Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA
NOVEMBER 2024
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad en
'n 7 bladsy-antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %20Afr--5f2b4850-fffb-4024-8f24-d74bd8677a25/v1-8feb81a6973919da05bd/card.webp)
%20Eng--0d8d71f4-5725-40ea-9e29-a19e1c8a7867/v1-914ebfe8140fca65d106/card.webp)
%20Eng--2b227e9b-0513-468e-8b1a-d4df808071cd/v1-4a42676d26de4662555c/card.webp)



View all
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)


Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Electrical Technology question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Electrical Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Electrical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 609.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE:
VRAAG 3.4.4, 3.5.1 en 3.9.2
VRAAG 5.2.1, 5.2.2, 5.3, 5.4.1, 5.4.2 en 5.5
VRAAG 6.9
4. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD
en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie.
5. Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.
6. Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
plekke af.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Berekeninge moet die volgende insluit:
9.1 Formules en manipulasies waar nodig
9.2 Korrekte vervanging van waardes
9.3 Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing.
10. 'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D. Nov
1.1 'n Rampspoedige gebeurtenis as gevolg van die gebruik van toerusting of
masjinerie, of as gevolg van bedrywighede by 'n werkplek, staan as 'n ...
bekend.
A geringe voorval
B ernstige voorval
C ongeluk
D risiko (1)
1.2 Die … multivibratorkring produseer 'n deurlopende vierkantsgolfuitset sonder
enige eksterne sneller.
A monostabiele
B astabiele
C bistabiele
D Schmitt-sneller (1)
1.3 Die uitset van 'n 555- monostabiele multivibratorkring … nadat 'n snellerpuls
toegepas is.
A bly stabiel totdat die krag afgeskakel word
B skakel oor na die ander stabiele toestand en bly onbepaald daar
C bly in die onstabiele toestand vir 'n vaste tydperk voordat dit na sy
stabiele toestand terugkeer
D verander aanhoudend tussen +VCC en -VCC (1)
1.4 Die primêre funksie van 'n sommeer- operasionele versterkerkring is om ...
A slegs die grootste sein van veelvuldige insetseine te versterk.
B veelvuldige insetseine van mekaar af te trek om een uitsetsein te
ontvang.
C veelvuldige insetseine bymekaar te tel om een uitsetsein te ontvang.
D veelvuldige insetseine te vergelyk om een uitsetsein te ontvang. (1)
1.5 Die uitsetspanning van 'n integreerder- operasionele versterker ... wanneer 'n
konstante lang en groot insetspanning toegepas word.
A is konstant
B styg lineêr
C daal lineêr
D ossilleer tussen positiewe en negatiewe waardes (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.6 'n … is 'n kenmerk van 'n ideale operasionele versterker.
A Lae insetimpedansie
B Lae spanningswins
C Beperkte bandwydte
D Lae uitsetimpedansie (1)
1.7 Die wins van die … operasionele versterker sal 2 wees as die waardes van
die terugvoerweerstand en die insetweerstand(e) dieselfde is.
A integreerder-
B nie-omkeer-
C omkeer-
D sommeer- (1)
1.8 'n Kombinatoriese logikakringbaan wat 'n EN-hek met 'n eksklusiewe OF-hek
kombineer, word 'n ... opteller genoem.
A parallelle
B vol-
C half-
D serie- (1)
1.9 By 'n ...-uitset is die transistoremittor aan die LUD se anode gekoppel.
A bron-/voeding
B dreineer
C verdeel
D absorbeer (1)
1.10 'n Geklokte RS-wipkring is in 'n steltoestand wanneer ...
A S = 1, R = 1.
B S = 1, R = 0.
C S = 0, R = 1.
D S = 0, R = 0. (1)
1.11 'n Teller wat aangepas is om sy telling te stop voordat sy maksimum telling
bereik word, staan as 'n ... teller bekend.
