAN KOMPONENTLYS RESISTORS KAPASITORS R1 6.8 k / 5 W C1 220 µF / 16 V (Gepolariseerde kapasitor) R2 470 k Ω C2 10 µF / 16 V (Gepolariseerde kapasitor) R3 2 kΩ (Verstelbare weerstand) C3 0.01 µF/16 V (Nie-gepolariseerde kapasitor) R4 5k Ω (Termistor) DIODES R5 3.3 kΩ TRIAK BT136 R6 470 Ω D1 1N4007 IC 555 tydreëlaar Zener diode 8.2/1V Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com ElektrieseTegnologie: Kragstelsels 37 DBE/PAT 2020 NSS 6.2 Praktiese Projek 2 : Omkeerder 100 W 12 VDC na 230 VAC deur IK 4047 – IRF540 100 W-omkeerderkring wat 12 VDC na 230 VAC deur IK 4047 – IRF540 omskakel. Die kring het IK 4047 toegepas om 'n gelykgolfsein en IRF540 te ontwikkel om die sein te versterk wat deur die transformator verhoog moet word. Neem kennis dat jy 'n 2 tot 3 A-sentertaptransformator nodig sal hê om 100 W-drywing te hanteer. Omkeerder 100 W 12 VDC na 230 VAC deur IK 4047 – IRF540 KOMPONENTELYS Diode 1N4007 VR1 100 K C1 2200 µF R2 390 Ω C 0,01 µF R3 330 Ω C3 0,1 µF R4 820 Ω C4 2,2 µF R5 220 Ω R6 220 Ω IC 4047 – IRF540 LED 2 x D MOSVET (T1) IRF540 S2 SPST-skakelaar Kragbron 12 V Battery 6 x 2 V (4 Ah) LET WEL: Alle kringbane moet 'n Aan/Af Skakelaar met 'n AAN-aanwyser en sekering insluit. 7. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak, moet die leerder in staat wees om hul begrip van die bedryf te toon, hul kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoë te verbeter, asook om konneksies met die lewe buite die klaskamer te bewerkstellig en uitdagings in die wêreld aan te spreek. Verder ontwikkel die PAT die lewensvaardighede van leerders en bied hulle die geleentheid om aan hul eie leer deel te neem. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Electrical Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Electrical Technology

View all