Skip to content
Question paper

Economic And Management Sciences Grade 9 P1 GEC Test 2023 QP

Grade 9 Economic And Management Sciences Paper 1 question paper from the GEC Test 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Economic And Management SciencesGrade 9202324 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE ASSESERING ALGEMENE ONDERWYSSERTIFIKAAT (AOS) 2023 GRAAD 9 PROEFSTUDIE Vak: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Vraestel : 1 Punte: 70 Tydsduur: 120 Minute uitsluitend 15 minute se leestyd Die toets bestaan uit 22 bladsye, uitsluitend die voorblad.
Downloaded from hlayiso.com Instruksies aan die leerder 1. Jy word 15 minute gegee om deur die vraestel te lees voor jy begin om die vraestel te beantwoord. 2. Lees al die instruksies en vrae sorgvuldig deur. 3. Beantwoord al die vrae. 4. Beantwoord al die vrae in die antwoordboek wat voorsien word. 5. Die gebruik van ‘n nie-programmeerbare sakrekenaar word toegelaat. Die toets begin op die volgende bladsy. Moenie begin skryf totdat jy aangesê word om so te maak nie. Graad 9 EBW V1 1
Downloaded from hlayiso.com AFDELING A Vraag 1 1.1 JayJay & Seuns vereffen ‘n bedrag van R3 700 wat tot op datum aan TeeKee Winkels verskuldig is, vir goedere wat by hulle gekoop is met ‘n EFO-betaling. Wat sal in die Kontantontvangstejoernaal van TeeKee Winkels onder die besonderhede-kolom ingevul word? A TeeKee Winkels B JayJay & Seuns C Handelsvoorraad D Bankrekening (1) 1.2 AK Masilo, die eienaar van Reja Botlhe Restaurant het sy kapitaal van R20 000 tot R35 000 vermeerder. Reik kwitansie nr. 01 op 5 Maart 2023 aan hom uit. Watter bedrag sal in die boeke van Reja Botlhe Restaurant aangeteken word? A R20 000 B R35 000 C R15 000 D R55 000 (1) 1.3 Op 3 Mei 2023 ontvang LEO Wooneenhede ‘n EFO-betaling van R4 500 vanaf C Modulo vir sy kind se verblyf. Hoe sal die transaksie hierbo aangeteken word? A KOJ: Bank & Huurinkomste B KOJ: Huurinkomste & Diverse rekeninge C KBJ: Bank & Huuruitgawe D KBJ: Huuruitgawe & Diverse rekeninge (1) Graad 9 EBW V1 2
Downloaded from hlayiso.com 1.4 Reboni Meubeleerders verkoop kantoormeubels aan Mankwe Orbit Kollege vir R35 000 kontant teen ‘n winsopslag van 25%. Hoeveel was die kosprys van die geodere wat verkoop is? A R43 750 B R25 250 C R35 000 D R28 000 (1) 1.5 Op 20 Oktober 2023 het Mev. Skoon, voorraad met ‘n kosprys van R5 500 aan Borite Winkels verkoop. Die wins wat gemaak is, was R1 200, kwitansie nr. 04 is uitgereik. Wat was die verkoopsprys van die goedere wat verkoop is? A R4 300 B R5 500 C R6 700 D R1 200 (1) 1.6 Zabel Handelaars gooi gereeld brandstof in die besigheid se bakkie en betaal R1 350 per EFO. Watter drie kolomme sal gebruik word vir die aantekening van die transaksie? A Bank, Brandstof en Diverse Rekeninge Besonderhede B Bank, Brandstof en Diverse Rekeninge Bedrag C Naam van begunstigde, Brandstof en Petrol D Naam van begunstigde, Bank en Brandstof (1) Graad 9 EBW V1 3
Downloaded from hlayiso.com 1.7 BIXY Handelaars het ‘n tweedehandse afleweringsbakkie vanaf Ace Motors aangekoop en R45 000 is per EFO betaal. Wat sal onder die Diverse Rekeninge kolom in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken word? A Afleweringsbakkie B Ace Motors C Voertuie D Trok (1) 1.8 Die volgende transaksies is onder andere uit die boeke van Gebou Handelaars geneem. Transaksies vir Februarie 2023: 13 Koop goedere vanaf Weirs Groothandelaars en betaal met ‘n EFO, R67 000. 22 Khulaka Mielie Plaas lewer die goedere by Gebou Handelaars af, betaal R22 000 met ‘n EFO. Hoeveel het die besigheid op die handelsvoorraad in Februarie 2023 spandeer? A R67 000 B R89 000 C R22 000 D R45 000 (1) Graad 9 EBW V1 4
Downloaded from hlayiso.com 1.9 Uittreksel van saldo’s uit die boeke van TKZ Handelaars: Metro Handelaars R10 000 Hlabane Handelaars R45 000 Transaksies vir April 2023: 2 Koop goedere van R30 000 op krediet vanaf Metro Handelaars. 28 TKZ Handelaars vereffen die bedrag, wat tot op datum aan Metro Handelaars verskuldig is. Hoe sal die transaksie op 28 April 2023 in die boeke van TKZ Handelaars aangeteken word? A R40 000 en Krediteurekontrole B R30 000 en Diverse rekeninge C R45 000 en Diverse rekeninge D R10 000 en Krediteurekontrole (1) 1.10 Todaro Handelaars betaal weeklikse lone van R1 200 aan elkeen van die vyf werkers van die besigheid. Hoeveel sal weekliks aangeteken word? A R1 200 B R6 000 C R8 400 D R7 200 (1) 1.11 VeeJee Winkels betaal R5 220 aan Mbombela Munisipaliteit met ‘n EFO vir die Water & Elektrisiteitsrekening. In watter twee kolomme sal die bedrag aangeteken word? A Bank en Water & Elektrisiteit B Bank en Diverse Rekeninge C Water & Elektrisiteit en Diverse rekeninge D Naam van begunstigde en Water & Elektrisiteit (1) Graad 9 EBW V1 5
Downloaded from hlayiso.com 1.12 Sbonelo Handelaars het voorraad ter waarde van R1 200 (kosprys). ‘n Wins van R550 is gemaak toe dit op krediet verkoop is. Hoeveel was die verkoopsprys? A R1 750 B R1 200 C R650 D R550 (1) 1.13 Debiteurejoernaal van Twins Handelaars – Februarie 2023 DJ2 Koste van Dok. Nr. Dag Debiteure Fol. Verkope verkope 91 19 D Uys D1 2100 - 1 400 - Wat is die persentasie winsopslag? A 33 ⅓% B 50% C 66 ⅔% D 150% (1) 1.14 Handelsvoorraad is op rekening aan Madoda Nzima vir R890 verkoop. Faktuur nr. 10 was uitgereik. Wat is die brondokument wat gebruik word om die bostaande transaksie op aan te teken? A Oorspronklike kontantfaktuur B Duplikaat kontantfaktuur C Oorspronklike kredietfaktuur D Duplikaat kredietfaktuur (1) Graad 9 EBW V1 6
Downloaded from hlayiso.com 1.15 Reik Faktuur nr. 01 uit vir goedere wat op krediet aan D Dave verkoop is, R840. (Koste van Verkope R510) Watter joernaal sal gebruik word om die bostaande transaksie in aan te teken? A Kontantontvangstejoernaal B Kontantbetalingsjoernaal C Debiteurejoernaal D Krediteurejoernaal (1) 1.16 Watter van die volgende beskryf ‘n krediteur? A ‘n Individu of ‘n besigheid wat dienste of produkte lewer B ‘n Individu of ‘n besigheid wat dienste of produkte koop C ‘n Individu of ‘n besigheid wat geld skuld D ‘n Individu of ‘n besigheid aan wie daar geld geskuld word (1) 1.17 Watter joernaal word gebruik om kredietaankope in aan te teken? A Debiteurejoernaal B Krediteurejoernaal C Kontantontvangstejoernaal D Kontantbetalingsjoernaal (1) 1.18 Faktuur nr. 231 vir R450 en R250 respektiewelik is van Pro-Handelaars ontvang vir toiletpapier en lugverfrissers vir die personeel. Wat sal in die Diverse Rekeninge aangeteken word? A Lugverfrissers B Toiletpapier C Verbruikerskoste D Verbruikersgoedere (1) Graad 9 EBW V1 7
Downloaded from hlayiso.com 1.19 Kay Winkels het rekenaars op krediet vir R81 000 vanaf Ravors Meubeleerders aangekoop. Faktuur nr. 109 is op 10 Julie 2023 uitgereik. Watter kolomme in die Krediteurejoernaal sal gebruik word om die bostaande transaksie in aan te teken? A Rekenaars en Diverse Rekeninge B Toerusting en Diverse Rekeninge C Krediteurekontrole en Toerusting D Krediteurekontrole en Rekenaars (1) 1.20 Milner Winkels het verpakkingsmateriaal vir R10 000 en kantoorskryfbehoeftes vir R2 000 op krediet vanaf Rustenburg Groothandelaars op 9 Mei 2023 aangekoop. Hoeveel sal in die Krediteurekontrole kolom aangeteken word? A R12 000 B R2 000 C R8 000 D R10 000 (1) 1.21 Op 1 Februarie 2023 het Dees Handelaars R4 200 van ‘n huurder ontvang. Hoe sal die bostaande transaksie geklassifiseer word? A Bates verminder en Eienaarsbelang verminder B Bates vermeerder en Eienaarsbelang vermeerder C Bates vermeerder en Laste vermeerder D Eienaarsbelang verminder en Laste vermeerder (1) Graad 9 EBW V1 8
Downloaded from hlayiso.com 1.22 ZiZi Handelaars betaal R55 000 met ‘n EFO aan Wires Groothandelaars as vereffening van hul rekening. Wat is die effek van die bostaande transaksie op die Rekeningkundige Vergelyking van Zizi Handelaars? A Bates Eienaarsbelang Laste + 55 000 + 55 000 0 B Bates Eienaarsbelang Laste + 55 000 0 + 55 000 C Bates Eienaarsbelang Laste - 55 000 0 - 55 000 D Bates Eienaarsbelang Laste + 55 000 0 0 - 55 000 (1) Graad 9 EBW V1 9
Downloaded from hlayiso.com 1.23 Klassieke Handelaars verkoop volgens die kasregisterrol, goedere vir kontant, R12 000 (Koste van Verkope R6 000). Hoe sal die bostaande transaksie in die Rekeningkundige Vergelyking ontleed word? A Bates Eienaarsbelang Laste Effek Rede Effek Rede Effek Rede -12 000 Bank verminder -12 000 Verkope verminder 0 +6 000 Handelsvoorraad +6 000 Koste van verkope 0 vermeerder vermeerder Bates Eienaarsbelang Laste B Effek Rede Effek Rede Effek Rede +12 000 Bank +12 000 Verkope 0 vermeerder vermeerder -6 000 Handelsvoorraad -6 000 Koste van verkope 0 verminder verminder Bates Eienaarsbelang Laste C Effek Rede Effek Rede Effek Rede -12 000 Debiteure -12 000 Verkope verminder 0 verminder +6 000 Handelsvoorraad +6 000 Koste van verkope 0 vermeerder vermeerder D Bates Eienaarsbelang Laste Effek Rede Effek Rede Effek Rede +12 000 Debiteure +12 000 Verkope 0 vermeerder vermeerder -6 000 Handelsvoorraad -6 000 Koste van verkope 0 (1) verminder verminder Graad 9 EBW V1 10
Downloaded from hlayiso.com 1.24 Die eienaar van KAYB Handelaars het R750 kontant vir die droogskoonmaak van sy klere per EFO betaal. Hoe sal die bostaande transaksie in die Rekeningkundige Vergelyking ontleed word? A Rekening debiteer Rekening B EB L krediteer Onttrekkings Bank - 750 - 750 0 B Rekening debiteer Rekening B EB L krediteer Onttrekkings Bank - 750 0 0 + 750 C Rekening debiteer Rekening B EB L krediteer Bank Onttrekkings + 750 + 750 0 D Rekening debiteer Rekening B EB L krediteer (1) Onttrekkings Bank + 750 +750 Graad 9 EBW V1 11
Downloaded from hlayiso.com 1.25 Die volgende inligting het in die Algemene Grootboek van Vladim Winkels verskyn. Verkope N1 Datum Besonder- Fol Bedrag Datum Besonderhede Fol Bedrag hede 2023 Mar 1 Totaal a/b 56 000 31 Bank KOJ1 25 000 Debiteurekontrole DJ1 10 000 Wat is die bedrag wat vir Maart 2023 ontvang is? A R91 000 B R81 000 C R56 000 D R25 000 (1) 1.26 Op 2 April 2023 het BigMama voorraad op krediet vanaf Busy Gee Handelaars vir R30 000 gekoop. Watter rekening sal in die bostaande transaksie gedebiteer word? A Handelsvoorraad B Koste van verkope C Debiteurekontrole D Krediteurekontrole (1) 1.27 Op 30 April 2023 het Qudos Groothandelaars ‘n EFO betaling van R4 500 vanaf B Boyce ontvang as vereffening van sy rekening. Na watter van die volgende rekeninge sal die bostaande transaksie geboek word? A Bank en Verkope B Debiteurekontrole en Verkope C Bank en Debiteurekontrole D Bank en Krediteurekontrole (1) Graad 9 EBW V1 12
Downloaded from hlayiso.com 1.28 Uittreksel uit die Algemene Grootboek van Dzimbo Ink. Kapitaal B1 Datum Besonder- Fol. Bedrag Datum Besonder- Fol. Bedrag hede hede 2023 2023 Mei 31 Saldo o/d 100 000 - Mei 1 Saldo a/b 50 000 25 Bank KOJ 50 000 100 000 100 000 2023 Junie 1 Saldo a/b 100 000 Wat was die oorspronklike transaksie op 25 Mei 2023? A Die eienaar deponeer R50 000 as sy oorspronklike kapitaalbydra B Die eienaar verhoog sy kapitaalbydra tot R100 000 C Die eienaar onttrek R50 000 van die besigheid se rekening om sy kapitaal te verminder D Die eienaar onttrek R100 000 van die besigheid se rekening as sy kapitaalbydra (1) 1.29 ‘n Uittreksel uit die boeke van Vees Handelaars Reik dokument nr. 009 aan C. Karl uit as vereffening van haar rekening, R1 880. Wat is die brondokument wat gebruik sal word om die bostaande transaksie op aan te teken? A Oorspronklike kredietfaktuur B Duplikaat kredietfaktuur C Duplikaat kwitansie D Oorspronklike kwitansie (1) Graad 9 EBW V1 13
Downloaded from hlayiso.com 1.30 Ontvang R1 930 vanaf ST Nikwe as gedeeltelike betaling van sy rekening van R2 110. Kwitansie nr. 078 is uitgereik. Hoe sal die bostaande transaksie in die Debiteure Grootboek aangeteken word? A Debiet: R2 110 B Krediet: R2 110 C Debiet: R1 930 D Krediet: R1 930 (1) ‘n Uittreksel uit die Debiteure Grootboek van KB Winkels: 1.31 G Grobler D2 Datum Besonderhede Fol. Debiet Krediet Saldo 2023 April 1 Rekening gelewer 2 370 - 10 Kwitansie 81 KOJ9 1 055 - Hoeveel is verskuldig deur G Grobler op 10 April 2023? A R3 425 B R2 370 C R1 315 D R1 055 (1) 1.32 Gingindlovu Staalwerke het op 5 Julie 2023, staal ter waarde van R20 000 op krediet vanaf Zelenky PLC gekoop. Wat was die brondokument wat gebruik sou word om die bostaande transaksie in die boeke van Gingindlovu Staalwerke aan te teken? A Oorspronklike faktuur B Duplikaat faktuur C Oorspronklike kwitansie D Duplikaat kwitansie (1) Graad 9 EBW V1 14
Downloaded from hlayiso.com Beantwoord Vraag 1.33 tot 1.35 deur die inligting hieronder te gebruik. Uittreksel uit die Krediteure Grootboek van Vleky Handelaars: Ideale Winkel K1 Datum Besonderhede Fol. Debiet Krediet Saldo 2023 Aug. 1 Rekening gelewer 6 000 - 7 EFO Advies 1.33 4 000 - 10 Faktuur nr. 55 KJ 5 000 - 1.34 25 EFT Advies 3 000 - 1.35 1.33 Wat is die folio verwysing vir die transaksie op 7 Augustus 2023? A DJ B KJ C KBJ D KOJ (1) 1.34 Wat was die saldo op 10 Augustus 2023? A R4 000 B R5 000 C R6 000 D R7 000 (1) 1.35 Wat was die saldo verskuldig aan Ideal Winkel aan die einde van Augustus 2023? A R4 000 B R5 000 C R6 000 D R7 000 (1) Graad 9 EBW V1 15
Downloaded from hlayiso.com 1.36 Die volgende inligting verskyn in die boeke van Ankole Wildreservaat Winkel. Buffel K1 R33 000 Indlovu D1 R45 000 Op 30 September 2023, het Ankole Wildreservaat Winkel R10 000 aan Buffel met ‘n EFO betaal. Wat was die bedrag wat op 30 September 2023 gedebiteer moes word? A R35 000 B R33 000 C R23 000 D R10 000 (1) 1.37 Wat is ‘n Proefbalans? A ‘n Staat met saldo’s en totale van die Algemene Grootboek B ‘n Staat van inkomste en uitgawes aan die einde van die jaar C ‘n Staat van die finansiële posisie op ‘n spesifieke datum D ‘n Staat van finansiële inligting aan die einde van die jaar (1) 1.38 Wat is die doel van ‘n Proefbalans? A Om die winsgewendheid van ‘n besigheid te bepaal B Om die korrektheid van die rekeninge te bepaal C Om die volhoubaarheid van ‘n besigheid te bepaal D Om die kredietwaardigheid van ‘n besigheid te bepaal (1) Graad 9 EBW V1 16
Downloaded from hlayiso.com 1.39 Uittreksel uit die Algemene Grootboek van MP Holdings (1) BANK B5 Datum Besonder- Fol Bedrag Datum Besonder- Fol Bedrag hede hede 2023 2023 Totale KBJ Mei 1 Saldo a/b 10 000 Mei 31 Betalings 5 130 415 Totale KOJ 31 Ontvangste 5 130 920 Saldo o/d 10 505 140 920 140 920 2023 Junie 1 Saldo a/b 10 505 Watter bedrag in die Bankrekening sal na die Proefbalans oorgedra word? A R10 000 B R10 505 C R130 415 D R140 920 (1) Graad 9 EBW V1 17
Downloaded from hlayiso.com 1.40 Uittreksel uit die Proefbalans van Amazimu Vulstasie vir Oktober 2023 Balanstaat-afdeling Fol. Debiet Krediet Kapitaal B1 125 000 - Onttrekkings B2 17 800 - Grond en geboue B3 Nominalerekeninge-afdeling Verkope N1 59 090 - Koste van Verkope N2 40 045 - Huuruitgawe N3 12 000 - 184 090 - 184 090 - Hoeveel sal vir Grond en geboue in die bostaande Proefbalans aangeteken word? A Krediet: R184 090 B Krediet: R125 000 C Debiet: R114 245 D Debiet: R69 845 (1) 1.41 Watter van die volgende foute sal nie deur die Proefbalans uitgewys word nie? A ‘n Inskrywing aan die korrekte kant van die verkeerde rekening B Foutiewe saldering van die rekeninge C Foutiewe optelling van die kolomme in die Proefbalans D ‘n Inskrywing van die saldo in die verkeerde kolom van die Proefbalans (1) 1.42 Wat is ‘n rede dat die Proefbalans nie balanseer nie? A Algehele weglating van ‘n transaksie B ‘n Fout ten opsigte van beginsels, soos toerusting wat as voertuie gedebiteer is C ‘n Inskrywing van ‘n verkeerde bedrag aan beide die debiet en krediet kant D Weglating van of ‘n debiet of ‘n krediet inskrywing (1) [42] Graad 9 EBW V1 18
Downloaded from hlayiso.com AFDELING B Vraag 2 2.1 Teken die volgende transaksies in die boeke van KK Meubeleerders vir Augustus 2023 (6) aan. Transaksies vir 12 Augustus 2023: D Winkels vereffen hul rekening van R10 000 met ‘n EFO-betaling, kwitansie nr. 111 is uitgereik. Kontantverkope van goedere volgens die kasregisterrol, R3 200 (kosprys R1 900). 2.2 Uittreksel uit die boeke van Joe Verskaffers: (3) Datum Transaksie Bedrag 19 Februarie Koop afrolpapier vanaf NCC Handelaars en maak ‘n R40 000 - 2023 EFO betaling. 27 Februarie Koop addisionele lêers en penne op krediet vanaf NCC R25 000 - 2023 Handelaars. Teken die bostaande transaksies in die relevante joernale van Joe Verskaffers vir Februarie 2023 aan. 2.3 Teken die transaksie in die Krediteurejoernaal van ToPs Winkels vir September 2023 aan. (4) Koop handelsvoorraad van R45 000 op 21 September 2023 vanaf TKAY Verspreiders aan, hernommerde faktuur 112 is uitgereik. Graad 9 EBW V1 19
Downloaded from hlayiso.com 2.4 Toon die effek van die volgende transaksies op die Rekeningkundige Vergelyking aan. (6) Transaksies geneem uit die boeke van Vaal Winkels vir Februarie 2023. 1 Die eienaar deponeer ‘n kapitaalbydra van R100 000 in die bankrekening van die besigheid. 5 Betaal die telefoonrekening van R9 327 deur EFO. 7 Die bankstaat toon ‘n direkte deposito van R1 500 vir huur wat vanaf ‘n huurder ontvang is. Graad 9 EBW V1 20
Downloaded from hlayiso.com 2.5 Die volgende inligting verskyn in die boeke van Stimulus & Seuns: (6) Saldo’s op 1 Oktober 2023. Voertuie R75 000; Handelsvoorraad R6 800; Bank R105 000. a) Kontantontvangstejoernaal van Stimulus & Seuns – Oktober 2023 KOJ 10 Dok. Nr. Dag Besonderhede Fol. Bank Verkope Koste van verkope 30 Totale 468 000 - 145 000 - 75 000 - b) Kontantbetalingsjoernaal van Stimulus en Seuns – Oktober 2023 KBJ 10 Dok. Nr. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Handelsvoorraad Lone 30 Totale 250 000 - 150 000 - 100 000 - c) Krediteurejoernaal van Stimulus & Seuns – Oktober 2023 KJ10 Dok. Nr. Dag Krediteure Fol. Krediteure- Handelsvoorraad Verpakkings- kontrole materiaal 30 Totale 105 000 - 60 000 - 45 000 - d) Debiteurejoernaal van Stimulus & Seuns – Oktober 2023 DJ10 Dok. Nr. Dag Besonderhede Fol. Verkope Koste van Verkope 30 Totale 84 800 - 53 000 - Stel die Handelsvoorraad Rekening in die Algemene Grootboek van Stimulus & Seuns vir Oktober 2023 op. Grade 9 EMS Paper 1: Afrikaans 21
Downloaded from hlayiso.com 2.6 Uittreksel uit die boeke van AZ Winkels. (3) Transaksie vir Maart 2023. 7 Voorraad volgens Faktuur nr. 11 op krediet aan Z Muji vir R1 590 (kosprys R900) verkoop. Boek die transaksie hierbo oor na die Debiteure Grootboek. [28] Einde van die toets Grade 9 EMS Paper 1: Afrikaans 22
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Economic And Management Sciences

View all