A af-
B op/af-
C afgesnyde
D Geeneen van die bogenoemde nie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.12 Kommunikasierandtoerusting wat data vanaf die gasheerprosesseerder na 'n
seriedatastring omskakel, staan as 'n ... bekend.
A SPI
B UART
C 'SCI'
D 'I2C' (1)
1.13 Die term SPI staan vir …
A serierandkoppelvlak ('serial peripheral interface').
B standaardrandkoppelvlak ('standard peripheral interface').
C sekwensiële randkoppelvlak ('sequential peripheral interface').
D opeenvolgende randkoppelvlak ('successive peripheral interface'). (1)
1.14 'n Vorm van kommunikasie waar die vloei van data en inligting in slegs een
rigting beweeg, staan as … kommunikasie bekend.
A simpleks-
B fundamentele
C dupleks-
D rudimentêre (1)
1.15 Die aanskakelinstruksies van 'n mikrobeheerder word in die … gestoor.
A SVE
B ETG
C LAG
D I/U-eenheid (1)
[15]
VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
2.1 Definieer die term werkplek met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid
en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993). (2)
2.2 Noem TWEE menseregte in die werkplek. (2)
2.3 Verduidelik waarom swak ventilasie 'n onveilige toestand in 'n werkswinkel is. (2)
2.4 Noem TWEE tipes viktimisasie deur 'n werkgewer wat verbied word. (2)
2.5 Verduidelik waarom 'n persoon nie moet inmeng/peuter met toerusting in die
werkswinkel wat vir veiligheid verskaf is nie. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: SKAKELKRINGE
3.1 Verduidelik die konsep negatiewe terugvoer met verwysing na operasionele
versterkers. (2)
3.2 Noem die skakelkring wat deur ELK van die volgende stellings beskryf word:
3.2.1 By digitale kringe en radio-ontvangers word dit gebruik om seine te
herwin wat deur geraas besoedel is. (1)
3.2.2 Die uitset 'onthou' die laaste inset en daarom word hierdie kring
gereeld as 'n geheue-element gebruik. (1)
3.2.3 'n Kring wat 'n 741-GS gebruik, ontvang 'n insetpuls, die uitset
swaai tydelik na -VCC en swaai dan weer terug na sy oorspronklike
+VCC-uitsettoestand. (1)
3.3 FIGUUR 3.3 hieronder toon die kringdiagram van 'n 555-GS wat as
'n bistabiele multivibrator gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg.
+9V
R3
R2 R1 2
10 k 10 k
LUD1
8
4
7 555 3
6
2 LUD2
1 5
S2 S1
C2 R4
10 nF 2
FIGUUR 3.3: 555- BISTABIELE MULTIVIBRATOR
3.3.1 Noem die doel van weerstand R2. (1)
3.3.2 Verduidelik die werking van die kring wanneer S2 gedruk word.
Verwys na die insette en die toestande van LUD1 en LUD2 in jou
antwoord. (4)
3.3.3 Verduidelik hoe die kring teruggestel word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.4 FIGUUR 3.4 hieronder toon 'n monostabiele multivibratorkring wat 'n
741-op-versterker gebruik. Beantwoord die vrae wat volg.
C1
1 µF +9 V
2 7
Inset 6
Uitset
B 3
4 C2
-9 V 1 µF
R1
R2
-VVERW
FIGUUR 3.4: MONOSTABIELE MULTIVIBRATOR
3.4.1 Noem die spanning by B tydens die kring se rustoestand. (1)
3.4.2 Verduidelik die doel daarvan om 'n negatiewe verwysingspanning
(-VVERW ) tydens sy natuurlike rustoestand in die kring te hê. (2)
3.4.3 Verduidelik die werking van die kring wanneer 'n positiewe
snellerinset, groter as VVERW, op die omkeerinset toegepas word. (3)
3.4.4 Teken die uitset vir die kring op die ANTWOORDBLAD vir
VRAAG 3.4.4 as R2 en C2 gekies word om 'n veranderde
(onstabiele) toestand vir 3 sekondes te skep. (4)
3.5 'n Astabiele multivibratorkring kan gebou word deur 'n 555-GS of 'n
741-op-versterker te gebruik. Beantwoord die vrae wat volg.
