Skip to content

Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paperElectrical TechnologyGrade 12202429 pages

Grade 12 Electrical Technology question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA NOVEMBER 2024 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en 'n 5 bladsy-antwoordblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE: VRAAG 5.4.4, 5.5.1 en 5.9.2 VRAAG 6.2.4, 6.5.3 en 6.6.3 4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie. 5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees. 6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke af. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Berekeninge moet die volgende insluit: 9.1 Formules en manipulasies waar nodig 9.2 Korrekte vervanging van waardes 9.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing 10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D. Nov 1.1 'n Rampspoedige gebeurtenis as gevolg van die gebruik van toerusting of masjinerie, of as gevolg van bedrywighede by 'n werkplek, staan as 'n ... bekend. A geringe voorval B ernstige voorval C ongeluk D risiko (1) 1.2 Die impedansie in 'n RLC-seriekring is minimum wanneer die ... A induktiewe reaktansie gelyk aan die kapasitiewe reaktansie is. B induktiewe reaktansie groter as die kapasitiewe reaktansie is. C kapasitiewe reaktansie groter as die induktiewe reaktansie is. D weerstand maksimum is. (1) 1.3 In 'n suiwer kapasitiewe kring wat aan 'n WS-toevoer gekoppel is, … A lei die spanning die stroom met 90°. B lei die stroom die spanning met 90°. C is die spanning en stroom in fase. D lei die stroom die spanning met 180°. (1) 1.4 Die kwaliteitsfaktor van 'n RLC-parallelkring is … aan die bandwydte (nie). A omgekeerd eweredig B direk eweredig C gelyk D nie verwant (1) 1.5 Een voordeel wat die veldeffektransistor (VET) bo die bipolêre voegvlaktransistor (BVT) het, is … A 'n lae insetimpedansie. B die versterking van groot seinspannings by die insetstadium van versterkers. C 'n hoë insetimpedansie. D dat dit 'n groot hoeveelheid insetstroom trek. (1) 1.6 'n … is 'n drieterminaal-halfgeleiertoestel wat in die negatiewe weerstands- gebied van sy kenkromme kan werk. A Darlington-transistor B Eenvoegtransistor C Bipolêre voegvlaktransistor D Voegvlak-veldeffektransistor (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.7 'n … is 'n kenmerk van 'n ideale operasionele versterker. A Lae insetimpedansie B Lae spanningswins C Beperkte bandwydte D Lae uitsetimpedansie (1) 1.8 Die wins van die … operasionele versterker sal 2 wees as die waardes van die terugvoerweerstand en die insetweerstand(e) dieselfde is. A integreerder- B nie-omkeer- C omkeer- D sommeer- (1) 1.9 Die … multivibratorkring produseer 'n deurlopende vierkantsgolfuitset sonder enige eksterne sneller. A monostabiele B astabiele C bistabiele D Schmitt-sneller (1) 1.10 Die uitset van 'n 555- monostabiele multivibratorkring … nadat 'n snellerpuls toegepas is. A bly stabiel totdat krag afgeskakel word B skakel oor na die ander stabiele toestand en bly onbepaald daar C bly in die onstabiele toestand vir 'n vaste tydperk voordat dit terugkeer na sy stabiele toestand D verander aanhoudend tussen +VCC en -VCC (1) 1.11 Die primêre funksie van 'n sommeer- operasionele versterkerkring is om ... A slegs die grootste sein van veelvuldige insetseine te versterk. B veelvuldige insetseine van mekaar af te trek om een uitsetsein te ontvang. C veelvuldige insetseine bymekaar te tel om een uitsetsein te ontvang. D veelvuldige insetseine te vergelyk om een uitsetsein te ontvang. (1) 1.12 Die uitsetspanning van 'n integreerder- operasionele versterker ... wanneer 'n konstante lang en groot insetspanning toegepas word. A is konstant B styg lineêr C daal lineêr D ossilleer tussen positiewe en negatiewe waardes (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.13 Die primêre doel van die koppelingskapasitors in 'n RC-gekoppelde versterker is om ... A GS deur te laat. B GS te blokkeer en WS-seine deur te laat. C spanning te verhoog. D GS-seine deur te laat en WS-seine te blokkeer. (1) 1.14 Die nadeel van 'n balansversterker is ... A frekwensievervorming. B amplitudevervorming. C fasevervorming. D oorgangsvervorming. (1) 1.15 Die transistor in 'n klas C-versterker gelei vir … van die insetsiklus. A meer as 180º B meer as 180º maar minder as 360º C minder as 180º D meer as 360º (1) [15] VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 2.1 Definieer die term werkplek met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2) 2.2 Noem TWEE menseregte in die werkplek. (2) 2.3 Verduidelik waarom swak ventilasie 'n onveilige toestand in 'n werkswinkel is. (2) 2.4 Noem TWEE tipes viktimisasie deur 'n werkgewer wat verbied word. (2) 2.5 Verduidelik waarom 'n persoon nie moet inmeng/peuter met toerusting in die werkswinkel wat vir veiligheid verskaf is nie. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: RLC-KRINGE 3.1 Verduidelik die volgende terme met verwysing na RLC-kringe: 3.1.1 Induktiewe reaktansie (2) 3.1.2 Bandwydte (2) 3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon 'n RLC-seriekring met 'n verstelbare frekwensie- toevoer. Beantwoord die vrae wat volg. R XL = 150 XC = 113,6 VL = 3,45 V VC = 2,61 V 2,5 V/50 Hz FIGUUR 3.2: RLC-SERIEKRING Gegee: XL = 150 Ω XC = 113,6 Ω VT = 2,5 V VL = 3,45 V VC = 2,61 V 3.2.1 Noem of die kring verteenwoordig in FIGUUR 3.2 'n voorlopende of 'n nalopende drywingsfaktor het. (1) 3.2.2 Bereken die stroomvloei deur die induktor. (3) 3.2.3 Bereken die waarde van die induktor. (3) 3.2.4 Bereken die waarde van weerstand R indien die impedansie Z = 106,42 Ω is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.2.5 Voltooi die fasordiagram in FIGUUR 3.2.5 hieronder in jou ANTWOORDEBOEK. IT VR FIGUUR 3.2.5: FASORDIAGRAM (4) 3.2.6 Nadat die frekwensie verlaag is, het die stroom effens toegeneem. Verduidelik waarom dit gebeur het. (3) 3.3 FIGUUR 3.3 hieronder toon 'n RLC-parallelkring en sy impedansie vs. frekwensiekromme. Beantwoord die vrae wat volg. IT IR IL IC 9,2 A 230 V R XL 50 Hz C 60 Ω 25 Ω Z f1 fr f2 f (Hz) FIGUUR 3.3: RLC-PARALLELKRING EN FREKWENSIEKROMME Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Gegee: VT = 230 V IC = 9,2 A R = 60 Ω XL = 25 Ω f = 50 Hz 3.3.1 Bereken die stroom deur die weerstand. (3) 3.3.2 Bereken die kapasitiewe reaktansie. (3) 3.3.3 Bepaal die totale stroom. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 3.3.4 Bereken die Q-faktor van die kring. (3) 3.3.5 Bereken die bandwydte van die kring. (3) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE 4.1 Identifiseer die MOSVET wat deur die simbool in FIGUUR 4.1 hieronder verteenwoordig word. D H B FIGUUR 4.1: MOSVET (2) 4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. IDB D H P N P VDB VHB B FIGUUR 4.2: KONSTRUKSIE VAN 'N VVET 4.2.1 Beskryf hoe die afknyptoestand in FIGUUR 4.2 hierbo bereik word. (3) 4.2.2 Verduidelik waarom die voegvlak-veldeffektransistor (VVET) 'n hoë insetweerstand in vergelyking met die bipolêre voegvlaktransistor (BVT) het. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ID A B ID VHB VHB FIGUUR 4.3: MOSVET-KENKROMME 4.3.1 Identifiseer die MOSVET-kenkromme in FIGUUR 4.3 hierbo. (1) 4.3.2 Benoem die gebiede by A en B. (2) 4.3.3 Beskryf kortliks die verwantskap tussen die hekbronspanning (VHB) en die dreineerstroom (ID), met verwysing na die kenkromme. (4) 4.3.4 Noem TWEE toepassings van 'n metaaloksiedhalfgeleier- veldeffektransistor (MOSVET). (2) 4.4 Noem die verskil tussen die voegvlak-veldeffektransistor (VVET) en die metaaloksiedhalfgeleier-veldeffektransistor (MOSVET), met verwysing na hulle werksmodus. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.5 FIGUUR 4.5 hieronder toon die kringdiagram van 'n EVT as 'n saagtand- generator. Beantwoord die vrae wat volg. +VBB R1 R2 B2 E B1 C R3 0V FIGUUR 4.5: EVT AS 'N SAAGTANDGENERATOR 4.5.1 Noem die polariteit van die puls wat oor B1 verkry sal word. (1) 4.5.2 Beskryf kortliks hoe die EVT die valleipunt tydens sy werking bereik. (2) 4.5.3 Noem die verskil tussen 'n enkelvoegvlaktransistor (EVT) en 'n bipolêre voegvlaktransistor (BVT), met verwysing na die volgende: (a) Konstruksie (2) (b) Versterking (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +V +V V2 + V1 _ (positief) (positief) _ + VUIT VUIT -V -V 0V 0V FIGUUR A FIGUUR B FIGUUR 4.6: OPERASIONELE VERSTERKERS 4.6.1 Bepaal die toestand van die uitsetspannings in FIGUUR A en FIGUUR B. (2) 4.6.2 Noem TWEE voordele van 'n operasionele versterker. (2) 4.6.3 Verduidelik die term gemeenskaplikemodus-sperverhouding met verwysing na die eienskappe van operasionele versterkers. (1) 4.7 FIGUUR 4.7 hieronder is 'n operasionele versterker met 'n insetseinspanning van 2 mV, 'n terugvoerweerstand RF = 4,7 kΩ, nie-omkeerweerstand R1 = 22 kΩ en insetweerstand RIN = 470 Ω. Beantwoord die vrae wat volg. RF = 4,7 kΩ RIN = 470 Ω +9 V _ + VIN = 2 mV -- 9 V V UIT R1 = 22 kΩ 0V FIGUUR 4.7: OPERASIONELE VERSTERKER Gegee: VIN = 2 mV RIN = 470 Ω RF = 4,7 kΩ R1 = 22 kΩ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.7.1 Noem die tipe terugvoer wat in FIGUUR 4.7 gebruik word. (1) 4.7.2 Bereken die wins. (3) 4.7.3 Bereken die uitsetspanning. (3) 4.7.4 Verduidelik waarom operasionele versterkers dubbelspoor- kragtoevoer benodig om te werk. (2) 4.8 FIGUUR 4.8 hieronder toon die interne kringdiagram van 'n 555-GS. Beantwoord die vrae wat volg. +Vcc - Beheer- toevoer Ontlaai Drempel Spanning 8 7 6 5 5 kΩ - C1 + T2 Wipkring R Q 5 kΩ S Q - C2 + 5 kΩ T1 1 2 3 4 Aard Sneller Uitset Terugstel FIGUUR 4.8: INTERNE UITLEG VAN 'N 555-GS 4.8.1 Noem EEN industriële toepassing waar die 555-GS as 'n tydreëltoestel gebruik word. (1) 4.8.2 Verduidelik hoe die NPN-transistor (T1) AANgeskakel kan word wanneer die 555-GS in 'n kring gekoppel is. (1) 4.8.3 Noem die toestand van die vergelyker se uitsetspanning wanneer die omkeerterminaalspanning hoër as die nie-omkeer-terminaal is. (1) 4.8.4 Noem die funksie van die drie 5 kΩ-weerstande. (1) 4.8.5 Beskryf kortliks wat gebeur wanneer die spanning by Pen 2 onder ⅓ van die toevoerspanning daal. (2) [45] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 5: SKAKELKRINGE 5.1 Verduidelik die konsep negatiewe terugvoer met verwysing na operasionele versterkers. (2) 5.2 Noem die skakelkring wat deur ELK van die volgende stellings beskryf word: 5.2.1 By digitale kringe en radio-ontvangers word dit gebruik om seine te herwin wat deur geraas besoedel is. (1) 5.2.2 Die uitset 'onthou' die laaste inset en daarom word hierdie kring gereeld as 'n geheue-element gebruik. (1) 5.2.3 'n Kring wat 'n 741-GS gebruik, ontvang 'n insetpuls, die uitset swaai tydelik na -VCC en swaai dan weer terug na sy oorspronklike +VCC-uitsettoestand. (1) 5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon die kringdiagram van 'n 555-GS wat as 'n bistabiele multivibrator gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg. +9V R3 R2 R1 200 10 k 10 k LUD1 8 4 7 555 3 6 2 LUD2 1 5 S2 S1 C2 R4 10 nF 200 FIGUUR 5.3: 555- BISTABIELE MULTIVIBRATOR 5.3.1 Noem die doel van weerstand R2. (1) 5.3.2 Verduidelik die werking van die kring wanneer S2 gedruk word. Verwys na die insette en die toestande van LUD 1 en LUD2 in jou antwoord. (4) 5.3.3 Verduidelik hoe die kring teruggestel word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 15 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 5.4 FIGUUR 5.4 hieronder toon 'n monostabiele multivibratorkring wat 'n 741-op-versterker gebruik. Beantwoord die vrae wat volg. C1 1 µF +9 V 2 7 Inset 6 Uitset B 3 4 C2 -9 V 1 µF R1 R2 -VVERW FIGUUR 5.4: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR 5.4.1 Noem die spanning by B tydens die kring se rustoestand. (1) 5.4.2 Verduidelik die doel daarvan om 'n negatiewe verwysingspanning (-VVERW) tydens sy natuurlike rustoestand in die kring te hê. (2) 5.4.3 Verduidelik die werking van die kring wanneer 'n positiewe sneller- inset, groter as VVERW, op die omkeerinset toegepas word. (3) 5.4.4 Teken die uitset vir die kring op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.4 as R2 en C2 gekies word om 'n veranderde (onstabiele) toestand vir 3 sekondes te skep. (4) 5.5 'n Astabiele multivibratorkring kan gebou word deur 'n 555-GS of 'n 741-op-versterker te gebruik. Beantwoord die vrae wat volg. 5.5.1 Voltooi die kringdiagram in FIGUUR 5.5.1 op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.5.1 om 'n astabiele multivibrator te skep. +toevoer 2 7 6 Uitset 741 3 4 - toevoer R2 FIGUUR 5.5.1: ONVOLTOOIDE KRING VAN 'N ASTABIELE MULTIVIBRATOR (4) 5.5.2 Onderskei tussen die uitsetspannings van 'n astabiele multivibratorkring wat 'n 741-op-versterker gebruik en 'n astabiele multivibratorkring wat 'n 555-GS gebruik. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 16 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 5.6 FIGUUR 5.6 hieronder toon 'n 741-op-versterker-vergelykerkring. Beantwoord die vrae wat volg. 9V R1 100 k R3 10 k 741 Q1 R2 Termistor R5 100 k (PTK) R4 330 4,7 k LUD FIGUUR 5.6: VERGELYKER AS 'N TEMPERATUURSENSOR 5.6.1 Noem die komponent wat die verwysingspanning in die kring vasstel. (1) 5.6.2 Noem TWEE komponente waaruit die sensoreenheid bestaan. (2) 5.6.3 Verduidelik hoe die temperatuurverstelling in die vergelyker verander kan word. (2) 5.7 Noem TWEE toepassings van 'n Schmitt-sneller. (2) 5.8 FIGUUR 5.8 hieronder toon die kringdiagram van 'n omkeer- sommeerversterker. Beantwoord die vrae wat volg. R4 = 100 k R1 = 10 k V1 = 500 mV +9 V R2 = 10 k V2 = 450 mV R3 = 10 k V3 = 300 mV VUIT -9 V FIGUUR 5.8: SOMMEERVERSTERKER Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 17 DBE/November 2024 NSS Vertroulik Gegee: R1 = R2 = R3 = 10 kΩ R4 = 100 kΩ (verstelbaar) V1 = 500 mV V2 = 450 mV V3 = 300 mV 5.8.1 Verduidelik die doel van verstelbare weerstand R4 in die kring. (2) 5.8.2 Bereken die uitsetspanning indien R4 op 72 kΩ gestel is. (3) 5.8.3 Noem waarom die uitsetspanning met die formule 𝑉𝑈𝐼𝑇 = −(𝑉1 + 𝑉2 + 𝑉3 ) bereken kan word wanneer R4 op 10 kΩ gestel is. (1) 5.8.4 Verduidelik die effek op die kring en sy uitset as die waarde van R4 tot meer as 72 kΩ vermeerder word. (2) 5.9 FIGUUR 5.9 hieronder toon die inset- en uitsetgolfvorms vir 'n kort tydkonstante in 'n passiewe RC-differensieerderkring. Beantwoord die vrae wat volg. VIN 0 VUIT 0 FIGUUR 5.9: PASSIEWE RC-DIFFERENSIEERDERGOLFVORMS 5.9.1 Verduidelik die primêre funksie van 'n passiewe differensieerderkring. (2) 5.9.2 Teken, op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.9.2, die uitsetgolfvorm vir 'n lang tydkonstante van die kring vir EEN volle siklus. (3) 5.10 Onderskei tussen 'n op-versterker-differensieerder en 'n op-versterker- integreerder met verwysing na kringkonfigurasie. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 18 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 6: VERSTERKERS 6.1 Beskryf die term verswakking met verwysing na versterkers. (2) 6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n transistorversterker wat met weerstand RC = 800 Ω en 'n toevoerspanning van VCC = 12 V voorgespan is. Beantwoord die vrae wat volg. IC (mA) +Vcc 12 V 15 RC RB 800 Ω 10 IB Q 5 VKE VBE 0,7 V VKE 0V 2 4 6 8 10 12 14 16 FIGUUR A FIGUUR B FIGUUR 6.2: GS-LASLYN EN TRANSISTOR-VOORSPANNING 6.2.1 Verduidelik kortliks die doel van die GS-laslyn, soos in FIGUUR A hierbo geteken. (1) 6.2.2 Bepaal die waarde van VKE wanneer die basisstroom (IB) aan nul gelyk is. (1) 6.2.3 Bepaal die ruspuntspanning vir 'n klas A-versterking. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 6.2.4 Dui die ruspunt van VRAAG 6.2.3 op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.2.4 aan. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 19 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 6.3 Verwys na FIGUUR 6.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Lae- Hoë- frekwensie frekwensie reeks reeks Middel-frekwensie-reeks Vwins AV - 3 dB Bandwydte f (Hz) f1 f2 f3 f4 Lae Hoë frekwensies frekwensies FIGUUR 6.3: FREKWENSIEKROMME 6.3.1 Identifiseer die versterkerkring waarvan die frekwensiekromme in FIGUUR 6.3 afgelei word. (1) 6.3.2 Verduidelik die term daling by die hoëfrekwensiegebied van 'n versterker. (1) 6.3.3 Met verwysing na die frekwensiekromme hierbo, verduidelik waarom die versterking daal by: (a) Hoë frekwensies (2) (b) Lae frekwensies (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 20 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 6.4 FIGUUR 6.4 hieronder toon 'n versterkerkring. Beantwoord die vrae wat volg. R1 Transformator R3 luidspreker T1 Transformator T2 Q1 Q2 C2 C3 R2 RE1 C1 R4 RE2 0V FIGUUR 6.4: VERSTERKERKRING 6.4.1 Identifiseer die versterker in FIGUUR 6.4 hierbo. (1) 6.4.2 Noem TWEE toestelle wat moontlik aan die sekondêre aansluitpunte van transformator (T2), behalwe die luidspreker, gekoppel kan word. (2) 6.4.3 Noem die funksie van die transformator T 1 in die kring. (1) 6.4.4 Beskryf wat sal gebeur as 'n 16 Ω-, 10 W-luidspreker aan die uitset van 'n 8 Ω-, 10 W-transformator (T2) in FIGUUR 6.4 hierbo gekoppel word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 21 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 6.5 FIGUUR 6.5 hieronder toon 'n balansversterker wat aan 'n luidspreker gekoppel is. Beantwoord die vrae wat volg. +Vcc RB1 NPN transistor C RB2 Insetsein PNP transistor Luidspreker 0V FIGUUR 6.5: BALANSVERSTERKER 6.5.1 Identifiseer die tipe balansversterkerkring in FIGUUR 6.5 hierbo. (1) 6.5.2 Verduidelik die funksie van kapasitor C in die kring. (2) 6.5.3 Teken, op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.5.3, die uitsetgolfvorm wat oor die PNP-transistor sal verskyn. (3) 6.6 Verwys na FIGUUR 6.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +VCC T2 R1 C1 C2 Uitset T1 Q1 Inset R2 C3 R3 CE 0V FIGUUR 6.6: RADIOFREKWENSIEVERSTERKER Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 22 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 6.6.1 Noem die doel van transistor Q1 in FIGUUR 6.6. (1) 6.6.2 Beskryf hoe die radiofrekwensie-versterkerkring ingestem kan word om verskillende frekwensies te versterk. (2) 6.6.3 Teken 'n volledig benoemde frekwensiekromme van die radiofrekwensieversterker op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.6.3. (4) 6.7 Verwys na FIGUUR 6.7 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +VCC RF smoorspoel RF-smoorspoel C2 C4 R1 C3 uitset Q1 L1 R2 R3 C5 C1 0V L2 FIGUUR 6.7: HARTLEY-OSSILLATOR 6.7.1 Bespreek kortliks die vryloop-effek van die tenkkring. (3) 6.7.2 Noem EEN funksie van die koppelkapasitors C2 en C3 in FIGUUR 6.7 hierbo. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 23 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 6.8 Verwys na FIGUUR 6.8 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. +VCC RB RC C5 V UIT C1 C2 C3 Q1 R1 R2 R3 R4 C4 0V FIGUUR 6.8: RC-FASEVERSKUIWINGSOSSILLATOR 6.8.1 Beskryf hoe die waardes van die kapasitors (C 1, C2, C3) en weerstande (R1, R2, R3) in die terugvoernetwerk vir die faseverskuiwingsossillator gekies word. (2) 6.8.2 Noem die ooreenkoms tussen 'n RC-faseverskuiwingsossillator en 'n radiofrekwensie-versterkerkring met verwysing na hulle werksfrekwensies. (2) 6.9 Onderskei tussen 'n RC-faseverskuiwingsossillator en 'n LC-ossillatorkring met verwysing na hulle terugvoerkringe. (2) [45] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2024 NSS Vertroulik FORMULEBLAD RLC-KRINGE HALFGELEIERTOESTELLE 1 VUIT  RF  XC  Wins A V      2 fC VIN  IN  R  R  XL  2 fL VUIT  VIN    F   RIN  1  R  fr  VUIT  VIN  1  F  2 LC  RIN  SERIE SKAKELKRINGE VT RF RF RF IT  VUIT = - (V1 +V1 +V1 ) Z R1 R2 R3 VL  I XL VUIT   (V1  V2  V3  ....VN ) VC  I X C R2 VFB = VVERS × VT  I Z R1 +R2 XL X V V 1 L Q  C  L  C  T=1,1×R1 C1 Z Z VT VT R C Z  R2  XL  XC  2 1 𝑓= T VT  VR 2  VL  VC  2 R2 VSNEL =VUIT × R1 +R2 R Cos θ  VERSTERKERS Z VR V Cos θ  Ic  C EN VCC  VCE  ICRC VT R C I PARALLEL A  20log o i I i I Vo Cos θ  R A V  20log IT V i IT  IR  IL  IC  2 2 PO  I2  Z o VR P IR  A P  10log o R P i VC A v dB   20logA IC  V XC V VUIT  RF  IL  L Wins A V      XL VIN  RIN  R R 1 1 Q  𝑓𝑂 = 𝑓𝑂 = XL X C 2𝜋√𝐿𝐶𝑇 2𝜋√𝐿 𝑇 𝐶 f 1 BW  r 𝑓𝑂 = Q 2𝜋√6𝑅𝐶 Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2024 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 5: SKAKELKRINGE 5.4.4 Snellerpuls 0 1 2 3 4 5 6 t (s) +9 V Dra punte na VUIT antwoordeboek oor t (s) -9V MOD FIGUUR 5.4.4 (4) 5.5.1 +toevoer 2 7 6 Uitset 741 3 4 - toevoer Dra punte na antwoordeboek oor R2 MOD FIGUUR 5.5.1 (4) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2024 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 5.9.2 VIN 0 VUIT 0 Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 5.9.2 (3) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2024 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD VRAAG 6: VERSTERKERS 6.2.4 IC (mA) 15 10 5 Dra punte na VKE antwoordeboek oor 2 4 6 8 10 12 14 16 FIGUUR A MOD FIGUUR 6.2.4 (2) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2024 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 6.5.3 +V 0 t -V +V 0 t Dra punte na antwoordeboek oor -V MOD FIGUUR 6.5.3 (3) Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Elektronika DBE/November 2024 NSS Vertroulik SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: ANTWOORDBLAD 6.6.3 Wins Frekwensie Dra punte na antwoordeboek oor MOD FIGUUR 6.6.3 (4) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Electrical Technology

View all