Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE ASSESSERING
ALGEMENE ONDERWYS SERTIFIKAAT (AOS)
2023 GRAAD 9 PROEFSTUDIE
Vak: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW)
Vraestel: 2
Punte: 80
Tyd: 120 Minute
15 minute leestyd uitgesluit
Hierdie toets bestaan uit 25 bladsye, uitgesluit die voorblad.
Skip to contentQuestion paper %20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--52c916da-bc04-4175-bc96-93cda96b4346/v1-0bd92eb65b29b393d1a6/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--0a0765f7-52da-4c08-adee-603ba24a3ea9/v1-b35eb1278f959b26ca84/card.webp)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--de9cb377-f46e-4e67-b8e7-8c75f72d7aff/v1-445690f6bf5d686126c5/card.webp)
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ed1db00f-0b6c-48d5-8be9-652a5ae63e5d/v1-a9051de0c19e9d7c3628/card.webp)
%20November%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--08f3463c-898c-4c61-9ab4-e991789f9aa3/v1-de36a262c50ff3738403/card.webp)
%20November%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--000597c2-0e6c-4448-b7f5-0203c1fdd309/v1-af6c0b35bbddfaaebd55/card.webp)


%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--926700e8-2cc7-4e0b-8c35-4d001e8da6a3/v1-bfa752d1e49f22fd0f99/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--76af9a4e-93c2-42b1-b94c-5d5c9b174f23/v1-b0a0818953ac1a0ac496/card.webp)
%20November%202023%20Answer%20Book_hlayiso.com_--39bf861e-6cb2-42dc-9593-0f249e048745/v1-2342318904a551770960/card.webp)

View all
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--545237e6-921d-4e91-b783-783eeaf85498/v1-254687f96e00ff9f0e91/card.webp)
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--bd6f430b-d83f-42d4-8b3c-476285e0ae3c/v1-27726dc77668f759ab75/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4048de52-b45d-4ecb-a384-8c550d2ba67b/v1-e603f1c1c3be94bc4f15/card.webp)
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--ca2bc068-8d4a-4040-bd9a-ed9f9d7a6ab1/v1-5c3b4072320b047b5589/card.webp)
%20November%202023%20Answer%20Book_hlayiso.com_--4f3455c0-b6ef-4190-9d72-ea680fc28e72/v1-69bc1946f762fb3a4e75/card.webp)
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 GEC Test 2023 QP
Grade 9 Economic And Management Sciences Paper 2 question paper from the GEC Test 2023 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Economic And Management Sciences · Grade 9 · GEC Test · 2023 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economic And Management Sciences
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- GEC Test
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 466.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 27
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 1
Downloaded from hlayiso.com
Instruksies aan leerder
1. Jy sal 15 minute leestyd kry voordat jy met die toets begin.
2. Lees die instruksies en vrae noukeurig.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Gebruik die antwoordboek om al die vrae in te antwoord.
5. Die gebruik van ʼn nie-programeerbare sakrekenaar word toegelaat.
Die toets begin op die volgende bladsy.
Moenie omblaai totdat jy aangesê word om so te maak nie.
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 2
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING A
Vraag 1
1.1 Dr. Kool het na jare van harde werk, sy eie tandarts praktyk geopen. Sy praktyk het ʼn
winsgewende en suksesvolle besigheid geword.
Wat word in die bostaande scenario deur Dr. Kool verskaf?
A Diens
B Produk
C Goedere
D Kapitaal (1)
1.2 Watter van die volgende is belangrik met die ontwerp van ʼn besigheid se logo?
A Die nuutste mode-neigings.
B Die eienaar se gunsteling kleur
C Teikenmark
D Koste van die drukwerk (1)
1.3 John is ʼn bestuurder van ʼn glas vervaardigingsmaatskappy. Hy verseker dat die
produksieproses in die fabriek doeltreffend bedryf word.
Watter van die volgende is ʼn primêre rol van John?
A Voltooi roetine administratiewe take
B Monitor die besigheid se sosiale bewustheid
C Ontwikkel bemarkingstrategieë
D Hou toesig oor en gee leiding aan spanne (1)
1.4 Watter van die volgende beskryf die vaste koste van ʼn besigheid die beste?
A Koste wat wissel na gelang van die produksievlakke
B Koste wat nie volgens die produksievlak verander nie
C Koste wat direk verband hou met die koste van goedere wat verkoop is
D Koste wat aangegaan word wanneer ʼn sekere produksievlak behaal is (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 3
Downloaded from hlayiso.com
1.5 Zoë besit ʼn klerewinkel, Garment Clothing, wat ʼn wye reeks produkte van T-hemde
tot baadjies verkoop.
Gedurende Junie 2023 het Garment Clothing die volgende uitgawes betaal:
huur van R1 500, elektrisiteit R510, lone R1 200 en versekering R250.
Watter van die volgende is ʼn veranderlike koste vir Garment Clothing?
A Huur
B Lone
C Versekering
D Elektrisiteit (1)
1.6 Ras, ʼn graad 9 leerder, wil goedere koop ter waarde van R1 070 met die doel om dit
teen R1 520 by die skool se talent kompetisie te verkoop.
Wat is die koste van die goedere wat deur Ras verkoop is?
A R1 520
B R1 070
C R2 590
D R450 (1)
1.7 Caitlyn, ʼn kleinhandelaar, het ʼn skooltas teen R320 gekoop. Sy wil met die verkoop
daarvan ʼn wins van R100 maak.
Hoeveel sal die verkoopsprys van die skooltas wees?
A R320
B R100
C R420
D R220 (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 4
Downloaded from hlayiso.com
1.8 Zakes Meubeleerders is in ʼn stedelike gebied waar meeste van hul klante vir die staat
werk, geleë. Zakes Meubeleerders wil hul verkope met 10% verhoog.
Watter van die volgende strategieë moet Zakes Meubeleerders gebruik om verkope te
verhoog?
A Huur ʼn gedeelte uit aan ʼn mededinger
B Voorsien betalende na-verkoopsdienste
C Samewerking met plaaslike fabrieke
D Adverteer op ʼn plaaslike televisie stasie (1)
1.9 Jy is ʼn graad 9 entrepreneur wie sopas met ʼn briljante idee vir ʼn nuwe besigheid
vorendag gekom het.
Wat sal die mees gepaste manier wees om aanvangskapitaal vir die besigheid te kry?
A Neem ʼn persoonlike lening by ʼn bank uit
B Gebruik jou persoonlike spaargeld
C Leen geld by ʼn mikro-uitlener
D Gebruik jou studiebeurs (1)
1.10 KoeKie is ʼn passievolle kok wat besluit het om ʼn eenmansaak besigheid te begin.
Watter van die volgende kan ʼn nadeel vir KoeKie se besigheid wees?
A Verantwoordelik vir alle besluitnemings
B Alle wins behoort aan die eienaar
C Onbeperkte aanspreeklikheid
D Maklik om te begin (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 5
Downloaded from hlayiso.com
1.11 Popeye en Spinasie is ervare sagteware ontwikkelaars, wat dit oorweeg om ʼn
besigheid te open waar hul gesamentlik verantwoordelik sal wees vir die skuld van
die besigheid.
Watter vorm van eienaarskap sal die geskikste wees vir Popeye en Spinasie?
A Eenmansaak
B Vennootskap
C Privaat maatskappy
D Publieke maatskappy (1)
1.12 Wat is ʼn besigheidsplan?
A Getailleerde riglyne van daaglikse take wat benodig word om ʼn besigheid te
bedryf
B Gedetailleerde dokument wat die finansiële doelwitte van ʼn besigheid
uiteensit
C ʼn Dokument wat die doelwitte en strategieë van ʼn besigheid uiteensit
D ʼn Dokument wat die inkomste en uitgawes van ʼn besigheid opsom (1)
1.13 Kate, ʼn graad 9-leerder, neem deel aan haar skool se entrepreneursdag en verkoop
handgemaakte juwele.
Op watter ouderdomsgroep behoort Kate tydens die entrepreneursdag te fokus?
A 26-35
B 20-25
C 7-12
D 13-19 (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 6
Downloaded from hlayiso.com
1.14 Bruce het ʼn sport-motor handelaar begin en wil verseker dat sy produkte by die
standaard van sy teikenmark pas.
Watter inkomstegroep behoort Bruce te teiken?
A Lae inkomste
B Middel inkomste
C Hoë inkomste
D Gemiddelde inkomste (1)
1.15 Die bestuurder van Zenex Sportdrag wil bepaal of hulle moet voortgaan met ʼn nuwe
reeks dames swemklere wat drie maande gelede bygevoeg was.
Watter van die volgende aktiwiteite moet die bestuurder uitvoer?
A Boekhouding
B Begroting
C Personeelvergadering
D Produk bemarking (1)
1.16 Cell B gebruik titanium wat van Richards Bay Minerale Hulpbronne gekoop word om
selfone mee te vervaardig. ʼn Koerant artikel toon dat ʼn moontlike staking in die
komende maand by Richards Bay Minerale Hulpbronne kan voorkom.
Wat moet Cell B doen om te verseker dat hul vervaardiging van fone nie beïnvloed
word nie?
A Produseer meer fone
B Hou voldoende titanium in voorraad
C Soek na nuwe verskaffers van titanium
D Voer reeds voltooide fone in (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 7
Downloaded from hlayiso.com
1.17 Watter van die volgende verteenwoordig goeie kliëntediens?
A Om daagliks kliënte te bel wie die besighied geld skuld
B Om bemarkingveldtogte te organiseer
C Om spoedig aan kliënte se navrae aandag te skenk
D Om gemeenskaps radio-stasies te gebruik (1)
1.18 Blue Crane bestaan reeds vanaf 2022 en ʼn nuwe Uitvoerende Finansiële Beampte
(CFO) is aangestel.
Hoe sal die CFO van Blue Crane die afgelope ses maande se verkoopsyfers kan kry?
A Deur ʼn nuwe verkoopsklerk aan te stel
B Deur voorraad-aankope na te gaan
C Deur personeel oudits uit te voer
D Deur finansiële inligting te verwerk (1)
1.19 Die bestuur van Imvubu PLC is bekommerd oor die lae vlakke van produksie terwyl
werkers se vergoeding konstant bly.
Hoe kan die bestuur die rede vir die lae produksievlakke bepaal?
A Deur die werkers se verlof te ondersoek
B Om produksiemetodes te verander
C Om werksure te veminder
D Om werksure te vermeerder (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 8
Downloaded from hlayiso.com
1.20 Gin-Gin Ink. vergoed jaarliks hul werknemers vir goeie diens deur aan elkeen ʼn
identiese kombers te gee. Hulle het ʼn bestelling vir identiese komberse by Aranda
Tekstiele geplaas.
Watter produksiemetode sal deur Aranda gebruik word om die bostaande bestelling
te doen?
A Taakproduksie
B Bondelproduksie
C Massaproduksie
D Net in tyd produksie (1)
1.21 Een van die verantwoordelikhede van die Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van
Amanzi Verskaffers is om te verseker dat die maatskappy se hulpbronne soos
finansies, menslike en fisiese hulpbronne nie vermors word nie.
Watter van die volgende bestuurstake word hierdeur weerspieël?
A Beplan hulpbronne
B Organiseer personeel
C Beheer hulpbronne
D Lei personeel (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 9
Downloaded from hlayiso.com
Vraag 1.22 en 1.23 word baseer op die advertensie hieronder.
Msinga Vars Produkte-mark
1.22 Watter van die volgende 4 P’s van bemarking is in die bostaande advertensie
weggelaat?
A Produk
B Plek
C Promosie
D Prys (1)
1.23 Watter tipe produkte kom in die advertensie hierbo voor?
A Vars groente
B Vars vrugte
C Vars vleis
D Vars produkte-mark (1)
1.24 Droogte is ʼn groot risiko vir die boerdery-bedryf.
Wat kan gedoen word om die risiko rakende droogte te verminder?
A Gewas rotasie
B Besproeiing
C Invoere
D Gewas planting (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 10
Downloaded from hlayiso.com
1.25 ʼn Internasionale maatskappy lok kliënte van reg oor die wereld. Dit is belangrik dat
inligting oor kliënte in die toekoms herwin kan word.
Watter liasering metode kan die maatskappy gebruik om groot hoeveelhede data te
stoor sodat dit vinning herwin kan word?
A Alfabetiese liasering
B Chronologiese liasering
C Elektroniese liasering
D Tematiese liasering (1)
1.26 Elect & Seuns is ʼn besigheid wat in elektroniese toestelle spesialiseer. Hulle het ʼn
nuwe verskaffer identifiseer wat hul besigheid mededingend sal hou.
Wat sal Elect & Seuns in ag moet neem om die geskiktheid van die verskaffer te
bepaal?
A Prys, kwaliteit, hoeveelheid en afleweringstyd
B Prys, kwaliteit, dokumente en betalings
C Prys, hoeveelheid, ontvangs en afleweringstyd
D Prys, hoeveelheid, dokumente en betalings (1)
1.27 DD Toms het ʼn televisie advertensie ontwerp vir sy selfoon besigheid met die doel om
verkope met 10% te vermeerder. Dit het al ʼn paar keer op televisie verskyn. In die
advertensie verkyn die selfoon as slank met gevorderde kemerke. Nietemin, na ʼn
maand, het verkope slegs met 2% vermeerder.
Watter een van die AIDA(ABBA)-beginsels is nie suksesvol deur die advertensie
bereik nie?
A Aandag
B Belangstelling
C Begeerte
D Aksie (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 11
Downloaded from hlayiso.com
1.28 Watter van die volgende is ʼn voorbeeld van publisiteit?
A Bekendstelling van die werkers aan die besigheid en die besigheidskultuur
B Bewusmaking van die produk, diens en organisasie
C Beplanning van korporatiewe sosiale verantwoordelikheids geleenthede
D Evaluering van die publiek se opinie deur marknavorsing te doen (1)
1.29 KK Holdings is geleë in Manama, naby die vierrigting-stop en verkoop kitskos.
Hoe sal KK Holdings aan die gemeenskap bekend word?
A Deur middel van deur-tot-deur bemarking, promosies en pamflette
B Adverteer op televisie, promosies en pamflette
C Adverteer op reklameborde, promosies en pamflette
D Deur te adverteer op radio, promosies en pamflette (1)
1.30 Govan Ishmail is een van die uitvoerende bestuurders in ʼn tegnologie besigheid. Hy
vind uit dat een van die junior personeellede swak klantediens lewer. Hy besluit toe
om die werknemer vir opleiding in klantediens te stuur.
Vir watter funksie is Govan Ishmail aanspreeklik?
A Bemarkings funksie
B Finansiële funksie
C Menslike hulpbron funksie
D Openbare betrekkinge funksie (1)
1.31 Watter een van die volgende verwys na die kwaliteit en doeltreffendheid van die
produksiefunksie?
A Beskikbaarheid van goedere en dienste teen die regte kwaliteit en kwantiteit
B Beskikbaarheid van kompeterende kwaliteit goedere en dienste aan klante
C Aanhou van lae hoeveelhede en hoë kwalitiet goedere en dienste
D Aanhou van lae hoeveelhede goedere en dienste (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 12
Downloaded from hlayiso.com
1.32 Kate is ʼn algemene bestuurder by SC Wholesalers en is verantwoordelik vir die
beplanning van alle aktiwiteite van die besigheid.
Watter van die volgende is relevant tot die bostaande?
A Die vaardigheid om ander te beïnvloed om te werk, om doelwitte te bereik
B Bepaal die toekomstige rigting waarin die besigheid beweeg
C Bepaal of die huidige prestasie in lyn is met die voorgestelde doelwitte
D Verseker dat die aktiwiteite uitgevoer word (1)
1.33 K. Candy, die bestuurder by KitsoEntle, ʼn funksiebestuurmaatskappy is
verantwoordelik vir die toekenning en verspreiding van hulpbronne.
Watter van die volgende rolle is relevant tot die bostaande scenario?
A Verseker dat die funksies behoorlik beplan is
B Beïnvloed personeel om funksie doelwitte te bereik
C Verseker dat alle vereistes vir die funksies in plek is
D Verseker dat die funksies volgens plan verloop (1)
1.34 Watter een is ʼn geleentheid vir die besigheid?
A ʼn Toename in kriminele aktiwiteite in die gebied
B ʼn Afname in die aantal mededingers
C Tekort aan ervaring van werknemers
D Swak gesondheid van werknemers (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 13
Downloaded from hlayiso.com
1.35 Vraag 1.35 en 1.36 is baseer op die volgende inligting:
PPP Supermark is die alleenverskaffer van My-perfume wat in ʼn hoogs winsgewende
mark meeding, maar die verspreidingskanale ontbreek. Daar is egter nuwe toetreders
tot die mark.
Wat is die swakpunt wat in die scenario hierbo voorkom?
A Hoogs winsgewende mark
B Nuwe toetreders tot die mark
C Enigste verskaffer van My-perfume
D Ontbreking van verspreidingskanale (1)
1.36 Watter een word geklassifiseer as ʼn sterkpunt van PPP Supermark?
A Enigste verskaffer van My-perfume
B Ontbreking van verspreidingskanale
C Hoogs winsgewende mark
D Nuwe toetreders tot die mark (1)
1.37 Dikano Gastehuis (DGH) het vanaf Februarie nie goed presteer nie as gevolg van
swaar reën. Die teikenmark het vergroot en die besigheid sal waarskynlik uitbrei as
gevolg van ʼn toename in mense na die omgewing. DGH het huidiglik nie genoeg geld
om die uitbreiding te finansier nie.
Watter een van die volgende sal ʼn bedreiging vir die besigheid wees?
A DGH het nie genoeg geld nie
B Die teikenmark het vergroot
C DGH mag uitbrei weens die toename van mense
D Nuwe besighede wat dieselfde diens lewer
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 14
Downloaded from hlayiso.com
1.38 Latimore Winkels se menslike hulpbron bestuurder is 10 jaar gelede aangestel, die
tegnologie het egter baie verbeter. Latimore Winkels moet die nuutste tegnologie in
die besigheid implementeer.
Hoe kan Latimore Winkels die effek van die geïdentifiseerde swakheid versag?
A Die bestuurder is 10 jaar gelede aangestel: kry ʼn nuwe en jong bestuurder
B Verouderde tegnologie: Stel vaardigheidsontwikkelings-programme in
C Ervare HR bestuurder: Ontwikkel jong werknemers
D Ervare HR bestuurder: Staats-vaardigheidsontwikkelings program (1)
1.39 Klante van Roots Kitskos is ongelukkig oor die ontwrigting wat beurtkrag veroorsaak.
Wat is die beste oplossing vir hierdie bedreiging?
A Skuif die besigheid na ʼn ander area
B Onderhandel met die elektrisiteits voorsiener
C Belê in enige hernubare energie-hulpbronne
D Verhoog die prys van smaaklike kitskos (1)
1.40 Waarvoor staan die afkorting KVBA?
A Kommissie vir Versoening, Bemiddeling, en Arbitrasie
B Kommissie vir Verbetering, Bemiddeling en Arbitrasie
C Komitee vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie
D Komitee vir Verbetering, Bemiddeling en Arbitrasie (1)
1.41 Wat is die korrekte stappe in ʼn dissiplinêre proses?
A Vergader, geskrewe waarskuwing, reg tot appel, dissiplinêre uitslag
B Vergader, reg tot appel, geskrewe waarskuwing, dissiplinêre uitslag
C Geskrewe waarskuwing, dissiplinêre uitslag, reg tot appel, vergadering
D Geskrewe waarskuwing, vergadering, dissiplinêre uitslag, reg tot appel (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 15
Downloaded from hlayiso.com
1.42 Wat is ekonomiese groei?
A Die skep van welvaart wat tot die gemeenskap se voordeel is
B Toename in die aantal goedere en dienste wat in die land vervaadig word
C Die mate van toegang van ʼn gemeenskap tot rykdom en gemak
D Die mate waartoe die land se werksmag indiens geneem word (1)
1.43 Watter van die volgende is ʼn doelwit van die KVBA?
A Gee werknemers ʼn kleiner sê in besluitneming
B Gee werkgewers meer sê in besluitneming
C Los geskille tussen werknemers en werknemers op
D Los geskille tussen die werknemers en werkgewers op (1)
1.44 Wat is die korrekte stappe vir ʼn dissiplinêre verhoor?
A Uitnodiging, aanklag, ontmoet die persoon en dissiplinêre besluit
B Ontmoet die persoon, aanklag, uitnodiging, en dissiplinêre besluit
C Aanklag, uitnodiging, ontmoet die persoon en dissiplinêre besluit
D Aanklag, ontmoet die persoon, uitnodiging en dissiplinêre besluit (1)
1.45 Die bestuurder van Zozi (Edms) Bpk het 12 werkers vir dieselfde rede afgedank. Na ʼn
maand het die bestuurder besluit om een van hierdie werknemers weer aan te stel.
Watter van die onderstaande is relevant tot die scenario?
A Billike arbeidspraktyk
B Onbillike arbeidspraktyk
C Wettige arbeidspraktyk
D Onwettige arbeidspraktyk (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 16
Downloaded from hlayiso.com
1.46
This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-NC-ND
Wat sal met die besigheid gebeur waneer die werkers op ʼn sloerstaking gaan?
A Verkope sal toeneem
B Beleggers sal vermeerder
C Produksie vermeerder
D Produksie verminder (1)
1.47
Prent A Prent B
Photos by Unknown Author is licensed under CC BY-SA-NC
Wat word in die boonste prente getoon?
A Prent A is ʼn wettige staking, Prent B is ʼn onwettige staking
B Prent A is ʼn onwettige staking, Prent B is ʼn wettige staking
C Prent A is ʼn wettige staking, Prent B is ʼn wettige staking
D Prent A is ʼn onwettige staking, Prent B is ʼn onwettige staking (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 17
Downloaded from hlayiso.com
1.48 Watter gevolge is daar vir werkers wat deelneem aan ʼn onwettige staking?
A Werkers mag nie gedissiplineer word nie
B Werkers mag hul jaarlikse verlof dae verloor
C Sommige werkers mag afgelê word na regmatige stappe
D Werkers mag afgedank word na regmatige stappe (1)
1.49 Dannis Dlamini werk vir ʼn meubel maatskappy as ʼn skoonmaker. Terwyl hy vensters
skoon gemaak het, het hy geval en seergekry. Hy was vir ʼn maand af siek.
Watter opsie beskryf die basiese kondisies vir indiensneming wat van toepassing op
Dannis is?
A Dannis sal sy salaris kry
B Geen werk geen betaling sal toegepas word
C Dannis sal meer as sy normale salaris kry
D Dannis sal van die vergoedingsfonds kan eis (1)
1.50 Hoe dra vakbonde by tot werkskepping?
A Spandering op vaardigheidsontwikkeling en opleiding van werkers
B Eis hoër lone wat lei tot beperkte werksgeleenthede
C Voorkom werksverlies en verseker minimum indiensneming
D Deur stakings in die werksplek aan te moedig (1)
1.51 Hoe bevorder vakbonde volhoubare groei?
A Gebruik hulpbronne produktief om ʼn gesonde omgewing te verseker
B Verhoog spandering op vaardigheidsontwikkeling en opleiding van werkers
C Moedig lede aan om hulpbronne effektief in die werksplek te gebruik
D Forseer besighede en werknemers om meer omgewingsbewus te wees (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 18
Downloaded from hlayiso.com
1.52 ʼn Groep werkers by KB Vervaardigingsaanleg is reeds vir ʼn paar maande ontevrede
met hul lone en werksomstandighede. Ondanks pogings om met die bestuur te
onderhandel, is geen ooreenkoms bereik nie. Gefrustreerd en onderwaardeer, het die
werkers besluit om te staak.
Wat is die werkers se griewe in die bostaande scenario?
A Pogings om met die bestuur te onderhandel
B Lone en werksomstandighede
C Nie ʼn ooreenkoms te bereik nie
D Om te staak (1)
1.53 Watter van die volgende is vakbonde se bydra tot die ekonomiese groei?
A Moedig lae produktiwiteit aan
B Ontwikkel werkers se vaardighede
C Skep werkloosheid
D Sien om na hul lede (1)
1.54 Hoe beïnvloed loonverhogings die ekonomiese groei?
A Wanneer spandering vermeerder, verhoog vraag en die prys van goedere
verlaag
B Wanneer spandering verminder, verhoog vraag en die prys van goedere
verlaag
C Wanneer spandering verminder, verlaag vraag en die prys van goedere
verlaag
D Wanneer spandering vermeerder, verhoog vraag en die prys van goedere
verhoog
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 19
Downloaded from hlayiso.com
1.55 John da Silva werk by ʼn blue-chip maatskappy as ʼn IT-Bestuurder. Sy werksdag
bestaan uit: programering, bedrywighede en besoeke aan sustersmaatskappye.
In watter tipe werksomgewing bevind John homself?
A Saaklike werksomgewing
B Vermaaklikheids werksomgewing
C Tegniese werksomgewing
D Sosiale werksomgewing (1)
1.56 George is as ʼn drywer by die plaaslike supermark aangestel. Op 3 Mei 2023 raak sy
vrou siek en neem hy haar na die hospitaal.
Watter tipe verlof het George op 3 Mei 2023 geneem?
A Normale siekverlof
B Gesinsverantwoordelikheids-verlof
C Jaarlikseverlof
D Kraamverlof (1)
1.57 Thuthuko werk by ʼn meubeleerder as ʼn skrynwerker. Hy werk met ʼn groot aantal
elektroniese en handgereedskap soos figuursae, bore, beitels, hammers ens.
Hoe kan die maatskappy Thuthuko se veiligheid in die werksplek verseker?
A Die maatskappy moet ʼn werksplek veiligheids-forum hê
B Thuthuko moet sy eie veiligheid in die werksplek verseker
C Thuthuko moet sy eie beskermde klere vir die werksplek verskaf.
D Die maatskappy is nie geforseer om veiligheid in die werksplek te verseker
nie. (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 20
Downloaded from hlayiso.com
1.58 Themba is sopas as ʼn tegnikus by ʼn yskas handelaar aangestel. Hy het ʼn kontrak
met sy werksterme en voorwaardes geteken.
Wat moet in Themba se kontrak rakende kollektiewe bedinging staan?
A Werksverhoudinge
B Verlof terme
C Salaris onderhandelinge
D Werkers produktiwiteit
1.59 MAZ Konstruksie het 40 werkers indiens. 10 Werkers eis ʼn 10% loonverhoging
terwyl 15 werkers ʼn verhoging van 15%, ʼn 13de tjek (bonus) en behuisingsvoordele
van R1 500 per maand eis. Die res van die werkers eis ʼn 12% verhoging en bo en
behalwe dit wat die ander 15 werkers eis, ook vier maande se kraamverlof met
betaling.Die werkgewer aan die anderkant bied 7.5% voor die voet aan.
Hoe moet die bostaande situasie opgelos word?
A Die werkgewer moet vir al die werkers ʼn 7.5% verhoging gee
B Die werkgewer moet elke groep hul eie eise gee
C Die werkgewer moet elk van die werkersgroepe betrek
D Die werkgewer en werkers moet van kollektiewe bedinging gebruik maak (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 21
Downloaded from hlayiso.com
1.60 Vir watter van die volgende werksvoorwaardes kan daar tydens kollektiewe bedinging
onderhandel word?
A Werksure, lone en verlof
B Verlof, toelaes en kos
C Vervoer, kos en rooktye
D Opleiding, oortyd en om van die huis af te kan werk (1)
1.61 Waarom het ons werksplek forums nodig?
A Demotivering en afname in belangstelling van die werksplek verminder
B Meningsverskille by die werksplek word gou opgelos
C Verminder die produktiwiteit in die werksplek
D Afname in die prestasie in die werksplek (1)
1.62 ZZ Ondernemings het 200 werkers in diens geneem. 100 werkers behoort aan ʼn unie,
terwyl die res aan geen unie behoort nie. Die unies wil gesamentlik ʼn werksplek forum
stig.
Hoe word ʼn werksplek forum gestig?
A 200 werkers, aansoek by SAKP, geen komitee deur werkers verkies nie
B 200 werkers, aansoek by SAMU, geen komitee deur werkers verkies nie
C 200 werkers, aansoek by SADOU, komitee deur werkers verkies
D 200 werkers, aansoek by die KVBA, komitee deur werkers verkies (1)
1.63 Wat is die verskil tussen vakbonde en federasies?
A Federasies smelt saam om vakbonde te vorm
B Vakbonde smelt saam om federasies te vorm
C Federasies is kleiner as vakbonde
D Vakbonde is groter as federasies (1)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 22
Downloaded from hlayiso.com
1.64 Nuusflits:
Die Vakbond FESU maak geskiedenis deur die eerste werkers-bank te stig. In die
eerste jaar van bestaan, neem hulle 50 werkers in diens. Hulle hoop om binne die
volgende 5 jaar takke in al 9 provinsies te open.
Wat is die bydrae wat FESU tot ekonomiese groei in die bostaande scenario maak?
A Skep van nuwe werksgeleenthede
B Verhoog die werkers se salarisse
C Skep mededinging tussen lede
D Vernuwe die vaardighede van bestaande werkers (1)
[64]
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 23
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING B
Vraag 2
2.1 Jack Dlabane het pas in ʼn nuwe residensiële gebied ingetrek. Hy het ontdek dat daar
nie ʼn winkel naby is waar die mense van die omgewing daagliks brood kan koop nie. Hy
besluit om sy eie besigheid, Dlabane Bakkers te open om verskillende gebakte produkte
te verkoop. Hy het egter nie genoeg kapitaal om toerusting en bestandele te koop nie.
Hy het geen ervaring in die bestuur van ʼn besigheid nie, behalwe dat hy opleiding as ʼn
bakker aan ʼn kulinêre skool studeer het.
Lees die bostaande scenario en identifiseer twee swakpunte en twee geleenthede (4)
wat daarin voorkom.
2.2 Mandy is die HUB van ʼn Sellulêre maatskappy en is verantwoordelik vir beide die
beheer en organiseringsfunksies van bestuur, om te verseker dat die span saam werk
om die besigheid se doelwitte te bereik.
Wat is die verskil tussen beheer en organisering in Mandy se besigheid? (4)
Noem twee verskille van elk.
2.3 Die Algemene Bestuurder van T Blazers is die persoon wat verantwoordelik is om te
bepaal wat in die besigheid gedoen moet word. Hy besluit ook oor wanneer en hoe
dinge gedoen moet word. Opdragte word aan werkers gegee om die besigheid se
doelwitte te bereik. Dit het tot ʼn positiewe omgewing gelei en die besigheid is produktief
en het hoë verkoopsyfers.
Lees die bostaande uittreksel en identifiseer en verduidelik die twee bestuurstake
wat daarin voorkom. (4)
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 24
Downloaded from hlayiso.com
2.4 Uittreksel uit die besigheidsplan van Vukani Elektriese Toebehore
Verwagte/Geprojekteerde Kontantbegroting vir die 3 maande geëindig 31 Mei 2023
MAART APRIL MEI
VERWAGTE/ GEPROJEKTEERDE INKOMSTE 750 000
Kontant uit die verkoop van elektriese toebehore 750 000 750 000 (c)
MINUS VERWAGTE / GEPROJEKTEERDE
(35 000) (b)
UITGAWES
Huur van winkel 30 000 30 000 (d)
Water en Elektrisiteit 5 000 (a)
Nota: Die munisipaliteit wil ʼn 20% verhoging in water en elektrisiteitskoste instel om die
koste van Eskom se tariewe vir die nuwe finansiële jaar, wat in April begin, te kan dek.
Weens die winter koue, sal daar ʼn 10% verhoging in die kontantverkope van toebehore
in Mei wees.
Voltooi die verwagte/geprojekteerde kontantbegroting van Vukani Elektriese
Toebehore vir die 3 maande geëindig 31 Mei 2023. (4)
[16]
Einde van die toets
Grade 9 EMS Paper 2 Afrikaans 25
Downloaded from hlayiso.com
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Economic And Management Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 9 Economic And Management Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 9 past papers
More Economic And Management Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--52c916da-bc04-4175-bc96-93cda96b4346/v1-0bd92eb65b29b393d1a6/card.webp)
Question paper
Economic And Management Sciences Grade 9 P1 Gauteng June 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--0a0765f7-52da-4c08-adee-603ba24a3ea9/v1-b35eb1278f959b26ca84/card.webp)
Question paper
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 Gauteng June 2024 QP
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--de9cb377-f46e-4e67-b8e7-8c75f72d7aff/v1-445690f6bf5d686126c5/card.webp)
Question paper
Economic And Management Sciences Grade 9 P1 Gauteng June 2023 QP
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ed1db00f-0b6c-48d5-8be9-652a5ae63e5d/v1-a9051de0c19e9d7c3628/card.webp)
Question paper
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 Gauteng June 2023 QP
%20November%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--08f3463c-898c-4c61-9ab4-e991789f9aa3/v1-de36a262c50ff3738403/card.webp)
Question paper
Economic And Management Sciences Grade 9 P1 2023 QP (Afr)
%20November%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--000597c2-0e6c-4448-b7f5-0203c1fdd309/v1-af6c0b35bbddfaaebd55/card.webp)
Question paper
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 2023 QP (Afr)
Related documents

Question paper
Economic And Management Sciences Grade 9 P1 GEC Test 2023 QP

Question paper
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 GEC Test 2022 QP
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--926700e8-2cc7-4e0b-8c35-4d001e8da6a3/v1-bfa752d1e49f22fd0f99/card.webp)
Addendum
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 2023 Addendum (Afr)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--76af9a4e-93c2-42b1-b94c-5d5c9b174f23/v1-b0a0818953ac1a0ac496/card.webp)
Memorandum
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 2023 Memo (Afr)
%20November%202023%20Answer%20Book_hlayiso.com_--39bf861e-6cb2-42dc-9593-0f249e048745/v1-2342318904a551770960/card.webp)
Addendum
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 2023 Addendum (Afr)

Memorandum
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 GEC Test 2022 Memo
More from Grade 9 Economic And Management Sciences

CAPS document
CAPS SP EMS AFRIKAANS GR 7 9
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--545237e6-921d-4e91-b783-783eeaf85498/v1-254687f96e00ff9f0e91/card.webp)
Addendum
Economic And Management Sciences Grade 9 P1 2024 Addendum (Afr)
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--bd6f430b-d83f-42d4-8b3c-476285e0ae3c/v1-27726dc77668f759ab75/card.webp)
Addendum
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 2024 Addendum (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4048de52-b45d-4ecb-a384-8c550d2ba67b/v1-e603f1c1c3be94bc4f15/card.webp)
Memorandum
Economic And Management Sciences Grade 9 P2 2024 Memo (Afr)
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--ca2bc068-8d4a-4040-bd9a-ed9f9d7a6ab1/v1-5c3b4072320b047b5589/card.webp)
Addendum
Economic And Management Sciences Grade 9 P1 2023 Addendum (Afr)
%20November%202023%20Answer%20Book_hlayiso.com_--4f3455c0-b6ef-4190-9d72-ea680fc28e72/v1-69bc1946f762fb3a4e75/card.webp)
Addendum
