Downloaded from hlayiso.com
INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentExam guideline 



--55d6af85-d3ce-4134-b1cb-91d1b25d8820/v1-32b052434a49c795c80f/card.webp)

View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5258bc0e-6828-4661-a7e7-9553fbae9844/v1-d830123ee9ddaa89f5ae/card.webp)
Engineering Graphics Design GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com
Engineering Graphic And Design · Grade 12 · Engineering Graphics and Design · 2021. Exam guideline, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Engineering Graphic And Design
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Engineering Graphics And Design
- Pages
- 10
- File size
- 307.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. ASSESSERING IN GRAAD 12
2.1 Formaat en samestelling van die Graad 12-IGO-NSS-eksamenvraestelle 4
2.2 Algemene instruksies van Graad 12-IGO-NSS-eksamenvraestelle 4
2.3 Gewigtoekenning van die kognitiewe vlakke vir die gekombineerde totale
van die Graad 12 IGO-NSS-eksamen 4
3. UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12-IGO-NSS 5
4. SLOT 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Ingenieursgrafika en -ontwerp
beskryf die aard en doel van die vak Ingenieursgrafika en -ontwerp. Dit gee leiding aan die
filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die
graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Ingenieursgrafika en -ontwerp
geassesseer gaan word.
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op
geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale
eksterne praktiese eksamens nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument is, wat jaarliks
bygewerk word.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleids-verklaring
(KABV): Ingenieursgrafika en -ontwerp
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. ASSESSERING IN GRAAD 12
2.1 Formaat en samestelling van die Graad 12-IGO-NSS-eksamenvraestelle
VRAESTEL 1: SIVIEL VRAESTEL 2: MEGANIES
(3 uur) (3 uur)
In eerstehoekse ortografiese projeksie In derdehoekse ortografiese projeksie
V1 Siviel-analities ±15% V1 Meganies-analities ±15%
V2 Vaste liggame ±20% V2 Lokus van 'n nok ±20%
EN/OF EN/OF
Deurdringing en Lokus van 'n punt(e) van
ontwikkeling 'n meganisme
V3 2-puntperspektieftekening ±20% V3 Isometriese tekening ±20%
V4 Siviele werkstekening wat ±45% V4 Meganiese samestelling ±45%
elektriese toebehore insluit
Totale puntetoekenning 200 Totale puntetoekenning 200
Totale NSS-bydrae 100 Totale NSS-bydrae 100
2.2 Algemene instruksies vir beide Graad 12-IGO-NSS-eksamenvraestelle
Die vraestel bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord AL die vrae.
ALLE tekene is in eerstehoekse ortografiese projeksie vir VRAESTEL 1 en
derdehoekse ortografiese projeksie vir VRAESTEL 2, tensy anders
aangedui.
ALLE tekene moet met potlood en instrumente voltooi word, tensy anders
aangedui.
ALLE antwoorde moet akkuraat en netjies geteken word.
AL die vrae moet, soos voorgeskryf, op die VRAESTEL beantwoord word.
AL die bladsye moet weer in nommervolgorde in SLEGS die BOONSTE
LINKERKANTSTE HOEK vasgekram word, ongeag of die vraag
beantwoord is of nie.
Tydsbestuur is noodsaaklik om al die vrae te voltooi.
Drukskryf jou eksamennommer in die blokkie wat op elke bladsy verskaf is.
Enige besonderhede of afmetings wat nie gegee is nie, moet in goeie
verhouding veronderstel word.
LET WEL:
Alhoewel dit nie as 'n algemene instruksie ingesluit is nie, is bykomende
uitlegbeplanning noodsaaklik vir tekeninge, bv. deurdringings- en ontwikkelinge,
vaste liggame, meganiese samestellings, waar 'n verwysings-/beginpunt of posisie
nie gegee word nie.
2.3 Gewigtoekenning van die kognitiewe vlakke vir die gekombineerde totale
van Graad 12
Toepassing van Bloom se Taksonomie
Kognitiewe vlak Gewigstoekenning
Laer orde (Begrip/Verstaan en onthou) ±30%
Middel-orde (Analisering en toepassing) ±40%
Hoër orde (Skep en evalueer) ±30%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
3. UITBREIDING VAN DIE IGO EKSAMINEERBARE INHOUD VIR GRAAD 12
Onderwysers word aangeraai om spesifiek aandag te gee aan die aantekeninge aan die
einde van elke afdeling van die voorgeskrewe inhoud om die gehalte van hulle
slaagsyfers te verbeter.
Soos voorgeskryf op bladsy 12 en 13 van die IGO-KABV-dokument, bly die
inhoud van die volgende onderwerpe op alle Graad 12-onderwerpe van
toepassing:
Van toepassing op ALLE vrae in beide vraestelle
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD
Algemene teken- Relevante lyntipes, soos in die SANS (SABS) 10111 en 10143
beginsels Riglyne vervat
relevant vir alle tipes
tekeninge IGO-RIGLYNE vir POTLOOD-LYNWERK:
LET WEL: 'n 0,3/0,5-drukpotlood met 'n 2H-, 3H- of 4H-lood
behoort gebruik te word.
A-tipe lyn (donkerste lyn): Raam en titel-/naamblok/-
paneel; buitelyne en sigbare dele; antwoorde van, bv.
lokusse, projeksiesimbool, tabelle
B-tipe lyn (medium lyn): Alle skryfwerk en nommering,
afmetings, projeksievlakke, hulpaansigte, arsering,
skroefdraad, voulyne, breeklyne, vaste liggaamsnyvlakke
C-tipe lyn (ligste lyn): Konstruksies, beplanning, projeksies,
gidslyne (vir skryfwerk)
Medium hartlyn (B-tipe): Middelpunte van sirkels en boë;
senterlyne (middelasse), snyvlakke, meganiese tekening
snitte/snyvlakke, samestellings-diagramme; bou-/grenslyne
(serwitute)
Donker hartlyn (A-tipe): Riool; waterpype; dreinering;
dienste; besproeiingstelsels
Kort gebroke lyn (B-tipe): Verborge besonderhede; items
wat op siviele tekene verwyder moet word
Medium dubbel-streep hartlyn (B-tipe): Buitelyne van
aangrensende komponente/objekte; alternatiewe en
buitengewone posisies van beweegbare
komponente/onderdele
Algemene skryfwerk- en aantekening-vereistes, soos vervat
in die SANS (SABS) 0111 en 0143 Riglyne
Algemene afmetingvereistes, soos vervat in die SANS (SABS)
0111 en 0143-riglyne
Vryhandtekeninge Die basiese handbewegings wat nodig is om proporsionele enkel-,
multi-aansig en prenttekeninge op gewone papier en/of geruite
('grid') blaaie te teken
Skale Oefen en pas verskillende skale toe, bv. 1 : 1, 5 : 1, 2 : 1,
1 : 2, 1 : 25 1 : 50, 1 : 75, 1 : 100 ens.
Die toepassing van enige skaal op alle tipes tekeninge
Geometriese Oefen en pas die volgende konstruksies toe: verdeling van
konstruksie lyne en hoeke, loodregte lyne, hoeke, verdeling van 'n lynstuk,
sirkelverdelings, binnerondings, ens.
Konstrueer reëlmatige veelhoeke met 3, 4, 5, 6 en 8 kante
Konstruksie van 'n Ellips
Beskrywende Ortografiese aansigte van punte, lynstukke en vlakfigure
meetkunde wat loodreg, hellend of skuins tot die projeksievlakke is
Die ware lengte van die lynstukke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
VRAESTEL 1-onderwerpe en voorgeskrewe inhoud
VRAAG 1: ±15% (±30 punte)
EN
VRAAG 4: ±45% (±90 punte)
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD
Siviele tekeninge Beperk tot enkelverdiepingwonings/-geboue, eerstehoekse
ortografiese werkstekeninge met gedetailleerde vloerplanne,
volledige gedetailleerde aansigte en deursnee-aansigte wat die
besonderhede vanaf die fondasie tot die dak toon.
Sluit die volgende in:
Aantekeninge (notas), byskrifte, afmetings, skale
Relevante afkortings, tekensimbole, grafiese simbole en
voorstellings
Op ALLE relevante aansigte: besonderhede van spits- en
platdakke (dakkappe, kaplatte, dakdekking, fassieborde,
windvere, muurplaat, plafonne, ens.), geute,
reënwaterafvoerpype en rioolputte, loodgieterswerk en
dreineringsbesonderhede, elektriese toebehore (installasies)
en bedradingsdiagramme, sowel as al die ander kenmerke en
toebehore wat in Graad 10 en 11 behandel is
Arseringsbesonderhede en die toepassing van kleure
Formaat en inhoud van werkstekening-titelpanele
Gedetailleerde terreinplanne wat alle relevante kenmerke en
afmetings, elektriese-, loodgieter- en rioleringbesonderhede
ingesluit, sowel as alle natuurlike kenmerke ens., toon
Berekening van omtrekke en oppervlaktes
Die noordpunt op alle relevante tekeninge
LET WEL:
ALLE aspekte van alle tekeninge moet aan die riglyne,
tekensimbole, grafiese simbole en voorstellings vervat in
SANS 10143 voldoen.
ALLE kenmerke moet dus, waar van toepassing, as simbole
geteken word en, waar afmetings gegee word of waar relevant,
volgens skaal wees. Kenmerke mag slegs in vryhand geteken
word as so 'n instruksie gegee word.
ALLE, en slegs onderbou-arsering moet netjies vryhand
gedoen word.
LET WEL:
VRAAG 1 kan ander inhoud van die siviele tekening insluit wat nie betrekking het op die
tekening vir die spesifieke vraag nie.
Alhoewel die primêre fokus van VRAAG 1 op die voorgeskrewe inhoud van siviele
tekeninge sal wees, kan aspekte van ander VRAESTEL 1 onderwerpe ook ingesluit word.
VRAAG 4 kan ÓF slegs EEN multi-aansig vraag wees ÓF dit kan in meer as EEN vraag
onderverdeel word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
VRAESTEL 1 vervolg
VRAAG 2: ±20% (±40 punte)
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD
Vaste meetkunde Eerstehoekse ortografiese aansigte van vaste liggame of 'n
kombinasie van vaste liggame, wat vaste liggame met gate insluit.
Die vaste liggame en vorm van die gate kan óf regte reëlmatige
prismas óf piramides, met slegs 3, 4, 5, 6 en 8 sye, sowel as regte-
reëlmatige silinders of keëls wees. Die asse van die vaste liggame kan
loodreg, parallel of skuins ten opsigte van slegs een hoof-projeksievlak
wees.
Sluit die volgende in:
o Snit-/Deursneeaansigte
en/of o Die ware vorm van die gesnyde vlak
o ALLE verborge besonderhede van gesnyde en nie-gesnyde
aansigte.
Deurdringings en Eerstehoekse ortografiese aansigte wat die kurwe van deurdringing
ontwikkelinge gevorm tussen twee vaste liggame of pype, wat teen 30°, 45°, 60° of
90° aansluit, toon.
Die vaste liggame of pype moet slegs regte reëlmatige
prismas, met 3, 4, 5, 6 en 8 sye, en/of silinders wees.
Die asse van die twee vaste liggame of pype moet in 'n
gemeenskaplike vlak ontmoet, m.a.w. slegs inlyn gerig, maar
die deurdringingskurwe kan nie-simmetries wees.
ALLE verborge besonderhede moet getoon word, tensy anders
vermeld.
Sluit ook die oppervlakontwikkelinge van die dele van die
deurdringende vaste liggame of pype in
LET WEL:
Pype verwys ook na prismatiese vorms wat hol is met mure (kante) van niksbeduidende
dikte.
Uitlegbeplanning is belangrik.
ALLE konstruksies, wiskundige bewerkings (indien benodig) projeksies en voulyne moet
getoon word.
Meganiese tekeningarsering en die reëls daarvan, moet toegepas word by die
oppervlaktes van gesnyde vaste liggame, sowel as by die ware oppervlaktes van gesnyde
vlakke.
Slegs die kurwes van onreëlmatige boë kan in netjiese vryhand geteken word.
Onakkurate en/of slordige kurwes sal egter gepenaliseer word.
VRAAG 3: ±20% (±40 punte)
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD
Perspektief- 2-puntperspektieftekeninge van ingewikkelde gietstukke, wonings en
tekeninge siviele strukture met oorhange, diepte-besonderhede, sirkels en boë.
Die HL, PV en SP kan gewysig word om enige gewenste aansig te
toon.
LET WEL:
ALLE nodige konstruksies moet getoon word.
Diepte by deure, vensters en openinge moet getoon word tensy
anders versoek.
Interne besonderhede moet slegs getoon word indien so vereis.
Verborge besonderhede moet slegs getoon word indien so vereis.
Slegs die kurwes van sirkels en boë op die
perspektiefantwoord/tekening kan in netjiese vryhand geteken word.
Onakkurate en/of slordige kurwes sal egter gepenaliseer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
VRAESTEL 2-onderwerpe en voorgeskrewe inhoud
VRAAG 1: ±15% (±30 punte)
EN
VRAAG 4: ±45% (±90 punte)
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD
Meganiese tekeninge Derdehoekse ortografiese werkstekeninge met nie-gesnyde,
deursnee-, half-deursnee- en gedeeltelike snitaansigte van
ingewikkelde meganiese samestellings.
Sluit die volgende in:
Titel, skaal, verborge besonderhede, senterlyne, verborge
besonderhede, snyvlakke, arseringsbesonderhede, afmetings,
notas en projeksiesimbool
Seskantige boute, moere en sluitmoere, wasters, spye en
spygleuwe sowel as geskikte byskrifte
Verskillende soorte snitte, bv. gerigte snit, gewentelde snit,
verwyderde snit, ens.
Konvensionele aanbieding van algemene kenmerke
Formaat en inhoud van werkstekeningnaam-/titelblokke
Gedetailleerde tekeninge van individuele komponente
Basiese sweis-, masjinering- en oppervlakbehandelings-
simbole
Toleransies
LET WEL:
ALLE aspekte van alle tekeninge moet aan die riglyne en
konvensionele voorstellings, vervat in die SANS 10111,
voldoen.
Alle nodige konstruksies moet, waar vereis, getoon word.
Verborge besonderhede moet slegs getoon word indien dit
vereis word.
LET WEL:
VRAAG 1 kan ander inhoud van die meganiese tekening insluit wat nie betrekking het op
die tekening vir die spesifieke vraag nie.
Alhoewel die primêre fokus van VRAAG 1 op die voorgeskrewe inhoud van meganiese
tekeninge sal wees, kan aspekte van ander VRAESTEL 2 onderwerpe ook ingesluit word.
VRAAG 4 kan óf EEN multi-aansig-vraag wees óf dit kan in meer as EEN vraag
onderverdeel word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
VRAESTEL 2 vervolg
VRAAG 2: ±20% (±40 punte)
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD
Lokus van 'n nok Die beginsels van die nok in ingewikkelde toepassings waar
die volgende getoon moet word:
o Die nokas- en volgerbesonderhede
o Die volledige verplasingsgrafiek/-diagram
o Die volledige nokprofiel
Die beweging kan eenvormig en/of eenvoudig harmonies
en/of eenvormige versnelling en vertraging wees.
Die rigting moet beklemtoon word.
Die volger kan teen enige hoek geplaas word, mits dit heen
en weer beweeg op 'n senterlyn wat deur die middel van die
nokas beweeg.
EN/OF Die volger kan wigvormig of 'n rollervolger wees.
Lokus van 'n punt(e) Die beginsels van die lokus van 'n punt(e) op skematiese
op 'n meganisme tekeninge van die bewegende komponente van
meganismes
Maksimum DRIE punte
LET WEL:
ALLE konstruksies moet getoon word.
Slegs onreëlmatige kurwes, bv. die profiel van die lokus, kan in netjiese vryhand geteken
word. Onakkurate en/of slordige kurwes/profiele sal egter gepenaliseer word.
VRAAG 3: ± 20% (± 40 punte)
ONDERWERP VOORGESKREWE INHOUD
Isometriese tekeninge Ingewikkelde isometriese tekeninge met isometriese en nie-
isometriese lyne sowel as hulpaansigte, sirkels en snitte
LET WEL:
ALLE nodige hulpaansigte en konstruksies, sirkels ingesluit,
moet getoon word
Verborge besonderhede moet slegs getoon word dit vereis is.
Die volgende is van toepassing op beide VRAESTEL 1 en VRAESTEL 2:
Omdat akkuraatheid 'n fundamentele en noodsaaklike komponent van IGO-tekeninge
is, word 'n afwyking van slegs 1 mm of 1° toegelaat op die akkuraatheid van ALLE
aspekte van ALLE tekeninge. Die beginsels van 'sien na volgens die fout' en 'gee die
leerder die voordeel van die twyfel' moet ook toegepas word as die vereiste vlak van
bewys van kennis getoon word.
Met uitsondering van die toegewings waarna in die tabelle hierbo verwys word, of
wanneer opdrag gegee word om so te doen, sal alle ander tekeninge of aspekte van
tekeninge wat in vryhand geteken is, nie geassesseer word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
4. SLOT
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die
KABV-dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.
Kwalitatiewe kurrikulumdekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
EGD p1 Memo protected

Memorandum
EGD P2 ENG MEMO DD

Memorandum
Engineering Graphics and Design P2 June 2025 Possible Answers

Question paper
Engineering Graphics & Design P1 May June 2025 Afr
--55d6af85-d3ce-4134-b1cb-91d1b25d8820/v1-32b052434a49c795c80f/card.webp)
Question paper
Engineering Graphics & Design P2 May June 2025 Afr (1)

Memorandum
EGD P2 GR12 MEMO SEP2024 English hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 12 Engineering Graphic And Design
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
EGD P1 SEP AFR QP hlayiso.com

Question paper
EGD P2 SEP AFR QP D hlayiso.com

Question paper
Engineering Graphics & Design P1 Nov 2024 Afr

Question paper
Engineering Graphics & Design P1 Nov 2024 MG Afr

Question paper
Engineering Graphics & Design P2 Nov 2024 MG Eng
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5258bc0e-6828-4661-a7e7-9553fbae9844/v1-d830123ee9ddaa89f5ae/card.webp)
Question paper