3.5.1 Voltooi die kringdiagram in FIGUUR 3.5.1 op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.5.1 om 'n astabiele multivibrator
te skep.
+toevoer
2 7
6 Uitset
741
3
4
- toevoer
R2
FIGUUR 3.5.1: ONVOLTOOIDE KRINGDIAGRAM VAN 'N
ASTABIELE MULTIVIBRATOR (4)
3.5.2 Onderskei tussen die uitsetspannings van 'n astabiele
multivibratorkring wat 'n 741-op-versterker gebruik en 'n astabiele
multivibratorkring wat 'n 555-GS gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.6 FIGUUR 3.6 hieronder toon 'n 741-op-versterker-vergelykerkring. Beantwoord
die vrae wat volg.
9V
R1
100 k R3
10 k
741 Q1
R2
Termistor R5
100 k
(PTK) R4 330
4,7 k
LUD
FIGUUR 3.6: VERGELYKER AS 'N TEMPERATUURSENSOR
3.6.1 Noem die komponent wat die verwysingspanning in die kring
vasstel. (1)
3.6.2 Noem TWEE komponente waaruit die sensoreenheid bestaan. (2)
3.6.3 Verduidelik hoe die temperatuurverstelling in die vergelyker
verander kan word. (2)
3.7 Noem TWEE toepassings van 'n Schmitt-sneller. (2)
3.8 FIGUUR 3.8 hieronder toon die kringdiagram van 'n omkeer-
sommeerversterker. Beantwoord die vrae wat volg.
R4 = 100 k
R1 = 10 k
V1 = 500 mV
+9 V
R2 = 10 k
V2 = 450 mV
R3 = 10 k
V3 = 300 mV VUIT
-9 V
FIGUUR 3.8: SOMMEERVERSTERKER
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Gegee:
R1 = R2 = R3 = 1 kΩ
R4 = 1 kΩ (verstelbaar)
V1 = 500 mV
V2 = 450 mV
V3 = 300 mV
3.8.1 Verduidelik die doel van die verstelbare weerstand R4 in die kring. (2)
3.8.2 Bereken die uitsetspanning indien R4 op 72 kΩ gestel is. (3)
3.8.3 Noem waarom die uitsetspanning met die formule
𝑉𝑈𝐼𝑇 = −(𝑉1 + 𝑉2 + 𝑉3 ) bereken kan word wanneer R4 op 10 kΩ
gestel is. (1)
3.8.4 Verduidelik die effek op die kring en sy uitset as die waarde van
R4 tot meer as 72 kΩ vermeerder word. (2)
3.9 FIGUUR 3.9 hieronder toon die inset- en uitsetgolfvorms vir 'n kort
tydkonstante in 'n passiewe RC-differensieerderkring. Beantwoord die vrae
wat volg.
VIN
0
VUIT
0
FIGUUR 3.9: PASSIEWE RC-DIFFERENSIEERDERGOLFVORMS
3.9.1 Verduidelik die primêre funksie van 'n passiewe
differensieerderkring. (2)
3.9.2 Teken, op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.9.2, die
uitsetgolfvorm vir 'n lang tydkonstante van die kring vir EEN volle
siklus. (3)
3.10 Onderskei tussen 'n op-versterker-differensieerder en 'n op-versterker-
integreerder met verwysing na kringkonfigurasie. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE
4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
+V +V
V2 + V1 _
(positief) (positief)
_ +
VUIT VUIT
-V -V
0V 0V
FIGUUR A FIGUUR B
FIGUUR 4.1: OPERASIONELE VERSTERKERS
4.1.1 Bepaal die toestand van die uitsetspannings in FIGUUR A en
FIGUUR B. (2)
4.1.2 Noem TWEE voordele van 'n operasionele versterker. (2)
4.1.3 Verduidelik die term gemeenskaplikemodus-sperverhouding met
verwysing na die eienskappe van operasionele versterkers. (1)
4.2 FIGUUR 4.2 hieronder is 'n operasionele versterker met 'n insetseinspanning
van 2 mV, 'n terugvoerweerstand RF = 4,7 kΩ, nie-omkeerweerstand
R1 = 22 kΩ en insetweerstand RIN = 47 Ω. Beantwoord die vrae wat volg.
R F = 4, 7 k Ω
R IN = 470 Ω +9 V
_
+
VIN = 2 mV -- 9 V
V UIT
R1 = 22 kΩ
0V
FIGUUR 4.2: OPERASIONELE VERSTERKER
Gegee:
VIN = 2 mV
RIN = 47 Ω
RF = 4,7 kΩ
R1 = 22 kΩ
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.2.1 Noem die tipe terugvoer wat in FIGUUR 4.2 gebruik word. (1)
4.2.2 Bereken die wins. (3)
4.2.3 Bereken die uitsetspanning. (3)
4.2.4 Verduidelik waarom operasionele versterkers dubbelspoor-
kragtoevoer benodig om te werk. (2)
4.3 FIGUUR 4.3 hieronder toon die interne kringdiagram van 'n 555-GS.
Beantwoord die vrae wat volg.
+Vcc- Beheer-
toevoer Ontlaai Drempel spanning
8 7 6 5
5 kΩ
-
C1
+ T2
Wipkring
R Q
5 kΩ S Q
-
C2
+
5 kΩ
T1
1 2 3 4
Aard Sneller Uitset Terugstel
FIGUUR 4.3: INTERNE UITLEG VAN 'N 555-GS
4.3.1 Noem EEN industriële toepassing waar die 555-GS as 'n
tydreëltoestel gebruik word. (1)
4.3.2 Verduidelik hoe die NPN-transistor (T1) AANgeskakel word
wanneer die 555-GS in 'n kring gekoppel word. (1)
4.3.3 Noem die toestand van die vergelyker se uitsetspanning wanneer
die omkeerterminaalspanning hoër as die nie-omkeer-terminaal is. (1)
4.3.4 Noem die funksie van die drie 5 kΩ-weerstande. (1)
4.3.5 Beskryf kortliks wat gebeur wanneer die spanning by Pen 2 onder
⅓ van die toevoerspanning daal. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE
5.1 Verwys na FIGUUR 5.1 hieronder van die vloeistofkristalbeeld (VKB) en
beantwoord die vrae wat volg.
X
B
A
Uitstralingslig
Roosters
D
C
Y
Gepolariseerde lig
FIGUUR 5.1
5.1.1 Verduidelik waarom liggolwe vanaf punt A na punt B sal beweeg
maar NIE vanaf punt C na punt D NIE. (4)
5.1.2 Beskryf hoe pixels gebruik word om 'n prent in 'n VKB-skerm
te skep. (3)
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder verteenwoordig die blokdiagram van 'n binêr-na-
desimaaldekodeerder.
0
1
A 2
B 3
Binêr-na-
Binêr-na- 4
C desimale-
desimaal- 5
D dekodeerder
dekodeerder 6
7
8
9
FIGUUR 5.2: BINÊR-NA-DESIMAALDEKODEERDER
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.2.1 Op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.2.1, voltooi die logikakring
van die binêr-na-desimaaldekodeerder deur EN-hekke en
NIE-hekke te gebruik. (6)
5.2.2 Voltooi die waarheidstabel van FIGUUR 5.2 op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.2.2 deur slegs die HOOG-
uitsettoestande van W, X, Y en Z aan te dui. (4)
5.3 Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder, wat 'n blokdiagram van 'n volopteller is, en
voltooi die logikakring van 'n volopteller deur EN-hekke, eksklusiewe
OF-hekke en 'n OF-hek op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.3 te gebruik.
Ci Ʃ
A VO
B Co
FIGUUR 5.3: BLOKDIAGRAM VAN 'N VOLOPTELLER (5)
5.4 Verwys na FIGUUR 5.4 hieronder van 'n geklokte D-tipe wipkring en
beantwoord die vrae wat volg.
D Q
KLK
Q
FIGUUR 5.4: D-TIPE WIPKRING
5.4.1 Voltooi die logikakring van hierdie wipkring op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.1. (6)
5.4.2 Voltooi die waarheidstabel van hierdie wipkring op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.2. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.5 Verwys na FIGUUR 5.5 van 'n binêre teller hieronder en voltooi die
tyddiagramme van hierdie teller op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.5.
1 A B
FF0 FF1
STEL STEL
J Q J Q
K TERUG-
GESTEL
Q K TERUG-
GESTEL
Q
Inset-
klokpulse
FIGUUR 5.5 (6)
5.6 Verduidelik die verskil tussen pulssneller- en randsneller-wipkringe. (4)
5.7 Beskryf kortliks die volgende tellers:
5.7.1 Frekwensieverdeler (2)
5.7.2 Dekadeteller (2)
5.8 Verwys na FIGUUR 5.8 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
STEL STEL STEL
Hoog STEL
mux Q mux D Q mux Q B
mux
D Q D D
FFB FFC FFD
FFA
TERUG- TERUG- TERUG-
TERUG- GESTEL GESTEL
GESTEL
GESTEL
Klok
PA PB PC PD
A
FIGUUR 5.8
5.8.1 Identifiseer die register in FIGUUR 5.8. (1)
5.8.2 Benoem A en B. (2)
5.8.3 Verduidelik die werking van hierdie register. (3)
5.8.4 Hoeveel klokpulse word benodig om die data uit die register te
ontlaai? (1)
5.8.5 Noem TWEE gebruike van hierdie register. (2)
[55]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS
6.1 Definieer die term mikrobeheerder. (3)
6.2 Verwys na die blokdiagram in FIGUUR 6.2 hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
A
RLE Uitset
Beheer- Reken- B
eenheid logika-
eenheid
Inset
FIGUUR 6.2: MIKROBEHEERDER SE STRUKTUUR
6.2.1 Benoem A en B. (2)
6.2.2 Verduidelik die funksie van die beheereenheid. (4)
6.2.3 Noem die funksie van die RLE. (2)
6.3 Verwys na die hardeware van 'n mikrobeheerder en verduidelik die verskil
tussen diskrete logika en geïntegreerde logika. (2)
6.4 Beskryf die akkumulator as 'n algemene register. (2)
6.5 Verwys na kommunikasie in 'n mikrobeheerder en beantwoord die vrae
wat volg.
6.5.1 Verduidelik die funksie van die stelselbus (koppelbus). (4)
6.5.2 Noem TWEE voordele van sinchrone kommunikasie wanneer dit
met asinchrone kommunikasie vergelyk word. (2)
6.5.3 Noem TWEE nadele van parallelle kommunikasie wanneer dit met
seriekommunikasie vergelyk word. (2)
6.6 Verwys na kommunikasieprotokolle in 'n mikrobeheerder en verduidelik die
verskil tussen halfdupleks-kommunikasie en voldupleks-kommunikasie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.7 FIGUUR 6.7 is die blokdiagram van die I2C-busstelsel. Beantwoord die vrae
wat volg.
+5 V
RP RP
Meester
SCL
SDA
Slaaf 1 Slaaf 2 Slaaf 3
FIGUUR 6.7
6.7.1 Skryf die afkorting SDA volledig uit. (1)
6.7.2 Verduidelik die funksie van die optrekweerstande. (2)
6.7.3 Noem TWEE nadele van die I2C-bus. (2)
6.7.4 Verduidelik die meester-slaaf-werking van die I2C-bus. (6)
6.8 Verwys na mikrobeheerders en definieer die volgende terme:
6.8.1 Program (2)
6.8.2 Vloeidiagram (2)
6.9 FIGUUR 6.9 op die ANTWOORDBLAD toon 'n onvolledige vloeidiagram van
'n PICAXE-fabrieksekuriteitstelsel.
Ontwerp 'n vloeidiagram van 'n fabrieksekuriteitstelsel wat TWEE sensors op
verskillende dele van die perseel het.
• Hierdie stelsel bestaan uit TWEE sensors.
• Die eerste sensor word by die hoofingang van die fabriek opgestel.
• Die tweede sensor word opgestel op die straal wat die agterste ingang
van die fabriek beskerm.
• As enige van die sensors geaktiveer word, sal die alarm geaktiveer word.
• Die alarm moet 'n terugstelfunksie insluit.
• Geen tydreëlfunksie word benodig nie.
Voltooi en benoem die vloeidiagram van hierdie toestel op die
ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.9. (8)
[50]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2024
NSS Vertroulik
FORMULEBLAD
HALFGELEIERTOESTELLE
VUIT RF RF
Wins A V = = − OF AV = 1+
VIN R IN R IN
R
VUIT = VIN − F
R IN
R
VUIT = VIN 1 + F
R IN
SKAKELKRINGE
RF R R
OUT = − V1
VUIT + V2 F + ... VN F
R1 R2 RN
VUIT VUIT
Wins A V = =
VIN (V1 + V2 + ...VN )
VUIT = − ( V1 + V2 + ...VN )
R2
VFB = VVERS ×
R1 +R2
R2
VSNEL = VUIT ×
R1 +R2
VLOEIKAARTSIMBOLE
Proses
Besluit
Afsluiter
Data
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2024
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 3: SKAKELKRINGE
3.4.4
Snellerpuls
0 1 2 3 4 5 6 t (s)
+9 V
VUIT
t (s)
-9V
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 3.4.4 (4)
3.5.1
+toevoer
2 7
6 Uitset
741
3
4
- toevoer
Dra punte na
antwoordeboek oor
R2
MOD
FIGUUR 3.5.1 (4)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2024
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
3.9.2
VIN
0
VUIT
0
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 3.9.2 (3)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2024
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE
5.2.1
A
B
Uitset W
Uitset X
Uitset Y
Uitset Z
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.2.1 (6)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2024
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
5.2.2
Insette Uitsette
A B W X Y Z
1 0
1 1
0 0
0 1
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.2.2 (4)
5.3
Ci
Ʃ
A
B Co
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.3 (5)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2024
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
5.4.1
D
Q
KLK
Q
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.4.1 (6)
5.4.2
KLK D Q Q
0 0 Grendel Grendel
0 1 Grendel Grendel
1 0
1 1
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.4.2 (4)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2024
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
5.5
Inset- 1 2 3
klokpulse
Uitset A
Uitset B
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 5.5 (6)
Kopiereg voorbehou
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika DBE/November 2024
NSS Vertroulik
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD
VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS
6.9
Begin
Dra punte na
antwoordeboek oor
MOD
FIGUUR 6.9 (8)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Afr--5f2b4850-fffb-4024-8f24-d74bd8677a25/v1-8feb81a6973919da05bd/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
%20Eng--0d8d71f4-5725-40ea-9e29-a19e1c8a7867/v1-914ebfe8140fca65d106/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)
%20Eng--2b227e9b-0513-468e-8b1a-d4df808071cd/v1-4a42676d26de4662555c/card.webp)
Question paper
Electrical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
More from Grade 12 Electrical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Dig Elec ATP 2023 24
%20MEMO%20GR12%20SEPT%202025%20ENG_watermark--0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d/v1-84a07d81399f5d7a195b/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20(English)%20June%202025%20Possible%20Answers--4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f/v1-3e4c5b36e08cde219ac2/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo
%20MG%20Afr--3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9/v1-66d030d2505ce0cce42c/card.webp)
Memorandum
Electrical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum