NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: ELEKTRONIKA
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %20Eng--870e3d22-85e9-42bd-890f-3ef1fd3333cf/v1-34f597b30020a0074782/card.webp)
%20Afr--98972424-ba56-4bbc-a319-fdfc1fec40f8/v1-90de7f1850adc8e5ce8c/card.webp)
%20Afr--5f2b4850-fffb-4024-8f24-d74bd8677a25/v1-8feb81a6973919da05bd/card.webp)



View all
%20(English)%20June%202025%20Question%20Paper--5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537/v1-bc4ab06b657031de8079/card.webp)

%20Eng--0d8d71f4-5725-40ea-9e29-a19e1c8a7867/v1-914ebfe8140fca65d106/card.webp)
%20Eng--2b227e9b-0513-468e-8b1a-d4df808071cd/v1-4a42676d26de4662555c/card.webp)

Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afr)
Grade 12 Electrical Technology memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 427.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Elektriese Tegnologie: Elektronika 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES AAN NASIENERS
1. Alle vrae met veelvuldige antwoorde veronderstel dat enige relevante,
aanvaarbare antwoord oorweeg moet word.
2. Berekeninge:
2.1 Alle berekeninge moet formules toon.
2.2 Vervanging van waardes moet korrek gedoen wees.
2.3 Alle antwoorde MOET die korrekte eenheid bevat om oorweeg te
word.
2.4 Alternatiewe metodes moet oorweeg word, met die voorwaarde dat
die korrekte antwoord verkry is.
2.5 Wanneer 'n verkeerde antwoord in 'n daaropvolgende berekening
gebruik word, sal die aanvanklike antwoord as verkeerd beskou word.
Indien die verkeerde antwoord egter daarna korrek toegepas word,
moet die nasiener die antwoord weer uitwerk met die verkeerde
waardes. Indien die kandidaat die aanvanklike verkeerde antwoord
daaropvolgend korrek toegepas het, moet die kandidaat volpunte vir
die daaropvolgende korrekte berekeninge kry.
3. Hierdie nasienriglyne is slegs 'n gids met modelantwoorde. Alternatiewe
vertolkings moet oorweeg word en op meriete nagesien word. Hierdie beginsel
moet konsekwent tydens die nasiensessie by ALLE nasiensentrums toegepas
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1 B✓ (1)
1.2 A✓ (1)
1.3 B✓ (1)
1.4 A✓ (1)
1.5 C✓ (1)
1.6 B✓ (1)
1.7 D✓ (1)
1.8 B✓ (1)
1.9 B✓ (1)
1.10 C✓ (1)
1.11 C✓ (1)
1.12 B/C ✓ (1)
1.13 B✓ (1)
1.14 D✓ (1)
1.15 C✓ (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Werkplek beteken enige perseel of plek waar 'n persoon werk ✓ tydens sy/haar
indiensneming verrig. ✓ (2)
2.2 Jou reg tot billike arbeidspraktyke. ✓
Jou reg om redelike ure te werk. ✓
Jou reg om aan 'n vakbond te behoort.
Jou reg om 'n menswaardige loon te verdien.
Jou reg om nie teen gediskrimineer te word nie.
Jou reg om in 'n veilige omgewing te werk. (2)
2.3 Swak ventilasie verminder die korrekte hoeveelheid suurstof ✓ wat tot
lomerigheid kan lei. ✓
LET WEL: As daar verwys word na ander effekte wat verband hou met
lomerigheid soos ongelukke ens. sal die antwoord op meriete aanvaar word. (2)
2.4 • Om 'n werknemer uit sy/haar diens te ontslaan sonder om die nodige
prosesse te volg.
• Om 'n werknemer se vergoeding te verminder sonder om die nodige
prosesse te volg.
• Om 'n werknemer se diensvoorwaardes te verander na bedinge of
voorwaardes wat vir hom/haar minder gunstig is.
• Om 'n werknemer verbaal aan te val of teister.
• Om 'n werknemer se posisie in vergelyking met ander werkers te verander.
• Om werknemers onregverdig te behandel as gevolg van sy/haar ras.
LET WEL: As 'n leerder net noem dat sy/haar regte aangetas was sal slegs 1
punt toegeken word. Herhaaldelike noem van regte sal nie punte toegeken
word nie. (2)
2.5 Toerusting kan beskadig word wat dit onveilig maak en sodoende die lewens
van ander gebruikers in gevaar kan stel wat tot ‘n ongeluk/besering mag lei. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: RLC-KRINGBANE
3.1 3.1.1 Induktiewe reaktansie is die opposisie teen die vloei van stroom ✓
wanneer 'n induktor aan 'n wisselstroomtoevoer gekoppel word. ✓
Induktiewe reaktansie is die opposisie wat aangebied word teen
die vloei van wisselstroom deur 'n induktor. (2)
3.1.2 Bandwydte is die reeks frekwensies ✓ waarvoor die kring se
uitsetspanning (of) stroomwaarde gelyk is aan 70.7 % of meer van
sy maksimum amplitude. ✓
'n Band van frekwensies gesentreer rondom die resonante
frekwensie sonder om 70,7% van die amplitude te noem, sal met 1
punt beloon word.
Die bandwydte van 'n RLC-kring verwys na die reeks frekwensies
waaroor 'n RLC-kring effektief op 'n insetsein reageer en meer as
50% van die krag na 'n las oordra. (2)
3.2 3.2.1 Nalopend ✓ (1)
3.2.2 𝑉𝐿 = 𝐼𝑋𝐿 ✓
𝑉𝐿
𝐼=
𝑋𝐿
3,45 ✓
=
150
= 23 𝑚𝐴 ✓
= 0,023 𝐴 (3)
3.2.3 𝑋𝐿 = 2𝜋𝑓𝐿 ✓
𝑋𝐿
𝐿=
2𝜋𝑓
✓
150
=
2𝜋(50)
= 477,46 𝑚𝐻 ✓
= 0,48 𝐻 (3)
3.2.4 𝑍 = √𝑅 2 + (𝑋𝐿 − 𝑋𝐶 )2 ✓
𝑅 = √𝑍 2 − (𝑋𝐿 − 𝑋𝐶 )2
✓
= √106,422 − (150 − 113,6)2
= 100 Ω ✓ (3)
3.2.5 VL ✓
✓
VT
(VL – VC)
θ ✓
IT VR
Rotation
Draairigting
✓
VC
LET WEL: Rotasie en VT is verpligte punte, daarna enige twee
korrek geplaasde byskrifte.
XL en XC word nie aanvaar nie aangesien die gegewe diagram in
die vraag dui op spaningswaardes. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3.2.6 'n Afname in frekwensie het veroorsaak dat die induktiewe
reaktansie verminder ✓ en die kapasitiewe reaktansie toeneem. ✓
Wanneer hierdie twee waardes nader aan mekaar beweeg
kanselleer hul effekte mekaar uit en verminder die impedansie ✓ wat
veroorsaak dat die stroom toeneem en die fasehoek afneem. (3)
3.3 3.3.1 𝑉𝑇 ✓
𝐼𝑅 =
𝑅
230 ✓
=
60
= 3,83 𝐴 ✓ (3)
3.3.2 𝑉𝑇 ✓
𝑋𝐶 =
𝐼𝐶
✓
230
=
9,2
= 25 Ω ✓ (3)
3.3.3 IT = IR = 3,83 A ✓
XC = XL wat aandui dat die kring ✓
resoneer. (2)
3.3.4 XC = XL
𝑅 ✓
𝑄=
𝑋𝐿
✓
60
=
25
= 2,4 ✓ (3)
3.3.5 𝑓𝑟 ✓
𝐵𝑊 =
𝑄
✓
50
=
2,4
= 20,83 𝐻𝑧 ✓ (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.1 4.1.1 P-kanaal ✓ verrykingsmodus ✓ MOSVET (2)
4.2 4.2.1 Die afknyptoestand word bereik deur die hek-na-bronspanning te
verhoog, ✓ wat die verarmingsgebiede aan beide kante van die
kanaal verbreed, ✓ wat daartoe lei dat die dreineerstroom (ID)
verminder word. ✓ (3)
4.2.2 Die voegvlakveldeffektransistor (JVET) werk met sy hek-bron ✓
voegvlak teenvoorgespan ✓ wat die insetweerstand by die hek baie
hoog maak terwyl die bipolêre voegvlaktransistor met 'n mee-
voorgespanne basis-emitter voorspanning werk ✓ wat 'n laer
weerstand tot gevolg het. (3)
4.3 4.3.1 MOSVET-oordragskenkromme. ✓ (1)
4.3.2 A – Afsnygebied ✓
B – Verrykingsgebied ✓ (2)
4.3.3 • Wanneer die inset hek-bronspanning (VHB) laag is, ✓ is die
kanaal dreineerstroom (ID) ook laag. ✓
• Wanneer die hek-bronspanning styg, ✓ word die kanaal
verbreed en neem die dreineerstroom toe. ✓
LET WEL: Indien 'n kandidaat noem dat VHB en ID direk eweredig is,
sal 2 punte toegeken word en enige van die twee punte hierbo kan
vir die ander 2 punte genoem word. (4)
4.3.4 Versterker ✓
Skakelaar ✓ (2)
4.4 Die JVET werk slegs in die verarmingsmodus. ✓
Die MOSVET werk in beide verarming- en verrykingsmodusse. (1)
4.5 4.5.1 Positiewe puls. ✓ (1)
4.5.2 Wanneer die emittor van voldoende stroomvloei voorsien word, ✓
sal die werkingspunt aanhou daal ✓ totdat dit sy valleipunt bereik.
Wanneer VE VX , sal die werkspunt vanaf die piekpunt val totdat dit
die valleipunt bereik. (2)
4.5.3 (a) Die eenvoegvlaktransistor (EVT) bestaan uit 'n enkele PN-
voegvlak ✓ terwyl 'n bipolêre voegvlaktransistor (BVT) uit twee
PN-voegvlakke bestaan ✓ genoem Emitter-Basis voegvlak en
Kollektor-Basis voegvlak. (2)
(b) Die Eenvoegvlaktransistor (EVT) is in wese 'n spannings-
beheerde skakelaar en het nie versterkingseienskappe nie. ✓
Die Bipolêre voegvlaktransistor (BVT) is 'n stroombeheerde
komponent en het versterkingseienskappe. ✓ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
4.6 4.6.1 FIGUUR A - uitsetspanning sal positief /hoog wees. ✓
FIGUUR B - uitsetspanning sal negatief/laag wees. ✓ (2)
4.6.2 Klein grootte ✓
Goedkoop ✓
Lae kragverbruik
Hoogs stabiel
Hoogs betroubaar (2)
4.6.3 Gemeenskaplikemodus-sperverhouding is die vermoë van 'n op-
versterker om gemeenskaplikemodusseine te versper. ✓
Die gemeenskaplike modus-verwerpingsverhouding is die
verhouding tussen die uitsetspanning tot die gemeenskaplike
insetspanning wanneer dieselfde sein gelyktydig aan beide insette
toegepas word. (1)
4.7 4.7.1 Negatiewe terugvoer. ✓ (1)
4.7.2 𝑅𝐹 ✓
𝐴𝑉 = −
𝑅𝐼𝑁
47 00 ✓
=−
470
= −10 ✓
(3)
4.7.3 𝑉𝑈𝐼𝑇 = 𝐴𝑉 × 𝑉𝐼𝑁 ✓ 𝑅𝑓
𝑉𝑈𝐼𝑇 = 𝑉𝐼𝑁 × (− )
= −10 × 2 × 10 −3 𝑅𝐼𝑁
✓
= −0,02𝑉 OF 𝑉 = 0,002 × (− 4700)
𝑈𝐼𝑇
= −20 𝑚𝑉 470
✓
𝑉𝑈𝐼𝑇 = −0,02 𝑉
(3)
4.7.4 Die uitsetspanning word toegelaat om bo ✓ en onder ✓ die nulvlakke
te swaai. (2)
4.8 4.8.1 Beheer die posisionering van 'n servo toestel. ✓
Temperatuurmeting.
Tydreelaars in oondtemperatuurbeheer.
Ossillator as motorspoedbeheer. (1)
4.8.2 ̅ van
Die NPN transistor (T1) sal slegs aanskakel wanneer uitset Q
die wipkring hoog is. ✓ (1)
4.8.3 Wanneer die omkeerterminaalspanning hoër is, sal die vergelyker
se uitsetspanning laag wees. ✓ (1)
4.8.4 Dit verdeel die toevoerspanning in drie gelyke waardes. ✓
Die resistors dien as spanningsverdelers. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
4.8.5 Die 555 GS sal gesneller word ✓ en die uitsetspanning by Pen 3
styg tot na aan die toevoerspanning. ✓
LET WEL: As gevolg van die fout in die skematiese diagram van die
555 GS, sal die volgende reaksie aanvaar word:
Wanneer pen 2 onder ⅓VCC val, sal die uitset van vergelyker C2 laag
wees, as R van die wipkring hoog is, sal die stroombaan teruggestel
word, as R laag is, sal die stroombaan in sy vorige toestand bly. (2)
[45]
VRAAG 5: SKAKEL KRINGE
5.1 Negatiewe terugvoer is wanneer 'n gedeelte van die uitsetsein ✓ uit fase ✓ na
die inset teruggevoer word en van die inset afgetrek word. (2)
5.2 5.2.1 Schmittsneller ✓ (1)
5.2.2 Bistabiele multivibrator ✓ (1)
5.2.3 Monostabiele multivibrator ✓ (1)
5.3 5.3.1 R2 is 'n optrekweerstand. ✓
R2 hou die spanning op pen 2 hoog. (1)
5.3.2 • Wanneer S2 gedruk word, verbind dit pen 2 met 0 V. ✓
• Hierdie lae inset aktiveer die kring en die uitset word hoog.✓
• Wanneer die uitset hoog word, is LUD2 meevoorgespan en AAN-
geskakel ✓
• terwyl LUD1 teenvoorgespan en AF-geskakel is. ✓ (4)
5.3.3 Die kring word herstel deur S1 te druk. ✓ Hierdie koppel herstelpen
4 aan 0 V. ✓ (2)
5.4 5.4.1 0V✓ (1)
5.4.2 Tydens sy natuurlike rustoestand hou die negatiewe
verwysingsspanning die potensiaal op die omkeer inset negatief ✓
om te verseker dat die uitset stabiel by +VCC bly. ✓ (2)
5.4.3 Wanneer 'n positiewe snellerspanning groter as VVERW op die
omkeer inset ingevoer word, sal sy potensiaal groter wees as die 0
V op die nie-omkeer inset ✓ wat veroorsaak dat die uitset versadig
word tot
– VCC ✓ waar dit sal bly vir die duur van die tydkonstante wat bepaal
word deur C2 en R2. ✓ (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
5.4.4 Snellerpuls
0 1 2 3 4 5 6 t (s)
✓ ✓
+9 V
VUIT
t (s)
✓ ✓
-9V
LET WEL: 1 punt om die uitset by +9 V te begin
1 punt vir die uitset wat verander van +9 V na -9 V by
die sneller-inset
1 punt vir die korrekte duur van die uitsettoestand
1 punt vir die terugkeer na +9 V (4)
'n Omgekeerde golfvorm sal 1 punt vir oriëntasie
verloor.
5.5 5.5.1 ✓
RF
+toevoer
2 7
741
6 Uitset
3
4
R1 ✓
- toevoer
✓ ✓
C1 R2
(4)
5.5.2 Die uitsetspanning van 'n 741 op-versterker astabiele
multivibratorkring verander voortdurend tussen +VCC en -VCC ✓
waar die uitset van 'n 555 GS astabiele multivibratorkring verander
tussen +VCC en 0 V. ✓ (2)
5.6 5.6.1 Verstelbare weerstand/Potensiometer R2 ✓ (1)
5.6.2 Weerstand R1 ✓
Termistor ✓ (2)
5.6.3 Deur weerstand R2 ✓ te verstel sal die nuwe verwysingspanning
by die omkeerinset verander. ✓ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
5.7 Om seine in radio ontvangers skoon te maak. ✓
Om van geruis wat deur skakelaarwip in digitale kringe veroorsaak word
ontslae te raak. ✓
Om 'n sinusgolf na 'n vierkantsgolf om te skakel.
Om 'n sein te herstel na erge vervorming. (2)
5.8 5.8.1 Verstelbare weerstand R4 verskaf negatiewe terugvoer ✓ wat die
wins van die kring beheer. ✓ (2)
5.8.2 𝑅𝐹 𝑅𝐹 𝑅𝐹 ✓
𝑉𝑈𝐼𝑇 = − (𝑉1 + 𝑉2 + 𝑉3 )
𝑅1 𝑅2 𝑅3
72000 72000 72000 ✓
= − (0,5 × + 0,45 × + 0,3 × )
10000 10000 10000
= −9 𝑉 ✓
(3)
LET WEL: As gevolg van die fout op die formuleblad wat
verskaf is, sal die volgende berekening aanvaar word.
𝑅𝐹 𝑅𝐹 𝑅𝐹
𝑉𝑈𝐼𝑇 = − (𝑉1 + 𝑉1 + 𝑉1 )
𝑅1 𝑅2 𝑅3
72000 72000 72000
= − (0,5 × + 0,5 × + 0,5 × )
10000 10000 10000
= −10,8 𝑉
5.8.3 Wanneer RF = R1 = R2 = R3 ✓kanselleer hulle mekaar in die
formule uit wat VUIT = -(V1+V2+V3) teweegbring.
Wanneer R4 op 10 kΩ gestel is, is die algehele kringbaanwins 1. (1)
5.8.4 Wanneer R4 vermeerder word tot bokant 72 kΩ sal die wins van die
versterker vermeerder ✓ en dit tot versadiging dryf wat vervorming
op die uitset veroorsaak. ✓
LET WEL: As gevolg van die formule wat op die formuleblad verskaf
word, sal 'n rede in lyn met die berekende antwoord in 5.8.2 aanvaar
word.
bv. Die stroombaan is reeds in versadiging, wanneer R4 verhoog
word, sal die uitsetspanning op 'n maksimum van 9 V bly. (2)
5.9 5.9.1 'n Passiewe differensieerder voer hoofsaaklik wiskundige
differensiasie op 'n insetsein uit, ✓ wat 'n uitsetspanning eweredig
aan die tempo van verandering van die insetspanning
produseer.✓ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 12 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
5.9.2
VIN
0
✓
VUIT
✓
0
✓
LET WEL: Die golfvorm moet korrek wees voordat enige punte
toegeken word.
1 punt vir oriëntasie
1 punte vir elke ½ siklus (3)
5.10 In 'n op-versterker differensieerder word 'n weerstand aan die omkeer inset
met 'n kapasitor in die terugvoerlus gekoppel. ✓
In 'n op-versterker integreerder word 'n kapasitor aan die omkeer inset en 'n
weerstand in die terugvoerlus gekoppel. ✓ (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 13 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: VERSTERKERS
6.1 Verswakking verwys na 'n stroombaan met 'n uitsetspanning kleiner ✓ as die
insetspanning. ✓
Verswakking is die vermindering in seinspanning soos dit deur 'n kring gaan
met 'n wins minder as 1. (2)
6.2 6.2.1 GS-laslyn is die lyn op die uitset kenkromme van 'n transistorkring
wat die werkspunte van die versterker aandui. ✓ (1)
6.2.2 VCE sal gelyk wees aan VCC = 12 V.✓ (1)
6.2.3 Vir klas-A versterking is die ruspuntspanning 6 V. ✓
Die waarde van die ruspuntspanning is die helfte ✓ van die waarde
van die toevoerspanning bv. ½ VCC. (2)
6.2.4
IC (mA)
15
10
Q-Punt ✓
5
✓
VKE
2 4 6 8 10 12 14 16
FIGUUR A (2)
6.3 6.3.1 RC-gekoppelde versterker. ✓ (1)
6.3.2 Daling is die tempo waarteen die wins afneem teen hoë
frekwensies. ✓ (1)
6.3.3 (a) By hoë frekwensies word die reaktansie van die klein
parasitiese kapasitansies van die transistors ✓ laer ✓ en laer,
wat die wins verminder. (2)
(b) By lae frekwensies styg die koppelkapasitor se reaktansie, ✓
wat meer van die sein blokkeer ✓ en so ook sal styging in
reaktansie van die ontkoppelkapasitors saam met die
emitterweerstand die wins beperk. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 14 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
6.4 6.4.1 Transformatorgekoppelde ✓ versterker. (1)
6.4.2 WS Relê ✓
WS motor.✓
Piezo Gonser (2)
6.4.3 • Om die twee impedansies aan te pas en die GS-kringe te
isoleer. ✓
• Om die uitset van Q1 aan die inset van Q2 te koppel. (1)
6.4.4 Daar sal nie maksimum kragoordrag na die luidspreker wees nie ✓
omdat die uitsetimpedansie van die versterker ✓ nie ooreenstem
met die insetimpedansie van die luidspreker nie ✓ wat beteken
dat die uitsetklank sagter sal wees. (3)
6.5 6.5.1 Komplimentêre ✓ balansversterker (1)
6.5.2 Blokkeer GS-seine ✓ en laat WS-seine toe om deur te gaan. ✓
Die kapasitor koppel die kring aan die luidspreker en tree as 'n
korttermyn kragbron vir die PNP transistor tydens elke negatiewe
halfsiklus op. (2)
6.5.3 +V
0
t
-V
+V
✓
0
t
✓
-V ✓
LET WEL:1 punt vir elke halfsiklus = 2
1 punt vir versterking (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 15 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
LET WEL: 1 punt vir dieselfde fase op negatiewe halfsiklus
1 punt vir GEEN versterking gewys nie.
6.6 6.6.1 Die doel van transistor Q1 is om die insetsein te versterk na 'n waarde
wat die tenkkring laat ossilleer. ✓ (1)
6.6.2 Deur kapasitors C1 en C2 te verstel, sal die ingestemde kring by
verskillende frekwensies resoneer ✓ en sodoende die
frekwensiereeks verander. ✓ (2)
6.6.3 Maksimum wins by
✓
resonante frekwensie
Wins
✓
0,707 X Maks Wins
Banddeurlating ✓
fr ✓ Frekwensie (4)
6.7 6.7.1 Die transistor sal alternatiewelik aan en af aangedryf word, ✓ wat
op sy beurt die tenkkring voortdurend laai ✓ sodat dit teen 'n
konstante amplitude aanhou ossilleer. ✓ (3)
6.7.2 Blokkeer GS-stroom ✓ en laat die WS-sein deur. ✓
• Die koppelkapasitors C1 en C2 laat slegs 'n radiofrekwensieseine
vanaf die versterker na die tenkkring toe en terug.
• Blokkeer GS-stroom om deur te gaan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Elektronika 16 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
6.8 6.8.1 Die waardes van die kapasitors (C1, C2, C3) en weerstande (R1, R2,
R3) word so gekies dat elke RC-kombinasie ✓ 'n faseverskuiwing
van 60o verskaf. ✓ (2)
6.8.2 RC faseverskuiwing ossillator en radiofrekwensie versterker werk
teen 'n verlangde frekwensie ✓en blokkeer/onderdruk alle ander
frekwensies.✓
Die RC faseverskuiwingsossillator en radiofrekwensie versterker
maak albei staat op resonante/faseverskuiwing netwerke om hul
frekwensies te beheer. (2)
6.9 RC-faseskuifsossillators gebruik weerstande en kapasitors
(RC-tydreëlkringbaan) in die terugvoernetwerk. ✓
LC-ossillators gebruik kapasitors en induktors in hul terugvoernetwerke. ✓ (2)
[45]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Eng--870e3d22-85e9-42bd-890f-3ef1fd3333cf/v1-34f597b30020a0074782/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)
%20Afr--98972424-ba56-4bbc-a319-fdfc1fec40f8/v1-90de7f1850adc8e5ce8c/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
%20Afr--5f2b4850-fffb-4024-8f24-d74bd8677a25/v1-8feb81a6973919da05bd/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20(English)%20June%202025%20Question%20Paper--5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537/v1-bc4ab06b657031de8079/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 Gauteng June 2025 QP (Eng)

Question paper
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20Eng--0d8d71f4-5725-40ea-9e29-a19e1c8a7867/v1-914ebfe8140fca65d106/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)
%20Eng--2b227e9b-0513-468e-8b1a-d4df808071cd/v1-4a42676d26de4662555c/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum