Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend ʼn formuleblad van 2 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 



%20Afr_hlayiso.com_--0bb1bc18-1e0e-4585-bd39-fe4fdc8e6873/v1-013a331a53c838a570ee/card.webp)

View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1/v1-c626a1835b7bd66cd74a/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c/v1-7f4e7e802c7ad4ef5308/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7/v1-e52cf933e04085645745/card.webp)
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP
Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
2. Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.
3. Toon ALLE berekeninge en rond die antwoord korrek tot TWEE desimale
plekke af. Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.
7. ʼn Formuleblad is aan die einde van die vraestel ingesluit.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.16 D.
1.1. Die laag (lae) van die vel wat deur ʼn derdegraadse brandwond aangetas
word, sal … wees.
A die buitenste laag
B die tweede laag
C alle lae vel
D Geeneen van bogenoemde. (1)
1.2 Die fasehoek van die stroom in ʼn oorwegend induktiewe, RLC-stroombaan
is …
A voorlopend.
B nalopend.
C in fase.
D nul. (1)
1.3 Die opposisie deur ʼn kapasitor teen die vloei van wisselstroom in ʼn RLC-
stroombaan is die …
A induktiewe reaktansie.
B impedansie.
C kapasitiewe reaktansie.
D induktansie. (1)
1.4 ʼn RLC-stroombaan het ʼn maksimum impedansie en ʼn minimum stroom
gedurende … resonansie.
A serie-
B parallelle-
C die frekwensies voor
D die frekwensies na (1)
1.5 Selfstandige eenhede wat vanaf die hoofbeheersentrums beheer word, word
… genoem.
A skakeltoerusting
B verspreidingsnetwerke
C substasies
D kragstasies (1)
1.6 ʼn Afstaptransformator word gebruik om die …
A krag te verhoog.
B krag te verlaag.
C spanning te verlaag.
D spanning te verhoog. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) (EC/SEPTEMBER 2024)
1.7 ʼn Driefasestelsel word gegenereer wanneer drie spoele 120° uitmekaar
geplaas word, en in ʼn … gedraai word.
A eenvormige magnetiese veld
B vakuum
C driehoek
D Al die bogenoemde (1)
1.8 ʼn Delta-ster transformator word … gebruik.
A hoofsaaklik in swaar nywerhede waar ʼn hoëkragoordrag noodsaaklik
is
B as ʼn afstaptransformator in hoëspanningstoevoerlyne
C hoofsaaklik vir interne bedrading van persele
D omvattend in verspreidingstelsels waar ʼn vierdraadstelsel benodig
word (1)
1.9 Air Natural (AN) is ʼn verkoelingsmetode wat vir … gebruik word.
A droë transformators
B olie onderdompelde transformators
C relê
D kontaktors (1)
1.10 Die doel van ʼn geen-volt-relê is om ...
A ʼn motor outomaties te laat begin nadat ʼn kragonderbreking herstel is.
B die spanning van ʼn driefase motor te verhoog.
C te verhoed dat ʼn motor outomaties begin wanneer ʼn
kragonderbreking herstel word.
D die hoeveelheid stroom wat deur ʼn motor getrek word te monitor. (1)
1.11 Die aansitknoppie wat in ʼn motorbeheerkring gebruik word, is ʼn …
A normaalweg-oop-drukknop.
B oop-relê-kontak.
C normaalweg-geslote-drukknop.
D geslote-relê-kontak. (1)
1.12 … help om die geneigdheid van ʼn rotorstaaf om onder ʼn statortand vas te
bly te voorkom en verminder magnetiese brom.
A ʼn Anker
B ʼn Skewe rotor
C Die stator
D ʼn Verkoelingswaaier (1)
1.13 ʼn Voorbeeld van ʼn PLB-uitset is ʼn …
A normaal-oop-kontak.
B motor.
C sensor.
D merker of vlag. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) 5
1.14 ʼn PLB se hardeware is …
A al die fisiese dele en komponente waaruit die toestel bestaan.
B die masjientaal wat op ʼn rekenaar geïnstalleer is.
C die PLC-verwerker.
D Beide A en C. (1)
1.15 … bespeur die teenwoordigheid van metaalvoorwerpe en of dit
ysterhoudend of nie-ysterhoudend is.
A Kapasitiewe nabyheidsensors
B Induktiewe nabyheidsensors
C Ultrasoniese nabyheidsensors
D Al die bogenoemde. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Verduidelik waarom die misbruik van toerusting in ʼn werkswinkel as ʼn
onveilige daad beskou word. (2)
2.2 Noem TWEE aanbevole maniere om bloeding te stop. (2)
2.3 Skryf enige TWEE standaardbehandelings vir skok neer. (2)
2.4 Definieer ʼn mediese noodgeval. (2)
2.5 Lys EEN onveilige toestand wat in ʼn werkswinkel vermy moet word. (1)
2.6 Noem EEN belangrike persoonlike beskermingsitem wat gebruik word
wanneer jy met chemikalieë werk. (1)
[10]
VRAAG 3: RLC-KRINGE
3.1 Noem die faseverhouding tussen die stroom en spanning in ʼn suiwer
kapasitiewe WS-kring. (1)
3.2 Definieer die volgende met verwysing na RLC-kringe wat oor ʼn
wisselspanningstoevoer gekoppel is.
3.2.1 Fase-diagram (2)
3.2.2 Resonante frekwensie (2)
3.3 ʼn Seriestroombaan met weerstand van 600 Ω, induktansie van 100 mH en
kapasitansie van 4 μF word oor ʼn 120 V / 60 Hz-toevoer gekoppel.
Gegee:
R = 600 Ω
L = 100 mH
C = 4 µF
VS = 120 V
F = 60 Hz
Bereken:
3.3.1 Die reaktansie van die induktor (3)
3.3.2 Die reaktansie van die kapasitor (3)
3.3.3 Die stroombaan impedansie (3)
3.3.4 Die stroom in die stroombaan (3)
3.5 Vind die resonante frekwensie van ʼn stroombaan met ʼn 100 mH spoel wat
in serie met ʼn 0,022 μF kapasitor gekoppel is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) 7
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 3.6: PARALLELLE RLC STROOMBAAN
Gegee:
IC = 4 A
IL = 6 A
IR = 4 A
3.6.1 Bereken die totale stroom. (3)
3.6.2 Bereken die fasehoek. (3)
3.6.3 Teken ʼn benoemde fasediagram vir FIGUUR 3.6. (3)
3.6.4 Motiveer, met ʼn rede, of die stroombaan oorwegend kapasitief of
induktief is. (3)
3.7 Meld DRIE toestande wat sal voorkom as die drywingsfaktor in ʼn RLC-serie
stroombaan eenheid is. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 4: DRIEFASE-WISSELSTROOM-OPWEKKING
4.1 Noem DRIE nadele van ʼn driefase-generasie in vergelyking met ʼn enkelfase-
generasie. (3)
4.2 Verduidelik die term skyndrywing. (1)
4.3 Noem die DRIE netwerkstadia van die nasionale kragnetwerk in die
KORREKTE volgorde. (3)
4.4 ʼn Driefase-kragopwekker lewer krag aan ʼn ster gekoppelde las. Die
fasespanning van die las is 230 V met ʼn lynstroom van 35 ampère. Die
fasehoek is 18°.
Gegee:
VPH = 230 V
IL = 35 A
θ = 18°
Bereken die volgende:
4.4.1 Die lynspanning (3)
4.4.2 Die skyn drywing (3)
4.4.3 Die reaktiewe drywing (3)
4.4.4 Die ware drywing (3)
4.5 Twee wattmeters dui 10 kW en 3 kW onderskeidelik aan wanneer hulle
gekoppel is om die insetkrag aan die las te meet. Bereken die totale drywing
in kW .
Gegee:
W1 = 10 kW
W2 = 3 kW (3)
4.6 Noem EEN toepassing van ʼn wattmeter in driefase-WS-stelsels. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) 9
4.7 FIGUUR 4.7 hieronder toon ʼn analoog drywingsfaktormeter aan. Beantwoord
die vrae wat volg.
FIGUUR 4.7: KRAGFAKTORMETER
4.7.1 Toon die lesing ʼn voorlopende of nalopende kragfaktor aan? (1)
4.7.2 Noem die oorsaak van hierdie tipe lesing. (1)
4.7.3 Noem hoe die meterlesing nader aan eenheid gebring kan word. (1)
4.8 Verduidelik die effek van die verhoging van die spanning in transmissielyne. (2)
4.9 Noem TWEE eenhede, behalwe krag, wat bepaal kan word deur die twee-
wattmetermetode te gebruik. (2)
4.10 Verduidelik hoe koperverliese in oorhoofse transmissielyne verminder word. (2)
4.11 Verduidelik kortliks waarom die opgewekte elektrisiteit laer by die
verspreidingspunt as by die punt van opwekking is. (2)
4.12 Noem die funksie van ʼn kilowatt-uur-meter. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS
5.1 Vergelyk drie enkelfase transformators met ʼn driefasetransformator as hulle
dieselfde driefase las lewer. Verwys na die volgende faktore:
5.1.1 Ekonomiese koste (1)
5.1.2 Doeltreffendheid (1)
5.2 Noem TWEE verkoelingsmetodes wat in ʼn droë transformator gebruik word. (2)
5.3 Noem die hoofoorsaak wat tot hitteopwekking in transformators bydra. (1)
5.4 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer daar met transformators gewerk (2)
word.
5.5 Noem TWEE fisiese eienskappe van ʼn driefasedop-tipe transformator. (2)
5.6 Noem TWEE van die mees algemene interne foute van driefase-transformators.
(2)
5.7 FIGUUR 5.7 hieronder is ʼn diagrammatiese voorstelling van ʼn driefase
transformatorverbinding. Beantwoord die vrae wat volg.
LAS
FIGUUR 5.7
5.7.1 Identifiseer die tipe transformatorverbinding in FIGUUR 5.7. (1)
5.7.2 Noem TWEE toepassings van die transformator in FIGUUR 5.7. (2)
5.7.3 Noem, met ʼn rede, of die transformator ʼn verhoging- of
verlagingstransformator is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) 11
5.8 Verwys na die stroombaandiagram in FIGUUR 5.8 hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
FIGUUR 5.8 TRANSFORMATORVERBINDING
Gegee:
S = 200 kVA
VLP = 11 kV
VLS = 380 V
ILP = 10,5 A
PIN = 171,8 kW
cosθ = 0,85
VPHS = 219,39 V
Bereken die:
5.8.1 Doeltreffendheid van die transformator as dit teen ʼn drywingsfaktor van
0,85 nalopend werk (5)
5.8.2 Windingsverhouding (3)
5.8.3 Sekondêre lynstroom van die transformator (3)
5.9 Verduidelik waarom ʼn transformator slegs met ʼn WS-toevoer werk. (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN AANSITTERS
6.1 Noem DRIE meganiese inspeksies wat op die rotor en laers van ʼn motor
uitgevoer kan word. (3)
6.2 Noem TWEE kontinuïteitstoetse wat op ʼn driefasemotor uitgevoer moet
word. (2)
6.3 Noem TWEE toepassings van kourotor induksiemotors waar konstante
spoed en wringkrag noodsaaklik is. (2)
6.4 Onderskei tussen sinchrone spoed en rotorspoed. (2)
6.5 FIGUUR 6.5 hieronder toon die rotor van ʼn induksiemotor. Beantwoord die
vrae wat volg.
FIGUUR 6.5
6.5.1 Benoem onderdele A en B. (2)
6.5.2 Gee EEN belangrike voordeel van die gebruik van hierdie tipe rotor
in vergelyking met die gebruik van ʼn motor met borsels en
glipringe. (1)
6.5.3 Gee EEN rede waarom die rotorstawe skeef is. (1)
6.6 ʼn Driefase-induksiemotor met 6 poolpare per fase is gekoppel aan ʼn toevoer
van 380V / 50Hz en het ʼn glip van 0,05 eenhede.
Gegee:
p=6
f = 50 Hz
s = 0,05 eenhede
V = 380 V
Bereken die volgende:
6.6.1 Sinchrone-spoed (3)
6.6.2 Rotorspoed (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) 13
6.7 TABEL 6.7 hieronder toon die naamplaat van ʼn driefase-induksiemotor.
Beantwoord die vrae wat volg.
MOTORVERVAARDIGER SPESIFIKASIE
Fase 3
Spanning 380 V
Stroom 1,3 A
Spoed 1 500 r/min
Krag 7,5 kW
Frekwensie 50 Hz
Cos 𝜃 0,8 nalopend
Raam Nommer 22SP27
TABEL 6.7: NAAMPLAAT VAN ʼN DRIEFASE-INDUKSIEMOTOR
6.7.1 Meld die hoeveelheid stroom wat die motor teen vollas sal trek. (1)
6.7.2 Verduidelik waarom die motor vir gebruik in Suid-Afrika geskik is. (2)
6.7.3 Noem wat die 7,5 kW op die naamplaat aandui. (1)
6.7.4 Bepaal die totale aantal pole. (5)
6.7.5 Bereken die doeltreffendheid van die motor by volle vrag as die
totale verlies 1,2 kW is. (5)
6.8 Verduidelik hoe die draairigting van ʼn driefase-induksiemotor verander kan
word. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIESE BEHEERDERS
7.1 Lys DRIE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word wanneer ʼn PLB
aan die toevoer gekoppel word. (3)
7.2 Noem DRIE belangrike hardeware komponente van ʼn PLB. (3)
7.3 Beskryf die volgende terme met verwysing na ʼn PLB:
7.3.1 Hardeware (2)
7.3.2 Sagteware (3)
7.3.3 Opto-koppelaar (3)
7.4 FIGUUR 7.4 hieronder toon die beheerkring van ʼn direk aan lyn (DOL)-
aansitter. Ontwerp ʼn PLB leerlogika wat dieselfde funksie sal uitvoer.
Oorbelastingsrelê
Stop
Aansitknop MK
N/O
Motor
MK
FIGUUR 7.4: BEHEERKRING VAN ʼN DIREK AANLYN-AANSITTER (6)
7.5 Noem TWEE komponente wat in die uitsetmodule van ʼn PLB gebruik word
om ʼn hoë stroom induktiewe las aan te dryf. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) 15
7.6 FIGUUR 7.6 hieronder toon die verskillende stadiums in ʼn veranderlike spoed-
beheerder. Beantwoord die vrae wat volg.
PWM uitset
Driefase WS-toevoer
WS na GS-
gelykrigter
FIGUUR 7.6: VERANDERLIKE SPOEDBEHEER-STADIA
7.6.1 Identifiseer stadium A. (1)
7.6.2 Noem ʼn halfgeleierkomponent wat die skakelaars wat by A gebruik
word, kan vervang. (1)
7.6.3 Noem TWEE voordele van die gebruik van veranderlike spoedbeheer. (2)
7.6.4 Beskryf vektoraandrywers as ʼn metode van spoedbeheer. (3)
7.7 Verduidelik die verskil tussen ʼn analoogsein en ʼn digitale sein. (2)
7.8 Teken ʼn volledig benoemde diagram van ʼn PLB-skanderingsiklus. (3)
7.9 Met verwysing na sensors:
7.9.1 Verduidelik die term sensor. (2)
7.9.2 Noem TWEE soorte sensors behalwe vir ʼn nabyheidsensor. (2)
7.9.3 Noem TWEE gebruike van ʼn nabyheidsensor. (2)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) (EC/SEPTEMBER 2024)
FORMULE BLAD
RLC-KRINGE DRIEFASE-WS-OPWEKKING
X L = 2πfL en XC = 2πfC
1 STER
1 V VL = √3 × VPH en VPH = IPH × ZPH
fr = 2π√LC en I = R
IL = IPH
𝑃 = 𝑉𝐼 cos 𝜃
DELTA
SERIE
VL = VPH en VPH = IPH × ZPH
IT = IR = IL = IC
IL = √3 × IPH
Z = √R2 + (XL − XC )2
KRAG
VL = I × XL en VC = I × XC
S = √3VL IL
VT = IZ en
Q = √3VL IL sin θ
𝑉𝑇 = √𝑉𝑅 2 + (𝑉𝐿 − 𝑉𝐶 )2
P = √3VL IL cos θ
R VR
cos θ = Z en cos θ = V
T
P = S cos θ
X X V V 1 L
Q = ZL = ZC = VL = VC = R √C cos θ = S
P
S S
PARALLEL 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡
ƞ = 𝑖𝑛𝑠𝑒𝑡 × 100%
VS = VR = VL = VC 𝑃𝑈𝐼𝑇𝑆𝐸𝑇
ƞ=𝑃 × 100
𝑈𝐼𝑇𝑆𝐸𝑇 + 𝑉𝐸𝑅𝐿𝐼𝐸𝑆𝐸
V
IR = RR
TWEE-WATTMETER METODE
V V
IL = XL en IC = XC PT = W1 + W2
L C
W −W
IT = √IR 2 + (IL − IC )2 tanθ = √3 (W1+W2)
1 2
V DRIE-WATTMETER METODE
Z=I
T
PT = W1 + W2 + W3
IR
cos θ = I
T
X X V V 1 L
Q = ZL = ZC = VL = VC = R √C
S S
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS) 17
FORMULEBLAD
DRIEFASE-TRANSFORMATORS DRIEFASE-MOTORS EN -AANSITTERS
STER
STER
VL = √3 × VPH en IL = IPH
VL = √3 × VPH en IL = IPH
DELTA
DELTA
VL = VPH en IL = √3 × IPH
VL = VPH en IL = √3 × IPH
KRAG
KRAG
𝑆 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿
𝑆 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿
𝑄 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑠𝑖𝑛 𝜃
𝑄 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑠𝑖𝑛 𝜃
𝑃 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑐𝑜𝑠 𝜃
𝑃 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑐𝑜𝑠 𝜃
𝑃 = 𝑆 𝑐𝑜𝑠 𝜃
𝑃 = 𝑆 𝑐𝑜𝑠 𝜃
𝑃
𝑐𝑜𝑠 𝜃 = 𝑆
𝑃
𝑐𝑜𝑠 𝜃 = 𝑆
𝑃
ƞ = 𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡 × 100%
𝑖𝑛𝑠𝑒𝑡
𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡
ŋ=𝑃 × 100% MOTORSPOED
𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡 + 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑠𝑒
V N I 60×f
Windingsverhouding = VPHP = NP = IPHS ns =
PHS S PHP p
ns −nr
%Slip = × 100%
ns
nr = ns (1 − S)
𝑆 = n S − nR
Oorbelasting stelling =
125% × gegradeerde stroom
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP
%20Afr_hlayiso.com_--0bb1bc18-1e0e-4585-bd39-fe4fdc8e6873/v1-013a331a53c838a570ee/card.webp)
Practical assessment task
Electrical Technology PAT GR 12 2020 (Electronics) Afr

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Memo
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1/v1-c626a1835b7bd66cd74a/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2023 Memo (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c/v1-7f4e7e802c7ad4ef5308/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7/v1-e52cf933e04085645745/card.webp)
Question paper